Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Dié mense wat leef asof daar nie lewe ná die dood is nie, gaan niks wen as hulle reg is nie en alles verloor as hulle verkeerd is. Mense wat leef asof hulle aardse lewe hulle toekoms gaan beïnvloed, sal niks verloor as hulle verkeerd is nie, en alles wen indien hulle reg is.
SA WÁS WEERBAAR MET KERNWAPENS (1)
Lees reeks by SA WAS WEERBAAR MET KERNWAPENS
Jeanette Koekemoer
" Maar daar is selfs nog ‘n sterker skakel tussen Suid-Afrika en Iran se kernwapenontwikkeling. In 1994, net nadat Suid-Afrika sy eerste sogenaamde demokratiese verkiesing gehou het, het die regering van die Verenigde State van Amerika opdrag gegee dat alle kernprogramme onmiddellik en permanent gestop moet word, anders sou Washington ekonomiese sankies toepas. Suid-Afrika het ongeveer 600 hoogsbegaafde wetenskaplikes, ingenieurs en tegnici hierdeur verloor wat in minder as twee maande sonder werk gesit het. En daar is met rede bespiegel wie aan die anderkant van die pad vir hierdie begaafde mense gewag het..."
Die ou NP-leiers by monde van FW de Klerk en Pik Botha het by herhaling gesê (en hulle hou steeds daarmee vol) dat hulle nie 'n ander keuse gehad het as om Suid-Afrika (sonder mandaat van die volk) aan 'n swart kommunistiese owerheid te oorhandig nie. Hulle verweer is dat Suid-Afrika onder geweldige druk van die buitewêreld was en dat Suid-Afrika onregeerbaar sou word deur al die binnelandse onrus en opstande van die swart volkere – onrus wat deur die buiteland gestook is in die hoop dat die land onregeerbaar sou word.
Dat Suid-Afrika weerloos gestaan het in hierdie situasies is só ver van die waarheid verwyder dat daar net een gevolgtrekking uit te make is: die verraderlike ou NP-leiers het vir totaal ander redes as vir die veiligheid van Suid-Afrika hierdie land weggegee. Suid-Afrika was op daardie tydstip een van die weerbaarste lande ter wêreld. In hierdie artikel en opvolgende aflewerings sal die leser homself vergewis van die leuens wat aan die burgers van Suid-Afrika opgedis is oor die sogenaamde weerloosheid van die land in die laaste jare vóór 1994. Vóór 1994 toe die kernwapens skadeloos gestel is, was Suid-Afrika só weerbaar soos nog nooit tevore nie. Dit laat mens nogal dink waarom die land deur verraad op sy knieë gebring moes word...
Suid-Afrika se kernontwikkelingsprogram in die sewentiger- en tagtigerjare was nie ‘n ontspanne proefneming om wetenskaplike kennis te bekom nie maar ‘n strategiese en taktiese noodsaaklikheid om so gou moontlik oor bruikbare kernwapens te beskik – bruikbaar ter selfverdediging teen ons internasionale vyande wat die onrus binnelands bly stook het. As gevolg van die land se politieke beleid was daar nie net ekonomiese sanksies nie maar ook internasionale wapenboikotte wat die uiteindelike motivering vir die bou van ses atoombomme in ‘n relatiewe kort tydperk was. Die sukses hiermee het weer eens bewys hoe onmoontlik dit is om ‘n ontwikkelde Eerste-wêreldland te keer om homself te bewapen.
By terugskoue na amptelike verslae oor daardie jare blyk dit duidelik dat Suid-Afrika in staat was om nie net ‘n onafhanklike afskrikmiddel te bou nie maar ook om dit suksesvol aan te wend veral teen die land wat al Suid-Afrika se vyande vir baie jare mildelik voorsien het van militêre wapens – Rusland. Soos Suid-Afrika se destydse eweknie Israel, was sy onverbiddelike uitgangspunt: as hy as gevolg van Moskou op sy knieë forseer word sou hy hom saam grondtoe neem.
Alhoewel daar deur die jare ook baie geskryf is oor Suid-Afrika se kernwapenprogram was daar onsekerheid of Suid-Afrika ooit enige kerntoestel van watter aard ookal tydens 'n eksperiment laat ontplof het. Die rede hiervoor was die uiters streng geheimhouding. Washington, Moskou, Parys en verskeie ander lande het geweet wat in Pretoria aan die gang was maar hulle het geen inligting van die fyn besonderhede gehad nie. Daarom was die toets van die wapens nie inligting wat die buitewêreld se ore bereik het nie – inteendeel, die burgers van Suid-Afrika was nie eers daarvan bewus nie. Toetsing in die geheim was die belangrikste deel van die kernontwikkeling en om te kon verseker dat die regte pad gevolg is.
