NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons vra dikwels waar sal ons krag vandaan kom om al die pyn, droefheid en lyding in ons lewens te oorleef? Ons laat God hierdeur so krageloos lyk, en dit net omdat ons so skraal in ons eie verwagtings is. Onthou dat jy nie met jou ontoereikende krag iets hoef uit te rig nie, jy beskik ook God se krag, ongelooflik groot, dieselfde krag waardeur Jesus uit die dood opgewek is: opstandingskrag, ook vir jou om telkens weer op te staan uit jou pyn.

DIE JAMESON- INVAL (1)

Johan de Ridder

Lees reeks by Die Jameson-inval

“De Boeren leerden de Swartes by bittere ervaring van naby kennen, maar de Engelschen bewonderen ze...  
Paul Kruger: Ons het nie die rebellie as ernstig beskou nie, omdat dit nie by die volk ontstaan het nie, maar wel kunsmatig aangestig is deur die samesweerders. Die hele ding sou eintlik ‘n belaglike skouspel gewees het as dit minder ernstig was...   ...Rhodes: The Boers are not my friends! They are my tools, and when I have done with them, I throw them away!”

DIE VOORSPEL
OP 29 Desember 1995, was dit presies ‘n eeu gelede dat dr Leander Star Jameson met sy troepemag van 800 man in die nag die Zuid-Afrikaansche Republiek van pres Paul Kruger, by Pitsane in Betjoeanaland (later Botswana) ongeveer 46 km van Mafeking, ná maandelange sameswering in geheimsinnige voorbereiding ingeval het.
Dit sal egter seker nie oordrewe wees om te beweer dat hierdie geweldige gebeurtenis, wat die Zuid-Afrikaansche Republiek, suidelike Afrika en die wêreld op daardie tydstip geskud het, en verrykende gevolge gehad het, vandag by die meeste Afrikaners slegs vaagweg of geensins bekend is nie. Dit is dus belangrik dat die lig van die geskiedenis weer op die dramatiese gebeurtenis, en wat dit voorafgegaan het en wat daarop gevolg het, geskyn word.
‘n Beter bron van inligting hieroor sal beswaarlik gevind word as die boeiende “De Afrikanerboer en de Jameson Inval” deur N Hofmeyer wat in 1896 in Nederlands gepubliseer is. Die 408 bladsye is nie ‘n droë en akademiese relaas nie, maar ‘n boeiende weergawe wat bruis van Afrikanernasionalisme in die egte sin van die woord. Dit is gepak met feite en dokumente, briewe, telegramme, amptelike verklarings, koerantverslae, duidelike kaarte en foto’s en uitbeeldings van die persoonlikhede wat deel gemaak het van die drama.
EER EN TROTS
Die skrywer val egter nie met die deur in die huis nie, maar stel hom dit ten doel om eers die goeie dade en hoedanighede van die Boere in die verlede bekend te stel. “Wat het ons as Afrikaners”, vra hy, “nie aan die so dikwels veragte Boer te danke nie? In die lig van ons geskiedenis is hy ons eer en trots, die stigter van ons Republieke, die handhawer van ons nasionaliteit, die hoeksteen van ons selfstandigheid, die waarborg van ‘n toekomstige Verenigde Suid-Afrika onder eie vlag.”
Hy haal onder meer twee Engelse skrywers aan: F Selous wat die stelling gemaak het dat daar “geen volk in die wêreld is wat meer waarlik goedhartig en gasvry is as die Boere nie” en J G Melais wat die Boer beskryf as ‘n ware “Gentleman”. “Alhoewel dikwels ongeletterd en onontwikkel, beskik hulle oor die deugde wat ‘n volk groot maak, die granietblokke waarop State en Kerke gebou word.”
Die tydperk van die inval is voorafgegaan deur 243 jaar se wordingsgeskiedenis van die Afrikanervolk vanaf die tyd dat Jan van Riebeeck die nedersetting aan die Kaap gestig het. In hierdie tydperk het die vryheidssin van die Boere in verskillende gebeurtenisse tot uiting gekom. Die skrywer wys op Adam Tas as een van die vroegste Boereleiers wat die Boere gelei het in verset teen die onderdrukking van die VOC in die tyd van Willem Adriaan van der Stel.
