Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Een groot bron van ongelukkigheid by mense is die gewoonte om jou lewe uit te stel na 'n toekomstige datum. Meeste mense is gedurig besig om hulself ongelukkig te maak omdat hulle vandag se mooi dinge en geleenthede verloor terwyl hulle besig is om op die toekoms te fokus. Gebruik elke dag, gryp die dag wanneer jy opstaan – Carpe Diem!
ONS GESKIEDENIS: Hoofstuk 24
Die Tweede Wêreldoorlog
Die eerste taak van die nuwe regering was om Duitsland die oorlog aan te sê. Op 6 September is toe ‘n staat van oorlog afgekondig. Smuts sou nie net alleen ‘n stryd teen ‘n buitelandse vyand voer nie, maar ‘n hewige stryd teen sy politieke opponente en al die teenstanders van die oorlog. Op 9 September 1939 het tienduisende mense op die terrein van die Voortrekkermonument ‘n massa-demonstrasie teen die oorlog gehou. Die twee sprekers by die geleentheid, generaal Hertzog en dr Malan, het hulle herstelde eenheid betuig.
Oorlogsmaatreëls
Smuts het met groot ywer aan die werk gespring. Hy het ‘n driedubbele verpligting op hom geneem, as eerste minister, as minister van verdediging en as hoof van die leër. Hy het die verdedigingsmag opgeknap, ammunisie geproduseer en oorlogsvoorrade opgebou, instrukteurs op-gelei en Britse lugmag-personeel in Suid-Afrika opgelei. Hy het vyandsonderdane geïnterneer.
Smuts was nie wetlik in staat om militêre eenhede oorsee te stuur nie, maar hy het vrywilligers gevra om op enige plek in Afrika te veg. Hulle het ‘n rooi lus op die skouer gedra. Uiteindelik het elke soldaat die “rooi eed” geneem.
In Januarie 1940 het Smuts met die parlementsitting bekragtiging van sy noodmaatreëls gevra. Die opposisie het hom hand en tand beveg, maar Smuts het sy wet op oorlogsmaatreëls deurgevoer gekry, omdat sy oorlog-teenstanders alles behalwe verenig was. Hertzog is met heelwat wantroue deur die Gesuiwerde Nasionaliste be-jeën.
Die oorlog in Afrika
Italië se toetrede tot die oorlog in Junie 1940 het die oorlog nader aan Suid-Afrika gebring. Smuts het ‘n deel van die Unie-lugmag in Kenia gestasioneer, om lug-aanvalle op Italiaanse basisse in Oos-Afrika te doen. In Julie 1940 het eenhede van die Unie-leër in Kenia aange-kom om deel te neem aan ‘n algemene Britse offensief teen Italiaans Somaliland en Abessinië (Etiopië).
Die politieke stryd
Na die Duitse inval in Holland en België in April 1940 en die val van Frankryk in Julie 1940, is algemeen verwag dat Brittanje die oorlog sou verloor. Hertzog het ‘n beroep op Smuts gedoen om die stryd te staak. Malan het hom beywer vir ‘n Republiek, sodat die Unie kon loskom van ‘n gemenebes wat besig was om te sink. Smuts het sy gang gegaan. Hy het gewere in privaatbesit opgeroep om ‘n moontlike gewapende opstand te verydel. Vyandsonderdane en Unieburgers wat verdink is van onwettige optrede, is geïnterneer. Die land is geleidelik op ‘n oorlogsgrondslag geplaas. ‘n Aansienlike leërmag is op die been gebring en in ‘n aantal oefenkampe opgelei. Ammunisie is plaaslik in groot hoeveelhede vervaardig. Die Suid-Afrikaanse fabrieke het vir die eerste keer bom-me, granate, mortiere en selfs houwitsers gelewer. Die nywerhede het die weermag voorsien van skoene, klere, beddegoed, voedsel, mediese voorrade en ander nood-saaklikhede.
Tweespalk en skeuring in opposisiegeledere
Die Duitse kortgolfsender, Zeesen, het ‘n anti-Joodse gevoel aangewakker. Die jonger geslag het gesimpatiseer met die Duitse Nasionaal-Sosialisme. Die begeerte na ‘n suiwer Afrikaner-republiek het sterk toegeneem en baie mense het op ‘n Duitse oorwinning gehoop.
Dit het spoedig geblyk dat dit nie maklik sou gaan om die vroeëre eenheid van die Nasionale Party te herstel nie. Hertzog het verklaar dat hy nog steeds die beginsel van gelykheid van Afrikaners en Engelssprekendes onder-skryf. Die mening van Malan se volgelinge hieroor was dat hy daarmee getoon het dat hy bereid was om Afri-kanereenheid op te offer ter wille van hulle wat hom in 1939 in die steek gelaat het.
