NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As jy nie iets kan sê wat tot die eer van die HERE bydra nie, bly liewer stil. Mense het al dikwels spyt gekry oor hulle woorde maar nie oor hulle stilswye nie.

MANDELA EN SY TERRORISTE- BENDE (8)

Lees reeks by  Mandela en sy terroriste-bende

DIE SAMESWEERDERS AAN DIE WOORD

"Nelson Mandela, die beskuldigde nommer een, is die eerste verdedigingsgetuie. Hy lewer sy getuienis nie onder eed af nie (en daarom kan hy nie op grond van daardie getuienis gekruisvra word nie) en het sy getikte toespraak van sestig folio’s byderhand toe hy in die getuiebank kom. Mandela erken dat hy sabotasie beplan het en dat Umkhonto We Sizwe inderdaad verantwoordelik is vir ’n aantal sabotasiedade soos in die klagstaat aangevoer. Vier vorms van geweld is moontlik: sabotasie, guerrilla-oorlog, terrorisme en openlike revolusie. Daar is besluit dat sabotasie as eerste stap aanvaar word in die nuwe veldtog. Voorbereidings het egter voorsiening gemaak vir en rekening gehou met guerrilla- oorlog. Later sou dit blyk dat Mandela se hofverklaring vroegtydig deur die gewone linkse kanale versprei is om daardeur ’n publisiteitstorm ten gunste van die beskuldigdes in die saak, en guns in die oë van die wêreld, te verwerf."

DIP opsienbarende Rivoniaverhoor loop van 1963 na die nuwe jaar toe oor. Die Staat se saak, gehanteer deur dr. Percy Yutar en sy kollegas, word op 4 Maart 1964 afgesluit. Daar kom nou ’n verposing van ’n rapsie meer as ’n maand om die beskuldigdes se advokate die geleentheid te gee om die verdediging voor te berei.

Die verposing word egter langer gerek nadat die verdediging twee keer van die hof uitstel vra en dit verkry. Maar op 21 April 1964 word die verhoor voortgesit, en hierdie keer word die soeklig gerig op die beskuldigdes self.

Daar is nou net nege van die oorspronklike elf. Eers het Bob Hepple aangebied om getuienis vir die Staat te lewer en is kort daarna landuit; toe, nadat die Staat se saak afgesluit word, doen James Kantor aansoek om ontslag. Hy slaag en is nie langer ’n beskuldigde in die verhoor nie.

Nelson Mandela, die beskuldigde nommer een, is die eerste verdedigingsgetuie. Hy lewer sy getuienis nie onder eed af nie (en daarom kan hy nie op grond van daardie getuienis gekruisvra word nie) en het sy getikte toespraak van sestig folio’s byderhand toe hy in die getuiebank kom.

Later sou dit blyk dat Mandela se hofverklaring vroegtydig en na bewering deur die gewone linkse kanale versprei is om daardeur ’n publisiteitstorm ten gunste van die beskuldigdes in die saak, en guns in die oë van die wêreld, te verwerf.

Mandela, van beroep ’n prokureur, sê in sy toespraak wat hy dramaties voordra dat hy sy politieke loopbaan begin het as lid van die A.N.C. se Youth League. Later het hy onder-president van die liggaam geword. Die president was oud-hoofman Albert Luthuli.

Mandela erken dat die A.N.C. ondergronds voortgesit is toe dit in 1960 as verbode organisasie verklaar is.

As agtergrond vir die latere optrede, noem Mandela die "All-in African Conference” in Maart 1961 in Pietermaritzburg, Natal, gehou met die oog op die Regeringsbesluit, na ’n volkstemming, om van Suid-Afrika ’n republiek te maak. Op die konferensie is besluit om by die Regering aan te dring op ’n nasionale konvensie voor die republiekwording en gebeur dit nie, moet ’n tuisblystaking landwyd plaasvind.

Aan hierdie eise is nie toegegee nie en so ’n staking is georganiseer vir die drie dae 29, 30 en 31 Mei 1961 (Suid-Afrika het op 31 Mei 1961 formeel van ’n monargistiese staatsvorm na ’n republikeinse oorgeskakel).

Ten gevolge van die reaksie van die Regering op die georganiseerde staking, besluit die swart leiers onder mekaar "om dit uit te veg.” Met die oog hierop besluit hulle in Junie 1961 om aan te dring op ’n verandering in die beleid van die Nasionale bevrydingsbeweging en voer toe samesprekings met die leiers van die organisasies waaruit dit bestaan. Dit het gelei tot die stigting van Umkhonto We Sizwe waarin hy ’n prominente rol gespeel het totdat hy op 5 Augustus 1962 in hegtenis geneem is.

Mandela erken dat hy sabotasie beplan het en dat Umkhonto We Sizwe inderdaad verantwoordelik is vir ’n aantal sabotasiedade soos in die klagstaat aangevoer. Die beleid van Umkhonto is goedgekeur deur verskeie persone en organisasies in die bevrydingsbeweging-

Hy wys daarop dat die A.N.C. nie in sy eie naam aan die bedrywighede van Umkhonto kon deelneem nie omdat die lede van die A.N.C. aangesluit het op grond van die beginsel dat die beleid van die organisasie nie-geweld is. Die A.N.C. het egter van sy beleid van nie-geweld afgewyk deur te besluit dat hy nie langer "behoorlik beheerde” dade van sabotasie sou afkeur nie en nie dissiplinêr sou optree teen lede wat sabotasie pleeg nie.

