NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wanneer 'n kindjie sterf voordat hy of sy Christus se verbondsteken van die doop ontvang het, hoef gelowige ouers nie daaroor te bekommer nie omdat die kindjie daardeur 'n verbondskind was en reeds gered is.

AFRIKA SE WIT REUS (7)

Lees reeks by Afrika se Wit Reus

DIT IS DIE JAAR 1989...

Die Sameswering van die Bankiers

"'n Rewolusie - die een destyds in Rusland en so ook die een vandag in Suid-Afrika - kan net met sukses deurgevoer word met behulp van deeglike organisasie en finansiering deur magtige manne agter die skerms... Sulke samesweerders het geweet dat 'n mens nie sonder militêre geweld 'n land kan beheer nie, behalwe as die betrokke nasie 'n sentrale bank het waarmee 'n mens die land se ekonomie kan beheer... Vandat die internasionale bankiers dit reggekry het om 'n private note-uitgiftebank in die vorm van die 'Federal Reserve System in die Verenigde State op te rig, het hulle vir alle praktiese doeleindes onbeperkte geldvoorrade wat hulle kon uitleen tot hulle beskikking gehad. Aan hulle is naamlik deur die wetgewer ook die alleenreg toegesê om banknote te druk wat prakties beteken dat hulle soveel as hulle wil, kan druk, terwyl die staat se hele eiendom en belastingsreg die waarde waarborg en daarvoor instaan...  Suid-Afrikaanse lesers sal seker met belangstelling verneem dat volgens De Goulevitch se getuienis ook 'n ‘uitermate vermoënde Engelsman met die naam Lord Alfred Milner’ (een van die hoofkarakters in die opstokery tot die Anglo-Boereoorlog) ‘meer as 21 miljoen roebel uitgegee het vir die finansiering van die Russiese rewolusie. Milner was vantevore leier van die geheime Round Table-groep, wat deur die Huis Rothschild ondersteun is.’ "

Verklaring na aanleiding van die internasionale bankalliansie se stigting in Parys in 1913:
"Die uur het geslaan vir die supergeldmag om openlik die wet vir die wêreld te dikteer, soos hulle dit tot dusver in die geheim gedoen het... Die supergeldmag is geroepe om die trone van keisers en konings te bestyg met 'n gesag wat nie net oor een land nie, maar oor die hele aardbol strek".

Soos blyk uit 'n berig in die "Bank for International Settlements", (Basel) is die Sowjetunie in die eerste helfte van 1986 die nasie wat aan internasionale banke die meeste skuld. "Moskou het van 17 Westerse lande nuwe krediete ten bedrae van 5 miljard Rand ontvang, die meeste daarvan met lang looptye", skryf The Citizen van 31.12.86, "terwyl Oos-Duitsland en Hongarye elk 880 miljoen gekry het".

Dit is maar net 'n uiters klein gedeelte van daardie honderde miljarde dollars waaraan Westerse regerings en private banke die kommunistiese lande sedert die vroegste dae van die Bolsjewistiese rewolusie in 1917 gehelp het.

Sonder finansiering deur die Westerse supergeldmagte sou die onekonomiese sisteem van die Kommunisme nie kon bestaan nie en sou dit lankal ineengestort het.

Die finansiële hulp het dit vir die Sowjetunie moontlik gemaak om langs die Amerikaners op te styg tot die grootste militêre mag van die wêreld en om tegelykertyd ondermynende bedrywighede in alle nie-kommunistiese lande aan die gang te sit.

Wie kan die logika van daardie superkapitaliste verstaan, wat 'n totalitêre sisteem finansier, wat gesweer het dat hulle die kapitalistiese Weste gaan verslind, terwyl dieselfde kapitaliste aan die ander kant - kwansuis om morele redes - ekonomiese sanksies en disinvestering teenoor Suid-Afrika bepleit en nuwe krediete weier?

Moet 'n mens nie eintlik van hierdie ondenkbaar ryk geldmagte - of weens morele beginsels of om strategiese redes of weens sakevoordeel - juis die teenoorgestelde optrede verwag nie?

Om hierdie ongerymdheid te kan verstaan, moet ons teruggaan na die begin van hierdie eeu en kennis neem van 'n gebeurtenis wat 'n beslissende stempel afgedruk het op die verdere ontwikkeling van die twintigste eeu.

In die Duitse boek "Die Bankierverschworung"  (Sameswering van die bankiers) wat die eerste keer in 1954 in Engels verskyn het, beskryf die Amerikaner Eustace Mullins hoe 'n paar vooraanstaande persone op die aand van 22 November 1910 mekaar op die stasie Hoboken in New Jersey, VSA ontmoet het om van daar in 'n geheime opdrag per trein te vertrek.

Een van hulle, die Republikeinse senator Nelson Aldrich, het eers kort vantevore as leier van die Nasionale Wisselkoerskommissie uit Europa teruggekom. "Hierdie kommissie" skryf Mullins, "is deur die (Amerikaanse) kongres saamgestel weens die algemene begeerte, dat daar regeringsmaatreëls teen daardie groot bankiers, wat in 1907 opsetlik en kunsmatig paniek teweeggebring het, geneem moes word. Die kommissie het die opdrag gehad om praktyke in geldsake deeglik te bestudeer voordat hulle 'n bank- en wisselkoershervormingswet vir goedkeuring deur die kongres sou ontwerp. Terselfdertyd is daar egter getwyfel of 'n wet, wat onder leiding van 'n man met Aldrich se bekende toegeneentheid en werksaamhede tot stand gekom het, 'n egte hervorming sou teweegbring. Die kongres was egter ongevoelig vir hierdie kritiek".

In Aldrich se geselskap het drie bekende bankiers hulle bevind. Die een was Frank Vanderlip, president van die destyds magtigste bank van Amerika, die "National City Bank of New-York". "Dit het behoort aan die bankhuis 'Kuhn, Loeb and Company', het oliebelange van Rocke­feller behartig asook die spoorwegmaatskappy, het groot besittings in Suid-Amerika gehad en is in 1898 daarvan beskuldig dat dit die VSA in die oorlog teen Spanje ingedruk het".

