NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

“... gee my nie armoede of rykdom nie, laat my geniet die brood wat vir my bestem is; dat ek nie, as ek oorversadig geword het, U verloën nie, en sê: wie is die HERE? En dat ek nie, as ek arm geword het, steel en my aan die naam van my God vergryp nie.” - Spreuke 30:8, 9

ONS GESKIEDENIS: Hoofstuk 21

Die  Eerste Wêreldoorlog en die Rebellie


Die bevolking
Die stigting van die Unie van Suid-Afrika het die staatkundige verdeeldheid wat met die Groot Trek ontstaan het, beëindig.  Provinsialisme het nog lank bly voortbestaan, sowel as die houvas van Britse imperialisme op die jong staat.  Maar die nasionale gevoel het mettertyd al hoe sterker na vore getree.
In 1911 was die Unie se totale bevolking ‘n bietjie minder as 6 miljoen.  Daar was 4 000 000 Bantoes asook 1 276 000 Blankes, 525 000 Kleurlinge en 152 000 Indiërs.  Die Indiërs was meesal in Natal.  Die meeste Bantoes was nog in reservate, maar hulle was toenemend besig om in die blanke platteland en stedelike gebiede in te sypel.
Die grootste deel van die bevolking het op die platteland gewoon en was vir hulle bestaan afhanklik van die landbou en veeteelt.  Daar was na beëindiging van die Tweede Vryheidsoorlog ‘n neiging by die armer mense om hul toevlug tot die stede te neem.  Dit was die blanke armes wat hulle grond verloor het.  Droogtes en depres-sies het hul getalle laat styg.  In die stede moes hulle as ongeskoolde arbeiders meeding met die Bantoes.

 

Die goudmyn-bedryf
Die goudbedryf aan die Witwatersrand was vir die Unie van groot betekenis.  In 1911 was daar 25 000 blanke arbeiders in diens.  Hulle het meer as R16 miljoen aan lone ontvang.  In 1910 het die myne 7½ miljoen ons fyngoud geproduseer.  Die Unie was die vernaamste goudprodusent ter wêreld.  Die myne moes belastings aan die staat betaal.  Die Kamer van Mynwese was ‘n krag vir die land, maar die mynbase het deur die Unioniste hul stem in die parlement laat hoor en hulle eise gestel.  Die Afrikaners het steeds wantrouig teenoor die bedryf gestaan.  Die Botha-regering het nie groot simpatie met die mynbase gehad nie.

 

Botha se rekonsiliasie-beleid
Louis Botha het met die eerste Uniale verkiesing die Afrikaners en die Engelse van die land gevra om saam ‘n nuwe toekoms te bou.  Hy het sy trou aan die Britse ryk betuig en die beëindiging van rassehaat bepleit.
In November 1911 is op ‘n groot en geesdriftige nasionale kongres in Bloemfontein ‘n nuwe party gestig wat die ander bestaande Afrikanerpartye vervang het.  Die Suid-Afrikaanse Party se beginsels was die samewerking van die twee bevolkingselemente, met die oog op die bou van ‘n nuwe nasie, die gelykheid van die twee tale, die behandeling van die Bantoe-vraagstuk op ‘n nie-partybasis,  die aanmoediging van blanke immigrasie en ‘n verbod op Indiër-immigrasie.
Botha het met sy regering daarna gestreef om die twee blanke groepe bymekaar te hou en die bitterheid van die verlede uit te wis deur ‘n beleid van samewerking en versoening met die leuse: “Vergewe en vergeet.”  Die leiers van die Unioniste het hom voortdurend daarvan be-skuldig dat hy met Afrikanerekstremiste saamwerk wat anti-Brits is.  Hulle het dit teen generaal Hertzog se insluiting in Botha se kabinet gehad.  Botha kon nooit daarin slaag om die stroom van kritiek van ekstremistiese Britse kant hok te slaan nie, al het hy ook hoe hard probeer om hulle te paai deur voortdurend vriendelik na die Ryk en die Britse monargie te verwys.
Reeds voor Uniewording het ‘n deel van die Afrikaners, veral in die Vrystaat, getwyfel aan Botha se leierskap.  Daar was in die land ook ontevredenheid dat hy die Cullinan-diamant aan koning Eduard geskenk het. Nadat hy in 1911 by die Rykskonferensie in Londen met eerbewyse oorlaai is, het sy eie mense gesê hy het pro-Brits geword.  Toe hy Britse immigrasie wou bevorder en wou bydra tot die instandhouding van die Britse vloot, het dit baie kritiek uitgelok . Toe hy kort daarna deelneem aan die onthulling van Rhodes se standbeeld teen Tafelberg, was dit vir baie mense te erg.  Sy lofuitinge teenoor die Engelssprekendes het baie Afrikaners teen die bors gestuit.

