NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Onthou tog maar, dit is ewe verkeerd om almal te vertrou as om almal te wantrou...

TOTIUS – PROFEET VAN DIE MOOIRIVIER (14)

V. E. d'Assonville

Lees reeks by TOTIUS - Profeet van Mooirivier

Ons Bybel en Psalmboek

Om die Bybel in Afrikaans te kon vertaal en om die Psalms in Afrikaans te kon berym - dit was eintlik Totius se grootste lewenswerk. Hy was nog maar ’n dertienjarige seun toe hy al direk daarmee te doen gekry het. Dit was 1890 in sy ouerhuis in die een vleuel van die Patriotgebou, in die Paarl. Daar het hy sy vader soms tot laat in die nag in die lig van ’n olielamp gesien - daardie geboë figuur oor die Bybels en woordeboeke. Dit het hom aan ’n kloosterheilige laat dink wat met al sy toewyding woord vir woord die ou perkamentrolle naspeur. Dit was in die dae toe ds. S. J. du Toit sy grootste armoede beleef het. Merkwaardig dat hy toe die vertaling van die Bybel in Afrikaans met die grootste passie beoefen het en dit volgehou het tot met sy dood in 1911. So het die jong seun Japie du Toit grootgeword in ’n huis waar Bybelvertaling dikwels ’n daaglikse roetine was. Die gloed van sy vader se vuur vir die saak het hy voortdurend gevoel.

Toe gaan hy in 1896 na Burgersdorp. Daar word die vuur verder aangeblaas. Met sy standpunt oor die noodsaaklikheid van die Bybel in Afrikaans, ontketen die jong student Du Toit intense redenasies wat uitloop op ’n lesing wat hy op 14 Oktober 1896 voor al die teologiese studente hou oor die onderwerp "De Bijbelvertaling in ’t Afrikaansch”. Dadelik is dit duidelik dat hier nie iemand aan die woord is met bespiegelinge nie, maar met eerstehandse kennis.

Die teologiese studie in Nederland sou nog verder verdieping en oortuiging oor die vertaling van die Bybel in Afrikaans bring. Daar sou J. D. du Toit sy kennis oor Hebreeus en Grieks so verryk dat hy spoedig een van die beste kenners van hierdie twee tale in Suid- Afrika sou wees. Onder prof. A. Kuyper moes hy al die sleuteltekste vir die Dogmatiek uit die oorspronklike tale siteer, en maande lank het hy die hele Nuwe Testament vers vir vers uit die Grieks verklaar, of soos dit bekendstaan, "geêksigetiseer”. Die predikantstydperk (1903-1911) het die gedagte en ideaal vir die Afrikaanse Bybel vanuit die praktyk gestimuleer.

Van 1 Julie 1914 het die pleidooie in ’n stroom in Totius se geskrifte gekom. Dit was veral sy kollegas in die N.G. Kerk met hulle moedige pogings wat sy stem nog groter trefkrag gegee het. "Ja,” sê hy op 15 Junie 1916, "die Bybel is nie ’n voorwerp uit die ou tye waarvan maar net nou en dan die stof afgeblaas moet word nie. Die Woord van God moet midde-in die lewe staan, moet maklik geraadpleeg, moet deur elkeen gelees en verstaan word. Daarom is die Bybelvertaling nodig, en wel in die lewende taal van die volk wat die Woord van God moet lees, " ’n Bybel wat nie meer verstaan  word nie, is uitgedien.”

Maar dit bly nie net by pleidooie nie. Ook die riglyne en reëls vir ’n suiwer vertaling word reeds gegee. Alleen die hoogste standaarde word as ’n vereiste gestel. Alleen die nouste verbondenheid aan die Skrifwaarheid moet gehandhaaf word. Alleen die grootste lojaliteit aan die Gereformeerde beginsels (soos wat die vertalers van die Nederlandse Statebybel gevolg het) moet betoon word. Die vertaler moet hom so na as moontlik hou by die letterlike teks en nie te maklik oorgaan tot ’n eie vertolking, bloot om dit makliker te maak nie. "Die vertaler is nie ’n verklaarder nie,” skryf Totius in 1916. En aan hierdie standpunt het hy hom konsekwent gehou. Selfs waar hy aanvanklik om praktiese redes (te min vakmanne en geldelike middele) bereid was om te volstaan met ’n vertaling van die Nederlandse Statebybel (omdat dit ’n letterlike vertaling van die oorspronklike teks is), het hy na die proefuitgawe van "Die vier Evangelie en die Psalme” in 1922, die vertaling uit die grondtale met geesdrif aangegryp. Sy standpunt word duidelik in ’n geskrif aan die volk gestel:

