NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die dood is die kleedkamer waar gelowiges vir die ewigheid aantrek; dis nie ʼn punt nie, maar eerder ʼn komma in die verhaal van ons lewe.   Dank God daarvoor!

MANDELA EN SY TERRORISTE- BENDE (3)

Lees reeks by  Mandela en sy terroriste-bende

DIE VLUG

"Dr. Blaxall het geld vanuit Londen ontvang en daar word bewys dat hy ’n bedrag van altesaam R6,282 in Suid-Afrika uitbetaal het aan etlike ondermyners. Onder diegene wat die eerwaarde so bevoordeel het, is ook die A.N.C.-leier Walter Sisulu."

Die aand ná die klopjag op Rivonia word al die inwoners van Lilliesleaf in Johannesburg aangehou ingevolge die 90-dae-aanhoudingsbepaling. Dit is een van die spesiale magte wat die Suid-Afrikaanse Parlement aan sy Minister van Justisie gegee het om die veelkoppige Kommunistiese draak mee te kan beveg.

In die polisiesentrum Marshallplein bevind Arthur Goldreich en sy vrou hulle.

Ook in die selle by Marshallplein — ’n grys, verouderde rooibaksteengebou — is twee Indiër-aangehoudenes: Moosa Moolla en Abdullah Jasset.

Later ontvang Marshallplein ook ’n vierde hooffiguur: Harold Wolpe, prokureur en vennoot van die latere aangeklaagde James Kantor, word naby die grens aangekeer. Wolpe het geskrik toe die nuus van die Rivonia-klopjag uitlek. Hy het onmiddellik gepoog om die land te verlaat . . .

Toe Wolpe ook na Marshallplein gebring word en daar wetsgedwonge huisvesting ontvang, is die vier mense byeen wat Suid-Afrika en die wêreld presies ’n maand na die klopjag op Lilliesleaf met ’n dramatiese ontsnapping kom verras.

Dramaties is die ontsnapping, en dramaties ook die lotgevalle van twee van hierdie vier . . .

In die vroeê oggendure van Sondag, 11 Augustus 1963 is luit. Van Wyk waar hy hoort: rustig aan die slaap in sy huis in een van Johannesburg se noordelike voorstede.

’n Oproep van luit. Diederichs, ’n kollega van die Veiligheidsafdeling, laat die telefoon vir Van Wyk wakker skel. Goldreich het ontsnap, is die ontstellende boodskap — Goldreich en Wolpe en Moolla en Jasset!

In hierdie stadium van die ondersoek is die nuus van die ontsnapping veral vir die Veiligheidsafdeling se manne ontsettend. Hulle besef reeds — hoewel miskien nog nie ten volle nie — watter sleutelfiguur Goldreich in die Kommuniste se bose konkelplan is. Dit is ’n besef wat hulle nog nie ten volle met hul kollegas in die ander afdelings van die Suid-Afrikaanse Polisie kon deel nie.

Van Wyk skakel dadelik adjudant-offisier Dirker en reël dat ook ander lede van die Veiligheidsafdeling gewek word. Self haas hy hom na Marshallplein waar sers. John Karpakis, wat by die aanklagkantoor in bevel is, hom vertel wat gebeur het. Sers. Karpakis toon aan die offisier van die Veiligheidsafdeling ’n stukkie yster: daarmee is die agttienjarige konstabel Johan Arnoldus Greeff glo oor die kop bewusteloos geslaan. Konst. Greeff het in die selle diens gedoen toe die ontsnapping plaasgevind het.

Toe luit. Van Wyk en sy kollegas die stukkie yster sien, is hulle dit eens dat iets nie pluis is nie. Die stukkie potyster wat ’n paar onse weeg, is darem te klein dat iemand maklik daarmee neergevel kan word . . .

Konst. Greeff ontvang egter mediese hulp en kan nie dadelik gespreek word nie.

Die Veiligheidsafdeling se manne vertrek na die hoofkwartier in The Grays. Daar sluit twee ander speurders, luit. Burger en adjudant-offisier Labuschagne, by hulle aan. Die twee het die jong konstabel na die lykhuiskantoor geneem waar ’n dokter hom kon help.

Luit. Van Wyk stel voor dat hulle Greeff so gou moontlik moet spreek. As hy die polisie wil bystaan, is daar ’n sprankie kans dat die ontsnaptes weer aangekeer kan word.