 

Die staatsdiens
Die Unieregering het sy werksaamhede begin deur die verskillende staatsdepartemente te organiseer en die sake van die provinsiale regerings op dreef te kry.  Daarna het ‘n stryd oor moedertaalonderwys plaasgevind en is besluit dat onderwysers in enige van die twee tale kon kwalifiseer en dat die onderwysmedium tot standerd IV die moeder-taal moes wees en dat die ouers daarna die medium kon kies.

 

Verdediging
Vir die verdediging van die Unie het die Verdedigingswet van 1912 voorsiening gemaak vir ‘n klein staandemag en ‘n aantal aktiewe burgermag-regimente wat op ‘n vrywillige basis gewerf is.  Daar sou ook ‘n aantal skietverenigings wees en ‘n algemene burgerreserwe. Die burgermag kon in oorlogstyd opge-roep word om op enige plek in Afrika te veg.  Generaal CF Beyers is as kommandant-generaal benoem.

 

Die Swart-probleem
Die regering het ook aandag gegee aan die groeiende  Bantoe-probleem.  Duisende Bantoes het as plakkers op blanke plase gewoon.  Niks het hulle verhinder om daar-die gronde in besit te neem nie.  Deur die Wet op Naturellegrond van 1913 is 10½ miljoen morg grond vir hulle besit afgesonder.

 

Generaal Hertzog
Die uiters delikate verhouding tussen Engels- en Afrikaanssprekende lede van die Suid-Afrikaanse Party het aan generaal Botha sy eerste groot politieke krisis besorg.  Generaal Hertzog, sy minister van justisie, het ‘n aantal toesprake gehou oor Suid-Afrikaanse nasieskap en nasionalisme.  Hy het op 5 Desember 1911 op Germiston gesê daar is twee lewenstrome in Suid-Afrika, die Afrikaners, vir wie daar geen ander vaderland is nie en die Engelstalige bevolking, vir wie daar ook geen ander land is nie.  Maar daar is ‘n derde groep wat nog nie tuis is nie weens hulle sterk gevoel vir die moederland.  Daarom bly Suid-Afrika vir hulle ‘n vreemde land.
Dit was duidelik dat generaal Hertzog hom al hoe meer ontuis gevoel het in die eerste Unieregering. Hy het vir sy standpunte groot steun van buite ontvang.  Die beweging, Jong Suid-Afrika, het in Mei 1911 hom in Pretoria gehuldig as “die onverskrokke kampvegter vir die heilige regte van ons moedertaal.”  In September 1911 is in Bloemfontein ‘n adres aan hom oorhandig wat deur nie minder nie as 12 000 Vrystaters onderteken is en waarin hy gehuldig word as “die nasionale held by uitnemend-heid.”
Die Unioniste
In Oktober 1912 het ‘n kolonel Byron op Stanger gesê dat Hertzog daarna streef om die Afrikaner oor Suid-Afrika te laat baasspeel.  Hertzog het toe in ‘n vergadering op Nylstroom geantwoord dat dit inderdaad sy strewe is en ook om te verhinder dat vreemde fortuinsoekers soos Byron en andere Suid-Afrika se belange langer behartig.  Hulle is nie Afrkaners nie en hoort nie hier nie.  Daarop het die leier van die opposisie, sir Thomas Smartt, gesê dat hy ‘n liberalis is en eers daarna ‘n Afrikaner.

 

Die De Wildt-toespraak
Kort daarna het Hertzog op 7 Desember 1912 by De Wildt sy eerste “Suid-Afrika Eerste”-toespraak gehou, waar hy ook gesê het dat Thomas Smartt deur sy uitlating self erken dat hy geen Afrikaner is nie en dat Botha se konsiliasie ‘n woord is wat hy nie ken nie.  Hy het aan niemand iets gedoen waarvoor hy hom moet versoen nie.
Oor hierdie neerhalende aanmerkings oor die konsi-liasiebeleid, wou Botha hê dat Hertzog moes bedank, maar hy het geweier.  Botha het daarop op 14 Desember 1912 sy eie bedanking ingedien, maar die goewerneur-generaal het hom nog die selfde dag versoek om weer ‘n nuwe kabinet saam te stel.  Hy het dit gedoen en Hertzog se naam weggelaat.  So is hy toe uit die regering.