Die ander twee was Henry E Davison, die senior vennoot van die "J.P Morgan Company", en Charles D. Norton, die president van "Morgan's First National Bank of New York". "Hierdie drie mans was toonaangewend in die klein groepie van New-Yorkse bankiers, wat daarvan beskuldig is, dat hulle die hele geld- en kredietsisteem van die Verenigde State beheer het. Hierdie manne het die olie, die spoorweë, die nuuswese en die swaar industrieë van die land beheer".

'n Verdere persoon wat op die stasie by hulle aangesluit het om, soos Vanderlip aan 'n nuusman verduidelik het, " 'n rustige naweek op die platteland deur te bring" - was Paul Moritz Warburg, aandeelhouer in die bankhuis "Kuhn, Loeb and Co." Sy moedermaatskappy "M.M. Warburg Co." in Hamburg en Amsterdam was die Duitse hoofverteenwoordiger van die groot Europese bankfamilie, die Rothschilds.

Saam met Warburg het Benjamin Strong gekom, 'n man wat gedurende die paniek wat in 1907 deur Wall Street tevoorskyn geroep is, hom bewys het as 'n bekwame medewerker van J.P. Morgan.

Mullins vertel die geskiedenis verder: "Aldrich se private spoorwegwa, wat Hoboken met geslote luike verlaat het, het die geldmanne na die eiland Jekyl in die staat Georgia gebring en wel na die "Jekyl Island Hunt Club", 'n baie eksklusiewe jagklub wat aan J.P. Morgan en 'n paar invloedryke New-Yorkse bankiers behoort het.

"Die Aldrich-groep het by hierdie geleentheid glad nie in jag belanggestel nie. Hulle het na Jekyl Island gekom om hard te werk en wel in algehele afsluiting en geheimhouding.

"Waarvoor is daar wegkruipertjie gespeel? Waarvoor hierdie reis oor duisend myl in 'n geslote treinwa na 'n afgeleë jagklub?"

Volgens Mullins se navorsing het die Aldrich-groep daarheen gereis om die "bank en wisselkoerswet" uit te werk, waarvan die opstel aan die "National Monetary Commission" deur die kongres opgedra was.

Die toekomstige beheer oor die geld- en kredietwese van die Verenigde State was hier op die spel. Volgens Mullins se getuienis was dit vir kongreslede onmoontlik om 'n wet vir finansiële hervorming aan te neem wat nie die goedkeuring van die New-Yorkse bankiers weggedra het en tot hulle voordeel was nie, anders sou hulle hulle kongreslidmaatskap verbeur het, d.w.s. diegene wat vir 'n ongunstige wet sou gestem het.

Die buiteparlementêre geldmagte het dus 'n wet ontwerp wat hulle begunstig het en die kongreslid Aldrich het dit geformuleer vir aanname deur die kongres. Waaroor het dit gegaan?

Die plan wat op Jekyl Island uitgewerk is ('n gepaste naam vir die eiland as u die storie van "Dr. Jekyll and Mr.Hyde" ken) was die daarstelling van 'n sentrale bank, soos dit al in state van Europa ingevoer was en wat nie deur die wetgewers nie, maar deur die supergeldmag beheer sou word.

Wydverspreide eise wat uit die publiek gekom het, het aanleiding gegee tot hierdie finansiële hervormings. Oral in die land is daar met verontwaardiging gepraat oor die gevalle van geldpaniek wat in 1873, 1893 en 1907 kunsmatig veroorsaak is deur gewetelose bankiers, wat daardeur groot ellende in die land veroorsaak het. Die publiek het geëis dat die kongres 'n wet sou uitvaardig wat die herhaling van kunsmatig verwekte paniek oor geld moes verhinder.

Die pogings van die bankiers wat op Jekyl Island vergader het, was dus daarop gerig om 'n bankwet te ontwerp wat hulle eie belange beskerm het, maar wat bekendgemaak sou kon word as 'n "bankwet vir die volk".

Mullins skryf: "Volgens Paul Warburg se mening was dit veral nodig om die naam "Sentrale Bank" te vermy, en hy het dus die benaming 'Federal Reserve Bank' voorgestel". (Die Amerikaners se vryheidsin het hulle almal afkerig gemaak van sentralisering en 'sentrale' het dus vir hulle die konnotasie gehad van "beheer deur enkelinge", terwyl die term 'federal' hulle sou herinner aan hulle federale staat waarin die baie state nog elkeen heelwat vryheid behou het. Min sou hulle weet dat in die "Federal Reserve Bank" die seggenskap "reserved" sou wees vir die enkeles terwyl die "federal" slegs uitgebuite massas aangedui het.) Mullins skryf verder: "Onder die algemene publiek sou dit die agterdog verminder dat die doel was om 'n sentrale bank op te rig. In werklikheid was dit egter so dat die 'Federal Reserve System' die drie belangrikste tradisionele funksies van 'n sentrale bank besit het:

•   Dit was die eiendom van private persone, wat hulle profyte ontvang het uit die besit van aandele, en wat die geldomloop in die nasionale ekonomie kon beheer.

•   Dit sou beskikkingsreg oor alle staatsgeld hê.

•   Dit kon die Verenigde State in die grootste buitelandse oorloë betrek, finansiële deelname daaraan teweegbring en die staat aldus in skuld dompel."

'n Ander probleem wat die samesweerders moes oplos, was om die sisteem nie onderhewig te maak aan enige kontrole en toesig deur die kongres nie, en dit het beteken dat die wetsontwerp van die begin af die grondwet geskend het.

Die boek van Eustace Mullins beskryf in fynste besonderhede hoe die bankiers ten spyte hiervan deur middel van allerlei slim manipulasies dit reggekry het dat die "Federal Reserve"-wet aangeneem is en op 23 Desember 1913 deur President Woodrow Wilson onderteken is en aldus van krag geword het. "Op hierdie dag", skryf Mullins, "het die grondwet opgehou om vir die Amerikaanse volk die basis van regering te wees en is ons vryheid uitgelewer aan 'n klein groepie internasionale bankiers".

Om die sameswering van die bankiers beter te verstaan, is dit noodsaaklik om 'n bietjie elementêre kennis op te doen oor die bankwese en veral die internasionale bankiers.

