Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Mens kan gawes van God voluit gebruik of verkwis – tyd is een van die kosbaarste gawes waaroor ons beskik. Gebruik dit reg, benut elke oomblik voluit, dit loop soos sand in 'n uurglas uit.
AFRIKA SE WIT REUS (9)
Lees reeks by Afrika se Wit Reus
DIT IS DIE JAAR 1989...
Die 'Opsetlike' Konflikte
"Die wêreld bestaan uit drie mensegroepe:
1: 'n baie klein groep wat met opset dinge laat gebeur;
2: 'n ietwat groter groep wat sien dat daar iets gebeur;
3: en die groot massa wat nie agterkom dat daar mense is wat dinge laat gebeur nie." - Dr. Nicholas M. Butler, eertydse President van die Columbia-Universiteit
Wie die toestande in Suid-Afrika vandag vergelyk met dié van dertig, veertig of meer jaar gelede, moet in verbasing homself afvra: Wat het van daardie tyd af skeef geloop?
Alhoewel die land na buite 'n indruk van rus en vrede gee en die meeste burgers aangaan met hulle normale bedrywighede, bestaan daar sedert meer as 'n jaar (1988/89) 'n nasionale noodtoestand; polisie en leër bevind hulle in 'n besondere gereedheidstoestand; in 'n paar Swart stadsgebiede kom daar altyd weer gevalle van geweld en terreur voor, en daar kan geen twyfel daaroor bestaan nie dat die ontevredenheid onder die nie-Blanke bevolking sterk toegeneem het.
Die dade van geweld en opstand het soms so erg geword dat daar van 'n "voorrewolusionêre fase" gepraat is. Indien ons dit nou aanskou teen die agtergrond van die feit dat die Swartes se lewenstandaard nog nooit so hoog soos vandag was nie, dat alle deure vir hulle oopstaan vir skool- en akademiese opleiding, dat die meeste "diskriminerende" apartheidswette opgehef is en dat Swartes vandag veel hoër posisies in die arbeidswêreld kan bereik as vroeër, behoort 'n mens eintlik die teendeel te verwag.
Ek het altyd die versekering gehoor dat Suid-Afrika dertig jaar gelede nog 'n oase van vrede was. Daar was geen terrorisme nie, geen opstande en weinig misdaad.. Die ekonomie was gesond en daar was harmonie tussen die verskillende rasse soos 'n mens byna nêrens in die wêreld gevind het nie.
Die Swart tuinwerker of hulshuip was gelukkig en tevrede wanneer hulle by Blanke gesinne werk kon kry. Hulle ontwikkelingsmoontlikhede was beperk. Daar was nog geen Swart vakbonde nie en streng apartheidswette het gesorg vir rus en orde.
Waardeur het die huidige konfliksituasie dan ontstaan? Waarvandaan, die ontevredenheid onder die Swartes terwyl daar tog so baie in hulle guns verander het?
Nasionale konflikte en rewolusie ontstaan byna nooit van binne 'n land nie - dit het ons reeds gesien aan die voorbeelde van die Franse en Russiese rewolusies. Hulle kom nie uit die volk nie, nie van die “onderdrukte massas" wat skielik, asof dit outomaties gebeur, landswyd in opstand kom om 'n tirannieke regering tot 'n val te bring nie. Daar mag wel ontevredenheid en onrus onder 'n deel van die land se bevoIking wees, maar dit alleen kan nie tot 'n landswye opstand lei wat in staat sou wees om die val van die regering teweeg te bring nie. Opstande en rewolusie moet aangewakker, gefinansier en professioneel georganiseer word. Daarvoor is sterk kragte buite die betrokke land noodsaaklik.
Die menslike geskiedenis verloop nie op so 'n wyse soos die meeste mense hulle dit voorstel nie, naamlik dat min of meer toevallige gebeurtenisse konflikte laat ontstaan wat dan lei tot slagspreuke waarvan die gevolge nuwe konflikte is, ens.
Iemand wat die konflikte van ons leedbelaaide 20ste eeu deeglik ondersoek - en die onthullings in hierdie boek in aanmerking neem sal begryp dat al die oorloë, rewolusies en omwentelings nie alleen gemeenskaplike oorsprong het nie, maar ook dat die nagevolge daarvan almal op een fokuspunt afstuur.
