NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Daar is twee soorte mense in hierdie wêreld: diegene wat die werk doen, en dié wat die krediet daarvoor neem. Dis beter om in die eerste groep te val – daar is baie minder kompetisie...

PAUL KRUGER (1)

'n Lewenskets van President S.J.P. Kruger

Deur D.W. Kruger

Lees reeks by Paul Kruger 

Herkoms en Jeugjare

Die dorp Sadenbeck lê langs die grootpad na Rostock omtrent 135 kilometer van die ou Pruisiese hoofstad Berlyn. Dit is ’n boeredorp op ’n groot sanderige gelykte, suid van ’n meer opwindende landskap wat deur woude en mere onderbreek word. In hierdie grensgebied wat hom tot aan Mecklenburg uitstrek, kweek die boere aartappels en suikerbeet en verder hou hulle varke en melkkoeie aan om in hulle eie onderhoud te voorsien.

Daar het die familie Kröger sedert jare gewoon en gewerk. Soos die naam aandui, was hulle bekermakers, waarskynlik silwersmede van herkoms. Die langdurige oorloë waaraan die markgrawe en keurvorste van Brandenburg deelgeneem het, het ’n gevoel van onveiligheid laat posvat en soms armoede en ontbering meegebring. Die boerderye was buitendien klein en geld om grond te koop, was daar nie. Vir die seuns was die vooruitsigte nie rooskleurig nie en die wat kon, het uit die ouerhuis padgegee en ’n heenkome elders gesoek.

Dit was ook die geval met Jacob, ’n seun van die jong egpaar Franz Kröger en sy vrou Elizabeth, gebore ’n nooi Hartwigs. Jacob is op 28 Julie 1690 gebore en drie dae later in die Lutherse kerkie aldaar gedoop. Franz Kröger is in 1710 oorlede toe hy nog glad nie ’n ou man was nie en sy weduwee het hom tot 1747 oorleef. Maar nie lank na sy vader se dood nie het Jacob, wat waarskynlik nie die oudste seun en erfgenaam van die grond was nie, sy ouerlike woning verlaat en, soos so baie ander Duitsers, hom as soldaat in diens van die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie begeef. Dit was ’n groot waagstuk wat moed en durf vereis en op ’n sterk gevoel van onafhanklikheid gedui het. Die drang na die vreemde en avontuurlike en die hoop op ’n beter toekoms moes daarby ’n aansienlike rol gespeel het. Die Kompanjie het geleenthede gebied aan elke ondernemende jong man. Dit was die poort na die fabelagtige Ooste waar daar baie kanse was wat Europa nie meer kon bied nie. Wat die lotgevalle was van die jong Kruger, soos hy sy naam geskryf het, kan nie meer vasgestel word nie, behalwe dat hy as gevolg van ’n ongeluk een van sy hande kwytgeraak het. Hierdie ongeluk het plaasgevind in 1713, kort nadat hy met die skip Middelwout aan die Kaap geland het.

Hoewel hy nog ’n paar jaar lank soldaat gebly het, is hy van 1714 tot 1717 deur die Kaapse owerheid as boukneg aan die burger Willem ten Damme uitgeleen; daarna vir ’n tydjie aan Ernst Mostert van Stellenbosch. Reeds in 1716 het hy aansoek gedoen om burgerregte waarvoor hy moes wag tot 11 Januarie 1718. Van toe af was hy, reeds ouer as 27 jaar, ’n Kaapse vryburger met heelwat kennis van die boerdery. Op 1 Mei 1718 het hy getrou met Johanna Kemp, ’n dogter van Nicolas Kemp en Cecilia Swerisse. Johanna was ses jaar jonger as haar man.

