NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

"Die woorde uit die mond van 'n wyse is aangenaam, maar die lippe van 'n dwaas verslind homself (Prediker 10:12)." Sien ons nie elke dag in hierdie land hoe waar die Bybel hierin is nie!

ONS GESKIEDENIS: Hoofstuk 26

Ons word heeltemal vry !


Die stryd oor Kleurling-stemreg voortgesit en afgehandel

Die nuwe eerste minister, advokaat JG Strydom, het met sy diensaanvaarding laat blyk dat hy van plan was om die uitgerekte stryd oor die Kleurlinge se stemreg voort te sit.  In Mei 1955 het hy met die Wet op die Kworum van die Appélhof  die aantal appélregters van 5 tot 11 vermeerder.  In Junie is met die Senaatwet die aantal senatore van 48 na 89 vermeerder.  Die samestelling van die Senaat is verander, sodat die regering 77 senatore sou hê teenoor die opposisie se 12.  Verseker van ‘n tweederde meerderheid het die regering in Februarie 1956 ‘n gesamentlike sitting belê en ‘n wetsontwerp ingedien om die ongeldige Wet op die Afsonderlike Verteen-woordiging van Kiesers  geldig te verklaar en die grond-wet so te wysig dat die nie-blankes se stemreg nie langer deur ‘n tweederde meerderheid verskans sou wees nie.  Die Wet tot Wysiging van die Suid-Afrika Wet is toe met ‘n duidelike tweederde meerderheid van 173 stemme teen 68 aangeneem.  Dis opgevolg met die Wysigingswet op die Afsonderlike Verteenwoordiging van Kiesers.  Die Kleurlinge is van die kieserslys verwyder en op ‘n afsonderlike kieserslys geplaas.  Kaapland is in vier kiesafdelings verdeel en die Kleurlinge kon in elkeen van die vier kiesafdelings een Blanke verteenwoordiger kies.  Die grondwet is so gewysig dat die Kleurling-stemreg nie langer verskans was nie.  ‘n Wet het ook bepaal dat slegs Blankes voortaan die Kleurlinge in die Kaapse Provinsiale Raad mag verteenwoordig.
Die opposisie het weer sy uiterste bes gedoen om die wetgewing te verongeluk.  Albei wette is deur twee Kleur-lingkiesers hof toe geneem.  Die Kaapse hooggeregshof het bevind dat albei wette geldig is.  Toe is na die Appélhof in Bloemfontein geappelleer.  Die regters het met tien teen een beslis dat die wette geldig is.  Dit was die einde van die lang, duur en bitter konstitusionele stryd, wat die land baie skade berokken het.
 

Die Tomlinson-verslag
In 1950 is die Tomlinson-kommissie benoem om ondersoek te doen na die sosio-ekonomiese ontwik-kelingsmoontlikhede van die Bantoe-gebiede.  In 1956 is ‘n opsomming van hulle baie lywige verslag openbaar gemaak.  Die kommissie het die ontwikkeling van ‘n sewetal Bantoe-tuislande aanbeveel.  Die kern daarvan sou die bestaande reservate wees.  Vir die ontwikkeling en afronding sou R110 miljoen binne die eerste 10 jaar nodig wees.  Sommige van die aanbevelings van die kommissie was té idealisties en onuitvoerbaar.  Dr Verwoerd het egter as minister van Bantoe-sake die ontwikkeling van die tuislande as baie belangrik beskou en dit onmiddellik begin versnel.  Dit moes gedoen word op die basis van die afsonderlike ontwikkeling van die rasse.  Hy het in gedagte gehad dat die Boland van Bantoes gesuiwer moes word, omdat hulle nie daar inheems was nie.  Daar moet grensnywerhede naby die reservate gevestig word, wat sou help om die instroming van Bantoes na blanke gebiede te stuit.  Die tekort aan Bantoe-personeel om hul eie etniese groepe van diens te wees, sou opgelos word deur die stigting van ‘n aantal universiteitskolleges wat na 1956 plaasgevind het.
Die parlementêre opposisie het teen elke regerings-maatreël luidrugtig geprotesteer.  Hulle was erg verdeel in hulle proteste weens die swak leiding van hulle leier, advokaat JGN Strauss, wat weens hulle kritiek toe bedank het en plek gemaak het vir sir De Villiers Graaff as leier.
 