By die polisielykhuis deel ’n geneesheer luit. Van Wyk mee dat die jong konstabel ’n effense swelsel aan sy agterkop vertoon. Hy glo nie Greeff kon bewusteloos gewees het nie . . .

Greeff word opgelaai en ry saam met luit. Van Wyk, luit. Burger en adjudant-offisier Labuschagne terug stad toe. Hulle besluit om by die Polisiekaserne te gaan koffie drink en daar speel Greeff oop kaarte.

Die jong Greeff het ’n ongeluk gehad met ’n vriend se motor en aan die vriend moes hy R100 aan skadevergoeding betaal, bieg hy.

Hierdie skielike geldprobleem kwel hom so dat hy, wat in die selle bekend was as "die outjie wat altyd lag”, stroef raak. Ook Arthur Goldreich het hierdie verandering by die seun gemerk, hom belangstellend na sy probleme uitgevra.

Toe die konstabel sy probleme teenoor Goldreich lug, is dié baie simpatiek.

Hy vra of hy ’n telefoon mag gebruik en bel sy suster, die eggenote van dr. Arenstein. Aan sy suster sê Goldreich dat hy ’n konstabel Greeff na haar sal stuur. Sy moet hom R100 gee . . .

Om te verseker dat mev. Arenstein die konstabel sal eien, teken Goldreich sy naam in Greeff se polisiesakboekie. Later, toe Greeff verhoor word, het mev. Arenstein erken dat sy aan haar broer se versoek gehoor gegee en die geld aan die jong konstabel oorhandig het.

Intussen raak die twee Indiërs, Moolla en Jasset, goed met Greeff bevriend. Hulle vlei hom, vertel hom dat hy darem nie soos ’n gewone polisieman is nie. Hy is minstens vriendelik!

Die Indiërs sê aan hom hulle weet sy salaris is nie besonders nie; hulle is vermoënde mense en sal hom darem graag wil vergoed vir sy vriendskap.

Hulle gee aan Greeff briefies wat hy by sekere Indiërwinkels moet toon. Hy doen dit, en word op die manier ’n pak klere, ’n das en ’n paar skoene ryker.

Die dag voor die ontsnapping word Greeff met die voorstel genader dat hy R4,000 kan ontvang indien hy die aangehoudenes Goldreich, Wolpe, Moolla en Jasset sou help ontsnap.

Vir Greeff is dit ’n groot bedrag. Hy vra tyd om oor die voorstel te dink. Hoewel hy selde sterk drank gebruik, drink hy die volgende aand, om hom te staal, ’n hele paar drankies voordat hy weer Marshallplein toe gaan om hom vir diens aan te meld.

Greeff het klaar besluit.

Hoe hy die beloofde geld sal kry, word deur die samesweerders beklink. Die konstabel moet na die ontsnapping na die huis gaan van ene Chiba, ’n Indiër wat voorheen saam met Moolla aangehou is. Vir Chiba moet hy ’n pakkie grammofoonplate vra. Daardie pakkie sal die beloofde R4,000 bevat . . .

Later die aand bel Greeff na Chiba se huis. Chiba is nie daar nie. Hy is op Rustenburg (toevallig ook konst. Greeff se tuisdorp) deel Chiba se vader mee. Hy gee aan Greeff die telefoonnommer in die Bombaygebou op Rustenburg waar hy Chiba sal kan vind.

Greeff wil sake beklink en skakel ’n hooflynoproep na Rustenburg deur. Hy praat met Chiba en verstaan dat hy die wel "die pakkie” sal oorhandig.

In die hof getuig Chiba later dat hy deur konst. Greeff se oproep gewek is. Die konstabel het glo in raaisels gepraat en op ’n geheimsinnige wyse van "parcels” en "records” gerep. Om van die man ontslae te raak, het hy maar gesê: "Dis orraait! Dis orraait!”

Daardie aand bring Harold Wolpe se vrou kos en versnaperings vir die aangehoudenes in Marshallplein se polisieselle. ’n Besoek daardie tyd van die aand, omstreeks 10-uur, is reeds buitengewoon, maar Greeff laat dit nogtans toe. Mev. Wolpe gebruik die geleentheid om met haar man te praat sonder dat Greeff na bewering weet wat bespreek word.

Met die oog op die ontsnapping is die aangehoudenes in een sel byeen. Greeff moes dit so reël.

Toe mev. Wolpe weg is, beraadslaag die vier met die konstabel oor hoe hulle die ontsnapping kan reël.

