NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wil jy 'n sterk volk sien? Sorg dat die gesins- en familielewe moraal en moreel sterk is. Nou mag ons vra waarom ons volk vandag in hierdie verknegte, moreel en moraal verdrukte toestand is...

DIE REBELLIE VAN 1914 (1)

Lees reeks by   Die Rebellie van 1914

'n Kort reeks van ses aflewerings oor 'n volk in opstand, 'n verhaal oor verraad en van heldedade tydens die rebellie van 1914.  Ons helde, De la Rey, De Wet, Maritz, Kemp, Beyers en Jopie Fourie, staan hier in skerpe kontras met verlooptes soos Smuts, Botha en diesulkes sonder vaderlandsliefde.

GENL. KOOS DE LA REY - EERSTE SLAGOFFER VAN DIE REBELLIE

deur L. W. Bienedell

"De la Rey is deur Smuts en Botha mislei, bedrieg, uitgebuit, ontnugter, en daar is misbruik van sy vertroue gemaak...   'Kyk wat het julle gedoen. Julle het genl De la Rey doodgeskiet'.Een van die polisiebeamptes het toe uitgeroep: 'We have shot the wrong bugger! '  Vir sy vorige verraad is Louis Botha in 1912 tot 'eervolle' generaal in die Britse leër bevorder – wat 'n skande vir die Boerevolk!' "

Met die Vrede van Vereniging op 31 Mei 1902 was daar baie afgevaardigdes wat nie die Britse Vredesvoorwaardes wou aanvaar nie. Hulle was bereid en in staat om voort te veg. Een so ’n man was genl. Koos de la Rey wat nooit ’n veldslag verloor het nie. De la Rey se biograaf, Johannes Meintjies, skryf in sy boek: De la Rey, Lion of the West, dat De la Rey die vredesooreenkoms kon verhoed het deur te verklaar dat hy gaan voortveg.

Volgens genl. De la Rey en andere het genl. Louis Botha die afgevaardigdes wat nie die onafhanklikheid wou prysgee nie, oorreed om die Britse voorwaardes te aanvaar met die belofte dat die onafhanklikheid met die eerste geleentheid weer terug geneem sou word. Genl. Jan Kemp haal Botha soos volg aan in sy boek Die pad van die Veroweraar: "Dit is beter om nou vrede te maak en te red wat daar te red is voordat die ganse bevolking uitgemoor word in die konsentrasiekampe en deur die swartes. Ons kan later weer wapens kry, en as Engeland eendag in die moeilikheid kom, kan ons weer ons verlore vryheid herwin."

Kemp skryf verder "Hierdie argumente het meer as een afgevaardigde wat nog geweifel het, beweeg om vir die aanname van die Britse voorwaardes te stem".

Genl. Wessel Wessels het getuig dat Botha hom eenkant gekry het, soos hy met De la Rey gedoen het, en vir hom gesê het "Die dag sal kom wanneer daar ’n Europese oorlog sal uitbreek; en wanneer daardie dag kom, sal ons ons wapens vir onafhanklikheid opneem." ’n Paar jaar later op ’n politieke vergadering het ’n vrou aan Botha gevra of die Vierkleur nou vir altyd verlore is. Hy het geantwoord: "Nee, suster, die Republikeinse vlag is opgerol en gebêre. Die tyd sal kom dat hy weer oopgevou sal word."

Voor Uniewording het Danie Fouche aan Botha gevra:     "Daar is net een ding wat my tevrede sal stel: Is dit ons doel, Generaal, om unifikasie te gebruik om die hele Suid-Afrika ’n onafhanklike Republiek te maak?" Botha het geantwoord: "Ja, beslis, maar ek kan dit nie in die openbaar sê nie."

Met beloftes soos hierdie het Botha die steun gekry van republikeins-gesinde Boere. Hy het hulle bedrieg en was nooit van plan om wapens teen Brittanje op te neem nie.

Meintjies skryf: "Sonder De la Rey se steun sou Suid-Afrika op die rand van ’n afgrond te staan gekom het; daar sou nie ’n unie of ’n verenigde volk gewees het nie. Botha het De la Rey gebruik om sy groot konsep deur te voer, en die ou man was gelukkig om dit moontlik te maak."