Hertzog het sy eie koers gegaan toe sy voorstelle vir ‘n nuwe program van beginsels op die Vrystaatse Nasio-nale Party-kongres in November 1940 afgestem is. Dit het die tydelike bondgenootskap tussen hom en Malan finaal beëindig. Hy het hom uit die openbare lewe onttrek en is op 21 November 1942 oorlede.
Na Hertzog se onttrekking aan die politiek het die verwarring en onenigheid in die geledere van die oppo-sisie sterk toegeneem. Die Ossewabrandwag het as organisasie in 1941 op die voorgrond begin tree. Dui-sende mense het by die beweging aangesluit. Dit sou ‘n suiwer kulturele, non-politieke organisasie wees, maar geleidelik is dit laat vaar. Daar het spoedig botsings plaasgevind tussen sy lede en soldate. Dit het tot ernstige onluste in Johannesburg gelei.
Voortsetting van die oorlog
Die Unietroepe het ‘n aansienlike aandeel gehad in die verowering van Somaliland en Etiopië. In April 1944 was hulle die eerste om Addis Abeba binne te ruk. Daarna het hulle deelgeneem aan die stryd in Noord-Afrika, waar generaal Rommel die Italianers te hulp gesnel het.
In Suid-Afrika was daar tekens van voedseltekorte. Daar is beperkings op die boubedryf geplaas. Om inflasie te bestry, is pryse gekontroleer. Die toestand het ernstiger geword toe Japan in Desember 1941 tot die oorlog toetree. Weens skeepstekort moes alle invoer streng beheer word.
In Noord-Afrika was die geallieerde Agste leër nie bestand teen die beter tenks en taktiese meerder-waardigheid van die Duitsers nie. By Tobruk het 10 722 Suid-Afrikaners aan Rommel oorgegee. Maar in die slag van El Alamein het hulle darem weer ‘n aandeel gehad in die oorwinning wat generaal Montgomery oor die Duit-sers behaal het.
Daarmee was die oorlog in Afrika afgeloop, maar nie in Europa nie. Smuts het op 27 Januarie 1943 by die Volksraad toestemming gevra om Suid-Afrikaanse soldate na Europa te stuur. Die Sesde Suid-Afrikaanse Pant-serdivisie het daarna tot die oorlog in Italië toegetree, as ‘n onderdeel van die Britse Agste Leër. In Italië het 753 Suid-Afrikaners gesneuwel, 152 in Oos-Afrika en 2 104 in Noord-Afrika.
Probleme met die OB
Nadat Japan in Desember 1941 tot die oorlog aan Duitse kant toegetree het, het dit gedurende die tweede helfte van 1942 geskyn asof Duitsland die oorlog sou wen. Die oorlogteenstanders in die Unie het begin dink aan die oprigting van ‘n republiek, maar hulle was erg verdeel. Van die Nasionaliste het gestreef na ‘n republiek soos dié van Paul Kruger; die Nuwe Orde van Piro het voorkeur gegee aan ‘n Nasionaal-sosialistiese republiek volgens Duitse model, en Van Rensburg met sy OB het die “gesagstaat” verkondig. Die Transvaalse Nasionale leier, advokaat JG Strydom, het sy geloof in ‘n parle-mentêre demokrasie betuig. Hertzog se oorgeblewe volgelinge is as die Afrikanerparty deur Havenga gelei.
Daar het ‘n bitter stryd tussen hierdie groepe geheers. Toe die Nasionale Party die Nuwe Orde met sy vreemde ideologie verwerp, het Van Rensburg dreigende taal begin gebruik en sy veragting vir die partypolitiek van die demokrasie uitgespreek. Hy het spoedig met Malan en die Nasionale Party oorhoops gelê. ‘n Breuk tussen die OB en die Nasionale Party was onvermydelik. Malan het geëis dat die OB dadelik sy politieke bedrywighede staak. Van Rensburg het geweier en die partyban is oor die beweging uitgespreek. Druk is op alle partylede uitge-oefen om die OB te verlaat. Die beweging het vanaf 1942 sterk agteruitgegaan en is aan die einde van die jaar as organisasie gebreek.
Uitwerking van die oorlog op Suid-Afrika
Die volk het op die ekonomiese terrein die skoen voel druk. ‘n Pryskontroleer is benoem om petrol, olie en rub-ber te rantsoeneer. ‘n Voedselkontroleur is benoem, maar sy taak is bemoeilik deur swak oeste en tydelike tekorte. Die uitgawes van die staat het grootliks toegeneem. In die boekjaar 1942-43 was dit R280 miljoen en die staatskuld het vinnig vermeerder.
