Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Liefde is die sterkste wapen wat God ons in die stryd teen die sonde gegee het. Hoe meer liefde, hoe minder probleme, hoe minder spanning. Moenie jou liefde in 'n weegskaal plaas nie; liefde wat afgemeet word is nie liefde nie maar berekeninge. Laat jou liefde spontaan wees, eg, dan kom daar 'n diep vreugde in jou.
ONS GESKIEDENIS: Hoofstuk 16
Die oosgrens
Die skade wat die oosgrensboere in 1834-35 tydens die Sesde Grensoorlog gely het, is op meer as R600 000 bereken. Goewerneur George Napier wat vir D’Urban opgevolg het, het tevergeefs vir lord Glenelg gevra om hulle vir hul verliese gedeeltelik te vergoed. Napier was verplig om meermale na rooftogte strafekspedisies uit te stuur. Tydens die bewind van sy opvolger, sir Peregrine Maitland (1844-1847) het die oorlog van die Byl uitgebreek. Dit was die sewende grensoorlog. Opperhoof Sandile het geweier om ‘n Bantoe wat ‘n byl gesteel het en die moordenaars wat hom uit die hande van die polisie bevry het, uit te lewer. Die inboorlinge het weer in groot getalle die Kolonie binnegeval. Maitland het met ‘n skoonmaakproses begin, maar toe hy deur sir Harry Smith (1847-1853) opgevolg is, was die Rarabe-stamme nog nie onderwerp nie.
Smith het ‘n nuwe oosgrens langs die Keiskamma geproklameer en die vroeëre Province of Queen Adelaide tot Britse grondgebied verklaar. Dit het die naam British Kaffraria gekry. ‘n Aantal militêre poste is opgerig en ‘n militêre mag moes die orde onder die nuwe Bantoe-onderdane handhaaf. Smith het die hoofde laat belowe dat hulle sou help om die geloof aan toordokters en die lobola-stelsel uit te roei . Die hoofde was nie van plan om hulle beloftes na te kom nie. Die toordokters het hulle aangevuur, totdat hulle vir ‘n nuwe oorlog klaargemaak het.
Die Goewerneur het self die vonk wat die vyandelikhede laat ontvlam het, verskaf. Hy het in 1850 in die geannekseerde gebied vertoef en ‘n bevel aan die hoofde gestuur om hom te kom ontmoet. Niemand het opgedaag nie. Daarna gee sir Harry kennis dat hy vir Sandile afsit as hoof van die Rarabe en vir Charles Brownlee in sy plek aanstel. Dit het die oorlog laat uitbreek ‘n Klein Engelse mag wat gestuur is om Sandile te gaan arresteer, is oorrompel. Die Bantoes het op Kersdag 1850 ‘n aantal militêre dorpies uitgemoor en verbrand. Sir Harry self het met moeite ontsnap . Daarna is die Kolonie binnegeval en die grensdistrikte was weer die prooi van roof, dood en verwoesting. Al die Swartes van Brits-Kaffraria, die Transkeise inboorlinge en die Katrivier-Hottentotte het in gemeenskaplike gevegte teen die Witman verenig. Toe die oorlog te lank sloer en dit die Imperiale regering te veel kos, het hulle Smith terug-geroep en met sir George Cathcart (1852-1854) vervang. Hy het daarin geslaag om die oorlog in Februarie 1853 te beëindig . ‘n Deel van Brits-Kaffraria is vir blanke be-woning oopgestel en die dorp Queenstown is daar aangelê.
Die Anti-bandietebeweging
Gedurende die jare veertig het die Imperiale regering dit ‘n paar keer oorweeg om ‘n aantal van sy ongewenste onderdane in sy oorvol tronke, in Suid-Afrika te kom ontlas, omdat Australië onwillig geraak het om so baie van hulle te ontvang. Lord Grey het daarop sonder meer sy Suid-Afrikaanse kroonkolonie as aflaaiplek vir ban-diete geproklameer . Toe sir Harry Smith op 8 November 1848 hierdie proklamasie in die Kaapse Wetgewende Raad bekend maak, was die ontsteltenis en veront-waardiging groot . Die inwoners het protesvergaderings gehou en versoekskrifte na Engeland gestuur. Toe hulle verneem dat die eerste skip, die Neptune, met 282 bandiete aan boord, tog aan die kom was, het hulle ‘n groot vergadering gehou en die Anti-Bandietebeweging gestig. Hulle het besluit om geen werk aan bandiete te gee nie en om almal wat iets vir die bandiete wou doen, te boikot.
Die Neptune het op 19 September 1849 Simonsbaai binnegeseil. Goewerneur sir Harry Smith kon nie die bevele van die Imperiale regering verontagsaam nie, maar hy het die inwoners darem beloof dat geen bandiet van die Neptune toegelaat sou word om te land nie. Die waak-same inwoners het probeer verhoed dat die skip van voed-selvoorrade voorsien word. Nadat die skip maande-lank in Simonsbaai voor anker gelê het, het dit uiteindelik op 21 Februarie 1850 op bevel van die Imperiale regering en tot groot vreugde van die koloniste die Kaapse waters verlaat en na Van Diemensland gevaar.
Die Kaapse koloniste, Engels en Afrikaans, het aan die Imperiale regering bewys dat hulle meer verdien om net as ‘n kroonkolonie regeer te word. Met ‘n nuwe grondwet wat in 1853 opgestel is, is verteenwoordigende regering ingestel, waardeur aan die koloniste volle wetge-wende gesag verleen is, maar die uitvoerende gesag het nog in die hande van die goewerneur en sy amptenare berus. Eers in 1872 is volle verantwoordelike regering ingestel en het die uitvoerende amptenare gewone lede van die wetgewende liggaam geword.. Die uitvoerende gesag was voortaan verantwoordelik aan die parlement.
Die Kôsa-selfmoord
Op die oosgrens het goewerneur George Grey, in opvolging van Harry Smith se beleid, blanke koloniste tussen die Bantoes van Brits-Kaffraria geplaas. Na die Krimoorlog het hy ongeveer 4 000 Duitsers beweeg om na Suid-Afrika te kom. Hulle is saam met Britse immigrante in die betrokke gebied geplaas. Die Kôsas aan weerskante van die Kei was in groeiende opstand teen die Blankes se insypeling in hulle gebied. Hulle het hul “voorvadergeeste” geraadpleeg. Dié sou dan aan ‘n meisie, Nonquase, en haar toordokter-oom, Umhlakaza, gesê het dat as die ontevrede Kôsavolk alle beeste en lewensmddele vernietig, sou daar op ‘n gegewe dag (18 Februarie 1857) gestorwe helde, beeste en graanvoorrade uit die aarde verrys en alle blanke indringers sou in die see gejaag word. Die belhamels wou met hierdie storie ‘n massa Kôsa-opstand laat ontbrand. Nadat die vee en voorrade vernietig is en die voorvaders op die D-dag geen oorvloed gebring het nie, het daar hongersnood en ellende gevolg. Tienduisende het gesterf, maar nagenoeg 30 000 het oor die grens gestroom om kos en werk te soek.
Die gevolglike ontvolking van Brits-Kaffraria en die verbrokkeling van die Kôsa-volk, het aan goewerneur Grey die geleentheid gebied om dit deur Blankes te laat herbevolk. Daarmee is in ‘n groot mate die eeu-oue oosgrensprobleem van die Kaapkolonie opgelos.