NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Pyn, eensaamheid en angs dryf my na gebed met God. En wanneer ek bid, verdryf dit my pyn, eensaamheid en angs.

EMILY HOBHOUSE... (1)

...heldin uit die Vreemde

Rykie van Heerden

Lees reeks by Emily Hobhouse

Op Woensdagoggend 27 Oktober 1926, halfnege die oggend al, is die bekende ou Tweetoringkerk van Bloemfontein prop-, stamp-, hoek tot kant vol. Voor in die kerk, op ’n baar oorgetrek met ’n diep pers fluweelkleed met ’n silwer rand, staan ’n klein vierkantige kissie van donker eikehout op ’n pers fluweelkussing..

Dit bevat die as van ’n Engelse vrou wat vier maande tevore in Londen oorlede is en omdat sy op ’n besondere manier hier hoort, nou duisende myle ver van haar eie mense in Suid-Afrika begrawe word. En van oor die hele land kom mense om hierdie herbegrafnis by te woon. Die Vrystaatse vroue onder leiding van mev. pres. Steyn reël dit.

As?  Vir daardie dae is dit nog iets vreemds. Mej. Maynie Fleck, sekretaresse van die herbegrafniskomitee, het, toe dit aankom, die kissie geskud. "Klink nes gruis,” het sy verwonderd gesê.

Van gister al staan die kissie nou voor die preekstoel. Die hele dag deur het vroue saggies daarom gewerk, kranse reggestel, alles in orde gebring. Kort-kort het ’n vrou, pas aangeland van ’n lang reis, die kerk binnegekom, haar krans afgegee, ’n oomblikkie voor die kissie gestaan voor sy wegstap of stil in een van die kerkbanke gaan sit.

"Is dit nou die as van Emily Hobhouse?” het een so ’n vrou gesê en begin huil. "0, wat die vrou vir my beteken het..."

Dit is haar as, ja. Op ’n silwerplaatjie staan haar naam: Emily Hobhouse. Died June, 1926. Age 66 years.

M.E.R., baanbreker- Afrikaanse koerantvrou, doen van hierdie begrafnis vir haar koerant, Die Burger, verslag. Sy het Emily nooit geken nie. Maar die hele tyd, daardie dag voor die begrafnis, sê sy, was dit of 'Miss Hobhouse' self daar was. Ander vroue het dit ook gevoel: "Dink, ons het vandag soveel van haar gepraat, en elke slag is dit vir my of sy ook saampraat.” So nou is hul band met hierdie vrou.

Gisternag, toe dit stil word in die kerk, is erewagte om die kissie opgestel. Nou, halftien vanoggend as die diens moet begin, speel die dodemars en ses jong tienermeisies kom vorentoe: hulle het ligpers rokkies aan, hulle dra ligpers sluiertjies wat met ’n rosekrans om die kop vasgemaak is. Alle oë is op hulle wanneer hulle stemmig drie-drie met geboë hoofde alkant van die kissie gaan staan.

Twee van hulle is kleindogters van die presidente van die twee Boererepublieke wat drie jaar so hard teen Engeland vir hul vryheid geveg het: Cecilia Fichardt, kleindogter van pres. M. T. Steyn, by wie Emily ’n huisvriend was, en Johanna van Broekhuizen, kleindogter van pres. Paul Kruger, vir wie Emily in sy ballingskap ná die oorlog in die buiteland opgesoek het en wat voor sy dood nog ’n spesiale brief van groot waardering aan haar laat skryf het.

Twee van die ses verteenwoordig die tuisnywerhede wat Emily ná die oorlog in die verwoeste republieke kom stig het: Betty Lee, van die eerste en oudste spin- en weefskool op Philippolis, en Johanna Kriel van die kantskool wat sy op Koppies laat stig het.

En die laaste twee heet self Emily Hobhouse. Daar is in hierdie tyd talle kinders in Suid-Afrika wat die twee voorname het. Selfs genl. De Wet het eenkeer, toe ’n kleindogter na hom genoem moes word, gesê : "Nee, gee die kind die naam Emily Hobhouse, want sy is die edelste van die edeles onder haar nasie.” Hierdie twee in pers is die Coetzer-dogter van Reddersburg in die Vrystaat, en, uit Kaapland, Hobby Schoeman van Vogelsang, De Rust, naby Oudtshoom (Hobby le Roux, ministersvrou, sal sy nog eendag in ’n nuwe Suid-Afrikaanse Republiek wees). Afgesien van hierdie ses is daar nog ’n groepie Emilies in wit met, onder hulle, een kortbroek-knaap - ’n sedige seuntjie met donker brilletjies en steweltjies - wat Emil Hobhouse heet. Een Emily wat nie hier is nie, is die dogtertjie van mej. Hobhouse se vriendin Sarah Niemeyer: want sy het vandag pampoentjies.

