NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Satan is die een wat depressie by mense misbruik totdat hulle glo hulle is hopeloos en ongered. Die teenoorgestelde is egter waar: iemand wat deur die donker van depressie geloop het, het 'n bepaalde innerlike krag ontwikkel wat van hom 'n wyser en sterker mens gemaak het. Moenie na die duiwel luister wanneer jy op jou swakste voel nie – weet daar kom 'n tyd hierna wat jy as kind van God baie sterk sal wees met 'n wysheid wat jou verder deur jou lewe sal dra, want in die donkerste dieptes het jy God weer gevind.

ONS GESKIEDENIS: Hoofstuk 9

Die Kaap word weer Hollands


Die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie is in 1798 ontbind, drie jaar nadat die Engelse die Kompanjie se Kaapse besitting oorgeneem het.  Intussen het daar ‘n verposing gekom in die oorlog tussen Frankryk en Engeland deur die voorlopige ooreenkoms van Londen in 1801.  Daarvolgens sou Holland al die kolonies wat Engeland van hom verower het, terugkry.  Op 28 Maart 1802 is die Vrede van Amiens geteken , wat die Kaap die Goeie Hoop weer in Hollandse besit gestel het.  Die regering van die Bataafse Republiek (Holland)  het daarna vir kommissaris-generaal JA de Mist gestuur om die Kaap by die Engelse te kom oorneem en ‘n behoorlike regering en administrasie in te stel.  Daarna moes generaal JW Jansens oorneem as goewerneur.
De Mist het op 21 Februarie 1803 die Hollandse driekleur by die Kasteel gehys.  Sy werk aan die Kaap, waartydens hy die regering op ‘n gesonde grondslag geplaas het, het twee jaar geduur.  Die Kaap was nou feitlik ‘n provinsie van Holland en kon veel beter uit die moederland bestuur word, as uit Batavia, soos wat die Oos-Indiese Kompanjie gedoen het.
Daar het in 1803 ongeveer 22 000 Blankes, 25 000 slawe en 10 000 Hottentotte in die Kolonie gewoon.  Die blanke bevolking was oor ‘n uitgestrekte gebied versprei. In die Kaapse distrik was daar 6 261, in Stellenbosch se distrik 7 256, in Swellendam 3 967 en 4 262 in Graaff-Reinet.

 
Die Goewerneur en Politieke Raad
Vir hierdie bevolking wou De Mist ‘n regering en administrasie instel wat by hulle behoeftes sou pas.  Aan die hoof van die regering sou daar weer ‘n Goewerneur wees, gesteun deur ‘n Politieke Raad.  Die goewerneur mag nie ‘n outokraat wees wat sy mag misbruik nie.  Hy word verbied om geskenke aan te neem.  Hy moet altyd voorsitter wees van die Politieke Raad, wat hom nie mag oorstem nie.  Die oewerneur moet die openbare gods-diens eerbiedig en beskerm.  Hy moet die opvoeding bevorder deur kundige en geskikte skoolmeesters oor die hele Kolonie te versprei.  Daar moet toegesien word dat die meesters hulle pligte nakom.  Uit die buiteland moet nuttige skoolboeke, almanakke en koerante binne bereik van die koloniste gebring word.

 

Die Raad van Justisie
Vir die regering het De Mist weer ‘n Raad van Justisie  ingestel.  Die Fiskaal is as openbare aanklaer vervang deur ‘n Prokureur-generaal.  Die misbruike is afgeskaf.  Die Raad sou as regterlike gesag volkome onaf-hanklik optree.
Kaapstad sou ‘n Munisipale Raad kry, gesteun deur ‘n Gemeenteraad, wat vir die uitvoering van ‘n groot aantal pligte verantwoordelik was.

 

Nuwe distrikte
Vir die vestiging van groter orde en rus en vir die beskerming van die buitedistrikte, het De Mist Graaff-Reinet in twee landdrosdye verdeel.  Hy het met die suidelike deel, saam met ‘n gedeelte van Swellendam, ‘n nuwe distrik, Uitenhage gevorm.  Die noordelike deel van Stellenbosch het hy afgesny in die distrik Tulbach.


