NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Jesaja kla dat Juda slegter as diere is: “’n Os ken sy besitter en ‘n esel die krip van sy eienaar, maar Israel het geen kennis nie, my volk verstaan nie.  Wee die sondige nasie, die volk swaar van skuld, die geslag van kwaaddoeners, die kinders wat verderflik handel!  Hulle het die Here verlaat, die Heilige van Israel verag, hulle het agtertoe weggedraai” (Jes.1:3,4).   Wat ‘n ongelooflike verval! Soos ons volk vandag?

DIE REBELLIE VAN 1914 (4)

Lees reeks by   Die Rebellie van 1914

'n Kort reeks van ses aflewerings oor 'n volk in opstand, 'n verhaal oor verraad en van heldedade tydens die rebellie van 1914.  Ons helde, De la Rey, De Wet, Maritz, Kemp, Beyers en Jopie Fourie, staan hier in skerpe kontras met verlooptes soos Smuts, Botha en diesulkes sonder vaderlandsliefde.

GENERAAL JAN KEMP - DIE STRYDER IN DIE WOESTYN

deur Mike du Toit

JAN CHRISTOFFEL GREYLING KEMP is in Oos-Transvaal op 10 Junie 1872 gebore. Hy het sy skoolopleiding in Pretoria ontvang en daarna het hy op Krugersdorp in die kantoor van die mynkommissaris gewerk, waar hy ook af en toe as kommissaris waargeneem het. Tydens die Jameson-inval het hy op die voorgrond getree en word hy luitenant van die Krugersdorpse Vrywilligers Korps. Toe die Tweede Vryheidsoorlog uitbreek, het hy as gewone burger saam met die Krugersdorpkommando na Noord-Natal gegaan waar hy aan verskillende belangrike veldslae soos Spioenkop deelgeneem het. Hy is kort daarna tot assistent-veldkornet bevorder en vroeg in 1900 tot kommandant.

In Februarie 1901 word hy as veggeneraal aangestel. Hy het sy kommando tydens die oorlog in verskeie belangrike gevegte gelei, soos onder andere by Vlakfontein, Moedwil, Driefontein, Ysterspruit, Tweebosch en Roodewal. Kemp was een van dertig afgevaardigdes van Transvaal wat na Vereeniging gereis het om vrede met die vyand te oorweeg. Hy het aan die vredesamespekings deelgeneem maar het voet by stuk gehou dat vrede alleen met behoud van die Republieke se onafhanklikheid kon plaasvind. Hy was een van ses afgevaardigdes wat teen die Vrede van Vereeniging gestem het.

Met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog in 1914 was Kemp ’n majoor in die Staande Mag en bevelvoerder van die militêre kamp op Potchefstroom. Toe Kemp vir die eerste keer hoor genl. Koos de la Rey beplan om die Vierkleur op 15 Augustus te hys, was hy baie ontsteld. Hy en Manie Maritz het toe reeds twee jaar tevore afgespreek dat as daar oorlog in Europa kom, hulle sou saamwerk om die ou Boererepublieke se onafhanklikheid te herstel. Hy het besef dat De la Rey se planne hulle eie planne in die war sou stuur. Hy het verder besef dat Engeland eers "seer" moes kry tydens die oorlog sodat hulle nie met mag kan terugslaan as daar in opstand gekom word nie. Boonop was daar nog geen werklike planne agtermekaar vir so ’n opstand nie. Op 10 Augustus besoek Kemp vir De la Rey en probeer hom afraai om met sy planne voort te gaan, sonder suskes. Tog word hy teen sy beterwete in tot ’n mate deur De la Rey se geesdrif en sekerheid meegesleur.

Toe De la Rey op 15 September as gevolg van Smuts se verraad teen sy eie volk doodgeskiet word, bereik die nuus Kemp op 16 September om 02:00 die oggend. Later teken hy in sy dagboek aan: "Om twee-uur voormiddag op 16 September was die hele Rebellie op ’n einde." Op 20 September hou die volk ’n roubyeenkoms in Lichtenburg. Verskeie mense spreek die skare toe, waaronder genls. De Wet en Beyers. Tog was dit duidelik dat niemand regtig geweet het wat die optrede vorentoe moes wees nie.

