Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Gelowiges is anders as wêreldlinge; beproewings maak hul geloof sterk. Gelowiges wen deur hul verliese, ontvang krag in hul siekwees, wen vriende in hul beproewing en behaal oorwinning deur hul verliese.
KOMMENTAAR SONDER GRENSE (6)
Die SAUK... en die storie daaragter
L J Bothma
1988
Lees reeks by Die SAUK... en die storie daaragter
Die Carlton-beraad
Mnr P W Botha het die nuwe rigtings wat mnr John Vorster ingeslaan het, verseël. Een hiervan was om die regering amptelik op 22 November 1979 tot die vryemark-beleid te verbind. Naas die Botha-regering se aanvaarding van die Wiehahn- en Riekertverslae, was dit die betekenisvolste oorwinning wat die linkse politiek nog ooit in Suid-Afrika behaal het. Binne die bestek van slegs vier jaar het die Vryemarkstigting ’n beslissende deurbraak gemaak.
Die SAUK het weer eens gehelp om die nodige klimaat te skep deur aanhoudend op die deugde van vrye onderneming te hamer. Daar is veral van die taktiek gebruik gemaak om dit teenoor die sosialisme af te speel, soos wat die geval op 4 Mei 1979 was onder die opskrif: “Vrye Onderneming versus Sosialisme”. Die SAUK het 1979 dan ook pertinent uitgelig as ’n jaar waarin baie gedoen is om sogenaamd vrye onderneming te bevorder en te versterk. Daar is weer, soos so dikwels die geval was, van die veralgemeningstaktiek gebruik gemaak nadat die klimaat vir verandering eers goed gevestig was. In die verband is gesê: “ ’n Relatief jong land, Suid-Afrika, bevestig sy geloof in die stelsel van vrye onderneming en tref moedig maatreels om dit te versterk." Verreweg die grootste gedeelte van die blankes het egter geen benul gehad van die rigting waarin hierdie eienaardige soort vryeondernemingstelsel die land sou stuur nie. Hulle is salig onder die indruk gehou dat ’n bolwerk nou teen die kommunisme en sosialisme gevestig word. Dit was allermins die geval.
Voordat die Botha-regering horn amptelik tot die wel en weë van die linkse sakelui verbind het, het hy reeds ’n paar betekenisvolle skuiwe gemaak wat ’n stewige grondslag gele het vir die vennootskap wat moes kom. Mnr John Maree, uitvoerende direkteur van die Barlow Rand-groep, is byvoorbeeld aan Krygkor gesekondeer. Die voorsitter van General Mining, dr Wim de Villiers; die voorsitter van Ou Mutual, dr J G van der Horst, en die besturende direkteur van die Suid-Afrikaanse Brouerye, mnr Dick Goss, is genooi om vergaderings van die Staatsdienskommissie by te woon en om raadgewend op te tree oor algemene beleid.
Voorts is mnr Gavin Relly, voorsitter van Anglo American; mnr Ted Pavitt, voorsitter Union Corporation; en dr Fred du Plessis van Sanlam as direkteure van Sasol aangestel. Die direkteur van die Gefedereerde Kamer van Nywerhede, dr Hennie Reynders, is as voorsitter van die Nasionale Mannekragkommissie aangestel.
Op 22 Augustus 1979 kon die SAUK rapporteer: “Die private sektor is genooi om ho by die openbare sektor te skaar in die bevelstruktuur van die ekonomiese front. Inderwaarheid is die private sektor gevra om die voortou te neem. " Daarmee is die sleutel tot die politiek ook aan hierdie sakelui gegee. ’n Rukkie later, op18 September 1979, het die SAUK in die verband opgemerk: “Die private sektor is soos nog nooit vantevore nie betrek by regeringsake.” Net die dag daarna het die opskrif van Redaksionele Kommentaar gelui: “Die polities-ekonomiese vennootskap in Suid-Afrika." Daaronder is die volgende betekenisvolle opmerking gemaak: “Die stap kon in werklikheid bestempel word as die klimaks van ’n reeks ontwikkelings vanjaar, wat ’n toenemende regeringsverbintenis toon om die private sektor te betrek by regstreekse regeringsbesluitneming en beleidsformulering op sleutelterreine aan die ekonomiese front. " Met dit as sy vertrekpunt, het die Botha-regering die groot sakelui op 22 November 1979 in die Carlton-sentrum ontmoet om ’n sogenaamde “nasionale strategie” te beplan met ’n konstellasie van state as grondslag.