Die verkiesing van 1943
In die parlement was die 39 Nasionaliste, die 17 lede van die Nuwe Orde en 9 van die Afrikanerparty mag-teloos teen die Verenigde Party se 89 ondersteuners. Die verkiesing van 1943 was Smuts se grootste triomf, met 110 ondersteuners teenoor 43 van die opposisie. Maar dr Malan en die Nasionale Party het ook vordering gemaak, want die Afrikanerparty en die Nuwe Orde is heeltemal uitgeskakel. Die Nasionale Party het van nou af geveg om te herwin wat hy in 1934 verloor het.
Moeilikhede in die landbou
Gedurende die eerste vier jaar van die oorlog was daar ‘n aansienlike mate van inflasie en pryse het aanhoudend gestyg. Die pryskontroleur was nie in staat om dit stop te sit nie. Voedselpryse het sedert 1938 met een derde toe-geneem. Daar was ‘n groot skeepstekort. Daar was ‘n tyd lank selfs ‘n tekort aan mielies, weens die Mielieraad se onsinnige uitvoer van mielies. Dit het tekorte aan eiers en suiwelprodukte veroorsaak. In 1942 was droogte en besoekende skeepskonvooie verantwoordelik vir tekorte aan groente, koring en vleis. Die publiek was bitter ontevrede dat ‘n voedselproduserende land nie in staat was om sy eie bevolking te voed nie.
Die nywerhede
Die nywerhede het ‘n bloeitydperk beleef, deurdat noodsaaklikhede wat nie in oorlogstyd uit die buiteland verkry kon word nie, plaaslik vervaardig moes word. Maar die spoorweë kon die groter verkeer nie dra nie en die rollende materiaal het verswak. Padverkeer is gestrem deur die tekort aan brandstof en rubber. Geen nuwe motors is ingevoer nie. Die regering was verplig om die lengte van motorreise te beperk en brandstof te rant-soeneer.
Onderwys
By die provinsiale verkiesing van 1943 het drie van die vier provinsies se regeringskandidate meerderhede behaal met ‘n beleid van dubbelmediumonderwys. Ge-volglik is met uitsondering van die Vrystaat, in 1944 in die provinsiale skole ‘n stelsel van dubbelmedium-onderwys (nie parallelmedium nie) ingestel. Daar was sterk teenstand teen die toepassing van hierdie onsinnige onderwyspraktyk. Dit was ‘n mislukking en het in 1948 uit die skole verdwyn.
Demobilisasie
Na die oorlog moes die regering aandag skenk aan die demobilisasie van die soldate. Die terugkerendes moes weer in diens geplaas word en lenings vir gratifikasies wat die parlement daarvoor gestem het, aan hulle uitbetaal word. In 1945-46 is op hierdie manier 155 000 soldate ontslaan. Hulle het meer as R18 miljoen in die vorm van lenings en toekennings ontvang en meer as R14 miljoen in gratifikasies. Baie soldate het dit moeilik gevind om hulle aan te pas.
Die Indiërs
Gedurende die oorlog het Indiër-handelaars blanke gebiede binnegedring, veral in Durban. Die Dominium-party was onthuts daaroor. Die regering het in 1943 teen sy sin ‘n Vaspenwet deur die parlement geloods. Dit het Indiër-indringing in blanke sake en woonbuurte vir twee jaar vasgepen op die bestaande posisie. Die Indiërs was bitter ontevrede.
Die Arbeidersparty
Die Arbeidersparty wou teen die einde van die oorlog nie meer verder die medeverantwoordelikheid van die regering dra nie. Hulle het vroeg in 1945 hulle leier Madeley gevra om hom aan die kabinet te onttrek. Die verhouding van die Arbeiders teenoor die Verenigde Party het versleg en na die oorlog is die samewerking beëindig.
Die Nasionale Party
Die Nasionale opposisie het gekonsolideerd geraak en was besig om in krag toe te neem. Die Nasionale Party was as enigste opposisie in ‘n voordelige posisie. Hy het in 1944 ‘n betekenisvolle oorwinning behaal met die ver-owering van die Wakkerstroom-setel.
Die Broederbond
Die Broederbond wat in die jare twintig tot stand gekom het, het as geheime organisasie aansienlike invloed agter die skerms uitgeoefen. Die Engelse pers het gesinspeel dat die Bond allerlei sinistere oogmerke na-streef en Smuts het hom ‘n “gevaarlike, onderduimse, politieke Facistiese organisasie” genoem. Amptenare en onderwysers is verbied om lede te wees. Dr Malan het geprotesteer en verklaar dat die Bond nie meer geheim was as die Vrymesselaars en die Sons of England nie en dat dit slegs die Afrikaner se kulturele en ekonomiese belange beoog. Smuts kon nie sy aanklagte teen die Broederbond bewys nie.