Die onmiddellike beleid van Umkhonto was sabotasie, verklaar Mandela. Die moontlikheid van burgeroorlog is egter ten volle besef en moes oorweging geniet by die formulering van hul planne. Hulle wou heeltemal gereed wees vir geval burgeroorlog onvermydelik sou word.

Vier vorms van geweld is moontlik: sabotasie, guerrilla-oorlog, terrorisme en openlike revolusie. Daar is besluit dat sabotasie as eerste stap aanvaar word in die nuwe veldtog. Voorbereidings het egter voorsiening gemaak vir en rekening gehou met guerrilla- oorlog.

Op 16 Desember 1961 het Umkhonto sy eerste manifes uitgereik wat saamgeval het met die organisasie se eerste sabotasie-aanslae op Regeringsgeboue — veral in Johannesburg, Port Elizabeth en Durban.

Die A.N.C. het besluit dat Mandela vroeg in 1962 die Pan African Freedom Movement se spitsberaad in Addis Abeba moet bywoon. Terselfdertyd het Umkhonto hom opdrag gegee om geriewe te ondersoek vir die militêre opleiding van Bantoes uit Suid-Afrika as eerste fase in die voorbereiding vir guerrilla-oorlog. Hy het toe deur die Afrika-lande getoer waar hy simpatiek ontvang is en deur verskeie van die lande hulp belowe is. Hy het toe ook self militêre opleiding ondergaan, verklaar Mandela.

Hy erken dat die bewysstukke wat voor die hof is, in sy handskrif is. Dit is lesings oor guerrilla-oorlog en militêre strategie wat hy bestudeer het.

Hy erken dat hy die Natalse Streekbevel in Julie 1962 toegespreek het soos getuie X getuig het.

Ten gevolge van besprekings wat hy op Rivonia met Goldreich gehad het onderwyl hy daar gewoon het, en weens Goldreich se ervaring as ’n soldaat in die Israelse ondergrondse leer, het hy by Umkhonto aanbeveel dat Goldreich as lid gewerf word.

Hy erken dat lede van die Kommunisteparty Umkhonto ondersteun het.

Mandela ontken dat hy ’n Kommunis is, maar erken dat hy Marxistiese literatuur gelees het en daardeur beïnvloed is. Hy sê die artikels "Hoe om ’n goeie Kommunis te wees” is ’n vereenvoudiging van lesings wat ’n vriend, wat hom tot die Kommunisme probeer bekeer het, opgestel het. Mandela noem nie die naam van die vriend nie.

Hy erken dat hy by die A.N.C. sterk aanbeveel het dat ’n sending na Sosialistiese lande gestuur word om geld vir die veldtog in Suid-Afrika in te samel.

Hy glo dat Kommuniste altyd ’n aktiewe rol gespeel het in die vryheidstryd van koloniale lande se inwoners. Swart Kommuniste het lede geword van die A.N.C. en sommige het in die nasionale, provinsiale en plaaslike komitees gedien, erken hy.

Walter Sisulu, lid van die nasionale sekretariaat van die A.N.C., is verdedigingsgetuie nommer twee.

Anders as Mandela lê hy getuienis onder eed af en kan hy gekruisvra word. Hy sê egter hy sal vrae oor hom en die organisasie beantwoord, maar nie vrae wat die organisasie en ander lede in gevaar stel nie. Daarna weier hy om op ’n aantal vrae te antwoord.

In die loop van sy kruisverhoor erken hy dat die doelstellings van die A.N.C. en die van die Kommunisteparty dieselfde is.

Sisulu is 52 jaar oud, het standerd vier geslaag en is ’n professionele politikus in diens van die A.N.C. Hy sê hy is nie ’n Kommunis nie, maar hy is in sy beskouing deur die Sosialisme beïnvloed en hy verkies om die beste uit die Sosialisme en die Kapitalisme te neem. Hy het ’n uitgebreide reis in die lande agter die Ystergordyn onderneem.

Sisulu sê hy het nie by Umkhonto aangesluit nie, maar in voeling gebly met die leiers daarvan en sommige van Umkhonto We Sizwe se vergaderings bygewoon. Hy het in Junie 1963 by Rivonia aangekom om ondergronds met sy politieke werk voort te gaan.

"Operasie Mayibuye,” getuig hy, is ’n plan wat deur Goldreich opgestel is. Goldreich was lid van die logistiese komitee en tegniese komitee van die Nasionale Opperbevel. Hy was voorheen ’n bevelvoerder in die Israelse ondergrondse beweging en ’n deskundige oor guerrilla-oorlogvoering. Goldreich was ook een van die instrukteurs in verband met plofstowwe.

Toe getuie X aan die begin van Junie 1963 op Rivonia was, was hy (Sisulu) daar vir ’n mediese ondersoek. Behalwe dat hy X ontmoet het, het hy nie met hom gepraat nie. Hy ontken dat hy aan X gesê het om vrywilligers in Natal te soek.

Die plan "Operasie Mayibuye” is vir oorweging aan die Opperbevel voorgelê waar dit bespreek, maar nie aanvaar is nie. Een van die besware teen die aanvaarding van "Operasie Mayibuye” was dat ’n tydperk van ses maande as te kort beskou is om ’n guerrilla- oorlog te begin en dat meer tyd nodig sou wees om die massa geestelik en andersins vir so ’n stap voor te berei.