Selfs op die webwerf van die Instituut vir Wetenskap en Internasionale Veiligheid ( Institute for Science and International Security - ISIS) is daar heelwat inskrywings oor Suid-Afrika maar selfs daar kon die vraag oor die toetsontploffings lank nie met sekerheid beantwoord word nie.
Een persoon het egter ‘n besliste mening hieroor uitgespreek. ‘n Afgetrede Intelligensie agent (CIA) Tyler Drumheller het in 2006 ‘n boek getiteld On the Brink gepubliseer waarin hy oor sy besoek aan Suid-Afrika tussen 1983 en 1985 skryf:
Ons het operasionele suksesse gehad, veral wat Pretoria se kernaanleg betref. Ons het bewyse gevind dat die apartheidsregering inderdaad ‘n kernbom in 1979 in die Suid-Atlantiese see getoets het. Hulle het ook ‘n landingsisteem daarvoor ontwikkel waarmee hulle deur Israel bygestaan is.
Drumheller se weergawe is nie ‘n verrassing nie aangesien Suid-Afrika nie net oor voldoende uraan beskik het nie maar ook oor talentvolle wetenskaplikes wat op ‘n hoogs ontwikkelde vlak kon saamwerk.
In ‘n poging vir oplossings teen internasionale dreigemente was daar groot sekuriteit vir Suid-Afrika in die ontwikkeling van kernwapens. Al is dit slegs as afskrikmiddel voorgehou bestaan daar genoeg rede om te glo dat Suid-Afrika die wapens in ‘n staat van oorlog met vasberadenheid en werklik voortreflik sou aanwend.
Daar is nie net ses kernbomme in Suid-Afrika gebou nie maar ook ‘n volledige afleweringsisteem ontwerp waarmee dit na enige teiken geneem kon word, hetsy deur die Brits-ontwerpte Buccaneer vegvliegtuig of deur middel van die hoogs gesofistikeerde medium-tot-langafstand ballistiese missielprogram. Die Suid-Afrikaanse regering het Israel se hulp ingeroep om met die ontwikkeling van verskeie missiellandingsisteme behulpsaam te wees wat as die ‘RSA-reeks’ bekend sou staan, weergawes van wat in Israel se verdedigingsmag onderskeidelik genoem is die Jericho 2 (YA-3) en Shavit. Twee toetsmissiele in die RSA-3-kategorie wat spesifiek ontwerp is om kernwapens te ‘vervoer’ is laat in die tagtigerjare gelanseer met ‘n bevredigende afstandresultaat van 350 kilometer.
In 1958 het die Raad op Atoomkrag die eerste kernnavorsingsprogram geloods. Dit het ook die navorsing van ‘n konsep-kernreaktor behels. Aan die hoof hiervan was dr Abraham Johannes Andries ‘Ampie’ Roux wat later as die meesterbrein van die kernwapenprogram bekend gestaan het. Dit was sy taak om Suid-Afrika se kernnavorsing en –program te beplan en te ontwikkel, planne wat in 1958 reeds goedgekeur is deur die Minister van Mynwese, senator Jan de Klerk,en ironies die vader is van FW de Klerk, die man wat verantwoordelik was vir die vernietiging van die hele kernontwikkeling toe hy die Eerste-wêreldland wat sy vader help opbou het in ruil vir miljoene dollars en wêreldse verering aan ‘n onbevoegde Swart terroristiese bende oorhandig het.
Suid-Afrika se kernprogram het uit drie basisse bestaan. Die eerste was navorsing op uraan en soortgelyke stowwe. Tweedens moes daar voetwerk gedoen word oor radio-isotope en bestraling, en laastens moes daar deeglike studie gedoen word om ‘n kernreaktor te ontwerp.
Om hierdie uitgebreide navorsing te kon doen moes die Raad op Atoomkrag sy kwartiere vanuit ‘n kantoorblok in die middestad van Pretoria skuif na veiliger oop ruimtes en is nuwe kwartiere in die landelike gebied wes van Pretoria by Pelindaba gevestig.