Gary Allen is in sy boek "Die Insider" (Engelse titel: "None dare call it Conspiracy") van mening dat 'n mens vir jou die sameswering soos 'n hand moet voorstel, waarvan een vinger die internasionale bankwese is en die orige vier die "stigtings", "anti-godsdienstige bewegings", "Fabiaanse sosialisme" en "Kommunisme". Professor Quigley, wat in hierdie boek al verskeie kere aangehaal is en wat self jarelank noue betrekkings met die "Insiders" gehad het, het dan ook, sonder enige poging tot verdoeseling, bevestig dat die internasionale bankiers "geen geringer doel nagestreef het nie, as om die hele wêreld deur die magsfaktor finansies" te beheer.

Hoe kan hulle nou die doel verwesenlik? - Ons weet dat regerings gewoonlik meer geld uitgee as wat hulle deur belasting inkry. So is hulle verplig om lenings op te neem van die lande se sentrale banke - vanselfsprekend teen goeie rentekoerse.

Die publiek word daartoe verlei om te glo dat die regering geld in die hande kry deur skuldbriewe te gee aan binne- en buitelandse beleggers teen 'n vaste rentekoers. In werklikheid word net 'n uiters klein persentasie van die nasionale skuld egter op hierdie wyse gedra. Die meeste skuldbriewe van die regering - met uitsondering van die wat aan die regering self behoort in die vorm van sy eie kredietfondse - is in die besit van reusebankfirmas, wat ons as internasionale banke ken.

"Gee vir my die bevoegdhede van 'n note-uitgiftebank, dan steur ek my nie aan die wetgewer nie!" het Amschel Meyer Rothschild glo eenkeer gesê.

Vandat die internasionale bankiers dit reggekry het om 'n private note-uitgiftebank in die vorm van die "Federal Reserve System" in die Verenigde State op te rig, het hulle vir alle praktiese doeleindes onbeperkte geldvoorrade wat hulle kon uitleen tot hulle beskikking gehad. Aan hulle is naamlik deur die wetgewer ook die alleenreg toegesê om banknote te druk wat prakties beteken dat hulle soveel as hulle wil, kan druk, terwyl die staat se hele eiendom en belastingsreg die waarde waarborg en daarvoor instaan. (Dit is soos 'n pa met feitlik onbeperkte rykdomme (die staat) wat aan sy minderjarige seun (die bankier) die reg gee om uit sy pa se tjekrekening soveel te trek as wat hy wil.)

Hierdie absurde situasie het meegebring, dat die internasionale bankimperiums deur die gedurig stygende rente-inkomste reuse ryk­domme kon ophoop. Die posisie was naamlik dat die regering aan die bankiers rente moet betaal vir die geld wat hulle van die bankiers leen -  geld wat die bankiers nie vir diens kry nie, maar wat hulle eenvoudig (met toestemming en op gesag van die lenende regering) met drukperse uit papier vervaardig.

Dit is natuurlik in belang van die bankiers om die regeringskuld al hoe meer op te jaag. Hoe hoër die skuld hoe hoër is die inkomste uit rente. Daar is egter niks wat ’n regering dieper in die skuld dompel as 'n oorlog nie. Vir internasionale bankiers is dit glad nie ’n ongewone praktyk, om, in ’n bloedige militêre konflik albei kante te finansier nie.

Met die uitbreek van die Eerste Wereldoorlog - slegs 3 jaar na die opstel van die "Federal Reserve Act" - het die eerste groot roomafskep- ping of oestyd vir die bankiers aangebreek; en omdat dit vir hulle so lekker was, het hulle die aanleiding vir die volgende groot oorlog maar sommer in die "vredesverdrag" van Versailles van 1919/20 ingebou - 'n veronregte volk met 'n verontwaardigde Hitler as leier het van hulle die finansiële middele ontvang om 'n krygsmag op te bou vir 'n bloedige poging om die onreg te wreek.

In Europa het die Rothschild-dinastie reeds daarvoor gesorg dat in die verskillende lande sentrale landsbanke as private instellings kon ontstaan. Die Bank van Engeland, die Bank van Frankryk, die "Landes- zentralbank" van Duitsland en ook die Reserwebank van Suid-Afrika is nie, soos die meeste mense sou dink, die eiendom van die verskillende regerings nie - nee, hulle verteenwoordig private monopolieë.

Soos ons vandag weet, sou daar aan die Tweede Wêreldoorlog minstens 'n jaar vroeër 'n einde kon gekom het (met die besparing van daardie hele oorlogsjaar se menselewens wat geëis is en sake wat beskadig of vernietig is); die afgooi van atoombomme op Nagasaki en Hirosjima was totaal onnodig omdat Japan reeds kapitulasieaanbiedings gemaak het; die Viëtnam-oorlog sou volgens verklarings van Amerikaanse generaals binne enkele maande tot 'n seëvierende einde gebring kon word, terwyl die teenoorgestelde toe, 10 jaar en 58156 dooie Amerikaanse soldate later, gebeur het, naamlik 'n oorwinning vir die Kommuniste: dit alles as die internasionale finansiers dit net wou toegelaat het.

Gary Allen skryf in "'Die Insider"(p.54/55): "Al die mense wat strewe na diktatoriese beheer oor moderne nasies, het die noodsaaklikheid van 'n sentrale bank begryp. Die vyfde punt in die verowerinsprogram van Karl Marx wat in sy kommunistiese manifes genoem word, lui soos volg: 'Sentralisasie van krediet in die hande van die staat d.m.v. 'n sentrale bank met staatskapitaal en met 'n absolute 'monopolie.

"Lenin sou by geleentheid gesê het dat, om 'n staat kommunisties te oriënteer 90% van die sukses toegeskryf sou kan word aan die oprigting van 'n sentrale bank.

"Sulke samesweerders het geweet", skryf Allen, "dat 'n mens nie sonder militêre geweld 'n land kan beheer nie, behalwe as die betrokke nasie 'n sentrale bank het waarmee 'n mens die land se ekonomie kan beheer".

