NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die woorde uit die mond van 'n wyse is aangenaam, maar die lippe van 'n dwaas verslind homself – Prediker 10

EMILY HOBHOUSE... (7)

...heldin uit die Vreemde

Rykie van Heerden

Lees reeks by Emily Hobhouse

Die eerste week in Februarie 1901 is ’n ongesonde week vir ’n middeljarige vrou om alleen in die Vrystaat te gaan treinry, veral van Bloemfontein af in die rigting van die Grootrivier.

Die Britse leër is in rep en roer. De Wet wil weer Kolonie toe en dié keer, sweer genl. Knox, dié slag gaan hulle hom vang. Op Bloemfonteinstasie is dit ’n geharwar. Die befaamde Boeregeneraal het deurgebreek by die forte op Thaba Nchu en Sannaspos. Genl. Knox het sy kolonne omgeruk, terug Bloemfontein toe. Van daar word manne, perde en berge voorrade inderhaas op die trein gelaai na die Bethulie-spoorbrug oor die Oranje, want daar iewers, glo hy, sal De Wet vandeesweek die rivier probeer oorsteek. Daar’s gerugte van Boerekommando’s hier, daar, oral — op Springfontein ... by Norvalspont. Hulle breek spoorlyne op, hulle keer treine voor. Anderkant Norvalspont het genl. Froneman die spoor voor en agter die Hoopstadtrein die lug in geblaas.

En in die geharwar klim ook op Bloemfonteinstasie op die trein: mej. Emily Hobhouse, hoedjie op, kantkragie om die nek van haar bloese, met haar koffer en haar trommeltjie padkos wat Caroline Fichardt vir haar ingepak het. Sy gaan Norvalspont toe, sy gaan ondersoek instel na die toestande in die kamp daar. Sy neem saam met haar ’n paar groot negosiekratte met veral klere.

Dit word ’n verskriklike reis. Emily se trein word dankvader nie ontspoor nie. Maar die hele spoorlyn is onder militêre beheer. Die gewone spoordiens is totaal ontwrig. Gewone spoorbeamptes bestaan feitlik nie meer nie, en so iets soos ’n rooster van aankoms en vertrek kan vergeet word. Dis passasiers in goedere- en kondukteurswaens. Dis kort-kort voorgekeer word vir passe, permitte. Dis ure lank op stasietjies rangeer sodat die eindelose konvooie troepetreine en voorradetreine by mekaar kan verby op die enkelbaanspoortjie. Een keer sit Emily vyftien uur lank penregop in ’n kondukteurswa, "...met net ’n bottel gekookte melk vir geselskap”, terwyl die trein stamp en stop, ruk en rangeer. Die laaste dameswagkamer langs die spoorlyn is of toegesluit of deur offisiere geannekseer vir kantore. Kort voor middernag, soms, hoor sy dat ’n trein waarop sy al die hele bakwarm middag wag, eers voordag die volgende oggend sal vertrek. Intussen, afgelaai op ’n kaal haltetjie, was daar vir haar niks te ete of te drinke nie.

In die verte bulder die kanonne.

Op ’n keer, by Norvalspont op ’n terugreis, ontferm die R.S.O. (Resident Staff Officer) hom oor die arme vrou wie se trein, blyk dit, die nag glad nie meer sou kom nie. Hy vat net sy pajamas uit die kondukteurswa wat hy vir hom eenkant gerangeer en as woonwa ingerig het en sê dis hare vir die nag. Daar’s ’n bed - wel sonder lakens, maar wat maak dit saak! Daar’s selfs ’n seilbadjie om in te bad. Emily is so oorstelp deur soveel vriendelikheid en soveel luukse dat sy in haar uitgeputte toestand op die bedjie neerval en half histeries begin huil. Maar dan sit sy regop en vee haar oë af : watter avontuur darem, dink sy - hoe sou Oliver haar nie beny om so binne-in ’n oorlog ’n nag in ’n woonwa op wiele te kan deurbring nie! So tussen al die somber verhale van oorlog en noodlyding vertel sy in ’n brief aan Oliver se pa spesiaal van haar nag in die kondukteurswa. Ook van die meerkatte waaraan sy haar nog altyd so kan verkyk - ’n meerkat, sê sy vir Oliver, is kleiner as ’n kat en het kort voorpootjies en ’n manier van regopsit om hom in die sonnetjie te koester. Hy’t ’n skerp neusie, en swart oortjies "and it chuckles with pleasure when you cuddle it. They tame easily and are sweet”.

