NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wie sy seun nie straf nie, het hom nie lief nie; as hy hom liefhet, sal hy hom straf wanneer dit nodig is – Spreuke 13:24

ONS GESKIEDENIS: Hoofstuk 18

Die Engelse wil Transvaal terugvat


Carnarvon se federasieskema
Gedurende die regeringstyd van die Liberale Party het Engeland ‘n dekade lank nie die aggressiewe imperia-lisme openbaar as wat in 1870 weer kop uitgesteek het nie.  Die Gladsone-bewind is in 1874 beëindig toe Disraeli en die Konserwatiewe Party weer met ‘n groot meerderheid aan bewind gekom het. Daarna is weer ‘n beleid gevolg van handhawing en uitbreiding van Britse koloniale gebiede.  Die kolonies moes met hulle bodem-rykdomme die moederland steun en grootliks bydra tot die roem en wêreldmag van die Britse ryk.
Die nuwe minister van kolonies, lord Carnarvon, wou die grootheid en eer van Engeland nog groter uitbou deur ‘n federasie van al vier Suid-Afrikaanse state te bewerk-stellig.  Om hierdie ideaal te bereik, sou die twee onaf-hanklike Boere-state, Transvaal en die Vrystaat, weer on-der die Britse vlag gebring moes word.
Aan die twee Republieke is vertel dat so ’n verbintenis met die twee Engelse kolonies al hulle binnelandse probleme sou oplos en aan hulle ontsaglike voordele besorg.  Daarom moes hulle eers sag gemaak word om so ’n federasie gewillig te aanvaar.  Daar sou eers op Transvaal gekonsentreer word en as dié naderhand tot federasie instem, sal die Vrystaat so geïsoleerd wees dat hy verplig sou wees om by die federasie aan te sluit.
Om hulle doel te bereik, is aan die wêreld die leuen-propaganda verkondig dat Transvaal te swak is om homself te regeer, dat die Swartes wreed en onregverdig behandel word en dat die inwoners van die land die anneksasie openlik en vuriglik bepleit.

 

Transvaal se diamantvelde
Toe president MW Pretorius sonder goedkeuring van Transvaal se Volksraad toegestem het dat die geskil oor Transvaal se diamantgebied langs die Hartsrivier aan arbitrasie onderwerp word, het hy ook ‘n dokument onderteken dat hy die uitspraak van die hof sou aanvaar.  Die Volksraad was bitter ontevrede oor die Keate-uitspraak en het hulle nie daaraan onderwerp nie.  Hoë-kommissaris Barkly se proteste het geen uitwerking gehad nie en die betrokke gebied het in besit van die Republiek gebly.

 

President TF Burgers se bewind
Ds Thomas François Burgers, ‘n predikant te Han-nover, Kaap, het vir MW Pretorius as president opgevolg.  Hy het nie net teenkanting uit Engelse kringe verduur nie, maar weens die mislukking van ‘n paar van die skemas wat hy aangepak het, het hy ook die steun van ‘n groot deel van die burgers verloor.  Hulle het ook nie baie gehou van sekere vrysinnige godsdiens-idees wat hy gehuldig het nie. Dit het gebots met die burgers se behoudende konserwatiewe Calvinistiese lewensbeskou-ing.  Maar hy het probeer om sy verpligtinge en verantwoordelikhede as president van die Republiek eerlik en nougeset na te kom, ten spyte van die struikelblokke wat sy pad gekruis het.  Die vernaamste hiervan was Engeland se pogings om Transvaal in ‘n federasie in te sluk.
Een van Burgers se ideale was om ‘n spoorweg te bou wat die Republiek met Delagoabaai sou verbind.  Die Volksraad het hom daarin ondersteun en dit goedgekeur dat hy ‘n lening van £300 000 in die buiteland daarvoor aangaan.  Burgers het op 16 Februarie 1875 vir hierdie doel na Europa vertrek.  Hy kon egter net £90 000 in Holland te lene kry.  Hy het vir £63 000 spoorweg-materiaal in België gekoop.  ‘n Gedeelte daarvan is na Delagoabaai vervoer, waar dit verroes het en die res, wat  in Vlissingen nutteloos gelê het, is later teen ‘n groot verlies verkoop.
Toe Burgers weer in April 1876 in Transvaal aankom, was hy verplig om vir Sekoekoenie, die opstandige Bapedi-hoof in Oos-Transvaal, die oorlog aan te sê.  Piet Joubert en Paul Kruger wou hom nie help nie en MW Pretorius en Niklaas Smit kon nie met die klein klompie vrywilligers vir Sekoekoenie behoorlik straf nie.  Toe dit bekend word, het goewerneur sir Henry Barkly die vol-gende dubbel-leuen na Engeland getelegrafeer:  “Burgers is deur Sekoekoenie verslaan en ‘n vergadering wat in Lydenburg gehou is, rig ‘n versoek aan Brittanje om Transvaal in besit te neem.”  Die stryd teen Sekoekoenie is deur ‘n aantal vrywilligers suksesvol beëindig .  Hy het teen die einde van 1876 noodgedwonge om vrede kom vra.