Hieroor skryf Professor Quigley in sy boek "Tragedy and Hope" (p. 326-327): "'n Mens moet glad nie glo, dat die bekende hoofde van die sentrale banke van die wêreld self die werklike maghebbers in die wêreldfinansies is nie. Nee, hulle is bloot net die tegnici en agente van die beherende beleggingsbankiers van hulle eie lande deur wie hulle heel bo aangestel is en wat die volle mag het om hulle te enige tyd af te dank. Die werklike finansiêle mag van die wêreld is in die hande van hierdie beleggingsbankiers (ook bekend as internasionale bankiers of grootbankiers) wat grootliks agter die skerms van hulle eie, nie- saamgevoegde privaat-banke bly. Hulle het dus 'n sisteem van inter­nasionale koöperasie en nasionale dominansie gevorm, wat privater, magtiger en geheimsinniger was as die van hulle agente in die sentrale banke..."

Hoe magtig is hierdie sentrale banke nou eintlik? -

Hulle beheer ons geldvoorsiening en die rentekoerse, waardeur hulle die hele ekonomie kan manipuleer. Hulle kan inflasie of deflasie verwek, resessie of ekonomiese oplewing. Hulle kan die beurspryse na eie goeddunke op of af jaag.

Die "Federal Reserve" van Amerika is so magtig, dat die Amerikaanse kongreslid Wright Patman, gewese voorsitter van die "House Banking Committee", beweer het: "In die Verenigde State bestaan daar vandag in werklikheid twee regerings ... Ons het die ordelik gekonstitueerde Regering ... Dan het ons 'n onafhanklike, ongekontroleerde, nie- gekoordineerde regering in die "Federal Reserve System", wat die seggenskap oor finansies het alhoewel dit deur die grondwet vir die kongres gereserveer is".

Een van die beslissende gebeurtenisse van hierdie eeu (dit het ons in hierdie boek al verskeie kere aangedui) was ongetwyfeld die Bolsjewistiese rewolusie in Rusland.

Hieroor is daar oorvloedige valse gerugte in omloop, omdat die geskiedskrywers daarin geslaag het om die wesenlike gebeurtenisse verborge te hou. Vandag word daar algemeen beweer dat die Kommu- nisme 'n beweging is van die onderdrukte massas wat in opstand gekom het teen die uitbuiting deur die werkgewers. Niks is verder van die waarheid nie.

Gary Allen gee ons 'n kykie in die geskiedkundige feite. ("Die Insider", p.92): "Die sukses van die Kommunisme in Rusland word vandag algemeen toegeskryf aan die omstandigheid dat die Kommuniste die simpatie van die Russiese bevolking gehad het, omdat die na die tirannie van die tsare maar al te ontvanklik was vir 'n ander sisteem. Hierdie mening strook nie met die geskiedkundige feite nie. Alhoewel dit aan byna almal bekend is dat die Bolsjwistiese rewolusie in November 1917 plaasgevind het, weet slegs weiniges dat die tsaar reeds in Maart, d.w.s. sewe maande vroeër geabdikeer het. Toe tsaar Nikolaas II geabdikeer het, is daar deur Prins Lvov 'n voorlopige regering gevorm, wat volgens die Amerikaanse model opgebou sou word. Ongelukkig het die Lvov-regering plek gemaak vir die Kerensky-regime. Dit is baie moontlik dat Kerensky, 'n sogenaamde demokratiese sosialis, slegs 'n oorgangsregering vir die Kommuniste gelei het...

"Hy het 'n algemene amnestie vir Kommuniste en ander rewolusionêres afgekondig (soos vandag van Suid-Afrika geëis word) van wie baie na die mislukte Rooi Rewolusie van 1905 verban was. So het daar 250 000 toegewyde rewolusionêres na Moedertjie Rusland teruggekom om die lot van die Kerensky-bewind te beseël".

Ons sien dus dat ook in die Sowjetunie dit nie die onderdrukte massas was wat die Kommuniste aan bewind gebring het nie. Net soos in ander Kommunistiese of Sosialistiese lande het die rewolusie nie van die volk se kant gekom nie, maar is van bo af of van buite aan die volk opgedring. Kortlikse verduidelik:

Die latere leiers van die rewolusie, Lenin en Trotzki, was nog bannelinge, Lenin in Switserland, Trotzki in Amerika. Die Bolsjewieke was, toe die tsaar geabdikeer het, geen sigbare politieke faktor met enige mag nie. Hulle het nie op aandrang van die onderdrukte massas na Rusland teruggekeer nie, maar magtige manne uit Europa en die Verenigde State het hulle aan bewind geplaas.

Lenin is in die beroemde 'verseëlde trein' dwarsdeur die oorlogverskeurde Europa gestuur. Hy het ongeveer 5 tot 6 miljoen dollar in goud by hom gehad. Die hele saak is deur die Duitse opperkommando en Max Warburg gereel.

Daar kan net enkele besonderhede van die vervlegting van die supergeldmag met die Bolsjewistiese rewolusie aangedui word. Die volgende aanhalings uit Gary Allen se boek "Die Insider" behoort voldoende te wees om die juistheid van hierdie uiteensetting te toon.

Hy skryf (p.95-98): "Die Duitsers het blykbaar 'n genoegsame regverdiging gehad vir die finansiering van Lenin en Trotzki. Die twee hoofverantwoordelikes vir die finansiering van Lenin was Max Warburg en die uit-Rusland-uitgestote Alexander Helphand. Hulle kon beweer dat hulle die saak van hulle land dien deur die finansiering van Lenin. Weliswaar het hierdie twee 'patriotte' dit nagelaat om teenoor die keiser melding te maak van hulle plan om in Rusland 'n Kommu­nistiese rewolusie op te stook".

Allen skryf verder: “'n Mens kry 'n ander perpektief op die saak as 'n mens in aanmerking neem dat die broer van Max Warburg niemand anders as Paul Warburg was nie wat ons leer ken het as die hoofbeplanner by die geboorte van die Federal Reserve System; hy speel mos deur sy posisie as direkteur van die Federal Reserve 'n sleutelrol in die finansiering van die Amerikaanse oorlogspoging".