Die verkiesing van 1958
Die verlaging van die ouderdomsvereiste vir die stemreg na 18 jaar het die kanse van die regering om die verkiesing van April 1958 met ‘n groter meerderheid te wen, baie verbeter.  Die jonger geslag was sterk repu-blikeinsgesind sodat daar op hulle geesdriftige steun gereken kon word.  Die uitslag van die verkiesing was nooit twyfelagtig nie, hoewel Strydom bly hamer het op die beginsel van “blanke baasskap,” in teenstelling met Verwoerd se positiewer ideaal van rasseskeiding.  Die Nasionale Party het die verkiesing gewen met ‘n totaal van 103 setels in die Volksraad teenoor die 53 van die Verenigde Party.  Die Arbeiders het geen setel gewen nie.  Daar is baie meer stemme op regeringskandidate as op die opposisie s’n uitgebring.  Hulle kon nie weer beweer soos by die vorige twee verkiesings van 1948 en 1953, dat die regering ‘n Blanke minderheid verteenwoordig nie.
 

Strydom se heengaan
Aan die einde van Augustus 1958 is Strydom, wat ‘n geruime tyd siek was, oorlede.  ‘n Man van groot beteke-nis het heengegaan.  In 1934 was hy die enigste Nasionale parlementslid in Transvaal wat nie “gesmelt” het nie. Hy het die republikeinse ideaal lewendig gehou en daarmee bygedra tot die totstandkoming van die Republiek.  Sy rassepolitiek het aan die negatiewe kant gegrens met sy beklemtoning van Blanke baasskap.  Sy biograaf het van hom geskryf dat hy altyd vriendelik en tegemoetkomend teenoor sy mense was en dat hy een van die mees toeganklike LV’s was wat ooit op die groen banke van die Volksraad gesit het.  “Hierdie karakter het Strydom die mees geliefde eerste minister gemaak wat hierdie amp beklee het.  Dit het veroorsaak dat Strydom ‘n besondere plek, nie alleen in die hart van die Waterbergers ingeneem het nie, maar feitlik van alle Transvaalse Nasionaliste.  Die Waterbergers was só in vervoering oor hul leier dat hulle sy betiteling van ‘Leeu van die Noorde’ nader aan hul eie omgang met hom betrek het deur na hom te verwys as ‘Die Leeu van Waterberg.’  Sy jaarlikse ver-gaderings en vrye omgang met sy mense het hom geliefd gemaak en hy kon met reg aanspraak maak op die titel, ‘Man van sy volk.’”
 

Dr Verwoerd
Die nuwe eerste minister het op Stellenbosch ‘n doktorsgraad in Sielkunde behaal.  Na verdere studie in Duitsland het hy ‘n professor op Stellenbosch geword.  In Januarie 1937 het hy redakteur van Die Transvaler geword.  In Mei 1948 is hy as Senator aangestel en in Oktober 1950 word hy minister van Naturellesake.
Dr Verwoerd was die vindingryke argitek wat die apartheidsbeleid in besonderhede uitgespel het en die bekwame administrateur wat die beleid in die praktyk begin toepas het.

Die Transkei
Die regering se Wet op Bantoeowerhede  van 1951 het voorsiening gemaak vir ‘n groter mate van selfbestuur in die tuislande.  In die
belangrke tuisland, die Transkei, was hulle leier, Kaiser Matanzima, gewillig om Verwoerd se stelsel van Bantoe-owerhede te aanvaar.  In Mei 1957 het die Transkei die eerste tuisland geword wat ‘n gebieds-owerheid ontvang het.

Skeuring in die VP
Na afloop van die parlementsitting van 1959 het die liberale elemente in die Verenigde Party weggebreek en die Progressiewe Party gestig.  Hulle wou Bantoes en Blankes ekonomies integreer en alle rasse op ‘n gemeenskaplike kieserslys plaas.

Dr Verwoerd en die Republiek
Na die aanvang van die parlementsitting van 1960 het dr Verwoerd aangekondig dat daar ‘n volkstemming of referendum oor die beginsel van ‘n republiek sou plaasvind.  Die kiesers sou hulle oor hierdie groot saak uitspreek.  ‘n Blote meerderheid, selfs van een stem, sou voldoende wees.  Alleen die stem van die Blankes sou in ag geneem word.  Die regering sou later afkondig of die Republiek binne of buite die Statebond sou wees.
Dr Verwoerd se aankondiging is soos altyd heftig deur die gesamentlike opposisie bestry.  Alle Nasionaliste en baie ander Afrikaners het dit egter geesdriftig verwelkom.  Die tyd was ryp, want baie mense het deur die aanhoudende kritiek uit Engeland oor Suid-Afrika se kleurbeleid, alle simpatie met daardie land verloor.  Suid-Afrika was reeds grootliks geïsoleer en hoe gouer hy op eie bene kon staan, hoe beter sou dit wees.  ‘n Poging van Engeland en die Westerse lande om met ‘n ekonomiese boikot die regering te dwing om van sy beleid af te sien, het die republikeinse gevoel in die land grootliks versterk.  ‘n Besoek van Harold Macmillan, die Britse premier, wat met sy “Winds of change”-toespraak in die Unie-parle-ment vir dr Verwoerd wou afskrik, het die Blankes nog meer laat volhard in die tradisionele beleid van rasse-skeiding en die strewe na ‘n republikeinse regerings-vorm, desnoods buite die Statebond.
Drie jaar vantevore het A Barlow, ‘n lid van die Verenigde Party, voorgestel dat die Union Jack as een van die landsvlae moet verdwyn.  Die Britse minderheid het dit tot verbasing van almal byna met gelatenheid aanvaar dat hierdie grootste simbool van die konneksie met die Statebond verdwyn het.