Norvalspont toe sal sy op hierdie reis gaan, Aliwal-Noord toe, terug Bloemfontein toe, weer Norvalspont toe, Warrenton toe, Kimberley, Mafeking toe - tussen-in ook nog ’n week af Kaap toe om vir permitte te reël. Nou sien sy oorlog van naby.

By Warrenton, op pad na Kimberley, klim ’n jong Britse kaptein by haar in die kompartement. Sy uniform is verflenter. Die broek wat hy aanhet, beken hy, het hy van iemand anders gekry. Hy’t die oggend saam met ’n konvooi op Warrenton aangekom, en hy is volkome pootuit. Sy regiment het vee, vroue en kinders voor hulle uitgejaag, al wat kos en klere was aan die brand gesteek, en die naturelletroepe toegelaat om die Boerehuise te plunder aangesien daar nie genoeg geld was om hulle die normale soldateloon te betaal nie. Elke dier wat nie by die konvooi kon byhou nie, is keel-af gesny en net daar laat lê.

"Dis niks anders as ’n uitdelgingoorlog nie,” sê hy met afsku, "en ek walg daaraan.”

En daar, langs die spoor, skryf Emily aan Aunt Mary, sien sy toe ineens die bymekaarveegsels van so ’n verwoestingsmaneuver : duisende bulkende en blêrende dors vee maal saam in ’n enorme stofwolk, karre, waens, soldate en perde stol in verwarring, swepe word geklap, bevele uitgeskree, en verwilderd in trokke is massas mense, swart sowel as wit: vroue, kinders, ou mense wat angstig klou aan patetiese bondeltjies besittings wat in ’n paar oomblikke uit vlammende wonings bymekaar gegryp is: Hulle gaan kamp toe op Warrenton...

En toevallig, sê Emily, weet sy dat Warrenton geen enkele tent het om hulle te huisves nie.

Die jong kaptein by haar in die kompartement was beleer in Hoopstad. Dis agt maande laas dat hy of sy mense van mekaar gehoor het. Hy is so gedaan dat hy ure aaneen slaap. Emily maak vir hom tee op haar stofie. Sy sou, sê sy, sy plunjes reggemaak het, maar hulle was te gaar. Party van die manne is nog erger daaraan toe as hy. As hulle aan diens moet gaan, moet hulle vir hulle fatsoenlikheidshalwe Skotse rokkies van komberse prakseer, soos die Boere hulle "uitgeskud” het, vertel hy verleë.

’n Nog erger toneel as langs die spoorlyn by Warrenton sien sy op ’n Sondagoggend met die verbykom op Springfonteinstasie. ’n Klein en klaar haglike kampie waarin 500 mense was, moet na enkele weke 3,000 huisves. Twee dae lank al wag nog 600 gehawende vroue en kinders in of onder oop trokke op die halte, onder die bakkende son bedags, in die bitter herfskoue van die nagte. Daar’s geen voorsiening vir hulle êrens nie. Die reën stort neer. Die water staan damme op die grond. Emily trek die grys sjaal wat sy van Aunt Mary gekry het, stywer om haar. As sy kon afklim en probeer help! Maar haar pas is gestempel vir Bloemfontein en sy mag haar reis nie onderbreek nie.

Daar langs die spoor kom aangehardloop Clara Sandrock, die tienerdogter van die Lutherse sendeling by wie sy met die vorige deurkom oorgebly het. Sy het vir Miss Hobhouse ’n kannetjie warm koffie. Dit, die tweepennie-broodjie en die blikkie vleis wat sy vir eie padkos by haar het, deel sy net so uit aan die vroue en aan die kinders wat, twee dae al sonder kos, kerm en huil. Die geld wat sy het, gee sy aan Clara: bly maar vanoggend weg uit die kerk, kyk wat jy by die stasie-winkeltjie kan koop, gee vir die mense! roep sy, en daar, met ’n stamp, kom haar trein ook al weer in beweging.

Die toestroming na die kampe ruk duidelik heeltemal hand-uit. As Emily na ’n afwesigheid van veertien dae weer in Bloemfontein aankom, het die kampbevolking van tweeduisend reeds verdubbel, en daar’s nou vierduisend op daardie kaal kop.

