NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

‘n Mens vind selde die lewe die moeite werd; jy maak dit eerder die moeite werd!

'BEURTKRAG' WAS NIE NODIG (12)

WAAR SUID-AFRIKA MET SY KERNPROGRAM VANDAG KON STAAN

Jeanette Koekemoer

Lees reeks by 'Beurtkrag' was nie nodig

Met dank aan dr R.A. Basson vir 'n groot deel van die inligting hierin vervat asook aan
A R Newby-Fraser

"Hoewel dit vandag nie denkbaar is dat 'n kragsentrale volgens die PELINDUNA-konsep in sy oorspronklike vorm in Suid-Afrika gebou sal word nie, was die jare van navorsing en ontwikkeling wat aan die projek bestee is nie verlore nie en is daar 'n groot stap nader aan die ideaal van kernenergie in Suid-Afrika gegee. Die doelstelling om 'n skatkamer van kerndeskundigheid daar te stel, is bereik. Hierdie manne was in staat om met verdere navorsing daardie ideaal te verwesenlik.  En dit was moontlik om 'n treffende spangees te skep wat, ten spyte van die trauma van die projek se einde, 'n kenmerk van Pelindaba was tot dit ook deur politieke oorwegings tot 'n einde gebring is."

Wanneer uraan as brandstof gebruik word, was dit uit 'n reaktorfisiese gesigspunt noodsaaklik dat 'n materiaal met 'n lae neutron-absorpsiekansvlak vir die brandstofhouerbuis gekies word. Die enigste geskikte materiaal wat oor die nodige fisiese en meganiese eienskappe beskik het, was sirkonium en sirkoniumlegerings. Die geredelik beskikbare Zircaloy-Z se sterkte was by die bedryfstemperature van PELINDUNA onvoldoende en hoewel ander legerings van sirkonium soos niobiumsirkonium van 1 % geskikter was, het dit hoër neutronvangskansvlakke getoon en dit sou 'n beduidende negatiewe uitwerking op die neutronekonomie van die reaktor gehad het. Ondersoek van sirkoniumbeklede 3Z1 en legerings wat nie metaaldispersoïede bevat nie, soos kalsiumoksied, het 3Z1 op grond van korrosie as mededinger uitgeskakel terwyl kalsiumoksied weens sy reduksie tot die metaal kalsium sowel as verdamping gedurende die sinteringsproses as ongeskik bewys is.

Die inperkbuisprobleem is nooit vir die oorpsronklike PELINDUNA-konsep met natuurlike uraan opgelos nie, maar vir die gewysigde konsep waarin effens verrykte uraan gebruik sou word, sou roesvry staal heeltemal bevredigend wees.

Talle ander ondersoeke is ook ingekort deur die besluit om die projek te staak. Onder hulle was die ondersoek van die meganiese gedrag van brandstofballe onder toestande van beheerde temperatuur en bestraling waarvoor'n lus vir die bestraling van kapsules wat uraanbrandstofballe bevat, langs die kant van die poel van SAFARI-1 ingerig is. Omdat die bereikbare drywingsdigtheid in hierdie posisie veel laer is as wat vir PELINDUNA in die vooruitsig gestel is, sou die deursneë van die natuurlike uraanballe van 10 tot 30 mm vergroot word. By laasgenoemde deursneë sou die geïnduseerde oppervlakspanning dieselfde wees as dié in die kleiner balle van die PELINDUNA-brandstofelement.

Brandstofballe van dieselfde deursneë as wat gebruik sou word, maar verryk tot die vereiste graad om hulle dieselfde temperatuurverspreidings en spannings in die bestralingskapsule te laat ontwikkel as wat in die kragreaktor ondervind sou word, was ook 'n onderwerp van ondersoek met die bedoeling om 'n antwoord op die vraag te vind of kraking van die metaalballe 'n probleem sou veroorsaak. Terselfdertyd was dit nodig om die stabiliteit van uraanballe in 'n gepakte bedding te ondersoek asook die uitvoerbaarheid van die gebruik van kleiner balle om die energieopbrengs te verhoog.