Sir James Percy Fitzpatrick het De la Rey op sy plaas gaan besoek en hom oor sy toekomsplanne uitgevra. De la Rey kon hom nie vertel dat hy geglo het dat Botha die onafhanklikheid sou terugneem sodra Brittanje in die moeilikheid raak nie. As Duitsland Brittanje pak, sou Suid-Afrika die wapens opneem en hulle vryheid herower sonder om ’n skoot te skiet Die Vierkleur sou gehys en Botha ingesweer word as Staatspresident van die nuwe Republiek.

Met sy eie mense het De la Rey egter openlik oor sy planne gepraat.

Op 4 Augustus 1914 het die groot oomblik aangebreek. Brittanje het in ’n Wêreldoorlog met Duitsland betrokke geraak. Nou het die tyd aangebreek dat genl. Louis Botha die beloftes teenoor die ander Boeregeneraals en teenoor sy volk moes nakom Dit was die groot oomblik waarop genl. de la Rey al twaalf jaar gewag het.

Het Siener van Rensburg ook nie voorspellings gemaak aangaande sy persoonlike aandeel in die gebeure onmiddellik na die uitbreek van die oorlog nie? Hy het die volgende gesien: die syfer 15 in die lug; De la Rey kom kaalkop van Kaapstad af terug Transvaal toe; ’n geel kissie van die regering kom Lichtenburg toe; en 'n donker wolk oor Lichtenburg, republikeinse vlae, ’n skare mense in swart gekleed met karre en ander voertuie, en ’n wa vol pragtige blomme.

Van Rensburg se eie uitleg was soos volg: die volksaak sou op die 15de begin, maar die maand is onbekend; De la Rey sou vinnig terugkeer van die Kaap; ’n kissie met geld word deur die Unieregering in die geheim gestuur om die beweging van De la Rey te bevorder; en die republikeinse vryheidsvlae sou onder donker omstandighede deur De la Rey gehys word.

Die uitleg was egter foutief. De la Rey het haastig voor die parlement-sluiting van die Kaap af gereis; hy is op 15 September doodgeskiet en ’n rukwind het die hoed van sy kop afgewaai; sy gebalsemde lyk is in ’n geel kis na Lichtenburg gestuur, en die begrafnis van die generaal was onder die republikeinse vlae met die kis bedek, en nog twee waentjies met kranse.

De la Rey het volgens die vertolking van die visioen vas geglo dat die republikeinse vryheid binne ’n paar dae herstel sou word. Dit het perfek ingepas by Botha se onderneming om die onafhanklikheid te herstel sodra Brittanje en Duitsland bots.

Op 10 Augustus het genl. Kemp en kol. Apie Bezuidenhout by De la Rey op sy plaas Elandsfontein in die distrik Lichtenburg besoek afgelê. Hy was in ’n baie opgewonde stemming en het verduidelik dat Suid-Afrika nou uiteindelik sy onafhanklikheid sou terugkry. Hy het die plan in besonderhede aan hulle uitgelê.  Die Vierkleur sou op 15 Augustus op Treurfontein gehys word. Hy sou op die 16de op Treurfontein oorbly. Maandag die 17de sou hy met die kommando na Ventersdorp beweeg. Dinsdag sou hy na Mooirivier gaan waar die manne van Potchefstroom by sy kommando sou aansluit. Woensdag sou hulle Krugersdorp toe gaan waar die vlag op die Paardekraal-monument gehys sou word; vandaar sou hulle na Pretoria gaan, ’n rapportryer vooruit stuur en Botha ontmoet, wat hulle tegemoet sou kom.  As Botha opdaag, sou hy ’n honderd man vooruit stuur om Botha op hul skouers te lig, en dan sou De la Rey aankondig: "Jy behoort aan ons en jy moet ons lei." Gedurende die gesprek het De la Rey na sy slaapkamer gegaan en met twee republikeinse vlae teruggekeer. Een was geborduur en aan hom geskenk deur die vrouens van Transvaal. Die ander was van sy gemaak en is aan hom geskenk deur die vrouens van die Vrystaat.