Ongeveer eenuur die oggend bel ’n vrou wat op Engels van Greeff verneem: "Is hulle nog daar?” Sy sê glo ook aan hom dat hy nie oor die afrekening hoef te twyfel nie; sy geld kan hy by die afgesproke adres gaan haal.

Konstabel Greeff glo dis of mev. Wolpe of mev. Moolla wat gebel het. Maar hy weet ook nie . . . Moolla se vrou het altyd met hom Afrikaans gepraat.

’n Halfuur ná daardie oproep laat die jong konstabel vir Goldreich, Wolpe, Moolla en Jasset by die agterdeur van Marshallplein uit. Hulle is vry!

Greeff erken hy het hom daarna self ’n hou teen die agterkop toegedien en eiehandig met ’n stukkie venstertou vasgebind. Om sy vier "vriende” ’n redelike wegkomkans te gun, wag Greeff ’n goeie ruk voordat hy alarm maak . . .

Greeff gaan gewilliglik saam met die Veiligheidsmanne na Chiba se huis in die voorstad Fordsburg.

Sowat vyf en ’n half uur het reeds verloop sedert die ontsnapping toe Greeff op die speurders se versoek die Indiër se huis binnegaan om sy "pakkie plate” te gaan opeis. Hy kom egter gou en onverrigtersake terug met die nuus dat net die pa daar is en dat hy geen kennis dra van ’n pakkie grammofoonplate nie. Die ou man verwag sy seun egter later die dag van Rustenburg af.

Konstabel Greeff het nou ’n ingewing. Chiba is op Rustenburg, en die twee Indiëraangehoudenes wat hy daardie nanag help ontsnap het, het vroeër teenoor hom laat blyk dat hulle familie op die Bosvelddorp het. Sou minstens Moolla en Jasset nie daarheen gevlug het nie ?

Twee motors vol speurders vertrek dadelik na Rustenburg waar hulle die Bombaygebou omsingel. Chiba is egter reeds weg.

By sy tuiskoms in Johannesburg hoor Chiba vir die eerste keer dat die gort gaar is. Familie het van Rustenburg af gebel en gewaarsku dat die Veiligheidsafdeling op sy spoor is. Hy moet vlug, is hy aangeraai . . .

Chiba het ’n hele paar dae weggekruip. Sy verduideliking dat hy niks geweet het van Goldreich en sy kamerade se onderhandelings met die jong konstabel nie, word deur die polisie aanvaar toe hy weer sy verskyning maak.

Onderwyl die luitenant en die ander Veiligheidsmanne op hul Rustenburgse kuiertjie is, voer sersant Kennedy en sers. Erasmus luit. Van Wyk se opdrag uit dat die eggenotes van Wolpe en Moolla vir ondervraging aangehou word.

Toe luit. Van Wyk omstreeks eenuur die middag van Rustenburg af terugkeer, word die twee vrouens afsonderlik ondervra.

Hierdie ondervraging lewer ook sy interessante rookskermpie op. Onderwyl dit mev. Wolpe se beurt is, vra sy verlof om ’n verpleegster tuis te skakel om reëlings in verband met haar kinders te tref.

Na aanleiding van hierdie telefoonoproep kom daar berigte en gerugte dat mev. Wolpe deur die polisie aangerand is en dat haar lewe in gevaar verkeer. Die bewerings is skokkend en ’n senior landdros word aangewys om dit te ondersoek. Mev. Wolpe doen egter ’n verklaring dat sy nooit deur die polisie aangerand is nie.

Hierdie tussenspel bring egter die Johannesburgse prokureur James Kantor (wat later tot na die beëindiging van die Staat se saak saam met die nege ander beskuldigdes aangekla staan) opnuut op die toneel. Hy is die broer van mev. Wolpe — en vlugteling.

Harold Wolpe, sy swaer, is sy vennoot. Na wat Kantor luit. Van Wyk later meedeel, was hy by die Hartbeespoortdam op sy plasie "Dar- Es-Salaam” toe die verpleegster hom bel en hom inlig oor die gevare waarin sy suster verkeer. Kantor meld hom glo dieselfde aand nog by die speurders aan om uit te vind wat gaande sou wees.

