NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die Heilige Gees maak enigiets wat geestelik gebreek is reg:  “Kom na My toe almal wat vermoeid en belas is en Ek sal julle rus gee” (Mt.11:28).  Luister wat sê Jesus van Homself:  “Die Gees van die Here is op My… Hy het my gestuur om dié wat verbryseld van hart is, te genees” (Luk.4:18).   Jesus neem ’n lewe wat weens sonde gebroke is en maak dit heel.

ONS GESKIEDENIS: Hoofstuk 6

Die lewe in die 18e eeu


Die boere (landbouers) in die Kaapse omgewing
Die landbouers, dit is die boere wat in die distrikte van die Kaap en Stellenbosch geplant en gesaai het, het nog steeds gesukkel om ‘n afsetgebied vir hulle produkte te kry, maar tog het die meeste van hulle goed geleef.  Hulle het in goedgeboude, gerieflike huise gewoon.  Baie daarvan was deftig gemeubileer. Hulle het in die lewensbehoeftes van hulle huisgesinne voorsien  uit die opbrengs van hul plase,  Hulle het baie bediendes gehad. Sommige boere het selfs meer as honderd slawe besit.
Hulle het nooit volop geld gehad nie, maar hulle kon darem altyd die nodige landbougereedskap, boustowwe, huisraad, klere en weeldeartikels soos koffie, tee en suiker, bekostig.  Ook was daar ‘n paar skole vir hul kinders en hulle kon ‘n paar kerke besoek. Hulle was eenvoudige, vriendelike en godsdienstige mense.  Die ryk boere sowel as die klein boere was almal selfstandige mense wat bekend was vir hulle gasvryheid.

 

Die veeboere in die binneland
By die nederige veeboere, wat so geleidelik gedurende die 18e eeu die land vir die blanke beskawing in besit geneem het, was lewensmiddele nie so ruim en volop soos by die Kaapse landbouers nie.  Die meeste van hierdie boere het wel groot kudus klein- en grootvee besit, maar hulle het maar min geld daaruit gemaak, omdat hulle nie dikwels die groot afstande na die Kaapse markte kon aflê nie.  Daarom was hulle lewens maar redelik primitief. Hulle huise was gewoonlik maar eenvoudig, klein en ongerieflik.  Die huise het meesal bestaan uit drie of vier vertrekke.  Die vensters het nie glasruite gehad nie, maar is met houtdeurtjies oop- en toegemaak.  Die vloere was van klei.  Op die voorposte naby die grens, het hulle in hutte gewoon van een of twee vertrekke, met lae kleimure en grasdakke.
Omdat hulle so ver van die Kaap se geriewe af gewoon het, het die veeboere geleer om hulle met al hul lewensbenodigdhede self te help.  Hulle het hul eie meubels gemaak en hul eie klere vervaardig.  Hulle hoofvoedsel was skaap- en wildsvleis en melk.  Maar waar hulle dit kon doen, het hulle tuine aangelê en ‘n bietjie groente of graan gekweek vir eie gebruik.
Dit was maar ‘n lewe vol ontberings, ook op onderwysgebied.  Rondtrekkende “meesters” is gehuur om ‘n huisgesin se kinders ‘n paar maande lank te leer lees en skryf en verder ‘n bietjie les te gee.  Voordat Graaff-Reinet gestig is, was die veeweiders se naaste kerk op Roodezand, naby die Kaap.  Hulle het baie selde daar gekom, miskien een maal per jaar, om botter en boerseep in die Kaap te gaan verkoop en sommer die weigeld te gaan betaal.  Baie boere het jarelank nie in die Kaap gekom nie en agtergeraak met die betaling van hulle lisensiegeld.

