NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die verloop van elkeen van ons se geskiedenis berus by die keuses wat ons maak. Ons kan ook kies om NIE ons eie vyand te wees nie – 'n keuse wat ongelukkig deur baie min mense gemaak word.

ANC GESONDHEIDSORG WORD DOODSAKE

INSTELLING VAN NASIONALE GESONDHEIDSORGVERSEKERING (NGV)

Leon Schoeman (B.Pharm)

Die kommunistiese regime is besig met die implementering van die NGV of soos dit in Engels bekendstaan, die National Health Insurance (NHI).

Wat behels dit? Die NGV se doel is om al die inwoners van die land onder een sambreel-gesondheidsdiens te plaas. Alhoewel privaat mediese fondse nog vir ‘n wyle sal voortbestaan sal hulle rol hoogstens aanvullend van aard wees en sal elke landsburger aangewese wees op die NGV vir hul gesondheidsorg. Die NGV is ‘n sentrale fonds waaruit die staat alle gesondheidsorg wil finansier. Alle salaristrekkers sal verplig word om direkte bydraes tot die NGV te maak.

Die beleidsdokument van die Departement van Gesondheid wat verlede jaar oor die inwerkingstelling van die NGV verskyn het, stel dit as doelwit om teen 2030 die volgende te bereik:

“...everyone must have access to an equal standard of care, regardless of their income, and that a common Fund should enable equitable access to health care, regardless of what people can afford or how frequently they need to use a service.”

En natuurlik die welbekende slagoffer-gebrabbel wat so tipies is van ‘n impotente regering, wat selfs 24 jaar nadat hulle aan bewind gestel is, steeds hul eie onvermoë op die vorige bedeling moet blameer. Dit lui as volg in die voorwoord van die NGV Konsepwet van Junie 2018:

“Recognising the socio-economic injustices, imbalances and inequities of the past, the need to heal the divisions of the past and to establish a society based on democratic values, social justice and fundamental human rights and the need to improve the life expectancy and the quality of life of all citizens” .

Teen alle gesonde verstand in, wil die staat die disfunksionele gesondheidstelsel wat hy 24 jaar gelede in een honderd persent werkende toestand ontvang het - maar sedertdien gereduseer het tot maar ‘n vae afskynsel daarvan - nou verder belas met die deel van die bevolking wat tans hulleself van mediese sorg voorsien deur middel van privaat mediese fondse. Waarom hierdie addisionele 9 miljoen pasiënte toevoeg tot ‘n reeds erg oorbelaaide stelsel?

In Junie vanjaar is ‘n verslag van die Office of Health Standards Compliance in die parlement ter tafel gelê. Dit lui dat uit die 696 hospitale en klinieke wat geïnspekteer is, slegs 5 voldoen het aan die vereiste slaagmerk. Inspeksie van klinieke waar die NGV reeds operasioneel is toon dat hulle geensins beter vaar as die res nie. Hoe maak dit dan enigsins sin om die stelsel verder te belas met die addisonele 13% van die bevolking wat nie tans gebruik maak van staatsgeriewe nie?

Dit is baie duidelik dat hier ‘n verskuilde agenda is. Die ANC vind dit onvanpas dat sekere lede van die bevolking steeds Eerste Wêreld-standaard gesondheidsorg geniet terwyl die oorgrote meerderheid van ‘hulle’ mense tevrede moet wees met ontoereikende, gehawende gesondheidsdienste. Dalk sal die ‘socio-economic imbalances of the past’ nou reggestel word wanneer ieder en elk moet ly onder die Swart regering se onvermoë om effektiewe stelsels te implimenteer.

Duidelik is die sterk weersin (dalk eerder louter haat) wat die ANC-regering in die Witman het een van die primêre dryfvere vir die instelling van die NGV. Die ironie is dat onder die vorige bedeling gesondheidsorg van hoogstaande gehalte op uiters effektiewe wyse aan AL die bevolkingsgroepe in die land voorsien is. Geen anderskleurige pasiënt moes, soos tans wel die geval is, aanhoor dat daar nie ‘n dokter of medikasie beskikbaar is om hom te behandel nie. Met die NGV nog nie volledig in bedryf nie sidder mens oor die implikasies wat dit sal inhou vir Blanke pasiënte. Daar is tans talle berigte oor wegwysing van Blanke pasiënte by klinieke. By hospitale word pasiënte prontuit in kennis gestel dat sekere prosedures nie vir hulle beskikbaar is nie aangesien slegs ‘n kwota Blanke pasiënte per jaar daarvoor kwalifiseer. Mens kan dus voorspel dat diskriminasie teenoor Blankes aan die orde van die dag sal wees wanneer die stelsel eers volledig geïmplimenteer is.

Die grootste probleem waarmee die regime te kampe het is die astronomiese kostes hieraan verbonde. Die koste vir die bedryf van die NGV word vir 2025 op R256 biljoen geprojekteer. Daar word reeds deur die beleidsdokumente voorsien dat daar daardie jaar ‘n tekort van 100 biljoen rand sal wees, ‘n tekort van bykans 40%! Dit sluit natuurlik nie die korrupsie en omkoopgeld in wat, soos dit ten ene male in Swart state gaan, aan die orde van die dag sal wees en wat hierdie tekort aansienlik groter sal maak nie. Die verwagte tekorte voorspel niks goeds vir die privaat-instansies wat by die NGV ingekontrakteer sal wees in terme van betaling vir dienste gelewer nie. Die wagtydperk vir betalings wat verwag word is 81 dae vanaf rekeninglewering!

