NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

John Wesley het op sy 80ste verjaarsdag gesê: “Ek is vandag 80. Mag God gee dat ek nie sal bly leef totdat ek nutteloos is nie”.

DIE JAMESON- INVAL (2)

Johan de Ridder

Lees reeks by Die Jameson-inval

“Die stroom van vlugtelinge het so geweldig toegeneem dat daar geen plek meer te kry was in die passasierswaens nie en baie vroue en kinders moes in oop trokke lang reise aflê. So hals oor kop het dit gegaan, dat kinders in die trein gebore is, en een kleintjie weens gebrek aan melk op pad in sy moeder se arms gesterf het, en die meeste passasiers geen tyd gehad het om kos of klere saam te neem nie."

LIONEL PHILLIPS

Laat pres Kruger verder vertel: “Mnr Lionel Phillips (die hoof van die firma H Eckstein & Kie), een van die samesweerders, het na Kaapstad gegaan, vermoedelik om besonderhede persoonlik met mnr Rhodes te bespreek. Hy het skielik teruggekeer, onder die voorwendsel dat hy die nuwe gebou van die Kamer van Mynwese moes open. Die gebou was egter nog nie eers voltooi nie en die opening was slegs ‘n ekskuus om mnr Phillips die geleentheid te gee om ‘n politieke toespraak te maak”.

Hofmeyer wys daarop dat geen moeite ontsien was om die geleentheid so indrukwekkend as moontlik te maak nie. Die rykes, invloedrykste en vernaamste mense in die land is genooi, selfs die toonaangewende dames van Johannesburg, iets wat voorheen nooit gedoen is nie.

“Dit het plaasgevind teen die einde van November 1895 en Phillips het ‘n toespraak gelewer met heftige en bittere aanvalle op die regering”. Daar is veral klem gelê op die swaar belastings wat uitlanders moes betaal sonder verteenwoordiging en die wanbestuur van die Boere. Die holheid van hierdie aantygings is skreiend as in ag geneem word dat hierdie man 5 of 6 jaar tevore met slegs £25 in sy sak na die ZAR gekom het en ten tye van die byeenkoms reeds ‘n miljoenêr was.

‘n Private brief van Phillips aan Rhodes se medewerker, die Duitse Kapitalis Beit, wat later in die hande van die Regering beland het, openbaar die valsheid van hierdie agitators, hulle agitasie oor die stemreg, en die hele opstand in Johannesburg: “I don’t care a straw about political rights. I have no desire for political rights and I believe that the community as a whole is not ambitious in this respect - as to the franchise, I do not think many people care a fig about it”.

Benewens die opsweping deur toesprake is ‘n petisie by die Volksraad ingedien wat geteken is deur 32 500 uitlanders waarin die stemreg geëis word - ‘n eis waaraan die Volksraad onmoontlik kon voldoen sonder om die onafhanklikheid van die ZAR prys te gee nie. Dr. Wilhelm Vallentin verwys in sy boek "Hunnen in Südafrika" wat in 1901 in Berlyn gepubliseer is, na die petisie. Hy skryf dat dit grotendeels ingevul is met vervalste handtekeninge.

Ongeveer dieselfde tyd toe Phillips sy opruiende toespraak gelewer het, het Jameson die samesweerders in Johannesburg ontmoet en ‘n ongedateerde brief wat onderteken is deur mnr Charles Leonard (voorsitter van die Nasionale Unie). kol Frank Rhodes en mnre Lionel Phillips, J Hayes Hammond en George Farrar ontvang, waarin verklaar word dat ‘n botsing tussen die Regering en die uitlanders voor die deur is, en dat privaat eiendom en die lewens van vrouens en kinders in gevaar is en waarin daar dringend om hulp gevra word. Die bedoeling was dat Jameson die brief kon gebruik wanneer die tyd ryp is.

MEDEWETE VAN BRITSE REGERING

Die voorbereiding vir die revolusie het reeds twee jaar tevore begin, soos later aan die lig gekom het. Reeds in 1894 het die destydse Britse Hoër Kommissaris in die ZAR, Lord Loch, met ‘n hoë Britse amptenaar samesprekings gehad het oor “die aantal vuurwapens wat beskikbaar was in Johannesburg, die weerstand wat teen die Boere gebied sou kon word en die moontlike “Britse tussenkoms”.