In 1795 besluit die Boere van Graaff Reinet, onder aanvoering van Adriaan van Jaarsveld en Jan Carel Trichard, om hulle los te maak van die wankelende Kompanjie en stig hulle ‘n “Nasionale Party” en kan hulle beskou word as die voorlopers van die Republieke.
Kort hierna vind ons die Swellendammers in opstand en vervang die korrupte bewind van die VOC met ‘n nuwe Nasionale vergadering en vervang hulle hul landdros met Hermanus Steyn, die voorvader van pres Steyn.
VLAG AFGERUK
Toe Engeland die Kaap annekseer vind ons weer die Boere van Graaff Reinet in opstand as Jacob Joubert, Jan Kruger en Jan Groning die Engelse vlag, wat pas deur ‘n “Afrikaner” Landdros Bresler gehys is, afruk. Dit was die begin van ‘n eeue lange botsing tussen die Boere en die Engelse wat vererger is deur die Britse naturelle politiek. “De Boeren leerden de Swartes by bittere ervaring van naby kennen, maar de Engelschen bewonderen ze, door middel van gekleurde zendeling brillen op een afstand”.
DAPPERHEID EN HELDEMOED VAN DIE BOER
    * Die Groot Trek is waarskynlik een van die grootste voorbeelde van die Voortrekkers se strewe na vryheid, wat gelei het tot die stigting van die Republiek van Natalia, die Republiek van die Oranje Vrystaat en die Zuid-Afrikaansche Republiek.
    * Die stryd vir hulle vryheid het die dapperheid en heldedade van die Boere na vore gebring soos by Vegkop waar die klein groepie van 33 Voortrekkers die duisende Matabeles verslaan het, die roemryke oorwinning van die Voortrekkers oor Silkaats by Mosega waar hulle die Matabeles nie alleen finaal verslaan het nie, maar permanent tot in die huidige Zimbabwe uitgedryf het.
    * Die onvergeetlike heldedaad van Marthinus Oosthuizen wat as jong seun by Blaaukranz, na die massa moorde op die slapende laers, deur die Zulu Impis gejaag het om hulp aan vasgekeerde Voortrekkers te bring.
    * Die heldemoed van die Voortrekkers by Bloedrivier toe die klein mag van 430 Voortrekkers Dingaan se leer van 12 000 Zulus verslaan het.
    * Die dapperheid van die Voortrekkers onder leiding van Andries Pretorius toe hulle die Engelse mag by Congela verslaan het.
    * Die heldemoed van Louw Wepener by Thaba Bosego in die Basuto oorlog van 1865-66.
    * Die skitterende oorwinnings van die Boere tydens die eerste Vryheidsoorlog in 1881 toe hulle die Engelse verslaan het by Ingogo, Langenek, Bronkhorstspruit en uiteindelik by Amajuba.
FORTUINSOEKERS
Nieteenstaande hierdie roemryke verlede is die ZAR en die Boere in die tydperk voor die Jameson inval steeds deur die Engelse en die Engelstalige wêreld met minagting bejeën en voortdurend beswadder. Onderling was daar verdeeldheid op politieke, maar veral kerklike gebied wat selfs nie deur die persoonlike toetrede van pres Kruger as bemiddelaar opgelos kon word nie. Die ontdekking van goud aan die rand het gelei tot ‘n toestroming van duisende uitlandse fortuinsoekers na die Transvaal wat in Johannesburg al hoe groter probleme vir die Boererepubliek veroorsaak het en selfs sy onafhanklikheid bedreig het.
In die Kaapkolonie was Cecil John Rhodes reeds sedert 1890 Eerste Minister - hierdie man is, volgens Hofmeyer, vóór die Jameson-inval selfs deur pres Kruger as die grootste en sterkste man in Suid-Afrika geag.
CECIL JOHN RHODES
Rhodes het blykbaar ‘n kragtige en selfs magnetiese persoonlikheid gehad. Hy was ‘n gebore heerser met baie takt om met allerlei soorte mense om te gaan en hulle, in sy eie woorde, te “square” (wat beteken om deur vriendelikheid, vertroue, geld of mooi woorde iemand te beweeg om saam te werk of ten minste jou nie teen te staan nie).
