Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Versoekings is baie verskillend. Die verdorwe gedagtes wat ons aanhits om die wet te oortree is versoekings. Hierdie gedagtes word óf deur ons eie begeertes aangevuur, óf deur die duiwel wakker geroep. Ook die dinge wat eintlik self nie sleg is nie, word versoekings deur die lis van die duiwel. Dit gebeur wanneer dinge oënskynlik onskuldig só aan ons opgedis word dat dit ons van God wegtrek.
OU PRETORIA... (9)
...'n verhaal van die stad se Voortrekkerperiode
Dr. GUSTAV S. PRELLER
Lees reeks by Ou Pretoria
BESLISSING VAN ’N NOBELE VROU
As erkenning van sy groot diens aan die Trek, het die Volksraad aan Pretorius toegeken ‘n mooie en vrugbare plaas Welverdiend, ses myl buite Pietermaritzburg geleë. Daarop het hy vir homself en sy gesin ’n doelmatige en gerieflike woonhuis gebou, wat vandag nog daar staan. Die plek is merkwaardig ook omdat Pretorius daar vir die eerste keer op skrif gestel het die vernaamste beginsels van die Voortrekker-ideaal naamlik segregasie.
Na die weldadige regering van sir Benjamin D’Urban het sir George Napier Goewerneur van Kaapland geword ’n man, 'n wat vasbeslote was om die Afrikaners met wortel en tak uit te roei. Nieteenstaande die advies van sy eie raadgewers het hy volgehou dat niemand, en allermins die Voortrekkers, hulle ooit kon ontdoen van hulle Britse nasionaliteit. Hy het geweier om hulle onafhanklikheid te erken, en het voortgegaan om hulle "Britse onderdane” te noem, lank na die omverwerping van Dingane.
Die Griekwas en Koranna het hy as onafhanklik erken, en het verdrag met hulle aangegaan ten einde die Boere in te sluit tussen vyandelike rasse. Na die eerste moorde in Natal het hy die verkoop van skietgoed aan die Boere verbied, en hul eie kruit in beslag geneem en gekonfiskeer. Na jare van hardnekkige inspanning, het hy uiteindelik in 1840 daarin geslaag om van die Britse goewerment die gesag te verkry om Natal, weens allerlei denkbeeldige en voorgewende redes te annekseer, en het hy ’n troepe-afdeling daarheen afgestuur, die tweede, om die hawe te beset. Pretorius het hulle verslaan in ’n nagaanval op sy laer by Kongela en daarna vir ’n maand beleër, totdat die hulp oorsee opgedaag het wat Dick King met sy avontuurlike rit na Grahamstad gaan haal het.Kol. Cloete, die man in bevel van die Britse troepe, het die Durbanse swartes gelas om al die Boereperde wat hulle in die hande kon kry, te vang en vir hom te bring. Dit het natuurlikerwyse ten gevolge gehad dat daar wrede moorde en afskuwelike mishandeling van vroue en kinders op Boereplase plaasgevind het.
Pretorius het die onmoontlikheid ingesien om teen die swartes sowel as die Engelse te veg, en daar het ’n kapitulasie totstand gekom. Gedurende twee jaar van vrede, voor die verskyning van die Engelse, het die Boere hulle oor die land versprei dankbaar dat hulle eindelik huise kon bou en landerye aanlê.
Hulle het voorlopig in redelike vrede met die swartes geleef. Na die geweldenary wat daar toe op bevel van die Britse aanvoerder plaasgevind het, was hulle verplig om weer in laers te gaan staan, en die vooruitsig om die Engelse sowel as die swartes te beveg, het manne soos Pretorius, Maritz, Prinsloo e.a. daartoe gebring om te kapituleer.
' n Algemene amnestie, wat enkele laers uitgesluit het, word genadiglik aan die Voortrekkers toegestaan, wat niks meer gedoen het as om die land te verdedig wat hulle so duur betaal het nie; en hoewel die meeste van sy mense dadelik weggetrek het uit Natal, het Pretorius besluit om te bly en saam te werk met die Engelse. Onvermoeid het hy daarna gestreef om ’n gees van versoening en samewerking teweeg te bring, ’n eeu voor die herhaling daarvan in 1902. Nie alleen het hy dit verkondig nie, maar metterdaad in toepassing gebring jeens die Engelse in al wat hy gedoen het; maar hy kon die nuwe regeerders van sy land nie daartoe bring om hulle nuttelose en ontaarde naturellebeleid, wat die Boere uit Kaapland verdryf het, te matig of te laat staan nie.
Swartes wat deur Sjaka en Dingane deur hul oorloë uit Natal verdryf is, wat sodoende ontstam en onverantwoordelik geword het, het na die dood van Dingane in Natal teruggestroom. Die Boere het besluit om hulle na die suidkus toe te segregeer, toe Napier daarop aangeval het as bewys van verskriklike verdrukking van die naturelle, en volkome regverdiging van sy anneksasieplanne. Met hulp van die Engelse het die swartes die Boereplase oorstroom, moorde helder oordag gepleeg, vee gesteel en geslag, plase en kosbare woude afgebrand, sonder enige beletting van die kant van die owerheid. Pretorius het die een klagte op die ander aan hulle gerig, en verbeteringe voorgestel, maar dit het hom alles niks gebaat nie. Sy kelk het eindelik oorgeloop toe, in antwoord op herhaalde klagtes oor veediefstal en oorreding van die naturelle, die Engelse outoriteite hom in alle erns aangebied het om ’n sloot te grawe rondom sy plaas wat diep en wyd genoeg sou wees om die swartes daar uit te hou!
