Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Daar is moderne mense wat sê dat die Drie-eenheid van God, 'n menslike bedinksel is. God leer ons dan dat Hy Hom openbaar in drie onderskeie Persone. Diegene wat nie hieraan vashou nie, doen nie moeite met die kennis van die Woord wat God self vir ons gegee het nie.
Suidlandmedia 2012
VIR DIE HEEL NUUTSTE BYVOEGING IN AUGUSTUS 2012 KLIEK HIER
VOORHEEN BYGEWERKTE LYS VAN DVD'S EN CD'S
BEWAAR ‘N ERFENIS EN BOU 'N TOEKOMS
MEDIAVRYSTELLING
Die legendariese Boereheld Gideon Scheepers is op 4 April 1878 naby Middelburg in Transvaal gebore. Hy het as Transvaalse burger deelgeneem aan die Boere-inval in Kaapland gedurende 1901 en is op 18 Januarie 1902 op Graaff-Reinet deur die Britte tereggestel, in wat allerweë beskou word as een van die ergste skendings van die reëls van beskaafde oorlogvoering . 'n Herdenking van die gebeure 110 jaar gelede is vanjaar op Saterdag 21 Januarie op Graaff-Reinet gehou en 'n video-opname van die geleentheid is deur Suidland Media gedoen. Die video is beskikbaar in DVD-formaat en word nou, ter viering van Scheepers se geboortedag 134 jaar gelede, aan die publiek bekendgestel. Dit bestaan uit twee DVD’s en verskyn onder die titel 'Bewaar 'n Erfenis en Bou 'n Toekoms'. Die video-opname beslaan ongeveer 5 ure se interessante en insiggewende kyktyd. Dit fokus op die gebeure rondom die teregstelling van Gideon Scheepers en ook op persone en gebeure in en om Graaff-Reinet wat 'n rol in die vorming van die geskiedenis van die Afrikanervolk gespeel het. Benewens voordragte deur persone wat kenners van hierdie onderwerpe is, bevat dit baie beeldmateriaal van geboue en gedenktekens wat dien as getuienis van die geskiedkundige gebeure wat daar afgespeel het.
Die opname bevat ook 'n aantal uittreksels uit historiese films wat Suidland Media as deel van sy erfenisbewaringsprojek oorgesit het op DVD, ten einde die materiaal vir hedendaagse Afrikaners toeganklik te maak. Dit bevat onder andere uittreksels van films oor die koms van Van Riebeeck, die Groot Trek, die moord op die Retief-geselskap, die slag van Bloedrivier, die slag van Majuba, die lewe van President Kruger, Genl De Wet, Danie Theron en Gideon Scheepers en die sluipmoord op Dr H F Verwoerd. Dit bied 'n baie treffende oorsig oor die sleutelmomente in ons geskiedenis.
Tydens die herdenkingsgeleentheid op Graaff-Reinet is daar egter verder gegaan as net die vertoning van historiese beeldmateriaal en die oordrag van historiese kennis. Die aktualiteitswaarde van die geskiedenis is ook uitgelig. “Ons geskiedenis het nie net interessantheidswaarde nie. Dit het ook praktiese betekenis en waarde vir 21ste eeuse Afrikaners. Dit is 'n bron van geloofsversterking in die God wat ons voorouers wonderbaarlik beskerm het en aan hulle groot oorwinnings gegee het. Dit inspireer tot groot dade en lei tot die ontdekking van ons wortels en ons ware identiteit as volk. Dit kweek selfrespek, volkstrots, liefde vir die eie en volkseenheid. Uit die wyse waarop ons voorouers hulle voortbestaansuitdagings hanteer het, kan ons ook leer hoe om ons huidige voortbestaansuitdaging die hoof te bied. In kort, ons geskiedenis is die basis waarop ons 'n toekoms vir ons nageslag moet bou. Vandaar die titel Bewaar 'n Erfenis en Bou 'n Toekoms vir hierdie produksie,” sê Frikkie Strauss van Suidland Media. Hy sê hierdie titel is 'n baie goeie samevatting van die doel met die erfenisbewaringsprojek. “Oor verskeie dekades is daar voortreflike films en video’s oor ons volk se geskiedenis gemaak en die meeste daarvan word nou in DVD-formaat aan die publiek beskikbaar gestel. Die materiaal is uiters geskik om ons geskiedenis aanskoulik en interessant te maak, veral vir jong kinders,” het hy bygevoeg.