Hy het selfs so ver gegaan om in Junie 1894 (18 maande voor die inval) in die Britse Hoerhuis openlik te verklaar: “dat hy, indien moeilikheid in Johannesburg sou ontstaan, van plan was om ‘n polisiemag op die Transvaalse grens byeen te bring en stappe te neem om die Britse onderdane te beskerm indien pres Kruger dit nie sou doen nie”.

Dit was alles gesê en beplan toe alles in Johannesburg nog doodrustig was en niemand van opstand gedroom het nie. So geslepe en listig het die samesweerders te werk gegaan (dus ook met die volle wete van die Britse Regering) dat niemand enigsins daarvan bewus was nie en die Jameson inval Suid-Afrika soos ‘n aardbewing getref het.

WAPENS EN KOSVOORRADE GEBERG

Onder aanvoering van ‘n dr Wolff is daar oral langs die pad vanaf Mafeking na Krugersdorp “Ijzeren winkeltjies” (produce stores) opgerig en toegerus met kos en alle voorrade wat Jameson se troepmag sou benodig. Op vrae wat deur nuuskierige Boere gestel is, is hulle gerusgestel dat die “winkels” opgerig word met die oog op ‘n Koetsdiens wat binnekort langs die roete ingestel sou word. Perde is ook stelselmatig, maar baie onopsigtelik (8 op ‘n keer) by Mafeking afgelewer ter voorbereiding van Jameson en stropers.

In Kaapstad was ‘n sekere handelaar, Frederic Rutherford, druk besig om van tyd tot tyd wapens en ammunisie sonder permit na Kimberley en Mafeking deur te smokkel. Volgens Hofmeyer: 973 kiste ammunisie met 874 000 patrone, 2 800 gewere en 12 kiste Maxim kanonkoeëls.

In Kimberley is die voorrade deur ‘n gesiene persoon, Gardner Williams - die Hoofingenieur van De Beers (Rhodes se maatskappy) in ontvangs geneem en uiteindelik is dit na Johannesburg en die Simmer en Jacks Goudmyn per spoor vervoer verberg onder hope kooks om daar weggesteek te word, gereed vir die uitbreek van die revolusie.

RHODESIA HORSE

In die destydse Rhodesië was die sameswering ook volstoom aan die gang, soos later uit bronne aan die lig gekom het, dat twee Kapteins Napier en Spreckley besig was om die hele mag van die “Rhodesia Horse” in beweging en gereedheid te bring om ook die Transvaal in te val wanneer hulle daarvoor gevra sou word.

Tot en met die opruiende toespraak van Lionel Phillips was die geldmagnate betreklik afsydig van die revolusionêre aksie. Geld en genot was die gode wat die mense aanbid het en die rykes het op die vergaderings van die Nasionale Unie in hulle afwesigheid geskitter. Omdat die aanval egter gekom het van die voorsitter van die Kamer van Mynwese en hy ook ondersteun is deur kol Rhodes, die Bestuurder van “Consolidated Goldfields Co.”, het meer van die rykes begin toetree tot die geledere van die “Inner Circle” van die Nasionale Unie en die revolusie.

NASIONALE UNIE SE MANIFES

Soos in ons tyd, het die pers ‘n leeue aandeel gehad in die opsweping, veral die bekende of sal ons sê berugte. STAR was hierin op die voorpunt. Gemoedere van ‘n deel van die uitlandergemeenskap is gaandeweg opgejaag tot kookpunt, maar die samesweerders kon desnieteenstaande nie genoeg steun monster nie, omdat die meerderheid van Johannesburg se bevolking die Regering ondersteun het, maar veral ook omdat die publiek daardie tyd van die jaar oor Kersfees en Nuwe Jaar beslis meer belanggestel het in Perdewedrenne as in oproer.

Ten einde raad is besluit om die datum van die revolusie te verskuif na 6 Januarie 1896 - dit het konsternasie onder die samesweerders tot gevolg gehad en gedreig om hulle planne in chaos te laat verval.

