Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hoe moeilik moet die dood nie wees vir diegene wat niks tot stand gebring het, en Hom dan tegemoet gaan...
AFRIKA SE WIT REUS (13)
Lees reeks by Afrika se Wit Reus
DIT IS DIE JAAR 1989...
"Psigopolitiek" en Disinformasie
"Van 'n onafhanklike pers ... kan daar geen sprake wees nie. Nie een enkele een waag dit om sy eerlike opinie uit te spreek nie. Ons is die instrumente van die rykes agter die skerms. Ons is marionette. Daardie manne trek aan die toutjies en ons dans. Ons trou, ons talente, ons lewe en ons kragte is almal eiendom van daardie manne - ons is intellektuele prostitute." - John Swinton, Hoofredakteur van die 'New York Times', in 'n toespraak by die jaarlikse banket van die 'American Associated Press'.
Wie ken nog nie die gebeure van die Duitse persmanne wat in Suid-Afrika handevol lekkers in asblikke gegooi het en dan die Swart kinders gefotografeer het toe hulle met die kop na onder in die asblikke gevroetel het nie! 'n Paar dae later het die foto's in geïllustreerde tydskrifte verskyn met banieropskrifte soos "Hongerige Swart kinders lewe van Blankes se oorskiet" en soortgelyke bewoordings. Sulke gevalle is glad geen uitsondering nie.
Lenin het gesê: "Die hoogste kuns van oorlogvoering is om 'n militêre botsing heeltemal te vermy en in plaas daarvan die vyand te oorwin deur vernietiging van sy morele beginsels, sy godsdiens, sy kultuur en sy tradisies. Wanneer 'n land so gedemoraliseer is, kan jy dit oorneem sonder om 'n enkele skoot te skiet."
BERIG VAN 'N POLITIEKE WAARNEMER:
DIE KOERANTHIËNAS EN SUID-AFRIKA
Hulle berig aanhoudend van rasse-onluste - wat daar nie is nie. Die stryd onder die Swartes word deur agente, predikante en joernaliste aangeblaas. Daar gaan geen enkele dag verby waarop televisie, radio en pers in Duitsland nie praat van "rasseonluste" in die Republiek Suid-Afrika nie. Daarteenoor kan elke toeris bevestig dat daar rus en orde in die land heers en dat daar van "rasseonluste" nie gepraat kan word nie. Die waarheid is dat daar hier en daar onder Swart Suid- Afrikaners in die voorstede van industriële konsentrasiegebiede feitlik daagliks twiste van 'n politieke aard plaasvind waar daar meesal, soos dit onder Swartes gebruiklik is, bloed vloei.
In die meeste gevalle gaan dit daarom dat opgesweepte jeugdiges wraak neem op ouer mense en hulle se gesinne omdat hulle op die een of ander wyse verbonde is aan stadsbesture of ander staatsinstellinge. Die veelgeprese Kleurlingkerkman Boesak, 'n intieme vriend van biskop Tutu en sy se steunpilaar Beyers Naude, het self in die openbaar onder 'n rooi vlag met hamer en sekel die slagkreet uitgeroep dat hierdie staat, die Republiek van Suid-Afrika, onregeerbaar gemaak moet word. Soos sake werklik in die land staan, sal dit nou wel nie gebeur nie, maar daarby moet tog gesê word dat Westerse en veral Duitse persmanne ten volle met hierdie slagkreet saamstem en van hulle kant af Swart jeugdiges so veel as moontlik tot terreur opsweep.
Die Suid-Afrikaanse veiligheidsinstansies hou hierdie dinge met nougesette aandag dop en het intussen ook begin om hierdie voorvalle in beeld en klank, veral met videokameras, vas te lê. 'n Blik in hierdie materiaal toon die volgende:
• Gedurende polisieoptrede weens oproerigheid op die kampus van die Universiteit Wes-Kaap in Oktober 1985 het twee lede van 'n perstelevisiespan 'n gearresteerde Kleurling gehelp om te ontvlug.
• Desgelyks in Oktober 1985 het 'n lid van 'n televisiespan toestemming gekry vir filmopnames in 'n hoërskool in Soweto. Die prinsipaal het hom 'n bietjie in die oog gehou en gesien hoe hy na 'n nabygeleë huis gery het en daar weggekruip het. Kort daarna is die skool deur kinders aangeval. Toe het die man weer verskyn en die hele voorval afgeneem.
• 'n Suid-Afrikaanse medewerker van 'n buitelandse televisiefirma het die polisie ingelig dat bepaalde televisiespanne voor die tyd kennis kry van komende gebeurtenisse. Hulle het dan vooruit hulle kameras in posisie gebring en gewag vir wat gaan gebeur: gewoonlik brandstigting by skole of ander geboue. Sulke tonele is dan met opset net vir die televisieberiggewers daargestel!
• In die eerste week van September 1985 het die polisie van ouers in Soweto klagtes ontvang dat hulle kinders aan hulle vertel het dat 'n televisiespan hulle daarvoor betaal het om hulle skoolboeke aan die brand te steek sodat 'n filmopname daarvan gemaak kan word. Die polisie het die saak ondersoek en dit het geblyk dat in geval van 'n aanklag die ouers en kinders getuienis sou moet aflê wat hulle dood kon beteken. Hierdie vrees is ook deur sommige van die getuies genoem. Dit was ook gegrond, as 'n mens daaraan dink dat reeds meer as 240 Swartes op brutale wyse vermoor is, in baie gevalle in die openbaar, deur Swart rewolusionêre elemente. Om hierdie rede het die polisie besluit om nie met die saak voort te gaan nie.
• By 'n vreedsame demonstrasie buite die kampus van die Universiteit Kaapstad, in September 1985, het die demonstreerders gewag vir die aankoms van die buitelandse media. Toe die kameramanne aankom, is hulle met gejuig begroet. Toe het die demonstreerders begin met singery en oproerigheid; dit was duidelik dat dit eers na die verskyning van die televisiespanne aan die gang gekom het. Die omstandighede het die polisie genoop om op te tree, wat aan die kameramanne die geleentheid verskaf het om die polisieaksie op film, vas te lê. Die hele voorval is vanaf 'n langer afstand ook deur 'n video-eenheid van die polisie verfilm.
• Nog filmmateriaal wat deur video-eenhede van die polisie gefotografeer is, is aan ons getoon. In een daarvan het 'n televisiespan agter vragmotors weggekruip tussen oproermakers, wat voorsien was van klippe en ander dinge om te gooi en so het hulle gewag vir die aankoms van die polisie. By dié se aankoms het die klipgooiery en die afnemery gelyktydig begin.
