NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Gebruik jou tyd reg. Soos Job met groot ontsag aan God in Job 14:4: "Die mens se dae is vasgestel, U het die getal van sy jare bepaal, U het dit neergelê, en hy kan dit nie oorskry nie."

'BEURTKRAG' WAS NIE NODIG (7)

WAAR SUID-AFRIKA MET SY KERNPROGRAM VANDAG KON STAAN

Jeanette Koekemoer

Lees reeks by 'Beurtkrag' was nie nodig

Met dank aan dr R.A. Basson vir 'n groot deel van die inligting hierin vervat asook aan
A R Newby-Fraser

Die geheim word onthul

"Hierdie verklaring was die hoogtepunt van byna tien jaar intensiewe geheime navorsing wat aan die begin van die sestigerjare met die besef begin is dat die meerderheid van die toekomstige kernkragreaktore, as gevolg van die laer kapitaalkoste aan die verbruik van verrykte uraan verbonde, in alle waarskynlikheid verrykte brandstof, eerder as natuurlike uraan sou vereis."

Op Maandag 20 Julie 1970 het die ligte binne die Parlementsgebou in Kaapstad helder gebrand en sodoende die somberheid van die middel van die winter verdryf wat die sambreeldraende stadswerkers geteister het. 'n Voelbare stemming van afwagting het die Volksraadsaal deurdring waar die lede van die Parlement saamgekom het. Die gevoel was byna tasbaar, want 'n berig het versprei dat die Eerste Minister op die punt gestaan het om 'n besonder belangrike aankondiging te doen. Die verwagting was soveel sterker omdat slegs 'n handjievol van die aanwesige persone bekend was met die aard van die aankondiging wat gemaak sou word. Die eerste keer sou een van die grootste geheime van die land aan die publiek onthul word. Dit het gegaan oor 'n projek wat as 'n werklik merkwaardige wetenskaplike prestasie vir 'n klein landjie soos Suid-Afrika beskou kon word, en, nog merkwaardiger, dat nie 'n woord oor die geheime werk die ore van enigiemand buite die projek bereik het nie ten spyte daarvan dat talryke wetenskaplike en tegniese personeel sowel as nywerheidsorganisasies daarby betrokke was.

'n Stilte het oor die gewoonlik spraaksame vergadering neergesak toe die Eerste Minister, John Vorster, opgestaan het.  Hy het Engels gepraat ter wille van die buitelandse besoekers en persmanne wat teenwoordig was en die nuus bekend gemaak van Suid-Afrika se uitstaande prestasie naamlik die ontwikkeling van 'n eie nuwe proses vir die verryking van uraan. Die verklaring van die Eerste Minister was van die uiterste belang vir die politiek, die wetenskap en die ekonomie en het soos volg gelui:

As gevolg van die felt dat Suid-Afrika oor omvangryke uraanbronne beskik, was een van die vernaamste oogmerke van die Raad op Atoomkrag se navorsings- en ontwikkelingsprogram wat in 1959 met goedkeuring van die regering van stapel gestuur is, om Suid-Afrikaanse uraan na 'n meer verwerkte vorm as uraankonsentraat te prosesseer. Belangrike vordering is in hierdie verband gemaak, wat dan ook van tyd tot tyd deur die Voorsitter van die Raad aangekondig is.

Dit is ook alom bekend dat 'n hele aantal lande navorsing en ontwikkeling op die gebied van uraanverryking doen, d.w.s. om uraan in wat beskou kan word as sy edelste vorm te verkry. In baie gevalle het lande dit gedoen sonder dat hulle die motivering van 'n eie produksie van uraan self, soos Suid-Afrika in 'n buitengewone mate, gehad het. Dit is daarom vanselfsprekend dat die Raad op Atoomkrag hom in die besonder sou interesseer in hierdie onderwerp en veral om twee redes:

(i) As gevolg van die toenemende vraag na uraan in die verrykte vorm is dit vanselfsprekend dat Suid-Afrika, as een van die grootste uraanproduserende lande van die wereld, dit in sy belang geag het om sy uraan in verrykte vorm te bemark;

(ii) Suid-Afrika het aan die vooraand van 'n groot kemkragprogram van sy eie gestaan.

