Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Uiteindelik is dit belangriker om deur die HERE gebruik te word as om gesond of begaafd of aantreklik te wees. Uiteindelik is dit belangriker om baie, baie afhanklik van die HERE te wees, soos net 'n siek en 'n bang mens kan wees.
ONS GESKIEDENIS: Hoofstuk 8
Die VOC se swanesang
In 1785 het luitenant-kolonel Jacob van de Graaff vir Joachim van Plettenberg as goewerneur opgevolg. Gedurende sy bewind aan die Kaap het die uitgawes van die VOC so reusagtig toegeneem weens sy buitensporige verkwisting en dié van die ander amptenare, dat hulle hom in 1791 teruggeroep het na Holland . Die Kompanjie het onder ‘n enorme skuldelas gebuk gegaan en het ‘n gewisse bankrotskap en ondergang in die gesig gestaar. Die Here 17 het twee kommissarisse, Nederburgh en Frykenius, na die Kaap gestuur. Hulle het probeer om verbeteringe aan te bring, maar al hulle pogings was blote lapwerk. Hulle het in 1793 na Batavia vertrek en die bestuur van die Kaap oorgedra aan Abraham Sluysken, ‘n hooggeplaaste amptenaar. Hy moes red wat daar nog te redde was, te midde van die beroeringe wat in die oostelike distrikte gewoed het.
Die Kaap word Engels
Die Britte het lank reeds met begerige oë na die Kaap gekyk. Gedurende die Amerikaanse Vryheidsoorlog het die vinnige optrede van ‘n Franse vlooteskader verhoed dat die Kaap in Engelse hande val. Na die oorlog het Holland sy bondgenootskap met Engeland weer hernu. Daarna is hy stadigaan fyngemaal in die Frans-Britse tweestryd. Toe dit naderhand lyk of Holland óf ‘n kolonie van Engeland óf van Frankryk gaan word, val die nuwe republikeinse Frankryk die Brits-Nederlandse bondge-nootskap aan. ‘n Reuse Franse leër het die grens oorge-steek op pad na Amsterdam en Den Haag. Holland het op 16 Mei 1795 oorgegee en ‘n vasaalstaat van Frankryk geword, met die naam Die Bataafse Republiek. Prins Willem van Oranje het na Engeland gevlug en gaan vra dat hulle tog asseblief die Kaap moet gaan beskerm teen ‘n moontlike Franse besetting daarvan.
Die Engelse het dit met groot plesier gedoen, want hulle het lankal die waarde van die Kaap besef. Met ‘n brief van Willem van Oranje aan Abraham Sluysken om die Kaap aan die vriendelike Engelse te oorhandig, het admiraal Elphinstone in Junie 1795 met 6 000 troepe aan boord onder generaal Craig, in Simonsbaai anker gegooi. Kommissaris Sluysken het probeer om die Kaap te verdedig, maar sy twee senior militêre offisiere, kolonel Robert Gordon en die lafhartige luitenant-kolonel De Lille, het ‘n fiasko van die verdediging gemaak. Die Kaap is deur die seëvierende Britte geannekseer.
Die Engelse en die Kaapse bevolking
Die groeiende aantal Kaapse Kleurlinge - kruisings tussen Hottentotte en slawe - was nie veel gepla deur die koms van die Engelse nie. In Kaapstad self was baie van die inwoners en ook die meeste amptenare van die Kompanjie ten gunste van die Prins van Oranje. Hulle was selfs pro-Brits, op grond van hul eie belange. Hulle het in Kaapstad en sy hinterland, die Boland, met hulle gesigte na die see geleef. Hulle bestaan was van die skeepsverkeer afhanklik. Daarmee het hulle kontak met die buitewêreld gehou. Hulle het Hollands gepraat, maar hulle het kosmopolities geword deur hulle gereelde kontak met Nederlandse, Franse en Britse besoekers. Hulle het nie vasgegroei aan hulle omgewing soos die binnelanders nie. Daarom het hulle die koms van die Engelse feitlik verwelkom.
Die derde groep inwoners van die Kolonie was die veeboere in die binneland. Hulle het nie veel kontak met die buitewêreld gehad nie. Hulle was besig om die land vir hulself mak te maak in hulle voortdurende stryd teen die natuur, die Boesmans en die Kôsas. Hulle het die Engelse van die begin af as indringers beskou, wat hulle hul vryheid ontneem het.
Swellendam word onderwerp
Onderwyl hulle in Swellendam en Graaff-Reinet besig was om die knellende juk van die Hollandse Kompanjie finaal van hul skouers af te werp, het die Engelse met ‘n veel meedoënloser een in Kaapstad aan wal gestap. Al die inwoners van die Kaap moes die eed van getrouheid aan die Engelse koning aflê. Die westelike distrikte se in-woners het dit gedoen, maar die burgers van Graaff-Reinet en Swellendam was glad nie geneë om die vryheid wat hulle pas verwerf het, aan die Engelse af te staan nie. Die burgers van Swellendam het egter na oorweging maar besluit om toe te gee, op enkele uitsonderings na. Een van hulle was hulle verkose nasionale kommandant, Petrus Delport. Die Engelse goewerneur Macartney het hom na Holland verban.
