NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Een van die mooiste toneeltjies in die lewe is 'n Christenman wat nederig langs die Christenvrou van sy keuse voor die kansel kniel om God se seën op hulle eenwording te ontvang.

EMILY HOBHOUSE... (2)

...heldin uit die Vreemde

Rykie van Heerden

Lees reeks by Emily Hobhouse

Honderd jaar ná Emily se geboorte kon ’n mens nog in sy donker huisie met die oop vuurherd op St. Ive ou Tom Barrett raakloop, ’n reus van ’n ou strooikop-Cornishman met ’n groot twak-bruin snor en ’n baie-blou blou oog onder ruie blonde wenkbroue. Hy is ’n afgetrede konstabel wat vir Miss Emily en haar familie geken het of hy hulle gemaak het. Sy oudste suster was wasvrou daar by die pastorie. Selfs op agt-en-tagtig jaar het die galante ou rakker nog iets van die sjarme wat daardie broer John van hom moet gehad het oor wie die hoë Miss Emily self eentyd glo erg was - al was hy maar ’n mynwerker en boonop jare jonger as sy.

As die predikant weg is wat die besoekers uit Suid-Afrika na hom gebring het, vat ou Tom hulle eenkant tuin toe na sy stookketeltjie. Hy tap vir hom en vir elke besoeker ’n bekwame dop, en as hy ’n slukkie weg het, raak sy tong los.

"The trouble with Miss Emily,” sê hy vir hulle onder daardie woeste wenkbroue deur, "the trouble with Miss Emily: she went and nursed, not like that lady Nightingale, our wounded soldiers, she went and tend’ the blinkin’ Boers! And that was that! ” snuif hy ergerlik en slaan op die knie van sy verbleikte blou broek.

Ook nog daardie tyd op St. Ive kon ’n mens kennis maak met voëltjie-fyn Miss Ethel-Annie Bennett, onder in Hady’s Row. Haar ouma Hockey het nog as huishoudster saamgekom toe Mr. Reginald, Emily se vader, hom in die verre jaar toet, voor daar nog ’n pastorie of iets was, kom vestig het op hierdie dorpie waar die varke toe nog sommer los in die morsige modderstrate rondgeloop het. Miss Ethel-Annie se moeder Marianne was naaldwerkster in die Hobhouse-huishouding en die een wat die meubels moes blink hou.

Of Miss Ethel-Annie nog vir die Hobhouse’e onthou? Liewe genade, sê ’n latere predikant van St. Ive, sy gee ’n mens nooit kans om hulle te vergeet nie ! In haar oë sal daar nooit weer ’n pastoriegesin wees wat kan hoop om kers vas te hou by die Hobhouse’e nie. Klas, dis wat hulle gehad het, vra vir Miss Ethel-Annie.

Later van tyd toe haar ma reeds oorlede is en haar ou vader sieklik en al die kinders al uit die huis, het die gemeentewerk omtrent alles op Emily se skouers gekom. Die hele dorp was vir haar op hul pasoppens. As jy net sien daar kom Miss Emily aan - ou Tom loer kamma skrikkerig straat af - dan is dit woerts-warts, haastig die baadjie vasknoop, vinnig ’n skoon voorskootjie voorsit. "Miss Emily’s comin’, look out!”

Van hoek tot kant het Emily daardie dae te voet deur die gemeente geloop, selfs tot daar bo aan die boonste end by Pensilva en die ruwe mynklomp, om daar huisbesoek te doen en te reël wat daar te reël was. So ’n lekker los loop, uit die heup uit, het sy gehad. "Thomas Barrett, en waar was jy Sondag?” sal sy jou voorkeer as jy stokkies gedraai het vir die kerk.

Koorleidster van die dorp was sy. Sy het self ’n mooi, soet stem gehad - nie so van nature mooi soos haar suster Maud s’n nie, en ook nie die orrel van ’n stem wat haar oudste suster Carrie gehad het nie, maar nietemin ’n goed-geoefende stem. St. Ive se koor was  iets om te hoor. Elke Sondag was die kerk kant en wal vol. Nie oor die 'rector' se preke nie. Hy was ’n goeie man, die regverdigheid self, maar "God rest his soul, ’e couldn’t preach much”. Ewig aan die omblaai in sy prekeboek was hy. Maar Miss Emily se koor, ja, daarvoor het die mense gekom. En as daar ’n nuwe intrekker op die dorp is, en Miss Emily sien hom op straat, dan sal sy sê : "Thomas, ek sien ’n vreemde seun onder in die dorp vanmôre. Bring hom bietjie huis toe?” In die klein musiekkamertjie waar Emily met die dorpsjongmense musiek gemaak het - klavier, viool, fluit, fife, enige ding buiten die konsertina - het sy dan voor die klavier gaan sit. As dit blyk die nuwe ou kan sing – "in five minutes’ time he was up in the choir”.