 

Die behoefte aan kerke en skole
Die ouer koloniste het die gebrek aan ‘n kerk en die godsdienstige bearbeiding van ‘n predikant baie gemis.  In 1778 het die vooraanstaande inwoners van die Kamdeboo in ‘n smeekskrif gekla dat hul kinders soos stomme vee opgroei, dat die oueres on-Christelik ontaard en dat almal die seën en troos van die kerklike Nagmaal baie mis.  Baie mense het gevrees dat hierdie verste burgers op die grense heeltemal gaan ontaard en verwilder.  Maar hul kragtige rassetrots het dit verhoed.  Hulle het ‘n streep getrek tussen Christen en heiden en dit het ontwikkel tot blank en gekleurd.  Daarom kon hulle hul teen die inboorlinge sedelik handhaaf en hulle bloed suiwer hou.  As gelowige Christen en Calvinis het elke pa sy plig teenoor sy huisgesin nagekom . Met die Bybel, ‘n psalmboek en ‘n predikasieboek het hy gereeld huisgodsdiens gehou.  Hy het dit ook as ‘n plig gevoel om sy kinders te leer lees of te laat leer lees.  Daarom het ongeletterdheid maar baie selde onder hierdie eenvoudige grensbewoners voor-gekom, terwyl dit in daardie tyd in baie Europese lande nog taamlik volop was.

 

Buitestaanders se menings oor die grensboere
Goewerneur Van Plettenberg het na sy binnelandse reis van 1779 melding gemaak van die verste boere se goeie eienskappe.  Hy het hulle meestal zedig en redelyk welonderleid genoem.  Maar ‘n bevooroordeelde buite-landse besoeker, soos die vyandiggesinde John Barrow, wat nie hulle taal verstaan het nie, kon nie hul lewensomstandighede begryp nie.  Tydens sy besoeke, is hy met vriendelike gasvryheid oorlaai, maar hy het hulle van wreedheid, luiheid en onsindelikheid beskuldig.  Ander waarnemers soos dr Heinrich Lichtenstein, wat ook in die binneland gereis het, het die boere verdedig teen die “skreiende onreg” wat Barrow hulle aangedoen het.  Hy sê hy was verras om in die binneland so ‘n beskawing te vind en hy roem die grensbewoners se mensliewendheid, opregtheid, openhartigheid, gasvryheid en hulle gods-dienssin.
Elke seun het sy eie geweer besit..  Daarmee het hy nie net wild gejag nie, maar vir sy pa gehelp om die plaas te verdedig teen Boesman-strooptogte en Bantoe-aanvalle.  Die boere het kommando’s saamgestel om die vyand te beveg.  Die regering het dit goedgekeur en hulle van kruit en lood voorsien.

 

Die ontwikkeling van ‘n nasionale bewussyn
Die verspreiding van die veeboere gedurende die 18e eeu het van hulle geharde Afrikaanse baanbrekers gemaak.  Hulle het met selfstandigheid en handigheid self in hulle min behoeftes voorsien.  In hulle gesamentlike stryd om voort te bestaan, het daar by hulle die wete ontwikkel dat hulle apart van die ander volke bymekaar hoort en dat hulle as blanke Christene hulself teenoor die gekleurde heidene moet handhaaf.  Hul nasionale bewussyn het maar baie klein begin toe hulle as Vryburgers ‘n stukkie grond ontvang het om daarop te boer.  Dit het begin groei toe hulle as Koloniste by hulle veeposte die grense van hul veeplase al verder verskuif het.  Dit het al helder gebrand toe hulle as Voortrekkers die Engelse juk afgeskud het en die wawiele noordwaarts laat rol het na die vryheidslig wat voor in die wapad brand . As Boere van die Vrystaat en Transvaal, wat die grypsug van die Engelse wêreldmag moes trotseer, het dit al sterker gebrand, totdat hulle uiteindelik as gelouterde Afrikaners hulle land, waarvoor hulle soveel gely en gestry het, in besit kon neem.
Indien jy in die laaste helfte van die 18e eeu kon luister hoe hulle met mekaar gepraat het, sou jy gehoor het hoe die Nederlandse taal stadigaan besig was om te verander in die helder klank van Afrikaans.  Dit was die geboorte van ‘n nuwe volk, met ‘n eie taal in ‘n nuwe land, Suid-Afrika.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2445 gaste aanlyn