Hulle, die Kaapse stamouers van Paul Kruger, het ’n eie boer­dery begin, maar dit het nie so maklik gegaan nie, want sedert verskeie jare het die Kompanjie nie meer eiendomsgrond uitgegee nie. Die mark vir landbouprodukte was swak en die enigste uitkoms vir die meeste jong beginners was die veeboerdery. Die wêreld dieper na die binneland het nog oopgelê en die owerheid het geredelik verlof aan vryburgers gegee om hulle oorkant die grense van die Kaapse nedersetting te vestig. Weilisensies is aan hulle toegestaan, maar geen eiendomsregte nie.

Dit was die begin van die Trekboerbeweging, die groot faktor wat die uitbreiding van die kolonie in die 18de eeu veroorsaak het. Ook die Krugers in Suid-Afrika was van die begin af daarby. Hulle het veeboere geword en het in die loop van daardie eeu vinnig oor die groot binnelandse hoogvlakte versprei. As gevolg van ondertrouing met meisies van Hollandse of Franse herkoms het hulle lidmate van die Hollandse kerk sowel as Calviniste ge­word. Saam met baie ander immigrante uit Duitsland en elders is hulle deur die oorspronklike nedersetters geassimileer en het hulle Afrikaners geword. Hulle het hulle aangepas by die landstoestande en lewensomstandighede en ’n eie lewenstyl ontwikkel.

Anders as die oorspronklike vryburgers was dit asof niks hulle aan die omgewing van die Kaap of aan Nederland gebind het nie, behalwe hulle godsdiens en die kerk. Terwyl in Nederland self die Calvinisme in die loop van die 18de eeu verstar en onder die invloed van die heersende gedweep met rede of rasionalisme geraak het, het die Krugers, soos die meeste Kaapse trekboere, aan die ou Gereformeerde waarhede vasgehou. In daardie opsig het die Hollandse Statebybel saam met die preke en stigtelike werke van die Gereformeerde skrywers ’n groot rol gespeel. Dit was van groot betekenis as ’n beskawende invloed te midde van omstandighede wat maklik kon lei na vereensaming en bandeloosheid. Kerke en predikante was yl verspreid, daar was feitlik geen gereelde onderwys nie en die Kompanjie wat die wêreldlike gesag verteenwoordig het, was nie in staat om ’n behoorlike orde deur dwang te handhaaf nie. Die ouerlike huis was die middelpunt van die Christelike samelewing in die binneland, en op die ouers het die groot verantwoordelikheid gerus om hulle kinders in die voorvaderlike geloof te onderrig. Daarvoor was dit ook nodig om hulle terselfdertyd te leer lees en skryf. Dit was nie veel nie, maar voldoende om hulle te bewaar van ongeletterdheid. Die lewenstyl en lewenspatroon van die Trekboere het ’n tradisie geword wat met hulle saam oor die binnelandse hoogvlaktes van Suid-Afrika versprei is. Teen die begin van die laaste kwart van die 18de eeu het hierdie Afrikaners reeds deurgedring tot aan die Visrivier in die ooste en tot aan die Suurberge in die noorde, byna tot aan die Grootrivier. Hulle het steeds beweeglik gebly en op hulle eenvoudige wyse die draers geword van die blanke Christelike beskawing.

Ook die familie Kruger het sy aandeel hierin gehad. Terwyl stamvader Jacob nog in die Sandvlei noord van die Kaap geboer het, het sy seun Hendrik wat in 1725 gedoop is as die sesde van agt kinders, deur die Roggeveld getrek en reeds voor 1780 die omgewing van Graaff-Reinet bereik. Hy is in 1793 aldaar oorlede. Uit sy huwelik met Francina Cloete in 1748 is ’n talryke geslag gebore, tien seuns en agt dogters. Dit was kinderryke huisgesinne wat terselfdertyd steeds groter veebesitters geword het.

