NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Elke dag hoor ons hoe mense God se heilige Naam ydellik gebruik. In films en stories word daar moeite gedoen om die HERE se Naam te probeer ontheilig; ander weer dink nie eers daaroor terwyl hulle sy Naam misbruik nie. Die Bybel vertel ons wat met mense gebeur wat neerhalend van die HERE gepraat het – soos Góliat, en soos Sánherib in 2 Konings 19. Dink goed vóór u praat soos die meeste mense deesdae doen...

TOTIUS – PROFEET VAN DIE MOOIRIVIER (4)

V. E. d'Assonville

Lees reeks by TOTIUS - Profeet van Mooirivier

BURGERSDORP TOE (1)

’n Koue winternag op Daljosafat by die Paarl. ’n Treurige wind. Die agtienjarige Japie du Toit kan nie slaap nie. Sy vader is nie tuis nie en ook sy moeder (’n stiefmoeder wat vir hom ’n liewe moeder is) is onrustig. ’n Verskriklike benoudheid pak hom beet sodat sy keel selfs toetrek. Dan maar uitspring kombuis toe vir water.

"Is dit jy, Japie? Wat makeer?”

"Ek weet nie, Moeder, maar iets maak my benoud . . . voel soos ’n knop in my keel . . .”

"Wag, ek kom, ek wil met jou praat. Steek solank die lamp in die eetkamer op.” Buite waai die wind nog steeds treurig. Hier in die eetkamer het Japie die belangrikste gesprek van sy lewe gevoer. Lank na middernag.

"Ek weet wat is hierdie benoudheid van jou. Jy sien nie meer kans om myningenieur te word nie. Toe jy gister daardie vorms na Kaapstad gepos het, het ek geweet dis verkeerd. Jy kan dit maar wegsteek net soos jy wil, maar jy wil predikant word!  Ek het dit lankal agtergekom . . . jy wil predikant word.”

"Maar Moeder . . . Moeder weet tog nie. Alle reëlings is reeds getref. Ek word myningenieur en Pa sê ook dit is goed. Ek moet Kaap toe!”

"Japie, jy kan maar vergeet. Wees nou ’n slag eerlik en erken aan my dat jy diep in jou hart geen ander begeerte het as om vir die Here te werk nie. Ek sien mos jou belangstelling. Onthou jy hoe jy met jou siekte ná die voetoperasie ure in jou pa se studeerkamer deurgebring het? Ek kan werklik nie vrede daarmee hê dat jy nie predikant sal word nie. Ek weet dit dat jy nie iets anders wil wees nie . . .”

"Ek kan nie, Moeder, ek kan nie . . . Waar sal ek ook kan heengaan om vir predikant te leer? Na Stellenbosch kan ek eenvoudig nie gaan nie . . . Dis onmoontlik. Moeder weet van die moeilikhede met Pa en die N.G. Kerk. Hier sit ons nou al jare eintlik sonder kerk. Ek is nog nie eens ’n volwaardige lid van die kerk nie. En eintlik is ek te bang om met Pa daaroor te praat. Dinge met hom , en Stellenbosch word net al hoe slegter. Nee, nooit Stellenbosch toe nie! Al sou ek dit ook nog so graag wou doen . . . dit gaan ’n martelaarspad wees met my Pa se standpunt.."

"Ag, ek dink ons moet maar eers weer gaan slaap. As Pa more terug is, moet ons maar met hom praat. Jy weet, selfs in die grootste onduidelikheid het hy darem nog altyd raad. Miskien moet jy dalk oorsee . . ."

"Nee, Moeder, dit is ook buite die kwessie... Ons is te arm!”

En ds. S. J. du Toit het ’n uitkoms gevind. Sou hy dan ooit sy seun teenstaan as hy werklik die roeping van predikant kies? Maar die  beslissing is tog hard. Gemengde gevoelens. lets is nie lekker nie. Die seun is so fyngevoelig, eintlik te fyngevoelig!

Daar is darem ’n weg. As dit dan nie Stellenbosch kan wees nie, dan is daar darem nog êrens in Suid-Afrika ’n plek waar predikante vir die Afrikanervolk opgelei word: Burgersdorp! Dis eintlik maar ’n eensame groep mense daar, met hulle eie kerk en Teologiese Skool. Dikwels word hulle gesmaad en hulle word met die skeldnaam "Doppers” getipeer. Ds. S. J. du Toit se ou vriend, Jan Lion Cachet, bekende skrywer en mede-taalstryder, is daar die professor van die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerk, en daarmee het die pad vir Japie makliker geword. Professor Cachet gaan besonderlik uit sy pad om dit vir die seun moontlik te maak om daar te studeer.