Sisulu erken in die hof dat "Operasie Mayibuye” geen droom was nie. Hy ontken egter dat die tyd ryp was vir die uitvoering daarvan. As die plan so sê, is dit verkeerd.

Persoonlik keur hy sabotasie goed, sê Sisulu en is hy bereid om, indien nodig, tot guerrilla-oorlog oor te gaan. Hy erken dat guerrilla-oorlog onvermydelik tot oproer en burgeroorlog sal lei. In die geval van oorlog is hulp van militêre magte buite Suid-Afrika moontlik, gee hy toe.

Die A.N.C. het baie nou met die Kommunisteparty saamgewerk. Hul doel en strewe was dieselfde. Die beskuldigde Lionel (Rusty) Bernstein, ’n gelyste Kommunis, het ’n belangrike rol gespeel in die gesamentlike veldtogte van die twee organisasies. Bernstein is ’n spesialis op die gebied van propaganda, aldus Sisulu.

Die dag van die klopjag op Lilliesleaf sou hy, Mbeki, Bernstein en Hepple ’n vergadering gehou het om die 90-dae-bepaling te bespreek. Die maatreël het vir hulle ’n groot probleem geskep. ’n Landwye staking wat toe beplan is, moes op die agtergrond geskuif word.

Hy, Mbeki, Goldberg en Mhlaba het ten tye van die klopjag op Travallyn gewoon en hulle het net na die middagete vir die vergadering na Rivonia gery. Voor die vergadering het hy in die Rivonia-hoofhuis ’n afspraak met ’n tandarts gehad. Daarna is hy na die grasdakkamer vir die vergadering wat net sou begin toe die polisie gekom het. Bernstein het net ’n paar minute voor die polisie aangekom. Hy sou raad gee in verband met die 90-dae-bepaling.

Hulle sou nie die middag "Operasie Mayibuye” bespreek het nie. Die aand sou daar ’n vergadering van die nasionale uitvoerende komitee van die A.N.C. in ’n Swartdorp gehou word om die plan te bespreek. Die vergadering sou ook deur die beskuldigde Raymond Mhlaba bygewoon word. Goldreich het die Mayibuye-plan in die stoof weggesteek waar Mbeki, wat lid was van die Opperbevel, dit moes kry vir die vergadering die aand. Hy weet nie hoekom Mbeki die dokument die middag al uit die stoof gehaal het nie. Hy kan ook nie onthou of Mbeki die middag in die grasdakkamer in die dokument gelees het nie.

Sisulu sê hy en Duma Nokwe (wat die land verlaat het) was lede van die A.N.C. se sekretariaat. Toe gevoel is dat hulle in die tronk kan beland, is beskuldigde Mbeki van Port Elizabeth af as lid laat kom. Mbeki het later lid van die Opperbevel geword. Harold Wolpe, wat saam met Goldreich uit die land gevlug het, was lid van die Inligtingskomitee van die Opperbevel.

Sisulu erken dat die A.N.C. geld in die buiteland ingesamel en daarvan aangewend het om Umkhonto We Sizwe te finansier. Hy erken dat hy in ’n brief aan kanunnik John Collins van Christian Action in Londen geld gevra het. Van die geld sou gebruik word vir die verdediging van Umkhonto se saboteurs.

Dr. Yutar: Geld dus om sabotasie te bevorder?—Nee, dis heeltemal iets anders. Enigiemand gun iemand anders sy verdediging.

Sisulu sê toe die leiers besluit het om tot geweld oor te gaan, het hulle dit onder druk van die volk gedoen. Die leiers het besluit om die opstandigheid van die massa te beheer en te kanaliseer. Dr. Yutar lees hierop die dokument voor wat sê dat die leiers die volk van die nuwe beleid in kennis moet stel en hulle moet omhaal om dit te steun. Die dokument is verkeerd, is Sisulu se antwoord daarop.

Sisulu sê hy het die beskuldigde Goldberg in 1961 in Port Elizabeth ontmoet. Goldberg was saam met Goldreich lid van die Logistiese Komitee en van Umkhonto. Sy opleiding as siviele ingenieur was waardevol. Die 48,000 landmyne en 210,000 handgranate in verband waarmee Goldberg navrae gedoen het, sou in bewaring gehou word hangende die besluit of met guerrilla-oorlog begin sou word. Sisulu erken die wapens word nie vir sabotasie gebruik nie, dus moet dit vir guerrilla-oorlog wees.

Die plaas Travallyn is op Goldberg se vals naam Charles Barnard gekoop. Die plaas is namens Umkhonto gekoop as ’n skuilplek vir rekrute en ook vir die vervaardiging van plofstowwe. Die plan dat die plaas gekoop moet word, het by Goldberg ontstaan.

Sisulu sê dit was nie Umkhonto se beleid om met die pleeg van sabotasie mense te beseer of te dood nie. Die enigste waarborg teen sodanige moontlikheid was die keuse van die teikens. As spoorlyne gesaboteer is, was dit nie die werk van Umkhonto nie. Hy erken dat sekere mense wat foute gemaak het met die teikens, nie uit hul posisies ontslaan is nie.

Dr. Yutar: Watter maatreëls is getref om beserings te voorkom ? — Die feit dat niemand beseer moes word nie, het voorkeur geniet.

Dr. Yutar: As ’n stuk spoorlyn verwyder word, hoe kon lewensverlies voorkom word? — So ’n daad sou nie in die aard van Umkhonto val nie.