 

Transvaal word geannekseer
Lord Carnarvon het die bekende Engelse geskied-skrywer, JA Froude, na Suid-Afrika gestuur om vir sy federasieplan te kom propaganda maak. Nadat Froude homself op die hoogte gestel het van die omstandighede en gesindhede wat nie net in die twee Boererepublieke geheers het nie, maar ook in die twee Britse kolonies, het hy die Britse regering as volg geantwoord:
“Julle het die twee kolonies aan hulle lot oorgelaat, maar die oomblik toe daar diamante ontdek is, toe soek julle ‘n verskoning om weer mag uit te oefen oor gebiede wat julle vroeër verwerp het.  Waar van grense sprake was, het julle steeds probeer om die Dutch te verneuk deur die grense te vervals.  Toe hulle hul vyand, die Basoeto’s, beveg en onderwerp het, het julle op die kantlyn gestaan totdat die saak besleg was en toe stap julle in om te keer dat die Afrikaners die voordeel van hul sukses geniet.  Al julle optrede teen die Afrikaners was een lang streep van selfsug, verraad en bedrog van die begin tot die end en nou dat hulle deur verstandige regering en voordelige omstandighede minerale in hulle gebied ontdek het en die stand van hul vooruitstrewende Republiek opgehef het, en al julle redes vir die gryp van die grond uitgeput is, nou nooi julle hulle uit om hulle weer eens onder die Britse vlag te plaas, wat hulle deur tradisie van hulle voorvaders, en nou deur hul eie ervaring, geleer het om te verag.”
Carnarvon het hom nie aan Froude se sieninge gesteur nie.  Die man wat hy uitgekies het om sy planne uit te voer, was die ywerige Bantoekommissaris vir Natal, Theophilus Shepstone.  Carnarvon het in 1876 ‘n kon-ferensie in Londen gehou, waar al sy medepligtiges teenwoordig was.  Shepstone is hier tot ridder geslaan en teruggestuur na Suid-Afrika met die opdrag om die Suid-Afrikaanse Republiek vir Brittanje te kom annekseer.  Hy is goed vir sy taak afgerig.  Hy moes sorg dra dat hy nie die vryheidsliewende Boere in die harnas jaag nie.  Hy moes as “redder” kom en nie as veroweraar nie.  Hy moes die land kom “red” van ‘n dreigende Zoeloe-inval en van ‘n nuwe opstand deur Sekoekoenie.  Hy moes ook vir president Burgers kom raad gee hoe om die land se geldskaarste op te los.
Shepstone het uit Pietermaritzburg vir president Burgers van sy koms in kenis gestel.  Hy het op 22 Januarie 1877 sy verskyning aan die spits van 25 berede polisiemanne in Pretoria gemaak.  ‘n Klompie Engelse in die dorp het ‘n luidrugtige ovasie van sy koms gemaak en hom met groot ophef verwelkom.  Daarna het hy deur middel van danspartye, eetmale, gesellighede en drink-partye probeer om die inwoners van die Republiek gunstig te stem vir wat hy beoog het.  Vir president Burgers en die volksraad het hy gesê hy het gekom om sekere griewe uit die weg te ruim.  Die land word nie goed regeer nie; dit is bankrot en kan die Swartes in sy gebied nie beheer nie.  Die werklike rede vir sy koms het hy nie genoem nie, naamlik Engeland se groot vrees dat indien Burgers sy Delagoabaai-spoorlyn kon voltooi, sou hierdie Afrikaner-vesting met sy minerale rykdom en ‘n onafhanklike seehawe, die Republiek tot die sterkste mag in Suid-Afrika laat uitgroei en die Engelse kolonies skoon oorskadu.  Dit moes tot elke prys verhinder word.  Daarom het Shepstone, ten spyte van president Burgers se plegtige protes, op 12 April 1877 Transvaal vir Engeland geannekseer.