Kemp en Bezuidenhout het die nag in De la Rey se huis oornag. Kemp het aan De la Rey gesê dat aangesien hy ’n stafoffisier van die Verdedigingsmag is, hy die regering moet inlig oor sy planne. "Doen dit," het De la Rey hom aangemoedig, "Jannie het ’n paar dae gelede in dieselfde kamer oornag. Ek het hom vertel wat Nieklaas alles gesê het, en wat ek beplan om te doen." Kemp vra toe belangstellend: "En wat het Jannie gesê?" De la Rey het sy baard gestreel: "Hy het vir ’n paar uur lank niks gesê nie. Hy het net gesit en diep dink. Later het hy vir my gevra of ek ernstig is, of ek werklik van plan is om met my planne voort te gaan. Ek antwoord toe, ja natuurlik, toe sê hy net soos jy: 'Oom Koos, jy is te haastig.' "

Genl. Jan Smuts het niks gesê om De la Rey te ontmoedig nie, en hy het dus aangeneem dat hy op Smuts kon staatmaak. Hy was absoluut seker van Botha se ondersteuning. Kemp het met ’n verontruste gemoed gaan slaap. De la Rey het beslis nie besef hoe ernstig die operasie is wat hy beplan nie. As De la Rey deur Botha en Smuts geopponeer word, sal die hele beplanning op ’n ramp uitloop. Die tragiek van alles was dat De la Rey geen rede gehad het om te glo dat Botha en Smuts hom sou opponeer nie.

Toe die onderwerp die volgende oggend aan ontbyttafel hervat is, het De la Rey Kemp meegedeel dat Botha en Smuts nie aan die eerste fase van die plan sou kon meedoen nie vanweë hulle hoe posisies, maar as die vlag eers gehys is, sou die twee hulle gewig agter hulle ingooi. Kemp het sy bedenkinge uitgespreek omdat Botha en Smuts die afgelope jare pro-Engels was. Hy het egter daaraan toegevoeg dat De la Rey beter sou weet wat hulle gevoelens is. Meintjies skryf "De la Rey was mislei, is bedrieg, uitgebuit, ontnugter, en daar is misbruik van sy vertroue gemaak."

Die oomblik van waarheid vir Botha en Smuts het gekom. Hulle sou hulle vriend moes inlig dat hulle nie by hom kon staan nie.

De la Rey het reeds opdrag aan sy burgers gegee om op 15 Augustus by Treurfontein bymekaar te kom toe Botha aan hom laat weet het om na Pretoria te gaan. Op 12 Augustus is hy saam met sy dogter soontoe. De la Rey het Botha, Smuts, Schalk Burger en N J de Wet ontmoet. Hy was totaal verbysterd toe dit uiteindelik vir hom duidelik word dat Botha en Smuts nie deel sou hê aan die strewe na onafhanklikheid nie. Wat meer is, hulle sou verplig wees om hulle ou vriend te laat opsluit as hy enige sodanige planne wou uitvoer. Dit was ’n pynlike ervaring vir De la Rey.

Botha moes hom uitpraat uit sy plegtige belofte van twaalf jaar gelede. Nou het hulle van De la Rey verwag om sy planne te laat vaar en om sy invloed te gebruik teen ’n moontlike rebellie. De la Rey het aangevoer dat hy die Stem van God hoor vir die bevryding van die Boere van die bande van Vereeniging, en nou was die kans daar.

Botha verduidelik toe aan De la Rey: "Oom Koos, dit mag so wees dat dit die wil van God is dat die mense vry en onafhanklik moet wees. Maar niks sal my oortuig dat dit die wil van God is dat dit te weeg gebring moet word deur verraad en meer nie."

De la Rey het sy vriende as ’n gebroke man verlaat.  Hy het gevoel dat Botha en Smuts met sy droom van onafhanklikheid die spot gedryf het. Toe hy die aand gaan slaap, het Botha se woorde in sy ore weerklink: "Ek het trou gesweer aan die Britse regering!"

"Louis Botha het egter baie gely oor die verloop van sake en hy het homself begin verwyt" skryf Johannes Meintjies in sy biografie oor Louis Botha. "Niemand sal ooit besef watter wroeging die botsing met De la Rey vir Botha veroorsaak het nie." Meintjies skryf dat die botsing " ’n keerpunt was in Botha se lewe, wat ’n kettingreaksie van gebeure aan die gang gesit het wat uiteindelik vir Botha sou doodmaak. (It was the turning point in Botha’s life, starting a chain of events which was to kill him.)

De la Rey se persepsie was dat as Botha aangesluit het, en met die Vierkleur uitgery het, die hele Transvaalse platteland sou opstaan en hom gevolg het.  Hy sou deur genl. De Wet en die hele Vrystaat gevolg word en niemand sou hulle keer nie.