• Op die video-materiaal wat aan my vertoon is, kon ek ook sien dat bepaalde buitelandse televisiespanne toegerus was met gasmaskers om hulle in staat te stel om optrede van die polisie teen oproermaker, te verfilm terwyl die televisiespanne vryelik tussen die oproeriges rondbeweeg het. Hierdeur het hulle die polisie gehinder in die uitvoering van hulle taak, wat tog daarin lê om oproerigheid te verhinder en gespanne toestande te ontlont.
Wie kan ten aansien van hierdie feite nog daaroor verwonderd wees dat die regering van die Republiek van Suid-Afrika wat per slot van sake die verantwoordelikheid dra vir die veiligheid van die Swart bevolking, in hierdie dae die besluit geneem het om beperkings te plaas op die beriggewing van televisiemanne wat tot nou toe heeltemal onbelemmerd was; want geen geordende staat in hierdie wêreld kan dit duld dat uitlanders op sy bodem onrus stook nie. Dit het al veels te lank geduur voordat die regering besluit het om hierdie stap te neem. (H.J.R.)
Dit dan die berig van hierdie waarnemer.
Vir ongeveer twintig jaar klink dit nou al dag-in en dag-uit rondom die aardbol dat die Republiek van Suid-Afrika weens onderdrukking van menseregte op die randjie van 'n burgeroorlog staan. In hierdie twintigjaar, 'n lang tyd, moes denkende mense tog al gevra het waarom die burgeroorlog dan nog steeds nie uitgebreek het nie. Op die vraag kry ‘n mens dan 'n antwoord wanneer jy tot die insig kom dat die daaglikse inhamering van kamtige verskrikkingsgebeurtenisse, honger en onderdrukking deur middel van spesiaal saamgestelde foto's en totaal opgeblaasde berigte, slegs een doel het: om emosies teen Suid-Afrika aan te wakker en op te sweep.
So is dit die "in-ding" dat burgerregleiers in Washington, die "wil-graag-politici", toneelspelers en predikante met luidklinkende protesaksies voor die Suid-Afrikaanse ambassade bymekaarkom om weens die onwettige besetting van instellings wat met Krugerrande handel dryf, hulself 'n tydjie te laat arresteer en gevange hou. Kerkdae word gewysig tot Suid-Afrika-dae. Ontevrede huisvroue, beroepstuderende en liberale droomdansers van alle soorte, doen met neurotiese ywer moeite om ontslae te raak van hulle frustrasies en tekortkominge deur in skynheilige verontwaardiging teen 'n land te demonstreer wat hulle maar net deur hoor-sê ken.
Die sleutel tot die verklaring van hulle aktiwiteite is disinformasie wat die media van die establishment aan hulle opgedring het. 'n Hele rits van onwaarhede oor Suid-Afrika is al so dikwels herhaal dat baie mense die uitsprake aanvaar as feite wat almal ken.
Daar is geen bewyse voor nodig nie. In 1984 het die Amerikaanse organisasie Accuracy in Media, 'n analise gepubliseer oor die beriggewing omtrent menseregte gedurende die jaar 1982 in die "Washington Post", die "New York Times" en die CBS-televisiestasie in Amerika. Hieruit het dit geblyk dat die "New York Times" bv. van al hulle verslaggewings oor Suid-Afrika, meer as die helfte (53%) uitsluitlik aan die tema “menseregte" gewy het, terwyl die persentasie by die volgende lande soos volg was: Sowjetunie 27%, Nicaragua 18%, Rooi-Sjina 14%, Oos-Duitsland 9%, Iran en Angola elk 6% en Ghana 3%. Drie van die mees onderdrukkende regerings van die wêreld nl. Albanië, Noord- Korea en Kambodja is skaars genoem i.v.m. menseregte en net so skrams is daar verwys na die volksmoord-aktiwiteite van Robert Mugabe se "Vyfde Brigade" in Matabeleland (Zimbabwe).
Op 12 Januarie 1985 het die "New York Times" 'n berig geplaas van hulle Suid-Afrika-korrespondent Alan Cowell onder die banier opskrif "Honger in Suid-Afrika: selektief". Daarin word beweer dat apartheid vir 2,9 miljoen Swartes "hongersnood waarborg" omdat "voortdurende wetgewing die Swart bevolking uit die vrugbare grond uithou" en dat hulle "bestaansboerdery sistematies vernietig is".
Dit help feitlik niks dat die betrokke Suid-Afrikaanse minister sodanige leuensprokies katagories ontken en aan die koerant die ware feite meegedeel het nie. Die skade is klaar gedoen en die propagandaeffek daarvan kan by miljoene lesers nie meer uitgewis word nie.
In verband met die latere intrekking van die genoemde "New York Times"-korrespondent se verblyfpermit het die Suid-Afrikaanse koerant "The Citizen" op 21 Januarie 1987 'n lesersbrief van 'n Amerikaner in New-York gepubliseer, wie se siening van sake ek hier woordeliks weergee: "The Citizen" het dit geplaas onder die opskrif:
Oorsese Persmanne - Vyande binne Suid-Afrika:
Die regering van Suid-Afrika moet lof ontvang vir die uitsetting van die ‘New York Times' se korrespondent Alan Cowell. Die vraag wat gestel moet word, is waarom dit nie al lankal gedoen is nie. Dit is waar dat ons in die VSA ‘n vrye pers het: vry om nuus te verdraai en te ontsier, vry om te berig of nie te berig nie sodat die politieke en sosiale mikpunte van ’n enorm ryke en leuenagtige oligargie bevoordeel word, 'n oligargie wat die media in die VSA beheers en kontroleer en wat sterk links en pro-Kommunisties is.
Hulle gebruik hulle groot mag om die Verenigde State te verswak, te demoraliseer en te verwar en probeer om anti-Kommunistiese lande soos Suid-Afrika te destabliseer en te vernietig. As daar in Suid-Afrika 'n voël uit die lug val, sou die VSA-massamedia die skuld daarvoor op die 'rassistiese, onderdrukkende, Wit minderheidsregime van Suid-Afrika' pak.
Die enorme mag van die VSA se massamedia (gelei deur die 'New York Times' en die 'Washington Post') om gebeurtenisse te beïnvloed en die loop van die geskiedenis te verander, behoort nie onderskat te word nie. In elke demokrasie, waarin die publieke opinie deurslaggewend is, lê die mag in die kontrole oor die inligtingsmedia wat die publieke opinie asook die regeringsbeleid vorm.
Die linkse nuusmedia het hierdie mag gebruik om President Nixon tot 'n val te bring en die Viëtnam-oorlog te verloor. Nou is hulle besig om die Reagan-regering te verlam en, indien moontlik, die staatsgreep teen Nixon met Ronald Reagan te herhaal. Die berigte van Alan Cowell, waaraan die besitters van die ‘New York Times' groot waarde heg, het aan Suid-Afrika onmeetbaar enorme skade berokken. Toe sy werktyd nader aan 'n einde gekom het, het sy verslaggewing al hoe meer verontwaardigingwekkend geword. Al sou mnr. Cowell dit ook anders wou gehad het, het hy geweet dat sy toekoms by die 'New York Times' daarvan afhang, dat hy volgens die begeerte van sy base skryf. Ons kan met sekerheid aanvaar dat sy toekoms by die 'New York Times' - na die skade wat hy Suid-Afrika toegevoeg het - veilig is.
