Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Jy alleen kan so maklik ander mense in die verderf inhelp òf hulle na Christus lei – iets waarvoor jy eendag verantwoording sal moet doen (Rom 5:19)
AFRIKA SE WIT REUS (16)
Lees reeks by Afrika se Wit Reus
DIT IS DIE JAAR 1989..
Die noodsaak van apartheid
" Daar kan geen twyfel bestaan dat apartheid sielkundig geregverdig is nie. Omdat God die natuurwette daargestel het waartoe die menslike gees en die menslike natuur behoort, moet apartheid ook moreel, regverdigbaar wees... die Bybel veroordeel rassevermenging (gemengde huwelik). God verwag ook in die Bybel dat die Israeliete hulle van die omringende nasies apart hou: van die Egiptenare, die Assiriërs, die Filistyne ea. "
Vir buitelandse lesers wat tot nog toe hulle inligting oor Suid-Afrika uit eensydige bronne gekry het, mag dit interessant wees om 'n slaggie leserstemme en menings uit ander bronne te hoor. Hier volg 'n brief uit Engeland aan die Suid-Afrikaanse koerant "The Citizen" (1.10.1987):
"In Engeland begin ons nou om die voordele van apartheid in Suid-Afrika te verstaan. Die ouers hier wil graag hulle Blanke kinders in skole laat onderrig waar hulle nie 'n minderheid is nie en waar die Engelse kultuur beoefen word. Daar bestaan hier in Engeland 'n groeiende vrees dat die Swartes en die Gekleurdes besig is om die Blankes oor te neem en die vreemde kultuur aan hulle op te dring.
In stryd met die waarheid word die mense hier in Engeland wysgemaak dat die vermenging van rasse vir ons goed is.
Dit is inderdaad so dat die meerderheid bang is om openlik uit te spreek wat hulle werklik dink weens vrees om as rassis gebrandmerk te word. As ons werklik rasseharmonie met al die verskillende swart en bruin rasse wil hê, het ons meer, nie minder apartheid nodig nie. Wanneer die meeste mense na Suid-Afrika kyk, stem hulle saam met julle apartheidspolitiek. Julle moenie skuldig voel nie; ons beny julle." (Philip W., Engeland)'n Korrespondent uit Massachusetts, VSA. skryf ("The Citizen" Jan 1987): “'n Artikel in die 'Boston Globe' van 20 Oktober meld dat die voorsitter van die Nederduits Gereformeerde Kerk (NGK in Suid-Afrika) beweer dat apartheid Bybels nie regverdigbaar is nie omdat dit kwetsend is en daarom sonde is. Dit is presies so asof 'n mens sou sê dat die voorkeur van mans vir mooi vroue Bybels nie regverdigbaar is nie, omdat dit vir lelike vroue kwetsend en dus sonde is. Van Boston af bekyk, lyk dit asof apartheid Suid-Afrika daarvan gevrywaar het om net so 'n groot puinhoop te word soos die res van die kontinent en dat dit dus meer goed as sleg verrig het ... Daar kan geen twyfel daaroor bestaan dat apartheid sielkundig geregverdig is nie. Omdat God die natuurwette daargestel het waartoe die menslike gees en die menslike natuur behoort, moet apartheid ook moreel, regverdigbaar wees ... Suid-Afrika wys deur sy formele skeidingspolitiek uitdruklik op die gevaar van rassebotsing.
Die Verenigde State toon deur stilswyende apartheid dat hulle dit ook besef. Dit is sekerlik so dat byna al die Blankes wat in die VSA teen apartheid is, in Blanke woonbuurtes woon. Die huigelary in die land van Thomas Jefferson is niks buitengewoons nie. Hy het geskryf dat alle mense van hulle geboorte af gelyk is, maar het sy hele lewe deur slawe aangehou.