Maar eers moet Japie nog ses maande lank onder die hande van sy vader deurloop. Van Julie tot Desember 1895 leer Japie Latyn so al wat hy kan. Sy vader, wat weer Amoldus Pannevis as leermeester gehad het, ken dit so goed dat hy hierdie ou klassieke taal uit die vuis lees en vertaal. En toe die lente-aande kom, het ds. Du Toit die Geskiedenis van die Wysbegeerte sommer op die stoep uit sy hoof aan sy seun gedikteer.

So gaan 1895 maand na maand verby. En Japie du Toit word op ’n buitengewone manier geskool vir sy toekoms. Hy sal predikant word en daaroor bestaan geen twyfel meer nie.

1896 breek aan. Theal, die geskiedskrywer, noem dit die jaar van rampe. Alreeds op Nuwejaarsdag vind die Jameson-inval plaas wat die hele Afrikaanse volk met die diepste afkeur vervul. Ds. S, J. du Toit moet met ’n skok leer dat Rhodes nie vertrou kan word nie. Ook die Paarl kom in rep en roer. In ’n stampvol stadsaal vind die grootste Afrikaanse Taalkongres in Januarie plaas. Vir Afrikaners van heinde en verre is dit ’n heerlike ondervinding om direk te deel in die hooggelaaide opkomende nasionalisme. Juis die Burgersdorpers is baie prominent. Al twee hulle professore, nl. Jan Lion Cachet en Stephanus Postma, is daar; ook die studente J. A. du Plessis, P. C. Snyman, W. Postma en die twee broers Dirk en Ferdinand Postma. En so word Japie die geesgenoot van mense met wie hy nog baie jare sou saamwerk en saamstry vir kerk en volk; met sommige van hulle meer as ’n halwe eeu lank.

Nou is die pad nog makliker na Burgersdorp. Kort voor sy negentiende verjaarsdag in Februarie 1896 kom hy daar aan. Meer as wat hy dit ooit wou hê, het dit nogal opspraak verwek. 'n Seun van ds. S. J. du Toit! Sommige is bly daaroor. Ander is omgekrap. Nou sien ons waarom ds. S. J. du Toit met die laaste Afrikanerbond-kongres in Burgersdorp in die "Dopperkerk” gepreek het en nie in die N.G.-kerk nie, so sê hulle. En baie van die "Doppers” is ook skepties, hulle vertrou hierdie ding glad nie. In die blad Ons Land eis ’n invloedryke lid van die Gereformeerde Kerk, rekenskap van die kuratore van die Teologiese Skool oor waarom ’n seun van ds. S. J. du Toit daar studeer. Die professore en studente ontvang Japie du Toit egter gasvry en baie gou is niemand meer bekommerd oor sy teenwoordigheid in die dorp tussen die rante in die Oos-Karoo nie.

Aanvanklik het Japie nie ’n groot indruk op sy studentemaats ge-maak nie. Tingerig van postuur en teruggetrokke kon hy nie uiterlik imponeer nie. Maar spoedig maak hulle die ontdekking: hierdie man is bo die gemiddelde talentvol. Behalwe sy geniale akademiese vermoëns, bespeel hy ook die siter en hy kan dig. Telkens staan daar ’n kring om hom as hy die siter bespeel. Dit was in die huis van die weduwee Postma waar ’n aantal studente loseer, waar hulle liedere saam met die siter uitjubel of ’n treurlied sing. Veral

sy vriend J. G. H. van der Walt geniet sy maat se siterspel besonderlik.

Intussen pak hy sy studies met mening aan. Voordat hy met die Teologie kan begin, moet Japie du Toit egter eers die literariese eksamen aflê wat ’n voorvereiste is. Die verloop is verrassend. ’n Kursus wat normaalweg twee jaar sou duur, voltooi hy in minder as ’n halfjaar, want reeds op 8 Junie 1896 meld hy hom by die kuratore aan vir eksamen.

Hierdie eksamen was egter geen grap nie, en die standaard was so hoog dat daar selfs ’n regeringsuitspraak was oor die gehalte. Onder andere was dit kursusse in Nederlandse Taal en Letterkunde, Grieks, Latyn, Algemene en Vaderlandse Geskiedenis, Wysbegeerte, Logika en Retorika.

En die uitslag van Japie se eksamen in Junie ? Met lof!