 

Steun vir Hertzog
‘n Paar dae later het Tielman Roos, voorsitter van die beweging  Jong Suid-Afrika, in ‘n artikel geskryf: “Gene-raal Hertzog, onse Afrikaanse taalvechter die bereid is geweest om alles op te offeren voor land, volk en taal, is een man tegen wie de Jingo pers geraasd en geskreeuwd heeft voor jaren, en die vandag opgeofferd is om de Natallers te paai – een slachtoffer op het altaar van Impe-rialisme.”
Roos en ander het daarna ‘n vergadering byeengeroep wat in Prinsepark, Pretoria, deur 5 000 Afrikaners byge-woon is.  Die sprekers het die skare vanaf ‘n hoë mishoop toegespreek en generaal De Wet wat ook een van die sprekers was, het gesê hy bevind hom liewer op ‘n mishoop onder sy volk, as op ‘n skitterende verhoog onder vreemdelinge.

 

Die stryd onder nasionale vaandel
Die tyd was ryp vir die stigting van die Nasionale Party, wat in Julie 1914 in Bloemfontein plaasgevind het.  Daarna kon Hertzog vir Louis Botha en sy SAP-party se konsiliasie- en versoeningsbeleid langs partypolitieke weë aanval.  Hy het gesê Botha is ‘n papbroek wat voort-durend na die pype van die opposisie dans.  Hy laat oogluikend toe dat die regte van die Afrikaner vertrap word.  Hy het nie die moed om ‘n standpunt wat hy privaat onderskryf, in die openbaar te stel nie.  Hy is nie langer ‘n nasionalis nie, maar het ‘n aanhanger van die imperialisme en jingoïsme geword, “en dat is voldoende reden waarop hy niet langer op het kussen behoort te zitten.”

 

Die arbeidersbeweging en stakings
In Julie 1913 het die regering hom ‘n nuwe vyand op die hals gehaal toe hy ook teenkanting gekry het van die kant van die georganiseerde blanke arbeidersbeweging.  Daar het ‘n geskil ontstaan oor die diensvoorwaardes van vyf ondergrondse werkers van die Kleinfonteinmyn.  Dit het tot ‘n algemene staking in die Randse goudmyne gelei.  Die regering moes ingryp, maar uiteindelik moes Botha en Smuts toegee aan die vakbondleiers en was saam met die Kamer van Mynwese verplig om die  mynwerkersvakbond te erken.
Binne enkele maande daarna was daar in 1914 weer ‘n staking van blanke steenkoolwerkers in Natal.  Kort daarna het blanke spoorwegwerkers ook begin staak en toe beveel die Federasie van Ambagte ‘n algemene staking in die goudmyne.  Meteens was 20 000 werkers werkloos.  Smuts het die Aktiewe Burgermag gebruik om die staking te onderdruk.  Hy het nege van die leiers wat kwaaddoeners van beroep was, gedeporteer.

 

Die Indiër-probleem
Die regering het ook te kampe gehad met die Indiër-probleem, waar Smuts ook die spit moes afbyt.  Toe Transvaal in 1902 na die oorlog ‘n Engelse kolonie word, het Milner toegelaat dat ‘n groot aantal Indiërs uit Natal na die nuwe kolonie verhuis. Hulle het bly instroom tot 1907.  Die selfregerende Transvaal wou die instroming beheer deur ‘n wet dat die Indiërs hulle moes laat regi-streer en ‘n opvoedkundige toets aflê.  Ook sou hulle vingerafdrukke vir kontrole geneem word.  Hulle het onder leiding van hulle prokureur in Natal, MK Gandhi, tot lydelike verset oorgegaan.
Na 1910 het die Indiërs oor die grense van Kaapland en veral weer in Transvaal ingesypel. Smuts het toe opgevoede Indiërs vrygestel van die vingerafdruktoets, maar hy het hulle vrye beweging van die een provinsie na die ander beperk, as ook hulle vrye immigrasie uit Indië, deur ‘n immigrasiewet van 1913.  Hy het ook ‘n persoonlike belasting gehef op elke Indiër in Natal wat nie ‘n ingeboekte arbeider was nie.
Gandhi het kwaai geprotesteer.  Hy het niks minder geëis nie as dat alle wette en regulasies wat die Indiërs se bewegings in die land gekortwiek het, herroep moes word.  Hy het sy veldtog voortgesit en probeer om onwettig ‘n aantal Indiërs uit Natal oor die grens na Transvaal te lei.  Hy is in hegtenis geneem en in die tronk aangehou.
Die regering het in 1914 met ‘n Indiërverligtingswet ‘n paar toegewings gemaak wat deur Gandhi aanvaar is. Hy het sy lydelike verset beëindig en na Indië vertrek.