Hy het homself daarop beroem dat hy nog nooit ‘n mens gevind het wat hy nie kon “square” nie - behalwe pres Kruger teen wie hy hom keer op keer vasgeloop het omdat hierdie groot Afrikaner onomkoopbaar en onbuigbaar was oor die onafhanklikheid van sy land.
Rhodes het as parlementslid, voordat hy Eerste Minister geword het, konsekwent aan die kant van die Afrikanerbond gestem tot ergernis van sy Engelse vriende. Daardeur het hy eers die vertroue van die Afrikaners in die Kaapkolonie en hulle leier, Jan Hendrik Hofmeyer, gewen en uiteindelik hulle steun wat hom Eerste Minister gemaak het.
"WORMS OF FALSEWOOD AND CORRUPTION"
In verband met Rhodes se verhouding tot die Kaapse Afrikaners het Olive Schreiner aan hom die vraag gestel: "Why do you make friends of such men?" Daarmee het sy bedoel die leiers van die Afrikaner Bond. Rhodes se antwoord was: "Those men my friends? They are not my friends! They are my tools, and when I have done with them, I throw them away!" Hierdie antwoord van Rhodes het aan die vrou teenoor wie hy gestaan het die verdoemende oordeel uitgelok: "The perception of what his character really was in its inmost depths, was one of the most terrible revelations of my life", en sy voeg daaraan toe dat sy agter die masker van innemendheid "the worms of falsehood and corruption" kon waameem. (Aangehaal uit geskiedenis van Suid-Afrika, deel 1. Uitgegee deur Nasionale Boekhandel Beperk, 1951, JHB, Blmftn.)
Rhodes se swart politiek is feitlik deur die Boere oorgeneem, sê Hofmeyer, en het hom veral by die Boere gewild gemaak. Veral sy sterk uitsprake oor die onmoontlikheid vir Ministers in Downingstraat in London, 6 000 myl van SA, om die land te bestuur, was soos musiek in die ore van die Afrikaners van die Kolonie.
Rhodes was die skepper van die Consolidated Gold Fields Co. en die De Beers Maatskappy. Van laasgenoemde is hy tot lewenslange Direkteur verkies en was hy inderdaad die hoof en die brein.
STRUIKELBLOK
Dit was Rhodes se alles oorheersende ideaal om Suid-Afrika een selfregerende staat te maak onder die Britse vlag vir “God se Engelse”. Die bestaan van die twee onafhanklike Boere Republieke was egter die grootste struikelblok en obstruksie in die verwesenliking van die droom. Alles wat hy derhalwe gedoen het was daarop gemik om die Transvaalse Republiek op een of ander manier in die groot SA ingesluit te kry.
Om die Republieke ingesluit en omring te kry deur Brits-beheerde state en die gehate Duitsers en Boere uit die noorde te hou, het hy met die hulp van sy vriend, Jameson, ‘n konsessie vir minerale regte van Lo Bengulu, die koning van die Matabeles, op die hele gebied suid van die Zambesie verkry - wat die begin was van die sogenaamde Chartered Company of British SA Company. Jameson het in 1891 die administrateur van Rhodesië geword.
GEWETENLOOSHEID
Toe dit later geblyk het dat daar nie die minerale in die gebied Masjonaland was wat hy verwag het nie, moes hy ‘n ander plan bedink en het hy ‘n opstand van die Matabele aan die gang laat sit om militêre optrede deur sy troepe te “regverdig”. Dit het gelei tot die onregverdigste swartoorlog in die geskiedenis van SA soos Hofmeyer dit stel, waarin groot getalle van die Matabele afgemaai is en Rhodes in besit gekom het van die grondgebied.
Hierdie oorlog is deur die Engelse pers en veral die Engelse Kerke aangeprys en was vir die Engelse soos manna uit die hemel. Dit is gesien as die herstel van die Britse Oppergesag in Afrika en die “Revenge of Majuba” (al was die Boere nie eers betrokke nie!). Hierdie optrede was kenmerkend van Rhodes se fyn beplande gewetenloosheid soos sy bewonderaar en kampvegter, Stead, die redakteur van die “Review of Reviews”, dit gestel het: “Op sedelike gebied is die heer Rhodes onontwikkel en vir hom is sy metodes onbelangrik solank as hy maar net sy oogmerke kan bereik”. Hofmeyer stel dit ook treffend as hy sê dat Rhodes “eerstens ‘n egoïs was, daarna Imperialis en boonop ‘n Bonds vriend”.