Smuts as wêreld-staatsman
Ten spyte van sterker wordende teenkanting tuis, het Smuts se reputasie as staatsman van wêreldformaat hoër as ooit tevore gestaan. Ter erkenning van sy diens is hy deur die Britse koning in September 1941 tot veld-maarskalk bevorder. Hy is met eerbewyse oorlaai. Hy het die geallieerdes teen Rusland gewaarsku, maar hulle het geen ag op sy woorde geslaan nie. Hy het gehelp om die oktrooi van die Verenigde Volke-organisasie op te trek en is persoonlik verantwoordelik vir die aanhef van die finale dokument.
Die Indiërs
Die Vaspenwet se tyd was verstreke en is vervang met die Asiate Grondbesit en Indiërverteenwoordigingswet van 1946. Die Indiërs se verkryging van vaste eiendom in Natal is beperk, maar in Natal en Transvaal het hulle op ‘n kommunale basis stemreg gekry. Hulle kon twee ver-teenwoordigers in die Senaat en drie in die Volksraad kry en in Natal kon hulle twee kies vir die Provinsiale Raad.
Suidwes-Afrika
Toe die Volkerebond formeel in 1946 ontbind is, het Smuts verklaar dat Suid-Afrika die mandaat oor Suidwes sou behou. Die nuwe organisasie, die VVO, het geëis dat die gebied onder voogdy geplaas word, wat deur Smuts geweier is. Tydens dieselfde sitting is heftige kritiek uitgespreek teen Suid-Afrika se Bantoe-beleid, ten spyte daarvan dat ‘n artikel in die oktrooi inmenging in lede-lande se huishoudelike sake verbied. In Suid-Afrika het alle partye Smuts ondersteun, maar dr Malan was ten gunste daarvan om Suidwes onmiddellik as ‘n vyfde provinsie van die Unie in te lyf.
Die verkiesing van Mei 1948
Smuts het met vertroue die algemene verkiesing van 1948 tegemoet gegaan. Maar die toestand waarin die land na die oorlog verkeer het, het nie in sy guns getel nie. Die voedseltekorte het bly voortduur en gebruiksartikels was skaars. Die tekort aan huise het groot ontevredenheid veroorsaak. Baie mense het Smuts se Indiër-beleid ver-werp en baie meer het dit teen sy minister van finansies gehad, JH Hofmeyr. Die Burger het oor hom geskryf: “’n Mens vra jou af wat..sal gebeur as meneer Hofmeyr die leierskap oorneem. Hy is teen segregasie van watter aard, teen die ‘baasskap’ van die blanke wat hy as immoreel veroordeel...en ten gunste van ‘n beleid wat onvermydelik op die politieke oorheersing van die nie-blanke oor die blanke afstuur. En wanneer die nie-blanke eers die poli-tieke mag in hande het, dan sal die son van ons beskawing ondergaan en nooit weer verrys nie.”
Op die vooraand van die verkiesing het dr Malan ‘n verkiesingsmanifes uitgevaardig waarin hy sy apartheids-beleid afgekondig het as die redding van Suid-Afrika. Hy het met die Afrikanerparty van Havenga ‘n verkiesings-ooreenkoms gesluit. Die uitslag van die verkiesing was ‘n groot verrassing vir almal en ‘n verskriklike teleurstelling vir generaal Smuts, want die Nasionale Party het 9 nuwe en 16 ou setels op die Verenigde Party verower. Hy het in die nuwe Volksraad 70 verteenwoordigers gehad teenoor 65 van die Verenigde Party. Die Dominiumparty is uit-gewis en die Arbeiders het 6 lede gehad. Al kon die Verenigde Party reken op die ondersteuning van die drie naturelleverteenwoordigers en sommige van die Arbei-ders, was hy nie opgewasse teen die Nasionale Party nie, want hy kon steun op die 9 lede van Havenga se Afri-kanerparty.
Smuts was verplig om te bedank en dr Malan is gevra om ‘n nuwe regering saam te stel. In die nuwe regering was dr Malan die eerste minister en meneer NC Havenga as sy adjunk en minister van finansies. Met ‘n skrale meerderheid van 5 lede in die Volksraad en ‘n minderheid in die Senaat, het die Malan-Havenga-koalisie met erns en toewyding begin om die land te regeer.