Die konflik tussen die aanneemlike (mooie) en die onaanneemlike (lelike) kan net een van twee dinge tot gevolg hê: skeiding tussen die twee of onderwerping van die een: of afstand of katastrofe. Die nuwe Nederduitse Gereformeerde Kerk het blykbaar katastrofe gekies. Om katastrofes te veroorsaak is egter sonde." (Charles Z., Hyde Park, VSA)
Dieselfde briefskrywer skryf in 'n latere brief aan die koerant "The Citizen" (27.3.1987) onder andere:
"Die rasseprobleem is 'n kultuurprobleem en 'n estetiese probleem; enkel of gesamentlik verwek dit 'n weersydse verwerpingsprobleem. Die enigste praktiese kuur is skeiding. Toe Swartes bv. na Mattapan (Joodse voorstad van Boston) getrek het, het die Jode weggetrek. Mattapan is tans geheel-en-al Swart. Apartheid is 'n sielkundige noodwendigheid en daarom 'n sosiale noodwendigheid en dus ook 'n morele noodwendigheid ... 'n Bymekaarkom van mense wat verskillende lewenswyses het, skep nie 'n gemeenskap nie maar 'n sirkusarena. Verskille bring skeiding mee, soos die stilswyende apartheid van Boston, Chicago en ander Amerikaanse stede bewys. Die meeste Amerikaners lewe in suiwer Blanke gebiede, waar hulle geen verskille kan vasstel nie. Hulle is van hulle dogma oortuig en is van plan om dit op Suid-Afrika af te dwing.
Amerikaanse politiek vir Suid-Afrika is dieselfde as die vir die (Viëtnamese) stad Hue: 'Ons moes die stad verwoes om dit te red.'
Suid-Afrika behoort op sy hoede te wees vir die verraderlike mag, wat in die Tweede Wêreldoorlog tot hulp van die Bolsjewisme gehaas het, wat die Libanon gedestabiliseer, Kuba verraai en die Katolieke president van Viëtnam vermoor het en wat nou geregtigheid na Suid-Afrika wil bring. Vertrou net op u self." (Charles Z., Hyde Park, VSA.)
Die volgende is die private opinie van 'n Katolieke priester wat in 'n lesersbrief moedig standpunt inneem teen die amptelike standpunt van sy kerk ("The Citizen" 17.3.1988):
"In die kerkblaaie en die nuusmedia word die woorde ‘Apartheid’, 'Rassisme’ en 'Kettery' soos tennisballe of moet ek liewers sê soos tennisrakette rondgeslaan. Om daaroor te stry ... sonder 'n duidelike definisie of 'n konsepsie is ’n nuttelose onderneming. Apartheid, soos die woord sê, beteken geskeidenheid, geskei in taal, geskei in kultuur, geskei in geskiedenis en ontwikkeling. In hierdie betekenis is apartheid so oud soos die mensdom self sedert die toringbou van Babel die wêreld verdeel en geskei het. Dit is inderdaad so dat geskeidenheid die ganse heelal deurtrek; dit oorheers die wêreld van die plante en die diere asook die menslike geskiedenis. So is dit volgens die wil van God, die Skepper.
Om te beweer ... dat daar geen suiwer ras bestaan nie en dat 'ras' 'n fiksie is, is skewe logika en belaglik. Dit is volkome in orde en normaal om trots op jou ras en nasie te wees ... Meneer v. E. betwis dat die Bybel van apartheid en differensiasie praat. Maar die Bybel veroordeel rassevermenging (gemengde huwelik). God verwag in die Bybel dat die Israeliete hulle van die omringende nasies apart hou: van die Egiptenare, die Assiriërs, die Filistyne, ens. In die boek Esra hoofstuk 10:3 word die mans, wat met buitelandse vroue getrou het, versoek om hulle saam met hulle kinders prys te gee. Kyk ook na hoofstuk 9:1. Die hele spektakel romdom apartheid berus op verwarde denke en 'n nie-agting van die Bybel en die geskiedenis." (Vader F.M., Malelane)
Suid-Afrika word gedurig opgeroep om te hervorm wat sy Swart medeburgers betref. Die pers, kerkorganisasies en buitelandse regerings druk die land tot altyd verdere toegewings. Die volgende lesersbrief weerspieël die mening van baie Suid-Afrikaners ("The Citizen'16.4.1987):
"In alle opregtheid rig ek 'n appel aan die Staatspresident om sy hervormingsprogram te oordink. Hierdie verslete woord ‘hervorming’ sal tot die ondergang van die Suid-Afrikaanse nasie lei. Vandat die 'winde van verandering', die vloek van Afrika, begin waai het, het ons 'n verdeelde nasie geword. In die Republiek Suid-Afrika staan mens nou teen mens.