 

Die Eerste Vryheidsoorlog
Toe die burgers agterkom wat aan die gang is, wou hulle na die wapen gryp.  Paul Kruger het hulle egter tot kalmte gemaan. Hy het belowe dat hulle eers ander maatreëls in werking sou stel om hul onafhanklikheid terug te kry, voordat hulle tot geweld sou oorgaan.
Kruger en dr Jorissen het nog dieselfde jaar na Engeland gegaan en tevergeefs vir die teruggawe van hulle geroofde vryheid gaan pleit.  ‘n Jaar later het Piet Joubert weer saam met Kruger na Londen gegaan.  Hulle het weer met onverrigtersake teruggekeer . Daarna het hulle op 16 Desember 1880 ‘n groot volksvergadering by Paardekraal gehou.  Die 600 burgers wat daar byeen was, het plegtig onderneem om saam te staan en vir die herstel van die Republiek se vryheid te veg.  Die burgers het hulle besluit met ‘n groot klipstapeling op die terrein verseël en vir Paul Kruger, Piet Joubert en MW Pretorius as driemanskap gekies om die leiding verder op hulle te neem.  Dit was die begin van die Eerste Vryheidsoorlog.  Hulle het die Vierkleur in Heidelberg gehys en die Engelse garnisoene te Pretoria en Potchefstroom beleër, die vyand by Laingsnek teruggeslaan en vir kolonel Anstruter by Bronkhorstpruit ‘n groot neerlaag besorg.  Maar sir George Colley was uit Natal met ses kanonne en 1 000 troepe op pad en toe hy daarin slaag om ongesiens Majubaberg te bestyg, het generaal Piet Joubert se burgers onder Nicolaas Smit hom op 27 Februarie 1881 ‘n verpletterende neerlaag besorg.  Hy en 92 van sy man-skappe het gesneuwel, teenoor die burgers se verlies van net twee man.

 

Die Konvensie van Pretoria
Die Liberale regering van Gladstone, wat weer aan bewind was in Engeland, was gewillig om die oorlog teen die Republiek te staak en weer sy onafhanklikheid onder sekere voorwaardes te erken.  Dit het tot die sluiting van die Pretoriase Konvensie gelei.  Transvaal het weer vol-kome selfbestuur gekry, onderworpe aan die susereiniteit van die Britse kroon.  Daar sou ‘n toesighoudende Britse resident in die Republiek aangestel word.  In tye van oorlog sou Britse troepe deur Transvaal gestuur kon word.  Transvaal se buitelandse betrekkinge en die sluiting van verdrae, sou beheer word.  Wette oor die Swartes moes deur die resident bekragtig word.

 

Die Londense Konvensie
In 1883 is hierdie susereiniteit opgehef toe Paul Kruger, generaal Smit en ds SJ du Toit na Londen gegaan het en die Republiek se onafhanklikheid deur die Lon-dense Konvensie weer feitlik volledig herstel is.  In die selfde jaar is Stephanus Johannes Paulus Kruger tot staatspresident van die Suid-Afrikaanse Republiek gekies.