Op 26 Desember 1895 het die voorsitter van die Nasionale Unie ‘n lang manifes bekend gestel wat gerig was aan die “Volk van Transvaal”. Die volk is opgeroep om oor die manifes te besin en op ‘n monstervergadering op 6 Januarie 1895 ‘n antwoord daarop te kom gee.

Onder andere word die volgende in die Manifes gestel: “As ons daaraan dink, dat die maghebbers aan ‘n ander ras as ons behoort, ‘n ander taal praat, ander besighede bedryf, ons met vyandskap en wantroue aansien, dat hulle in die algemeen onopgevoed is en dat hulle hartstogte deur gewetenlose fortuinsoekers opgewek word; moet ons toegee dat ons in baie groot gevaar verkeer.”

Die dokument wemel van heftige aanvalle op die Staatspresident, die Uitvoerende Raad en Volksraad met kras beskuldigings teen die gewaande wanbestuur deur die regering. As ‘n verdere voorbeeld dan die volgende: “Diegene wat ons regte moes verdedig is ons grootste vyande. Die politiek van die regering is gegrond op sterk vyandskap teen die Engelssprekende bevolking. Die politiek van geweld is blootgelê; ‘n fort word tans in Pretoria gebou, ‘n fort sal spoedig opgerig word om Johannesburg bang te maak. Kanonne, maxims, Duitse offisiere word ingevoer en waarom? Ons die meerderheid, moet die inkomste van die land aanvul en keer op keer beledig word .... Ek dink dat hierdie politiek slegs kan slaag as ons van elke hoedanigheid wat ons voorvaders vrygemaak het beroof is en indien ons so laag gesink het, dat ons gereed is om ons eer, selfrespek en plig teenoor ons kinders te vergeet”.

“Wat ons begeer?” Hierdie vraag word beantwoord deur ‘n lang lys van voorstelle. Ten slotte word die vraag gestel: “Hoe sal ons dit verkry?” - en die betekenisvolle antwoord: “Ek verwag dat u op 6 Januarie in duidelike bewoording volgens u vaste besluit die vraag sal beantwoord.”

OPSKUDDING

Die opskudding wat deur die opruiende taal van die Manifes in Johannesburg veroorsaak is, was geweldig, skryf Hofmeyer, en van toe af het elkeen deur die hele Suid-Afrika gevoel dat daar iets in die lug was. Allerlei gerugte het spoedig in omloop gekom en elke dag was swanger aan onbekende gevare.

Pogings om die oë van die verblinde publiek te open is deur raadslid Jeppe in die STAR van 28 Desember gedoen, maar dit is in die wind geslaan.

Teenoor ‘n deputasie uit Amerika, wat hom die oggend kom spreek het, het pres Kruger die volgende merkwaardige verklaring gemaak: “Indien wyse raadgewinge nie help nie laat die storm dan maar losbreek en die wind sal die koring van die kaf skei. Die Regering bied elke geleentheid vir die lug van griewe en klagtes, maar is ten volle bereid om elke beweging teen Wet en Orde te dwarsboom.”

DIE EXODES

Hierop het ‘n exodus uit Johannesburg gevolg. Die vernaamste inwoners van die stad het haastig hulle gesinne in die treine gelaai. Dit was die sein aan duisende van die laer klasse en daar het paniek in Johannesburg ontstaan. Die ganse stad was op die strate, alle besighede het gesluit en in hierdie dae het die mense letterlik half gek geword.

Hofmeyer skryf verder: “Intussen het die aanstigters van al die kwaad, al hulle kragte ingespan in ‘n poging om eenstemmigheid by die bevolking te probeer verkry oor die Manifes, maar die werkende klasse en die Nederlanders, Duitsers, Franse en Italianers, as geheel geneem, het volgehou om die Regering te steun terwyl die sakemanne gehink het op twee gedagtes.”

“Verenig, verenig!”, het THE STAR gegil. “Staan by die manifes of - veg vir u regte!”