Die soektog na Goldreich, Wolpe en die twee Indiërs duur intussen onverpoos voort. Hulle het sonder spoor verdwyn, maar wavragte inligting bereik die polisie wat daarvan oortuig raak dat die ondergrondse elemente ’n belangrike rol speel in die fabrisering van ’n groot deel van daardie "inligting”. So word verwarring immers geskep.

Enkele oproepers is ronduit aan die ontsnaptes se kant. Hulle verwens die polisie-offisiere, noem Goldreich en Wolpe "helde” en spreek die hoop uit dat die polisie hulle nooit sal opspoor nie. Tog is daar honderde ander burgers wat die polisie sukses toewens, wat hul goeie wense of telefonies of persoonlik oordra.

Baie van die inligting kom dan ook van mense wat eerlik glo dat hulle die ontsnaptes gesien het. Hierdie inligting word getrou opgevolg, maar die eerste wat daar weer van Goldreich en sy kamerade gehoor word, is dat Goldreich en Wolpe, vermom in die gewaad van twee priesters, in Swaziland aankom. Daar geniet hulle die gasvryheid van eerw. Charles Hooper.

In Swaziland stel Goldreich hom bekend as eerw. Shippon en word vlugteling Wolpe aangespreek as eerw. Mitchell.

Hoe het hulle in die natuurmooi protektoraatjie aangekom ? Die speurders stel later vas dat ’n onbekende persoon by ’n Randse handelaar meer as R2,000 kontant vir ’n rooi Ford betaal het. By die ondertekening van die registrasiedokumente is op die een plek C. Hooper geteken en op ’n ander L. Hooper. Albei die handtekeninge blyk vals te wees.

Die ontsnapping is ooglopend goed georganiseer. By die woonstel in Mountain View, naas Travallyn en Lilliesleaf, die ondermyners se ander wegkruipplekke, vind die polisie later stukke swart materiaal waarvan priestersklere gemaak kan word.

Die rooi Ford staan nog lank sonder baas in Swaziland. Eers in Junie 1964 laat Wolpe die rooi wa vanuit Londen deur ’n prokureur as sy eiendom opeis. Die motor word verkoop en die opbrengs daarvan aan Wolpe uitbetaal . . .

Swaziland word al gou vir Goldreich en Wolpe te klein. Die vlieënier van ’n private lugvaartmaatskappy in Swaziland, ’n mnr. T. E. Truter, getuig later dat hy twee priesters uit Swaziland gevlieg het na Lobatsi, in Betsjoeanaland. Eers later sou hy van foto’s aflei wie die twee "priesters” werklik was.

Terwyl die here Goldreich en Wolpe as geestelikes die aandag het, kan hier ook na ’n ander eerwaarde verwys word — na die 72-jarige afgetrede predikant van die Anglikaanse kerk, dr. Arthur Blaxall, wat skaars twee maande na die Goldreich-ontsnapping in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

Eerwaarde dr. Blaxall word aangekla van vier aanklagte in verband met die Wet op die Onderdrukking van Kommunisme.

Dr. Blaxall het geld vanuit Londen ontvang en daar word bewys dat hy ’n bedrag van altesaam R6,282 in Suid-Afrika uitbetaal het aan etlike ondermyners. Onder diegene wat die eerwaarde so bevoordeel het, is ook die A.N.C.-leier Walter Sisulu. Die afgetrede predikant se korrespondensie bring aan die lig dat hy kontak gehad het met die terroristeleier van die Pan African Congress, Potlako Lebalio . . .

Dr. Blaxall erken skuld in die hof, spreek sy berou uit en word tot altesaam twee jaar en vier maande gevangenisstraf gevonnis. Die hof betoon egter genade en die hele vonnis, uitgesonderd ses maande, word opgeskort op voorwaarde dat hy hom nie binne drie jaar aan dergelike oortredings skuldig maak nie.

Die tengerige ou man bring net een nag in die tronk deur. Pas die dag nadat hy gevonnis is, kondig die Suid-Afrikaanse Minister van Justisie aan dat besluit is om ou eerw. Blaxall vry te laat.

Daardie aand kon hy hom aansluit by sy bejaarde eggenote in hul huis in Roodepoort.

Greeff se opspraakwekkende verhoor word ook in die Johannesburgse landdroshof gehou. Ten einde van die begin af op hoogte te wees, tree dr. Yutar, bygestaan deur adv. Naude en mnr. Vorster, in hierdie saak as aanklaer op.