Dat toestande van kamp tot kamp hemelsbreed kan verskil, kom sy in hierdie maande Februarie, Maart en vroeg-April agter. Dit hang af, som sy vir Aunt Mary op, van, in die eerste en belangrikste plek, die kampkommandant; van die aard van die omgewing, of daar brandhout en water is; van die afstand van die kamp van ’n voorrade-depot of winkel; van die druk wat openbare mening in ’n omgewing uitoefen en, laastens, die datum wanneer so ’n kamp begin is. Die ouer kampe het nog op ’n manier kans gehad om hulle in te rig, die nuweres is eenvoudig oorweldig deur die toestroming van mense in nood, dikwels voordat ’n enkele tent nog gestaan het.

’n Modelkamp, byvoorbeeld, is die op Norvalspont, onder die voortreflike kapt. Forbes Taylor. Sy kamp het, wanneer Emily dit vir die eerste keer besoek, sowat 1,500 mense. Die tente is netjies in rye opgeslaan, genommer en met behoorlike strate tussen-in. Die kommandant het goeie helderskoon drinkwater met pype laat aanlê van ’n plaasfontein ’n paar myl daarvandaan. Die Oranjewater is daar vir was. Die tente is nie die helfte so oorvol as by Bloemfontein nie, en elkeen het ’n tafel, ’n lae houtbed met ’n matras, ’n bankie, en eetgerei. Mense mag bedags kom en gaan; hulle gaan selfs piekniek maak langs die rivier. ’n Groentetuin is aangelê, en, deels om die mans besig te hou, het die kampkommandant hulle laat tennisbane maak vir die ontspanning van die kamp-mense.

Daar was drie tennisbane, sê mev. Jacoba Christina von Moltke, gebore Boshoff, meer as ’n halfeeu later (sy was saam met haar suster en broertjie, die latere prof. S. P. E. Boshoff, in die kamp). Daar was die blanko-baan nou vir die effens hoëres, daar was die hospitaal-baan en dan nog ’n derde court so vir die "mixture class — want u moet verstaan", sê sy, "daar was in so ’n kamp allerhande klaste mense"...

Die verpleging was wel nie wat dit kon gewees het nie. "Ek kan nie sê hulle het my goed behandel nie,” se mev. Von Moltke. Sy’t ernstige ingewandskoors gekry en is in die kamphospitaal opgeneem. Die kampdokter het vir haar araroet en sjampanje voorgeskryf - erkende behandeling vir ingewandskoors destyds. "Maar hulle’t my nooit die sjampanje gegee nie - als self opgedrink,” sê mev. Von Moltke, na al die jare nog gegrief.

Norvalspont se kamp het ook baie gou ’n skool gehad vir die kampkinders. En van kinders gepraat, ’n groot pret vir hulle was die mak bobbejaan van die kampkommandant. Hulle het altyd vir hom lekkers toegedraai in papiertjies gegee. Maar eendag, toe hulle hom ’n akkedissie in ’n kardoessak gee, het hy so groot geskrik toe hy dit oopmaak, dat hy ruens agteroor geslaan het - toe hardloop kind, want hulle dag die kommandant se bobbejaan is straks heeltemal doodgeskrik.

’n Ander goedgeorganiseerde kamp is die by Aliwal-Noord, onder maj. Apthorpe, vind Emily. Die dorpie self het maar 800 inwoners en binne vier weke is hulle toegegooi met 2,000 voortgejaagde vroue en kinders, wat in die kampdorp net buite gehuisves moet word. By hierdie kamp is g’n soldate of wagte nie. Kampbewoners kan vryelik en sonder pas dorp toe gaan, groot gesinne het elk twee tente, die kampkommandant verskaf ekstra seil vir dié wat nog ’n opslaankamertjie langsaan wil maak; hy sê die mense moet praat en sê wat hulle nodig het, en die rantsoene is beter: ’n half-kilo ontwaterde groente en aartappels per week word verskaf - en aartappels is hier agt keer so duur soos in Londen. Die dorpsmense help ook sover hulle kan.

Hier, soos ook by Norvalspont, is die gebrek aan seep ’n groot beproewing. Die mense gebruik meesal as; witklei ook soms. Snaaks, merk Emily op, mans dink nie daaraan om seep te verskaf nie; hulle sê sommer net: Op dees aarde, maar hierdie Boeremense is smerig! Emily gaan koop seep in die dorp op, sy koop ook rokmateriaal vir die vroue dat hulle vir hulle kan klere maak. Dikwels as ’n Boervrou niks anders uit haar brandende huis kon red nie, het sy darem nog haar kosbare naaimasjien gegryp en saamgeneem kamp toe.