Die totale getal DVD-titels beloop tans 53. Suidland Media beplan om binne afsienbare tyd nog 'n hele aantal nuwe titels bekend te stel. Suidland Media het intussen ook begin om klankbande oor te sit op CD’s en 7 CD-titels is al beskikbaar. Die totale aanbieding dek die hele spektrum van ons geskiedenis, van die koms van Van Riebeeck tot en met die grensoorlog. Al die DVD’s en CD’s kan van Suidland Media teen baie billike pryse bestel word. Die titel Bewaar 'n Erfenis en Bou 'n Toekoms word teen 'n baie spesiale prys van R50 aangebied. Dit kan ook gratis van Suidland Media se webtuiste afgelaai word. Volledige besonderhede kan verkry word deur Suidland Media se webtuiste by www.suidland.com te besoek, te bel na 082 – 493 3785 / 022 – 913 2391 of te e-pos na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
Uitgereik deur: Mediaskakel
Piketberg
HISTORIESE DVD’S EN CD’S TE KOOP
ALGEMENE GESKIEDENIS
PRYS IN RAND
Bewaar ‘n Erfenis en Bou ‘n Toekoms (‘n Video-opname, bestaande uit 2 DVD’s,
wat die teregstelling van Gideon Scheepers en die rol van Graaff-Reinet in ons
geskiedenis dek . Dit bevat ook uittreksels uit ‘n aantal DVD’s van Suidland Media
en ‘n voordrag oor die betekenis van die geskiedenis vir 21ste eeuse Afrikaans) DVD 50
Bringers van die Lig (‘n Verhoogstuk oor die lewe van Jan en Maria van
Riebeeck en hulle gesin, onder leiding van Isabelle Steenkamp met Peter Breden-
kamp in die hoofrol) CD 60
Die Bou van ‘n Nasie (Algemene geskiedenis, gedeeltelik in dokumentêre
en gedeeltelik in dramavorm) DVD 70
Grepe uit SA Volksgeskiedenis (‘n Reeks van 3 DVD’s wat handel
oor die Afrikanervolk se geskiedenis, waarby Die Bou van ‘n Nasie ingesluit is) DVD Reeks 180
Van Volkstigting tot Volksrepubliek (n Hoorbeeld oor die geskiedenis van
die Afrikanervolk, bestaande uit historiese vertellings, afgewissel met drama.
Baie geskik vir jong kinders.) (Agt CD’s van ± 6 ure in totaal) CD Reeks 400
Doringboomverhale (Vertellings oor verskeie volkshelde met bypassende
byklanke, hoofsaaklik gerig op kinders) CD 100
Die Wortels van Afrikaans (Die invloed wat verskillende tale op die vorming
van Afrikaans uitgeoefen het) CD 100
DIE GROOT TREK
Geknelde Land (‘n Reeks van 5 DVD’s, gebaseer op F A Venter se boek met
dieselfde titel, in dramavorm) DVD Reeks 280
Uit die Dagboek van Rudolf Dreyer (‘n Toneelstuk oor Rudolf Dreyer, die hoof-
karakter in die boeke Geknelde Land, Offerland en Gelofteland van FA Venter,
aangevul met beeldmateriaal uit verskeie films) DVD 50
Die Voortrekkers (‘n Dokumentêre film oor die Voortrekkergeskiedenis, gedeeltelik
in dramavorm) DVD 70
Die Slag van Bloedrivier (‘n Dokumentêre film oor die verloop van die Slag van
Bloedrivier) DVD 70
Die Vegkop Gedenkterrein (‘n Dokumentêr oor die gedenkterrein naby Heilbron
waar die slag van Vegkop tussen die Voortrekkers en Matabeles in Oktober 1836
plaasgevind het. Enkele verwysings na die veldslag self kom ook voor) DVD 50
EERSTE VRYHEIDSOORLOG
Majuba, Heuwel van die Duiwe (Die Slag van Majuba, in dramavorm) DVD 70