Greeff word aangekla van omkopery en dat hy gevangenes gehelp het om te ontsnap. Die konstabel ontken skuld, maar in die loop van die saak besef hy die oormag van die getuienis teen hom en besluit om skuld te belcen. Hy word skuldig bevind en tot ses jaar gevangenisstraf gevonnis. ’n Appel teen sy vonnis word van die hand gewys.

Terug na Goldreich en Wolpe . . .

Na die ontsnapping is hulle nog lank wêreldnuus— en nie altyd uit eie keuse nie.

Op 28 Augustus kom hulle in Lobatsi in Betsjoeanaland aan. Suid-Afrika het nie ’n uitleweringsooreenkoms met die Britse protektorate nie en in Betsjoeanaland is die kamerade veilig. Goldreich sê: "Ons sien uit na rus. Ons het nog nie veel rus gehad sedert ons uit die polisieselle van Marshallplein ontsnap het nie.”

Van Lobatsi af gaan hulle per Landrover na Francistown, vergesel van die Indiër J. Bhana, die organiseerder van sogenaamde ontsnappingsroetes uit Suid-Afrika.

In Francistown gaan Goldreich en Wolpe in die dorp se enigste hotel tuis. In ’n onderhoud met die pers (koerantmanne uit Suid- Afrika is voortdurend byderhand) sê Goldreich: "Ons wil geen verklaring doen nie, behalwe dat ons dankbaar is om hier te wees — uiters dankbaar.”

Hulle voer samesprekings met lede van politieke partye in Betsjoeanaland en met verteenwoordigers van ondergrondse organisasies in Suid-Afrika. By een geleentheid is daar agt of nege Swartes in Goldreich se hotelkamer.

Van Francistown af maak hulle ook telefonies kontak met hul gesinne in Johannesburg.

Op 28 Augustus land ’n Dakota van East African Airways op die Welena-lughawe buite die dorp om onder meer die twee ontsnaptes na Dar-Es-Salaam te neem.

Intussen verklaar ’n Britsgebore vrou in Johannesburg aan ’n dagblad dat sy nie meer ’n Brit wil wees nie omdat Brittanje in een van sy gebiede politieke asiel verleen aan "sulke mense soos Goldreich en Wolpe”. Die vrou se reaksie is tiperend van hoe byna honderd persent van die Suid-Afrikaners voel . . .

In Betsjoeanaland is by die blanke gemeenskap ’n gevoel van onmin teenoor die twee kamerade ook merkbaar. Sommige inwoners laat hulle selfs in Goldreich en Wolpe se teenwoordigheid sterk teenoor die twee uit en die algemene houding is dat die ontsnaptes aan die Republiek uitgelewer behoort te word. In die kroeg van die hotel waar die twee tuis is, bespreek ’n groep mans selfs openlik hoe die twee Kommuniste ontvoer en na die Republiek gebring kan word.

Nog rneer verteenwoordigers van koerante en nuusdienste sak op die dorp toe om oor Goldreich en Wolpe, en oor hul bewegings, verslag te doen. Die twee "vryheidsvegters” het nou reeds die oë van die wêreld op hulle gerig.

Die oggend van 29 Augustus is daar ’n dramatiese wending. Die Dakota waarmee die vlugtelinge daardie dag na Dar-Es- Salaam moet vertrek, ontplof. Die vliegtuig word heeltemal verpuin en Goldreich, die deskundige, skryf dit toe aan ’n tydbom wat te vroeg ontplof het.

Nadat hulle van die Betsjoeanaland se polisie beskenning vra, word herberg in die plaaslike tronk aan die twee reisigers op pad na Dar-Es-Salaam gegee.

Goldreich en Wolpe is duidelik bang. Hul vrees is begryplik; deels is dit toe te skryf aan die vyandiggesindheid wat gaste en besoekers in die hotel nie probeer verbloem nie. Baie Francistowners is verheug dat die vliegtuig vernietig is. Die hotelbestuurder vra ook dat die vlugtelinge sy hotel moet verlaat — hy is bang hy ly skade as gevolg van brandstigting teen sy twee nou alornbekende gaste gemik.

Die Francistowners skerts oor en weer oor die foon oor die vliegtuig wat verpuin is. Baie sê hulle is bly dat die vlugtelingorganisasie nou "teen-sabotasie” ondervind.

Kapt. O. King, waarnemende polisiehoof vir Noord-Betsjoeanaland, vind dit selfs nodig om te sê: "Goldreich en Wolpe se vrees vir hul lewe is volkome geregverdig.” Die veilige protektoraat is nie meer al te veilig nie.