Hendrik Kruger se tweede seun Gert, gebore in 1750, het reeds 100 beeste en 1000 skape gehad. Hy was bedeeld met heelwat gesonde verstand en politieke vernuf, want in ’n tydperk toe die wilde Boesmans die lewe byna ondraaglik gemaak het deur hulle roof- en plundertogte en die woedende boere op hulle jag gemaak het, het hy gepleit dat daar eerder ’n beleid toegepas word om hulle te tem en te leer om vee nie as wild te beskou nie. In 1786, die jaar toe die nuwe drosdy, Graaff-Reinet, gestig is, het Gert Kruger reeds op die plaas Soutpansdrif aan die Brakrivier, noord van die latere Gradock geboer.

Sy vierde seun Stephanus Johannes, is in 1778 in dié omgewing gebore. Uit die huwelik van Stephanus met Sophia Margaretha Steenkamp in 1798 is gebore Casper Jan Hendrik Kruger, die vader van Paul Kruger. Hy, sowel as sy ouer broer Gerrit Johannes, was bestemd om leiersrolle gedurende die Groot Trek te speel. Dit was woelige jare, want in 1795 het die Engelse die Kaapkolonie in besit geneem en die boere van Graaff-Reinet het hulle nie maklik daarin berus nie en selfs in gewapende opstand gekom. Dit skyn nie of Stephanus Johannes daaraan deelgeneem het nie, want hulle soort was mense wat die owerheid wat oor hulle gestel was, as van God geordineer beskou het. Met die Slagtersnek-rebellie van 1815 was dit weer die geval. Stephanus Johan­nes was toe in die fleur van sy lewe, nog geen veertig jaar oud nie, en die twee seuns Gert en Casper was reeds weerbare jong kêrels. Hulle aandag was by hulle boerdery, te ver van die woelige Oosgrens van die kolonie om griewe teen die regering te hê.

Hulle het gewoon in ’n landstreek wat arm aan water was en wat periodiek geteister is deur droogtes, sprinkane en trekbokke wat die weiding verniel en hulle gedwing het om van tyd tot tyd na beter weivelde te trek. Die beste plase in die noordelike dele van Cradock was reeds besit en dit het steeds moeiliker gegaan vir jong beginners om op die been te kom. Dit was veral die geval met Casper wat van plaas tot plaas in die omgewing getrek het. Die rondtrekkery met die vee was ’n soort voorbereidingskool vir die latere groot landverhuising tydens die Groot Trek na die noorde. In 1818 het die jong Casper wat op 17-jarige ouderdom reeds as volwasse beskou is, hom op die plaas Rietfontein gevestig, in die wyk Brakrivier van Cradock, aan die suidelike uitlopers van die Suurberge. ’n Paar kilometer oos van hom het die Steyns op die plaas Bulhoek gewoon en daar het Casper kennis gemaak met en verlief geraak op die jong Elsie, dogter van Douw Steyn, ’n vermoënde veeboer.

Soos die Krugers het ook die Steyns uit ’n ou Kaapse geslag gestam. Hulle voorvader was Douw Gerbrand Steyn uit Leeu- warden, Gröningen, in die Nederlande, wat in 1668 na die Kaap gekom en daar getrou het. Sy kleinseun, Douw, wat in 1747 gedoop is, was ’n burger van Swellendam en sy naaste bloedverwante het ’n aansienlike rol gespeel in die stryd teen die Kompanjie in die laaste kwart van die 18de eeu. Hierdie Douw se seun, ook Douw Gerbrand, is in 1777 gedoop en toe hy grootgeword het, het hy na Graaff-Reinet verhuis waar hy in 1795 getroud is met Alida Barendina van der Walt. Hulle het veertien kinders gehad en gewoon op die plaas Gannavlakte aan die Visrivier, enkele kilometer suid van die latere Cradock. Daar is hul dogter Elsie Francina op 6 Mei 1806 gebore. Toe sy drie jaar oud was, het die gesin verhuis na die plaas Bulhoek. aan die voet van die Suurberg. sowat 24 kilometer van die latere dorp Steynsburg. Daar het Elsie grootgeword en kennis gemaak met die jong Casper Jan Hendrik Kruger wat sowat 14 kilometer wes daarvan geboer het.