Om dit kort saam te vat: Dit is "gemaakte" d.w.s. "opsetlike" konflikte wat gebruik maak van 'n heel bepaalde ontwikkelingsproses, ‘’n teoreties uitgewerkte beplanning.
Volgens die teorieë van die Duitse filosoof Hegel, bekend as die Heselse dialektiek, word die verloop van die geskiedenis bepaal deur konflikte. Hieruit volg dat dit moontlik is om deur middel van gekontroleerde konflikte 'n vooraf beplande verloop van die geskiedenis teweeg te bring.
Hegel se idees, waarvan ook Karl Marx gebruik gemaak het, hoort
vandag nog tot die grondleerstellings van die kommunistiese skoling.
Volgens hierdie sisteem is dit moontlik vir 'n groep wat strewe na
wêreldheerskappy deur middel van 'n wêreldregering om die verloop van geskiedenis in 'n verlangde rigting te stuur.
Wanneer die "Trilaterale Kommissie" praat van gekontroleerde konflik (managed conflicts"), soos hulle in hulle publikasies dikwels doen dan bedoel hulle daarmee nie net om 'n huidige sogenaamde probleem op te los nie maar om die konflik in so 'n rigting te stuur dat 'n mikpunt bereik word wat ver in die toekoms geleë is.
Volgens die Hegelse dialektiek verwek elke toestand (die tese) vroeër of later teëspraak (die antitese). Die konflik wat hieruit voortvloei, lei tot die sintese. Dit vorm dan weer die tese vir die voortsetting van die proses: tese teenoor antitese wat lei tot sintese.
Die sintese, waarna die internasionaliste van die "Trilaterale Kommissie" mik, is die "Nuwe Wêreldorde". Dit is duidelik dat dit sonder sorgvuldig beplande en gekontroleerde konflikte nie tot stand kan kom nie. Geïsoleerde maatreëls van persone of groepe kan dit nie bewerkstellig nie. Dus moet die sintese kunsmatig tot stand gebring word.
Die metode is relatief eenvoudig en bring boonop nog hoë winste vir die internasionale bankiers in die sak deurdat die betrokkenes teen mekaar uitgespeel word.
Hierin kry ons ook die verklaring daarvoor dat die bankiers die Sowjetunie sowel as die Nasionaalsosialiste in Duitsland ondersteun het; net so Noord-Korea en Noord-Viëtnam teen Amerika, ens. Die konflikte bring baie geld in, terwyl dit terselfdertyd die lande in die vangarms van 'n wêreldregering indryf.
Die man wat hierdie diepte-kennis vir ons oopgevlek het, is die wetenskaplike en vroeëre navorsingslid van die Hoover-Instituut aan die Stanford-Universiteit in Amerika, professor Antony Sutton. Hierdie hoofstuk bevat hoofsaaklik die resultate van sy ondersoeke, wat in 1985 in boekvorm verskyn het onder die titel "How the order creates war and revolution." ("order"= 'insiders' van die geldmag).
As ons die Hegelse dialektiek toepas op die Suid-Afrikaanse konflikgeval, dan kan ons 'n duidelike beeld kry van die toepaslikheid en konsekwensie van hierdie teorie.
Volgens Hegel sou die tese van ons voorbeeld die "vroeëre" Suid- Afrika wees: 'n vreedsame land byna onaangeraak deur die groot konflikte van die noordelike halfrond, met 'n enorme potensiaal vir ekonomiese ontwikkeling, met harmonie in sy veelvolkigheid, onopoudelike ontwikkeling tot die dominerende mag van Afrika, die motor met dryfkrag vir die hele kontinent, 'n aanhoudend stygende lewenstandaard van alle bevolkingsgroepe.
Indien hierdie ontwikkelingsproses nou verstoor en onderbreek moet word, omdat dit nie in die kraam van 'n "Nuwe Wêreldorde" pas nie, 'n wêreldorde wat gebaseer moet wees op 'n totalitêre sosialistiese afhanklikheid van 'n wêreldregering, dan moet die antitese gevind en opgebou word.
Omdat daar geen samelewing sonder swak punte bestaan nie, is dit nie moeilik om hierdie swak punte op te spoor nie. Wat lê by 'n veelvolkige staat meer voor die hand as die rasseprobleem? En dit het hulle benut!
