NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons kan elk dag saam met Dawid bid in Psalm 69: "o God, U weet van my dwaasheid, en my skuldige dade is vir U nie verborge nie... Red my uit die modder en laat my nie sink nie..."

NIKS IS NUUT NIE (4)

Dries Bergman
Lees reeks by Niks Is Nuut Nie
DIE INVLOED VAN DIE FILANTROPE
"Baie jare later is die Boerevolk sprakeloos gelaat toe die jong Hendrik Verwoerd, kleinseun van wyle dr.H.F Verwoerd, by die ANC aangesluit het.  Hoe walg ’n mens nie aan volksgenote wat stelling in die linie van die volksvyand inneem nie!"
Ná die tweede Britse besetting van die Kaap (1806) het Lord Caledon die goewerneur geword.   Sy proklamasie van 1809 het 'n ingrypende verandering gebring.   Die Hottentotte is aanvanklik as 'n onafhanklike volk gesien en derhalwe nie aan die plaaslike landswette onderhorig nie.  Caledon se proklamasie het hulle vir die eerste keer onder Britse wetlike gesag gebring waarna hy ‘n paswet ingestel het ten einde ledige Hottentotte se swerfgewoontes aan bande te lê.  
Caledon se proklamasie was die eerste teken van 'n nuwe politieke begrip - 'n heterogene eenheidstaat waarin onderhorige volke se nasionale strewes ondermyn is.  Dit het in wese nie van Brittanje se latere verdeel- en heersbeleid verskil nie.  Eintlik was dit 'n doelmatige manier om die plaaslike Britse owerheid se magsposisie te verskans.  Hierdie proklamasie het alle etniese groeperinge aan die suidpunt van Afrika in een staatsbestel saamgetrek waarna daar met voorbedagte rade begin is om hulle teen mekaar op te sweep.    Die Britte het hulle egter met die teenstand vanuit Boeregeledere teen hierdie eenheidstaat misreken.  Dit het die boere se kulturele bewussyn nie verswak soos beplan is nie, maar dit eerder versterk!
Die proklamasie het ook ‘n positiewe sy gehad.  Caledon het daadwerklik teen swart leeglêery begin optree.   Dit was immers die hoofbron van misdaad.  Sy optrede het heftige reaksie onder buitelandse negrofiliste ontlok waarna sendelinge van die Londense Sendinggenootskap (LSG) wat in Suid-Afrika werksaam was vir die edele barbare in die bresse getree het.  Caledon is sondermeer veroordeel en sy onmiddellike afdanking geëis.   
Ironies genoeg het die Britte, wat van huis uit 'n renons in rewolusionêre Franse idees gehad het, van die grootste aanhangers van 'n Franse filosofie geword!   Rosseau se onwerklike strewe na 'n wêreld van vryheid, gelykheid en broederskap het ‘n modegier onder Britse en Europese intellektueles geword waarna negrofilistiese organisasies soos paddastoele opgeskiet het.  
Hierdie buitelandse negrofiliste is filantrope genoem en het geen steen onaangeroerd gelaat om die ontluikende Boerevolk in oorleg met die Kaapse owerheid te benadeel en te beswadder nie.  Hulle het, soos die kommuniste ‘n eeu later, selfs leuens versprei ten einde hulle saak te bevorder.
Britse sendelinge wat in die Kaap aangekom het, is na bykans elke plaaslike swart stam in die binneland uitgeplaas. Tragies genoeg was hierdie kwasie-godsdienstiges se Christelike liefde net tot die Britse owerheid en die swart ras beperk.  Hulle het vir die Boerevolk geen liefde gehad nie. Ironies genoeg het al hierdie swart stamme ook hulle vryheid onder Britse gesag verloor. Was dit dalk deel van die sendelinge se opdrag om swart volke vir Britse oorheersing gereed te maak?
Telkens wanneer die Britse owerheid tekens van swakheid getoon het, het die edele barbare hul plaasaanvalle en moordtogte verskerp.  Die goewerneur het dan gewoonlik met 'n kenmerkende weifelende politiek voor die dag gekom en 'n gewapende mag na die Oosgrens gestuur met die opdrag om nie hardhandig teen die boosdoeners op te tree nie.  Hulle moes slegs skrikgemaak en nie seergemaak word nie.  Laasgenoemdes het die lamsakkige owerheidsoptrede as 'n teken van swakheid gesien en ongestoord met hul roof- en plundertogte voortgegaan.
Die Britse filantrope het ‘n baie sterk invloed op die Kaapse owerheid uitgeoefen en Caledon in 'n rigting gedwing wat hom nie aangestaan het nie.  Hulle sou eerder die belange van die kolonie prysgee as om dwangpolitiek teen die barbare te laat toepas.   Hulle het byvoorbeeld deur middel van LSG sendelinge Caledon daartoe oorreed om 'n rondgaande hof in te stel wat swartes die geleentheid gebied het om blanke werkgewers van mishandeling aan te kla en voor die hof te daag.    