Albei was nog onmondig, maar volgens die gebruik van die tyd het hulle jonk getrou. Op 3 September 1820 is die huweliksband op Cradock gelê deur ds. John Evans, en omdat Casper nog nie ’n selfstandige boer was nie, het die jong paartjie voorlopig hulle intrek geneem by Elsie se ouers op Bulhoek. Daar is hulle eerste kind, ’n dogter, op 21 Junie 1821 gebore. Kort daarna het hulle hul gevestig in die aangrensende wyk, Renosterberg, waar hulle tweede kind, Douw Gerbrand, in 1823 gebore is. Hulle het nog ’n keer verhuis, hierdie keer na Soutpansdrif, Casper se vader se plaas in dieselfde wyk, en daar gewoon tot die winter van 1825. Dit was die jaar van een van die periodieke groot droogtes wat die boere weer aan die trek gesit het.

Noord van die Suurbergreeks, in die wyk Agter-Suurberg, was dit ’n bietjie beter gesteld en die Krugers het daarheen versit. Vir Casper en Elsie was die tydstip van verhuising erg ongeleë. Sy het haar derde baba verwag en hulle het nie verder getrek nie as die gasvrye Bulhoek waar vader Douw Steyn hulle weer eens ’n onderdak gegee het. Daar, op 10 Qktober 1825 is die seun Stephanus Johannes Paulus Kruger gebore. Hy is vernoem na Casper se vader met die byvoeging van die naam Paulus, om ’n onbekende rede. Onder die vreemde naam, Paul, het hy opgegroei en wêreldberoemd geword.

Nadat hy op 19 Maart 1826 op Cradock gedoop is, het sy ouers met die hele gesin hulle ook in Agter-Suurberg gevestig. In daardie omgewing is nog vier kinders gebore en almal in die nader-geleë Colesberg gedoop. Die jongste kind was pas vyftien maande oud toe haar moeder Elsie oorlede is. Paul Kruger se moeder het slegs 27 jaar oud geword, maar sy het ’n seun nagelaat wat diep spore in die geskiedenis van die Afrikanerdom getrap het. Hy was bestem om die grootste van alle Afrika­ners te word, nie slegs deur sy persoonlikheid en sy karakter nie, |maar omdat deur sy toedoen die lotgevalle van sy volk blywend en beslissend beïnvloed is.

Met sy broers en susters het die jong Paul sy onderrig in die groot Christelike waarhede van sy vader en moeder ontvang. In ’n tyd toe formele skoolonderrig in die buitedistrikte nie bestaan het nie, en selfs die kerklike bearbeiding weens die groot afstande slegs sporadies geskied het, het die ouers self die verantwoordelikheid gedra om hulle kinders ’n Christelike opvoeding te gee. Dit het die pioniers van die grensdistrikte van verwildering gered. Die vernaamste leesstof was die Hollandse Bybel met sy verklarende aantekenings en enkele Nederlandse godsdienstige boeke in die vorm van Skrifkommentare, predikasies en oordenkings waaruit Sondae gereeld gelees is. Die daaglikse huisgodsdiens is nougeset gehou en so is van geslag op geslag die voorvaderlike Calvinistiese geloof oorgedra.

So is Paul Kruger se lewensbeskouing gevorm met ’n geloof wat vas verankerd was in die Bybel. Dit is gevoed deur die lewensomstandighede van die tyd : die blootstelling aan die magte van die natuur en die afhanklikheid van die genade en almag van God. Die Bybel was daarby nie net die bron van die geloof nie, maar vir die eensame pioniertrekboere ook die Boek van alledaagse kennis en wysheid, die troue metgesel op die lang tog deur die woestyn van die lewe.