In hierdie tyd is daar egter ’n ander groot spanning: Japie du Toit is nog steeds dooplidmaat van die N.G. Kerk, maar deur sy vader is die pad vir hom daar reeds toe. Aan die ander kant is sy vader nie so erg opgenome met die Gereformeerde Kerk nie. Trouens, hy stem nie met almal en alles in hierdie kerk saam nie. Maar êrens op die pad sal die jong man ’n beslissing moet neem, en hoe gouer hoe beter! Die Gereformeerdes hou ook nie van ’n man wat nie daadwerklik erns maak met sy kerklidmaatskap nie.

Maar juis in die tyd van die Junie-eksamen het die lig gekom en Japie kies selfstandig om belydenis af te lê in die Gereformeerde Kerk van Burgersdorp. Daarvoor het ds. L. P. Vorster, die plaaslike predikant, horn gekatkiseer. En op 7 Junie word hy voor ’n stampvol kerk ’n volwaardige lidmaat.

"Vra julle my oor my keuse?” antwoord hy, "dit is onberoulik; nou het ek 00k vir die eerste keer in my lewe ’n kerk gevind, ’n kerk soos die waama Kuyper in sy 'Confidentie’ gehunker het. ’n Kerk wat as moeder ons jeugdige voetstappe van skrede tot skrede lei,' so ’n kerk het 00k ek - deur baie omstandighede - in my jeugdige jare nie geken nie ...”

En toe kom die vakansie in Julie 1896. Japie staan ure lank op die windverwaaide, eensame stasie van Stormberg. Wat ’n onhuislike

plek, en dit in die barre winter as die wind stof-koud waai! Daar staan hy nou ure lank, bleek en moeg van die eksamen en sonder geselskap. En die Kaapse trein wil nie kom nie. Die veld is mis- troostig en vaal. ’n Ou stuk koerantpapier waai teen die doring- draad vas en in ’n spoelsloot gaap die aarde sy weemoed uit. En in die grou-grys lug vlieg ’n kraai wat nie weet waarnatoe nie.*

So sien Japie du Toit die wereld op daardie oomblik. En in die nag op die trein het hy allerhande nagmerries.

Maar anderkant die Heksrivierberge haal hy weer heerlik asem. En die Paarlvallei is tog nog sy wereld.

Hy moet egter weer terug na Burgersdorp. Daar het hy tog ein- delik sy lewenskoers gevind. Daar in die wereld van die geharde besembosse moet jy self taai wees teen die winterkoue en dorre so- merhitte. Hy moet uithou . . . soos die besembos in ’n latere gedig: ,,ek leef en sal lewe; my dood kry is min!” Deur volgehoue aan- passing word dit ook vir Japie nie alleen makliker op Burgersdorp nie, maar word hy een met daardie mense. Veral in die huis van die weduwee Postma waar hy loseer, word hy soos ’n kind in die familie. En sy kamermaat Gert Kruger word sy beste vriend. Gert is wel swaarmoedig van geaardheid; maar sy fyn humorsin lewer dikwels heerlike studentepret. Dink net aan die nagtelike steurings met die muise op die plafon.

Studentelewe aan die end van die i9de eeu op Burgersdorp is iets unieks. Totaal anders as op Stellenbosch. Dit is ook vanself- sprekend dat so ’n uiters klein getal studente eintlik heeltemal op- geneem word deur die landelike gemeenskap. En dan moet Japie ook nog boonop sy hele teologiese opleiding by net een professor ontvang - Jan Lion Cachet. Hier word die professor se studeerka- mer die student se klaskamer - daar was geen teologiese klaskamer nie; alleen twee buitekamers in ’n agterplaas vir die voorbereiden- de kursusse! - en die leermeester word die leerling se „vader”.

„Gert, besef jy wat ’n voorreg ons het,” se Japie toe hulle weer een middag by prof. Cachet se studeerkamer uitstap. „Waar in die wêreld sal ons nog so iets kry?”

„Jy bedoel dat hy weer so lank sy pyp sit en uitkrap het terwyl hy oor die engele praat?”

Presies in dieselfde woorde het Totius dit later vertel.

"Nee, dit ook . . . en dat hy so gemaklik agteroor met sy voete bo-op die tafel kan sit, terwyl jy en ek moet skryf so al wat ons kan.”

„En ou Grotto? . . . Jy moet darem onthou dat daar ook ’n hond is wat hierdie lesings hoor, al le hy die heel tyd en snork met sy nagmerries . . . Jy weet dit is die dat die oubaas nou die dag met die sogenaamde dier-sielkunde gespot het. Ek se jou, hy beskou ou Grotto saam met ons as een van sy studente.” Dit is al weer Gert wat met die geringste aanleiding voortborduur op die komiese van hierdie unieke "klaskamer”.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2436 gaste aanlyn