Hierna gebeur dinge baie vinnig. Beyers word al hoe meer op die voorgrond gestoot as die leier van die Rebellie, sonder dat hy werklik wil. Intussen probeer Manie Maritz om Beyers sover te kry om met die Duitsers in kontak te kom, maar Beyers doen dit nie. Genl. Jan Smuts, as lakei van die Britse magte, het intussen besluit om Maritz te probeer uitoorlê en selfs gevange te neem. Maritz besluit toe op 2 Oktober om na Duits Suidwes-Afrika (DSWA )uit te wyk waarop Smuts en sy handlanger, Louis Botha, besluit om krygswet af te kondig en teen die rebelle op te tree. De Wet probeer daarop om na Maritz deur te breek maar word in die proses gevang.

Kemp, wat intussen tot die besef gekom het dat Beyers nie werklik wil optree nie, besluit daarop om self na Maritz deur te breek. Sy krygsraad steun sy besluit.

Net voor hulle vertrek, tree ’n skraal figuur na vore. Dis Siener van Rensburg. "Ek gaan saam," sê hy.

Daarop begin sekerlik een van die mees dramatiese gebeure van die 1914 Rebellie.

Op 2 November vertrek Kemp met 600 man na DSWA. Voor hulle vertrek spreek Kemp sy kommando toe. Hy wys daarop dat water en gras op die roete baie skaars is, dat die natuur teen hulle is en dat die regering hulle bes sal doen om te verhoed dat hulle by Maritz uitkom. Die volgende dag ry hy en sy manne Schweizer-Reneke binne. Hulle kommandeer perde en muile op en maak voedsel bymekaar. Vir alles reik hulle kwitansies uit. Nog 470 man van die dorp besluit om saam met Kemp te trek, onder andere Cornelis van Rooyen wat die Kalahari soos die binnekant van sy hand ken. Op pad sou nog ’n baasverkenner by hulle aansluit, naamlik Henry Williams.

Toe Kemp Kuruman bereik, het hy omtrent 720 man by hom. Hier kry hy teenstand van regeringstroepe wat weier dat hy deur die dorp trek. Hy bluf hulle met ’n boodskap dat as hulle hom nie toelaat om deur die dorp te trek nie, hy sy kanonne op die dorp sal laat lostrek, terwyl hy in werklikheid geen kanonne het nie. Die blufspel werk. Kemp en sy manne kry ’n vrygeleide om deur die dorp te trek. Die Kuruman tuiswag word ontwapen en die wapens vir Kemp se manne gevat. Nou het omtrent ’n derde van Kemp se manne darem wapens.

Op Maandag 9 November trek Kemp verder. Eers wes en toe suid. Die volgende dag kom hulle op Vlermuislaagte aan. Daarna trek hulle weer suid na Dikepping.

Intussen het die regeringsmagte agtergekom waar Kemp hom bevind. Van oraloor stroom regeringsmagte op hom af. In die woestyn weet Kemp nie hoe De Wet en Beyers se protes vorder nie. Hy hoor ook niks van Maritz nie. Boonop het hy nie wapens en perde vir al sy manne nie. Selfs die paar perde wat hulle het, vrek vanweë die geweldige hitte en tekort aan water.

Naby Postmasburg sak regeringsmagte op Kemp toe. Hy swenk weg en steek die Langeberg oor. Al vegtende trek hulle wes. Met groot moeite bereik hulle Witsand. Hier vind ’n hewige skietgeveg plaas. In die nag trek Kemp na Kheis. Die perde word gelei want hulle is te swak om te ry. Wat hy nie weet nie, is dat ’n groot aantal regeringstroepe reg van voor op hom afkom. Toe die verkenners dit uitvind, is Kemp se kommando op ’n kaal duin sonder enige dekking.