De la Rey en Siener van Rensburg was diep gelowige mense. Romeine 13 bepaal dat opstand teen die owerheid wat ’n instelling van God is, nie geregverdig is nie. De la Rey se oorspronklike plan om Botha as leier van die nuwe Republiek aan te wys, was nie in stryd hiermee nie. Meintjies skryf dat met Botha se weiering De la Rey se planne inmekaar gestort het.

Werklik? Waarom het Siener van Rensburg dan aan die rebellie deelgeneem as hy homself gebonde geag het aan Romeine 13. Ter opheldering is dit nodig om kortliks die volgende insident te verhaal. Toe die Eerste Wêreldoorlog uitbreek, kommandeer genL Louis Botha die liberale ds. Faustmann na Pretoria op en maak hom wys dat Romeine 13 opstand teen die Volksowerheid verbied, en dat hy die boodskap moet uitdra onder die volk. Faustmann daag toe by Schweizer Reneke op waar hy vir Siener van Rensburg ontmoet. Die dominee druk dit toe op Siener se hart dat die Woord volgens Romeine 13, ’n rebellie verbied, met die hoop dat die Siener op sy beurt weer die volk daarvan sou afraai om in opstand te kom.

Siener van Rensburg antwoord toe, en sê: "Ja dominee, terwyl  Saul nog  geleef  het stuur die Here die profeet om vir Dawid te salf as koning."

Hierop antwoord ds. Faustmann: "Dit is die Ou Testament en dit is met die Nuwe Testament vervang." Siener van Rensburg sê toe: "Maar dominee, waar vind ons die tien gebooie en wat meer is, is dit nie die Joodse owerhede wat Christus gekruisig het nie. Wie is nou rebelle?”

Die leraar keer sy rug op die Siener en met sy hoed in die hand stap hy weg. Dit kan dus nie sonder meer aanvaar word dat genl. De la Rey hom gebonde geag het aan Romeine 13 nie. (Aangehaal uit die toespraak "Gesigte, optrede en betekenis van Siener Niklaas van Rensburg" gehou deur prof A W G Raath te Pretoria op 23 Junie 1995).

Op Saterdag 12 September het genl. Louis Botha in ’n toespraak in die parlement ’n gerug herhaal dat die Duitsers by Nakob die Unie se grense oorgesteek het en daarom moet die Unie homself teen die Duitsers beskerm. Dit sou beteken dat die Unie-verdedigingsmag aangewend word om Duits Suidwes-Afrika (DSWA) te verower, wat toe ook gebeur het.  ’n Nasionale Party parlementslid, mnr. Charlie Fichardt, het egter in ’n debat die gerug dat die Duitsers by Nakob die grens geskend het as vals bewys.  Louis Botha het ’n verskoning gefabriseer om Sy Majesteit gedienstig te kan wees!

Genl. De la Rey het in ’n toespraak verklaar dat toe hy die Vrede van Vereeniging geteken het dit nooit by hom opgekom het dat hy hom ook tot oorlog verbind as Brittanje in ’n oorlog betrokke raak nie. Nadat De la Rey sy toespraak afgesluit het, het hy sy hoed opgetel en die parlement verlaat. Louis Botha het opgestaan en vinnig agterna geloop. Twee ander manne, Vrystaters, het terselftertyd die gebou verlaat want hulle wou met De la Rey beraadslaag. Hulle was Niklaas Serfontein en Jan Brand Wessels. Hulle het De la Rey gesien en het hom gevolg, onbewus dat Louis Botha dieselfde doen. De la Rey het na die noordelike uitgang geloop, af met die trappe aan die linkerkant toe Botha skielik sy verskyning maak. Die twee Vrystaters het teruggetree. Hulle was nou buitekant die parlementsgebou en het ongesiens agter die stoepmuur gaan staan. Vandaar het hulle die volgende waargeneem: Louis Botha het die trappe afgestap en uitgeroep:     "Oom Koos, wag ’n bietjie, ek wil jou sien." De la Rey het vasgesteek en omgedraai. "Oom Koos" het Botha met ’n bekommerde stem gesê, en toe gevra, "wat gaan jy doen?"

De la Rey sê toe: "Louis, nou is die tyd om ons plegtige ooreenkoms wat deur jou, myself en De Wet by Vereeniging aangegaan is om ons vryheid terug te vat na te kom."