Caledon is in 1811 deur sir John Cradock opgevolg waarna die Vierde Grensoorlog uitgebreek en Cradock spoedeisend moes optree.  Hy het 'n gewapende magsvertoon op die grens gelewer en gehoop dat die invallers sou skrik en terugtrek.  Net die teenoorgestelde het gebeur - die boosdoeners het al hoe vyandiger opgetree!   
Cradock se mislukte poging het die dood van Andries Stockentröm, die landdros van Graaff-Reinet, en veertien van sy manskappe gekos toe hulle wreed deur die Xhosas vermoor is.  Kolonel Graham het met behulp van 'n klompie dapper burgers die moordlustiges met mag en mening tot oorkant die Visrivier verdryf waarna die Britse owerheid 'n aantal forte op die grens opgerig het.  
Die inwoners van Graaff-Reinet het die dood van hul geliefde landdros diep betreur.  Tragies genoeg het sy seun en naamgenoot enkele jare later 'n vurige kampvegter vir die Xhosas geword.  Hy het as uitgesproke filantroop en luitenant-goewerneur van die Oosgrens hom ten volle by die volksvyand geskaar.
Baie jare later is die Boerevolk sprakeloos gelaat toe die jong Hendrik Verwoerd, kleinseun van wyle dr.H.F Verwoerd, by die ANC aangesluit het.  Hoe walg’n mens nie aan volksgenote wat stelling in die linie van die volksvyand inneem nie!
Cradock het in 1812 Caledon se proklamasie met 'n nuwe een vervang.  Alle Hottentotkinders wat op plase gebore is, moes voortaan op agtjarige leeftyd by die eienaar in ‘n boek aangeteken word.  Sy doel daarmee was om hulle ledigheid aan bande te probeer lê sodat daar van hulle nuttige, werksame mense gemaak kon word.  Hierdie proklamasie het weer eens die rus van die Britse filantrope versteur en Cradock se diplomatieke aansien versuur.
Britse sendelinge het verskeie aanklagte van die mishandeling van swart plaasarbeiders deur blanke boere in Brittanje ingedien, waarna Cradock versoek is om dit te ondersoek en dienooreenkomstig op te tree.  Eerwaarde Read het byvoorbeeld vir William Wilberforce, ‘n vooraanstaande Britse filantrope, skriftelik meegedeel dat blanke boere sowat 100 swartes vermoor, talle aangerand en baie geen loon betaal het nie.  Dit was alles leuens!
Die sendelinge wat veronderstel was om die waarheid voor te staan, het die swart klaers se kwaadwillige stories vir soetkoek opgeëet en die negende gebod verbreek.  Verder het hulle hulself die reg aangematig om namens die veronregtes klagtes voor die rondgaande hof te lê.   Dit het tot talle onsmaaklike verhore in 1812 gelei en is deur ‘n hof behartig wat as die Swarte Ommegang bekend gestaan het.   Meer as 'n honderd eerbare families en ‘n duisend getuies is gedagvaar om voor dié hof te verskyn.
Van eerwaarde Read se honderd aanklagte van moord was nie een waar nie.  Geen enkele werkgewer is aan moord skuldig bevind nie.  Sestien is wel aan aanranding skuldig bevind.  Ná die hofsitting het die betrokke regters 'n sterkbewoorde verslag opgestel en die sendelinge as mense wat hul amp nie waardig was nie bestempel.  Wat ‘n skande dat 'n wêreldlike hof kerklui oor hul leuenagtige optredes moes berispe!  Dieselfde verslag het ook geen goeie woord vir Bethelsdorp, Raed se betrokke sendingstasie, gehad nie.  Dis sonder omhaal van woorde as 'n smerige, morsige tuiste van luiaards beskryf.
Die optrede en inkleding van die Swarte Ommegang het die Boerevolk se laaste bietjie vertroue in die Britse owerheid gebreek.  Nodeloos om te sê, het dit rassepolarisasie in die hand gewerk en rassehaat laat oplaai. Plaaswerkers het al hoe meer arrogant en agterbaks geraak net omdat hulle 'n gewillige oor van die plaaslike owerheid ontvang het.
Toe laasgenoemde onbeskaamd vir swartes kant begin kies het, was die skrif vir goeie rasseverhoudinge aan die muur.  Die onberekenbare skade wat Britse sendelinge en hul filantropiese meelopers die Boerevolk aangedoen het, het nog ‘n breuk tussen Boer en Brit veroorsaak.   Niemand kon die Boere verkwalik dat hulle die LSG en sy partydige, negrofilistiese verteenwoordigers openlik verfoei het nie.    