Terselfdertyd het die Lt. Goewerneur hom herinner daaraan dat die skelm swartes ’n "voorkeurreg” op die land besit het, op grond van die vroegste bewoning—’n koppige historiese dwaalbegrip wat reeds lank die rondte gedoen het.
Pretorius ry toe die hele end na Grahamstad, ten einde die saak van sy mense aan sir Harry Pottinger, destyds Goewerneur generaal en Hoëkommissaris, voor te lê, maar hierdie Indiese satrap het eenvoudig geweier om hom te sien.
Daarom het Pretorius besluit om te trek. Sir Harry Smith van Waterloo bekendheid, wat Pottinger opgevolg het, het Pretorius se trek onder Drakensberge ontmoet en trane van medelye gestort het oor die verskriklike ontberings waaran die vrouens en kinders blootgetstel was. Hy het egter gedink dat hy die mense met grond kon tevrede stel en het aangebied om iedereen ’n 3000 morge plaas van hulle eie land tod te ken as hulle omdraai. Oor die naturellevraagstuk kon hy niks sê nie en die trek het voortgegaan.
Pretorius het die plaas Grootplaats 20 myl wes van Pretoria gekoop en daarop gaan woon en boer. Kort hierna kom ’n beroep dat hy moet kom help om ’n opstand te Winburg te voorkom.
Daar het ’n misversand tussen Pretorius en Harry Smith onstaan oor die anneksasie en Pretorius het onderneem om Smith die bewyse daarvoor te lewer dat die oorgrote meerderheid van die mense teen aanhegting gekant was. Hy het vyftien byeenkomste toegespreek en duisende handtekeninge teen anneksasie verkry, wat hy aan Smith gestuur het. Daarop het hy na Magaliesberg teruggekeer, waar sy vrou, die troue metgesel van al sy trekke, ernstig siek gelê het.
Op hierdie oomblik het ’n boodskapper, deur die publiek van Winburg afgestuur, Grootplaats bereik om sy hulp in te roep tussen hulle en die Engelse te Winburg, waar sake snel ’n krisis genader het. Hoe kon hy sy siek vrou verlaat, vra hy aan die boodskapper; maar die brawe vrou het hulle hoor praat, en haar man gelas om te gaan. "Die lewe kan jy my tog nie gee nie,” het sy gesê; "gaan en sien wat jy vir jou land en volk kan doen.”
Pretorius is na die Vrystaat en sy na die Warmbad, in Waterberg, waar sy lank voor haar man se terugkeer dood is. Haar graf, wat lank verlore was, is gelukkig weer ontdek en voorsien van ’n geskikte monument.
In Junie 1848 het Pretorius na die Vrystaat toe vertrek, aan die hoof van ’n 500 Transvalers, en te Winburg het hy ’n aansienlike versterking ontvang uit die publiek wat woedend was oor die Engelse magistraat. Laasgenoemde is gevra om die dorp te verlaat en die vroeëre Boere Landdrost word herstel. Majoor Warden, die Britse Administrateur in Bloemfontein, het bedank en Pretorius het hom oor Grootrivier laat wegbring, waar hyself gevolg het om sy protes aan sir Harry Smith aan te bied. Laasgenoemde het al sy magte op die been gebring, insluitende 'n aantal Hottentotte, en het geweier om Pretorius te sien of te verhoor. In plaas daarvan het hy hom ’n "aartsrebel”, 'n "besetene”, ’n "leuenaar” en nog 'n paar ander dinge genoem en £1,000 uitgeloof vir sy gevangeneming. Daarop het Smith Grootrivier oorgesteek, en Pretorius agternagesit na Boomplaats.
Daar het ’n skerp geveg plaasgevind, waarin Smith verskeie offisiere en manskappe verloor het, maar Pretorius moes die aftog blaas. Toe sir Harry Bloemfontein bereik het hy Pretorius voëIvry verklaar, en die beloninq vir sy qevangeneminq vermeerder tot £2,000.
Toe die Fouries, Minnaars e.a. teen die Apiesrivier vestig , het Pretorius ook weer sy woonplaas bereik. Potgieter e.a. het die voëlvry verklaarde man skuins aangesien. Tweemaal had die Engelse hom toe al verslaan, en die vrees het bestaan dat hulle agter hom aan na die wonings van die vredeliewendes in Transvaal sou trek.
Sy woonplaas aan Magaliesberg was een van die mooiste in Transvaal, geleë in die hoek, waar die Magalies- en Krokkodilviere in mekaar loop, maar onder die omstandighede het dit hom weinig lus verskaf om die boerdery te hervat.
Twee van sy seuns het in Natal agtergebly, en die oudste, Marthinus, wat later die eerste President van die Suid-Afrikaanse Republiek geword het, was getroud, en had sy eie boerdery op Kalkheuwel, ’n end van Grootplaats af.
Die Vrystaatse Boere moes betaal vir sir Harry se veldtog, en baie was geneig om Pretorius ook daarvoor te blameer. Verwyte het hom van alle kante getref, en Potgieter, met wie Smlth erg ingenome was weens sy beweerde vredeliewendheid - Smith het hom natuurlik nie teen die Matabeles in die veld gesien nie!—word aangestel as magistraat in die Vrystaat, wat Potgieter ewenwel nie aangeneem het nie.
Vervolg...