Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons kan elk dag saam met Dawid bid in Psalm 69: "o God, U weet van my dwaasheid, en my skuldige dade is vir U nie verborge nie... Red my uit die modder en laat my nie sink nie..."
NIKS IS NUUT NIE (4)
"Baie jare later is die Boerevolk sprakeloos gelaat toe die jong Hendrik Verwoerd, kleinseun van wyle dr.H.F Verwoerd, by die ANC aangesluit het. Hoe walg ’n mens nie aan volksgenote wat stelling in die linie van die volksvyand inneem nie!"
Ná die tweede Britse besetting van die Kaap (1806) het Lord Caledon die goewerneur geword. Sy proklamasie van 1809 het 'n ingrypende verandering gebring. Die Hottentotte is aanvanklik as 'n onafhanklike volk gesien en derhalwe nie aan die plaaslike landswette onderhorig nie. Caledon se proklamasie het hulle vir die eerste keer onder Britse wetlike gesag gebring waarna hy ‘n paswet ingestel het ten einde ledige Hottentotte se swerfgewoontes aan bande te lê. Caledon se proklamasie was die eerste teken van 'n nuwe politieke begrip - 'n heterogene eenheidstaat waarin onderhorige volke se nasionale strewes ondermyn is. Dit het in wese nie van Brittanje se latere verdeel- en heersbeleid verskil nie. Eintlik was dit 'n doelmatige manier om die plaaslike Britse owerheid se magsposisie te verskans. Hierdie proklamasie het alle etniese groeperinge aan die suidpunt van Afrika in een staatsbestel saamgetrek waarna daar met voorbedagte rade begin is om hulle teen mekaar op te sweep. Die Britte het hulle egter met die teenstand vanuit Boeregeledere teen hierdie eenheidstaat misreken. Dit het die boere se kulturele bewussyn nie verswak soos beplan is nie, maar dit eerder versterk!
Die proklamasie het ook ‘n positiewe sy gehad. Caledon het daadwerklik teen swart leeglêery begin optree. Dit was immers die hoofbron van misdaad. Sy optrede het heftige reaksie onder buitelandse negrofiliste ontlok waarna sendelinge van die Londense Sendinggenootskap (LSG) wat in Suid-Afrika werksaam was vir die edele barbare in die bresse getree het. Caledon is sondermeer veroordeel en sy onmiddellike afdanking geëis.
Ironies genoeg het die Britte, wat van huis uit 'n renons in rewolusionêre Franse idees gehad het, van die grootste aanhangers van 'n Franse filosofie geword! Rosseau se onwerklike strewe na 'n wêreld van vryheid, gelykheid en broederskap het ‘n modegier onder Britse en Europese intellektueles geword waarna negrofilistiese organisasies soos paddastoele opgeskiet het.
Hierdie buitelandse negrofiliste is filantrope genoem en het geen steen onaangeroerd gelaat om die ontluikende Boerevolk in oorleg met die Kaapse owerheid te benadeel en te beswadder nie. Hulle het, soos die kommuniste ‘n eeu later, selfs leuens versprei ten einde hulle saak te bevorder.
Britse sendelinge wat in die Kaap aangekom het, is na bykans elke plaaslike swart stam in die binneland uitgeplaas. Tragies genoeg was hierdie kwasie-godsdienstiges se Christelike liefde net tot die Britse owerheid en die swart ras beperk. Hulle het vir die Boerevolk geen liefde gehad nie. Ironies genoeg het al hierdie swart stamme ook hulle vryheid onder Britse gesag verloor. Was dit dalk deel van die sendelinge se opdrag om swart volke vir Britse oorheersing gereed te maak?
Telkens wanneer die Britse owerheid tekens van swakheid getoon het, het die edele barbare hul plaasaanvalle en moordtogte verskerp. Die goewerneur het dan gewoonlik met 'n kenmerkende weifelende politiek voor die dag gekom en 'n gewapende mag na die Oosgrens gestuur met die opdrag om nie hardhandig teen die boosdoeners op te tree nie. Hulle moes slegs skrikgemaak en nie seergemaak word nie. Laasgenoemdes het die lamsakkige owerheidsoptrede as 'n teken van swakheid gesien en ongestoord met hul roof- en plundertogte voortgegaan.
Die Britse filantrope het ‘n baie sterk invloed op die Kaapse owerheid uitgeoefen en Caledon in 'n rigting gedwing wat hom nie aangestaan het nie. Hulle sou eerder die belange van die kolonie prysgee as om dwangpolitiek teen die barbare te laat toepas. Hulle het byvoorbeeld deur middel van LSG sendelinge Caledon daartoe oorreed om 'n rondgaande hof in te stel wat swartes die geleentheid gebied het om blanke werkgewers van mishandeling aan te kla en voor die hof te daag.