Louis Botha het net gesê: "Oom Koos, ek sal jou later sien", omgedraai en die gebou weer binne gegaan.

Serfontein het later vir generaal De Wet oor die ooreenkoms uitgevra, en De Wet het bevestig dat daar so ’n plegtige ooreenkoms was. Generaal De Wet het verklaar: "Generaal Botha, generaal De la Rey en ek het ’n ooreenkoms aangegaan. Dit was Botha wat dit voorgestel het. Hy het gesê: 'Aanvaar die terme wat die Engelse aanbied, en ons drie sluit ’n ooreenkoms dat ons ons vryheid met die eerste geleentheid sal terugvat ' ".

Die teenstanders van die regering het omtrent almal van die standpunt uitgegaan dat die plan om DSWA aan te val, nie net deur die parlement beslis kon word nie. Die volk moes die geleentheid kry om hulle daaroor uit te laat. In die republieke het die beginsel gegeld dat die volkstem die koningstem is. Die burgers was geskok dat Botha en Smuts slegs op ’n parlementsmeerderheid oor so ’n belangrike saak kon besluit sonder om die volk te raadpleeg.

De la Rey is van Kaapstad na Johannesburg per trein, en het die aand van die 14de September in ’n hotel in Johannesburg oornag. Toe hy die volgende oggend na ’n kafee stap om ’n koerant te koop, het hy ’n ou vriend raakgeloop met wie hy ’n kort gesprek gevoer het. Hieroor skryf G D Scholtz in sy boek Die Rebellie 1914-15: "Op die môre van 15 September het hy nog aan ’n vertroude vriend in Johannesburg gesê dat hy vasbeslote is om met behulp na die Verdedigingsmag in Potchefstroom, die republiek uit te roep en rebellie teen die regering van genls. Botha en Smuts te pleeg." (DieTransvaler 11.11.1940)

Scholtz  skryf  verder. "Dieselfde  middag is mev Beyers en ’n familielid per motorkar oor na Johannesburg om genl De la Rey te gaan haal. Met sy aankoms in Pretoria het genl. De la Rey en genl. Beyers na die binnekamer gegaan waar hulle ’n rukkie in gebed verkeer het.  Of hulle ooit tot ooreenstemming in hul sienswyses gekom het sal seker nooit ontdek kan word nie. Genl Beyers het sy bedanking bloot as protes teen die besluit van die Parlement gesien. Hy wou verder graag sien dat die volk hom feitlik as een man by wyse van protesvergaderings teen die besluit uitspreek. Dit was die konstitusionele weg wat genl Beyers wou bewandel."

Beyers en De la Rey het die aand saam in ’n motor vertrek na Potchefstroom, waar Kemp by die militêre kamp op hulle gewag het.

In Johannesburg het die polisie verskeie padblokkades opgerig om die berugte Fosterbende vas te trek. De la Rey het aan Wagner, die motorbestuurder, opdrag gegee om nie by die padblokkades stil te hou nie. Hulle het inderdaad by twee verbygery sonder om die stilhoubevel te gehoorsaam.

By die derde padblokkade het die polisie geskiet toe die motor deurry, en De la Rey is dodelik gewond.

Die tyding van die tragiese dood van De la Rey het as ’n groot skok gekom - die meeste so in die Potchefstroomse kamp waar daar met verlange op sy aankoms gewag is. Toe die berig van sy dood Potchefstroom nog in die nagtelike ure bereik, het dit groot verwarring veroorsaak. Wat ’n groot klimaks moes wees, het nou in ’n groot anti-klimaks geëindig. Diegene wat op die hysing van die Vierkleur en die uitroep van ’n republiek gewag het, het op daardie moment nie meer presies geweet wat om te doen nie.

Het De la Rey werklik besluit om ’n republiek uit te roep? Voor sy vertrek uit Pretoria het hy verklaar: "Ons gaan om ons mense te red en om bloedvergieting te voorkom." Meintjies skryf: "Dit bevestig James Rose-Innes se stelling: ’n man wat bloedvergieting wil voorkom kon nie ’n rebellie of ’n burgeroorlog beplan het nie."

Hoe rym die inligting met bogenoemde getuienis wat G. D Scholtz aanhaal? Die inligting wat deur Scholtz verskaf word, is eers 26 jaar na die gesprek met De la Rey openbaar gemaak.