Dit was ook nodig om probleme in verband met die hitteruiling tussen die vloeibare natrium en die uraanballe, en oor die algemeen in verband met die vloei-eienskappe van die koelmiddel in die brandstofelement, op te los. Krommes waarmee dit moontlik was om die hitteontwikkeling in die brandstofelement stelselmatig te ontleed, is bereken en die korrelasie tussen die vloeiweerstand vir die natrium in die PELINDUNA-brandstofelement en die parameters van die element self kon ook vasgestel word sodat dit moontlik was om drukvalle met redelike noukeurigheid te bepaal. Die uitslag van hierdie ondersoeke het daarop gedui dat die ontwerpprobleem, uit 'n vloei- en hitteruiloogpunt gesien, in 'n groot mate opgelos was en dit wou voorkom asof dit, onder gunstige omstandighede en met brandstofballe met 'n deursneë van 2,5 mm, moontlik sou wees om 'n gemiddelde, spesifieke drywing van meer as 100 W/g te bereik met 'n maksimum temperatuurverskil van ongeveer 70 °C tussen die middelpunt van die balle en die uitlaatnatrium by 500 °C en met 'n temperatuurstyging van 220 °C in die natrium.

Hierdie hoë spesifieke energie-opbrengs was een van die belangrikste eienskappe van die konsep en het uitstaande bedryfsekonomiese voordele gebied, maar dit het ook meegebring dat reaktore wat op hierdie konsep gegrond sou word, baie groot sou moes wees. 'n Kragreaktor met 'n hartgrootte van 3 m X 3 m X 3 m en wat 100 elemente bevat, sou byvoorbeeld 'n hitteopbrengs van 2 3001VIW lewer. Nadat die probleme van hitte-oordrag tussen die brandstof en die natrium uitgestryk is, is oorweging aan regstreekse hitteruiling tussen natrium en stoom verleen wat tot die begrip van 'n besonder groot hitteruiler vir 'n reaktor van 300 MW gelei bet. Hierdie benadering het 'n aantal probleme aan die lig gebring wat nie in kleiner hitteruilers ondervind is nie. Dit het die bepaling van die uitwerking van vervaardigingsmetodes en van verskeie spannings wat geïnduseer kon word nodig gemaak sowel as 'n waardebepaling van die uitwerking van temperatuurstyging in die hart en by die hartuitlaat asook van stoom en toevoerwatertemperature op die bepaling van die grootte van die hitteruiler. Al hierdie faktore het die gebruik van 'n U-buissamestel genoodsaak om die groot lengte van 'n heringangshitteruiler met dubbelbuise te vermy en die differensiële uitsetting en spannings binne redelike perke te hou. Besorgdheid oor die moontlikheid van 'n hewige chemiese reaksie tussen natrium en stoom indien'n brandstofelement sou swig, is deur studies uitgeskakel wat aangetoon het dat die voorgestelde hitteruilerontwerp uit 'n veiligheidsoogpunt baie aantreklik was. Al die reaktor-ingenieurswese-studies het daarop gedui dat die konsep selfs belowender was as wat oorspronklik vermoed is en 'n duideliker beeld is van die omvang van die probleme verkry wat met die ontwikkeling daarvan verband gehou bet. Dit wou voorkom of al hierdie probleme vir 'n redelike praktiese en ekonomiese oplossing vatbaar sou wees alhoewel verdere werk om die fyner besonderhede te bepaal natuurlik nog gedoen sou moes word.