Korrespondente soos mnr. Cowell en feitlik elke ander verteenwoordiger van Amerikaanse druk- en uitsaaimedia binne Suid-Afrika moet as vyandige troepe binne die land se grense beskou word. Dit sou dwaasheid wees om hulle verder hulle gang te laat gaan. Hulle doel is rewolusie, nie ewolusie nie. Hoe gouer hulle meneer Cowell volg en die land verlaat des te beter is dit vir Suid-Afrika en die hele wêreld." (George E.R., New York 10475, N.Y)
Dat hierdie haatpropaganda nie net uit Amerika kom nie, kan elkeen vasstel wat 'n slaggie na die Afrika-uitsendings van die BBC, die "Deutsche Welle" en Radio Nederland luister, om nou maar net 'n paar te noem. 'n Mens sou kan dink die haatgolwe kom van agter die ystergordyn.
In die "Deutsche Wochenzeitung" Nr. 50/85 (Posbus 270, 8201 Rosenheim/Duitsland) is die volgende berig van 'n korrespondent gedruk, waarop kommentaar oorbodig is:
Die wêreldpubliek word reeds jare lank sistematies gevoer met informasiesnippertjies - duisende daarvan; sommiges is waar, ander vals; sommige relevant, ander irrelevant; sommiges weerspreek mekaar en sommiges is duister. Vir die deursnit burger ontstaan 'n legkaartraaisel met duisende verwarrende deeltjies. Hy trek sy skouers op en gee maar op om die wêreldsituasie te verstaan. Hy kyk maar liewers na sportuitsendings, lees die vuil skinderstories van een of ander skeisaak of wy sy aandag aan gefotografeerde vroulike skoonhede. Sy geestelike aftog en gebrek aan begrip vir die wêreldsituasie maak dit vir die internasionale toutjietrekkers duisendmaal makliker om regerings en volkere te dryf in die rigting wat hulle begeer.
Die wêreldwye aanslag teen Suid-Afrika kan as 'n tipiese voorbeeld van sielkundige oorlogvoering beskou word. Die opvattings van die mense word so beïnvloed, dat hulle natuurlike gedagtegang geleidelik verander en nie meer hulle eie is nie. Daar word op hulle gevoelens ingewerk om daardeur hulle oortuigings te vorm. 'n Gedurige herhaling van emosiebelaaide frases en denkbeelde bly nie sonder uitwerking nie. Wanneer leuens dikwels genoeg herhaal word, word hulle op die ou end as waarheid aanvaar. Die "man op straat" het dan die slagoffer geword van breinspoeling en 'n sielkundige proses, wat hom beroof van die vermoë om dinge rasioneel te deurdink.
Rusland het as deel van sy reusagtige KGB-apparaat vir staatsveiligheid 'n spesiale afdeling vir disinformasie. Die taak daarvan is bewuste verspreiding van valse berigte, misleidende inligting, die uitstrooi van gerugte en die insameling van kompromitterende materiaal om dit te gebruik vir afpersing. Hulle is meesters op al hierdie gebiede en verstaan die kuns om die media van die Weste vir hulle eie mikpunte te gebruik. Aangesien die manne agter die Kommunisme ook die base van die wêreldpers is, is dit nie snaaks nie dat die metodes van disinformasie in die pers ooreenkom.
Die belangrikheid van die Westerse massamedia en hulle samewerking by die beplande rewolusie in suidelike Afrika (Rhodesië, Namibië, Suid-Afrika) is al jare gelede erken deur die huidige kommunistiese staatshoof van Mosambiek, Joaquim Chissano. 'n Britse koerant skryf in 1984 "Spoedig nadat FRELIMO-guerillas die mag in Mosambiek van die Portugese oorgeneem het, het 'n Duitse joernalis, Lutz Herold, 'n onderhoud met Joaquim Chissano, die plaasvervanger van Samora Machel, gehad. Hy het hom gevra watter kanse die ZAPU/ZANU- rebelle teen die Rhodesiese leër het. Chissano, wat sy opleiding in rewolusionêre taktiek en propaganda in Oos-Duitsland, Tjeggo- Slowakye en die USSR gekry het, het geantwoord dat die guerillas op hul eie min hoop vir 'n oorwinning oor die Rhodesiese magte het. Hy het ook nog bygevoeg dat die African National Congress op hul eie absoluut geen hoop het om die Suid-Afrikaanse veiligheidsmagte te verslaan nie. 'Maar', het hy bygevoeg 'dit maak geen saak nie'. 'Ons weet reeds dat die Blankes van Suidelike Afrika deur hulle eie media so beïnvloed word, dat hulle hul magsposisie op die kontinent sal prysgee'."
Die Suid-Afrikaanse media speel 'n belangrike rol by die sagmaking van die bevolking van Suid-Afrika. Volgens dit wat die Amerikaanse beleggingsdeskundige en uitgewer van "McAlvany Intelligence Advisor", Donald McAlvany, skryf, is Suid-Afrikaanse koerante, met uitsondering van 'The Citizen', almal veel meer links-liberaal as die liberaalste Amerikaanse koerante, insluitend die 'Washington Post' en die 'New York Times'.
Hulle veroordeel elke hervorming van die regering met die kritiek dat dit nie ver genoeg gaan nie. Byna al die Engelstalige, maar in toenemende mate ook die Afrikaanstalige koerante beïnvloed hulle lesers ten gunste van die pro-kommunistiese ANC, die buite-parlementêre "United Democratic Front" en die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke en eis die vrylating van die kommunistiese terroris Nelson Mandela. Die kommunistiese bedreiging binne of buite die land word deur hulle as gering beskryf of heeltemal geïgnoreer. Hulle bepleit radikale hervormings en onmiddellike herroeping van alle rasseskeidingswette, waarvan die uitwerking nie vir die gewone man nie, maar wel vir 'big business" besonder gunstig sal wees. Hulle tree in vir tegemoetkoming vir en dialoog met die terroristiese "bevrydingsbewegings", eis die onttrekking van die weermag uit Swart onrusgebiede en die opheffing van die noodtoestand - ongeag die feit, dat juis laasgenoemde maatreël van die regering grootliks daartoe bygedra het dat moord en brandstigting binne die Swart woongebiede tot 'n minimum beperk kon word en rus en orde in die land herstel is, sodat die groot vreedsame massa van die Swart en Blanke bevolking hulle normale bedrywighede kon voortsit.
