NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Waarom leer ons so baie uit ons ellendes en so min uit ons vreugdes? Is dit omdat vreugde iets buitemensliks is, dat ons nie toegerus is daarvoor nie? In die Here is ons egter volkome toegerus om die vreugde wat Hy alleen ons kan gee te ervaar.

DAG- EN NAG-EWENING EN PAASFEES

RONDOM 21 MAART OP DIE DAG VAN DAG- EN NAG-EWENING IS DIT PRESIES EWE LANK DWARSOOR DIE WÊRELD

WAT HET DIT MET PAASFEES TE MAKE?

’n Dag- en nag-ewening, soms net ’n nagewening genoem (Latyn: aequinoctium, "gelyke nag"), is wanneer die son loodreg bo die ewenaar skyn. Daar is twee nagewenings elke jaar, op of rondom 21 Maart en 22 September. Omdat hulle in die Suidelike Halfrond onderskeidelik die begin van die herfs en lente aandui, word hulle ook soms die herfs-nagewening en lente-nagewening genoem. In die Noordelike Halfrond werk dit andersom: die Maart-ewening is die begin van die lente en die September-ewening die begin van die herfs.

Met die dag- en nag-ewenings is die lengte van die dag en nag oral op die aarde ewe lank en kom die son presies in die ooste op.

’n Uitsondering hierop is by die Noord- en Suidpool: daar kom die son met een ewening op en sak hy met die volgende ewening..

Nou sal jy wonder wat op aarde het die ewenings met Paasfees te make.  Daar is 'n interessante verbintenis.

Die Jode het Pasga op 15 Nisan volgens hulle maangebaseerde kalender gevier. Hoewel die vroeë Christene graag hulle Paasfees so na as moontlik aan die Joodse Pasga wou hou (aangesien Jesus volgens die evangelies immers net vóór die Pasga gekruisig is), wou baie dit graag op ’n Sondag hê, aangesien dit die dag was waarop Jesus uit die dood opgewek is. Hulle het dus by hulle Joodse bure uitgevind wanneer die Week van die Ongesuurde Brood (waartydens die Pasgamaal geëet is) sou wees, en dan op die Sondag in daardie week hulle Paasfees gevier.

Ander Christene, veral in Klein-Asië, het egter Paasfees op 14 Nisan begin vier, of dit nou op ’n Sondag geval het of nie. Hulle het daarom as Quartodesimane bekend gestaan. Polikrates van Efese (130-196 nC) was ’n groot voorstander hiervan. As gevolg van sy siening, het Pous Victor hom byna uit die kerk verban. Slegs bemiddeling van Irenaeus het dié situasie gered.

Die Joodse kalender was egter nie altyd akkuraat nie, en volgens die kerk soms deurmekaar. Daarom was daar teen die einde van die derde eeu ’n groeiende drang om die datum van Paasfees onafhanklik van die Joodse kalender vas te maak. Tydens die Konsilie van Nicea (325 nC) is besluit om ’n eenvormige metode te vind om dit te doen. Dit was egter makliker gesê as gedaan. Dié skynbaar eenvoudige takie sou nog etlike eeue neem om te voltooi.

’n Hele dissipline, genoem computus, het rondom die vasstelling van die datum van Paasfees ontstaan. Regoor die destyds bekende wêreld, van Rome tot in die Ooste, van Spanje tot Brittanje, van  Alexandrië tot Konstantinopel, het mense hulle met die berekening van die Christelike kalender en die datum van Paasfees besig gehou.

’n Berekeningsmetode gebaseer op die verskil tussen die maankalender (354 dae) en die sonkalender (365 dae) wat in Alexandrië ontstaan het, het uiteindelik die basis gevorm van die metode wat redelik algemeen aanvaar is.

In ongeveer 390 nC het biskop Teofilus die Aleksandrynse Paastabelle saamgestel. Berekenaars in Konstantinopel het skynbaar ook, onafhanklik van die Aleksandryne, datums vasgestel wat met die Aleksandryne s’n ooreengekom het.