Vannag gaan ek Majuba beset (Die Eerste Vryheidsoorlog en die Slag van
Majuba, in dokumentêre vorm) DVD 50
TWEEDE VRYHEIDSOORLOG
Ohm Kruger ( President Kruger, Brittanje en die Tweede Vryheidsoorlog, in Duits) DVD 70
Paul Kruger (Die lewensverhaal van President Kruger, gedeeltelik in drama- en
gedeeltelik in dokumentêre vorm) DVD 70
Genl Christiaan de Wet (‘n Dokumentêre film oor die lewe van Genl de Wet) DVD 70
Danie Theron (Die lewe van Danie Theron in dramavorm) DVD 70
Gideon Scheepers (Die lewe van Gideon Scheepers in dramavorm) DVD 70
Verskroeide Aarde (‘n Dokumentêr oor die verwoesting wat die Britte tydens
die Tweede Vryheidsoorlog aangebring het en die lyding van vroue en kinders in die
konsentrasiekampe word nou deur Suidland Media aan die publiek te koop aangebied.
Daar kan mense wees wat aanstoot neem aan sommige van die kommentaar. Die
waarde van die DVD lê egter in die historiese feite wat gegee word) DVD 140
Teregstelling van Boereverraaiers tydens die Anglo-Boereoorlog (‘n Dokumentêr
oor die verskynsel van verraad tydens die Anglo-Boereoorlog en die uitwerking daar-
van op die psige van ons volk) DVD 140
Die Slag van Magersfontein (Die Slag van Magersfontein, gedeeltelik in dramavorm
en gedeeltelik in dokumentêre vorm) DVD 140
Konsentrasiekampe van die Tweede Vryheidsoorlog (Die regisseur en kameraman
Rudie Rousseau is besig met ‘n dokumentêre reeks oor die konsentrasiekampe
wat tydens die oorlog bestaan het) Die volgende titels het reeds verskyn:
- Bethulie Konsentrasiekamp DVD 50
- Brandfort Konsentrasiekamp DVD 50
- Doornbult Konsentrasiekamp DVD 50
- Heidelberg Konsentrasiekamp DVD 50
- Heilbron Konsentrasiekamp DVD 50
- Irene Konsentrasiekamp DVD 50
- Klerksdorp Konsentrasiekamp DVD 50
- Kroonstad Konsentrasiekamp DVD 50
- Krugersdorp Konsentrasiekamp DVD 50
- Norvalspont Konsentrasiekamp DVD 50
- Nylstroom Konsentrasiekamp DVD 50
- Potchefstroom Konsentrasiekamp DVD 50
- Springfontein Konsentrasiekamp DVD 50
- Turffontein Konsentrasiekamp DVD 50
- Vredefortweg Konsentrasiekamp DVD 50
The Boer War (‘n Dokumentêre film oor die algemene verloop van die Tweede
Vryheidsoorlog) DVD 70
Emily Hobhouse (‘n Tweespraak waarin die rol wat Emily Hobhouse gespeel het
om die lyding van vroue en kinders in die konsentrasiekampe te versag uitgebeeld
word, aangevul met beeldmateriaal. Dit is gesien uit Britse oogpunt en
aanvullend tot die bestaande dokumentêr) DVD 70
That English Woman (Die verhaal van Emily Hobhouse in dokumentêre vorm) DVD 70
Sons of the Blood (Vertellings deur Boere- en Britse veterane van die Tweede
Vryheidsoorlog oor hulle deelname aan gevegte en oor die oorlog in die
algemeen, aangevul deur beeldmateriaal) DVD 70
Strangers at Sunrise (‘n Drama waarin die teistering van ‘n Boerefamilie deur
Engelse soldate uitgebeeld word) DVD 70
Die Ruiter in die Nag (‘n Drama gebaseer op die roman van Mikro) DVD 70
Veldslag (‘n Drama waarin die lewe op ‘n Vrystaatse dorpie tydens die oorlog uitge-
beeld word) DVD 70