Wat was generaal De la Rey se planne werklik? Dit bring ’n mens by die vraag wat Botha aan hom gestel het naamlik; "Oom Koos, wat gaan jy doen?"

Soos aangehaal, het De la Rey die tyd as ryp beskou, ("nou is die tyd") om die vryheid te herwin. Die feit dat De la Rey deurentyd deur speurders agtervolg en dopgehou is, is bewys genoeg dat die Botha-regering De la Rey as ’n potensiële gevaar beskou het.

As ’n gesoute guerilla-krygsman sou generaal De la Rey nie sy kaarte op die tafel gooi nie, wat ookal sy planne was.

Vrae wat ontstaan het om die dood van genl. Koos de la Rey:

Was die doodskiet van Genl. de la Rey ’n ongeluk of het dit met voorbedagte rade plaasgevind?
Genl. Bert Wessels het Genl. Beyers hieroor uitgevra, en veral wat sy persoonlike mening oor die aangeleentheid was. Genl. Beyers antwoord toe en sê:     "Ek sal u vraag eerlik beantwoord.  Ek moet rondborstig verklaar dat ek gedink het dat die lot wat genl. Koos de la Rey getref het, bedoel was vir ons altwee, en miskien selfs in die eerste plek vir my en nie vir oom Koos nie. En dit is nog my oortuiging."

S. P. E. Boshoff vra toe aan Genl. Beyers: "Maar as u dink dat die doodskiet van Genl de la Rey geen ongeluk was nie, wat kon dan die motief daarvan gewees het, wat sou daaragter geskuil het?"

Genl. Beyers antwoord toe en sê: "Wel, generaal De la Rey was ’n man van groot invloed in die Transvaal, veral in die Westelike Transvaal, waar hy die ongekroonde koning was. Hy het in die Transvaal onder die boerebevolking waarskynlik meer invloed gehad as genl. Botha en genl Smuts saam." (Aangehaal uit Vaalrivier die Broederstroom - Die Uiteinde van genl. C. F. Beyers deur (S. P. E. Boshoff.)

Afgesien van die politieke redes waarop Beyers sy argument gegrond het, was daar ook ander getuienis wat Beyers se vermoede versterk het. Volgens Wagner, die motorbestuurder het iemand kort voor die generaals se vertrek uit Pretoria met 'n motorfiets onder’n boom stilgehou. Toe die twee generaals in die motor klim het die motorfietsbestuurder met ’n flits op die nommerplaat gelig en weggery.

Kort voordat genl. De la Rey geskiet is, het Beyers en De la Rey plekke omgeruil. Nadat genl De la Rey geskiet is het genl Beyers uit die motor geklim en gesê:

"Kyk wat het julle gedoen. Julle het genl De la Rey doodgeskiet". Een van die polisiebeamptes het toe uitgeroep: "We have shot the wrong bugger!"

Dieselfde aand het die volgende insident plaasgevind: Ene dr. Grace is uitgeroep na ’n siekteval aan die oostekant van die spoorlyn. (Hy moes oor die spoorlyn ry waar daar ook ’n blokkade was). Met sy vrou en kind het hy in 'n swart motor gereis. Toe die wag by die hek, die hek oopmaak het dr. Grace deurgery. Onmiddellik het die polisie begin skiet. Dr. Grace is deur ’n opslagkoeël dodelik getref en die kind verwond. Die polisie het gemeen dat dit genl. Beyers was, omdat dr. Grace en genl. Beyers so eenders gelyk het dat slegs mense wat naby familieverwante was, hulle van mekaar sou kon onderskei. (Aangehaal uit Siener van Rensburg en die Rebellie deur A W. G Raath bis. 135.)

Die grootste bevestiging van wat werklik gebeur het bly egter dat die padblokkades wat opgerig was om die Forsterbende te vang, nie verwyder is nadat die bende reeds die oggend van die 15de September gevang en doodgeskiet is nie...

Vir sy vorige verraad is Louis Botha in 1912 tot 'eervolle' generaal in die Britse leër bevorder – wat 'n skande vir die Boerevolk!' "

Genl Louis Botha is in 1912 tot erevolle generaal in die Britse leër bevorder – wat 'n skande vir die Boerevolk!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2601 gaste aanlyn