Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Miskien het jy vir my gebid; miskien het jy net stil gesit. Miskien het jy terwyl jy werk gehoop ek word weer sterk. Maar altyd is jy iewers daar waar jy vir my 'n tydjie spaar. Met groot verstaan en woorde min bly jy maar my GOUDVRIENDIN.
ONS GESKIEDENIS: Hoofstuk 7
Die stryd teen onreg duur voort
Nadat die koloniste in 1706 van Willem Adriaan van der Stel en sy amptenarekliek ontslae geraak het, was hulle ‘n rukkie tevrede met die verbeterings wat aange-bring is. Maar met die latere uitbreiding van die Kolonie het die Kompanjie nie tred gehou met die behoeftes van die landbouers en veeboere nie Vir die Here 17 was die Kaap nog maar net ‘n verversingstasie vir die gerief van die Kompanjie wat met die Ooste handelgedryf het. Die belange van die koloniste het maar min getel. Die Kompanjie het deur die jare heen maar die alleen-handelaar aan die Kaap gebly. Hy het aan die boere veels te min vir hulle produkte betaal. Alhoewel die amptenare aan die Kaap belet is om self te boer en met die skepe handel te dryf, het dit maar steeds voortgegaan. Dit het gepaard gegaan met korrupsie en afpersing van die boere.
Gedurende die lang tyd wat die Kompanjie die Kaap besit het, het die koloniste nooit enige sê in die regering van die Kaap gehad nie. Die Kolonie is regeer deur ‘n Politieke Raad. Die goewerneur was die voorsitter van die Raad. Die Here 17 het soms ‘n kommissaris na die Kaap gestuur. Hy kon bevele uitreik aan die goewerneur.
Net die Kompanjie se amptenare aan die Kaap het sitting gehad op die Politieke Raad. Geen Vryburger was ooit lid van die Raad nie. Die amptenare op die Raad het maar voortgegaan om die handel te monopoliseer en die koloniste uit te sluit. Die Here 17 het daarvan geweet. Hulle wou die korrupsie en wanpraktyke beveg deur ‘n onafhanklike fiskaal aan te stel wat ‘n ogie oor die sake van die Kaap moes hou. Die fiskaal was sy eie baas en hy kon doen net wat hy wou.
Die wanpraktyke van Willem Boers
Dit het ‘n rukkie goed gegaan totdat hulle vir Willem Cornelis Boers aangestel het. Die enigste mark wat die boere vir hulle produkte gehad het, was die Kompanjie self. Boers het hulle gedwing om kwitansies te onder-teken vir bedrae wat baie hoër was as die pryse wat aan hulle vir hul produkte betaal is. ‘n Paar boere het geweier om dit te doen. Toe hulle weer hulle graan bring, wou die Kompanjie dit nie koop nie. Die gehalte daarvan was kastig te laag. Dis hoe Boers hulle gestraf het omdat hulle dit gewaag het om hom teë te gaan.
Boers het begin om heffings te vorder op alles wat die koloniste gedoen het. Hulle moes skielik een Kaapse gulden aan die Fiskaal betaal vir elke 45 kg meel, beskuit of vet of vir elke sak koring of gars wat hulle aan vreemde skepe verkoop het. Hy het ook nog die kassier opdrag gegee om ‘n ekstra half persent van alle gelde terug te hou wat aan boere betaal is vir prudukte wat hulle gelewer het. Dit was bo en behalwe ‘n 10% heffing wat reeds vir die Kompanjie afgetrek is.
Daarna stel Boers nog verdere heffings in van 6 riks-daalders per jaar op mense wat skuite aangehou het en ook op mense wat tente langs die strand opgeslaan het om eetware te verkoop Die koloniste het naderhand nie meer geweet watter heffings geldig is en watter maar net in die sakke van Boers en die amptenare verdwyn nie.
Die Fiskaal het ook reg gehad om vir klein oortredings boete op te lê. Dit moes nie 200 riksdaalders oorskry nie. Fiskaal Boers het toe begin om boetes op te lê van 1 200, 1 500 en selfs 5 000 riksdaalders. Hy het een keer in een of ander regtelike beslissing ‘n burger, Jan Jurriaansz, met 5 000 riksdaalders beboet en hom’n bewys laat teken dat hy dit aan Boers self skuld.
Volgens hom was die Kompanjie se amptenare die eerste, vernaamste en noodsaaklikste persone in die samelewing. Die koloniste het geen bestaansreg nie, vergeet nog van enige reg om handel te dryf.
Boers se vergrype en buitensporighede het al hoe erger geword . Hy het een keer gebots met ‘n burger, Carel Buitendach, teen wie hy ‘n grief gekoester het . Hy het in Januarie 1779 vir Buitendach met geweld uit sy huis laat verwyder en sonder enige verhoor na Batavia verban.