Sarie Marais (‘n Liefdesverhaal in dramavorm) DVD 70
Die Vredesonderhandelinge (‘n Drama waarin die verloop van die vredesonder-
Handelinge te Vereeniging in 1902 uitgebeeld word) DVD 70
Boere-oorlogherdenking (Malmesbury, 26 Februarie 2000) (Reeks van 5 DVD’s)
- Verrigtinge
- Erediens – Ds AS Benecke
- Herdenkingsrede – Mnr Jaap Marais
- Lewensskets van Genl Manie Maritz deur sy seun Manie Maritz
- Skyfiereeks oor ons geskiedenis – Dirk Theron DVD Reeks 280
Ons vir Jou (Die klankbaan van die musiekspel Ons vir Jou, gefokus op die
betrokkenheid van die De la Rey-gesin by die Tweede Vryheidsoorlog) CD 120
Kommandeer, Kommandeer (‘n Keurspel van vrolike volksliedjies uit die Tweede
Vryheidsoorlog) CD 60
TWINTIGSTE EEUSE GESKIEDENIS
Die Dood van Genl Koos de la Rey (‘n Drama oor die dood van Genl de la Rey). DVD 70
Jopie Fourie (Die verhaal van Jopie Fourie in dramavorm) DVD 70
Bart Nel (‘n Drama oor die 1914- rebellie) DVD 70
Verspeelde Lente (‘n Drama wat afspeel teen die agtergrond van die
armoedetydperk van die Afrikanervolk tydens die dertigerjare van die vorige eeu) DVD 70
Die Siel van die Mier (‘n Reeks van 5 DVD’s oor die lewe en werk van die digter en
wetenskaplike Eugene Marais) DVD Reeks 280
Die Ossewa Brandwag : Stiefkind van ‘n volk (Die verhaal van die Ossewa
Brandwag teen die agtergrond van die polities-stormagtige veertigerjare van
die vorige eeu, in dokumentêre vorm) DVD 70
Africa Addio (‘n Dokumentêre film oor wreedhede teen mens en dier in Afrika) DVD 70
Sy Doodkry was nie (‘n Dokumentêre film oor die geskiedenis van die Herstigte
Nasionale Party vanaf sy stigting in 1969 tot 2009) DVD 100
The Assassination of Verwoerd (Die sluipmoord op Dr Verwoerd in dokumentêre
vorm) DVD 70
Ongetwyfeld die Kampioene (n Dokumentêre film oor Suid-Afrika se grensoorlog,
met beeldmateriaal en inligting oor militëre operasies en verskeie bekende gevegs-
eenhede) DVD 70
Die Ware Feite van ons Geskiedenis (Mnr Jaap Marais stel die ware feite van ons
geskiedenis teenoor die “waarheid” van die Waarheids- en Versoeningskommissie ten
tye van die vrystelling van die verslag. ‘n Kragtige verwysingsraamwerk vir die beoor-
deling van die sogenaamde “onregte van apartheid” en ‘n verdediging van die hoë
morele erfenis wat aan ons nagelaat is) CD 2 vir 100
KONTEMPORÊRE GEBEURE
Diefstal van Afrikanerkinders se Harte en Verstand (‘n Dokumentêr oor die wyse
waarop onderwys in staatskole aangewend word om Afrikanergeskiedenis, -kultuur
en -godsdiens te ondermyn) DVD 50
Eugène Terre’Blanche – Begrafnis (‘n Video-opname tydens die begrafnis) DVD 50
BESTELLINGS EN NAVRAE
Stuur bestelling na : Posbus 339, Piketberg, 7320 / Faks: 022 – 913 1482 of e-pos na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Alle pryse sluit posgeld en verpakkingskoste in
Bankbesonderhede vir inbetalings :
Suidland Media, Absa 9244 967 631, takkode 632-005
Navrae : 022 – 913 2391 / 082 – 493 3785
Webtuiste : www.suidland.com
KONTAKBESONDERHEDE
Naam:
Posadres:
Eposadres:
Tel/Selfoon: