NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Mense is gewoonlik só op aardse oorlewing ingestel. Dikwels kwel ons ons soveel dat ons sieleheil skade ly. Ons bou aan aardse skatte en koninkryke waar daar ingebreek en gesteel word. Baie van ons pogings is net 'n gejaag na wind, met geen ewigheidswaarde nie. Maak in hierdie nuwe jaar eerder vir jou hemelse skatte bymekaar; vertrou God en Hy sal vir jou die nodige dinge hier op aarde byvoeg.

EMILY HOBHOUSE... (4)

...heldin uit die Vreemde

Rykie van Heerden

Lees reeks by Emily Hobhouse

Skaars het Emily haar voete in Londen gesit of sy is knie-diep in die gistinge en roeringe wat in verband met ’n moontlike oorlog in Suid-Afrika in die Britse hoofstad prut en kook.

Eenkant is daar die oorgrote meerderheid, opgesweep deur invloedryke koerante, wat luidrugtig sa! skree en net wil hê Engeland moet die Boererepublieke annekseer. Daar is baie praatjies oor die regte van die Uitlanders in Transvaal vir wie Brittanje dan in die bresse moet tree, maar dis net ’n ekskuus: die politici aan bewind wil die land met sy goud vir die Empire inpalm - soveel van die wêreld as wat hulle in die hande kan kry, wil hulle konsolideer in die magtige Britse Ryk. En hulle is so oortuig van hul meerderwaardigheid dat hulle hul verbeel die "lesser breeds” van ander lande kan maar te dankbaar wees vir die voorreg om deel van die groot ryk uit te maak.

Maar daar is Engelse wat anders voel. Hulle sê dis skandelik vir ’n magtige ryk om klein landjies se vryheid te wil afvat net om homself ryker te maak. Hulle skaam hulle vir wat die politici aan die doen is en vir die manier waarop hulle Engeland se naam vir geregtigheid en "fair play” deur die modder sleep. Hulle is ’n baie klein minderheid en die hele histeriese woede van die oorlogs- beluste openbare mening is teen hulle. Hulle word uitgekryt vir Pro-Boers. Omdat hulle die Britse Ryk nie tot elke prys uitgebrei wil sien nie, word hulle sarkasties genoem: Little Englanders. Hulle is meestal van die Liberale Party wat in hierdie dae stry vir vryhandel, die regte van kleiner volke, selfregering vir Ierland en kliphard probeer om die Imperialiste uit die kussings te lig.

Onder hulle is vooraanstaande manne, en vroue ook, wat onselfsugtig vir die beginsels van reg staan en wat glo dat jy onreg moet beveg waar hy ook al sy kop uitsteek. Dis die soort mense wat nie net vir die regte van die Boerevolk voel nie, maar ’n hart het ook vir hul eie arm mense en onderdruktes, wat veg vir die regte van die vrou, vir beter maatskaplike toestande, beter opvoedingsgeriewe. Hulle het ’n roepingsbewustheid wat nog die vrug is op die godsdienstige herlewings vroeër in die eeu in Engeland. Emily moet uit haar hele aard en agtergrond by hulle aansluiting vind.

Haar broer Leonard, op die Manchester Guardian, is een van hulle. Die hele Tweede Vryheidsoorlog deur sal sy hoofartikels in daardie Pro-Boer-blad sterk stelling inneem teen die roof-oorlog.

Haar Uncle Arthur Hobhouse en die intelligente, liewe Aunt Mary, voel net so sterk oor die saak. In hul groot sitkamer in Brutonstraat, Londen, spreek verskeie vooraanstaande besoekers uit Suid-Afrika Londense gehore toe en lig hulle in oor die ware toestand van sake in Suid-Afrika.

Nog belangriker is die Courtneys. Toe sy uit Amerika terugkom, kry Emily werk by ’n welsynsliggaam, die Women’s Industrial Council. ’n Leidende aandeel daar neem Kate Courtney, deur wie Emily dan kennis maak ook met haar man Leonard, en die huis in Londen waar sy werklik mens word. Mnr. Leonard Courtney, nou al by die sewentig en feitlik blind, is die voorafgaande twintig jaar al die lid vir Cornwallis in die Britse Laerhuis. Daar is hy die gesaghebbende oor Suid-Afrika-sake. Hulle noem hom al "die Huis se gewete oor Suid-Afrika”. Sy standpunt oor die oorlog sal hom uiteindelik sy setel kos. Niemand veroordeel die Jameson-inval feller as hy nie. "This colossal blunder, this fatal inroad,” noem hy dit in ’n vuurwarm toespraak.

Die Courtneys se groot ou rooibaksteenhuis by Cheyne Walk 15, is ’n bymekaarkomplek van wie ook al vir hierdie soort sake voel, in die politiek belangstel, van lewendige meningswisseling hou. Suid-Afrikaners soos Merriman, Sauer, die Charles Murrays en so meer, word almal daar onthaal, en Leonard Courtney skep die geleentheid vir Liberale Engelse politici soos sir Henry Campbell-Bannerman om persoonlik met hulle kennis te maak en uit hul eie mond te hoor hoe die vurk regtig in Suid-Afrika in die hef steek.

Emily se Chelsea-woonstel is daar naby, net ’n kort entjie se stap, so met die Embankment langs. Dikwels loop sy in by die groot smeedysterhek waardeur ’n mens die fonteintjie kan sien wat altyd so gesellig daar in Kate se blomtuintjie rinkel en speel. Dikwels is sy vir etes aan die lang tafel aan die bopunt waarvan mnr. Courtney sit, ’n bietjie flambojant geklee in sy vaal onderbaadjie en die helderblou baadjie met die bronsknope.

Sy voel daar amper meer tuis as by Uncle Arthur en Aunt Mary-hulle. Gesprekke aan tafel by Uncle Arthur-hulle is altyd op so ’n verhewe peil, so intelligent en besadig dat ’n mens nie sommer iets stuitigs kan sê nie. Maar by die Courtneys is daar geen geduld met enige hoogdrawendheid hoegenaamd nie. Kwinkslae is, tussen die erns deur, aan die orde van die dag. Kate Courtney - ’n suster van die sosialistiese kampvegster Beatrice Webb - gesels lewendig saam. Vir Emily, wat haar hele lewe lank na sulke omgang met geesgenote gehunker het, blom die wêreld oop. Sy begin belangstel in die politiek. Sy gaan luister in die Parlementshuis na toesprake en vir die res van haar lewe kuier sy op haar lekkerste in ’n geselskap van intelligente mans.

(Later jare, toe sy gedurende die Tweede Vryheidsoorlog in Bloemfontein by die Fichardts tuis is, verwonder klein Ella Fichardt haar aan hoe Miss Hobhouse met die mans gesels. Sy beduie selfs opgewonde met haar vurk. "Ma,” vra klein Ella, "hoekom mag Miss Hobhouse met haar vurk beduie en ek nie ?” "My kind,” se mev. Caroline Fichardt, "’n mens moet eers jou maniere leer - dan kan jy hulle begin vergeet! ”

Dis die oortuiging van meneer - later lord - Courtney met sy helder wiskundekop dat Britte en Boere met mekaar in Suid- Afrika sal regkom, as hul verskillende standpunte net eerlik en kalm gestel en wedersyds begryp word. En oorlog of nie oorlog nie, sê hy, onthou : daarna moet Engels- en Hollandssprekendes eendag weer met mekaar in dieselfde land saamwoon. Hy neem dus die voortou met die stigting en word president van die South African Conciliation Committee.

Dis ’n liggaam wat hom beywer vir beter onderlinge begrip tussen Suid-Afrika en Brittanje en wat veral alles in sy vermoë doen om die histeriese imperialistiese pers se verregaande verdraaiings oor Suid-Afrika reg te stel. Onder sy lede is van die bestes uit Engelse intellektuele kringe, met verskeie van die voorste sosiale mense ook.

Die S.A.G.C. gee talle pamflette uit, byvoorbeeld Shall I slay my brother Boer? deur die vurige W. T. Stead, Sir Alfred Milner’s War, Olive Schreiner’s Appeal, The War and its Causes, Summary of Reasons for Farm Burning, Pro-Boers Vindicated deur Edmund Burke. Oor die volgende paar jaar verskyn om en by honderd; sommige hamer ook op die konsentrasiekampe.

