NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Sommige mense skep behae daaruit om in onvrede te lewe; twis en wraakgierigheid word deur die Woord van God veroordeel omdat dit op selfvergelding en liefdeloosheid dui. Die vrug van die Gees is onder meer vrede (Gal 5:22). Iemand wat heeltyd onmin soek dra nie die Gees van God in hom nie. En iemand wat die vrede van Jesus Christus ken, sal altyd onvrede en onmin aktief vermy – vlug daarvan weg.

DIE DOOD VAN STEVE BIKO

Daar sal seker nog talle onthullings aan die lig kom oor die wandade van die Vorster-regering, en hoe hy en die lang generaal Van den Bergh toutjies getrek en politieke moorde gereël en Van den Bergh dit persoonlik uitgevoer het. Baie daarvan weet ons, maar soms is daar iets wat ons nog nie gelees het nie. Lees daarom hierdie moordplan op Steve Biko, 'n swart aktivis in die sestiger jare.

Om die ontbyttafel in 'n Port Elizabethse hotel het Van den Bergh en sy twee agente gehoor hoe 'n radio-omroeper luisteraars by die eerste nuusbulletin op 6 September verwelkom.

"Ek moes geweet het!" het Sharp gesê en na die lang man gekyk.
"Wat?"
"Dat jy alles met 'n doel doen."
"Wat wil jy eintlik sê?" het die ander agent gevra.
"Dis nie toevallig dat ons juis vandag in Port Elizabeth is nie."
"Ek is bly jy begin leer," het Van den Bergh met een van sy seldsame glimlagge gesê.

Sharp het onthou 6 September was die herdenking van die sluipmoord op dr Verwoerd. Van den Bergh het sy datums met sorg gekies.

In die parkeerterrein van die Sanlam-gebou in Port Elizabeth het Snyman die drie mans ingewag. Die twee groot agente van Pretoria het onderlangs gebrom, maar nie hul name gegee nie. Snyman het op 'n haar soos Rudolf Hess, een van Hitler se adjudante, gelyk. Snyman het gesien die twee mans het skouersakke gedra en geweet dit bevat hul toerusting.

"Niemand weet van jul besoek nie, nie eens die kolonel nie." het hy gesê."
"Goed, hou dit so."

 Snyman het die drie mans na die ondervragingskamer geneem, kamer 619. Van den Bergh het dadelik meer in die kamernommer gelees. Dui dit dalk op die datum... 6/9? 'n Voorteken?

Snyman het na 'n staaldeur aan die einde van die gang gewys. " Daar is 'n wag aan die ander kant van daardie deur, maar hy het opdrag om nie in die aande rondtes te doen nie," het hy gesê.
"Perfek."
"Soos ek oor die foon gesê het," het Snyman gewaarsku, "hy is 'n harde neut om te kraak."

Sy aanmerking het die twee groot mans laat grynslag.
"Ons het nie die hele pad gekom om skulpies op te tel nie," het Sharp geantwoord.

Snyman het die sleutels vir kamer 619 en die boeie oorhandig en Van den Bergh en sy manne die beste toegewens. Hy het gesê die nagskof-ondervraers het 'n paar nagte vry gekry.

Steve Bantu Biko, leier van die Swartbewussynsbeweging, het op 'n houtstoel gesit, met sy hande aan 'n rooster in die muur vasgeboei. Hy het opgekyk toe die lang man en sy handlangers die vertrek binnekom. Al het hy hulle nooit tevore gesien nie, was dit duidelik die ouer, lang man was in beheer. Hy het vreemd bekend gelyk.

"Mister Biko, I presume," het die lang man sarkasties begin. Die aangehoudene het nie geantwoord nie, hom net aangekyk.

"Ek hoor jy het verkies om nie saam te werk nie," het die lang man voortgegaan.

Biko het weer nie geantwoord nie.

"The most potent weapon in the hands of the aggressor is the mind of the oppressed," het die lang man aangehaal. "Klink dié woorde bekend?"

Daar was steeds geen teken van reaksie nie.

"Jy is nogal stil vir 'n aspirerende filosoof," het die lang man gesmaal.
"Dit is mý woorde daardie," het Steve Biko uitdagend geantwoord.
"Wel," het die lang man gesê, "vanaand is jóu mind in ons hande."
"Behalwe dat ek nie te koop is nie," het Biko geantwoord.
"Mmmm... ek sien jy het 'n houding. Hoe oud is jy? Dertig jaar? Boetie, jy het nog 'n helse lot om te leer en dit begin vanaand!"