 

Die Eerste Wêreldoorlog
Die binnelandse storms was skaars verby, of daar bars in Europa die storm los van die Eerste Wêreldoorlog.  Dit het die Unie voor sy kwaaiste toets gestel, want dit het op ‘n baie ongeleë tydstip vir Suid-Afrika gekom.  As deel van die Britse ryk was Suid-Afrika feitlik outomaties daarin betrokke en as ‘n selfregerende dominium sou hy sy eie verdediging moes behartig, maar hy sou seker ook kon besluit om uit die maalstroom van oorlogvoerendes  te bly.  Engeland het die Unie egter gevra om die Duitse hawens aan die weskus en Windhoek te gaan beset en hulle sterk radiosenders buite werking te stel.  Botha het ingewillig en die Volksraad het sy voorneme om Suidwes-Afrika aan te val, met 92 stemme teen 12 goedgekeur.

 

Die Rebellie
Generaal Koos de la Rey het nie saamgestem nie.  Daar het veral in die Vrystaat en Wes-Transvaal ontstel-tenis geheers oor die regering se planne. Minder as ‘n jaar tevore, is op 16 Desember 1913 die Vrouemonument in Bloemfontein ter gedagtenis aan die groot aantal vroue en kinders wat in die konsentrasiekampe omgekom het, onthul.  Daar was duisende Afrikaners wat onder geen omstandighede vir Brittanje die wapen sou opneem nie.  Generaal CF Beyers, hoof van die weermag, het sy pos bedank.  Generaal De la Rey het die burgers van Lichtenburg opgeroep om op 15 Augustus 1914 byeen te kom.
Tydens die vredesonderhandelinge by Vereeniging in 1902 het Botha vir De la Rey en De Wet omgehaal om die stryd te staak, met die belofte dat met die eerste geleentheid waar Engeland weer in ‘n Europese oorlog betrokke raak, hulle die vryheid van die Republieke weer sou terugvat.
Met daardie belofte in gedagte, het De la Rey die middag van 15 September saam met Beyers in ‘n motor uit Pretoria vertrek.  Hulle sou oor Johannesburg na Potchefstroom gaan om sake met die weermag te reël.  Toe die motor by Langlaagte by ‘n beheerpunt nie wou stilhou nie, het die polisie gevuur en generaal De la Rey dodelik getref.  Hy het in sy vriend, generaal Beyers se arms gesterf.  Die padblokkade was glo opgestel om ‘n rowerbende te vang.  Die groot skare van duisende mense wat sy begrafnis op Lichtenburg bygewoon het, was diep bewoë en het die regering die skuld gegee vir die ou krygsman se dood.  Hulle het gesê en geglo dat hy opsetlik doodgeskiet is.
Sy dood het ‘n wydverspreide onrus tot gevolg gehad.  Oral in Wes-Transvaal en ook in die Noord-Vrystaat is oproerige vergaderings gehou. Majoor JCG Kemp en luitenant-kolonel SG Maritz het betrokke geraak.  Kemp was in bevel van ‘n oefenkamp by Potchefstroom en Maritz by een te Kakamas.
Maritz het op 20 Oktober 1914 met sy manskappe die grens oorgesteek en hom by die Duitsers gevoeg en so op eie houtjie gerebelleer. Botha het reeds op 12 Oktober krygswet afgekondig en die burgers opgeroep om die rebellie te onderdruk.  Toe het die ontevredenes  in die Vrystaat en Transvaal hulle eie kommando’s op die been gebring.  Hulle het by Kopjes op 22 Oktober 1914 besluit dat generaal De Wet in die Vrystaat en generaal Beyers in Transvaal die leiding sou neem.  Binne enkele dae was feitlik elke dorp in die Noord-Vrystaat deur die rebelle beset en Wes-Transvaal aan die rebelleer. In die Vrystaat was hul getal sowat 7 000 man.  In Transvaal was dit ongeveer 3 000 en in Kaapland om en by 2 000, wat die wapen teen die regering opgeneem het.
Generaal De Wet het weswaarts beweeg met die doel om by Maritz aan te sluit, maar hy moes uiteindelik op 1 Desember 1914 met net ‘n paar man by hom, naby Kuruman aan Botha se Afrikanertroepe oorgee.  Generaal Beyers, wat uit Wes-Transvaal na die Vrystaat beweeg het, se mag is herhaaldelik aangeval en verstrooi.  Beyers is met ‘n paar man by hom, deur Botha se troepe agter-volg.  Beyers is in die Vaalrivier dood, onderwyl hy en sy manne deur die rivier geswem het om hul agtervolgers te ontduik.  Daar word beweer dat hy verdrink het, maar daar is ook vas geglo dat hy gesterf het deur ‘n koeël wat hom getref het.
Met Beyers se dood en De Wet in die tronk, was die rebellie feitlik onderdruk in Transvaal en die Vrystaat.  In die omgewing van Pretoria was daar egter nog ‘n aantal manne wat hardnekkig voortgeveg het en die regerings-troepe swaar verliese toegedien het.  Hulle aanvoerder, Jopie Fourie, het nie as weermagoffisier bedank toe hy by die rebelle aangesluit het nie.  Toe Jopie na ‘n hewige geveg uiteindelik op 16 Desember 1914 die wapen neerlê, is hy voor ‘n krygshof gedaag en ter dood veroordeel.  Afrikanerleiers het om begenadiging en versagting van die vonnis gepleit.  Jan Smuts, die minister van verdediging, wou hulle nie te woord staan nie.  Jopie Fourie is op Sondagmôre, 20 Desember 1914 voor ‘n vuurpeleton tereggestel.
In die verre noordweste van Kaapland het Maritz nog uitgehou saam met Kemp.  Maritz het daarna na Suidwes gevlug en Kemp het op 2 Februarie 1915 met sy en Maritz se mag oorgegee.  Daarmee was die 1914-rebellie beëindig.  Daar het 190 rebelle en 132 regeringsmanne gesneuwel.  Van 12 000 rebelle is 281 voor die hof gedaag.  Tronkstraf (maksimum 7 jaar) en boetes (maksimum £2 000) is opgelê.  Alle rebelle-gevangenes is voor die einde van 1916 vrygelaat, maar Botha en Smuts is voortaan deur ‘n groot deel van die Afrikaners gebrandmerk as handlangers van Brittanje en verraaiers van die Afrikaner.