In ooreenstemming met die benadering dat 'n sentrale navorsingsdraad die belangstellings van alle dissiplines op Pelindaba moes saambind, het die inspanning van die ingenieurs en reaktorfisici natuurlik met dié van die skeikundige en metaalkundiges gepaard gegaan. Gesien dat die konsep van onbeklede brandstofballe gebruik is, was daar altyd die moontlikheid dat klowingsprodukte uit die brandstof na die koelmiddel kon ontsnap en hieroor moes vroeë opheldering dus verkry word. In werklikheid is gevind dat wanneer balle van 2,5 mm gebruik is, die omvang van hierdie ontsnapping klein was en slegs ongeveer 0,4 % van al die gevormde klowingsprodukte bedra het. Daar is verder aangetoon dat 'n verwante probleem, naamlik dié van terugslag weens die vrystelling van klowingsprodukte wat veroorsaak dat uraanatome uit die balle uitgeskop word en dus tot brandstofverarming of verdamping aanleiding gee, van weinig belang was. Dit is deur sowel die resultate wat in vakuum- en in gasomgewings behaal is as die ondervinding met die snelreaktor in Dounreay getoon. Die oplosbaarheid van klowingsprodukte in vloeibare natrium het tussen 'n breuk van 'n deel per miljoen en etlike persent gewissel. Oor die algemeen het dit met stygende temperatuur toegeneem alhoewel 'n daling in 'n aantal gevalle waargeneem is. Dit was 'n waardevolle bevinding want dit het beteken dat omstandighede in 'n werklike stelsel geskep kan word om die vorming van versadigde oplossings te vermy deur, byvoorbeeld, koue- of warmvalle om elemente met positiewe of negatiewe temperatuurkoelfisiënte onderskeidelik te verwyder.

Die metaalkundiges het 'n dubbele rol gespeel. Hulle moes die brandstof in die verlangde vorm vir PELINDUNA produseer en daarna die gedrag van die brandstof en ander komponente onder reaktorbedryfsomstandighede bepaal. In die oorspronklike brandstofelement-ontwerp is balle van natuurlike uraan met 'n deursnee van 10 mm gebruik. Die onmiddellike behoefte was 600 000 balle met 'n totale massa van ongeveer ses ton.

Die aanvaarde vervaardigingsmetode het koudsmeding van stawe met 'n deursnit van 32 mm behels. Die stawe is dan in lopers opgesny, in 'n soutbad tot 950 °C voorverhit en daarna gestrangpers. Die gestrangperste stawe is weer eens in silindriese stukke gesny wat daarna in 'n groef tussen twee saamroterende walse ingedruk is. Die walse het teen verskillende omtreksnelhede gedraai en die gevolglike wrywingsverhitting het veroorsaak dat die silinders in die groef warmgesmee is. Dit is gevolg deur blussing in 'n oliebad om sodoende verdere oksidering te vermy. Op ongeveer hierdie tydstip is op grond van reaktorfisiese- en ingenieursoorwegings besef dat om effens verrykte eerder as natuurlike uraan te gebruik doeltreffender sou wees en dat om die maksimum ontwikkelvermoë vir 'n gegewe reaktorgrootte te behaal, nodig sou wees om kleiner uraanballe te gebruik om te verhoed dat die oppervlakspannings die maksimum treksterkte van uraan bereik. Dit wou voorkom asof 'n deursnit van 2,5 tot 3 mm die korrekte grootte sou wees. Vir die vervaardiging van sulke klein balletjies is 'n loodhad-metode getoets waarin gesmelte uraan in gesmelte sout gegiet word om dan onder die invloed van oppervlakspanningskragte tot 'n groot aantal klein balletjies te stol, maar het oor die algemeen swak resultate gelewer. Die metode is gevolglik ten gunste van 'n koudsmee-tegniek laat vaar. Hierdie ondersoeke het goeie sterk balletjies binne die voorgeskrewe toleransies gelewer en aangesien die afsny van lopers vir smeding geen probleme veroorsaak het nie, het alles daarop gedui dat, indien geskikte uraandraadgrondstof verkry kon word, balletjies volgens hierdie tegniek op 'n bevredigende wyse teen 'n redelike koste gemassaproduseer kan word.