Die Young Men’s Friendly Society het sy ook gelei. Op allerhande maniere het sy hulle daar besig gehou en uit kwaaddoenery.

’n Bronsknopie op die lapel het ’n lid van die vereniging gekry as hy, soos so baie van hulle gemaak het, in anderland ’n beter heenkome gaan soek het. Daaraan kon hulle mekaar altyd uitken, sê ou Tom. Selfs as hulle onder Miss Emily se oog uit was, het haar invloed hulle nog bygebly.

’n Mens is mos maar altyd ’n stukkie van jou ma en ’n stukkie van jou pa. Van haar vader, die stil, streng ou kerkman — wat tog darem sy stil laggie kon lag en van wie ’n familielid so mooi gesê het: "his soul was gentle” - van eerw. Hobhouse het Emily gekry haar sterk regverdigheidsin en eerlikheid, haar selfdissipline, haar pligsbesef en, as die waarheid moet uit, ’n breë streep koppigheid ook.

Die Hobhouse’e was vooraanstaande mense met ’n besef dat voorregte ook verpligtinge meebring. Haar oupa was ’n prominente openbare figuur, regsadviseur van die Britse Tesourie, permanente onder-sekretaris van die Departement van Binnelandse Sake, Hoofstaatsargivaris, of soos hy geheet het: Keeper of the State Papers. Haar 'Uncle' Edmund het ’n gesiene biskop geword. Haar vader se jongste broer, 'Uncle' Arthur, was regsadviseur vir die Britse regering in Indië, en later baie jare lank lid van die Britse Geheime Raad, die opperste regsliggaam in die ryk. Geen wonder Miss Ethel-Annie het respek vir die Hobhouse’e gehad nie. ’n Stil teregwysing van hul swygsame ou predikant was vir St. Ive se mense erger as die ergste skrobbering van iemand anders.

Emily se ma was ’n Trelawny, ’n ou-ou familie wie se voorsate Kelte was wat deur die Saksers en Normandiërs na hierdie uithoek van Engeland verdryf is. In die elfde eeu het hulle al ’n kasteel gehad by Treolone aan die Comwalliese kus, baie naby die dorpie Bude waar Emily as kind soveel strandvakansies deurgebring het.

Die Trelawny’s was van oudsher dus ’n stroom-op klomp, so radikaal van politiek as wat die Hobhouse’e konserwatief was. Emily se oupa, sir William Trelawny, was Radical Parlementslid vir Oos-Cornwallis. Een van haar voorsate was een van die sewe Anglikaanse biskoppe wat nie wou kopgee voor die Rooms Katolieke Jakobus II nie en toe in die Tower of London opgesluit is. Nou nog sing Cornwallis en trouens Engeland die liedjie hier- oor met sy refrein:

“And shall Trelawny die?
Twentythousand Comishmen will know the reason why! ”

’n Trelawny laat nie met hom mors nie, ’n Trelawny laat hom nie voorsê nie, en sterk het die Trelawny-bloed in Emily se are geloop - gelukkig vir ons.

Haar ma was lewendig en gesellig, met ’n prettige humorsin - nie danig mooi nie, maar dis ’n goedige, praktiese gesig wat ’n mens op haar foto sien, met die mooi blinkbruin hare van die Trelawny’s en ’n paar skerp, wakker oë. Met die energie en welwillendheid waarmee haar klein postuur aanmekaar gesit was, het sy in die dorpslewe van St. Ive ingevaar toe sy met Reginald Hobhouse trou: sy’t sop gekook vir die armes (vyf gelling op ’n slag, vertel Miss Ethel-Annie), sy’t eenkeer selfs haar flennie-onderrok uitgetrek om vir ’n ou bedel-asem by die deur te gee.

Daar was geld in haar familie. Toe sy kom, is die groot pastorie gebou waar al die Hobhouse-kinders gebore is.

Die eerste was ’n dogtertjie, klein oorlede, en toe kom ’n seuntjie wat sy vader se naam kry : Rennie. Die ingetoë Reginald het heeltemal uitgeblom oor die kind. Toe hy op ’n jaar of drie sterf, was dit of iets vir goed in die 'rector' van St. Ive toegeskroei het: daarna kon hy nooit weer heeltemal sy hart vir iemand wyd oopmaak nie. Hy het in homself gekeer. Sieklik - hart? - kon hy die geraas van die kinders nie om sy ore verdra nie. Sjjjtt, pappa rus, is ’n frase waarmee die Hobhouse-kinders grootgeword het.

