NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Mense besit nie regte net omdat hulle mense is nie, maar omdat dit ’n geskenk van God is wat verantwoordelik voor God gebruik moet word. Gelowiges het geen regte van hul eie nie.  Hulle behoort immers aan Jesus. “Of weet julle nie dat julle liggaam ’n tempel is van die Heilige Gees…..en dat julle nie aan julself behoort nie?  Want julle is duur gekoop….” (1 Kor.6:19,20).

DIE LEEU VAN WES-TRANSVAAL (2)

Leopold Scholtz

KRYGSMANNE VAN FAAM

Lees reeks by Krygsmanne van faam

Weliswaar was die uitslag nie ‘n beslissende Britse oorwinning nie maar met sy oormag aan artillerie en infanterie het Methuen daarin geslaag om die Boere uit hul goeie stellings te verdryf. Soos Cronjé later by Paardeberg, het De la Rey hom verkeerdelik laat lei deur die oortuiging dat die Britte by die spoorweg sou wou bly, sodat hy die oostelike flank verste van die spoorlyn afgeskeep het. Dit was juis op hierdie flank dat die Britse infanteriestormloop sukses vir Methuen ingebring het.

Drie dae later raak De la Rey en Methuen weer slaags in die slag van Modderrivier, oftewel Tweerivier (so genoem omdat die Modder- en Rietrivier daar inmekaar vloei.) Uit sy kort ondervinding het De la Rey nou geleer dat heuwels glad nie sulke goeie stellings was as wat altyd gereken is nie. Die goeie uitsig het nie vergoed vir die akkurate kanonvuur wat die burgers op die heuwels moes verduur nie. De la Rey het die Vrystaatse offisiere dus nou oortuig dat die steil walle by die samevloeiing van die Modder- en Rietrivier as stelling moet dien teen Methuen se oprukkende troepemag van 15 000 man.

Treffend verhaal De la Rey se biograaf, Meintjies, sy optrede van dié dag:
“De la Rey rushed along his lines of men like a force none of them had ever seen before, his eyes ablaze, his beard brisling, his whip lashing down on some timid man... Up and down De la Rey flew, impervious to bullets and shrapnel, urging, exhorting, advising and striking, up and down, up and down with an astounding indefatigability. ‘ Come on, my sons!’, he would shout, as if hurling himself on the enemy. ‘Fight!’ This was the first decent chance De la Rey had to prove some of his theories and his ability as a military leader and he was nog going to throw it away.”

Weer eens was die Boeremag egter verplig om terug te val nadat die Vrystaters op die westelike flank onder Prinsloo hul sleutelposisies verlaat en sodoende die ander burgers in gevaar gestel het. Hul verliese was iets meer as 80 man, waarvan ‘n sestiental gesneuwel het.

Vir De la Rey was Modderrivier ‘n persoonlike terugslag. Hyself is deur ‘n bomskerf in sy regterskouer gewond, maar dit was veral die dodelike verwonding van sy oudste seun Adriaan, teen die aand se kant, wat hom diep geruk het. Adriaan het pas twee dae tevore sy negentiende verjaardag gevier, en ofskoon De la Rey hom persoonlik na die hospitaal op Jacobsdal vervoer het, is die seun die oggend van 29 November in sy arms oorlede.

In die afwesigheid van De la Rey het Cronjé met die ander offisiere besluit om verby die Magersfonteinrante noordwaarts terug te val en hulle agter Scholtznek en Spytfontein nader aan Kimberley in te grawe om te voorkom dat die dorp ontset word.

Met sy terugkeer was De la Rey nie hiermee gediend nie. Sy ervarings van Graspan en Modderrivier het hom oortuig dat die rantjies nie die beste verdedigingslinies was nie maar die vlakte voor hulle.Daarom was die vlaktes vóór die Magersfonteinrant die aangewese plek vir die Boeremag om hom in te grawe. As hulle tog sou moes retireer sou hulle dan agter die rantjies van Magersfontein kon stelling inneem. As hulle egter by Scholtznek moes retireer, sou hulle hulle vasloop in die Britse mag in Kimberley. De la Rey het ook ‘n blaadjie uit die Britse militêre handboek geneem. Hy het tot die slotsom gekom dat perderuiters – die Boere se vegsmetode – ondoeltreffend was vir die verdediging van ‘n front. Voetgangers, wat nie vinnig te perd voor die naderende vyandelike infanterie kon padgee nie, behoort soos by die Britte die front te beman. Die perderuiters moes – ook volgens die Britse metode – die flanke beman en ten einde die vyand in die rug aan te val en sodoende sy frontaanvalle te verlam.