Verder lees ons: "Ook die skoonvader van Max Warburg se broer Felix, Jacob Schiff, seniorvennoot in die bankfirma "Kuhn, Loeb & Co.", het gehelp met die finansiering van Trotzki. Volgens die New-Yorkse "Journal American" van 3 Februarie 1949: 'Daar word tans geskat dat Jacob Schiff ongeveer 20 miljoen dollar in die uiteindelike triomf van die Bolsjewisme in Rusland belê het - dit volgens Jacob Schiff se kleinseun, John Schiff"'.

Gary Allen haal dan aan uit die boek "Czarism and the Revolution" van die Russiese generaal Arsene de Goulevitch: "Die hoofverskaffers van die geldmiddele vir die rewolusie was egter nie die mal Russiese miljoenêrs of die gewapende bandiete van Lenin nie. Die deurslaggewende bedrae het in die eerste plek van sekere Britse en Amerikaanse kringe gekom, wat reeds vir 'n lang tyd die saak van die Russiese rewolusie ondersteun het...

"De Goulevitch vertel verder: 'Die betekenisvolle rol van die vermoënde Amerikaanse bankier Jacob Schiff in die gebeurtenisse in Rusland is, alhoewel dit nog slegs ten dele bekend is, glad nie meer 'n geheim nie.'

"Generaal Alexander Nechvolodov se boek oor die Bolsjewistiese rewolusie word deur De Goulevitch aangehaal waar ons lees: 'In April 1917 het Jacob Schiff openlik verkondig dat dit te danke is aan sy finansiële ondersteuning dat die rewolusie in Rusland geslaag het. In die lente van dieselfde jaar het Schiff begin om Trotzki geldelik te ondersteun ... Gelyktydig is Trotzki en sy aanhangers ook deur Max Warburg en Olaf Aschberg van Den Nya Banken in Stockholm van geld voorsien ... ook deur die Ryns-Wesfaalse sindikaat en Jivotovsky ... wie se dogter later met Trotzki getrou het."

Allen skryf verder dat Jacob Schiff miljoene gegee het om die tsaar en daarna die Kerensky-regering tot 'n val te bring. Selfs lank nadat die ware karakter van die Bolsjewiste in die wêreld bekend was, het hy nog geld na Rusland gestuur.

Dit het later geblyk dat die geld 'n goeie sakebelegging was. Volgens De Goulevitch: "Mnr. Bakhmetiev, die laaste keiserlik-Russiese gesant in die Verenigde State, het aan ons gesê dat die Bolsjewieke na hulle oorwinning tussen die jare 1918 en 1922 aan Kuhn, Loeb & Kie (die firma van Schiff) 600 miljoen roebel oorgedra het."

Soos Gary Allen se deeglike speurwerk bewys het, kan die finansie­ring van die Bolsjewistiese rewolusie en daarmee die opbou van die kommunistiese sisteem teruggevoer word tot 'n sindikaat van die internasionale geldmagte, waaraan, behalwe die Schiff-Warburg kliek, ook Morgan en Rockefeller behoort het. Dit word gesê dat dokumente getoon het dat die Morgan-organisasie op sy minste een miljoen dollar in die kas van die Rooi Rewolusie gestort het.

Suid-Afrikaanse lesers sal seker met belangstelling verneem dat volgens De Goulevitch se getuienis ook 'n "uitermate vermoënde Engelsman met die naam Lord Alfred Milner" (een van die hoofkarakters in die opstokery tot die Anglo-Boereoorlog) "meer as 21 miljoen roebel uitgegee het vir die finansiering van die Russiese rewolusie. " Milner was vantevore leier van die geheime "Round Table"-groep, wat deur die Huis Rothschild ondersteun is.

Ons sien dat samehangend met die Bolsjewistiese rewolusie baie van die name opduik wat ook by die totstandkoming van die Federal Reserve System 'n rol gespeel het. Dieselfde mense was deurslaggewend betrokke by die instelling van die Marxisties-geïnspireerde eskalerende inkomstebelasting, met belastingvrystelling vir stigtings (kyk Hoofstuk 14), asook by Amerika se toetrede tot die Eerste Wêreld- oorlog.

'n Rewolusie - die een destyds in Rusland en so ook die een vandag in Suid-Afrika - kan net met sukses deurgevoer word met behulp van deeglike organisasie en finansiering deur magtige manne agter die skerms. Die "onderdrukte massas" kan meesal nog die een nog die ander oplewer.

Wat was daar nou eintlik vir die bankiers te wen toe hulle met hulle finansiële hulp die Russiese rewolusie tot stand gebring het?

Wel, vir hulle plan vir onderwerping van die hele wêreld moes hulle om te begin 'n vastrapplek daarstel, 'n geografiese hinterland, vanwaar die bedreiging van alle ander nasies van die wêreld 'n aanvang kon neem. Om dit kort te stel, hulle moes 'n vyand in die lewe roep en opbou, wat as hulle verlengde arm aktief kon raak.

'n Paar van die rykste en magtigste manne van die wêreld het dus 'n beweging gefinansier, waarvan dit die uitgesproke doel is - so lyk dit in elk geval - om juis sulke mense soos die Rothschilds, Rockefellers, Schiffs, Warburgs, Morgans, Harrimans en Milners van hulle rykdomme te beroof. So lyk dit, maar dit is nie so nie. Waaraan is dit egter toe te skryf dat hierdie superrykes vir die internasionale Kommunisme geen vrees het nie? - Wel, die rede is eenvoudig: omdat hulle dit beheer!

Gary Allen se op bladsy 103—104 van sy boek "Die Insider": "Ons weet dat 'n kliek van Amerikaanse finansiers nie net by die bewindverkryging van die Kommunisme in Rusland gehelp het nie, maar ook baie energie daaraan bestee het om dit aan die bewind te hou.

"Vanaf 1918 was hierdie kliek voortdurend met die oordrag van geld na Rusland besig, asook met die beskikbaarstelling van tegniese informasie aan die Sowjetunie, wat heel moontlik nog betekenisvoller is.

"Dit word onweerlegbaar aan die lig gebring in die drie boekdele 'Western Technology and Soviet Economic Development' van die wetenskaplike Antony Sutton van die Hoover Institute vir Oorlog, Rewo­lusie en Vrede aan die Stanford Universiteit.