Een van die geboue is spesifiek ontwerp om ‘n navorsingreaktor te huisves. Die VSA het volgens die ‘Kern vir Vrede’ program ingestem om ‘n reaktor met ‘n kapasiteit van 20 megawatt beskikbaar te stel. Dit sou aangedryf word deur hoogs verrykte wapen-graad uraan wat uit Washington voorsien sou word. Die voorwaarde was dat Suid-Afrika ‘n veiligheidsooreenkoms teken wat internasionale inspeksie sou magtig. Die Suid-Afrikaanse regering het daartoe ingestem en in Maart 1965 is die navorsingreaktor in werking gestel.
‘n Jaar later het die Raad op Atoomkrag ‘n interne groep aangestel om die tegniese en ekonomiese aspekte van kernstowwe te evalueer.
Terloops, dwarsdeur Johan Vorster se termyn as Eerste Minister het hy telkens beklemtoon dat Suid-Afrika slegs vredesmotiewe vir die kernprogram het. Dieselfde geluide is deur Pakistan gemaak kort voor hulle vyf atoombomme in die laat 1990’s in die suid-westelike gebied van Chagai laat ontplof het. In 2008 het ook die president van Iran dieselfde strategie gevolg.
In 1970 het die Uraanverrykingskorporasie tot stand gekom (UKOR) en is hy reg langs die Raad op Atoomkrag se navorsingseenheid by Pelindaba gevestig. Dit is toe gedoop Valindaba.
Daarvandaan het daar ‘n tydvak aangebreek waarin daar eerder aan militêre as politieke oplossings vir die land se probleme aandag gegee is. Armscor, die korporasie wat wapenproduksie, wapenprosedures en -uitvoere hanteer het, het ‘n periode van konsolidasie en uitbreiding ingelei.
In 1978 is die eerste verrykte uraan by die Y-aanleg ontgin en in ‘n relatiewe kort tyd is Suid-Afrika se eerste atoombom hier volledig vervaardig, identies soos die een wat in Augustus 1945 op Hiroshima in Japan ontplof het.
Die “Kern vir Vrede’- inisiatief wat gelei het tot ‘n vredesooreenkoms tussen Amerika en Suid-Afrika het in daardie tyd nie juis publisiteit gekry nie, maar hierdie ooreenkoms het dit vir ‘n groot aantal wetenskaplikes in Suid-Afrika moontlik gemaak om opleiding in reaktorwetenskap by die Argonne Nasionale Laboratorium net buite Chigago sowel as by die Oak Ridge Nasionale Laboratorium in Tennessee te ontvang. Ná hul terugkeer na Suid-Afrika was hierdie groep die hartklop van die hele ontwikkeling.
Aanvanklik was die eerste kernwapens lomp en groot maar daar was gou planne op die tafel vir kleiner en meer hanteerbare wapens wat op missiele gemonteer kon word.
Die wapenontwikkelingsprogram, Operasie Kerktoring, het bestaan uit slegs ‘n paar honderd Suid-Afrikaners en niks meer as twaalf uitstaande wetenskaplikes nie. Anders as die Irakese eweknie waar meer as 20 000 mense werksaam was, het hierdie relatief klein aantal werkers in streng geheimhouding hul taak uiters suksesvol verrig. Sekuriteit was van die grootste belang en daar is seker gemaak dat elke werknemer ‘n Suid-Afrikaanse paspoorthouer is. Dit het meegebring dat Amerikaanse intelligensie eers na finale sluiting van die hele program inligting kon bekom oor waar die kernbomme gestoor is.
Vroeg in die 1990’s was Suid-Afrika gereed om die medium-tot-langafstand ballistiese missiele aan toetsvlugte te onderwerp, wat die kroon op ‘n langgekoesterde ideaal sou plaas. Israel was steeds in stryd met buurlande gewikkel, is terselfdertyd toegestroom deur immigrante uit die Midde-Ooste, en het ‘n definitiewe behoefte aan sulke missiele gehad.
Die ‘goeie’ verhouding tussen Israel en Suid-Afrika was nie vreemd nie. In die 1930’s en 1940’s het duisende van die vreesbevangenes vir Hitler se veldtog teen die Jode ‘n veilige hawe in Suid-Afrika gevind. In 1948 het die Suid-Afrikaanse regering ook steun aan Israel verleen tydens hulle stryd tot onafhanklikheid wat dit vir die Jode hier moontlik gemaak het om in Israel te gaan veg.
Die tegnologiese samewerking tussen Israel en Suid-Afrikaanse wetenskaplikes het later veral duidelik geblyk uit missiele soos die Jericho 2 (YA-3), die Shavit SLV, die RSA-2, Iran se Ghadr-110 en ook die Pakistan Shaheen-11, maar dit wou voor kom of Suid-Afrika met meer lande betrokke was, veral wat betref die verskaffing van tegniese data. Later sou meer lig hierop gewerp word.
Suid-Afrika en Israel het in November 1974 tydens die ISSA-ooreenkoms in Geneve oor die toetsing van missiele ooreengekom, en in 1986 het Israel die eerste missiel op eie bodem getoets. Dit het egter weer die vraag ter berde gebring: watter ander lande kon moontlik betrokke wees by die suksesvolle ontwikkeling van die kernwapens in so kort tyd?
Die Suid-Afrika-Sjina-opsie was nie so onmoontlik as wat dit voorgekom het nie. ‘n Suid-Afrikaanse koerant het in 1993 berig dat Pretoria ‘n $2 miljard ooreenkoms met Beijing in die laat 1980’s gesluit het vir die ontwikkeling van ‘n missiel wat teikens tot 2 200 kilometer ver kon tref en wat ook ‘n ruimtesatelliet vir waarneming sou kon opstuur. Die berig lees verder dat hierdie ooreenkoms Suid-Afrika moontlik in die posisie gestel het om dié soort ballistiese missiele te vervaardig waarvan een toe reeds 1 500 kilometers ver die Suid-Indiese Oseaan ingestuur is. Hierdie missiellanding is algemeen aanvaar as die eerste van Suid-Afrika se proefnemings wat in Julie 1989 vanuit die Overberg Toetsarea plaasgevind het. Die missiel is beskryf as ‘n replika van die Jericho/Shavit missiel.
Aangesien daar bewyse bestaan het dat Pretoria ongeveer 60 ton verrykte uraan van Beijing in die vroeë 1980’s aangekoop het, was dit nie onmoontlik dat daar meer onderhandelinge tussen Sjina en Suid-Afrika plaasgevind het nie.
Nog ‘n interessante gissing oor met wie daar onderhandel is, het ontstaan uit die ongeluk van die Suid-Afrikaanse Boeing 747, die Helderberg, wat op sy roete terug van die Ooste in die see by Mauritius in November 1987 neergestort het nadat dit aan die brand geslaan het. Die vuur het klaarblyklik in die vragruim ontstaan waar onder andere ‘n besending spesifieke ammonium-produkte was wat gebruik word in die brandstof van vuurpyle.
Dan is daar Pakistan wat uit die bloute in die laat 1990’s die bestaan van ‘n missiel aangekondig het. Die ooreenkoms met die Shaheen-II was merkwaardig. Die eerste toetsvlug het in Maart 2004 plaasgevind en die sukses wat behaal is kan tot vandag toe nie vereenselwig word met ‘n Derde-wêreldland soos Pakistan nie. Missiele van hierdie kaliber verskyn nie sommer net van nêrens nie.
Charles P Vick, ‘n senior amptenaar by die Globalsekuriteitsorganisasie was die eerste om dié geheim te ontrafel toe hy die té toevallige ooreenkomste tussen die Israel-SA Jericho 2 (YA-3)/Shavit en die Shaheen-II uitgewys het. Dit was ook Vick se mening dat tegniese ontwikkelingsinligting vir Iran se vuurpyle moontlik van Pakistan, Sjina en Rusland sowel as voor 1994 van Suid-Afrika via Israel gekom het, dít met behulp van die smokkelnetwerk van ene AQ Khan.
Maar daar is selfs nog ‘n sterker skakel tussen Suid-Afrika en Iran se kernwapenontwikkeling. In 1994, net nadat Suid-Afrika sy eerste sogenaamde demokratiese verkiesing gehou het, het die regering van die Verenigde State van Amerika opdrag gegee dat alle kernprogramme onmiddellik en permanent gestop moet word, anders sou Washington ekonomiese sankies toepas. Suid-Afrika het ongeveer 600 hoogsbegaafde wetenskaplikes, ingenieurs en tegnici hierdeur verloor wat in minder as twee maande sonder werk gesit het. En daar is met rede bespiegel wie aan die anderkant van die pad vir hierdie begaafde mense gewag het...