De la Rey was as veggeneraal aan genl Cronjé ondergeskik en die enigste wyse waarop hy die krygsraadbesluit kon aantas was om pres MT Steyn, konstitusioneel die hoof van die Vrystaatse magte, dringend te versoek om hom na die wesfront te haas.

Dit was vir De la Rey nie moeilik om Steyn tot sy standpunt oor te haal nie. Met sy takt het Steyn spoeding eensgesindheid onder offisiere gebring en op die krygsraad van 4 Desember 1899 is De la Rey se sienswyse aanvaar. Trouens, selfs Cronjé was al gou oortuig van die waarde van die stellings voor Magersfontein.

Hierdie nuwe stellings het oor ‘n afstand van sowat dertien kilometer weerskante van die spoorlyn gestrek. In die sentrum was Magersfonteinkop  ongeveer vier kilometer oos van die spoorlyn en tien kilometer noordoos van Methuen se kamp. Vanaf die Modderrivier was dit ‘n oop vlakte wat uiteindelik opgestoot het in die Magersfonteintjies.

Met die oog daarop dat Methuen hom sou toespits op die verowering van die rantjies, het De la Rey die burgers in ‘n versteekte linie van loopgrawe, tussen 150 en 200 meter voor en parallel aan die rantjies, laat ingrawe. Hy het die loopgrawe so gerangskik dat hulle nie alleen ‘n frontaanval die hoof sou kon bied nie maar mekaar ook in die flanke gedek het. Anders as die bekende breë, vlak loopgrawe van die Britte, was elke loopgraaf sowat een meter diep en een meter breed, met regaf walle. Die Boere kon regop daarin staan en skiet, bo-oor grondwalle wat só met takke en gras bedek is dat die vyand hulle nie sommer sou kon raaksien nie.

Die middag van 10 Desember 1899 het Methuen in alle erns met sy bombardement van die Magersfonteinrantjies begin. Die Boere was egter nie in die rantjies waar die bomme gereën het nie. Vanuit die loopgrawe daarvoor het hulle die geweldige verwoesting agter hulle aanskou. Dit was duidelik dat 'n geveg op hande was, maar dit was ewe duidelik dat De la Rey met die keuse van sy stellings Methuen op die verkeerde voet betrap het.

Ironies genoeg was De la Rey nie met die slag van Magersfontein op die terrein aanwesig nie. Hy het 'n paar dae tevore na die Boerelaer by Riverton, noord van Kimberley, gegaan om van sy skouerwond te herstel. Sy kommando's van Wolmaransstad, Bloemhof en Lichtenburg het egter midde in die stryd gestaan in die loopgrawe waaroor De la Rey met soveel sorg toesig gehou het. Die 8 000 Transvalers en Vrystaters met hul tien kanonne was onder die aanvoering van genl. Cronjé.

Om halfeen die oggend van 11 Desember 1899 het lord Methuen se mag van 15 000 man en 33 kanonne met die Highland Brigade vooraan oor die oop vlakte in beweging gekom. Sy doel was om Magersfonteinkop teen dagbreek te bestorm en te verower. Net toe genl.-maj. Andy Wauchope as aanvoerder van die Highland Brigade om 04h00 uur die bevel gee om te ontplooi en vir 'n geveg gereed te maak, bars die Boere skaars 400 meter daarvandaan los met 'n hewige geweervuur uit die loopgrawe. 'n Babelse verwarring het gevolg.

Hoewel die Black Watch, die voorste bataljon van die Highland Brigade, met doodsveragting teen die koeëls ingestorm het, is hulle sowat 250 meter van die Boerelinie gestuit.

De la Rey het hom gereed gemaak om sy oorwinning op te volg en die spoorlyn by Noupoort en De Aar te gaan beset sodat die toevoer van sowel Clements as Methuen afgesny word. Tot sy teleurstelling het Steyn hom egter gelas om met die grootste gedeelte van sy mag na Modderrivier op te ruk ten einde met die ontset van Cronjé en die verdediging van Bloemfontein te gaan help.