Wanneer die polisie en weermag bots met radikale oproermakers, word dit feitlik altyd toegeskryf aan die "brutale, uittartende optrede" van die veiligheidsmagte. Dit word alles gedoen om die vertroue van die publiek in die veiligheidsmagte te ondermyn. Die wil tot weerstand van die Blanke bevolking en die moreel, veral van die jeug, word met ondermynende propaganda, seks en pornografiese koerantberigte verswak. Wat nog vyf tot tien jaar gelede een van die moreel mees hoogstaande samelewings van die wêreld was, staan vandag blootgestel aan 'n storm van sedelike verval, prostitusie en immorele advertensies. Ten dele gebeur dit in weerwil van bestaande wette daarteen sonder dat die regering ingryp omdat "die vryheid van die mondige burger" daardeur dan kwansuis aangetas word: dit is wat die koerante die mense gedurig probeer inprent.
Die grootste deel van die Suid-Afrikaanse pers, insluitend die groot boek- en tydskrifuitgewers, behoort aan die reuseorganisasie Anglo-American en word deur die nywerheidsmagnaat Harry Oppenheimer beheer. Hy het noue betrekkinge met die leidende internasionalistiese inrigtings in die Verenigde State en dit beteken met die "Council on Foreign Relations" (CFR) en die "Trilaterale Kommissie" asook die Europese "Bilderbergers" en die "Royal Institute for International Affairs" in Londen. Oppenheimer is 'n sterk ondersteuner van aartsbiskop Tutu en 'n vername helper van die internasionalistiese "South African Institute of International Affairs."
Hy het die leidende persone van Anglo-American laat onderhandel met die ANC-leiers nieteenstaande die feit dat die bomplanters van die ANC die kommunistiese omverwerping van die regering beplan en as staatsvyandige organisasie in Suid-Afrika verbode is. Dat ook ander leidende verteenwoordigers van Suid-Afrikaanse "big business" aan die besprekings deelgeneem het, het die terroriste se aansien meer verhoog as wat hulle ooit kon begeer. Hierdie onderhandelings laat 'n mens dadelik dink aan die noue besigheidsverbindings van Rockefeller met Marxistiese state en dit bewys weereens dat multinasionale organisasies voorkeur gee aan maatskaplike sisteme waar die vryemarkstelsel vervang is deur monopolie-kapitalisme.
Die Amerikaanse professor A. Sutton het dit so uitgedruk: "Vir beginsellose manne wat die mag het om die mark in die mou te dryf, het Marxistiese regerings 'n hele rits aantreklikhede. Daartoe behoort deur-die-staat-beheerde markte sonder irriterende steurings soos deur mededinging in die vrye-mark-ekonomie en 'n beheerde arbeidsmag waarby sulke ongemaklikhede soos loononderhandelings, vakbonde, stakings en veiligheidsmaatreëls almal wegval."
Radio- en televisieuitsendings van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) word deur die regering beheer en die programme was tot nog onlangs redelik konserwatief as 'n mens daarvan vergeet dat die uitsendings min doen om Suid-Afrikaners bewus te maak van die binne- en buitelandse gevare wat hulle bedreig. Maar nou het "liberale" magte binne die SAUK die oorhand gekry en berei die bevolking stap vir stap voor op totale rasse-integrasie en "magsdeling" met die Swart meerderheid. Daar word beplan om die SAUK deur verkoop te privatiseer. Dit mag onder normale omstandighede iets positiefs wees, maar nou is dit 'n baie groot waarskynlikheid dat Oppenheimerbelange die beheer gaan koop, wat sal beteken dat dit nou eindelik so ver kan kom dat pers, radio, televisie en tydskrifte van Suid-Afrika almal onder sy beheer is. Hierdie konsentrasie van mediamag in die hande van "liberales" is vandag tipies in die hele Westerse wêreld.
Die demoralisering van die Suid-Afrikaanse bevolking is een van die hoofmikpunte van die sielkundige oorlogvoering teen hierdie land. Die doel daarvan is om die nasie se wil tot weerstand te breek deur ondermyning van vertroue in sy eie krag, sy instellings en sy eie regering. Dit gebeur deurdat daar aan die Suid-Afrikaners en die wêreldpubliek 'n valse beeld van die realiteite oorgedra word.
Ook die Sjinese militêre strateeg San Tsu het reeds 450 v.C. geleer: "Ondermyn alles wat in die lewe van julle teëstanders goed is. Ondermyn hulle aansien en gee hulle in die regte oomblik prys aan openbare skande. Gebruik die medewerking van selfs die laagste en afskuwelikste mense. Veroorsaak stryd en tweedrag onder die burgers van die vyandelike land. Rui die jeug op teen die oues. Hinder met alle middele die werk van die regering. Tas die waarde aan van alle oorlewerings en gode van julle vyande. Stuur slegte vroue uit om die werk van verval volledig te voltooi."
Van 'n oorlog op hierdie basis word 80 persent sielkundig gevoer en net 20 persent militêr. Die doel is om vir die volk van die betrokke land in te prent dat sy teenswoordige sosiale orde onversoenbaar is met permanent gelukkige lewenswyse en ekonomiese welstand. Die sisteem van die teenstander word daarteenoor as meerderwaardig, moreel meer regverdigbaar voorgestel asook veel meer aanvaarbaar vir die volk en die wêreld. Net daardie sisteem sal 'n durende vrede, harmonie in die land en met die buiteland en ekonomiese vooruitgang verseker Wanneer die meerderheid van die bevolking hierdie geestesmanipulasie eers as 'n feit aanvaar het, is dit feitlik nie meer nodig om militêr op te tree vir die kapitulasie van die land nie.
Een van die eerste stappe in sielkundige oorlogvoering is die isolering van die vyandige land, fisies sowel as psigies. 'n Mens probeer om dit die verstoteling, die paria van die hele wêreld te maak. (In Amerika is daar tans pogings aan die gang om Suid-Afrika amptelik tot "terroristestaat" te verklaar.) Dit word uit internasionale liggame en sportaksies uitgesluit. Handelsboikotte en reisbeperkings word ingestel. Toeriste, sportmanne en -vroue en sakelui word deur hulle regerings en die media so onder druk geplaas dat hulle dit skaars nog waag om die betrokke land te besoek. Koerante en televisie gee verwronge beelde van die werklikheid - opstande wat lyk soos burgeroorlog, terrorisme en toestande van moord en doodslag - wat almal moet afskrik om die land te besoek. Beroemde sportmanne en toneelspelers wat hulle nie laat afskrik nie, word op "swartlyste" geplaas wat die Verenigde Volke hanteer en daarna word hulle dan deur baie lande geboikot. Deur hierdie mediaterreur in hulle eie land en die skadelike invloed op hulle loopbane wat daarmee gepaard gaan, word baie daartoe gedryf om stereotipe veroordelings na te babbel wat van hulle verwag word, alhoewel hulle eintlik 'n totaal ander beeld van die "pariastaat" en sy inwoners gekry het.