Manne soos John Morley, Stead en Courtney steek vuurwarm toesprake af. Op Manchester, ’n maand voor die oorlog uitbreek, spreek mnr. Courtney 7,000 Lancashire-mense toe en praat hy van "the prayer we dare not pray : God defend the right! ” Ook Emily kom op die verhoë. Vier myl van haar tuisdorpie, op Liskeard in mnr. Courtney se kiesafdeling, tree sy op saam met die Lloyd George, voorste Liberale politikus, vir wie ou Tom Barret-hulle so tot in die grond toe verfoei.

Mens het iets nodig waarin jy jou met hart en siel kan werp. Dit was nooit meer waar as in Emily se geval nie, veral na die episode met die kêrel met die snor wat haar so teleurgestel het. Sy wy haar nou geheel en al aan die groot, moeitewerd saak.

Mnr. Courtney ken sy mense: hy vra haar of sy nie ere-sekretaresse wil word van ’n vroue-afdeling van die S.A.C.C. nie. En Emily, wat daardie jaar maar vir die eerste keer met Suid-Afrika se sake te doen gekry het, laat staan alles en spring voltyds aan hierdie werk. Dit kos haar, sal sy later beken, feitlik al die vriende van haar jeugjare.

Sy’s nie die soort sekretaresse wat sommer net notule hou nie. Sy het ondememingsgees, sy het verbeelding, en dit kom by haar op: hoekom kan ons, die vroue van Engeland, nie ’n groot protesvergadering teen hierdie onregverdige oorlog hou nie? Ses weke lank werk sy, self nog feitlik vreemd in Londen, van soggens agtuur tot saans elfuur saam met ’n helpster, Anna Griffin, en te midde van die heersende oorlogshisterie soek hulle vroue wat bereid is om saam met hulle te protesteer.

Hulle sien kans en huur die enorme Queen’s Hall, met sitplek vir duisende. Op 13 Junie 1900, toe die oorlog nege maande aan die gang is, is daardie saal kant en wal vol - nie net met vroue uit Londen nie, maar van oor die hele Engeland. Die kongres van Liberale Vroue was toe net in Londen, en Emily-hulle het hul almal bygekom.

Mev. C. P. Scott, vrou van die redakteur van die Manchester Guardian, is die hoofspreekster. Daar is veel wat die bloed vinniger laat vloei in simpatie met die Boere, sê sy, en voeg by: "If for saying this, we are told we do not love our country, we can bear it bravely being well assured that what is best in our country will always claim kindred with a free people struggling to maintain their liberty! ”

Die vroue keur eenparig die oorlog af - die een effense 'ê' wat daarteen gehoor is, het glo gekom van ’n babetjie in die saal wat begin huil het, sê Emily.

Hoewel sy oorspronklik nie sou praat nie, word sy gevra om die vierde en laaste mosie wat daar aanvaar word, voor te lees. Sy doen dit bewoë:

"That this meeting desires to express its sympathy to the women of the Transvaal and Orange Free State, and begs them to remember that thousands of English Women are filled with profound sorrow at the thought of their sufferings, and with deep regret for the action of their own government.”

Dis een van die merkwaardigste vergaderings wat in lang jare in Londen plaasgevind het, berig die Westminster Gazette, "Maar nou ja... wat bereik dit eintlik ?” vra Emily agterna met ’n gevoel van teleurstelling vir mnr. Courtney.

"My kind,” sê die wyse ou heer, "onthou dit: al is daar nie dadelik ’n praktiese resultaat nie, dis tog altyd goed om gesamentlik en kalm protes aan te teken teen wat verkeerd is.”

Sy hele lewe lank is dit sy taak om die openbare mening te vorm en mense tot beter insigte op te voed.