Selfs ’n goedgeorganiseerde kamp is egter geen vakansie-oord nie. Daar is enersyds die verskriklike hitte. Die kampdokter op Kimberley sê vir Emily sy koorspennetjie is vir hom hier niks werd nie : die temperatuur in die tente is maklik 108 grade, selfs 112 grade Fahrenheit. En snags kom die verskriklike dou, wat dwarsdeur die tentseil dring en alles binne, van klere tot komberse, deurweek. As ’n mens soggens deur so ’n kamp loop, is elke draad uitgehang, om weer in die son droog te word. Intussen kry die mense koue van in die nat goed slaap, hulle kry longontsteking - selfs in hierdie "goeie” kampe is die dodetal ontstellend.

En daar is haglike kampe.

Een van die treurigste kampe waar Emily aandoen, is Springfontein - selfs nog voor die groot toestroming wat sy later in die verbyry daar sien. Op 4 Maart is sy daar, tuis by die gasvrye Sandrocks - liewe mense wat haar ’n kamer gee en die allerbeste geriewe wat hulle het. Baie bly is hulle op hulle beurt vir die kissie kruideniersware wat sy vir hulle van Bloemfontein saamgebring het, want alles, eenvoudig alles, is in hierdie dae skaars. Springfontein se kampmense is van die armste en erbarmlikste wat Emily nog teengekom het. Die kampkommandant is nie ’n slegte man nie, hy wil graag help - maar waarmee ? Hy het eenvoudig nie voorrade nie. Gelukkig het Emily drie kaste klere met haar saamgebring. Maar dis net ’n druppel aan die emmer in die groot nood wat hier heers.

Die hele dag sit sy op die stoep en laat gesin na gesin van die tente af na haar toe kom. Een vir een vertel elke vrou haar verhaal. Dis weer die ou, verskriklike storie: plase afgebrand, huise verwoes, vloerplanke opgeskeur, sakke-sakke mielies op solder verbrand, ’n kind wat so mooi, maar tevergeefs gepleit het die soldate moet tog die vergroting van sy vader, gesneuwel, vir hulle spaar . . . Van die vroue hier het, feitlik kaal, vir hulle van die growwe bruin kampkomberse rokke gemaak. ’n Ander het, baie ongewoon vir daardie tyd, ’n mansbroek aan. Omtrent geeneen van die meisiekindertjies het iets meer as ’n dun-gewaste, verbleikte katoenrokkie nie, met hoegenaamd niks daaronder, en die jaar stap aan na die bytende Vrystaatse winter. Skoene en sokkies is lankal iets van die verlede, vir volwassenes sowel as vir die kinders.

Op een dag rus Emily vyftien gesinne min of meer uit — dis sowat sestig mense. Die volgende dag sal sy waarskynlik nog sestig kan help, maar dan is haar voorraad gedaan.

Sy stuur ’n noodoproep om meer klere Engeland toe, en "terloops", laat weet Emily aan die Distress Fund-komitee tuis, "die bloeses wat julle aanstuur as bedoel vir volwassenes, pas net meisies van so twaalf, dertien - dis gans te klein vir 'the well-developed Boer maiden, who is really a fine creature. Could an out woman’s size be procured? ' ”

Julle sal die omvang van die nood besef, sê sy aan haar komitee, as julle sien hoe ek naalde en spelde twee-twee, drie-drie uitdeel, en rolletjies gare en stukkies lap onder verskillende vroue verdeel vir lapwerk. Al gare wat baie van die vroue kon bekom gedurende die maande wat hulle vir die Engelse gevlug het, was rafels uit stukke lap wat hulle in ontruimde soldate-kampe kry lê het. ’n Sker word soos ’n kosbare kleinood van tent tot tent in die kamp rond geleen, ’n vingerhoed sien jy feitlik nie ... (as Aunt Mary se ou huisbediende Jane, van hierdie nood hoor, stuur die goeie ou mens in haar armoede ’n naaldwerk-boekie vir die kampmense.)