Paul Kruger het ook enkele maande bietjie skoolonderrig ontvang van ’n tydelike onderwvser, ’n sekere Tielman Roos. Soos die meeste kinders van sy omgewing kon hy redelik goed lees, hoewel sy handskrif nie van die beste was nie. Hy kon wel sy gedagtes duidelik op skrif stel.

Die jong Paul was sterk gebou, met breë skouers en lang bene, bruin oë en hare, en as jong kêrel rats en atleties. Soos die ander seuns moes hy help met die vee, en in die veld het hy ’n intieme kennis opgedoen van die plante en diere. Dit het hom liggaamlik hard gemaak, maar dit was ook ’n deel van die invloede wat sy persoonlikheid help vorm het.

In 1834 het sy vader hertrou met Heiletje Lavina Etresia du Plessis, by wie hy ’n hele paar kinders gehad het. Sy was ’n goeie moeder vir haar stiefkinders en Paul Kruger het in later jare steeds met lof van hierdie tweede moeder van hom gepraat.

Die volgende jaar het Casper met sy nuwe vrou en die hele gesin uit die Kolonie verhuis en hom in die gebied langs die Caledonrivier gevestig, oorkant die Grootrivier, waar daar veel beter weiding was. Dit was by die Trekboere ’n gewoonte om in tye van droogte daarheen te trek, hoewel hulle nog steeds die koloniale owerheid erken het. Hulle het gereeld na die Kolonie teruggekeer om hulle kinders te laat doop en die Nagmaal by te woon. Familie- en ander bande met die Kolonie was nog steeds sterk en hulle was mense wat weens hulle agtergrond en opvoeding ’n groot ontsag vir die wêreldlike owerheid gekoester het. Ver verwyderd van die onveilige Kaapse oosgrens het hulle geen persoonlike grief teen die Britse grensbeleid gehad nie. Die aard van hulle boerdery het hulle minder afhanklik van slawe-arbeid gemaak en in hulle afsondering het hulle weinig in aanraking gekom met die knelpunte van die Britse administrasie. Die tydelike en later die permanente verhuising van die Krugers uit die Kolonie het dus geen politieke betekenis gehad nie. Hulle was Trekboere wat deur omstandighede Voortrekkers geword het. As praktiese veeboere het die trekgees hulle sterk beïnvloed, en as gemeenskapsmense wou hulle nie in afsondering agterbly nie, maar met die groep saam beweeg.

Dit is die verklaring ook van die omvorming van Paul Kruger as trekboerkind na Voortrekkerkind. Saam met die familie het hy politiekbewus geword op ’n tydstip toe daar feitlik ’n politieke ontploffing tussen die Afrikaners plaasgevind het. Hulle kon net so min soos hulle tydgenote die gevolge daarvan vryspring. Juis gedurende ’n tydperk toe ’n groot deel van die Afrikanerdom in beweging gekom het in ’n algemene immigrasie uit die oostelike grensdistrikte in ’n noordelike rigting oor die Grootrivier, is Gasper Kruger, sy vader, sy broers en hulle gesinne meegesleur in die algemene uittog.

Vir hulle was dit nie so moeilik om hulle lot in te werp met die Voortrekkers nie, want onder die volgelinge van Andries Hen­drik Potgieter wat in 1836 uit die omgewing van die Tarka getrek het, was daar baie ou kennisse, familie en vriende soos bv. die Du Plessis-gesinne uit Tarka. Jare later sou die bande met hulle verder verstewig word toe die jong Paul, met ’n dogter uit hulle midde getroud is.

Die ontmoeting met die Potgietertrek in die suidoostelike Vrystaat was ’n beslissende gebeurtenis in die lotgevalle van die Krugers en van Paul Kruger in die besonder. Hulle het besluit om die Kolonie vir goed te verlaat en hulle trou aan die Britse owerheid vaarwel te sê. Dit was die begin van ’n nuwe tydperk waarin die jong seun deelgenoot geword het van die lotgevalle van die Potgietertrek.

 

Paul Kruger, die Voortrekker – vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2367 gaste aanlyn