Die apartheidspolitiek van rasseskeiding - die vreedsame ontwikkeling naas mekaar van die onderskeie rasse - word gevolglik as antitese gebruik en so opgeblaas en in 'n slegte lig geplaas dat dit nie lank geduur het nie voordat daar in die Swart massas 'n sterk ontevredenheid en opstandsgees ontstaan het. 'n Sisteem wat voorheen deur Swartes en Blankes as iets natuurliks vir die vermyding van rassewrywingspunte aanvaar is, word nou skielik tot die teendeel verander.
Weerstandsbewegings wat hieruit ontstaan het, word voorgestel as Swart "bevrydingsbewegings" wat veg teen 'n "onregsisteem" en hulle is meesal binne 'n kort tyd deur Kommuniste geinfiltreer. Nou hoef 'n mens nog net te wag om te sien watter "bevrydingsbeweging" die meeste op die voorgrond tree en die sisteem bedreig. Dan word hierdie organisasie met behulp van die establishment-media en groot finansiële bydraes sistematies opgebou. Die belangrikheid daarvan word grootliks oordryf en dit word voorgestel as 'n alternatiewe regering vir die land.
Dat dit intussen feitlik volkome deur Kommuniste beheer word, word verdoesel, en die brutale terreurmetodes waarmee dit probeer om iie mag in die hande te kry (wat nou bereikbaar lyk) word verontskuldig of verswyg omdat alles mos kamma gedoen word vir bevryding van die Swartes uit die "tirannie van apartheid."
Daarmee het die antitese 'n voldonge feit geword en moet daarmee rrkening gehou word as 'n ernstige realiteit. Die tese (Suid-Afrikaanse rigering) bevind hom nou in 'n stryd met die antitese (weerstandsbeweging).
Die globale beplanners op die agtergrond, wat die antitese geskep en aangehelp het (die WO, die Trilaterales, die US-State Department,' ens.) dring dan by die regering daarop aan om te onderhandel, om dialoog te voer, om amnestie te verleen aan "politieke" gevangenes en uiteindelik om 'n koalisie te vorm met die "bevrydingsbeweging."
Met behulp van sanksies, diplomatieke druk, dreigemente, afpersing en wêreldwye propaganda ten gunste van die 'bevrydingsbeweging" (die antitese) is die sekere resultaat in die meeste gevalle die gewenste sitese - 'n sosialistiese Swart regering in die laer van die Een-wêreld-mense.
Deur ander lande, wat voorbeelde hiervan is, weet ons wat dan gebeur. Die gekontroleerde media rig hulle gekonsentreerde aandag op ander slagoffers; lande soos Suid-Korea, Chili, Taiwan en ander sterk anti-kommunistiese lande moet nog vir die "Nuwe Wêreldorde" voorberei word.
Die nuwe kommunistiese Swart regering skaf intussen die apartheid op sy manier af deurdat dit ander stamme uitroei (b.v. Zimbabwe), laat
verhonger (b.v. Etiopie) of getalle so laat verminder dat hulle geen gevaar meer is vir die heersende kliek en hulle alleenheerskappy nie. Rasseskeiding is nou nie meer nodig nie, die Swartes is "bevry" en die (Blanke) wêreld is gerusgestel.
So sinies as wat dit ookal klink, so gebeur die dinge feitlik sonder
uitsondering. Die Afrika-werklikheid in die twintigste eeu wyk in
hierdie opsig glad nie af van die barbaarse gebruike van die eeue wat
verby is nie.
As ons die konflikte, wat deur die VSA en die internasionale bankiers ondersteun word, van nader beskou, dan ontstaan daar aanvanklik - soos dit lyk - 'n beeld van totale verwarring en teëspraak. Twee voorbeelde sal dit illustreer. Kom ons bly daarvoor in Afrika en wel by twee bure van Suid-Afrika naamlik Mosambiek en Angola.
Albei lande is vandag kommunisties, nadat die Portugese hulle verlaat het.