Die burgers kom in opstand
Dit was die laaste strooi. Die burgers het vergade-rings gehou en ‘n klagskrif opgestel en hierdie “burgerpetisie” self in Holland gaan aflewer. Die Here 17 het in 1782 nog nie uitspraak oor hulle klagtes en versoeke gegee nie. Daarna het hulle weer ‘n “nadere versoekskrif” ingedien om die oorspronklike petisie aan te vul. Die Here 17 het in 1785 eers so ver gekom om uitsluitsel te gee oor al die klagtes, versoeke en voorstelle in die burgers se twee petisies. Daar het nie veel van gekom nie. Maar toe Boers se ontslag weens die klagtes teen hom onderhewig gemaak is aan ‘n borgtog van 5 000 riksdaalders, het hy gou sy bedanking ingedien onder “partikuliere omstandig-heden.” Die Here 17 het later hierdie straf opgehef. ‘n Paar ander amptenare, soos majoor Van Prehn, hoof van die milisie aan die Kaap, en die ekwipasiemeester, Damien Hugo Staring, Boers se intieme vriend, wat deur die burgers “die bloedsuier” genoem is, het ook onverwyld hulle bedankings ingedien en na Nederland teruggekeer.
Eerste botsing met die Kôsas
Die koloniste in die twee oostelike distrikte se probleme het toegeneem toe hulle in 1778 vir die eerste keer by die Visrivier teen die Bantoes te staan gekom het. Die groot Kôsa-stam het baie vee aangehou. Hulle het baie min geplant en gesaai. Hulle het ook soos die Boesmans wild gejag, net om die velle in die hande te kry. Hulle vee het hulle van vleis voorsien. Daarom het hulle met begerige oë na die boere se troppe vee aan die oorkant van die Visrivier gekyk. Hulle was gewoond om alles wat hulle wou hê, met geweld te vat. Die sterkste man moet baas wees en hy moet kan doen net wat hy wil. Die stam is deur kapteins regeer. Hulle het met werp- en steekassegaaie geveg.
Die veediefstalle het gedurende 1778 langs die Vis- en die Boesmansrivier so toegeneem, dat sommige van die boere hul plase moes verlaat. Nadat goewerneur Van Plettenberg met hulle kaptein, Kobe, gaan mooipraat het en hulle beloof het om nie weer oor die grens te kom nie, het die rooftogte, moorde en veediefstalle só toegeneem, dat die Kaapse Politieke Raad verplig was om die boere toestemming te gee om die Swartes te gaan straf. Hulle het ‘n kommando saamgestel onder Adriaan van Jaars-veld as kommandant.
Onderwyl hulle langs die Visrivier gereedmaak om op te trek, kom vra ‘n klomp gewapende Swartes asseblief pruimtabak. Van Jaarsveld het hulle nie vertrou nie. Hy het ‘n paar rolle tabak gekerf en dit rondgestrooi. Toe die Kôsas daarop toesak, het hy die burgers beveel om te skiet. ‘n Klomp het gesneuwel en die res het ylings weggevlug.
Die filantroop Mauritz Woeke
Van Jaarsveld het met sy kommando van 1779 tot 1781 die Suurveld tussen die Vis- en die Boesmansrivier skoongevee van die Kôsas en baie van hulle geroofde vee teruggebuit. Die boere was besig om die stryd teen hulle nuwe vyand te wen. Maar toe stel goewerneur Van Plettenberg in 1785 vir Mauritz Woeke aan as landdros van Graaff-Reinet.
Woeke het opdrag gekry om al die Kôsa-kapteins te besoek en hulle vriendskap met allerhande presentjies te koop. Hy moes ook sorg dat die boere nie oor die Visrivier trek nie. Hulle het hulle nie daaraan gesteur nie en die Swartes nog minder. In Maart 1789 het ‘n groot aantal Kôsas die Suurveld binnegestroom. ‘n Aantal boere moes daar uitvlug. Baie van hul vee het in die slag gebly Van Jaarsveld was magteloos, want sonder Woeke se toestemming het hy geen reg gehad om weer ‘n kommando op te roep om die barbare te verdryf nie.
Die filantroop Maynier se wanbestuur
Om alles te kroon het Woeke in Graaff-Reinet ‘n sekretaris gekry met die naam Honoratius Maynier. Hy was ‘n filantroop wat geglo het dat die Swartes onskul-dige natuurkinders en edele barbare was.
Toe die rooftogte te erg word, stel Van Jaarsveld weer ‘n kommando saam en keer die stropers teen die walle van die vol Visrivier vas. Maar toe ontvang hy ‘n dringende bevel om die kommando te ontbind, sonder dat daar ‘n enkele skoot op die indringers gevuur is.