Omdat dit wou voorkom asof uraankarbied ook moontlik 'n aantreklike brandstof vir PELINDUNA kon wees, is 'n ondersoek na die sintese en vervaardigingsvereistes daarvan onderneem, maar hoewel matrysuitpersing en sintering, plasmaboogsweising, die sol-jel-proses sowel as agglomerasietegnieke almal ondersoek is, kon geen bevredigende metode vir die massaproduksie van balletjies met 'n deursnee van 2 tot 3 mm ontwikkel word nie. Die gedrag van die brandstof met betrekking tot stralingskade en afmetingsvastheid is met 'n lus ondersoek wat in die handel beskikbaar was en wat so ontwerp was dat die bedryfstoestande waaraan die balletjies in 'n kragreaktor onderworpe sou wees, noukeurig in die hart van SAFARI-1 nageboots is. Volgens hierdie werk wou dit voorkom of die beperkings op die gebruik van uraanbrandstof in metaalvorm veel minder beperkend was as wat voorheen vermoed is, veral indien 'n bedryfstemperatuur van ongeveer 600 °C by redelike hoë drywingsdigthede bereik kon word. Hierdie gevolgtrekking is gemaak op grond van die verbasende ontdekking dat om uitswelling te verminderr, uraanmetaalbrandstof by temperature tussen 530 °C en 700 °C gehou moes word indien die drywingsdigtheid groter as 15 W/g is. Aangesien die ontwerp van PELINDUNA sodanig was dat daar regstreekse, deurlopende aanraking tussen die uraanbrandstof en die natriumkoelmiddel sou wees, moes die moontlikheid van korrosie van die brandstof deur die natrium in ag geneem word. Eksperimentele werk het bevestig dat die uraanmassa verminder het indien klein hoeveelhede suurstof in die natrium teenwoordig was, maar het ook aangedui dat die verband tussen hierdie verlies en die temperatuur onvoorspelbaar was. Daar is egter gelyktydig gevind dat 'n beskermende en klewende oksiedlaag by temperature bo 450 °C op die uraan gevorm het — 'n reaksie wat klaarblyklik van aansienlike waarde vir die onderdrukking van korrosie kon wees.

In der waarheid is aangetoon dat die suurstofkonsentrasie in die PELINDUNA-konsep onbelangriker was as in stelsels wat nie onbeklede uraan gebruik nie omdat die uraan self al die aanwesige suurstof fikseer sowel as enige suurstof wat in die stelsel mag inlek. Daar is dus besluit dat katastrofiese korrosie van die uraan nie 'n probleem vir hierdie konsep was nie.

Teen die einde van 1966 was voldoende gegewens oor die uitvoerbaarheid van brandstofvervaardiging, die stabiliteit van die metaalbrandstof en oor die relatiewe belangrikheid van brandstofkorrosie beskikbaar. Dit was toe moontlik om 'n betroubare totale waardepeiling van die konsep te maak. PELINDUNA het as reaktorstelsel klaarblyklik sekere treffende voordele gebied en dit was dus ironies dat sy grootste voordeel, naamlik die hoë spesifieke drywing wat na verwagting 100 W/g te bowe sou gaan, die oorsaak van twyfel was. Juis weens hierdie kenmerk, was die kleinste, doeltreffende reaktor wat natuurlike uraan as brandstof sou gebruik en die hoë spesifieke drywingspotensiaal ten volle sou benut, een met 'n elektriese drywing van ongeveer 1 000 MW.