Alles is in hierdie Springfonteinse kamp so skaars dat Emily se growwe negosiekiste ’n hele opskudding veroorsaak — nie oor wat in hulle is nie, alleen al oor die planke. Daarvan sal lae beddens, tafels en bankies gemaak kan word. Bowenal sal die oorskietstukke gebruik kan word vir brandhout. Vuurmaakgoed is daar amper nie . . . en die mense se rantsoene is rou vleis, meel en koffie: alles nutteloos as daar geen vuur is om vleis gaar te maak, brood te bak en koffiewater te kook nie.

As Emily gehelp het vir wie sy kan help, is daar honderde wat nog geen hulp hoegenaamd gekry het nie. Maar selfs hierdie vroue wat niks gekry het nie, en aan wie selfs niks belowe is nie, is diep aangedaan : net om te hoor dat daar Engelse mense is wat met hulle saamvoel en hulle nie beskou as "refugees” wat maar te dankbaar moet wees vir die "kind and benevolent protection of Britain,” soos hulle so dikwels moet aanhoor nie.

Emily se "misdaad” in die oë van baie van haar landgenote is nie soseer dat sy die Boervroue gehelp het nie, maar dat sy haar met hul nood vereenselwig het, dat sy meegevoel aan hulle gewys het.

Hoe kan sy anders? Agter die behoefte sien sy altyd die mens raak. Daarvan getuig die kort aantekeninge wat sy in haar verslag aan haar komitee gee oor die gevalle met wie sy te doen kry. Name word nie genoem nie, maar daar is opmerkings soos "an elderly woman, quiet and composed”; "a nice woman but perfectly furious in a quiet way”, "evidently very delicate girls, with sweet faces and gentle manners - like superior dress makers”, "a pretty, gentle young woman, speaking good English”.

Wanneer ’n mev. Louw se babaseuntjie in Kimberley se kamp sterf, koop sy vir die bedroefde moeder swart crepe vir rouklere. Mors van geld ? Dit lyk haar die beste manier om haar meegevoel te betoon. Sy verstaan dit so goed, sê sy, hoewel sy self niks van rouklere hou nie : daar by hulle in Cornwallis sal ’n vrou ook haar laaste sjieling uitgee vir rou-materiaal. "So Mrs. Louw’s mourning will be a present from England . . .”

Wanneer sy, met haar derde en laaste verbykom by Springfonteinstasie, ’n bejaarde egpaar kry wat bewe van die koue — ’n mnr. en mev. Van der Walt, ’n oom en tante van pres. Kruger - neem sy die ou tante eenkant, trek haar eie warm onderrok uit, en gee dit vir haar. Haar ma se kind, die Emily!

Sy word uitgenooi na ’n vergadering van die S.A. Mothers

Christian Union, die flukse vereniging wat op Kimberley met die kampnood help. Hulle lees uit Lukas die verhaal van die Goeie Samaritaan. Dan gaan ’n mev. Wagner voor in gebed, "during which,” skryf Emily vir Aunt Mary, "it transpired I was the good Samaritan, which came on me rather as a shock for I had not thought of myself in that capacity” !

Emily Hobhouse is lank nie die enigste goeie Samaritaan nie. In hierdie jare van die konsentrasiekamp-nood word skeepsvragte voorrade en klere ontvang — afgesien van Engeland en uit die Kolonie, ook van Amerika, van Holland, van Duitsland, Frankryk, Switserland, selfs van Rusland (die Nederlandse vroue het die verbeelding om in "combination”-pype en in die moue van klere bemoedigende simpatieboodskappies vas te spelde). Die Kwakers uit Engeland stuur verskeie werksters na die kampe, Emily se eie Distress Fund Committee sal dit ook doen.

Uit die verslag van die "werkende comite” van die Afrikaanse Parlementslede van Kaapland sien ’n mens wat deur net een so ’n komitee alles na die behoeftiges van die kampe gestuur is: 8,789 komberse, 883 baatjes, 3,274 hoede, 10,812 paar kouse, 173 paar knickers, 1,830 petjes, 900 tjalies, 3,504 sakdoeken, 10,432 paar stewels en skoene, 2,172 handdoeke, 1,060 borstrokke, 340 onder- rokke, 3,709 jerseys en vests, 373 knipmesse . . . aan rokgoed 18,086 jaart tabberdstof, 24,384 jaart sis, 27,556 jaart flennie, 5,361 jaart hempgoed, 1,116 jaart kant.

Dan : 6,504 pakkies hakies en ogies, 29,386 haarnaalde, 16,488 dosyn knope, 18,720 pakkies naalde, 6,608 pakkies spelde, 61 gros skoenveters, 504 skerre, 2,004 hareborsels, 3,848 haarkamme, 18,144 stringetjies stopwol.