Die East African Airways kondig aan dat ’n tweede vliegtuig gestuur sal word om die passasiers van die wrak op te laai, maar die besluit word gou herroep en die ander Dakota wat reeds op pad is, kry summiere opdrag om om te draai.

Nou sit Goldreich en Wolpe gestrand in die tronk. Hulle wil nie per motor verder reis nie want hulle is bang hulle word ontvoer. Vriende het hulle teen dié tyd onder die blankes van Betsjoeanaland skaars. Hulle glo ook nie dat ’n ligte vliegtuig hulle reis na "veiligheid” kan waarborg nie . . . en intussen versuim E.A.A. om ’n tweede vliegtuig te stuur.

Daar word nou berig dat Goldreich en Wolpe benoud raak sedert hulle gehoor het van "die haastige samesprekings tussen Suid-Afrika en Brittanje” oor die uitlewering van ontsnaptes. Hulle hoop hulle kom weg voordat hulle kragtens so ’n ooreenkoms opgesluit kan word in dieselfde tronk waar hulle al drie dae vir hul veiligheid inwoon.

E.A.A., die Oos-Afrikaanse lugredery, verklaar nou hy sal ’n vliegtuig stuur mits die Britse owerheid ’n waarborg kan gee dat die vliegtuig op Francistown behoorlik bewaak sal word. Maar die lugdiens het ook nou te doen met ’n meningsverskil met sy versekeraars oor die risiko wat verbonde is aan die stuur van die vliegtuig en daar word besluit om te wag.

Wag. Wag. Wag . . .

Op 5 September word bekend gemaak dat ’n ligte vliegtuig uit Kenia Goldreich en sy kameraad na Dar-Es-Salaam sal neem.

Wenela, wat sy private lughawe intussen gesluit het vir private vliegtuigverkeer, gee toestemming dat die vliegtuig daar mag land. Die versoek word gerig deur die Britse regering — en so slaag twee Kommuniste wat later in ’n regverdige hofgeding ontdaan sou staan van enige vrome aanskyn, om oënskynlik die regering van ’n Westerse land aan hul kant te kry.

Die plan is dat die vliegtuig minder as ’n uur sal vertoef en dan vir Goldreich en Wolpe asook die ander "vlugtelinge” sal saamneem.

Tot die ontsteltenis van Goldreich en Wolpe gaan daar met die vliegtuig ook iets verkeerd. By Mbeya, in Suid-Tanganjika, moet ’n noodlanding uitgevoer word toe een van die twee motore defek raak. Die slag is dit nie sabotasie nie, maar die volgende dag verlaat mnre. Goldreich en Wolpe, twee vername leiers van ’n ondergrondse beweging wat die oog gerig hou op ’n bewindsoorname deur die "proletariaat” van die Afrika-vasteland se magtigste en vooruitstrewende staat, die Britse tronk glad nie.

Die wêreld se aandag is nou skerp en die bekende praters van die Britse Arbeidersparty, Fenner Brockway en John Mendelson, dring by die Britse regering daarop aan dat ’n lugmagvliegtuig dr. Kenneth Abrahams en ander politieke vlugtelinge na "veiligheid’ bring. (Dr. Abrahams het uit die Republiek "gevlug”, is vanuit Betsjoeanaland wederregtelik "uitgelewer” en moes op aandrang van die Britse regering vrygelaat word. Hy en sy eggenote bevind hulle in die stadium ook in Francistown).

In ’n brief voer die Arbeider-parlementslede aan dat etlike pogings van die saboteurs om Betsjoeanaland te verlaat, "suksesvol gesaboteer is”.

In die vroeë oggend van 8 September verlaat Goldreich en Wolpe Francistown net so geheimsinnig en plotseling as wat hulle daar aangeland het.

Dit is nog donker toe hulle om 4.30 vm. teen ’n hoë snelheid met ’n vriend se motor na die Palapye-lughawe, 102 myl suid van Francistown, ry. Koerantmanne wat na hulle verneem, word deur die gesaghebbendes onder die indruk gebring dat die kamerade nog in die tronk lê en slaap. Oor die hulp wat hulle van gesagsinstansies kry, kan die twee gewis nie kla nie!