Die twee groot mans met die skouersakke het dreigend nader beweeg. Biko het vermoed die volgende paar uur gaan onaangenaam wees. Die dag- en nagskof-spanne met Snyman aan die spits het hul bes gedoen om hom te breek. Hul taktiek was die gewone: die motorbinneband om hom te versmoor, die Boeing, die elektriese skokke. Hy is af en toe rondgeruk maar nie te erg nie. Hy het nie 'n greintjie inligting laat val nie, welwetende dat name en feite wat hy kan noem tot die arrestasie van sy kamerade sou lei. Hy is uit die slaap gehou, sy kop was seer en maaltye was ongereeld. Die twee groot mans het anders as sy vorige folteraars gelyk. Tereg het hy vermoed hulle sou sy ondervraging na 'n "hoër" vlak neem. Hy het gewonder hoeveel pyn hy nog kon verduur. Sy liggaam het gepyn, maar hy was veral verskriklik moeg.

"Nou," het die lang man gesê, "ons het nie tyd om te mors nie. Laat ons dadelik met die feite begin. Jy was in Donald Woods se huis in Vincent toe 'n telefoonoproep van Londen deurkom, Woods het die telefoon aan jou oorhandig en die res is geskiedenis. Ons weet die man wat gebel het, is 'n aktiewe kommunis wat in Europa werk."

Biko het emosieloos gesit en opgekyk na die man wat oor hom getroon het.

"Al wat ons van jou wil weet, mister Biko, is wie hierdie Rick is van wie die omroeper gepraat het. Tweedens, ons wil weet watter dokumente hierdie Rick in sy besit het."

Biko het voor hom uitgestaar asof hy die enigste in die vertrek was.

"So maklik is dit, mister Biko," het die lang man gesê. "Twee maklike vrae en twee maklike antwoorde. Daar is die maklike roete en die tweede roete. Die keuse is joune."

Die aangehoudende het geglimlag: "Ek het julle al 'n duisend keer gesê daar was geen oproep uit Londen nie."
"Nul uit twee. Dis nie 'n goeie begin nie."
"Ek steek niks weg nie."
"Die blote ontkenning van die oproep spreek boekdele."
Dit moes iemand anders gewees het wat by Donald was."
"O nee, dit was jou stem. Jou telling sal vinnig moet verbeter."
"Jy het die verkeerde man," het die aangehoudene volgehou.

Die hou het uit die bloute gekom en Biko teen die kakebeen getref. Dit het hom stoel en al vloer toe gestuur. 'n Straaltjie bloed het van die linkerhoek van sy mond tot op die koue teëls geloop. Sterk hande het hom opgeruk en in 'n sittende posisie neergesit. Die lang man het opsy gestaan om plek vir die twee grotes te maak.

"Reg," het een van die groot mans gesê, "wat gaan dit wees?" Hy het Engels met 'n swaar Afrikaanse aksent gepraat.

Dié vreemdelinge was nie gewone veiligheidspolisiemanne nie. Hulle het 'n vreemd ongeërgde, saaklike houding gehad... asof wat met hom gebeur het, onbelangrik was. Dit was duidelik 'n lang en pynlike aand sou voorlê.

Biko het die groot man wat hom geslaan het, indie oë gekyk. Wilde ongeduld en kille genadeloosheid het teruggestaar.

"Jy het omtrent vyf sekondes om te besluit," het die tweede groot man, ook met 'n Afrikaanse aksent, gesê.

Biko het nie geantwoord nie.

"Wil jy praat of rock 'n roll?"
"Jy kan my boeie losmaak," het Biko geantwoord.

Sy woorde was duidelik 'n teleurstelling vir die twee groot mans. Hulle het op meer weerstand gehoop, sodat hulle hul vaardighede kon tentoonstel. Maar die aangehoudene se volgende woorde het al drie mans onkant gevang.

"Ek is nie aangetrek vir die geleentheid nie," het hy gesê, "maar kom ons rock 'n roll."

Die grootste een van die mans het die wreedaardigste grynslag gehad.

"Sharp!", het die mans gesê, en die tweede hou het getref. Die lang man het by 'n tafel gaan sit terwyl die ander twee die aangehoudende weer in 'n sittende posisie neergesit het. Die twee agente het hul skouersakke oopgemaak en reggemaak om hul gespesialiseerde Franse vaardighede te toets.