In Mosambiek regeer die FRELIMO-party van die eertydse diktator Samora Machel, wat na 'n jarelange bloedige terreuroorlog die land verwoes het, ekonomies geruïneer het en sy volk aan 'n hongerdood prysgegee het. Suid-Afrikaanse koerante en reisigers berig dat die land in anargie en chaos verval het; FRELIMO-soldate terroriseer die bevolking en in die talryke konsentrasiekampe vind daar 'n gedwonge "heropvoeding" van duisendes plaas.
In Suid-Afrika bly dit tot vandag toe nog steeds 'n raaisel waarvoor Sir Samora, wat sy politieke opleiding in Moskou gekry het, deur Koningin Elizabeth II tot die adelstand verhef is.
Alhoewel die FRELIMO net 'n geringe deel van die land onder sy beheer het en byna 80% van die land deur die Westersgesinde "Mozambique National Resistance"-beweging (RENAMO) beheer word, ondersteun die trilaterale regering van die Verenigde State nie (soos te wagte) vir RENAMO nie, maar die terreurregime FRELIMO.
Met dreigemente oor ekonomiese en ander vergeldingsmaatreëls is Suid-Afrika daarteen gewaarsku om aan die anti-kommunistiese weerstandsbeweging hulp te verleen in hulle stryd vir 'n vrye Mosambiek.
Nie lank gelede nie het dit gelyk asof RENAMO tot so 'n mate die oorhand in die land gekry het, dat dit net nog 'n kwessie van tyd sou wees voordat die kommunistiese regime van Samora Machel tot 'n val sou kom.
Toe het daar iets gebeur wat 'n mens slegs as 'n internasionale reddingsaksie in die laaste minuut sou kon beskou. Engeland het vir die wankelende FRELIMO-regime bykomende helpers vir militêre opleiding gestuur om die militêre ineenstorting van die kommunistiese regering te verhoed. Frankryk, Groot-Brittanje, Amerika en ander
Westerse lande het ruim krediete toegestaan. Dawid Rockefelder, hoof van die Chase Manhatten bank en Grootmeester van die VSA, die Council on Foreign Relations , 'n geheime regering, het sy spuitvliegtuig persoorlik na Maputo gevlieg om te sien hoe sake staan.
Suid-Afrika is aangemoedig om met Mosambiek die Nkomativerdrag te sluit wat die kommunistiese regime moet voorsien van ekonomiese hulpmiddels. Danksy hiervoor word Suid-Afrika deur die Chassino regime en sy Sowjetbondgenoot beskuldig van moord op Samora Machel met die neerstorting van die Russiese presidentvliegtuig. Dit, hoewel ’n internasionale ondersoekkommissie Suid-Afrika eenparig van enige skuld vrygespreek het, en die neerstorting oor Suid-Afrika se staatsgrond toegeskryf het aan ongelooflike nalatigheid en nie-nakoming van lugvaartreels aan die kant van die Russiese bemaning. Ook die Amerikaanse regering het tot vandag toe hulle aanvanklike beskuldiging nog nie teruggetrek nie en openbaar ’n onmiskenbare partydigheid vir die kommunistiese regime in Mosambiek.
Heeltemal anders staan sake in Angola. Hier word die Westersgesinde UNITA-weerstandsbeweging deur Amerika met wapenlewerings teen die Marxistiese regering in Luanda ondersteun. Amerika eis ook die onttrekking van die Kubaanse huurtroepe uit Angola, sonder wie se hulp die regime skaars sou kon voortbestaan. Grootmoedig word Suid-Afrika in hierdie geval toegelaat om ook UNITA te ondersteun.
Ons kry hier dus twee heeltemal teenoorgestelde wyses van optrede. Aan die een kant word 'n kommunistiese terreurregime deur die internasionale bankiers, wat mos agter die regerings staan, met alle moontlike middels aan bewind gehou en aan die ander kant word 'n pro-Westerse beweging ondersteun.
Watter soort logika is dit? Hoe moet 'n mens dit verstaan?
Die bankiers is voortdurend bewus van die gevaar dat die opgeboude “vyand", die Rooi imperium, te oormagtig kan word. Hulle is verplig tot 'n politieke balanseringsaksie, wat hulle daartoe dwing om een keer die Westerse en dan weer die Marxistiese party te ondersteun. Vir hulle is dit gebiedend noodsaaklik om albei partye so teen mekaar af te speel dat die ontwikkeling onder hulle kontrole bly en die gewenste einddoel dien.