Die regime beplan om die NGV in 3 fases te implimenteer. Die eerste fase het reeds verloop vanaf 2012 tot 2016. In hierdie fase is alreeds loodsprojekte van die NGV in 11 distrikte van stapel gestuur. Natuurlik met heelwat probleme. Daar is klagtes van geneeshere wat nie salarisse ontvang nie. Fondse van honderde miljoene wat beskikbaar gestel is vir hierdie projekte is onvoldoende.

Die tweede fase vanaf 2017 tot 2022 waarin ons tans verkeer behels ontwikkeling en inwerkingstelling van NGV-wetgewing. Hiervoor word ‘n stuk of 6 komitees en liggame in die lewe geroep – die finansiële implikasie daarvan haas ondenkbaar! Daarbenewens word in hierdie fase belastings gehef asook belastingkrediete op mediese fondse gekanselleer ten gunste van aanwending deur die NGV. Die nuwe belastingheffing gaan na alle waarskynlikeid soortgelyk aan bydraes tot die Werkloosheidsversekeringsfonds deur werknemers van salaristrekkers se salarisse verhaal word, met ‘n verpligte bydrae (gelykstaande aan die salaristrekkers se bydrae) wat ook deur die werkgewer oorbetaal moet word.

Die laaste fase verloop vanaf 2022 tot 2026. In hierdie fase word privaat gesondheidsorgdienste soos privaat dokters, apteke en privaat hospitale by die NGV ingekontrakteer. Dit is hartverskeurend om te sien hoe korporatiewe groepe soos mediese fondse en privaat hospitaalgroepe kruip om ‘n plekkie in die son van die NGV. Ten spyte van die feit dat dit ooglopend op ‘n ramp afstuur beskaam die hoop nie om tog op die soustrein geakkommodeer te word!

Laat ons geen illusies koester oor die NGV nie. Die liberales wat so graag nog êrens die reënboog van die Nuwe Suid-Afrika wil raaksien is die enigstes wat dit probeer regverdig. Die NGV is gedoem tot mislukking vanuit die staanspoor, dit maak nie finansieël of logisties sin nie. Dit is ‘n ideologie wat teen wil en dank geïmplimenteer móét word.

Ons weet dat hierdie bestel op algehele ineenstorting afstuur. Soos soveel ander soortgelyke onnosel besluite van die ANC sal die NGV definitief bydra tot die versnelling van die verwagte ineenstorting. Die ekonomie gaan die ineenstorting van die privaat gesondheidsorgdienste wat in die 2016/7 belastingjaar R198,4 biljoen tot die ekonomie bygedra het, nie kan dra nie. Daarmee saam word ‘n uittog van mediese pesoneellede landuit verwag aangesien nugterdenkendes reeds kan sien waarop dinge afstuur.

Wanneer die ineenstorting plaasvind, het meneer Jaap Marais ons vroegtydig reeds ingelig, sal dit noodwendig met geweld gepaardgaan. Daarvoor moet ons gereed wees. In die tussentyd sal ons moet let op ‘n gesonde lewenstyl met klem op ‘n gebalanseerde dieët en genoeg oefening. Elkeen moet let op sy gesondheid deur sy lewenstyl te verander. Hou u liggaam gesond as voorsorg vir die toekoms. Behoorlike gesondsheidsorg sal in hierdie land ‘n rariteit word. ‘n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees, maar onthou ook dat ‘n gesonde gees die liggaam gesond hou. Moenie u geestelike weerbaarheid verslap nie, laat u opbou in die geloof.

En trek maar weer die boererate-boeke nader ...

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    __________________

     

    ONS IS OPSOEK NA ‘N UITGEWER

    VIR DIE BOEK “VOLKSREGERING” (teen normale tarief)

    Die inhoud is ‘n beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling vir enige  volk, hetsy klein in getalle of groot.

    Apartheid behels regverdige behandeling. Uiteraard is apartheid ingeweef in elke volk se onafhanklikheid. Dit bevat geen rassemeerder-waardigheid soos kwaad- williges voorgee nie. Ook nie onderdrukking van enigeen nie. Dit is juis erkenning van elke volk se regte en die skepping van ruimte om daardie regte te beoefen en ongehinderd uit te leef. Daar is geen rassehaat aan apartheid te koppel nie. Diegene wat rassisme aanhaal, bedoel rassehaat en probeer oproer bewerkstellig en moet ophou om vrede te probeer voorhou. Wie is verantwoordelik vir die geweld en opstand wat tans landwyd voorkom?  Geen ondersteuner van apartheid nie.

    Bostaande is 'n kort opsomming waarin die omvang en volle betekenis van apartheid beskryf is. Indien daar 'n uitgewer is wat in die uitgee van die boek belangstel, kan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. genader word.

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

     

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

 

Rassisme is die teenoorgestelde van rassehaat en is 'n aanprysing omdat rassisme dui op kennis van rasse en die uitstekende voordele van onderskeiding uitbeeld. Dit sluit in die voordele van apartheid se onderskeiding.

 

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1039 gaste aanlyn