Voordat die regering deur buitelandse meningmakers, dreigemente, boikotte, ens. tot hervormings gedwing is, wat ons as ontoelaatbare inmenging in 'n demokratiese land dadelik moes verwerp het, was ons 'n waarlik onafhanklike nasie, trots op ons afkoms en vol liefde vir ons mooi land. Die verskillende etniese rasse was gelukkig en gerespekteerd. Die immigrasie na ons land het gedurig toegeneem; bedrywigheid, ontwikkeling, investering en die kontak met die buitewêreld was onbeswaard; geen anti-dit of anti-dat nie, dit was 'n woord wat ons nooit gehoor het nie. Die springbok, ons sportembleem, was geag by alle nasies wat teen ons wedstryde gespeel het. Ons gesondheidinstansies - van sprinkaanbeheer tot veeartsenykundige versorging - het in die hele Afrika aanvraag geniet. Ook misdadigheid was nie so hoog soos vandag nie. Toeriste en sakelui het ons land oorstroom. Toe, ewe skielik, was daar oral 'hervormings', hervormings wat van die regering afgedwing is en tot die ondergang van die nasie sal lei." (J.G.K., Lynnwood)
Ook die Suid-Afrikaners se siening van die apartheidspolitiek van die land is natuurlik totaal anders as dié van 'n gedisinformeerde wêreldbevolking, soos blyk uit die volgende brief. ("The Citizen", 16.4.1987):
"Wat is daar eintlik te sê oor apartheid waaroor daar voortdurend eise gestel word dat Suid-Afrika dit moet ‘afskaf? Dit is tog nie op haat gebaseer nie, maar op die godgegewe verskille tussen volkere. Dit staan ook nie in die pad van sukses en aansien nie, soos baie 'vooraanstaande' persoonlikhede (insluitend 'n sekere aartsbiskop) sal moet toegee. Terwyl feitlik alle Swart volkere apartheid teenoor mekaar toepas, waarom is dit dan vir die Blankes ’n sonde om dit voor te staan? Apartheid verskaf eenvoudig die beste waarborg vir menseregte wat daar ooit deurgevoer is en daar is baie in Afrika wat wens dat hulle dit het. lndien etniese tuislande vir die Weste nie aanvaarbaar is nie, hoe is dit dan dat Betsjoeanaland (Botswana), Basoeto-land (Lesotho) en Swasieland aanvaar word? Net omdat hulle honderd jaar gelede deur die Britte daargestel is? By al die gebabbel oor menseregte is daar een reg wat nooit genoem word nie, naamlik die reg op 'n selfstandige eiesoortige lewe. Ek het nog nooit, nog by die Zoeloes, nog by die Xhosas ooit 'n gewilligheid bemerk om hulle vreedsaam aan 'n regering deur die ander een te onderwerp. In geval die Xhosa-gedomineerde ANC aan Suid-Afrika opgedring word, soos die Weste blykbaar buig of bars wil hê, hoe sal daar dan 'n burgeroorlog verhinder kan word? Het die Kubane of die Koreane genoeg troepe om die hele land te kan beset? Dit lyk asof die Swartes te laat sal insien dat apartheid die beste waarborg vir menseregte was wat hulle ooit gehad het." (Peter D., Alberton)
Vir die onbevooroordeelde leser in die buiteland het dit nou seker al duidelik geword dat "apartheid" in Suid-Afrika iets totaal anders is as wat daar al vir jare gepoog is om hom wys te maak. Die sataniese magte, wat agter hierdie kampanje staan, het twee hoofmikpunte: In Suid- Afrika moet die Swartes tot 'n rassestryd teen die Blankes opgesweep word om die regering tot 'n val te bring; en in die res van die wêreld moet die woord "apartheid" so verfoeilik raak dat dit elkeen daarvan afskrik om 'n wêreldwye rassevermenging teen te staan uit vrees daarvoor om as "rassis" of "simpatiseerder met die apartheidsisteem" gebrandmerk te word. So moet elke teenstand en elke bevraagtekening in die kiem gesmoor word. Die metode is dieselfde as dié met die skelwoorde "antisemiet" en "Nazi" waarmee elke kritiek aan Jode en elke nasionalis die swye opgelê word.
Suid-Afrika se groot fout was dat hy die aanvalle op sy politiek van "afsonderlike ontwikkeling" van die volkere nie dadelik van die begin af beveg het met 'n wêreldwye inligtingskampanje nie. Vandag is dit daarvoor te laat en die regering is genoodsaak om te gryp na "hervormings" waaraan groot gevare verbonde is en waarvan die sukses of mislukking eers in die toekoms na vore sal kom.
Vervolg...