Op Bloemfontein aangekom, verneem De la Rey van Cronjé se oorgawe van 28 Februarie 1900 met 4 000 man te Paardeberg. 'n Wilde vlug ontstaan onder die verskrikte burgers. In 'n hardnekkige geveg teen 'n groot oormag probeer De la Rey tevergeefs op 10 Maart by Abrahams-kraal die opmars van lord Roberts na Bloemfontein stuit.

Ná die val van Bloemfontein op 13 Maart trek De la Rey sy kommando's op Brandfort saam. Die regering van die ZAR versoek hom nou ook om die vreemdelingekorpse te organiseer en hy plaas sy broer Adriaan de la Rey as veggeneraal oor hulle.

Op 26 Maart 1900 stel genl. Joubert vir Koos de la Rey en Louis Botha as assistent-kommandant-generaal vir onderskeidelik Wes- en Oos-Transvaal aan. Die volgende dag sterf Joubert, en Louis Botha word as waarnemende kommandant-generaal aangestel.

Die algemene terugval van die Boeremagte op alle fronte verhoed dat De la Rey onmiddellik na die Wes-Transvaal kan vertrek. Wanneer Roberts in Mei sy opmars met 38 000 troepe na die Transvaal opneem en sy linkerflank Wes-Transvaal by Veertienstrome binneval, word De la Rey verplig om hom daarheen te begewe. Tevergeefs probeer hy kol. B. T. Mahon se groot mag van Vryburg stuit en moet hy magteloos toesien hoe die Britse offisier Mafeking op 17 Mei 1900 ontset.

Pres. Kruger gelas nou vir De la Rey om na Johannesburg te kom ten einde die Boeremagte se terugtog voor Roberts se opmars te dek. Ten spyte van sy hewige teenstand by Doornkop wes van Johannesburg en ook gevegte wes van Pretoria, kon De la Rey, soos ook die ander Boereaanvoerders, nie verhoed dat Roberts die goudstad op 31 Mei 1900 en Pretoria op 5 Junie verower nie. Oral het die yl Mauservuur uit 'n paar duisend gewere padgegee voor die grofgeskut van die omvleuelende, voortrollende oormag.

Eers die aand teen skemer het daar stilte gedaal oor die slagveld. Aan Boerekant was die ongevalle 255 man — 87 gesneuwel en 168 gewond. Die Britse ongevalle is onseker, maar daar word aanvaar dat dit aansienlik hoër is as die 971 man (23 offisiere en 182 manskappe dood en 45 offisiere en 645 manskappe gewond) wat die Times History aangee.

Toe hy van die slag hoor, het De la Rey nog dieselfde middag teruggekeer. Hy was ongelukkig oor Cronjé se besluit om nie die verslane vyand onmiddellik te agtervolg en die hele leër te vernietig nie.

'n Paar dae later het die Vrystater, Christiaan de Wet, as veggeneraal aan die wesfront sy verskyning gemaak. Onmiddellik het 'n hartlike vriendskap tussen hom en De la Rey ontstaan. Met Cronjé kon hulle nie oor die weg kom nie, daar hulle dit nie met die ou generaal eens was om maar stil te lê en Methuen toe te laatom homself te versterk nie. Hulle wou onmiddellik voorttrek na die Oranjerivier om Methuen se verbindingslyn af te sny. Uiteindelik gelas Cronjé hulle op 3 Januarie 1900 om met 300 man die spoorlyn tussen Heuningneskloof en Modderrivier te gaan opbreek. Hy beveel hulle egter om die werk in een nag af te handel, waardeur gevolglik nie veel sukses behaal is nie.

Intussen was genl.-maj . John French besig om 'n groot troepemag voor Colesberg op die suidelike front van die Boere te versamel. Pres. Steyn, wat 'n bekwame offisier op die toneel wou hê, het De la Rey daarheen gestuur om genl. H. J. Schoeman as bevelvoerder te vervang. Op 6 Januarie 1900 vertrek De la Rey na Colesberg, maar nie voordat by Cronjé gewaarsku het dat sy laer aan die Modderrivier gevaar staan om omsingel te word nie.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2884 gaste aanlyn