En dit sou vir Emily tot troos gewees het om te weet dat ’n mev. De Beer twee dae later, op 15 Junie, in Kaapstad voor die Dames Comite voorstel dat ook die vroue van die Kaapkolonie ’n protesvergadering moet hou, soos dié wat nou net in Londen gehou is. Op Graaff-Reinet, die Paarl en Worcester word indrukwekkende protesvergaderings dan ook wel gehou. Graaff-Reinet s’n was ’n week of twee voor die Londense, hulle stuur ’n spesiale afvaardiging onder leiding van prof. De Vos en ds. Moorrees na Londen...

Tot in hierdie stadium, sê Emily, was hulle Pro-Boers eintlik maar die meeste begaan oor Engeland se goeie naam wat deur die optrede van sy staatsmanne beklad word. Maar stadigaan het daar, ondanks sensuur, klein paragrafies in die Engelse pers begin uitslaan, en het terugkerende soldate en besoekers uit die Kolonie van ’n verskriklike ding begin vertel: die Britse leër in Suid-Afrika is besig om plaashuise af te brand en vroue en kinders haweloos veld in te ja - en dit nou in Junie, in die bitterste winterkoue ! Menslike meegevoel kry nou die oorhand oor morele verontwaardiging.

Vir Emily, wat haar lewe lank met haar hart dink, word die gedagte aan hierdie ellendiges ’n nagmerrie wat haar vir g’n oomblik met rus laat nie: dakloos, koud, honger, wanhopig bly hulle voor haar. So diep is haar ontroering dat dit vir haar is of sy helder soos op ’n doek voor haar sien hoe sy tussen hulle beweeg en hulle help.

Daar sal mense wees wat nie aan "visioene” glo nie, sê sy later jare hieroor in ’n brief aan mev. pres. Steyn. Sy weet nie. Sy kan net sê wat met haar gebeur het. Watter uitleg julle ook al daaraan wil gee, dit was ’n gevoel wat in stilte gegroei en ontwikkel het tot ’n onwrikbare sekerheid, sê sy.

Nou, prakties wees: dit sal nie baat om kaalhand te gaan nie. Mense het reeds spontaan vir haar bydraes begin aanstuur. In September 1900 besluit sy om met mening te begin insamel. As prominente lid van die S.A.C.C. kan sy so iets natuurlik nie doen sonder om eers met die president, mnr. Courtney, te praat nie. En om by mnr. Courtney verby te kom - daarvoor sal ’n mens jou storie moet ken. Hy is daarvoor bekend dat hy nie vir onbekookte planne te vind is nie, dat hy die voor- en nadele van enige saak baie, baie versigtig teen mekaar opweeg.

Dit tref so dat Emily in hierdie tyd juis by die Courtneys in Cheyne Walk tuis is: sy het erg verkoue onderlede gehade en Kate Courtney het haar uit haar woonstel kom haal en huistoe gebring om haar ’n bietjie te vertroetel. Om met mnr. Courtney oor die saak te praat, is vir haar ’n berg. Een oggend, as die twee bejaarde vriende van haar laterig aan ontbyttafel kom sit — Emily was al vroegoggend op, besig met briewe skryf, koerante lees, organiseer en doen - gaan sy reg op die man af en stel haar saak.

Mnr. Courtney het eers bedenkings. Die ou heer stap op en neer in die kamer, op en neer. Dan gaan staan hy voor die venster en kyk uit op die fraai tuintjie wat al na herfskleure begin deurslaan. Hy tik, tik, tik, tik teen die ruit soos hy sy vier bedenkings formuleer: Weet ons genoeg van die toestand om sommer halsoorkop in te spring met ’n hulpfonds ? Hoe gaan dit uitgedeel word ? Hoeveel kan ons hoop om in te samel - £10,000? - en wat sal die bietjie help? Belangrikste nog : sal die militêres ooit toestemming gee?

Emily het, so goed as sy kan, ’n antwoord op elk van die punte. Nou ja, toe dan, sê die Courtneys, nog bietjie huiwerig.

Dis vir Emily of daar vlerke aan haar voete is toe sy die kamer uitstap. Die mure van Jerigo val! sing haar hart. So sal sy nog alle ander hindernisse ook te bowe kom, glo sy nou.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2684 gaste aanlyn