Dr. Yutar: Wat is die gevolg as ’n bom in ’n vertrek gegooi word ? — Dit sal ook buite die beleid van Umkhonto val.

Dr. Yutar: Wat van die twee kinders wat in Port Elizabeth verbrand het?—-Mbeki het gesê dit is nie deur Umkhonto gedoen nie.

Dr. Yutar: Wie het dit gedoen? — Mbeki het nie gesê nie.

Regter De Wet: ’n Tydbom is om 10 vm. in ’n posbus geplaas. Het dit julle nie gekwel dat iemand beseer sou raak nie ? — Dit het.

Sisulu sê die organisasie was onder verantwoordelike leiding.

Dr. Yutar: Noem my een verantwoordelike man in die hele organisasie ? — Ek gaan nie name gee nie.

Dr. Yutar: Het julle akademiese kwalifikasies van saboteurs vereis ? — Nee.

Dr. Yutar: Met ander woorde, julle was roekeloos met die keuse van mense wat plofstowwe hanteer?—-Dit is oordrewe gestel.

Dr. Yutar lees voor uit ’n A.N.C.-dokument waarin gesê word nuusdraers sal opgespoor word al kos dit "vyf jaar of ’n honderd” en aan hulle sal "geen genade” betoon word nie. Sisulu sê dis nie A.N.C.-beleid nie. Op verdere vrae erken hy dat die Staat nie van vervalste dokumente in die saak gebruik rnaak nie.

Dr. Yutar: Getuie X wat hier opgetree het word beskou as ’n verraaier. Wat gaan julle met hom doen ? — Hy sal geïsoleer word.

Dr. Yutar: Volgens die dokument gaan julle hom opspoor, al duur dit "vyf jaar of ’n honderd”.

Gevra oor ’n lid van die A.N.C. wat in die straat dood gevind is nadat in Oos-Londen in ’n A.N.C.-pamflet gesê is dat van hom ontslae geraak moet word, het Sisulu gesê hy kan nie antwoord oor ’n man wat in die straat dood gevind is nie.

Van die vrae waarop Sisulu geweier het om te antwoord, is wie die lede van die nasionale sekretariaat van die A.N.C. is en wie die lede van die Opperbevel van Umkhonto is. Hy erken dat Mandela, Slovo, Mbeki en Modise (laasgenoemde is in die buiteland) lede van die Opperbevel was. Hy ontken dat Rivonia die A.N.C. se hoofkwartier was, hoewel leidende persone in die organisasie daar gewoon het, maar hy weier om te sê waar die hoofkwartier dan inderdaad was. Daar was op 26 Junie 1963 ’n uitsending van sy toespraak. Dit is nie van Rivonia af gedoen nie, beweer hy, maar hy weier om te sê waarvandaan dit geskied het. Hy weier om vrae te antwoord oor wat Luthuli van die geweldpleging geweet het omdat hy nie bereid is om "enigiets te sê wat Luthuli kan impliseer nie.”

Gevra na Goldreich sê besoek aan Europa en China, sê Sisulu Goldreich het sy sendingopdrag oorskry. Hy erken Goldreich het met Duitse, Russiese en Chinese "kamerade” onderhandelings gevoer oor militêre hulp, maar sy opdrag was net om "uit te vind” in verband met plofstoftegnieke wat in Suid-Afrika gebruik kon word. Hy ontken dat Goldreich moes reël vir die verkryging van wapens en dat dit as speelgoed na Suid-Afrika versend moes word. Hy ontken dat Goldreich se optrede saamgeval het met die "kreet” dat Suid-Afrika ekonomies en in die voorsiening van wapens geboikot moes word.

Dr. Yutar lees dele van "Operasie Mayibuye” aan Sisulu voor en hy moet sê of hy daarmee saamstem of nie.

Hy stem saam met die sinsnede dat die volksmassa nie vanself sal rebelleer nie, maar dat hulle deur guerrilla-oorlog daartoe aangesteek moet word. Hy sê as kanale om vryheid langs demokratiese weë te verkry, toegemaak word, is dit die plig van die leiers om "vryheid” op ’n ander wyse te verkry.

Regter De Wet: Het julle ook die 'plig' om die volk te laat verstaan dat hy 'onderdruk' word ? — Al die volke in Afrika wil vryheid hê, daarom ook die in Suid-Afrika.

Sisulu sê hy weet van die ontsyfering van kodebriewe niks en al sou hy geweet het, sou hy nie gesê het nie.

Dr. Yutar: Weet jy van die boek The Gun—die boek wat handel oor hoe om die kode te ontsyfer? Dit is een bewysstuk wat ons nog soek — Ek weet nie.

Dr. Yutar: Jy laat die sekretariaat toe om briewe te skryf en te ontvang en jy neem nie daarvan kennis nie? — Ja.

Op verdere vrae sê Sisulu die A.N.C. se ledetal was in 1960 met sy verbod 120,000. Die swart bevolking van die land is twaalf miljoen.

Sisulu sê die gegewens wat oor die Suid-Afrikaanse Polisie en die Suid-Afrikaanse Weermag by Rivonia gevind is, was nie ter uitvoering van die Mayibuye-plan nie. Dit was inligting wat vir die Verenigde Volke bymekaar gemaak is.

Op ’n vraag van Regter De Wet sê Sisulu dat sodra guerrilla-oorlog sou begin, sogenaamde regeringsmarionette (government stooges) "gelikwideer” sou word. So ’n likwidering het reeds begin, voer dr. Yutar aan.