Wetenskaplikes van die Raad op Atoomkrag het daarin geslaag om 'n nuwe proses vir uraanverryking te ontwikkel sowel as die geweldige gepaardgaande tegnologie, en hulle was nou besig met die oprigting van 'n kleinskaalse aanleg vir verryking van uraan wat op hierdie proses gebaseer is. Suid-Afrikaanse wetenskaplikes het hiermee weer eens roem vir Suid-Afrika verwerf.

Om enigsins 'n begrip te vorm van die omvang van hierdie prestasie van die wetenskaplikes van die Raad op Atoomkrag, moet genoem word dat vanweë die geweldige hoe koste van uraanverryking, slegs die V.S.A., die Verenigde Koninkryk en Frankryk in die Westerse wêreld oor sulke aanlegte beskik en dat die aanleg van Frankryk, wat die jongste toevoeging tot verrykingsaanlegte in die Weste is en heelwat kleiner is as die V.S.A.-aanlegte, ongeveer R700 miljoen gekos het (ontwikkelingskoste ingesluit). Die hoë koste lê enersyds in die ontwikkeling en toepassing van die gesofistikeerde tegnologie verbonde aan uraanverryking, wat deur diegene wat daaroor beskik streng geheim gehou word, en andersyds in die feit dat slegs in baie groot aanlegte verrykte uraan teen 'n redelike prys vervaardig kan word.

Die Suid-Afrikaanse proses, wat uniek is in sy konsep, is reeds tot die stadium ontwikkel waar dit na beraming onder Suid-Afrikaanse omstandighede in 'n grootskaalse aanleg mededingend met dié van bestaande aanlegte in die Westerse wêreld toegepas kan word. Wat egter nog belangriker is, is dat die proses nog groot moontlikhede bied vir ontwikkeling tot veel hoër doeltreffendheid.  Navorsings- en ontwikkelingswerk om dit te bereik, word onverpoosd voortgesit.

Dit is ongelukkig nie moontlik om die name te noem van al die wetenskaplikes en tegnici wat 'n bydrae tot hierdie belangrike ontwikkeling gelewer het nie. Die twee wat vanaf die begin hierby betrokke was en nou nog aan die voorpunt staan, wil ek egter noem. Hulle is dr. A. J. A. Roux en dr. W. L. Grant.  Dr. Roux, tans Voorsitter van die Raad, het die ontwikkeling van stapel gestuur deur sy afdelingshoofde in die vroeë sestigerjare byeen te roep en hulle te versoek om met die oog op die belangrikheid van uraanverryking vir Suid-Afrika as groot uraanprodusent, aan moontlike nuwe prosesse te dink. Een van die destydse hoofde, dr. W. L. Grant, tans Direkteur-generaal van die Raad, het die beginsel vir die nuwe proses voorgestel.

Onder dr. Roux se algemene leiding is die werk voortgesit en in sy huidige hoedanigheid van Voorsitter bestee hy nog 'n groot deel van sy tyd aan die bevordering van die projek, waarvan soveel aspekte sy persoonlike aandag verg. Dr. Grant was vanaf die begin projekleier, 'n taak wat hy met die span wetenskaplikes en tegnici wat daarby betrokke is met die grootste nougesetheid en groot sukses deurgevoer het. Hierdie twee wetenskaplikes wat reeds 22 jaar intiem saamwerk om die wetenskap in Suid-Afrika te dien en mekaar uitstekend aanvul, het deur hulle gesamentlike optrede en leiding beslag gegee aan hierdie belangrike ontwikkeling — 'n ontwikkeling wat afgesien hiervan nie suksesvol deurgevoer kon word nie as dit nie was vir die wesentlike bydrae (in sommige gevalle baie groot), onvermoeide ywer en lojaliteit van elke lid van die personeel wat hierby betrokke was nie.