 

Die inval in Suidwes
Botha het in Februarie 1915 met 43 000 man die Duitsers in Suidwes-Afrika  aangeval.  Die Duitsers kon maar 9 000 man byeenbring om te verdedig. Botha het self die opperbevel geneem en met sy magte in Walvis-baai aan wal gegaan.  Smuts het met ’n afdeling vanaf Luderitz in die weste, na Keetmanshoop beweeg.  Berrangé het die Duitse kolonie vanaf Betsjoeanaland in die ooste binnegeval en Van Deventer het vanaf Oranjerivier in die suide opgeruk. Op 9 Julie 1915 was die hele kolonie reeds verower.  Dit het Botha 113 Suid-Afrikaners as gesneuweldes gekos.

 

Oplewing van Afrikanernasionalisme
Botha se ondersteuning van die Britse oorlogspoging het hom ‘n duur prys gekos.  Baie van sy volgelinge het hom verlaat en Hertzog aangehang.  Na die rebellie was daar ‘n geweldige oplewing van Afrikanernasionalisme.  Die Burger is in 1915 as eerste mondstuk van die Nasionale Party gestig en die Afrikaanse taalbeweging het ‘n opbloei beleef met digters soos Jan Celliers, Eugéne Marais en Louis Leipoldt.  In die algemene verkiesing van 1915 het generaal Hertzog se Nasionale Party, wat maar die vorige jaar gestig is, 78 000 stemme gekry teenoor die 94 000 van die Suid-Afrikaanse Party.

 

Deelname aan die Eerste Wêreldoorlog
Die Eerste Wêreldoorlog was nog aan die gang.  Botha en Smuts het besluit om met vrywilligers verdere steun aan Brittanje te verleen.  In November 1915 is ‘n aantal van hulle na Europa gestuur en kort daarna het daar 19 000 Suid-Afrikaners na Tanganjika vertrek om die Engelse te gaan help met die verowering van hierdie Duitse kolonie.  Hulle kon nie daarin slaag nie.  Daarom het Engeland vir Smuts gevra om self die bevel daar oor te neem.  Hy kon ook nie daarin slaag nie, want die Duitse aanvoerder, Lettow-Vorbeck, was as militêre strateeg Jan Smuts se meerdere.
Aan die einde van die oorlog het Smuts as lid van die Britse oorlogskabinet ‘n merkwaardige rol in die Britse oorlogspoging gespeel. Toe die vrede aanbreek, het hy ‘n ewe belangrike rol gespeel in die totstandkoming van die Volkebond.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2655 gaste aanlyn