Dr. Yutar: Het die gewone lede van die A.N.C. geweet dat julle met die Kommunisteparty saamwerk ? — Dit was ’n bekende feit.

In antwoord op ’n herhaalde bewering van Sisulu dat Goldreich ’n bevelvoerder in die Israelse ondergrondse beweging was, maak dr. Yutar bekend dat Goldreich op 8 September 1948 die eerste keer in Israel gekom en weer op 15 September dieselfde jaar vertrek het. Dit was nadat die Israelse oorlog oor was.

Dr. Yutar: As hy ’n bevelvoerder was, was hy dit vir 7 dae.

Sisulu: Ek weet nie daarvan nie.

Hy is ’n lojale lid van die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty. Op 13-jarige ouderdom het hy by die Young Communist League aangesluit en later by die Party, erken Ahmed Mohammed Kathrada, die derde beskuldigde wat getuienis lewer.

Kathrada sê hy is vasbeslote om die doelstellinge van die Kommunisteparty — wat die omverwerping van die Suid-Afrikaanse Regering met geweld insluit, indien nodig — vervul te sien.

Op vrae van dr. Yutar sê hy hy stem saam met ’n A.N.C.- pamflet dat die 90-dae-maatreël in Suid-Afrika beveg moet word.

Dr. Yutar: Weet jy dat Indië ’n wet het ingevolge waarvan mense drie jaar sonder verhoor aangehou kan word? — Dit kan so wees.

Dr. Yutar: Het jy ooit daarteen beswaar gemaak? —Nee.

Dr. Yutar: Jy het konferensies oorsee bygewoon en daar die aandag op Suid-Afrika gevestig maar nie op Indië nie?—Ja.

Dr. Yutar: Jy is bereid om hulp van Ghana te aanvaar. Weet jy dat hulle mense vyf jaar sonder verhoor kan opsluit?—Ja.

Dr. Yutar: En jy vra hul hulp teen Suid-Afrika? — Ek sal in die vryheidstryd selfs die duiwel se hulp vra.

Kathrada sê Indië se armoede is te wyte aan Brittanje se "kolonialistiese onderdrukking”. Toe Brittanje hom uit Indië onttrek het, het hy ’n swak erflating agtergelaat. Hy sê dit kan wees dat baie Indiërs in Indië in baie swakker toestande leef as die Indiërs in Suid-Afrika. Hy het nooit ’n studie daarvan gemaak nie.

Dr. Yutar: In Suid-Afrika leef hulle in betreklike weelde in vergelyking met Indië?—Ek weet nie.

Kathrada sê tydens ’n oorsese besoek, toe hy in 1951-52 na sekere konferensies afgevaardig was, het hy lande soos Tsjeggo- Slowakye, Oos-Duitsland en Hongarye besoek.

Dr. Yutar: Het jy Rusland en China besoek?—Ongelukkig nie.

Kathrada sê "enigiets” wat die nie-blankes doen om hul stryd om "vryheid” te bevorder, is geregverdig. Hy keur dit nie af dat ’n aanslag met plofstof op die kantoor van ’n Durbanse Indiër gedoen is wat die Regering ondersteun nie. Die Indiërs wat die inswering van die Staatspresident tydens die Republiekwording bygewoon het en die Regering ondersteun, is "verraaiers” van die Indiërs se strewe.

Kathrada se hy is op Schweizer-Reneke gebore. Sy familie het sake-ondernemings daar. Hy erken dat hulle op hom druk uitgeoefen het om die politiek te laat vaar. Hy het Goldreich en Wolpe albei aan die Universiteit Witwatersrand ontmoet nadat hy in 1951 daar begin studeer het.

Goldreich was voorsitter van die Liberal Students’ Association waarvan hy, Kathrada, lid was. Wolpe was sy lektor in Sosiologie. Vir Mandela ken hy van die middel-veertiger jare af. "Ons was altyd in noue voeling.”

Mandela het Kathrada vertel van die stigting van Umkhonto en die planne van die organisasie. Hy is nie genader om by Umkhonto aan te sluit nie, maar het besluit om geen Indiërs wat daarby wou aansluit, af te raai nie. Hy het besprekings met mense op Rivonia en elders oor guerrilla-oorlog gehad, maar van "Operasie Mayibuye” het hy eers in die huidige hofsaak gehoor.

Nadat die 90-dae-maatreël ingestel is, het hy geweet dat hy weens sy vorige politieke bedrywighede ingevolge die maatreël gearresteer sou word en het toe op Rivonia gaan skuil onderwyl Goldreich aan ’n vermomming vir hom gewerk het. Goldreich wou eers van hom ’n rabbyn maak, maar hy was te donker en toe is besluit dat hy ’n Portugees sou wees. Daar is ook oorweeg om sy neus te laat verander. Daarvoor het Goldreich maskers van sy gesig gemaak.

Hy was lid van die Indian Congress en het selfs lid geword van die Transvaalse uitvoerende komitee van die organisasie. Hy glo die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty het altyd ’n belangrike bydrae gelewer in die 'nasionale bevrydingsbeweging’. Terwyl hy op Rivonia was, het dit duidelik geword dat werk namens die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty, die A.N.C. en Umkhonto daar gedoen word. Later het hy uitgevind dat Rivonia inderdaad deur die Kommunisteparty gekoop is as ’n skuilplek vir leiers van die "nasionale bevrydingsbeweging”. Hy het namens die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty gewerk en was nou verbonde met die A.N.C.