 

Die ontdekking van goud aan die Witwatersrand
Met die bewindsoorname van die Konserwatiewe Party onder lord Salisbury, het daar in Engeland weer ‘n nuwe vlaag van imperialisme vaardig geword, wat spoedig tot uiting gekom het in ‘n onversadigbare drang tot verdere uitbreiding van die reeds magtige Britse ryk.  Gedurende die volgende 16 jaar wat die Republiek nog verder voortbestaan het, was hy feitlik onophoudelik die begeerde prooi wat die grond- en goudhonger van die Britse leeu moes versadig.
Die eerste tekens daarvan het reeds vroeg in 1886 plaasgevind toe die ryk goudvelde aan die Witwatersrand ontdek is.  ‘n Swerm fortuinsoekers uit die buiteland het daarop toegesak.  Dit was meesal die opdrifsels wat in hul eie lande nie meer ‘n behoorlike heenkome gehad het nie.  Die meeste van hulle het uit Engeland gekom en hul Britse hoofvaardigheid saamgebring.  Hulle het die Repu-blikeinse regering gekritiseer en op luidrugtige vergade-rings hul griewe gelug en begin om vir stemreg te agiteer.
Die persone wat die griewe uitgedink en saamgestel het, was nie die gewone myners en werkers aan die Rand nie, maar die aandelemark-operateurs, die manipuleerders van die geldmark, die maatskappystigters, die dobbelaars en ‘n aantal Jode.  Die gewone werkers het min griewe gekoester.  Hulle het dikwels met verbasing in die Britse koerante gelees van hulle baie “griewe.”  Die stem van Johannesburg was dié van die geldmag wat die pers be-heer het.  Hulle het die nuus wat Engeland moes bereik, gekontroleer en gerangskik en gesorg dat oor die tele-graaflyne op aangewese tye fiktiewe verhale oor onrus, paniek en dreigende rewolusie wat in Johannesburg sou plaasvind, na die gretige ore in Londen versend word.

 

Die Republiek word beleër
Daar was ‘n moontlikheid dat die Republiek ‘n hawe by Kosibaai deur Swasieland kon verkry.  Toe Engeland dit gewaar, het hy die hele gebied ten ooste van Swasiland geannekseer en die Republiek se pad na die see afgesny.  Eweneens is enige uitbreiding van die Republiek se grens noordwaarts oor die Limpopo, in die wiele gery deur die tussenkoms en bemoeienis van Rhodes, wat vir sy Chartered Company ‘n konsessie in Matebeleland verkry het en die Republiek se pad na die noorde gesluit het.  Enige uitbreiding of konsolidering weswaarts is die Republiek ook ontneem, nadat die Engelse die twee repu-bliekies Stellaland en Goosen verongeluk het en Betsjoe-analand geannekseer het.

 

Kruger en Rhodes
In al hierdie verwikkelinge het die groot Britse im-perialis, Cecil John Rhodes, baas van die Kimberleyse diamantvelde wat van die Vrystaat geroof is, ‘n hand gehad, ten einde sy groot ideaal te verwesenlik om ‘n rooi streep te trek vanaf Kaapstad tot in Kaïro.  Daarmee het hy lynreg te staan gekom teenoor die geniale president Paul Kruger, wat met sy strewe die bolwerk gevorm het van die Afrikanernasionalisme, wat die stukrag is waar-mee die Engelse aanslag beveg is.  Kruger is in 1888, 1893 en 1898 herkies tot staatspresident.  Die Boerevolk het sy diens waardeer en hom ondersteun in die stryd wat hy besig was om in hul belang te stry.

 

Die ekonomiese stryd
Kruger en die volksraad moes noodgedwonge ook op ekonomiese gebied stryd voer om nie verswelg te word nie.  Die Kaapse spoorlyne is noordwaarts met toe-stemming van die Vrystaat, tot aan die Vaalrivier verleng.  In 1882 is dit met Transvaal se toestemming vanaf Vereeniging tot in Johannesburg voltooi.  Die Republiek se eie spoorlyn, wat vanaf Delagoabaai na Pretoria en Johannesburg in 1895 voltooi is, was sy aangewese handelsverbinding met die buitewêreld, maar die goudmynbase het verkies om hulle ware deur die Kaapse spoorweë te laat vervoer.  Kruger het toe die tariewe op die stukkie spoor tussen Vereeniging en Johannesburg verhoog.  Toe laai die handelaars al hul goedere by Viljoensdrif af en laat dit per ossewaens na Johannesburg aanry . Daarna het president Kruger die driwwe in die Vaalrivier laat sluit . Dit het so ‘n konsternasie veroor-saak, met proteste wat tot in Engeland weerklink het, dat hy dit maar weer oopgestel het.  Die hand van  Rhodes is voortdurend bespeur in al die agitasies wat teen die Republiek gevoer is.