Graaff-Reinet in opstand
In Graaff-Reinet was die weerstand teen die Engelse besetting veel groter as in Swellendam. Generaal Craig het ‘n sekere Bresler as hulle nuwe landdros na hulle gestuur. Toe hy die Engelse vlag hys, het die burgers hom neergehaal en weer die Nederlandse vlag gehys. Hulle het geweier om die eed van getrouheid af te lê. Hulle het vir Bresler na Kaapstad teruggestuur. Toe Bresler in die Kaap aankom, het hy al die skuld vir die opstandigheid van die burgers op Graaff-Reinet se dis-triksgeneesheer, dokter Jan Woyer, gepak. Daarna is Woyer voëlvry verklaar. Hy het gevlug. Hy het in ‘n Deense skip vanaf Algoabaai na Batavia ontsnap en die Hollandse goewerneur-generaal omgehaal om hulp vir die Graaff-Reinetters te stuur. Die goewerneur het ‘n brik, Het Haasje, vol wapens en ammunisie en 8 kanonne laat laai en onder bevel van Jan de Freyn suidwaarts gestuur. ‘n Kwaai storm het die skip in Delagoabaai laat skuiling soek. Daar het die Portugese hom verraai. Hulle het vir die bemanning van die Engelse skip, Hope, gehelp om sy bemanning gevange te neem.
Intussen was die Graaff-Reinetters nog opstandig genoeg om hulle “eed voor de Stategeneraal” te hernu. Hulle was glad nie van plan om onder die Britse juk te swig nie Hulle het gedink dat hulle in staat sou wees om vry van die Britse bestuur te bly. Toe het generaal Craig die vervoer van wapens, ammunisie en alle lewens-middele na Graaff-Reinet afgesny. Daarsonder kon hulle op die oosgrens nie leef nie en het toe maar besluit om hulle aan die kroon van Engeland te onderwerp.
Die arrogante John Barrow
Die Engelse het vir Frans Bresler weer as landdros in die drosdy van Graaff-Reinet geplaas. Goewerneur Macartney het hom oosgrens toe gestuur om die toestand daar te gaan ondersoek. Hy het vir John Barrow saam-gestuur om hom te help. John het oorgeloop van die grootste vooroordeel en minagting vir die grensboere. Hy het nie hulle taal verstaan nie. Volgens hom, kon hulle maklik met Chinese landbouers vervang word.
Nadat hy ‘n draai saam met Bresler tot aan die Keiskamma gemaak het, het hy genoeg slegmaak-materiaal versamel gehad vir sy boek Travels into the Interior of Southern Africa. Dit is vol halwe waarhede, verdigsel en leuens. Die gesagvoerders het hom egter geglo, nie net in die Kaap nie, maar ook in Engeland waar sy stories verkoop is. Hy het die goewerneurs se optrede teen die Kôsas en die grensboere oor ‘n lang tydperk bitter nadelig beïnvloed. Dit het geduur tot in die Bataafse tydperk, toe De Mist onder Barrow se invloed beveel het dat daar sagkens met die “onskuldige natuurkinders” te werk gegaan moes word.
Graaff-Reinet weer in opstand
Die gedwonge “vrede” het nie lank in Graaff-Reinet geduur nie. Dit het ekonomies baie moeilik met die burgers hier op die oosgrens gegaan. Hulle het nie ‘n mark of afsetgebied vir hulle produkte gehad nie en die plundertogte van die Swartes het hulle geruïneer. Om te oorleef, het hulle begin om belastings te ontduik, want hulle het geen geld gehad nie. Adriaan van Jaarsveld het agterstallig geraak met die betaling daarvan. Die owerheid het beweer dat hy ‘n kwitansie vervals het en hom voor die geregshof gedaag. Hy het nie gegaan nie. Op 17 Januarie 1799 het hy niksvermoedend op Graaff-Reinet aangery gekom, toe landdros Bresler hom in hegtenis neem. Hy is die volgende môre Kaap toe gestuur, vergesel van ‘n sekere Oertel, die distrik-sekretaris en drie soldate. Sy vriend, Mathinus Prinsloo, het daarvan gehoor en gou ‘n perdekommando van 40 man by Bruintjieshoogte bymekaar gemaak en vir Oertel agternagesit en hulle op 21 Januarie ingehaal. Hulle het Van Jaarsveld bevry en hom na Graaff-Reinet terug-geneem, terwyl Oertel en sy drie soldate hul reis na Kaapstad voortgesit het. Bresler het toe ‘n benoude tydjie in Graaff-Reinet deurgemaak.