Net voor middernag het kamer 619 se deur oopgegaan. Van den Bergh is met die brandtrap af na die parkeerterrein. Hy het Port Elizabeth goed geken en na 'n gewilde deurnag-opelugkafee op die strandfront gery. Hy het drie hamburgers en skyfies bestel en 25 minute later met die wegneemetes in die hand die deur van kamer 619 oopgemaak. Die twee agente het by die tafel vir die kos en drinkgoed gewag. Hul aangehoudene het bewegingloos en gesig na onder op die vloer gelê. Sy hande was agter sy rug geboei.

"Sluimer ons vriend 'n bietjie in?" het Van den Bergh gevra.
"Ja, die opwinding was 'n bietjie te veel vir hom."

Terwyl die drie hul middernaghappie geniet, het Van den Bergh gevra: "Enige sukses?"
"Nie 'n geluid nie," het Sharp geantwoord.
"Meneer," het die tweede agent gevra,"hoe positief is die inligting?"
"Kolonel AP van der Merwe in Oos-Londen sweer daarby dat die oproep gemaak is. Sy manne ken Biko se stem en hulle is absoluut seker dit wat hy wat geantwoord het."
"Wel, daardie antwoorde moet baie belangrik wees, want hy het helse slae verduur."
"Wat het met sy kop gebeur?" het Van den Berg gevra. Hy het na die swelsels, snye en straaltjies bloed gekyk."
"Die vent wou mos hardekop wees," het Sharp gegrinnik.

Van den Bergh het opgestaan en na die stil bondel op die vloer gestap. Hy het hom op sy sy gedraai.

"Dit lyk of julle kêrels 'n bietjie weggevoer geraak het," het die hoof van BOSS gesê.
"Ek kry 'n bietjie water. Hy het seker net 'n bietjie harsingskudding."

Toe die aangehoudene uiteindelik bykom was hy onsamehangend en het soos 'n dronke gemompel.

"Miskien het dit sy geheue teruggebring," het Sharp gesê.
"Laat ons hoop hy het nie sy geheue verlóór nie," was Van den Bergh se reaksie.

*     *      *

Die ondervraers op dagskof het soos gewoonlik die oggend van 7 September ingeklok. Die geharde polisiemanne was verstom oor wat hulle aangetref het. Steve Biko het in 'n ongemaklike posisie op die grond gelê. Sy linkervoet was vasgeketting. Hy was óf aan die slaap óf bewusteloos. Dit was duidelik dat hy ontsettend geslaan is.

"Ek dog die nagskof-ouens het 'n blaaskans gehad," het een van die polisiemanne gesê.
"Volgens Snyman, ja," het 'n ander bevestig.

Maj Harold Snyman was geskok oor wat hy in kamer 619 aangetref het. Hy het geen keuse gehad nie: hy moes Goosen ontbied. Goosen was 'n regverdige man, gerespekteer deur sy kollegas.

"Wat de duiwel het hier gebeur?" het die kolonel gevra toe hy Biko sien.
"Ek is nie seker nie, maar ek sal uitvind," het Snyman geantwoord.
"Wie het gisteraand gewerk?"
"Die gewone nagskofspan," het Snyman gelieg.

Die dagskofspan het na mekaar gekyk. Hulle het besef daar was 'n groot skroef los.

"Ontbied dadelik die distriksgeneesheer en roep my wanneer hy hier is," het Goosen, beveel. "Ek wil by wees. Ek hou nie van wat ek sien nie."

Snyman het hom na sy kantoor gehaas en die hotel waar Van den Bergh-hulle tuis was se nommer opgesoek. Hy het besef daar kom moeilikheid...  groot moeilikheid.

Van den Bergh het geantwoord: "Bly waar jy is, ek is binne 'n uur daar."

By die veiligheidstak se kantore is die distriksgeneesheer na kamer 622 geneem war 'n man op die vloer gelê het. Goosen, Snyman en nog 'n veiligheidspolisisman was daar.

"Wat de duiwel het gebeur!" het dr Lang gevra.

Niemand het geantwoord nie. Die aangehoudene se hele liggaam het die merke van 'n reeks gewelddadige aanrandings getoon.

In daardie donker dae in die land se geskiedenis was die verhouding tussen die veiligheidspolisies en distriksgeneeshere gespanne. Albei groepe was in diens van die staat en daar is van hulle verwag om saam te werk, maar gebeure soos dié wat Lang nou moes hanteer, het die ongemaklike verhouding onder druk geplaas.

"Die man moet behandeling kry," het die dokter gesê.