’n Beskermende polisiemotor volg hulle. Hulle styg om 7.50 vm. op met ’n Cessna-vliegtuig wat behoort aan Arusha Air Charters in Tanganjika. Teen die middag neem hulle 400 myl verder brandstof in naby die Zambesi en Elizabethstad, in Katanga, word die aand bereik.

Hier sit Goldreich sy arm om die skouers van ’n onbekende bruinkopvrou wat saam reis en sê: "Dit is my vrou — onlangs aangeskaf.”

Mev. Hazel Goldreich, sy eintlike vrou, word toe nog in Johannesburg deur die polisie aangehou. (Later word sy ontslaan).

By hul aankoms in Dar-Es-Salaam op 10 September hou Goldreich en Wolpe ’n perskonferensie by die lughawe toe ’n ontploffing enkele tree van waar hulle is, plaasvind naby die vliegtuig waarmee hulle gereis het. Vier naturelle-kinders word in die ontploffing beseer.

Koerantmanne sien ’n naturelleseun met bloed aan sy hande, arms en bors. Hy is bewusteloos en word deur ’n ambulans weggeneem. ’n Beseerde naturellekind vertel: "Ons het met geroeste blikke gespeel. Een het skielik ontplof.”

Op die perskonferensie loof Goldreich die mense en instansies wat hulle gehelp ontsnap het; hulle sou dit nie alleen kon vermag het nie, sê hy.

Voor die konferensie word hulle soos helde deur ’n skare toegejuig en omhels. Uit baie kele weerklink Suid-Afrikaanse "vryheidsliedere”. Inboorlingvroue dra baniere: "Jul ontsnapping is ’n slag vir Nazi Vorster” en "A.N.C.-ondergrondse beweging is onvernietigbaar’ ’.

Van die bruinkopvrou is hier geen teken nie. Toe na haar gevra word, sê Goldreich: "My vrou is in Suid-Afrika in die tronk.”

In die Afrikalande gesels Goldreich en Wolpe met vlugteling- Kommuniste soos Jack Hodgson en Vivian Ezra wie se rol in die Suid-Afrikaanse "bevrydingsbeweging” gedurende die Rivoniasaak geopenbaar sou word. Vergesel van buitelandse verteenwoordigers van die A.N.C. voer hulle ook samesprekings met Julius Nyerere, die president van Tanganjika.

Op 23 September (dit is ook die begindatum van jong konstabel Greeff se verhoor) kom Goldreich en Wolpe in Londen aan. Vreemd genoeg wil die Engelse immigrasiebeamptes hulle dadelik deporteer, maar Barbara Castle, Arbeiderlid in die Britse laerhuis en voorvegster teen apartheid, tree nou op en die vriende ontvang vergunning om twee maande in Engeland te kuier. ’n Perskonferensie is in Londen vir Goldreich en Wolpe gereël.

Met verwysing na die Suid-Afrikaanse Minister van Justisie wat gesê het dat hy en Wolpe "twee groot visse is wat weggekom het”, spog Goldreich dat daar nog baie groot visse in Suid-Afrika is.

Sabotasie?

Goldreich weet daar nie van af nie. Die "stryd” in Suid-Afrika is nie teen die blankes as sodanig nie, beweer hy, dog teen rasseverdrukking. Met sabotasiestories wil die Suid-Afrikaanse Regering ’n atmosfeer skep waardeur die "stryders” die meegevoel van die res van die wêreld ontsê word; daarom is daar die "onverantwoordelike verklarings” dat hy en Wolpe aan die hoof staan van ’n terroriste-organisasie wat sabotasie en ondermyning beplan.

Dokumente in sy eie handskrif wat later in die hofverhoor as getuienis dien, was nie vleiend vir Goldreich se eerlikheid nie . . .

En Wolpe vertel nie by hierdie geleentheid van die kaarte wat hy opgestel het ter voorbereiding van guerrilla-oorlog nie.

Die perskonferensie, deur mev. Castle gereël, word bygewoon deur onder meer gelyste Kommunis Joe Slovo en gelyste Kommunis Oliver Tambo , wat ook in die Rivonia-verhoor ontmasker staan te word.

In Desember 1963 reis Wolpe na Oos-Duitsland en Rusland; Goldreich gaan na Israel waar hy geld insamel vir die "stryd” in Suid-Afrika.

Jasset en Moolla kom ook later in die buiteland aan. Die twee blankes en Indiërs se paadjies het blykbaar kort na hul ontsnapping uitmekaar geloop . . .

Die hofsaak begin - vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3349 gaste aanlyn