Op die preekstoel is ds. J. D. Kestell. Vader Kestell noem hulle hom. Die hele oorlog deur was hy saam met sy mense in die veld. Van die bittere vredesonderhandelinge by Vereeniging toe die Boererepublieke hul vryheid moes neerlê, het hy en D. van Velden verslag gedoen. Maar van hierdie Engelse vrou praat hy met liefde en bewondering. Hy is self seun van ’n 1820-setlaar.

Sy was Engels, sê hy, en Engels het sy gebly.

Sy was daar trots op en nooit het sy haar in woord of daad skuldig gemaak aan ontrouheid aan haar volk nie. Maar waar sy onreg gesien het, het sy daarteen opgetree ook toe dit haar eie volk was wat daardie onreg gepleeg het. . .

Terwyl ds. Kestell praat, lyk dit of een van die ses Emilies in pers wil begin kantel. Kniel maar, word vir hulle beduie, en so met geboë hoof langs die kissie gekniel, maak die kinders ’n selfs nog meer treffende tablo uit as tevore.

As die diens verby is, dra hierdie ses die baar met die kosbare kissie na buite, en hier begin die groot, stil optog, die twee stadige myle na die Vrouemonument.

Vooraan is daar ’n kommando te perd. Hulle bestaan uit manne in hul middeljare wat self seuns in die konsentrasiekampe was en wat, sonder Emily se tussenkoms, heel moontlik daar sou omgekom het. Na hulle kom die musiekkorps. Dan ’n groepie wat Emily se naam dra, en die draers. Hierop volg ’n paar honderd skoolmeisies, almal in wit, en ook met wit sluiertjies. Elkeen dra ’n palmtak. Hulle het instruksies om net stip voor hulle op die grond te kyk - maar dit gaan moeilik, want die hele stad is die ene opgewondenheid en selfs op die dakke staan mense. Daar volg studente in hul togas, daar volg ’n stoet van vierhonderd vroue-afgevaardiges, van oor die hele Unie, almal in swart.

In een van die outydse ou seilkap-motorkarre van daardie dae volg die vernaamste rougangers, vroue uit die Suid-Afrikaanse huisgesinne waar Emily miskien die allertuisste was. Hulle is mev. pres. Steyn, genl. Smuts se vrou, mev. Isie Smuts, en, uit Kaapstad, Engelssprekend maar met ‘n warm hart vir Boere, mev. Caroline Murray.  Mev. Mary Sauer van Uitkyk, die plaas by Stellenbosch, waar sy so gelukkig gekuier het moes ook nou net by gewees wees het!

Na hulle kom die ander roumotors, die voetgangers, nog ’n burgerkommando.

Op ’n effense koppie suid van Bloemfontein steek die monument waarheen hierdie stoet beweeg, sy eenvoudige gedenknaald stil in die Vrystaatse lug op. Die veld lê wyd daaromheen. Dit was die wêreld se eerste en dit bly vir baie die wêreld se aangrypendste monument vir die lyding wat oorlog, waaroor dit ook al gevoer word, altyd bring oor vroue en kinders wat daaraan geen skuld het nie.

Dis gewy Aan Onze Heldinnen en Lieve Kinderen - 26,370 van hulle wat gedurende die Anglo-Boere-oorlog in die Engelse konsentrasiekampe van ontbering, siekte en honger omgekom het.

Die een wat die wêreld van hul lyding vertel het en van hoe hulle daardie lyding gedra het, is hierdie Engelse vrou wie se lewe een groot protes teen alle oorlog en onreg was, en wie se as nou graf toe gedra word deur ses jong meisies van die volk wat sy gehelp het.

Aan die voet van die ontroerende sentrale bronsgroep van die monument, binne die lae halfmaan van die omringende muur wat so goed beplan is om by die gesigseinder aan te sluit, is sedert die onthulling reeds twee van Suid-Afrika se grootste helde weggelê : eers die Vrystaat se geliefde pres. Steyn, in 1916, en toe, in 1922, die Boere se legendariese genl. Christiaan de Wet.

Nou word ook die as van Emily Hobhouse hier gebêre. Die voorstel het gekom van haar vriendin, mev. Steyn, wat haar jare tevore al gevra het of hulle haar eendag hier kan begrawe. Die Nasionale Monumentekomitee en die Eerste Minister, genl. J. B. M. Hertzog, het eenparig daarmee akkoord gegaan.

Reg onder die sentrale groep van die Boervrou met haar kind wat dood is op haar skoot, is ’n nissie uitgekap. Langsaan staan die blink granietsteen wat dit sal sluit. Al woorde daarop gebeitel, is: Hier rus Emily Hobhouse.

Die twee koppies langs die Monument is oortrek van die mense. Dis ’n bakkende Oktoberdag. Oral sien jy swart sambrele. (En ondanks die kroontjies van bruinpapier wat die skoolmeisies in wit onder hul sluiers het, val hulle streep-streep flou.)