Wat ons hieruit kan leer, is die feit dat die internasionale sameswering en die deurslaggewende persone daaragter nog regs nog links is, nie wêreldlik nie maar ook nie godsdienstig nie; nie Marxisties nie maar ook nie kapitalisties nie. Hulle is alles - of niks hiervan!
Volgens die Hegelse filosofie is die polities "regses" en die polities "linkses," of tese en antitese, 'n onmisbare noodsaaklikheid vir die voorwaartse beweging en die verandering in die verloop van die geskiedenis.
Professor Sutton kom in sy boek tot die gevolgtrekking dat die teenswoordige wêreldsituasie deur die elitemagte in die agtergrond bewustelik so "gemaak" word soos dit is en wel deur beplande manipulasie tussen die "regse" en "linkse" kragte. Hy is van mening dat die magtigste elite wat daar ooit op die wêreld was, gedurende ongeveer die afgelope honderd jaar die polities "regses" sowel as die polities "linkses" laat ontstaan het om 'n nuwe wêreldorde daar te stel.
Karl Marx beskryf in "Das Kapital" die kapitalisme as tese en die Kommunisme as antitese. Sutton is van mening dat historici, ook dié van die Marxiste, nie raaksien dat uit die stryd tussen die twee kragte geen maatskappy te voorskyn sal kom wat of net kapitalisties of net Kommunisties is nie, maar wel 'n sintese tussen die twee.
Die konflik van die teenoorgesteldes moet volgens die Hegelse beginsel 'n maatskaplike orde te voorskyn bring wat nog kapitalisties nog kommunisties is. Hierdie nuwe sintese moet volgens Hegel noodwendig lei tot 'n gelykstelling van die staat met God. Die enkeling sal hom volkome moet onderwerp aan 'n almagtige staat.
Die profetiese toekomsvisie van George Orwell met sy beroemde topverkoper "1984" toon 'n verbasende ooreenkoms hiermee en laat 'n mens die gevolgtrekking maak dat Orwell veel meer geweet het as wat hy teenoor sy tydgenote toegegee het.
Vir Hegelianers is die funksie van 'n parlement of kongres (Amerikaanse benaming) niks meer nie as net "om aan die stemgeregtigde burger die gevoel te gee dat sy opinie van waarde is en dat die regering toegelaat word om gebruik te maak van dit wat 'n dom boer toevallig in die gedagte mag kry."
Hegel druk dit so uit: "Deur hierdie deelname, subjektiewe vryheid en deur eie inbeelding volgens algemene voorstelling kan enkelinge reken dat hulle baie teweeggebring het en kan hulle 'n gevoel van selftevredenheid kry deur die gedagte dat hulle in tel is."
Die Hegelse leerstelling waarmee die internasionaliste ons in hulle nuwe wêreld gelukkig wil maak, verkondig veral die goddelike voorreg van die staat. Die staat is vir Hegel en sy aanhangers "God op aarde". Die enkeling is niks nie. Hy het geen regte nie. Sy moraliteit is uitsluitlik daarin geleë om 'n leier te volg.
Die staat is vir hierdie elitegroep die absolute mag. 'n Selfbenoemde elite wat hierdie staat beheer, sou inderdaad soos God op aarde kan handel.
Professor Sutton verwys dan na dit wat reeds deur prof. Quigley gesê is in sy monumentale werk "Tragedy and Hope", naamlik dat die bankier J.P. Morgan die Hegelse beginsel van benutting van "regses" en "linkses" as konkurerende elemente vir politieke manipulasie van die maatskappy in sy guns toegepas het.
Dit wat ons vandag belewe met "regse" en "linkse" partye is ook maar dieselfde. Of die Amerikaners nou ookal Demokrate of Republikeine kies, maak geen verskil nie: albei word deur dieselfde magtige belangegroepe beheer.
Presies dieselfde kry ons by die koerante. Die eienaars van die groot uitgewersmaatskappye het sowel "linkse" as "regse" koerante in hulle "stal", sodat die leser heeltemal na eie smaak kan kies. Hulle word net so veel van "regs" as van "links" gemanipuleer, maar het die gevoel dat hulle 'n "verstandige" koerant lees, wie se kommentaar hul gemoedere aanspreek. Hulle is geneig om te glo wat hierdie koerant sê en kom nie agter dat net die manier van uitdrukking anders is nie - of "links" of "regs". Hulle denke word egter deur albei koerante op dieselfde wyse gevorm.