Die landdroste en heemrade
Om te verseker dat wet en orde in die buitedistrikte gehandhaaf word, het hy die bestuur oor elke distrik opgedra aan ‘n landdros, bygestaan deur ‘n paar burgers as heemrade.  Elke distrik is verdeel in ‘n aantal veldkornetskappe.  Die landdros en heemrade sou hulle bevele van die goewerneur en die raad ontvang.  Die landdros moet sorg vir die beskerming van alle persone, eiendomme en besittings.  Hy moes ook die bloei en welvaart van vrede met die Bantoes en Hottentotte bevorder.  Hy moes die boere bystaan met raad en leiding in die landbou en veeteelt.  Hy moes misdadigers voor die Raad van Justisie laat aankla.  Hy moes die slawe teen hul base beskerm en omgekeerd. Ten slotte moes hy sorg dat die openbare godsdiens in die kerke in sy distrik nie versteur word nie.
Die landdros en heemrade was ook saam verant-woordelik vir die reëling en oplossing en beslegting van huweliksake, die geldmiddele van die distrik, geskille oor landerye, die skut van vee en die hou van vendusies.  Hulle kon ook uitspraak gee in gedinge oor sake wat nie bokant 300 riksdaalders gegaan het nie.  Verder moes hulle sorg vir die aanlê en die onderhoud van paaie en strate, vir goeie mate en gewigte en kontrole uitoefen oor die bakkerye en slagterye op die dorpe.
Om die landdroste en heemrade by te staan, is die groot buitedistrikte in veldkornetskappe verdeel.  Die veldkornette het in hul afgeleë wyke baie van die kleiner verpligtinge van die landdros oorgeneem.  Die veldkor-nette was as militêre offisiere van baie groot betekenis.

 

Die godsdiens
De Mist was oortuig daarvan dat godsdiens bescha-ving, verlichting en deugd bevorder.  Hy het in 1804 sy Kerkorde uitgevaardig waarvolgens die kerklike aange-leenthede aan die Kaap gereël sou word.  Daar volgens sou alle kerkgenootskappe gelyke beskerming van die wet geniet.  Die regering laat elke kerkgenootskap vry om sy eie besonderse leerstelsel te verkondig, mits dit nie skadelik vir die staat bevind word nie.  Die goewerneur hou toesig oor die bestuur en oor kerkfondse.  Vir die buitedistrikte, waar feitlik almal lidmate was van die Nederduits Gereformeerde Kerk, verskaf en besoldig die regering die predikante, wys hulle standplase aan en ver-plaas hulle van die een na die ander plek.
Die mag van die kerk is deur De Mist se Kerkorde ondergeskik aan dié van die staat gestel . Hy het ook die onderwys onder staatsbeheer geplaas en los van die kerk gemaak.

 

Die onderwys
De Mist sowel as Janssens het op hulle uitgebreide reise deur die Kolonie kennis gemaak met die onderwys-behoeftes van die koloniste in alle dele van die land.  De Mist het besef dat ‘n algehele hervorming daarvan dringend noodsaaklik was.  In die buitedistrikte het die onderwys bestaan uit wat die kerklike sentrums kon aanbied.  Dit is hier en daar ook sporadies deur gehuurde skoolmeesters verskaf.
De Mist het ‘n memorie oor die onderwys opgestel, getitel:  De Schoolorder voor de Volksplanting aan de Kaap de Goede Hoop.”  In hierdie Skoolorde dra hy die bestuur van die onderwys op aan ‘n Kommissie van Skolarge van 7 lede.  Hulle sou deur die regering en die kerk gekies word.  Hulle hooftaak sou wees om bekwame onderwysers uit Nederland te kry en iemand te vind wat aan die Kaap ‘n kweekskool vir die opleiding van onder-wysers kon kom oprig.  Die opleiding sou 5 jaar duur. Die Orde het ook voorsiening gemaak vir die oprigting van aparte kos- en dagskole vir seuns en dogters in Kaapstad.
Vir die 19e eeu was die bepalings van De Mist se Skoolorde vir die Kaap rewolusionêr.  Dit staan in die teken van staatsbemoeiing met die nasionale of volksonderwys.  Dit onttrek die onderwys aan die gesag en regstreekse invloed van die kerk.  Dit vervang die Calvinistiese beginsels met dié van die humanisme.  Dit beteken die verwêreldliking van die onderwys.
Die enigste inrigting wat onder die Skoolorde tot stand gekom het voordat die Kaap weer in Engelse hande oorgegaan het, was die skool vir meisies in Kaapstad en ‘n skool in die Paarl, wat egter ook nie lank bestaan het nie.

 

Ekonomiese aangeleenthede
Nadat De Mist die Kolonie deurreis het, het hy besef dat die grondslag van die ekonomiese lewe aan die Kaap net op die graan- en wynbou en veeteelt berus het.  Hy het in Mei 1804 ‘n Kommissie van Veeteelt aangestel wat ter wille van wolproduksie die boere moes omhaal om met mofskape te boer in die plek van hulle vetstertskape van daardie tyd.  Maar die wolboerdery wou nie op dreef kom nie, want die koloniste wou hulle nie laat dwing nie.