Daar is egter ook moedige uitsonderings soos bv. die jong Amerikaanse toneelspeler Jan Michael Vincent (akteur in Airwolf) wat Suid-Afrika in 1989 besoek het en met sy vertrek openlik gesê het wat hy dink. Die "Pretoria News" het op 12.10.1987 die volgende kort verslag oor sy besoek gepubliseer:
AIRWOLF-STER DINK ONS IS 'N VROLIKE KLOMP
Die Amerikaanse TV-ster Jan Michael Vincent gaan met die oortuiging huistoe dat die Suid-Afrikaners, ten spyte van hulle apartheid, gelukkig is. Vincent, wat in die TV-reeks "Airwolf" die rol van Stringfellow Hawk speel, was gedurende die naweek vir die publisiteitskampanje van 'n kettingwinkelfirma in Durban. Sy mening was dat hy net vrolike Suid-Afrikaners gesien het, waar hy ook al gekom het. Hy het gesê hy gaan met sy tuiskoms om 'n onderhoud met President Ronald Reagan vra en hom vertel wat hy in Suid-Afrika gesien het. 'Sodra ek in Amerika terug is, gaan ek vra vir 'n oudiënsie met President Reagan om vir hom heeltemal duidelik te maak hoe ek oor Suid-Afrika dink'. Hy het gesê dit is vir hom duidelik dat die bevolking in rassekompartemente geskei is, maar hy glo dat elke groep dit ook verkies om binne eie groep te lewe. Hy verklaar dat hy nog nooit mooier en gesonder kinders gesien het nie as hier by ons in die land. Hy sê hy het net een Swart stadsgebied besoek en daar was almal vrolik.
Sulke uitsprake soos hierdie pas natuurlik glad nie by die beeld wat hulle vir die publiek in die buiteland wil skilder nie. Die meningsterreur is so geweldig dat geen publieke persoonlikheid dit nog durf waag om sy eerlike opinie en oortuiging oor Suid-Afrika en sy sosiale sisteem bekend te maak nie. Suid-Afrikaanse TV-kykers ervaar dus altyd weer die verstommende skouspel gedurende die aandnuus dat nuut-arriverende hoë besoekers uit die kringe van politiek, kerk of ekonomie - selfs konserwatiewes en Evangeliste wat ons 'goedgesind' is - eers die versie opsê dat hulle "natuurlik" teen apartheid is en die plaaslike sosiale stelsel verafsku voordat hulle dan die vrae van die verslaggewer beantwoord.
'n Verdere belangrike mikpunt van die sielkundige oorlogvoering is daarin geleë dat daar aan die buitewêreld 'n totaal valse beeld van die betrokke land se regeringsisteem oorgedra word; dit word voorgestel as uitbuitend, onderdrukkend en skadelik vir die meerderheid van die bevolking se belange. Alles wat moontlik is, word gedoen om kontak tussen besoekers en die land se mense tot 'n minimum te beperk sodat die sorgvuldig opgeboude skewe beeld van die land nie in gevaar kom nie.
Nog belangriker as die fisiese isolasie van die land is die geestelike isolasie. Die Blanke bevolking van Suid-Afrika moet byvoorbeeld voel dat hulle "melaats" is, dat hulle verstotelinge uit die wêreldgemeenskap is, dat hulle van en met 'n afstootlik onregverdige sisteem lewe, wat hulle toelaat om ten koste van "die onderdruktes" in welstand te swelg. As hulle die welwillendheid van die wêreld wil terugwen, so word daar aan hulle gesê, dan moet hulle daartoe bydra om die sisteem te vernietig.
Dit word die Afrikaners oor die massamedia onophoudelik en op subtiele wyse ingeprent dat niemand nog ooit vantevore die Swartes so onderdruk en so sleg behandel het as hulle nie en dat Suid-Afrika "die boosaardigste regime sedert Nazi-Duitsland" is. Hierdie emosiebelaaide frases wat die waarheid verkrag en deur onophoudelike herhaling die aanvaarde gedagte-inhoud geword het van 'n wêreldpubliek wat op 'n dwaalspoor gelei is, het al daartoe gelei dat selfs Suid- Afrikaanse sakelui, sportmanne en toeriste in die buiteland soms slagoffers word van hierdie psigiese konfrontasie. Saam met uitruilstudente, predikantskandidate en ander wat 'n deel van hulle opleiding in die buiteland kry, kom hulle dan terug en het spreekbuise vir hulle vaderland se vyande geword sonder dat hulle daarvan bewus is.
Die skuldbewussyn wat in hulle ingeplant is, word deur die establishment handig gebruik om tot in elke hoek van die laai versprei te word. Bekende persoonlikhede uit kerk, sport en ekonomie wat weens naïwiteit of weens Marxisties-ideologiese neigings hulle van ontbinding uitstrooi, is die lieflinge van die beheerde pers in die binne- en buiteland. Daar gaan skaars 'n dag verby waarop hulle "wyshede" en appèlle tot die eie bevolking nie in een of ander koerant verskyn nie waarin hulle vir meer "geregtigheid", "versoening" en "hervormings" pleit.
So word 'n nasionale skuldkompleks opgebou wat daarvoor beplan is om sowel tot die isolering van die land asook tot toegewings deur die Blanke bevolking en die oorgawe van die mag aan 'n radikale sosialistiese Swart "meerderheid" te lei.
Daar word probeer om die Blankes in te prent: "Gee tog maar nou uiteindelik oor! Dit is tog sinneloos om teen die Kommuniste, die Verenigde State, die WO en die ANC te veg. 'n ANC-regering is onvermydelik. Onderhandel dus vir 'n aanvaarbare vrede solank as wat hulle dit nog uit 'n posisie van krag kan doen."
Slegs baie min het insig in die dieperliggende feite van die Suid- Afrikaanse problematiek. Die meeste mense - hier sowel as oorsee - sien in die hele saak niks meer as net 'n rassebotsing nie: "Verwyder apartheid en al julle probleme sal verdwyn." Hierdie siening word bewustelik aangewakker. Die volgende hoofstuk sal toon dat die rasseteenstelling maar net gebruik word om 'n 'kapitalistiese' regeringstelsel te vervang met 'n Sowjet-sosialistiese een.
Hoe wenslik sekere ewolusionêre hervormings vir geregtigheid en gelykheid van geleenthede binne die starre Suid-Afrikaanse sosiale stelsel ook al mag wees en inderdaad nodig is, dra hulle tog absoluut niks daartoe by om die aanslag teen die land af te wend nie.