En : 1,680 potjes bovril, 4,944 botteltjes kasterolie, 972 flesse hoesmixturc, 856 bottels maagmixture, 31 kannc ontsmettirigstof, 706 bottels portwyn, 453 bottels brandewyn, 400 bottels lysol, 192 bottels soetolie, 1,380 pakkies jelliepoeier, 1,380 pakkies Mellins Food (babakos) en 56 pakke arrowroot.

Voorts: 3,278 pond lekkers, 11,534 pond dadels, 2,461 pond beskuit; 196 kastrolletjies ("enamelled”, word gespesifiseer), 24 feeding bottels, 8 doosjes sigaren, 2,150 pakkies sigarette, 43,572 pond tabak, 60 pond snuif, sewe "stoves”, 173 wandelstokke (vir die hospitale), 62 ton steenkool, 320 mud aartappels, 44 mud uie, 100 mud patats . . . en katkisasieboeke en Bybels en "groot hoeveelheden traktaatjes en teksten”; en 2,558 leie, 13,400 griffies, 17,200 skoolboeke.

Die Sondagskoolkinders van Kaapland kollekteer ook vir minder bevoorregte "broertjes en zustjes” in die kampe : hulle stort £900 (R1,8oo)'in die lekkersfonds vir die kampkinders.

Ondanks hierdie hulp skiet die sterftesyfer in die kampe maand vir maand die hoogte in, soos elders alleen in tye van groot pes of epidemies. Masels, maagkoors, ontbering, verhongering eis hul slagoffers. Vyftien, twintig mense word per dag begrawe deur ds. A. D. Liickhoff en ds. H. C. Becker in die verskriklike Bethulie-kampe; talle, by gebrek aan selfs die eenvoudigste kis, sommer net in ’n kombers toegewikkel. Elke middag gaan die oop doodswa krakend met sy vrag na die kampkerkhof. Snags hoor jy die swaar, afgemete tree van die lykdraers wat telkens ’n liggaam kom weghaal. ’n Vrou verloor al nege haar kinders in die kamp, al agt haar kinders, al sewe – "Ag, meneer,” sê een as sy die vierde van haar sewe kinders afgee, "ek het darem nie gedink dit sal oor die helfte gaan nie.”

Ná die oorlog sal manne van kommando of van buitelandse krygsgevangene-kampe terugkom en na hul mense kom soek, en nie een enkele meer vind nie. ’n Seun te perd sal op ’n galop by ’n kamp aankom : "Waar,” sal hy opgewonde roep, "is my ma-hulle?” Mense sal hom sê daar’s nie een meer wat lewe nie, en hy sal sy kop teen sy perd se neus druk en ruk soos hy snik.

En afgesien van die kampe vir die witmense, is daar konsentrasiekampe ook vir nie-blankes. Herhaaldelik sal Emily ander vroue-verenigings, ander liggame, soos Bloemfontein se Loyal Ladies byvoorbeeld, smeek om terwyl sy dit hoegenaamd nie ook nog kan bybring nie, ondersoek in te stel na die verskriklike nood daar.

Emily het intussen net verlof om die Kaapse en Vrystaatse kampe suid van Bloemfontein te besoek. Al haar vertoë om ook verder noord te mag gaan, loop op niks uit. As sy op 23 April finaal hoor dat verlof hiervoor haar beslis nie toegestaan sal word nie, besluit sy daar is net een ding wat haar nou te doen staan : sy moet terug Engeland toe, sy moet die Britse publiek gaan inlig hoe dit werklik gaan in die kampe waarnatoe steeds nog duisende mense aangejaag word.

Daar moet van bo ingegryp word: met liefdadigheid alleen kan die ellende nie bekamp word nie.

Op 5 Mei 1901 kom sy smerig vuil, rooi van die stof met ’n troepetrein in Kaapstad aan. En hoor dat alle skepe vol bespreek is. Wag, daar’s tog ’n passasie op die Saxon wat oor twee dae na Engeland vertrek. Binne ’n uur moet sy besluit of sy dit neem of nie.

Met die Saxon gaan ook sir Alfred Milner Engeland toe. By Southampton wag die Britse Koning hom in, om hom ’n lord te maak - vir sy voortreflike dienste aan die Britse Ryk in Suid- Afrika...

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2408 gaste aanlyn