Goewerneur Dundas het op 17 Februarie 1799 ‘n troepemag onder bevel van generaal Vandeleur van Kaapstad af na Graaff-Reinet laat opruk, om die opstandelinge te gaan straf. Hy het nog ‘n tweede mag by Algoabaai laat land, om daarvandaan na Graaff-Reinet te marsjeer Toe Prinsloo se kommando wat intussen tot 160 aangegroei het, van die oormag verneem wat teen hulle opruk, het hulle maar vergiffenis vir hulle opstand gevra en hulle onvoorwaardelik onderwerp en hulle wapens by Bruintjieshoogte neergelê.
Die meeste van die burgers is met klein boetes gestraf, maar Van Jaarsveld en Prinsloo en 16 van die manne is na Kaapstad geneem en in die kasteel opgesluit. Adriaan van Jaarsveld en Marthinus Prinsloo is tot die dood veroordeel. Van die ander manne is verban en twee het ‘n paar jaar tronkstraf gekry. Die regering het probleme ondervind om die twee doodvonnisse te bekragtig en het toe sommer maar vir Van Jaarsveld en Prinsloo in die donker gat in die kasteel opgesluit. Die bittere ontbering en foltering het vir Adriaan van Jaarsveld te veel geword. Hy het na ‘n noodlottige val daaronder beswyk en gesterf.
Die ewige Maynier
Maar die “Boors” moes nog verder gestraf word. Daarom is geen ander kreatuur as Honoratius Maynier weer oor hulle aangestel nie! Daarna is ‘n klomp Hottentotte bymekaargemaak en bewapen om Maynier by te staan. Om die burgers verder te terg, is hulle kerk as onderdak aan hierdie pandoers gegee.
Toe Vandeleur met sy troepemag na Bruintjieshoogte marsjeer het om die Graaff-Reinetters te gaan onderwerp, het daar ‘n klomp Hottentotte langs die pad by sy troepe aangesluit. Vandeleur het hulle ontwapen, want hulle het gewere gehad. Maar hy het hulle toegelaat om by sy troepe te bly. Hulle het die Engelse egter nou gewantrou. Hulle het almal na die Kôsas toe weggeloop om met hulle saam te span teen die Blankes.
Op Vandeleur se terugreis na Kaapstad, is hy deur ‘n Kôsa-hoof aangeval wat gedink het die Engelse gaan hom oor die Visrivier terugdryf. Die ontstoke Vandeleur wou hieroor die Kôsas ‘n deeglike les leer. Maar die gesag-voerders in Kaapstad was volkome onder invloed van Maynier en Barrow, wat vir hulle wysgemaak het dat al die onluste veroorsaak is deur onderdrukking, onreg en tergery deur die Blankes. Vandeleur het opdrag gekry om nie die Swartes aan te val nie, maar om die toestand te red deur ‘n versoenende houding, met geskenke en allerlei beloftes.
Daarna het die Kôsas in 1801 die hele suidelike Graaff-Reinet oorstroom en verskriklike verwoesting aangerig. Goewerneur Dundas het in Augustus noodge-dwonge self op die oosgrens verskyn. Saam met hom was Honoratius Maynier. Hulle het die Kôsas oorreed om verdere plundering te staak deur presentjies uit te deel en met die belofte dat hulle maar in die Suurveld kon bly.
Maynier is toe aangestel as resident-kommissaris van albei distrikte. Hy is met ‘n paar dragonders en Hottentot-soldate in Graaff-Reinet agtergelaat . Hy moes sorg dat die boere die Hottentotte baie goed beandel en dat hulle nie die veerowers gewapend agtervolg nie.
In Oktober1801 was daar gerugte dat die regering die boere as soldate wil oproep. In die chaos wat gevolg het, het hulle die gehate Maynier in sy drosdy gaan beleër en sterkbewoorde petisies teen hom opgetrek. Majoor Sherlock is met ‘n troepe-afdeling na Graaff-Reinet gestuur en Maynier is na Kaapstad teruggeroep, waar hy vrygespreek is en weer in ‘n ander pos aangestel is.
Groot ellende aan die oosgrens
Maynier was nou weg, maar die probleme aan die oosgrens was nog daar. Die boere was erg gedemo-raliseer. Hulle kon nie hulle gesinne verlaat om op kommando te gaan om die stropers te gaan straf nie. Die distrikte het soos ‘n verowerde land gelyk. Honderde huise en plase het afgebrand gelê en die Kôsas het uitgebreide dele van die blanke gebied in besit geneem. Baie boere is al verder weswaarts gedwing en het met hul huisgesinne en vee ‘n rondswerwende bestaan begin voer.
Nie een van die vier Engelse goewerneurs wat die Kaap gedurende die eerste Britse besetting vanaf 1795 tot 1803 regeer het, het iets gedoen om die boere se beproe-wings op die oosgrens te verlig nie. Generaal Craig, graaff Macartney, Francis Dundas en sir George Yonge het hulle laat lei deur persone soos Maynier en Bresler. Hulle het voortgegaan om die gruwelike onreg wat reeds meer as ‘n eeu al teenoor die wordende groepie Afrikaners gepleeg is, voort te sit, deur hulle nie te beskerm teen die invalle van die swart barbare op die grens nie. Die ergste van alles was dat hulle boonop ook nog belet is om hulle self te beskerm.