Tog was dit lekker in die ou grys pastorie toe Emily klein was. Daar was ses kinders wat gelewe het - Carrie, wat geheet het na haar moeder, Caroline, Maud, Alfred, Emily, Blanche en dan klein Leonard, die slim witkoppie wat in later jare een van Emily se grootste steunpilare en raadgewers sou word. Hulle had ’n baie liewe ou oppasster, Hannah Gane, wie se man, ou Tom Gane, in die tuin gewerk het.

Ma Hobhouse was, hoewel reeds nege-en-dertig toe Emily gebore is, ’n regte maat vir haar kinders. Saans het sy vir hulle hardop stories voorgelees of vertel. Duits, Frans, Italiaans, alles was sy magtig.

’n Keer toe eerw. Hobhouse, soos so dikwels, ongesteld was, het ’n ouerige vrygesel gekom om met die preek- en gemeentewerk te help: St. Aubyn Rogers was sy naam. Hy kon so sedig aan tafel sit anderpad kyk en dan ’n ghoen van ’n hou met ’n broodpilletjie skiet. En hy was so handig met houtwerk: konynhokke, kruiwaentjies en hoepels het hy vir hulle gemaak - vir Emily nog haar eie spesiale hooivurkie. Sy en hy het ure lank pluimbal gespeel, tot ou eerw. Hobhouse se kop seker omtrent gebars het van die getik-tak, tik-tak, tik-tak. Old Rodge, sê Emily, was haar eerste liefde - en niemand was ooit weer heeltemal so lief vir haar nie, het sy geglo.

’n Mens kry die gevoel van die atmosfeer van die pastorie as jy ’n opstel lees van Emily se suster Maud wat sy geskryf het toe sy veertien was. Miss Ethel-Annie het al die jare die ou skool- skryfboek bewaar waarin dit staan.

Sy skryf oor Our Rectory:

"Our Rectory is not very large or very pretty but just holds us conveniently, leaving one room for visitors. There are three sitting rooms besides the schoolroom and study. The drawing room has three windows, one a bow-window with a south aspect. This recess holds a little sofa. The two others look eastward. The sofa is placed on one side of the fireplace and an easy chair on the other. A large table, well filled with books, is placed between the two windows. A writing table is in a cosy corner where one can write without being disturbed. Opposite the window is a large chiffonier. The piano is in another comer. In summer white curtains lined with green gauze are put up, which give the room a green and pleasant air. In winter warm crimson ones appear again, and very comfortable the room is when the curtains are drawn and a bright fire glows in the grate.”

Gaan ’n mens met Maud trap op, kom jy in die skoolkamer bo. "It has a pleasant window looking on the meadows, rather sombre just now. The little window in the comer looks out on the stable yard, where there is much goings on. The bookshelves have just been put up. They are well filled not only with our lesson books but also many other interesting books. By the side of the bookcase is the piano. Opposite the large window is the escritoire. Where the door stands, the comer of the room is cut off. This and the beams give the room a quaint look. The room has a green air for the table cloth and curtain and drugget are mostly green.

“Along the passage on the next floor is our governess’ room from the window of which we have the best view. On the same floor are the servants’ room and the little lumber room.

“Downstairs on the first floor, all opening on one passage, are the white room, so called because it used to have a great deal of white dimity about it, the red room and a dressing room for our visitors, mamma’s room and papa’s dressing room.

“Downstairs again are all the kitchen premises. There is a pleasant and shady garden around the house. It is a very good size, plenty of Flowers and Vegetables in their seasons. There are four fields and we have two cows, two pigs and hosts of pets.

“In this pleasant little abode which I have tried to describe I have spent fourteen happy years.” Die datum is 4 Februarie 1873 en langsaan het die goewernante geskryf: "Pretty Well. But do not make corrections.”

Sodanig "Iittle” was die pastorie miskien nou ook nie. Maar as ’n mens dit vergelyk met Oupa Henry se groot Hadspen House in Somersetshire, of Uncle Arthur-hulle se buiteverblyf Charlton House, naby Bristol, dan was St. Ive se rectory maar ’n drieverdieping-pophuisie.

Dit is van ’n besoek aan hierdie Uncle Arthur en die liewe Aunt Mary-hulle dat een van die sprekendste vertellinge oor klein Emily oorgelewer is. Omdat eerw. Hobhouse en sy vrou dikwels ter wille van sy gesondheid na die warm suide van Europa en die Riviera moes gaan om te oorwinter, het die kinders by meer as een geleentheid daar gebly. Toe Emily sewe was, was hulle weer daar. Sy was toe ’n ernstige outjie wat plegtig vir haar ma-hulle geskryf het: "I shall try to be a sensible child now that I am seven years old”. Op 14 Februarie daardie jaar kry Maud, Emily en Blanche toe ook elkeen die gebruiklike St. Valentine’s-kaartjie, wat daardie dae in Engeland net so ’n vaste instelling was as die Kerskaartjie. Oor Emily s’n het die twee ander dogtertjies en hul oppasster gekraai van plesier. Maar Emily het nie mooi geweet of dit so snaaks was nie. Op hare was ’n hennetjie wat kordaat op ’n werf rondloop en onderaan het gestaan: "Where- ever I am, I will always be missus”.