Hy wil weer wegswenk, maar toe staan Siener van Rensburg op. "Generaal," sê hy, "dis nie nodig om jou te bekommer nie. Ek het gesien ’n groot trop springbokke trek reg op ons af. Maar dan swaai hulle weg en gaan verby. Bly net hier, ons is heeltemal veilig."

Kemp laat toe sy manne so goed as dit kan posisie inneem, want ontsnapkans is daar in elk geval nie. Die skemer sak toe op die duineveld. In die nagstilte word die gedruis van ’n groot troepemag wat aankom, al hoe duideliker. Die vyand kom reg op die duin afgetrek waar Kemp se manne op die  kaalte lê en wag vir die onvermydelike. Toe, aan die voet van die duin, swenk die vyandelike troepe en trek verby, so naby dat die brandwagte die sterlig op hulle knope kan sien blink. Gedurende die nag verdwaal die vyandelike troepe in so ’n mate dat hulle nie weet waar hulle is nie. Kemp se kommando trek daarop Kheis toe. Op hierdie vreeslike skof vrek baie perde van die dors. Toe Kemp Kheis bereik, wag die regeringsmagte hom in. Weer eens volg ’n hewige skietgeveg. Die regeringsmagte besluit om terug te val.

Op 21 November bereik Kemp Swartkop, net om weer in regeringsmagte vas te loop. Hulle steek die vyand verwoed onder die lood, en verdryf hulle in een roekelose stormloop. Dit is egter tydelike verligting, want op Upington wag Louis Botha self en 10,000 vyandige troepe op Kemp.

Daarbenewens lê nog ’n sterk regeringsmag net buite die dorp terwyl ’n groot vyandige troepemag reg agter hulle is. Kemp besluit om skerp noord te swaai. Digte mis trek soos ’n sluier op hom en sy manne toe. So ontsnap hy aan die slagyster wat vir hom gestel is.

By Rooiwal loop Kemp weer in regeringstroepe vas. Die keer is hy heeltemal omsingel. Daar is geen uitkomkans nie. "Gaan haal die profeet," sê hy. Die ou man kom nader. "Toe, Siener, wat sien jy?" Die ou man wil huil. "Niks nie, Generaal." Maar later die aand kom Siener by Kemp aan, en sy oë rol in hulle kaste. "Generaal! Generaal, ek’t gesien die gordyn gaan op ’n skrefie oop, ons glip deur! Net daar, met daardie paadjie!"

Kemp se offisiere wil hulle doodlag. Later die aand, na die bespreking, besef Kemp se offisiere hulle is heeltemal vas totdat een voorstel:    "Kom ons probeer Siener se paadjie."

Die nag lei Kemp sy manne soos Siener wys. In die flou maanlig sluip hulle reg op die regeringsmagte se kanonne af, swaai vlak voor hulle weg en trek om die battery.

"Watter mense trek dan nou hier in die nag?" vra ’n wag by die kanonne, reg om ’n waarskuwingskoot af te vuur.

"Moet kommandant Conroy se kordon wees wat aangebring word," sê sy maat. "Hulle kom glo hier iewers ’n oop plekkie afsluit."

So, sonder dat ’n enkele skoot geskiet word, sluip Kemp se manne uit die regeringsmagte se strik. Dwarsdeur die nag trek hulle. Toe die regeringsmagte die volgende oggend agterkom Kemp is weg, is hulle woedend, veral Louis Botha wat intussen persoonlik die bevel kom oorneem het. Hulle jaag dadelik agter Kemp aan, en dit word ’n vegtende resies na Steenkampsput.

Vandaar trek Kemp na Grondneus met Botha op sy hakke, ’n getalle-oorwig van 10 teen een teen Kemp-hulle. Op 26 November kom Kemp op Grondneus aan. Hy vra kommandant Schoeman om sy agterhoede te dek sodat hy en die hoofmag kans kry om vooruit te trek. Weer eens ontkom hulle die vyand en verdwyn in die Langklipberge. Nou trek meeste manne te voet in die hitte, sonder water, want die paar ooblywende perde kan nie meer nie.