Caledon is in 1811 deur sir John Cradock opgevolg waarna die Vierde Grensoorlog uitgebreek en Cradock spoedeisend moes optree. Hy het 'n gewapende magsvertoon op die grens gelewer en gehoop dat die invallers sou skrik en terugtrek. Net die teenoorgestelde het gebeur - die boosdoeners het al hoe vyandiger opgetree!
Cradock se mislukte poging het die dood van Andries Stockentröm, die landdros van Graaff-Reinet, en veertien van sy manskappe gekos toe hulle wreed deur die Xhosas vermoor is. Kolonel Graham het met behulp van 'n klompie dapper burgers die moordlustiges met mag en mening tot oorkant die Visrivier verdryf waarna die Britse owerheid 'n aantal forte op die grens opgerig het.
Die inwoners van Graaff-Reinet het die dood van hul geliefde landdros diep betreur. Tragies genoeg het sy seun en naamgenoot enkele jare later 'n vurige kampvegter vir die Xhosas geword. Hy het as uitgesproke filantroop en luitenant-goewerneur van die Oosgrens hom ten volle by die volksvyand geskaar.
Baie jare later is die Boerevolk sprakeloos gelaat toe die jong Hendrik Verwoerd, kleinseun van wyle dr.H.F Verwoerd, by die ANC aangesluit het. Hoe walg’n mens nie aan volksgenote wat stelling in die linie van die volksvyand inneem nie!
Cradock het in 1812 Caledon se proklamasie met 'n nuwe een vervang. Alle Hottentotkinders wat op plase gebore is, moes voortaan op agtjarige leeftyd by die eienaar in ‘n boek aangeteken word. Sy doel daarmee was om hulle ledigheid aan bande te probeer lê sodat daar van hulle nuttige, werksame mense gemaak kon word. Hierdie proklamasie het weer eens die rus van die Britse filantrope versteur en Cradock se diplomatieke aansien versuur.
Britse sendelinge het verskeie aanklagte van die mishandeling van swart plaasarbeiders deur blanke boere in Brittanje ingedien, waarna Cradock versoek is om dit te ondersoek en dienooreenkomstig op te tree. Eerwaarde Read het byvoorbeeld vir William Wilberforce, ‘n vooraanstaande Britse filantrope, skriftelik meegedeel dat blanke boere sowat 100 swartes vermoor, talle aangerand en baie geen loon betaal het nie. Dit was alles leuens!
Die sendelinge wat veronderstel was om die waarheid voor te staan, het die swart klaers se kwaadwillige stories vir soetkoek opgeëet en die negende gebod verbreek. Verder het hulle hulself die reg aangematig om namens die veronregtes klagtes voor die rondgaande hof te lê. Dit het tot talle onsmaaklike verhore in 1812 gelei en is deur ‘n hof behartig wat as die Swarte Ommegang bekend gestaan het. Meer as 'n honderd eerbare families en ‘n duisend getuies is gedagvaar om voor dié hof te verskyn.
Van eerwaarde Read se honderd aanklagte van moord was nie een waar nie. Geen enkele werkgewer is aan moord skuldig bevind nie. Sestien is wel aan aanranding skuldig bevind. Ná die hofsitting het die betrokke regters 'n sterkbewoorde verslag opgestel en die sendelinge as mense wat hul amp nie waardig was nie bestempel. Wat ‘n skande dat 'n wêreldlike hof kerklui oor hul leuenagtige optredes moes berispe! Dieselfde verslag het ook geen goeie woord vir Bethelsdorp, Raed se betrokke sendingstasie, gehad nie. Dis sonder omhaal van woorde as 'n smerige, morsige tuiste van luiaards beskryf.
Die optrede en inkleding van die Swarte Ommegang het die Boerevolk se laaste bietjie vertroue in die Britse owerheid gebreek. Nodeloos om te sê, het dit rassepolarisasie in die hand gewerk en rassehaat laat oplaai. Plaaswerkers het al hoe meer arrogant en agterbaks geraak net omdat hulle 'n gewillige oor van die plaaslike owerheid ontvang het.
Toe laasgenoemde onbeskaamd vir swartes kant begin kies het, was die skrif vir goeie rasseverhoudinge aan die muur. Die onberekenbare skade wat Britse sendelinge en hul filantropiese meelopers die Boerevolk aangedoen het, het nog ‘n breuk tussen Boer en Brit veroorsaak. Niemand kon die Boere verkwalik dat hulle die LSG en sy partydige, negrofilistiese verteenwoordigers openlik verfoei het nie.