Op Rivonia het hy werk vir die A.N.C. gedoen soos die tik van wasvelle en die hantering van die afrolmasjien. Hy het ook ’n deel van ’n boek getik wat Mbeki oor die Transkei geskryf het.

Kathrada erken dat 'wagte’ mense tydens georganiseerde stakings gekeer het om werk toe te gaan.

Ook erken hy dat hy ’n tjek van Kantor en Vennote ontvang het vir die 'Free Mandela’-veldtog. Hy het die veldtog begin.

Hy kan nie sê hoekom sy radiotoespraak tussen sakke in die oop kolekamer gevind is nie.

Gekruisvra oor die verklaring van die Sentrale Komitee van die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty dat "regspunte en hofprosedure in die wind gestrooi word soos die Staat en die regters die handhawing van blanke oorheersing voor oorwegings van geregtigheid, regverdigheid en regstradisie plaas”, erken Kathrada dat die Suid- Afrikaanse howe absoluut onbevooroordeeld is. Hy het ook volle vertroue in regter De Wet se onpartydigheid.

Raymond Mhlaba, 44 jaar oud en met ’n wit sakdoek in sy baadjie se borssak, getuig ook vir die verdediging. Hierdie beskuldigde erken hy het twee geheime sendings vir die A.N.C. uitgevoer. Een daarvan het veertien maande geduur. Hy wil egter nie sê waarheen die sendings was nie.

Sedert 1942, verklaar Mhlaba, het hy agt jaar as klerk en bode by ’n prokureursfirma in Port Elizabeth gewerk. Hy het belang gestel in vakbonde en die Kommunisteparty en het vir albei gewerk.

In 1944 het hy by die A.N.C. aangesluit en vir die liggaam politieke- en organisasiewerk gedoen.

Op versoek van die nasionale sekretariaat dat hy na Johannesburg moet kom, het hy die prokureursfirma op 26 Oktober 1961 sonder kennisgewing verlaat. Mbeki het hom vertel dat hy aangestel gaan word as voltydse organiseerder en toe hy in Johannesburg kom, het Duma Nokwe, sekretaris-generaal van die A.N.C., die aanstelling bevestig. Nokwe het ook gesê dat Mandela en andere besig is om Umkhonto We Sizwe te stig.

Nokwe het Mhlaba op een van die geheime sendings gestuur wat veertien maande geduur het. Mhlaba het die sending afgehandel en kort voor einde Desember 1962 het hy in Johannesburg aan Sisulu verslag gedoen. Sisulu het gesê die polisie kan dalk na hom soek. Hy het toe vir sowat agt dae op Rivonia gaan skuil.

Daarna is hy na die Oostelike Provinsie om die Mandela-organisasieplan daar tot uitvoer te bring. Teen die einde van Februarie 1963 het hy vir twaalf dae na Rivonia teruggekeer.

Teen helfte Maart is Mhlaba weer ’n sending opgedra waaroor hy ook nie besonderhede wil verstrek nie. Hy het op 30 Junie 1963 na Rivonia teruggekeer. Daar het hy die beskuldigdes Sisulu, Mbeki en Kathrada gevind. Na sowat vier dae op Rivonia het Goldberg hom en Mbeki na Travallyn geneem. Drie dae later het Sisulu by hulle aangesluit.

Op die dag van die klopjag het Goldberg hulle na Rivonia geneem vir ’n vergadering in verband met die 90-dae-bepaling die middag. Die aand sou ’n vergadering van die nasionale uitvoerende komitee in ’n swart dorp gehou word.

Op Rivonia is Sisulu saam met ’n blanke (die tandarts wat hom kom behandel het) by die hoofhuis in. Kathrada het met Goldberg buite bly gesels.

Mhlaba en Mbeki is in die grasdakkamer in. Mbeki het die dokument "Operation Mayibuye” uit die stoof gehaal waar Goldreich dit gebêre het en hy (Mhlaba) het twee bladsye van die dokument gelees.

Op daardie tydstip, getuig Mhlaba, het Sisulu en Kathrada die grasdakkamer binnegekom. Hy en Mbeki het die lesery gestaak en hulle het die 90-dae-maatreël bespreek. "Operation Mayibuye” is op die tafel gelaat. Daarop het Hepple, gevolg deur Bernstein, binnegekom. Kort hierna het die polisie opgedaag.

Die polisie het hom gearresteer en sekere dokumente by hom gekry, sê Mhlaba. Dit is nie sy dokumente nie.

Mhlaba weier konsekwent om meer gegewens aangaande sy twee geheime sendings te verstrek.

Dr. Yutar: Is dit nie so dat jy ’n knop wat jy voor jou kop gehad het, laat verwyder het toe jy in Rusland of China was nie? — Ek is nie bereid om te sê nie.

Die beskuldigde Elias Motsoaledi is die volgende verdedigingsgetuie. Ook hy lê nie die eed af nie en sy getuienis is dus bloot ’n verklaring. Nes Mandela, kan hy daarom nie onder kruisverhoor geneem word nie.

Motsoaledi erken dat hy lid was van Umkhonto se Streekbevel in Johannesburg. Hy erken ook dat hy gehelp het om kwekelinge vir militêre opleiding onderdak te gee.