Op Warmvlei, net buite Nakob, ontmoet Kemp uiteindelik vir Maritz. So eindig ’n onmenslike en onvergeetlike tog van byna vier weke in die semi-woestyn onder die allermoeilikste omstandighede.

Die feit dat Kemp sy manne in so-iets kon lei en die vyand telkens suksesvol kon ontkom, spreek boekdele vir sy karakter en deursettingsvermoë.

Op 16 Desember lê die burgers onder Kemp en Maritz weer die Bloedriviergelofte af. Hierop verklaar Maritz die Unie van Suid- Afrika vry van Britse gesag en ’n voorlopige regering word aangewys bestaande uit Beyers, De Wet, Kemp, Apie Bezuidenhout en Maritz self.

Op 22 Desember val Kemp en Maritz Nous aan en verower dit. Hulle neem baie wapens en ander goedere buit. Nou eers hoor hulle vir die eerste keer van Beyers se dood, en dat De Wet gevang is. Hulle trek terug DSWA toe en na lang beraadslaging besluit hulle om met die regeringsmagte te begin onderhandel oor vrede. Smuts weier egter om te onderhandel. Ten einde die vyand "te laat luister" val Kemp en Maritz die regeringsmagte op 11 Januarie 1915 by Lutzputs aan. Weer eens word die vyand verslaan en baie goedere gebuit.

Baasverkenner Henry Williams word daarop na Upington gestuur om met die regeringsmagte oor vrede te onderhandel. Smuts beveel egter die regeringsmagte om die rebelle op die slagveld te vernietig en nie met hulle te onderhandel nie. Boonop word Williams gevange geneem om die rebelle aan ’n lyntjie te hou en om hulle uit te lok om aan te val.

Teen Kemp se mening in, is dit dan ook presies wat die meerderheid rebelle-offisiere besluit. Vir oulaas word Siener van Rensburg nader geroep. "Toe, oom Klasie," sê Kemp, "sien jy iets? Sê vir ons!"

"Generaal, ja, ek sien, maar ek weet nie so mooi nie. Ek sien ’n geweldige swart berg reg voor ons in die pad. Ons loop teen die kranse vas, daar is nie ’n paadjie uit nie. Dan sien ek ons in Upington, hulle deel vir ons suiker uit..."

Die volgende dag val die rebelle Upington aan met katastrofiese gevolge. Na ’n hewige geveg besluit die rebelle om die aftog te blaas. Die manne is erg gedemoraliseer en moeg vir oorlog maak. Op aanbeveling van Smuts maak die regeringsmagte asof hulle met die rebelle wil onderhandel maar in werklikheid is hulle besig om hulle te omsingel.

Op 30 Januarie begin daar samesprekings en die volgende dag word ’n vredesooreenkoms geteken. Maritz besluit egter weer eens om na DSWA uit te wyk terwyl Kemp inderdaad op 2 Februarie aan die regeringsmagte oorgee. Hy word tot sewe jaar gevangenisstraf gevonnis en met R2 000 beboet. In November 1916 word hy egter weer vrygelaat. In 1920 word Kemp volksraadslid van Wolmaransstad vir die Nasionale Party, in 1924 Minister van Landbou en in 1935 Minister van Lande. Met die uitbreek van die Tweede  Wêreldoorlog in 1939 verlaat hy saam met genl. Hertzog die kabinet. Met die totstandkoming van die Herenigde Nasionale Party of Volksparty word hy saam met adv. J. G. Strijdom mede-leier van hierdie Party in die Transvaal.

Kemp het twee boeke met ’n politieke strekking geskryf, Vir vryheid en reg (1941) en Die pad van die veroweraar (1942).

Op 31 Desember 1946 is hy in die distrik Piet Retief oorlede.

Kemp se persoonlike geskiedenis lees soos die verhaal van ons volk se geskiedenis oor ’n baie kritieke tydperk van sy bestaan. Bittereinder tydens die Tweede Vryheidsoorlog, rebel in 1914, Nasionale Party ondersteuner ná 1914 en Herenigde Nasionale Party-ondersteuner na 1940. Ons eer die nagedagtenis van so ’n man!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3164 gaste aanlyn