Waarom is slegs Boere vir sogenaamde misdrywe teen swartes gedagvaar en verhoor? Waarom nie ook swartes nie? Daar was honderde gevalle van veediefstal alleen! Die Boerevolk sou die Swarte Ommegang en almal wat daarmee gemoeid was nooit vir hierdie onreg vergewe nie. Dit het ‘n kloof tussen twee blanke volke aan die suidpunt van Afrika laat ontstaan wat met verloop van tyd al hoe dieper geword het.
Die Britte het dus ‘n onmiskenbare rol in die vernietiging van goeie plaaslike rasseverhoudinge gespeel. Hulle het op ‘n stadium swartes selfs van wapens voorsien ten einde Boere se lewens te vergal. Dit het alle hoop op 'n herstel van goeie rasseverhoudings na sy peetjie gestuur! Die geskiedenis van die Britte in Suid-Afrika is der-halwe die tragiese verhaal van buitelanders wat 'n eerbare volk skaamteloos ondermyn en probeer vernietig het.
John Barrow was seker een van die Britte wat die Boerevolk die meeste skade aangedoen het. Hy was ‘n skrywer en aartsfilantroop. In sy Travels into the Interior of South Africa het hy ‘n skaamtelose aanval op die karakter van die Boerevolk gemaak. Hierdie gewraakte boek was 'n skandelike sameflansing van feite en leuens.
Britse filantrope het duisende kopieë van hierdie boek in Europa laat versprei en gemoedere teen die Boerevolk opgesweep. Omdat niemand die ander kant van die saak gestel het nie, het buitelanders Barrow se leuens en verdraaiings vir soetkoek opgeëet en al hoe meer bevooroordeeld teenoor die Boerevolk geword.
Lord Charles Somerset het ook Barrow se smeerboek gelees voordat hy Cradock aan die Kaap opgevolg het. Sy bevooroordeelde optrede het daartoe gelei dat die Slagtersnek-Rebellie, nouliks 'n jaar na sy aankoms, uitgebreek het. Een van Frederik Bezuidenhout se swart werknemers het hom by die Britse owerheid in Graaff-Reinet aangekla dat hy loon van hom weerhou het, waarna die plaaslike landdros Bezuidenhout per skrywe laat weet het om die saak reg te stel. Toe dieselfde swarte kort daarna 'n tweede soortgelyke klag gelê het, is Bezuidenhout gedagvaar om voor die hof te verskyn. Toe hy weier, is 'n aantal pandoere na sy plaas gestuur om hom in hegtenis te neem. By hulle aankoms, het hy op hulle geskiet waarna hy in die daaropvolgende kruisvuur noodlottig gewond is.
Tydens die begrafnis het sy broer gesweer om sy dood te wreek en sestig boere in ‘n rebellie om hom verenig. Die plaaslike owerheid het weer moedswillig van pandoere gebruik gemaak om die rebellie te probeer onderdruk. Na etlike gewapende botsings het die meerderheid rebelle hul wapens by Slagtersnek neergelê.
Omdat dit vir hom 'n onuitspreeklike vernedering sou wees om aan pandoere oor te gee, het Bezuidenhout hom enduit verset. Nadat hy doodgeskiet is, is die opstand beëindig waarna ses rebelle ter dood veroordeel is. Tydens die teregstelling op 9 Maart 1816 het vier van die ses galgtoue gebreek, maar in plaas van die gebruiklike begenadiging, is die rebelle weer tereggestel. Dis tragies dat 'n handjievol Britte die septer oor 'n volk met 'n roemryke geskiedenis probeer swaai het!
Die forte wat die Britse owerheid op die Oosgrens opgerig het, het nie aan die verwagting voldoen nie. Swart boosdoeners het feitlik ongehinderd oor die grense gekom om te roof en te moor. Dit het die Vyfde Grensoorlog genoodsaak. Eers nadat die boosdoeners met mag en mening oor die grens verdryf is, het daar 'n mate van rus en vrede in die onrusgeteisterde gebiede gekom.
Toe die Britse filantrope van hierdie ferm optrede teen die swart aanvallers hoor, was die gort vir die soveelste keer gaar. Hulle het, sonder om hulle van die ware feite te vergewis, vir die booswigte in die bresse getree en Somerset gedwing om met die oortreders vredesverdrae te sluit. Gevolglik was die plunderaars terug in die verbode gebied nog voordat Somerset sy terugreis hervat het!
Indien die Britse owerheid reg aan die begin ferm teen die oortreders opgetree het, kon die meeste grensoorloë voorkom gewees het. Dit sou die Britse belastingbetaler nie net miljoene pond gespaar het nie, maar ook duisende lewens! Brittanje se misplaaste besorgdheid oor die edel barbare was ‘n peperduur flater wat geen vrede of bestendigheid gebring het nie en klokslag deur die swartes uitgebuit is. Daarbenewens het die Britse owerheid botweg geweier om hul foute te erken en die Boere vir alles wat skeef geloop het geblameer.