Die erkenning in die Encyclopedia Brittanica (1963 uitgawe) m.b.t. Rhodes se optrede met die Jameson inval is veelseggend: “Frustrated by Kruger, he decided to take a short cut to federation via revolution” (my beklemtoning). Early in 1895 he became the directing spirit in a conspiracy to overthrow the Transvaal Government by an 'Uitlander' rising in Johannesburg supported by a force of the British South Africa company led by his friend dr L S Jameson.”
VOORWENDSEL GEFABRISEER
Terwyl agente van Rhodes besig was om in die geheim die inval te beplan, was sekere kapitaliste en eersugtige mense, (ook geheime medewerkers) besig om ‘n voorwendsel vir die inval te fabriseer, skryf Hofmeyer.
Die verbeelding van die hele beskaafde wêreld moes aangegryp word deur ‘n “aaklige beeld van onderdrukking en slawerny en lewensgevaar aan hulle voor te hou". Vir enige Afrikaner wat die afgelope 60 jaar se anti-apartheidsveldtog meegemaak het klink die Engelse optrede nie onbekend nie!.
Op dié manier het Rhodes en sy samesweerders ook gehoop om die steun van die meer verligte Afrikaners in die Vrystaat en die Kaapkolonie vir die “arme zuchtende en halfsterfende martelare en martelaresse van de Goudstad” te wen.
Maar was die toestande van die uitlanders werklik so ellendig? Nee .... sê Hofmeyer .... vroliker en ligsinniger mense as die gemelde slagoffers van Boere Wanbestuur sal ‘n mens slegs in Parys aantref!
Pres Kruger lewer in sy gedenkskrifte die volgende kommentaar oor die toestand in Johannesburg: “Ons het nie die rebellie as ernstig beskou nie, omdat dit nie by die volk ontstaan het nie, maar wel kunsmatig aangestig is deur die samesweerders. Die hele ding sou eintlik ‘n belaglike skouspel gewees het as dit minder ernstig was.”
Toe Rhodes seker was dat hy die strook grond tot by Pitsane van die Britse regering sou bekom, het hy begin om troepe van die Suid-Afrikaanse Polisie daar saam te trek en hulle toe te rus met perde en oorlogstoerusting sodat hy gereed sou wees om die Republiek in te val wanneer toestande in Johannesburg daarvoor ryp sou wees.
Intussen het hy met die leiers van die “National Union” in Johannesburg wat gestig was om vir die uitlanders se saak te stry, in korrespondensie getree - alles in die geheim natuurlik - en sy broer, kol Rhodes, na Johannesburg gestuur om hom te verteenwoordig met onbeperkte volmag om soveel geld as wat nodig was te spandeer.

Vervolg...

DIE VOORSPEL

OP 29 Desember 1995, was dit presies ‘n eeu gelede dat dr Leander Star Jameson met sy troepemag van 800 man in die nag die Zuid-Afrikaansche Republiek van pres Paul Kruger, by Pitsane in Betjoeanaland (later Botswana) ongeveer 46 km van Mafeking, ná maandelange sameswering in geheimsinnige voorbereiding ingeval het.

Dit sal egter seker nie oordrewe wees om te beweer dat hierdie geweldige gebeurtenis, wat die Zuid-Afrikaansche Republiek, suidelike Afrika en die wêreld op daardie tydstip geskud het, en verrykende gevolge gehad het, vandag by die meeste Afrikaners slegs vaagweg of geensins bekend is nie.
Dit is dus belangrik dat die lig van die geskiedenis weer op die dramatiese gebeurtenis, en wat dit voorafgegaan het en wat daarop gevolg het, geskyn word.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    _____________________

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

  •                                                                        ______________

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel

    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2278 gaste aanlyn