In 525 nC het Dionesius Exiguus in Rome berekeningstabelle gepubliseer wat uiteindelik wyd aanvaar is. Hy het daarin geslaag om die Aleksandrynse kalender en metode in die Juliaanse kalender, wat in Rome in gebruik was, te inkorporeer. Dit het vir alle praktiese doeleindes daarop neergekom dat Paasfees op die eerste Sondag ná die eerste volmaan ná 21 Maart gevier word.

In Dionesius se tabelle is die Christelike jaarteling (die konvensie om die geboortejaar van Christus as berekening van die jaartelling te gebruik) die eerste keer ingevoer. Weens ’n fout in sy berekeninge word Jesus se geboortedatum op ongeveer ses vóór Christus gestel.

In 1583 het daar egter ’n radikale kalenderhervorming ingetree. Daar is opgemerk dat die dag- en nagewening (Engels equinox) van Maart al hoe vroeër skuif – met implikasies natuurlik vir die vieringsdatum van Paasfees.  Kundiges, onder andere Aloysius Lilius (Lilio), het toe vasgestel dat ’n jaar nie uit 365.25 dae bestaan nie, maar wel uit 365.2425. Waar die dag- en nagewening in 325 nC met die Konsilie van Nicea op 21 Maart geval het, het dit in 1583 reeds op 11 Maart geval – ’n verskil van tien dae.

Pous Gregorius het op 14 Februarie 1582 ’n edik (pouslike bul) met die titel Inter Gravissimas geteken waarin bepaal word dat ’n nuwe kalender in plaas van die Juliaanse kalender gebruik sou word, en dat 5-14 Oktober 1582 verwyder word. Mense het dus op die aand van 4 Oktober 1582 gaan slaap en die volgende oggend op 15 Oktober wakker geword! Dié nuwe kalender staan bekend as die Gregoriaanse kalender.

Die enigste probleem was dat die nuwe kalender deur ’n Rooms-Katolieke pous ingestel is. Dit het veranderings nie net aan die kerklike kalender aangebring nie, maar ook die burgerlike kalender geraak. Die pous het nie noodwendig gesag oor die burgerlike owerhede gehad nie. In sommige lande waar die Rooms-Katolieke in die meerderheid was soos Spanje, Portugal en die grootste gedeelte van Italië, is dit onmiddellik geïmplementeer. Ander Rooms-Katolieke lande het dit mettertyd eers gedoen.

Lande waar Protestante in die meerderheid was, het dit aanvanklik geweier of bloot geïgnoreer. Hulle het dit gesien as ’n ingreep van Rome om almal weer onder die gesag van die Katolieke Kerk te bring. Tussen 1753 en 1845 het die meerderheid Protestantse lande ter wille van eenvormigheid dit egter ook aanvaar.

Rusland en Griekeland het die nuwe kalender eers in die 20ste eeu aanvaar. Teen daardie tyd moes hulle reeds 13 dae uit hulle kalender verwyder. Die Oosterse kerke volg egter nog steeds die Juliaanse kalender in hulle berekening van Paasfees. Daarom vier hierdie kerke Paasfees gewoonlik op ’n ander datum as die Westerse kerke.

Die rede dat Paasfees soms heelwat later plaasvind soos in 2011, is dat die eerste volmaan ná 21 Maart 2011 eers op 18 April verskyn het. Die eerste Sondag ná 18 April was 24 April. Dit beteken dat Pinkster ook later as gewoonlik sou plaasvind, aangesien Pinksterfees 50 dae ná Paasfees gevier word.

Vandag hou ons nog by bogenoemde instelling en hoef daar nie verwarring oor die datum van die Paasnaweek te wees nie. U kan nou self die Paasnaweek en Pinksterfeestyd vooraf gaan bereken: die eerste Sondag ná die eerste volmaan ná die 21 Maart-nag-ewening, en Pinkster 50 dae later.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1434 gaste aanlyn