Die stryd teen Suid-Afrika word vir globaalstrategiese mikpunte gevoer en (dit moet altyd weer beklemtoon word) het absoluut niks te doen met apartheid of menseregte of diskriminering teen anderskleuriges nie.
Die Sowjetiese KGB se propagandamasjien en sielkundige strategie maak gebruik van al die kanale en moontlikhede van disinformasie en slegmakery wat die Weste aan hulle bied. Daartoe hoort ook dat die Sowjet se ondersteuning van sogenoemde frontliniestate en "bevrydingsbewegings" maar altyd voorgehou word as 'n onbaatsugtige en stabiliserende faktor. Elke Westerse teenreaksie of afweermaatreëls van die Suid-Afrikaanse weermag word konsekwent as "onreg" en "aggressie" bestempel.
Die beeld wat die Sowjet van die Suid-Afrikaanse politiek skilder, is dié van 'n onnatuurlike teenstelling en stryd tussen Suid-Afrika en Afrika se Swart state. Suid-Afrika se posisie as sterkste mag van die subkontinent en die blote feit van sy bestaan as Blanke mag in Afrika word afgemaak as 'n "onregsisteem sonder wettige bestaansreg." Om Suid-Afrika tot 'n groot mate te isoleer, het Sowjetiese radio-uitsendings en publikasies daarop gekonsentreer om Swart-Afrika en veral die frontliniestate asook Wes-Europa teen Suid-Afrika op te maak.
Deur misbruik te maak van diep emosionele beskouings word Suid-Afrika vir die Swartes van Afrika heeltemal valslik voorgehou as 'n koloniale oorblyfsel van 'n tyd wat verby is, wat sy magsposisie verkry het deur Blanke uitbuiting en onderdrukking van die Swartes. In Europa doen die psigo-propaganda van die Sowjet moeite om Suid- Afrika voor te stel as navolger van Hitler-Duitsland, deur die maatskaplike stelsel hier gelyk te stel met die Nasionaal-Sosialisme van die Derde Ryk. 'n Bekende Suid-Afrikaanse biskop het selfs so ver gegaan dat hy aan die Suid-Afrikaanse regering valslik beskuldig van 'n plan vir 'n eindoplossing vir die "Swart probleem" : vermoording van al die Swartes. Hierdie biskop steek sy toegeneentheid tot die Rooies glad nie onder stoele en banke weg nie.
Die WO begunstig hierdie gedagterigting oral waar dit maar moontlik is. So het die Kubaanse afgevaardigde Oramas Oliva 'n paar jaar gelede in 'n toespraak voor die WO gesê: "Ons wil die geduld van die lede nie al te erg op die proef stel nie deur uitvoerig aan te haal wat hierdie dom maar gevaarlike apostel van Hitler, Herr Pieter Botha gesê het.(Hy het die Duitse woord "Herr" vir meneer gebruik)
Dat dit hier gaan om 'n gekoördineerde strategie blyk daaruit dat soortgelyke uitsprake skielik op baie plekke gemaak word. So het Makatini, 'n lid van die ANC, in 'n toespraak gesê: "Die argitekte en huidige verteenwoordigers van apartheid het hulle inspirasie en voorbeelde by die Hitler-regime gehaal en doen dit nog steeds". Ene mnr Clark, eertydse voorsitter van die "Special Committee against Apartheid" het verklaar "dat die Suid-Afrikaanse apostels van die profeet (Hitler), veral Malan, Verwoerd, Vorster en nou Botha, hulle bewondering en ondersteuning vir die Nasionaal-Sosialisme nie weggesteek het nie..."
Ook die amptelike dokumente van die WO het skielik hierdie deuntjie begin sing: "Hierdie flagrante en lafhartige daad van aggresie teen Lesotho en die bloedbad van burgerlikes weerspieël die misdade van die Nasionaal-Sosialisme."85 ('n verwysing na Suid-Afrika se aanval op stellings van die ANC-terroriste in Lesotho).
Die doel is heeltemal duidelik. As 'n mens Suid-Afrika in die rol van Nazi-Duitsland kan indwing, word "apartheid" net so 'n misdaad teen die mensdom soos wat die wêreld se huidige beskouing oor die Nasionaal-Sosialisme is.
Bo en behalwe die establishment-media van die binne- en buiteleland sorg 'n duisternis van allerhande publikasies in Suid-Afrika self vir 'n rewolusionêre klimaat, wat soms gevaarlik van omvang geraak het. Hierdie sogenaamde "alternatiewe media" word grotendeels uit die buiteland gefinansier, dikwels deur groot kerkorganisasies uit Duitsland, Switserland en Skandinawië, 'n soort van sendingtaak wat egter min bydra tot Christelike eendrag en naasteliefde. Hulle versteekte beïnvloeding van die Swart massas met Marxistiese propaganda en "bevrydingsteologie" het grootliks daartoe bygedra dat dit in die Swart woongebiede tot opstande en rewolusionêre onrus gekom het. Swart leiers wat die vrede in hulle gebiede wou herstel en daardeur gedwing was om met die veiligheidsmagte van die land saam te werk, is uitgekryt, terwyl radikale oproermakers dikwels as helde voorgestel is. Organisasies en enkelinge wat nie die koers van die rewolusionêre ANC wou neem nie, is sleggemaak en as kollaborateurs gebrandmerk. Daar is probeer om hulle in 'n ongunstige lig te stel deur 'n sorgvuldige seleksie van nuusitems en fotomateriaal ten gunste van linkse radikale organisasies. Onder die voorwendsel van objektiewe beriggewing en normale joernalistieke werksaamheid het die pers en buitelandse televisiespanne subtiele propaganda uitgestrooi en die rewolusionêre klimaat in die land aangewakker.
Die noue verbinding van die media met rewolusionêre bedrywighede het reeds jare gelede duidelik na vore getree in die hofsaak teen Abram Fischer, die vroeëre leier van die kommunistiese ondergrondse beweging, wat noue verbintenisse met Moskou gehad het. Hy het vol vreugde toegegee: "Ons pers het wonderlike werk gedoen!" En hy het daarmee nie die "Prawda" of "The Morning Star" bedoel nie, maar die Suid-Afrikaanse massamedia van die twee koerantgroepe, die Argusgroep en die "South African Associated Newspapers".
Dit ly geen twyfel nie dat rewolusionêre groepe in Suid-Afrika kan aanspraak maak op die guns van die media en veral van die "alternatiewe pers". In 1985 het die ANC daarop gewys dat die "demokratiese media" in Suid-Afrika parallel met die gewapende stryd ontwikkel moet word om die massas te mobiliseer.