“Die stroom van vlugtelinge het so geweldig toegeneem dat daar geen plek meer te kry was in die passasierswaens nie en baie vroue en kinders moes in oop trokke lang reise aflê. So hals oor kop het dit gegaan, dat kinders in die trein gebore is, en een kleintjie weens gebrek aan melk op pad in sy moeder se arms gesterf het, en die meeste passasiers geen tyd gehad het om kos of klere saam te neem nie. Te Kroonstad, Bloemfontein, Beaufort-Wes en elders is honger vlugtelinge deur medelydende plaaslike dames van voedsel voorsien.”

“Selfs die Swartes; wat by die duisende van die myne weggevlug het, half kranksinnig van angs, het by die hope na Elandsfontein gehardloop om ‘n trein aldaar te haal sodat die stasiemeester soms genoodsaak was om hulle met sweep of sambok as’t ware van die buitekant van die waens weg te slaan terwyl hulle krampagtig daaraan vasgeklou het.”

DIE KLIMAKS

Die onmiddellike toekoms was duister toe die uur genader het dat die drama sy klimaks sou bereik met Jameson en sy troepe op 29 Desember 1895 wat die grens sou oorsteek.

Dit het op Sondagnag om elfuur plaasgevind. Benewens al die intensiewe voorbereidings waarna reeds voorheen verwys is, het die samesweerders ook gesorg dat alle kabelverbindings met Pretoria onderbreek word deur die kabels af te sny en in lengtes in die grond te begrawe. Soos egter meesal met misdaad gebeur, het Jameson hier ‘n fatale fout begaan deur na te laat om die drade tussen Zeerust en Pretoria te laat afsny.

Die volgende oggend word die telegrafis Albertus Meiring by Ottos Hoop vroeg in die oggend wakker met ‘n geklop aan sy deur. Toe hy oopmaak is dit ‘n gewapende Engelsman in volle uniform wat wou weet of hy dalk ‘n telegrafiese berig ontvang het. Toe hy aanbied om indien die Engelsman ‘n kabel wou stuur dit dadelik te doen wanneer die kantoor om half agt open het die man koelweg geantwoord dat hy die boodskap aan die Generaal sou oordra en, sê Hofmeyer, of hy mal of dronk was weet ons nie, maar toe vervolg hy dat 'die troepe hieronder is!'

NUUS AAN GENERAAL JOUBERT

Toe Meiring kort daarna na buite gaan sien hy mense besig om die telegraaflyne af te knip en ‘n rukkie later ‘n troepemag van etlike honderde soldate.

Dadelik word ‘n boodskap “per express” na Zeerust gedra en vandaar getelegrafeer na Kommmandant Generaal Joubert in Pretoria.

Eers kon Joubert die nuus glad nie glo nie, maar nadat vollediger besonderhede deurgestuur is, word dadelik opgetree en word kommandant Piet Cronje van Potchefstroom en kommandant Malan van Rustenburg en kommandant Potgieter van Krugersdorp onmiddellik in kennis gestel en beveel om al die burgers in hulle wyke op te roep.

Intussen het die kommandant van Zeerust dadelik ‘n brief aan Jameson en sy troepemag laat aflewer waar hy en sy troepe versoek word om onmiddellik die grondgebeid van die ZAR te verlaat, want indien hulle hul sou verset sou dit in stryd wees met die landswette, “conventie” en internasionale wette.

Jameson verwerp die versoek op voorwendsel dat hy geen vyandelike bedoelings teen Transvaal het nie, maar op versoek van vername inwoners van Johannesburg oppad is soontoe om hulle te help met hulle eise om die gewone regte wat elke inwoner van beskaafde state geniet.

Die Boere het geen gras onder hulle voete laat groei nie. Dié van Marico het dadelik opgeruk om die westergrens van die Republiek te bewaak terwyl Rustenburg, Potchefstroom en Krugersdorp druk besig was om alle burgers te monster om die mag van Jameson teen te staan.

Die nuus van ‘n vreemde mag binne die grense van die ZAR was egter so ongelooflik dat selfs die Staatspresident van die Oranje Vrystaat ‘n kabelgram aan pres Kruger gestuur het wat soos volg gelui het: “Kan niet goed begrijpen of troepen en kanonnen binnen uw Staat is. Heb gezien dat deel politie Bechuanaland zou opgaan naar Matabeleland”.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2449 gaste aanlyn