Die botsing op die gebied van inligting tussen die twee gekontroleerde groepe, die "linkses" en die "regses", kan onder hierdie omstandighede maar voortgaan, want wat sake wat die "grootbase" raak betref, stuur hulle hulle lesers in dieselfde rigting. "Boeke wat in geeneen van hierdie twee kategorieë val nie (d.w.s. wat nog van regs nog van links die grootbase se planne bevorder) kan effektief geneutraliser word omdat hulle die regses sowel as die linkses kwaadmaak," skryf Sutton. "Kort gestel, elke publikasie wat wys op die drogredenasies van die links-regs-fiksie word geïgnoreer ... en die burgers hou maar aan om stembusse toe te draf, menende dat hulle 'n keuse het."
Net soos die konflik tussen Hitler-Duitsland en die Sowjetunie volgens Hegelse dialektiek opgebou is en albei kante uit dieselfde bronne van 'n supergeldmag gefinansier is - met die daaruit voortvloeiende sintese van twee supermagte, die VSA en die Sowjetunie - net so is die manipuleerders vandag besig om Rooi Sjina as antitese vir die Sowjetunie op te bou.
Die VSA se rol by die totstandbrenging van die kommunistiese sisteem in Rusland is intussen al volledig aangetoon en dokumentêr bewys.
Minder bekend is die feit dat Amerika gedurende die 2de Wêreldoorlog ook die Sjinese Kommuniste gehelp het om die bewind oor te neem om daardeur 'n nuwe arm van die dialektiese proses tot hulle beskikking te hê.
Die beslissing om Rooi Sjina militêr en ekonomies op te bou, is in die tyd van President Richard Nixon geneem en uitgevoer deur Henry Kissinger (Chase Manhattan Bank) en George Bush (Trilaterale Kommissie en tans president van die VSA).
Die hele geskiedenis van die verraad aan Sjina en die rol wat die Internasionaliste daarin gespeel het, kan hier nie in besonderhede behandel word nie. Ons volstaan met die getuienis van die Amerikaanse admiraal Cooke voor die kongres: "... in 1946 het Generaal Marshall die taktiek van stopsetting van ammunisielewerings gebruik om die anti-Kommunistiese Sjinese magte onopsigtelik te ontwapen."70
Prof. Sutton skryf, dat die tans versnelde opbouing van Rooi-Sjina hoofsaaklik deur die Bechtel Corporation beplan en uitgevoer word. Vir hierdie doel is die firma "Bechtel China Inc." aan die begin van 1984 spesiaal gestig, wat gemoeid is met die ontwikkeling en die konstruksie- en masjienboukontrakte met die Sjinese regering. Dit is 'n interessante feit dat die vroeëre president van die Bechtel-firma ene George Pratt Schultz is, die gewese Minister van Buitelandse Sake van die Verenigde State.
Sutton is van mening, dat Bechtel vandag 'n soortgelyke rol speel soos die firma "Albert Kahn Inc." van Detroit, wat in 1928 die bestudering en beplanning vir die Sowjetunie se eerste vyfjaarplan gedoen het.
"Teen die jaar 2000 sal kommunistiese Sjina 'n supermag wees, opgebou deur Amerikaanse inisiatief en tegnologie. Dit is waarskynlik die mikpunt van die Orde (Sinoniem vir die Amerikaanse groep van Insiders) om hierdie mag te laat ontstaan as 'n konflikmodel teenoor die Sowjetunie", skryf Sutton.
Dit is nogtans 'n vraag in welke mate Moskou saamspeel met hierdie dialektiese uitdaging, en rustig sit en wag tot Sjina 'n werklike bedreiging vir hulle geword het. Wie kan ook vooruitsien of die Sjinese Kommuniste nie dalk eendag met Moskou 'n bondgenootskap sou vorm om dan gesamentlik die superkapitaliste op te hang, wat vir hulle die galgtoue daarvoor gelewer het nie?
Vervolg...