"Deurdat hy oorwegend amptelike dokumente van die Buitelandse Ministerie gebruik, toon Sutton oortuigend aan dat alles wat die Sowjets besit per slot van sake van die Weste verkry is. Dit is skaars 'n oordrywing om van die USSR te sê: 'Made in U.S.A.'! is Allen se logiese gevolgtrekking."

Die boek probeer aantoon dat hierdie feite onweerlegbaar is. Een land na die ander is sedertdien gedwing om kommunisties te word. Soos ons nog sal sien, het die Verenigde State en Groot Brittanje hulle die meeste vir hierdie politiek beywer. Engeland se verraad teenoor Rhodesië wat vandag onder Marxistiese heerskappy is en ontvanger is van Britse ekonomiese en militêre hulp, is slegs een voorbeeld daarvan uit die geskiedenis, met Suid-Afrika kort op sy hakke.

Hier moet beklemtoon word dat in hierdie internasionale sameswering nie net sekere groepe supergeldmanne betrokke is nie, maar dat ook ander internasionalistiese en sogenaamde "New Age"-groepe hulle beywer vir 'n sosialistiese wêreldregering se koms. Hulle gebruik daarvoor veelsoortige versteekte metodes, wat ook gemik is op arbeid-, godsdiens- en rassestryd.

Dit is besonder relevant met betrekking tot die aanval op Suid- Afrika, soos ons later sal sien.

Ons moet 'n duidelike skeidslyn trek tussen die ondernemersgroepe in 'n vrye markstelsel en die internasio­nale finanskapitaal van monopoliste en mega-bankiers.

Hierdie hoofstuk sou onvolledig wees as ons nie kortliks nog 'n kykie sou neem na die min of meer geheime organisasies, wat deur die bankiers geskep is ter bevordering van hulle planne vir wêreldheerskappy nie.

In hierdie verband praat prof. Quigley:

"Daar bestaan nou vir een geslag 'n internasionale netwerk wat in sekere opsigte net so opereer soos die radikaal regses glo ten opsigte van die Kommuniste. Inderdaad het hierdie netwerk, wat ons die "Round Table"-groepe kan noem, niks daarop teë om met Kommuniste of enige ander groep saam te werk nie wat hulle dan ook dikwels doen. Ek weet van die ondernemings van hierdie netwerk, omdat ek dit 20 jaar lank bestudeer het en in die vroeë sestiger jare twee jaar lank die geleentheid gehad het om hulle dokumente en geheime aantekenings deur te snuffel."

Ter wille van volledigheid moet daar gemeld word dat hierdie netwerk van geheime, sameswerende organisasies waarvan prof. Quigley praat, nie maar eers 'n verskynsel van hierdie eeu is nie.

Dit het alles begin met die sataniese planne van ene Adam Weishaupt, professor vir Katolieke kerkreg aan die Universiteit Ingolstadt, wat op 1 Mei 1776 in Duitsland die Orde van die Illuminatie (d.i. verligtes) gestig het. Hierdie groep van verligtes, wat Lucifer (Satan) die "ligdraer" vereer het, het dit hulle ten doel gestel om alle regerings van Europa en alle godsdienstige instansies deur hulle eie mense te laat infiltreer om so geleidelik die kontrole oor die hele mensdom te verkry.

Hulle het hulle lede laat insypel in bestaande en nuwe Vrymesselaarslosies wat aldus aangesteek is met Weishaupt se geheime planne en wat op dié wyse vinnig versprei het in die hele Europa.

Die Illuminatie se samesweringsidees het vinnig ingang gevind by die Britse superfinanskringe, wat al lankal gesoek het na 'n weg om regerings en lande onder hulle beheer te kry. Hulle het die Illuminatie gefinansier en ondersteun en het later aan Karl Marx opdrag gegee om, met die idees van Adam Weishaupt as basis, sy "Kommunistiese Manifes" te skryf as wegwyser vir die verowering van die wêreld.

Karl Marx het toe in 1864 vir hierdie doel die "Internasionale" gestig en daarmee as basis het die konsepsie van die Internasionale Kommunisme ontstaan, wat deur dieselfde geldmagte gefinansier is as wat vandag die wêreldpolitiek agter die skerms beheer en rig.

Die plan was dat die wêreldrewolusie van die "proletariese arbeidersmassas" van nou af oor die hele aardbol moes vee om alle lande onder die heerskappy van die "Diktatuur van die Proletariaat" te bring, wat weer op sy beurt deur die supergeldmag beheer sou word.

Hoe suksesvol die plan van die samesweerders tot vandag toe was, blyk uit die feit dat vanaf die Kommunistiese rewolusie in 1917 die Kommunisme sy mag uitgebrei het oor 1727 miljard mense wat 36% van die hele wêreldbevolking verteenwoordig. Die Marxisties-beheerde gebiede beslaan saam 46,9 miljoen vierkante kilometer; dit is 32,5% van al die vastelande se oppervlakte.

Sedert die rewolusie tot vandag (1989) het gemiddeld daagliks 70 000 mense in Bolsjewistiese slawerny beland. Dit is die bevolkings van 56 state en daarvan 41 sedert 1945.

En die getalle groei voortdurend, onophoudelik!

Met behulp van die magtigste wêreldgeldkringe wat daar ooit was en met die samewerking van duisende goedbetaalde invloedryke persone uit politiek, geldwese, ekonomie, kerkorganisasies en massamedia, - wat daarvoor nog dikwels in Vrymesselaarslosies wêreldwyd verenig is peil die sameswering doelbewus op die verwerkliking van sy plan af, die verenigde wêreld of "Nuwe Wêreldorde" tegemoet.

As komende wêreldregering het hulle eers die Volkerebond gestig en later die Verenigde Volke-organisasie (WO). Albei is en word deur hulle volkome beheer en oorheers.

Die regerings, beide in Washington en Moskou wat deur Wallstraat gesteun en so te sê ook aangestel is, is niks anders as net 'n oëverblindery vir die volk nie.