Wanneer ek hierdie belangrike aankondiging doen, wil ek weer eens beklemtoon, soos so dikwels vantevore alreeds van regeringsweë gedoen is, dat Suid-Afrika se navorsings- en ontwikkelingsprogram op die gebied van kernenergie uitsluitlik toegespits is op die vreedsame toepassings daarvan. Ek moet dit weer beklemtoon, want soos ons almal weet, sal dit verkeerd vertolk word. Ek moet dus herhaal dat dit uitsluitlik op die vreedsame toepassings daarvan toegespits is.

In hierdie verband wil ek selfs verder gaan. Suid-Afrika is nie van voorneme om die groot voordele wat hierdie ontwikkeling vir die wêreldgemeenskap inhou van hom te weerhou nie. Ons is daarom bereid om met enige nie-kommunistiese land(e) wat daartoe begerig is, saam te werk in die eksploïtasie van die proses, maar onderhewig aan 'n ooreenkoms wat ons belange sal beskerm. Ek moet egter benadruk dat ons in die verdere ontwikkeling en toepassing van die proses alleen die vreedsame aanwending van kernenergie sien en beoog, want alleen dan kan dit tot ons voordeel en tot dié van die wyere gemeenskap strek.

Ek wil dit verder onomwonde stel dat Suid-Afrika bereid is om sy kernaktiwiteite aan 'n waarborgstelsel wat inspeksies insluit, te onderwerp, onderhewig aan die voorwaardes dat:

(i) hy in geen opsig beperk word om die vreedsame toepassing van kernenergie te bevorder nie;

(ii) hy nie gevaar loop dat besonderhede oor sy nuwe proses deur inspeksies kragtens die waarborgstelsel uitlek nie, en;

(iii) die genoemde inspeksiestelsel, hoewel doeltreffend, ten minste ook op 'n redelike grondslag ingestel word sodat dit nie inbreuk maak op die normale doeltreffende bedryf van die betrokke nywerhede nie.

Suid-Afrika het, soos die Raad weet, nog nie tot die kernsperverdrag toegetree nie, en hy het by verskeie geleenthede dit duidelik gestel dat hy deelname daaraan sal oorweeg sodra die waarborgstelsel waaraan dit hom sou onderwerp, bekend is. Die Internasionale Atoomenergieagentskap is tans besig om sy waarborgstelsel te ontwerp en sodra die aard en omvang daarvan bekend is, sal Suid-Afrika sy toetrede ernstig oorweeg in die lig van die voorafgaande uiteensetting.

Ten slotte wil ek noem dat nog gedurende die huidige Parlementsessie wetgewing deur die Minister van Mynwese ingedien sal word om 'n korporasie vir die verryking van uraan in te stel en om voorsiening te maak vir aangeleenthede wat daarmee in verhand staan.

Hierdie verklaring was die hoogtepunt van byna tien jaar intensiewe geheime navorsing wat aan die begin van die sestigerjare met die besef begin is dat die meerderheid van die toekomstige kernkragreaktore, as gevolg van die laer kapitaalkoste aan die verbruik van verrykte uraan verbonde, in alle waarskynlikheid verrykte brandstof, eerder as natuurlike uraan sou vereis. Gesien Suid-Afrika se oorvloedige uraanhulpbronne het die aanvaarding van hierdie voorspelling meegebring dat die moontlikheid om 'n uraanverrykingsnywerheid te vestig ten minste ondersoek moes word omdat sodanige veredeling dit moontlik sou maak om die uraan in sy mees gesofistikeerde vorm te bemark met die gepaardgaande ekonomiese voordele wat op feitlik 'n verdubbeling van die buitelandse valuta-ontvangste uit uraanverkope kon neerkom.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3258 gaste aanlyn