Die kaartjie was nie ver verkeerd nie. Vra vir ou Tom Barrett.

"You ’ad to go ’er way,” sê hy. "She was the boss! ”

Geleidelik het dit in die gesellige rectory van St. Ive stiller geword, en leeg. Die skaduwee waarvan klein Rennie se dood die eerste teken was, het al dieper en somberder daaroor geskuif.

Toe Emily sestien was, is die goeie ou tuinier Tom Gane dood - vir die kinders ’n groot slag, en die eerste keer dat die dood iemand naby hulle wegneem. Die volgende jaar is Blanche, die suster net jonger as Emily en die mooiste van hulle almal, oorlede aan tering, of soos dit op ’n ou grafsteen by die kerk staan "the cough” : dit het sy waarskynlik opgedoen toe sy vir Anna Williams, wat ’n teringlyer was, in haar armoedige huisie gaan sit en lees het — mense het toe nog nie besef dis iets aansteekliks nie. Drie jaar later, na ’n verskriklike lyding, sterf die vrolike Ma Hobhouse. Jare daama, sou Emily later vertel, was dit of pyn nog in die huis bly rondspook het. Haar vader het ook die volgende jaar baie ernstig siek geword en moes vas verpleeg word. Dit het hoofsaaklik op Maud en Emily se skouers gekom, want Carrie was al uit die huis en getroud, Alfred was wêreld-in - hy sou uiteindelik in Nieu-Seeland boer - en Leonard was op Oxford.

Met hulle twee het Maud en Emily ook die gemeentewerk behartig, maar in 1889 is Maud getroud - met die Hebblethwaite-kêrel op wie haar vader eers so teë was - en die volgende ses jaar was Emily en haar sieklike ou vader alleen daar in die groot, grys huis.

Oubaas Hobhouse het al stiller geword, al meer in homself gekeer. Emily sê sy het onderwerpe van gesprek eintlik gerantsoeneer, dat hulle darem iets met mekaar te geselse kon hê by iedere maaltyd: met ontbyt oor wat in die koerant staan, oor kerksake met middagete, en so voort.

Haar vader kon naderhand net uitgaan as sy hom in die ponie-treppie uitry. En Sondag vir Sondag moes sy hom voetjie vir voetjie aan haar arm oor die straat neem na die konsistorie oorkant, en na die diens weer daar gaan haal en huis toe bring.

Miskien in die tyd was daar die episode met ou Tom se aansienlike broer, die jong mynwerker John Barrett. Die hele dorp het vol gelê van die storie: Miss Emily gaan met John Barrett trou, o, het julle gehoor? Miss Emily gaan met John Barrett trou! Maar Marianne Hockey het haar kop geskud en gesê: Dit wil ek nog sien. Op ’n dag het oubaas Hobhouse vir John laat kom en drie uur lank onder vier oë met hom in sy studeerkamer gepraat. Wat agter daardie geslote deur gebeur het, weet niemand nie. Al wat die dorp wel gehoor het, is dat John Barrett kort daarna vort is na Amerika, soos soveel ander Cornwalliese mynwerkers wat in die ystermyne van Minnesota ’n beter heenkome gaan soek het.

En Emily? Die gevoel van daardie eensame jare kon sy dwarsdeur haar lewe soms nog op haar voel toesak. Dan hoor sy weer die wind huil, en sy sit alleen in haar bokamer, en die ou groen leunstoel oorkant gryns haar leeg aan, en die horlosie tik-tik, tik-tak die lang ure om en kyk na haar met sy leë, meedoënlose gesig. Presies so beskryf sy dit in ’n brief ’n halwe leeftyd later. Dit was om van mal te word.

"Ek weet uit eie ervaring hoe dit ’n mens amper waansinnig kan maak om geen kans te hê om jou ideale uit te lewe nie, en om te voel hoe die jare verbygly en met hulle jou jeug en jou beste kragte meevoer, totdat jy met angs dink jou lewe sal net drome bly en jy sal nooit ’n kans kry om te wys wat jy kan doen nie. . .”

Oubaas Hobhouse se laaste, pynlike siekte het voortgesleep. In 1894 is daar nog ’n hele grootheid gemaak van sy jubileum in die gemeente en al die kinders, buiten Alfred, was nog vir oulaas ’n keer saam. Toe, eindelik, teen die einde van Januarie 1895, op ’n guur dag, ysig, en met die sneeu en ryp dik op die heinings en uitgetrapte paadjies van St. Ive, is die stroewe, goeie ou heer sy rus in. Emily was heeltemal alleen oor.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2681 gaste aanlyn