Daar bestaan skaars iets wat Suid-Afrika se aansien in die wêreld meer skade aangedoen het as die propagandistiese, skewe en eensydige beriggewing van sy eie media, waarvan daar in die buiteland gretig gebruik gemaak is: al wat nodig was, was om dit net so oor te druk.
In die "Aida Parker Newsletter" nr.49 van 29 Januarie 1985 publiseer die redaktrise in 'n berig onder die opskrif "Die waarheid is Suid- Afrika se sterkste verdediger" 'n aantal briewe, wat die stemming en die ontevredenheid onder die volk die beste weerspieël:
"By ons bestaan daar 'n wanhopige gebrek aan 'n goed-ingeligte publiek, aan 'n sistematiese program om die mense van propaganda-inprentings te bevry. Ons kan dit nie bereik met ’n Suid-Afrika-uitgawe van "Prawda" of van “Iswestia-Suid" nie. Een van die mees onaangename aspekte van Suid-Afrikaanse joernalistiek is die wyse waarop dit toegelaat het dat dit gebruik word in die wêreldwye kampanje teen hierdie land. Ek ken geen ander land in die wêreld waar die aanvalle, veral teen die land se weermag en veiligheidsorgane, so onbeperk kan plaasvind, sodat dit reeds aan verraad grens nie”. (Prokureur uit Natal)
"'n Sorgwekkende aspek is dat sekere koerante van ons land nou reeds 'n aantal jare 'n program uitvoer wat alle tekens dra van 'n georkestreerde kampanje tot verkleinering van die Suid-Afrikaanse weermag en veral van die veiligheidsmag van die polisie en wat aan hulle 'n basiese morele bedorwenheid toeskryf net waar hulle kan. Opsetlik, half opsetlik of onopsetlik word alles wat maar moontlik is, onderneem om die openbare aansien en die vertroue in die veiligheidsmagte te ondermyn. As hulle dit sou regkry, sou die radikales 'n oop pad hê om teen ons te opereer, sowel hier in die land as oorsee". (Offisier van burgerlike beskerming)
"Een van die onaangenaamste kenmerke van liberale Blanke Suid-Afrikaners, insluitende baie meningvormende Afrikaners, is hierdie aanhoudende gekerm 'Mea culpa! Mea culpa!' (My skuld!) So 'n selfbeskuldiging sal sinvol en verstaanbaar lyk in 'n land waar daar sonder twyfel gesondig is soos Zimbabwe, Mosambiek, Angola, Tanzanië, Uganda, Ethiopië: hulle sou almal daarvoor kwalifiseer om so 'n las te dra en skuld te erken. Maar hierdie dors na selfbeskuldiging by so baie in Suid-Afrika is onbegryplik. Die probleem dat Suid-Afrika se begrip van eie waarde deur 'n magtige alliansie binne die land se eie grense byna dodelik gewond is: die nuusmedia, radikale kerkleiers van NUSAS, Black Sash, die kunste, letterkunde, teater, vakbonde: almal willens en wetens bereid om by elke moontlike geleentheid hulle eie Iand te bevuil. Saam doen hulle alles wat in hulle mag is om die openbare mening te vergiftig en te verwar en die publieke steun vir die Blanke samelewing te ondermyn en dieselfde te doen met vrye ondernemerskap, die weermag en die polisie." (Dokter in Natal)
“Op 'n tydstip waar die hele mag van die internasionale propagandamasjien teen ons in werking gebring is, is dit in alle opsigte verkeerd dat ons mense wat baie jare lank geen binnekomsvisum gekry het skielik die land laat inkom, sodat hulle as deel van hulle kampanje daarmee kan voortgaan om ons ekonomie skade aan te doen. Die binnelandse aktiviste word daagliks astranter en dapperder in hulle aksies. As uitsondering sou dit geen slegte idee wees om die voorbeeld van ons aartsvyand, die Sowjetunie, te volg nie. Ons behoort 'n onmisverstaanbare wet aan te neem wat, onderhewig aan vyf of meer jaar tronkstraf, dit 'n misdaad maak om die staat met opset so sleg te maak dat dit tot ineenstorting van regering sou kan hydra". (Prokureur in Pretoria)
"Agter die pienk-rooi dekmantel behoort dit vir almal glashelder te wees dat sekere belange van die internasionale superkapitaal Suid-Afrika volkome in diskrediet en skande wil bring en wel volledig en vir altyd begrawe sonder inagneming van die menslike slagoffers. 'n Ernstige kompliserende faktor hierby is dat die meeste van ons eie media nie aan ons kant staan nie. Suid-Afrika is buite alle verhouding sterker en beter as wat dit voorgestel word, maar die hitte van die stryd neem toe, omdat die werklike waarheid oor Swart Afrika nou na vore kom, terwyl die Sowjetondersteunde ANC/ SACP-aanslag tot dusver nie werklik aan die gang kon kom nie. Suid-Afrika moet nou vernietig word, of dit sou daarvoor te laat kon word". (Vroeëre polisie-offisier).
“Behoort 'n mens beperkings te plaas op 'n pers van teenstanders? - Onder bepaalde omstandighede, ja. Vryheid van spraak is 'n luukse wat 'n mens kan bekostig as 'n mens geïsoleerd en in ’n toestand van vrede lewe. As 'n mens deur vyande omring is, wat geen twyfel oor hulle uiteindelike mikpunt laat nie en dan die vryheid van spraak daarvoor gebruik om die staat te ondermyn, dan is bepaalde beperkings geregverdig". (Professor aan 'n universiteit)
Baie Swartes het ingesien dat hulle met die Blankes in dieselfde boot sit en moet saamstaan as hulle nie wil ondergaan nie. 'n Swart sakeman in Sebokeng verwys na die sanksie-eise van die Suid-Afrikaanse aartsbiskop Tutu en skryf:
"Dronk van sy eie belangrikheid en met meer tyd wat hy buite as binne Suid-Afrika vertoef, is biskop Tutu in 'n duiwelsdialoog vasgevang. Die reëls van gesonde menseverstand sê vir ons dat ons 'n see van inligtingsmateriaal nodig het om ons mense in te lig, wat meesal min van sanksies en boikotte se agtergrond begryp. By biskop Tutu se portret behoort daar groot en duidelik die volgende woorde te staan: ‘Hierdie man wil van jou jou werk wegneem, jou veiligheid, jou huis en die kos van jou kinders. Hy wil jou toekoms verwoes en die toekoms van jou kinders. Hierdie man eet saam met die koningin van Holland. Hy wil hê dat jy glad nie meer iets te ete het nie'."