Sharpeville
Daar het in Maart 1960 ‘n opsienbare gebeurtenis in die Bantoe-dorp by Vereeniging en Vanderbijlpark plaas-gevind.  ‘n Botsing tussen betogers en die polisie  het ‘n bloedige nasleep gehad.  Reeds in Januarie is ‘n dosyn konstabels gruwelik vermoor in Cato Manor, ‘n nie-blanke woonbuurt van Durban.  Die polisie wou ‘n herhaling daarvan voorkom toe 20 000 Bantoe-betogers in Maart 1960 by Sharpeville opdaag en ‘n dreigende houding inneem.  Hulle het die skare met vuurwapens uiteen gedryf.  Tagtig Bantoes is dood en baie ander is beseer.  Dit het wêreldwye protes uitgelok.  Ook in Langa,  ‘n Bantoe-woonbuurt naby Kaapstad, het duisende Ban-toes teen die dra van bewysboekies geagiteer en in die onluste is verskeie Bantoes gedood.  Die regering het ‘n noodtoestand afgekondig en ‘n deel van die weermag gemobiliseer.  Gedurende die volgende maande is duisen-de Bantoes aangehou.  Die ANC en die Pan African Congress is in die ban gedoen.  ‘n Aantal ekstremiste het na die buiteland gevlug.

Aanslag op dr Verwoerd se lewe
Te midde van die algemene beroering het ‘n sekere David Pratt in April 1960 by die Randse Paasskou, ‘n aanslag op die lewe van dr Verwoerd gedoen en hom baie ernstig verwond, deur twee koeëls op kort afstand in sy gesig af te vuur.  Dr Verwoerd het merkwaardig gou daarvan herstel.  Suid-Afrika het hierdie gemene daad verafsku en sy meegevoel met die Regeringshoof  betuig.  Die hof het besluit dat die misdadiger nie by sy volle sinne was nie en hom in ‘n gestig geplaas.

Die referendum
Op 5 Oktober 1960 is die referendum gehou waarvan die uitslag bewys het dat die volk van Suid-Afrika ‘n republiek begeer het.  Daar was  850 000 stemme ten gunste van ‘n republiek en 775 000 daarteen, hoofsaaklik in Natal en die Engelstalige stede.  Die konsepgrondwet is ‘n maand later gepubliseer.  Die ou grondwet is in hoofsaak behou.  ‘n Staatspresident wat vir sewe jaar deur die Parlement gekies word, sou die plek inneem van die goewerneur-generaal wat die Engelse vors verteenwoor-dig het.

Dr  Verwoerd na Londen
Dr Verwoerd was ten gunste van ‘n republiek binne die Statebond.  Hy het in Maart 1961 na Londen gegaan om die saak by die byeenkoms van Statebondspremiers voor te lê.  Met die wete dat Suid-Afrika die laaste blanke en Westerse bolwerk op die Afrikaanse vasteland was, was dr Verwoerd vasberade om nie die beginsels en ideale van die Westerse leefwyse en die blanke bevolking prys te gee nie.  As gevolg van die houding en eise van die nie-blanke lede, wat die meerderheid op die konferensie was,
het dr Verwoerd Suid-Afrika se aansoek om verdere lid-maatskap teruggetrek.

Die Republiek Suid-Afrika !
‘n Maand later is die republikeinse grondwet deur die Parlement goedgekeur.  Op 10 Mei is advokaat CR Swart, die goewerneur-generaal, met groot meerderheid van stemme as eerste President van die Republiek Suid-Afrika gekies.  Op 31 Mei 1961, presies 51 jaar na die totstand-koming van die Unie, is die Republiek geproklameer.  Dit was die einde van ‘n tydperk en die begin van ‘n nuwe.


Ons was weer heeltemal vry !


 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2469 gaste aanlyn