Motsoaledi is 39 jaar oud en het in Orlando-Wes, Johannesburg, gewoon. Hy was ’n klerk en handelsverteenwoordiger, hy is getroud en het sewe jong kinders, getuig hy. In 1948 het hy by die A.N.C. aangesluit en lid gebly tot 1954 toe hy verbied is om lid daarvan te wees.

Toe Motsoaledi later gevra is om by Umkhonto aan te sluit, het hy dit gedoen "omdat daar niks anders was wat hy kon doen nie”. Hy beweer in sy verklaring dat, hoewel hy ’n gelyste Kommunis is, hy hom nie na die verbod op die party daarby aangesluit het nie.

Die volgende beskuldigde wat ’n verklaring vanuit die getuiebank doen, Andrew Mlangeni, sê hy was net’n boodskapper vir lede van Umkhonto We Sizwe.

Hy sê hy is 38 jaar oud, getroud en het vier kinders. Geen inperkingsbevele van enige aard is op hom beteken nie. Hy het ’n standerd agt-sertifikaat en is ’n amateur-radiowerktuigkundige.

Mlangeni het in 1954 by die A.N.C. aangesluit. Nadat die A.N.C. in 1960 verbied is, het hy aan geen A.N.C.-bedrywighede deelgeneem nie. Hy het Johannesburg op 31 Oktober 1961 verlaat en na Francistown gegaan met ’n permit wat die Departement Bantoesake aan hom toegestaan het. Sy gesondheid was swak en hy wou sowat agt maande in Betsjoeanaland gaan rus.

Hy het baie langer weggebly as wat sy voorneme was en eers op 20 Februarie 1963 in Johannesburg teruggekom. Behalwe dat hy die boodskappe gedoen het, het hy nooit by Umkhonto aangesluit of aan die groep se aktiwiteite deelgeneem nie. Hy het nooit na Rivonia gegaan nie.

Lionel Bernstein word deur die verdedigingsadvokaat as getuie geroep. Hy erken dat hy al 25 jaar ’n Kommunis is en dat hy nooit sy opvattings weggesteek het nie. Hy was in die uitvoerende komitee van die Springboklegioen, hy was ’n stigterlid van die Congress of Democrats en hy was in die redaksie van die publikasie "Fighting Talk”. Hy het baie "linkse” skryfwerk gedoen.

Nadat die Kommunisteparty in 1950 verbied is, het die party en die A.N.C. saamgewerk in hul gemeenskaplike doel sê Bernstein.

Hy het die manifes van Umkhonto gelees en beskou dit as ’n weloorwoë verklaring van ’n semi-militêre aard. Hyself was nooit lid van Umkhonto We Sizwe nie.

Omstreeks Junie 1961 het Harmel hom in sy professionele hoedanigheid gevra om die plaas Lilliesleaf te inspekteer. Dit sou vir ’n politieke doel as ’n wegkruipplek gekoop word.

Hy het Mandela daar sien woon. Hy het geweet dat Mandela sedert Junie 1961 weggekruip het. Hy het ’n paar keer met hom gesels en hom boeke gegee om te lees.

In 1963 het hy boeke vir die "kêrels” op Rivonia geneem en dit aan die beskuldigde Mhlaba gegee. In April of Mei het hy boeke oor die Russies-Chinese geskil na Rivonia geneem. Hy het die onderwerp twee of drie maal met Mbeki bespreek.

Bernstein ontken dat hy gehelp het met die oprigting van radiomaste op Rivonia. Hy het Rivonia in 1962 gereeld saans besoek om politieke samesprekings met sy kollegas te hê. In Oktober 1962 is hy onder huisarres geplaas en het Rivonia toe bedags besoek.

Hepple het hom gevra om die dag van die klopjag ’n vergadering daar by te woon om die 90-dae-maatreël te bespreek.

In kruisverhoor se Bernstein ”Operasie Mayibuye” is vir hom ’n verrassing. Hy was ’n vooraanstaande persoon in die Kommuniste-party toe dit in 1950 verbied is. Die party is in 1953 ondergronds voortgesit maar hy is nie bereid om te sê of hy toe weer aangesluit het nie. Hy erken dat hy nogtans in :geloof” ’n Kommunis gebly het.

Hy gee toe dat Kommuniste hul by ander organisasies met soortgelyke planne aansluit en beheer daaroor verkry. Die Kommunisteparty is deel van die sogenaamde nasionale bevrydingsbeweging. In die beweging is die A.N.C. die "senior vennoot”.

Bernstein erken dat die Kommunisteparty Rivonia vir politieke werk gebruik het. Hy erken hy is revolusionêr en dat hy, soos alle Kommuniste, ’n radikale verandering in die gemeenskapspatroon wil sien. Die doel van die Kommunisteparty is om die Regering omver te werp.

Bernstein erken voorts dat ’n dokument wat die Kommunisteparty in Augustus 1961 uitgereik het, dit duidelik stel dat die party nie alleen aan die voorpunt van die stryd om "vryheid” is nie, maar dat hy ook besig was om die A.N.C. "op te bou”.

Bernstein erken dat die tyd vir geweld omstreeks in 1961 aangebreek het toe Lilliesleaf deur die Kommunisteparty gekoop is.

Hy erken dat hy die dokument "Verskille in die Kommunistebeweging” teen omstreeks April 1963 opgestel het. Hy sê hy is om sy kommentaar gevra oor ’n artikel, "Die weg van Suid-Afrikaanse Vryheid”, wat later deur die Kommunisteparty gepubliseer is. Die artikel sit die party se standpunt uiteen en dit ondersteun ’n beleid van geweld.