Goewerneur Van de Graaff het daarna vir Woeke en Maynier na die grens gestuur om die Kôsas te paai met presentjies soos krale en stukkies geelkoperdraad. Die Kaapse regering en die amptenare het glad nie die aard en temperament van hierdie swart barbare geken nie. Hulle is toegelaat om wes van die Visrivier te bly woon, sodat daar na 1789 nie weer ‘n duidelike oosgrens soos in 1781 bestaan het nie.
Die Kaapse regering het hom na 1789 glad nie meer aan die toestand op die oosgrens gesteur of oor die behoeftes en veiligheid van die grensboere bekommer nie. Die VOC (die Kompanjie) was bankrot. Die handel met die Ooste het nie meer die groot winste van die 17e eeu gelewer nie. Aan die Kaap het die amptenare die bankrotskap aangehelp deur kwistig geld te mors en deur woekertransaksies hulle eie sakke te vul.
Holland is in die Napoleontiese oorloë deur die Franse en Engelse aanvalle so verswak dat hy nie die Kompanjie se Kaapse besitting meer kon beskerm nie. Daarom het die boere in die binneland se belange vir hulle geen saak meer gemaak nie. Hulle het geen mark vir hulle produkte gehad nie en het geen reg gehad om die Swartes te straf vir al die plundertogte en moordaanvalle nie. Maynier het vir Woeke in 1793 as landdros in Graaff-Reinet opgevolg. Hy het gesê: “Die Swartes is in hulle nauurlike en onbe-dorwe toestand die toonbeeld van onskuld en deug.”
Teen 1793 het daar alreeds ‘n groot aantal Kôsas wederregtelik aan die westekant van die grens tussen die boere ingedring. Maynier, die nuwe landdros, se ore was doof vir die boere se klagtes. Die Kôsas het die hele landstreek tussen die Swartkops- en die Visrivier beset. Hulle het baie vee gebuit, plaashuise afgebrand, ‘n aantal boere en bediendes vermoor en 120 plase verwoes. Maynier het die boere belet om teen die Kôsas op te tree. Hy het tussen hulle gaan rondry en probeer om vrede te maak. Die Kôsas het nie weer oor die Visrivier teruggetrek nie en die veediefstalle het toegeneem. Al hulp wat die Kaapse regering aan die boere kon gee, was dat Maynier weer die Swartes se vriendskap met pre-sentjies moes gaan koop.
Die Kôsa-inval van 1793 was die laaste strooi op die gemoedere van die inwoners van Graaff-Reinet en Swellendam. Toe steek korrupsie ook weer kop uit onder landdros Maynier. Hy het kwitansies vervals en homself ten koste van die arm burgers verryk. Hy het ‘n baasspelerige houding teenoor hulle aangeslaan. Hy het vir hulle gesê hy is nie net die landdros nie, maar ook die weesmeester en die vendusiemeester. Hy is die koning van Graaff-Reinet. Hy sê, Woeke kon nie doen wat hy wou nie, maar hy, Maynier, sal doen net wat hy wil. Hy sal die vlerke van die Patriotte knip, al moet hy dit deur die heidene laat doen.
Graaff-Reinet en Swellendam skei af
Die Graaff-Reinetters het op 29 Januarie 1795 ‘n petisie teen Maynier opgetrek . Hulle het op 6 Februarie ‘n stormagtige vergadering gehou. Hulle het Maynier aange-sê om die drosdy onmiddellik te verlaat en het twee heemraadslede en ‘n burgeroffisier wat met Maynier bevriend was, saam met hom Kaap toe “gepos.” Daarna het hulle onder leiding van Marthinus Prinsloo vir hulle ‘n eie regering van sewe persone saamgestel. Hulle het ook hul eie landdros, sekretaris en bode aangestel en vir Adriaan van Jaarsveld as hulle president gekies.
Die inwoners van die ander distrik, Swellendam, het die voorbeeld van die Graaff-Reinetters gevolg. Sestig gewapende manne het onder hulle “selfverkose nasionale kommandant,” Petrus Delport, die drosdy van Swel-lendam beset en die landdros, Anthonie Faure, en drie heemraadslede verplig om hulle ampte neer te lê. Delport hulle het ander administratiewe beamptes aangestel. Daarna het hulle vir hulle ‘n raad, genoem die “Nasionale Konvensie,” onder voorsitterskap van Hermanus Steyn saamgestel.
Die burgers van albei distrikte het alle bande met die Kaapse regering en die Kompanjie verbreek. Hulle wou nie twee onafhanklike republieke stig nie, maar wou hulle graag onder die gesag stel van Holland se regering, die Stategeneraal.
Maar die vryheid van die burgers van hierdie twee distrikte was van korte duur. Die Engelse het in 1795 die Kaap verower. Daarmee het die bewind van die Hollandse Oos-Indiese Kompanjie oor die Kaap van Goeie Hoop geëindig.