Deurdat hulle net daardie kandidate en partyleiers ondersteun en opbou wat gewillig is om die koers van die een-wêreld-mense te stuur, het hulle met behulp van die massamedia (wat in hulle hande is) en met behulp van geweldige finansiële middele 'n absolute kontrole oor verkiesingsuitslae. Vir die superryk Illuminatie is dit heeltemal om't ewe watter party wen, omdat hulle altyd kandidate in alle partye het.

Om hierdie rede maak dit geen verskil (en dit is veral vir Suid- Afrikaners van belang) of daar in die Wit Huis 'n "liberale" soos Jimmy Carter of 'n "konserwatiewe" soos Ronald Reagan sit nie. Die "finale koers" van die Amerikaanse buitelandse beleid bly onveranderd, net die retoriek verander. As daar van Jimmy Carter nog skeltaal uit die Wit Huis vir Suid-Afrika gekom het, dan word dit onder Reagan maar net "konstruktiewe betrokkenheid" genoem, liefdevol verbonde met sanksies, "vriendskaplike" druk, afpersing en oproepe om politieke selfmoord.

Ook in Europa kan 'n mens die sosialistiese koers in die rigting van 'n wêreldstaat reeds vir tientalle jare presies volg. Die beplande vereniging van Europa, 'n enkele geldstelsel en die stigting van 'n sentrale bank vir die hele Europa is maar net stappe op hierdie pad. Daar bestaan skaars nog enige verskil tussen sogenoemde "burgerlike" en "linkse" partye, behalwe dat die een groep meesal 'n das dra, terwyl die ander dit verkies om "progressief proletaries" op te tree.

Nou moet 'n mens darem nie glo dat alle lede van die regerings en alle afgevaardigdes in die parlement bewuste handlangers van die internasionale samesweerders is nie. Afgesien van die manne in beslissende sleutelposisies (en selfs hulle soms onwetend) is die meeste van hulle eerbare staatsbeamptes wat deelname aan 'n wêreldwye sameswering met verontwaardiging sou afwys. Maar desnieteenstaande word sommige so gemanipuleer (of anders uit hulle ampte verwyder) dat hulle maar saam met die stroom gaan. Hulle het glad geen keuse nie indien hulle hul bevoorregte poste of posisies wil behou.

Hoeveel Amerikaners, Duitsers of Suid-Afrikaners sien werklik die ware motiewe raak wat daar agter die polities-ekonomiese aanslag op Suid-Afrika skuil?

Hoeveel het ooit al iets gehoor van die "Trilaterale Kommissie", daardie liberaal-internasionalistiese groep, wat vandag die hele buitelandse en belastingspolitiek van die Verenigde State dikteer en ook die regerings van die res van die Westerse wêreld sterk beïnvloed?

Die Suid-Afrikaanse joernaliste, Aida Parker, wat internasionale aansien geniet, het 'n paar jaar gelede 'n studiestuk uitgewerk wat die koerant "The Citizen" as 'n reeks laat verskyn het. Die titel van hierdie ontplofbare en deeglike verantwoorde werk was: "Secret US-war against South Africa." Die tema was blykbaar so 'n warm patat, dat mej. Parker kort daarna haar pos by die koerant moes prysgee. Tans is sy die uitgewer van 'n nuusbrief "The Aida Parker Newsletter"  wat sterk aanbeveel kan word.

In haar studie skryf sy oor die "Trilaterale Kommissie" dat hierdie liggaam sy begin in 1921 gehad het toe daar in New-York 'n private organisasie gestig is met die naam "Council on Foreign Rela­tions" (CFR).

In die loop van jare het die CFR, wat deur finansiële reuse soos die Rockefellers ondersteun word, ontwikkel tot die belangrikste private organisasie in die wêreld, ja, tot Amerika se "onsigbare regering".

Volgens Aida Parker kom sy lede (destyds 1702 persone) uit die geledere van supergeldmagmanne, handel, politiek, universiteite en die vernaamste stigtings van Amerika. Daarby kom dan nog leidende verteenwoordigers van internasionale firmas soos IBM, ITT, Standard Oil, Xerox, Pan American, Firestone, US Steel en andere; ook verteen­woordigers van die massamedia soos Time, Life, Fortune, Newsweek, New York Times, Washington Post en nog heelwat ander - om dit kort saam te vat: die magtigste groep mense van die VSA op politieke en ekonomiese gebied.

As 'n aanvulling by die CFR is daar in 1973 die "Trilaterale Kommis­sie" gestig. Die inisiatief tot hierdie stigting is geneem deur die multi-miljarder David Rockefeller, voorsitter van die Chase Manhattan Bank, wat glo ook in Moskou 'n tak het en wat die eerste was om verlenging van die leningstydperk aan die RSA te weier. Rockefeller, wat in daardie jaar voorsitter van die "Council on Foreign Relations" was, het die Harvard-professor Zbigniew Brzezinski (gebore in Warskou, Pole) benoem tot leier van die "Trilaterale Kommissie".

Lede van hierdie organisasie rekruteer van toe af (soos lede van die CFR reeds voorheen gedoen het) tot soveel as 80% van al die VSA- regering se bestuursliggame uit eie geledere. Is dit dan nog 'n wonder dat die "algemene koers" van die Amerikaanse buitelandse politiek altyd dieselfde bly?

Die verklaarde doel van die "Trilaterale Kommissie" was (so is daar op navraag meegedeel) om die mense van Wes-Europa, Japan en Noord-Amerika bymekaar te bring, "om nouer samewerking in gemeenskaplike probleme tussen hierdie drie wêreldstreke te bevorder."

Die "Trilaterale Kommissie" asook die "Council on Foreign Relations" word gefinansier deur die magtige Ford-Stigting, die stigting van Rockefeller-Broers en -Susters, die "Lilly Endowment" en die Kettering-stigting.

Aida Parker skryf: "Hulle is almal bekende liberale internasionaliste met die verklaarde doel om 'n wêreldregering of 'n superstaat tot stand te bring."

Oor Brzezinski skryf "Memo-Press" in die 4/1985-uitgawe: "In sy boek 'Between two Ages' ('Tussen twee Eras', Uitgewers: Vicking Press) skryf Zbigniew Brzezinski, dat, weens die probleme in die wêreld, 'n sentrale bestuur vir die wêreld nodig is.