Waarom is slegs Boere vir sogenaamde misdrywe teen swartes gedagvaar en verhoor?  Waarom nie ook swartes nie?  Daar was honderde gevalle van veediefstal alleen!   Die Boerevolk sou die Swarte Ommegang en almal wat daarmee gemoeid was nooit vir hierdie onreg vergewe nie.  Dit het ‘n kloof tussen twee blanke volke aan die suidpunt van Afrika laat ontstaan wat met verloop van tyd al hoe dieper geword het.    
Die Britte het dus ‘n onmiskenbare rol in die vernietiging van goeie plaaslike rasseverhoudinge gespeel.  Hulle het op ‘n stadium swartes selfs van wapens voorsien ten einde Boere se lewens te vergal.   Dit het alle hoop op 'n herstel van goeie rasseverhoudings na sy peetjie gestuur!   Die geskiedenis van die Britte in Suid-Afrika is der-halwe die tragiese verhaal van buitelanders wat 'n eerbare volk skaamteloos ondermyn en probeer vernietig het.
John Barrow was seker een van die Britte wat die Boerevolk die meeste skade aangedoen het.  Hy was ‘n skrywer en aartsfilantroop.  In sy Travels into the Interior of South Africa het hy ‘n skaamtelose aanval op die karakter van die Boerevolk gemaak.   Hierdie gewraakte boek was 'n skandelike sameflansing van feite en leuens.  
Britse filantrope het duisende kopieë van hierdie boek in Europa laat versprei en gemoedere teen die Boerevolk opgesweep. Omdat niemand die ander kant van die saak gestel het nie, het buitelanders Barrow se leuens en verdraaiings vir soetkoek opgeëet en al hoe meer bevooroordeeld teenoor die Boerevolk geword.   
Lord Charles Somerset het ook Barrow se smeerboek gelees voordat hy Cradock aan die Kaap opgevolg het.  Sy bevooroordeelde optrede het daartoe gelei dat die Slagtersnek-Rebellie, nouliks 'n jaar na sy aankoms, uitgebreek het.  Een van Frederik Bezuidenhout se swart werknemers het hom by die Britse owerheid in Graaff-Reinet aangekla dat hy loon van hom weerhou het, waarna die plaaslike landdros Bezuidenhout per skrywe laat weet het om die saak reg te stel. Toe dieselfde swarte kort daarna 'n tweede soortgelyke klag gelê het, is Bezuidenhout gedagvaar om voor die hof te verskyn.  Toe hy weier, is 'n aantal pandoere na sy plaas gestuur om hom in hegtenis te neem.  By hulle aankoms, het hy op hulle geskiet waarna hy in die daaropvolgende kruisvuur noodlottig gewond is.
Tydens die begrafnis het sy broer gesweer om sy dood te wreek en sestig boere in ‘n rebellie om hom verenig.   Die plaaslike owerheid het weer moedswillig van pandoere gebruik gemaak om die rebellie te probeer onderdruk.  Na etlike gewapende botsings het die meerderheid rebelle hul wapens by Slagtersnek neergelê.  
Omdat dit vir hom 'n onuitspreeklike vernedering sou wees om aan pandoere oor te gee, het Bezuidenhout hom enduit verset.   Nadat hy doodgeskiet is, is die opstand beëindig waarna ses rebelle ter dood veroordeel is.  Tydens die teregstelling op 9 Maart 1816 het vier van die ses galgtoue gebreek, maar in plaas van die gebruiklike begenadiging, is die rebelle weer tereggestel.  Dis tragies dat 'n handjievol Britte die septer oor 'n volk met 'n roemryke geskiedenis probeer swaai het!      
Die forte wat die Britse owerheid op die Oosgrens opgerig het, het nie aan die verwagting voldoen nie.  Swart boosdoeners het feitlik ongehinderd oor die grense gekom om te roof en te moor.  Dit het die Vyfde Grensoorlog genoodsaak.  Eers nadat die boosdoeners met mag en mening oor die grens verdryf is, het daar 'n mate van  rus en vrede in die onrusgeteisterde gebiede gekom.
Toe die Britse filantrope van hierdie ferm optrede teen die swart aanvallers hoor, was die gort vir die soveelste keer gaar.  Hulle het, sonder om hulle van die ware feite te vergewis, vir die booswigte in die bresse getree en Somerset gedwing om met die oortreders vredesverdrae te sluit.  Gevolglik was die plunderaars terug in die verbode gebied nog voordat Somerset sy terugreis hervat het!
Indien die Britse owerheid reg aan die begin ferm teen die oortreders opgetree het, kon die meeste grensoorloë voorkom gewees het.   Dit sou die Britse belastingbetaler nie net miljoene pond gespaar het nie, maar ook duisende lewens!   Brittanje se misplaaste besorgdheid oor die edel barbare was ‘n peperduur flater wat geen vrede of bestendigheid gebring het nie en klokslag deur die swartes uitgebuit is.  Daarbenewens het die Britse owerheid botweg geweier om hul foute te erken en die Boere vir alles wat skeef geloop het geblameer.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3074 gaste aanlyn