Verskeie bekendes uit die Vryemarkstigting en die PFP was teenwoordig. Onder hulle het getel mnr Harry Oppenheimer, mnr Dick Goss, mnr S 0 Goodwin, mnr Raymond Parsons, mnr Basil Hersov, dr A D Wassenaar, dr Anton Rupert, dr Albert Wessels, dr Wim de Villiers, dr Hennie Reynders, dr Frans Cronje en mnr Jan Steyn. Verskeie swart sakelui was ook teenwoordig, sodat die ware gees van die nuwe beleidsrigtings van die regering aan
die wêreld vertoon kon word. Onder hulle was mnr Sam Motsue-nyani van NAFCOC, wat reeds deur die regering in die Nasionale Mannekragkommissie aangestel was. Dit verg nie veel insig om in te sien dat die konferensie niks anders was as ’n verbond tussen die NP en sy linkse opposisie nie. Die openbare sektor is maar net ’n verwaterde benaming vir die NP-regering en die private sektor is die skuilnaam van die linksgesinde sakelui.
Hierdie verskuilde alliansie is aan die publiek voorgehou as ’n “totale strategie” teen die sogenaamde “totale aanslag”. Mnr P W Botha het pertinent in sy rede op die konferensie verwys na die gevaar van die Marxistiese aanslag en die vermoë van die vrye ondernemingstelsel om dit die hoof te bied. Suid-Afrika moes glo aan die hele Suider-Afrika wys dat die stelsel die meerdere van die kommunistiese stelsel is. Volgens mnr Botha het die sakeman en nyweraar ’n deurslaggewende rol om in hierdie verband te speel. Met bestryding van Marxisme, kommunisme en sosialisme, het die Carlton-alliansie egter weinig te make gehad. Dit het eerder alles te doen gehad met die afbreek van apartheid, die maak van super-winste en die oorname van politieke inisiatiewe deur die linkse sakelui.
Op 26 November 1979 het die SAUK die volgende betekenisvolle nabetragting gegee: “Wat hier ter sprake is, is die vooruitgang van die hele Suider-Afrika en al sy mense, en nie ideologie en regeringsvorm nie. Kleur, geloof, taal of besondere politike rigting is nie ter sprake nie. Dit is ’n a-politiese program. Die Eerste Minister het gesê deelname aan die konstellasie het niks te make met afsonderlike ontwikkeling nie.” Dit sou naïef wees om te dink dat die linkse sakelui met die regering sou ooreenkom oor ’n plan om apartheid te versterk. Eweneens het mnr Botha en sy kabinet ook nie daarop aangedring nie, maar duidelik in die linkse idioom gepraat.
Die mees logiese afleiding wat uit die betrokke sakelui se geesdrif by die konferensie vloei, is dat die regering vir hulle groter winsgeleenthede aangebied het. Die Carlton-konferensie is dan ook voorafgegaan met 'n aankondiging deur dr Piet Koornhof oor die oopstelling van sakegebiede. Dit is onmiddellik verwelkom deur die Vereniging van Earners van Koophandel.
’n Paar maande na die konferensie het die SAUK in soveel woorde bevestig dat die Suid-Afrikaanse Federasie van Nywerheidskamers, "Post-Apartheid South Africa", by monde van die president, mnr J R Wilson, hierdie waarheid prontuit stel deur te sê:
“There is a widespread perception among critics of South Africa that apartheid is good for business. Whether or not this might have been true in the past is an issue that others will have to resolve. At the present time however, business is clearly stating its position that in fact apartheid is very bad for business and must be removed from the tute book in its entirety." Daar kan nooit enige twyfel wees dat die Carlton-konferensie ’n sameswering tussen die Nasionale Party en sy linkse opposisie was om apartheid te breek nie.Die Goeie Hoop-konferensie – vervolg...