"In die Januarie-uitgawe 1968 van 'Encounter' verklaar Brzezinski o.a. dat dit vandag met moderne elektroniese databanke moontlik is om elke burger dop te hou. En volgens 'Diagnosen' 8/83 is dit sy mening dat 'n beperkte atoomoorlog 'n stabiliserende uitwerking sou hê en internasionale kontrolemaatreëls sou vergemaklik."

Indien die "Trilaterale Kommissie" 'n deel van die "geheime regering van die VSA" sou wees, is dit belangrik dat ons 'n oomblikkie stilstaan en 'n bietjie aandag bestee aan die leidende denker van daardie organisasie.

Brzezinski deel die moderne geskiedenis van die mensdom in vier fases in.

Volgens sy waardebepaling het die eerste baie primitiewe fase om godsdiens gewentel en daarvoor gesorg, dat "die idee aanvaar is dat die lot van die mens wesenlik net in die hand van God lê."

Omdat dit glo getuig van 'n "onverligtheid ten gevolge van kolossale bekrompenheid, ongeletterdheid en 'n uitsig wat beperk is tot die onmiddellike omgewing, is so 'n voorstelling blykbaar volkome onaanvaarbaar vir 'n verstand wat tot so 'n graad verlig en gefllumineer" is, as wat die Amerikaner uit Warskou reken dat dit met hom die geval is.

In sy derde fase beskou Brzezinski die Marxisme as "'n verdere beslissende en skeppende fase van die rypwording van die mens se universele geheelbeeld". Tegelykertyd beteken die Marxisme vir hom 'n oorwinning van die uitwendige, aktiewe mens oor die innerlike, passiewe mens en 'n oorwinning van die denke oor die geloof.

Ten opsigte van die "wedywering" tussen Rusland en Amerika, vind Brzezinski blykbaar niks verkeerd met die Russiese standpunt nie dat "die allerlaaste resultaat van die wedstryd alreeds seker is weens die historiese meerderwaardigheid van die Kommunistiese sisteem."

Dit is nou hoe die gedagtes loop van 'n man, wat in opdrag van die supergeldmanne 'n "verligte" organisasie lei, wat 'n beslissende invloed uitoefen en wie se vooropgesette doel die vorming van 'n wêreldregering is. Dit is hoogs waarskynlik dat Brzezinski se idees ooreenstem met die van 'n ander invloedryke lid van die "Trilaterale Kommissie" nl. Henry (eintlik Heinz) Kissinger. Hierdie "geillumineerdes" is voorvegters vir 'n nuwe "New Age" wêreldgemeenskap wat deur 'n elite regeer word en deur die gebruik van die modernste tegnieke beïnvloed, dopgehou en beheer kan word.

Soos blyk uit 'n brosjure van die "Trilaterale Kommissie, is 'n "omvorming" van die teenswoordige ekonomiese sisteem van die wêreld van kardinale belang vir die daarstelling van 'n "nuwe wêreldorde" en 'n "nuwe rol" vir die wêreldbank en die Internasionale Monetêre Fonds (IMF).

'n Nuwe wêreldgeldeenheid, genoem "Bancor," moet ingevoer word. Hierdie geldeenheid sou - soos by die spesiale trekkingsregte van die IMF - goud en die US-dollar as wêreldwisselkoerseenheid vervang.

Die "nuwe wêreldorde" oftewel wêreldregering, so word beklemtoon, sou uiteindelik die hele Westerse wêreld, die Kommunistiese blok en die Derde Wêreld omvat.

'n Soortgelyke organisasie soos die reeds genoemde "Council on Foreign Relations" op internasionale vlak is die groep van die "Bilder- bergers."

Gary Allen skryf: "Die man wat die Bilderbergers in die lewe geroep het, is Sy Koninklike Hoogheid, Prins Bernhard van die Nederlande. Hy beklee 'n besondere plek by die 'Royal Dutch Petroleum' (Shell Oil) en by die 'Societe Generate de Belgique', 'n reusagtige kartel- konglomeraat met wêreldwye takke.

"Die Bilderbergers ontmoet een- of tweekeer per jaar. Ons kry onder hulle vooraanstaande persone van die Verenigde State en Wes-Europa se politieke en finansiële kringe. Prins Bernhard steek dit nie weg nie, dat die einddoel van die Bilderbergers desgelyks 'n wêreldregering is. Tot dit so ver kom, koördineer die Bilderbergers die pogings van die 'Insiders' van Europa en Amerika."

Allen meld dan nog 'n paar veelseggende name: "Tot die Bilderber­gers behoort uit die wêreld van superrykdom Baron Edmund de Rothschild, C. Douglas Dillon (CFR) van "Dillon, Read & Co." Bpk., Pierce Paul Schweitzer van die Internasionale Monetere Fonds en George Ball (CFR) van Lehman Brothers."

Saam met die "Council on Foreign Relations" en die "Trilaterale Kommissie" vorm die Bilderbergers die "breintrust" van 'n finansiële elite wie se volledig uitgewerkte, maar vir-die-wêreldmassas-nog- weggesteekte doel die vorming van 'n wêreldregering is.

Dit is vir die samesweerders duidelik dat hierdie "nuwe ordening van die wêreld" net deur die samesmelting van die twee supermagte, die VSA en die Sowjetunie, teweeggebring kan word.

Albei nasies wat vir die wêreld nog altyd 'n rat voor die oë draai deur die rol van twee antagonistiese wêreldmagte te speel, wat mekaar met atoomwapens bedreig, werk reeds jare lank op baie gebiede in die geheim saam.

Teen daardie nasies wat nog nie "saamspeel" nie (1989 - soos bv. Suid- Afrika) en wat die opmars van hulle volkere na sosialistiese knegskap van die hand wys, word daar opgetree deur te probeer om met gemanipuleerde ekonomiese maatreëls, rewolusies en, indien nodig, opgestookte lokale oorloë hulle ineenstorting teweeg te bring om op die puinhope van hierdie lande 'n totalitere Godlose wêreldheerskappy tot stand te bring.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3106 gaste aanlyn