 

De Mist se grensreëlings
Nadat De Mist sy reis na die binneland onderneem het, was hy wat die Swartes betref, nog onder invloed van liberaliste soos John Barrow. Hy was oortuig daarvan dat “die goede lieden” jarelank vervolging en mishandeling van die Kompanjie se dienare en die koloniste verduur het.  Terwyl hulle vreedsaam in hulle “vaderlijke hoolen” gewoon het, het ‘n vreemde nasie hom op hulle grond kom vestig en hom van hulle vee meester gemaak.  Hierdie “stille vreesachtige Lieden” is dus deur die kolo-niste verstrooi, van hul vee beroof en tot “slaaven en lijfeigenen” gemaak.
Na sy reis het De Mist erken dat hy verkeerd was.  Hy het gesê Barrow is vol nasionale nyd.  Die helfte van sy stories is onwaar en nog ‘n kwart daarvan is twyfelagtig.  Die toestande kan verbeter word deur goeie inrigtings vir die Hottentotte te skep.

 

Die Sending
De Mist het ‘n vaste stasie aangewys vir die Hernhutters van die Morawiese Sendinggenootskap.  Hy het die Londense Sendinggenootskap, waar Van der Kemp en Read onder die Hottentotte gewerk het, aan die oosgrens by Bethelsdorp geplaas.  Die Rotterdamse Sendinggenootskap het plek gekry aan die Sakrivier in die noorde van die Kolonie.  De Mist het gemeen dat die sendelinge op die stasies die Hottentotte moes beskerm.  Goeie behandeling vir dié wat by boere in diens was, moes deur ‘n dienskontrak verseker word.

 

Goewerneur Janssens en die Kôsas
Generaal Janssens het op sy reis deur die grens-distrikte kenns gemaak met die toestande wat daar geheers het.  Hy het bevind dat honderde huise en plase afgebrand en verwoes is, dat ‘n groot hoeveelheid beeste en skape van die koloniste in besit van die Bantoes was en dat hulle oral in die Kolonie se Suurveldgebied woon.  Baie boere was swerwende met hulle huisgesinne en hulle vee.
Verskeie Kôsa-stamme was in opstand teen die opperhoof  Gaika.  Hulle het vir hom gevlug en hulle aan die westekant van die Visrivier tuisgemaak. Hierdie kapteins het die Goewerneur beloof om die koloniste met rus te laat en weer terug te trek.  Gaika het ook beloof om sy opstandige onderdane sonder wraakneming terug te ontvang.  Na hierdie vae beloftes het Janssens van sy reis teruggekeer en die verdere grensreëlings oorgelaat in die hande van ‘n bekwame offisier van Fort Frederick, kaptein Alberti.  Hy het die Swartes baie goed geken en hulle vertroue gewen, sowel as dié van die koloniste.  Hy het later militêre landdros op Uitenhage geword.  Gedurende sy landdrosskap was daar rus op die oosgrens.
Die koloniste wat moes vlug het langsamerhand weer na hulle woonplase teruggetrek, maar die Bantoes in die Suurveld is nie verwyder nie.  Die oorlog wat weer opnuut in Europa uitgebreek het, het dit verhoed.  De Mist was van plan om ‘n streng beleid van absolute skeiding tussen Wit en Swart in te stel en te handhaaf.  Alle Bantoes sou uit die Suurveld oor die koloniale grens gedryf word en alle kontak tussen koloniste en Bantoes en tussen Hottentotte en Bantoes sou beëindig word.  De Mist het gesê die kern van die moeilikheid lê daarin dat die Swartes geen besef van “myne en joune” het nie en dit veroorsaak al die moeilikheid.  Daarom sou niemand heen of terug oor die grens mog beweeg nie.
In hierdie tyd was dit seker ‘n gesonde beleid, mits dit kragtig uitgevoer kon word deur ‘n sterk krygsmag.  Maar die kort bewind van die Bataafse  bestuur het hulle nie die tyd gegun om hierdie beleid toe te pas nie.

 

Die einde van die Bataafse bewind
Op 25 September 1804 het De Mist as Kommissaris-generaal sy amp aan die Kaap neergelê.  Hy het elke oomblik ‘n vyandige aanval op die Kolonie verwag.  Hy wou generaal Janssens as goewerneur geleentheid gee om vir die Kaap verdedigingsmaatreëls te tref.  Die Europese oorlog is in Mei 1803 hervat.  De Mist is op 25 Februarie 1805 oor Amerika na Nederland, waar hy op 8 Julie aangekom het.
By sy vertrek het die bevolking van die hele Kolonie bestaan uit 25 757 Blankes, 29 545 slawe  en 20 006 Hottentotte. Hiervan het 6 273 Blankes, 9 129 slawe en 452 Hottentotte in Kaapstad gewoon.  Kaapstad het toe reeds 1 258 huise gehad.
De Mist het op 29 Julie 1805 ‘n volledige verslag van al sy handelinge en besluite aan die Kaap, aan die Raadspensioenaris in Nederland oorhandig.  Daarmee was sy groot taak as Kommissaris-generaal van die Kaap afgehandel.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2667 gaste aanlyn