 

Die stemregkwessie
Om te verhoed dat die duisende uitlanders wat die Republiek binnegestroom het, die burgers sou verswelg en die regering van die land sou oorneem, het die Volksraad die wet wat bepaal dat ‘n persoon 5 jaar in die Republiek woonagtig moes wees voordat hy stemreg kon bekom, in 1890 verander na 14 jaar.  Om die uitlanders in ‘n mate verteenwoordiging in die Republikeinse regering te gee, is daar ‘n “Tweede Volksraad” in die lewe geroep, waarop hulle sitting kon hê na ‘n tweejarige verblyf in die Republiek . Hulle kon die Eerste Volksraad oor uitlander-belange adviseer.

 

Jameson se strooptog
Dit het nie hul griewe opgelos nie.  Hulle het ‘n Reform-beweging gestig en al hoe luidrugtiger teen die Republiek geagiteer.  Rhodes het in 1895 in die geheim saamgeknoei met dr Jameson van Rhodesië om met 500 man vanaf Mafeking die Republiek binne te val, die uitlanders aan die Rand te hulp te snel en die Republiek te verower.  Jameson is op Nuwejaarsdag 1896 vasgetrap by Doringkop, naby Krugersdorp, waar hy moes oorgee. Dit het Rhodes se rol in hierdie debakel ontmasker en hom verplig om as eerste minister van die Kaapkolonie te bedank.

 

Chamberlain en Milner se oorlogstokery
In 1895 het lord Salisbury eerste minister van Enge-land geword.  Hy het vir Joseph Chamberlain aangestel as koloniale staatsekretaris. ‘n Jaar later het Alfred Milner as Britse hoëkommissaris na Suid-Afrika gekom.  Milner en Chamberlain het met haat en veragting teen die Boere opgetree.  Hierdie twee oorlogstokers het geen steen onaangeroer gelaat om die verhouding tussen die Republiek en Groot-Brittanje te vertroebel nie.  Hulle het die Engelse pers ingespan om die publiek wys te maak dat die arme Britse onderdane aan die Rand op ‘n gruwelike wyse veronreg en verdruk word.  As twisappel het hulle die stemregkwessie gebruik en daarmee met die Republiek skoor gesoek.  Toe sake in 1899 baie warm word, het president Kruger toegestem om vir Milner in Bloemfontein te ontmoet.  Milner wou nie dat president Steyn, wat die konferensie gereël het, dit bywoon nie.  Hy het geëis dat die stemregkwalifikasie na 5 jaar verlaag moes word.  Kruger het dit geweier.  Toe Milner nog meer onmoontlike eise stel, het president Kruger vir hom gesê hy sien nou dat hulle nie die stemreg nie, maar sy land wil hê.
‘n Bietjie later het die volksraad toegestem om die stemregwet se kwalifikasies na 7 jaar te verminder en uit-eindelik was hulle gewillig om dit te verlaag na 5 jaar, onder sekere voorwaardes.  Maar toe het Chamberlain en Milner besef dat indien hulle hierdie voorstelle aanvaar, dit presies sou wees wat hulle van die begin af geëis het.  Dan sou hulle geen twisappel meer hê waarmee hulle teen die Republiek kon oorlog stook nie.  Daarom het hulle met allerlei nuwe eise gekom, wat vir president Kruger en vir president Steyn laat besef het dat Groot-Brittanje mee-doënloos op oorlog teen die Republieke afstuur.  Die Vrystaat was ook daarin betrokke, omdat die twee Republieke ‘n verdrag gesluit het om mekaar te steun.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2659 gaste aanlyn