Goosen het goed geweet wat sal gebeur as die aangehoudene na 'n private of staatshospitaal verskuif word. Die een of ander dokter of personeellid sou sonder twyfel die feite oor Biko se toestand aan die media laat uitlek. Die negatiewe gevolge was eenvoudig te verskriklik om aan te dink.

"Dokter, jy sal ons uit hierdie ding moet help," het Snyman gepleit.
"Om hemelsnaam, kyk na die man!" het dr Lang geantwoord.
"Dokter, ek beloof jou ek sal agter hierdie ding kom. Ek kan jou verseker dit sal die laaste keer wees."
"Weet jy in watter moeilikheid ek kan beland as iets met hierdie man gebeur? Dit sal die einde van my loopbaan wees."
"Ek kan jou beloof daar sal niks meer met hom gebeur nie," het Goosen onderneem.

Dokter Lang het teensinnig aantekeninge op 'n amptelike vorm gemaak. Hy het geskryf dat Biko geen teken van abnormaliteit getoon het nie. Hy het 'n voorskrif in die kolonel se naam uitgeskryf.

"Maak seker julle versorg hom soos 'n baba," het die dokter gesê. "Dis die laaste keer!"

Terwyl hy stadig terugry na sy spreekkamer is sy gedagte in 'n warboel. Hy het raad nodig gehad. In sy kantoor het hy sy telefoon opgetel.

"Dokter Tucker," het sy kollega geantwoord.
"Skink vir my 'n koppie sterk koffie. Ek het jou hulp nodig. Ek is nou daar," het Lang gesê.

Op 12 September 1977 is aangekondig dat Steve Biko in aanhouding gesterf het. Die leier van die Swartbewussynsbeweging was 30 jaar oud. Volgens 'n polisiewoordvoerder is die aangehoudene in Pretoria dood. Voor dit is hy 'n paar weke lank in Port Elizabeth aangehou. Aan die Transvaalse kongres van die Nasionale Party het Jimmy Kruger, Minister van Justisie en Polisie, gesê Biko se dood laat hom koud. Hy het ongeërg bygevoeg dat 'n geregtelike ondersoek na die oorsaak van die dood gehou sal word.

Dae later het die hoof van BOSS 'n onverwagte besoek gekry.
"Jy moes nie hierheen gekom het nie Harold, wat gaan aan?" het die lang man gevra.
"Die ding is groot, ek is in die moeilikheid. Wat moet ek in die geregtelike ondersoek sê?"
"Kom ons sit koppe bymekaar, daar is 'n oplossing vir elke krisis," was Van den Bergh se antwoord.

Die twee mans het die volgende uur en twintig minute daaraan bestee om iets te fabriseer wat duidelik 'n leuen was, maar nietemin ten minste moontlik geklink het.

Weke later het Snyman en sy manne in die geregtelike ondersoek getuig. Hulle het beweer in die loop van normale ondervraging het die aangehoudene aggressief geraak. Hy het polisiemanne aangeval en in die gestoei wat daarop gevolg het, geval en sy kop gestamp. Die distriksgeneesheer is ingeroep en Biko is behandel. Toe sy toestand dae later agteruitgaan, is hy na Pretoria geneem omdat daar beter mediese geriewe was. Agterna-wysheid wil dit hê dat die besering aan Biko se kop ernstiger was as wat dit aanvanklik gelyk het. Die polisiemanne het gesê Biko se dood was tragies.

Volgens ander getuienis het die aantal beserings aan Biko se liggaam boekdele gespreek. Die manier waarop hy na Pretoria vervoer is, kon nooit geregverdig word nie. Die uitspraak het vanselfsprekend gelyk. Al die blaam, of ten minste 'n deel daarvan, moes deur die veiligheidspolisie gedra word.

Nogtans is die bevinding in minder as drie minute voorgelees. Die polisie se getuienis is net so aanvaar: dat die aangehoudene in 'n gestoei met die polisie betrokke geraak en sy kop gestamp het. Niemand anders is vir sy dood verantwoordelik nie.

Tuis het Van den Berg sy dagboek nader getrek en na die vorige twee inskrywings gekyk:

Datum                                    Naam
Februarie 1974            Abraham Tiro             RAU TEM      Pakketbom
Februarie 1974            Joel Dube                    RAU TEM      Pakketbom

Met sy pen maak hy nog 'n inskrywing hieronder:

6-12 September 1977  Steve Biko                  RAU TEM       Uitgewis

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    TAKHARE EN JOINERS is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 748 gaste aanlyn