Hy erken dat ’n sekere pamflet in Engels en twee swart tale ’n boodskap van die Kommunisteparty aan die blankes en swartes van Suid-Afrika was. Dit lui onder meer:

Vir hoër lone, grond, vryheid en gelykheid. Vier en veertig jaar van die groot Oktober-Sosialistiese Revolusie. Gratis brood, gratis openbare vervoer, gratis onderwys, gratis mediese dienste, gratis vakansies, gratis etes by die werk, geen huishuur.

Klink soos ’n droom, ne? Maar dit is wat Kommunisme aan 200 miijoen mense in die Sowjet-Unie bring.

Wat ’n groot les is hier vir ons! . . . Die groot en snelgroeiende krag van die Sowjet-Unie en ander Sosialistiese lande maak dit moontlik vir die mees geografies-geïsoleerde land om ’n sosialistiese revolusie te hê. Die werkers en boere van Kuba het juis dit gedoen danksy die spoedige steun van die sosialistiese lande.

Rusland help die mense wat hulself van koloniale regering bevry het om hul eie onafhanklike ekonomieë te skep sodat die mense hul van die imperialiste kan bevry. So steun hy ook tot die uiterste die volke, soos die mense van ons eie land, wat nog vir hul bevryding stry . . .

Afrika-staatsmanne, soos dr. Kwame Nkrumah, het die onbeperkte hulp van die Sowjet-Unie erken.

Die pamflet eindig met:

Vier jaar na die Groot Oktober-Sosialistiese Revolusie is ’n Kommunisteparty in Suid-Afrika gestig. Vandag volg die Kommunisteparty in die weg van daardie groot revolusie en lei al die mense van Suid-Afrika om eers ontslae te raak van die Nazi Verwoerd-kliek deur middel van ’n demokratiese revolusie, daarna na ’n sosialistiese revolusie . . .

Bernstein erken onder meer ook dat hy in September 1953 ’n artikel oor adv. A. Fischer (in die Rivonia-verhoor die verdediging se hoofadvokaat) geskryf het onder die opskrif: "Ek dink aan Bram Fischer”. ’n Uittreksel daaruit lui:

Grootliks deur sy pogings en optrede het die Transvaal Peace Council ontstaan en nou, met wyer steun, die South African Peace Council waarvan hy as onderpresident verkies is . . . Hy het tyd en energie gevind om die Congress of Democrats van stapel te stuur en te lei . . .

Bernstein weet dat adv. Fischer ’n leidende Kommunis is.

Ook die beskuldigde Govan Mbeki gaan na die getuiebank. Hy erken hy het al die dinge gedoen wat die klagstaat aanvoer, maar sê hy is nie moreel skuldig nie.

Hy sê hy is in 1910 gebore. In 1935 het hy by die A.N.C. aangesluit en altyd lid gebly. In 1956 het hy lid van die nasionale uitvoerende komitee geword en later by die Kommunisteparty aangesluit.

Baie van die getuienis wat in die hof teen Mbeki gestel is, ontken hy. Toe hy egter onder kruisverhoor geneem word, is daar ’n honderd vrae en meer wat hy nie beantwoord nie.

Mbeki erken dat hy van geen bewysstuk weet wat die Staat vervals het nie. Hy erken dat die saak in geen opsig beskryf kan word as "gekook” nie en dat die Suid-Afrikaanse regstelsel aan niks en niemand onderdanig is nie.

Tog erken hy ook dat ’n dokument "Staan by ons leiers”, uitgegee is deur die redaksie van "The African Communist”.

Die dokument verwys na die arrestasies by Rivonia en sê onder meer:

We may now expect the biggest frame-up in South African history .. . The lurid imaginations of the special branch of the Police will be given free rein — certainly they are already hard at work fabricating ‘evidence’ of fantastic plots . . .

Mbeki erken dat hy as lid van Umkhonto se opperbevel medepligtig is aan die dade van sabotasie. Hy erken ook dat Umkhonto verdere dade van sabotasie beplan het en voorbereidings getref het vir guerrilla-oorlog en openlike rebellie as dit nodig sou word. Hy erken dat hy as ’n lid van die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty die doel en strewe van die Kommunisme gepropageer het en dat geld binne en buite Suid-Afrika ingesamel is om die veldtog van sabotasie te bevorder.

Dennis Goldberg is die volgende beskuldigde wat ’n beurt kry.

Die navorsing wat hy in Johannesburg oor guerrilla-oorlog gedoen het, die aankoop van die plasie by Travallyn en van die Volkswagen Kombi het hy in opdrag van Arthur Goldreich gedoen, vertel hy.

Goldberg sê hy is ’n siviele ingenieur. Hy is getroud en het twee kinders. Hy is die laaste tien jaar bedrywig in die politiek.

In 1955 het hy by die Congress of Democrats aangesluit en later voorsitter daarvan geword. Hy was ’n ampsdraer daarvan toe dit in 1962 verbied is.

In kruisverhoor verklaar Goldberg sy ouers is lede van die Kommunisteparty en ook gelyste Kommuniste. Die atmosfeer tuis het sy politieke ontwikkeling beïnvloed.

Hy beskou alle politiek as ’n vorm van druk en teen-druk. Sabotasie is ’n vorm van druk.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3350 gaste aanlyn