Snaaks, sê die mense vir mekaar, dis ’n begrafnis, maar dit voel niks soos ’n begrafnis nie. Eerder is daar ’n gevoel van groot dankbaarheid vir die kans om op hierdie manier die allergrootste eer wat daar in Suid-Afrika is, te bewys aan die anderlandse vrou wat in hierdie land nooit vergeet mag word nie.

Toesprake kan maar vervelig wees. Die staan, vandag, sal lank wees. Maar na die toesprake wat op hierdie dag gemaak word om aan Emily Hobhouse eer te bewys, luister ook die honderde kinders en jong mense met groot oë. Dis ’n naam wat in hierdie land feitlik ’n towerwoord is. Van die land se grootste manne praat hier oor haar en elkeen praat diep uit sy hart uit.

Genl. Hertzog is nie self hier nie. Hy het ’n kabelgram gestuur uit Engeland. Daar woon hy die Rykskonferensie by wat, juis in hierdie sterfjaar van mej. Hobhouse, vir Suid-Afrika ’n groot stuk van die vryheid en selfregering sal terugwin wat die Boererepublieke ’n kwarteeu tevore moes afgee. Mev. Steyn moet terugdink aan ’n brief wat sy net na hierdie bitter vrede van Emily gekry het. Toe maar, het sy gesê, eendag sal die Boere die taak wat hulle met wapens in hul hande begin het, sonder wapens voltooi. "And so I too believe: Alles zal reg kommen”, het sy geskryf en haar naam geteken as "your people’s firm friend”.

Aan die woord nou oor hierdie vriendin van sy volk, kom dr. D. F. MaJan. Hy is die Unie se minister van binnelandse sake. Hy is ’n beroemde redenaar en indrukwekkend klink dit as hy in sy forse preekstoelstem sê:

"Ons dorpe, ons skole en ons dogters” - hy kon nog nie weet van ons duikbote nie – "sal tot in die verre nageslag haar naam dra.

"As iemand dit ooit vir ons volk was, dan was Emily Hobhouse dit: ’n engel van vertroosting, die vertolker van ons weedom, ons voorspraak voor die wêreld, die versorger van ons hongeriges, die heler van ons wonde, die moeder van ons moederloses...

"Emily Hobhouse was een van ons in die diepste en volste sin van die woord. Sy was ook een van haar eie volk. Daarom kan sy wees soos niemand anders nie, ’n mag tot versoening, ’n skakel van verbinding, ’n hoeksteen in die gebou van ’n groot en verenigde Suid-Afrikaanse nasie,” se dr. Malan.

Ná hom praat genl. J. C. G. Kemp. Nou is hy die Unie se minister van landbou. In die Anglo-Boere-oorlog was hy een van die Boere se waaghalsigste generaals, in 1914 ’n prominente Rebel. Hy sien vandag weer voor hom die verwoesting van die oorlog, met vroue en kinders herbergloos uitgedryf op die vlakte. Maar aan die ander kant, onthou hy, was daar ’n Emily Hobhouse en "as Suid-Afrika nie dankbaar is vir ’n vrou soos Emily Hobhouse nie, dan is Suid-Afrika werklik nie werd om ’n groot volk te word nie,” sê hy vurig.

Dr. N. J. van der Merwe, pres. Steyn se skoonseun, praat as ’n seun wat self in die konsentrasiekampe was . . . een, sê hy, wat self sy moeder en suster op ’n ossewa en saamgehok met ander in ’n oop steenkooltrok sien ly het, en in die hitte en koue van ’n beltent in die kampe. Hy is een van die seuns wat aldag random die rantsoentafel gewag het om die hongerrantsoene te ontvang.

"As herinnering aan daardie dae ’n wrok teen Engeland in my hart laat opkom, dan is daar een naam wat dit weer laat sak : Emily Hobhouse,” sê hy.

Emily Hobhouse, om haar by haar huis te gaan haal, is op 9 April 1860 op die dorpie St. Ive in Cornwallis in Engeland se suidwestelike uithoek gebore . . . die St. Ive sonder die s, vier myl van die markdorp Liskeard en in die buurt van destyds se primitiewe loodmyne, waar die meeste van die dorp se mans gewerk het.

Moenie die fout maak en deursteek na St. Ives met die s aan die wilde kus van Cornwallis nie. Daar het sy later van tyd die huisie gekoop met die geld wat die Afrikaanse vroue halfkroonsgewys ná die oorlog vir haar bymekaargemaak het. Maar gebore is sy gebore op St. Ive.

Haar pa, die latere aartsdeken Hobhouse, was ’n halfeeu plus een jaar lank predikant, of soos die Engelse sê, 'rector' van die grys Anglikaanse klipkerkie oorkant die groot grys pastorie. Die eerste vyf-en-dertig jaar van haar lewe het sy hier deurgebring.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2237 gaste aanlyn