'n Ander Swart Suid-Afrikaner "Pro-Peace" uit Soshanguve skryf in die lesersbrief in die koerant "The Citizen" (12.10.87): “Gedurende die laaste drie jaar het ek as bekommerde burger die nuusmedia gevolg, veral die berigte oor halsbandmoorde van die 'comrades', wat op hierdie wyse 'spioene' en 'kollaborateurs' dood. Dit was 'n vreeslike en skokkende ervaring vir ons almal, nasionaal en selfs internasionaal. Tot nou toe is daar glo al 1023 mense op hierdie barbaarse wyse om die lewe gebring. Sonder die minste twyfel is hierdie metode toegepas om die baie wetsgetroue burgers in die (Swart) stadsdele te terroriseer. Onlangs het Oliver Tambo (leier van die ANC) aangekondig dat die halsbandmoorde moet ophou. Dit het baie lank geduur totdat hy en sy organisasie hulle innerlike twyfel oor hierdie saak uitgespreek het ... Dit laat 'n mens vra watter metode hulle nou sal voorstel, want hulle beveel mos aan dat (Swart) polisiemanne en kollaborateurs die doodstraf moet kry. Miskien sal daar nou ’n 'sagter', minder barbaarse metode aangewend word. My raad aan hulle is dat onderhandelings eerder die weg sal baan tot 'n beter begrip tussen die nasies as diktatoriese en barbaarse metodes. Al hierdie barbaarse en verskriklike moorde was werklik 'n verlies en 'n verkwisting van menselewens. Wat ’n skande! Mag God almal vergewe!"
Toe die regering in ooreenstemming met die noodtoestandswette, die oproer en chaos in baie Swart woongebiede en nie ten laaste nie op aandrang van die Blanke en nie-Blanke bevolking, drasties verskerpte riglyne vir die dagpers en streng maatreëls teen die "alternatiewe media" afgekondig het wat o.a. by voortgesette rewolusionêre propaganda en na eenmalige waarskuwing van die betrokke minister, die verbod op sodanige koerant tot gevolg sou hê, het daar 'n kreet van verontwaardiging in die pers van die land opgeklink. Tesame met die liberale media van die buiteland het hulle die regering beskuldig van ongeregverdigde diktatoriese maatreëls. Volgens hulle is dit veroorsaak deur sulke neurotiese, valse voorstellings soos dié van 'n "totale Kommunistiese aanslag". Hulle beskuldig die regering van vernietiging van "persvryheid" waardeur van die burgers die "reg op inligting weggeneem is en die stem van die "onderdruktes" op ondemokratiese wyse tot stilswye gebring is.
Die meeste burgers het egter verlig asemgehaal en gewonder oor die geduld en lankmoedigheid van 'n regering wat sulke staatsgevaarlike provokasies van 'n op-'n-bepaalde-doelgerigte pers so lank aanvaar het. Origens het die pers nou nog soos vantevore die reg om die regering en ander instansies te kritiseer soveel as hulle wil so lank hulle hul net weerhou van veiligheidsbedreigende rewolusionêre propaganda en opsweping tot klasse- of rassestryd. Dit verkeer daardeur in dieselfde posisie as baie ander lande van die Westerse wêreld, waar veiligheidsvereistes die voorkeur het bo 'n onbeteuelde "persvryheid".
Glad nie minder belangrik in die sielkundige oorlog teen Suid-Afrika nie is die aanval op die ekonomie. 'n Verswakking van die land se ekonomiese stelsel of die algehele ineenstorting daarvan sou die maklikste middel wees om die regering tot kapitulasie te dwing.
Die bloedige rewolusie in Suid-Afrika wat veral deur buitelandse media so dikwels voorspel is, 'n moontlike Marxistiese oorname van die regering met gepaardgaande oorname van alle bedrywe deur die staat en die druk van die tuisregerings en die "wêreldpubliek" om die rug te draai op die apartheidstaat het tot gevolg gehad dat dosyne groot firmas hulle buitelandse takke in Suid-Afrika opgegee het. Die gevolg hiervan was dat ryk Suid-Afrikaanse belangegroepe hierdie multinasionale takke, soos bv. Coca Cola, IBM, Ford, General Motors, Kodak en Barclays Bank, teen uiters gunstige pryse kon opkoop. Dis moontlik dat dit tydelik tot 'n verswakking van die produksiekapasiteit lei, maar op die lange duur beteken dit 'n versterking van die land omdat o.a. die profyte in die land bly en die tegnologiese opleiding van binnelandse deskundiges bevorder word.
Die terugtrekking en verkoop van veral Amerikaanse wêreldfirmas in Suid-Afrika word dikwels daaraan toegeskryf dat hulle die apartheidspolitiek van die land nie langer wou ondersteun nie en dus uit protes dit opgee. In werklikheid het hierdie huigelaars in die afgelope dekades sonder proteste kapitaal en reusagtige profyte uit die apartheidstaat en sy Swart arbeidskragte getrek. Tans, waar die apartheidswette tot 'n groot mate afgeskaf is, waar daar op sosiale gebied meer vir die arbeiders gedoen moet word en waar hoër belastings betaal moet word om die gelykmakingsproses binne die bevolking te finansier, waardeur die profyte van die firma's natuurlik daal, trek hulle nou terug onder die voorwendsel van morele verontwaardiging oor die apartheid. Daarby kom dan nog dat hulle terugtog in baie gevalle net 'n skynterugtog is, omdat die meeste van hulle hier nog steeds winste maak deur winsgewende tegnologie-uitruiling en omdat daar lisensie-ooreenkomste gesluit is met hulle verkoopte firmas.
"Die sleutel tot die disinformasiekampanje van die establishment," skryf die Amerikaner James P. Tucker Jr. in "Diagnosen 3/86," "lê in die weglating van feite en die skeeftrek van gebeurtenisse. Indien die Amerikaners volledige informasie en gebalanseerde beriggewing sou kry, sou hulle verontwaardig wees; die hele histeriese demonstrasies teen apartheid sou dadelik ophou en die valse liberales, wat die belange van Amerika verwoes, sou so bespot word, dat hulle die hasepad sou kies".
Die Suid-Afrikaners behoort te weet dat die sogenaamde vyandige wêreldopinie" of "wêreldgemeenskap" glad nie bestaan nie. Dit is ’n kunsmatig geskepte beeld van die media, 'n skepping van die verbeelding. Wat sulke verbeeldingsbeelde egter so noodlottig maak, is die feit dat hulle vir baie van die "intellektuele liberales" in die Weste gerusstellende illusies word, 'n skadugeloof waaraan hulle hardnekkig vasklou, omdat kennisname van so 'n reusagtige leuenkampanje teen 'n land vir hulle onvoorstelbaar en ondraaglik voorkom.
Die vyande van Suid-Afrika is nie die miljoene mense van 'n "wêreldgemeenskap" nie, maar 'n klein kliek van toutjietrekkers wat die sielkundige veldtog en die disinformasie bestuur lei om 'n "wêreldopinie" te skep en die koers van die wêreld volgens hulle wense te beïnvloed.
Vervolg...