Dit was destyds onwaarskynlik dat sodanige groot enkeleenheid binne die volgende 15 jaar in die Suid-Afrikaanse ontwikkelstelsel opgeneem sou word. Alhoewel die reaktor aansienlik verklein kon word deur uraan wat van 1 tot 2 % verryk is in plaas van natuurlike uraan as brandstof te gebruik, het Suid-Afrika destyds nie oor sy eie verrykingsgeriewe beskik nie. Gedagtig aan die doelstelling van onafhanklikheid van buitelandse brandstofvoorsiening vir energiedoeleindes sou sodanige stap geen voordele ingehou het nie.

Daar is verder geredeneer dat indien die kommersiële toepassing van die PELINDUNA-stelsel, gebaseer op natuurlike uraan, tot in die tagtigerjare uitgestel moes word, dit baie waarskynlik was dat dit dan met snelkweekreaktore sou moes meeding wat teen daardie tyd, so het dit voorgekom, moontlik'n gevorderde stadium van ontwikkeling sou bereik het en besig sou wees om krag ekonomies te ontwikkel.

Die betekenisvolste oorweging was egter waarskynlik die fenomenale sukses van die uraanverrykingsprojek. Sowel PELINDUNA as die verrykingsprojek het feitlik gelyktydig 'n stadium bereik waar die oprigting van 'n groot demonstrasie- of aanvooraanleg met baie ernstige finansiële implikasies vir elk as 'n volgende stap nodig was. Om twee sodanige projekte gelyktydig aan te pak, sou 'n las meebring wat die Republiek nie kon dra nie. Geen kompromis was moontlik nie — dit moes die een of die ander wees. 'n Waardebepaling van die internasionale uraanmark het 'n naderende tekort van redelik goedkoop uraan voorspel. Dit sou onvermydelik tot 'n uitbreidende en mededingende mark lei wat daarop gedui het dat die Republiek se belange die beste deur 'n kanalisering van die beskikbare navorsingspoging na 'n uitgebreide brandstofontwikkelingsprogram gedien kon word. 'n Moeilike, maar ryp besluit is geneem om die ontwikkeling van Suid-Afrika se kragreaktorkonsep te staak, wat agternagesien, die korrekte was. Die nie-tegniese en inheemse betekenis van die woord PELINDUNA het werklikheid geword. Wat beteken die woord eintlik? `Die hoofman is klaar, die hoofman is dood' (van pelile induna).

Alhoewel sommige ontwikkelingsrigtings nog 'n tyd lank aandag gekry het, het die projek toe stadig tot stilstand gekom. Daar is met die bestudering van sekere fasette van natriumtegnologie voortgegaan omdat geredeneer is dat dit van waarde mag wees wanneer die snelkweekreaktor kommersiële rypheid bereik. Ondersoeke van die kritieke opstelling en met die warm- en brandstofbestralingslusse is tot 'n logiese einde gevoer.

Hoewel dit vandag nie denkbaar is dat 'n kragsentrale volgens die PELINDUNA-konsep in sy oorspronklike vorm in Suid-Afrika gebou sal word nie, was die jare van navorsing en ontwikkeling wat aan die projek bestee is nie verlore nie en is daar 'n groot stap nader aan die ideaal van kernenergie in Suid-Afrika gegee. Die doelstelling om 'n skatkamer van kerndeskundigheid daar te stel, is bereik. Hierdie manne was in staat om met verdere navorsing daardie ideaal te bereik.  En dit was moontlik om 'n treffende spangees te skep wat, ten spyte van die trauma van die projek se einde, 'n kenmerk van Pelindaba was tot dit ook deur politieke oorwegings tot 'n einde gebring is. Namate die herinneringe aan PELINDUNA wegsterf, benadruk die volgende woorde van dr Grant die voortdurende voordele van sy span se inspanning: `Die buigsame ontwerp van PELINDUNA het sommige van die mees gevorderde en progressiewe tegnieke in kernkragontwikkeling bevat. Ons het veel daaruit geleer wat nooit verlore moet gaan nie. Dit het ons in staat gestel om 'n geweldige kernkragtegnologiese stap vorentoe te doen'.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3261 gaste aanlyn