"Groot is die aantal vertalings en bont hulle verskeidenheid. Daar is letterlike en kunsvertalings, vertalings wat ’n presiese fotografie van die oorspronklike wil wees, en ander wat met kunstenaarshand die oerbeeld wil teruggee. Daar is letterlike vertalings waarvan die taal deur grammatikale nugterheid, doodgeransel is; daar is ander wat aangenaam en vlot lees. Daar is ook kunsvertalings, waarvan ongetwyfeld ’n sekere bekoring uitgaan. Hoofsaak is egter dat daar vertalings is wat die diensknegtelike gestalte aangeneem het en diep buig voor die majesteit van die oorspronklike, omdat daardeur die ewige Woord van God verklank is, terwyl daarteenoor staan vertalings wat in lugterse Westerse gewaad wil pronk, volgens nuwerwetse opvatting, ’n stuk 'Oosterse letterkunde’.

"Wat ons standpunt in hierdie opsig moet wees, is duidelik, gedagtig aan die feit dat die Bybelvertaling in Afrikaans uitgaan van en bedoel is vir kerke wat die Heilige Skrif erken as die blywende, geïnspireerde en onfeilbare Woord van God, as die beginsel van alle teologie, as die onfeilbare norm vir leer en lewe. Daar is vir ons geen ander keuse as om die oorspronklike so na moontlik te volg nie. Op die titelblad van ons Afrikaanse Bybel moet kan staan die woorde, waarmee die State-oorsetters hulle werk by die kerke van Nederland aangedien en waarmee hulle tereg by die kerke vertroue gewek het: 'Uit de oorspronklike talen in onze Nederlandse (lees: Afrikaanse)taalgetrouwlikovergezet’.”

Die daad moes egter by die woord gevoeg word. Die manne van aI drie Afrikaanse kerke moes aan die werk spring en vir die eerste  keer is daar in 1923 twee voltydse vertalers benoem: dr. J. D. du Toit vir die Ou Testament en dr. J. D. Kestell vir die Nuwe Testament. Ook het doktore H. C. M. Fourie, E. E. van Rooyen en B. B. Keet bygekom met ’n aantal taalkundige raadgewers en manne  wat met die administrasie sou help.

Op 1 Desember 1923 vergader die kuratore van die Teologiese Skool op Potchefstroom om aan prof. Du Toit verlof te gee om hom voltyds aan die Bybelvertaling te wy, behalwe dat hy een dag in die week nog teologiese klasse sou waarneem.

En toe kom die uittog na Krugerskraal. Opgewondenheid pak die Du Toit-gesin beet. Tot lank na middernag het professor en mevrou gepraat oor die plan om hulle vir die doel van die Bybelvertaling op Krugerskraal te gaan vestig. Daar op die plaas sou hy ongestoord kon werk.

Vir mev. Du Toit was haar man se plan eintlik ’n groot verrassing. "Ek het nooit kon dink dat hy na Wilhelmina se tragiese dood in die huis op die plaas, permanent daar sou wou gaan woon nie,” vertel sy later. En tog, juis die droewige smart wat hy daar beleef het, maak die plek so teer, so sy "eie”. Op daardie plek waar brokstukke van die verganklikheid lê, gaan God weer een van sy mooiste bouwerke oprig - die Bybel in Afrikaans!

Gedurende Desember 1923 word al die reëings getref vir die uittog na Krugerskraal. Weer is dit die wa van die ou vriend Maartin Schoeman wat die trek sou neem. Die mense op die Potchefstroomse Bult voel ietwat verleë – "Doktortjie so lank aaneen op ’n plaas?” In Molenstraat woon hulle feitlik in die middel van die akademiese en kerklike gewoel, maar op Krugerskraal sal hulle byna heeltemal van die buitewêreld afgesonder wees - geen telefoon, geen grootpad daar naby nie, geen elektrisiteit nie, maar eensaam en verlate tussen die doringbome. Maar dit is die soort wêreld waar Totius tuis is; hy is die man van die vlaktes en die wydtes en die stilte. En op so ’n plek moet hy wees as hy die Bybel vertaal.

Een van die belangrikste voorbereidings vir die woning op Krugerskraal is die rakke wat vir die studeerkamer moet gereedkom. Daarmee help die twee seuns Fanus en Dirk. Presies word die planke se lengte vir die kamer regs voor gemeet. Dit is ’n enorme teologiese boekery wat gevestig moet word. Die woordeboeke alleen is ’n hele kas vol. Daarby kom ook nog feitlik alle beskikbare gramatikaboeke oor Hebreeus en Grieks en al die moderne vertalings van die Bybel in minstens tien tale.

Ander reëlings wat getref word, is die losies van die kinders vanaf begin 1924: Fanus wat reeds sy studies aan die Universiteitskollege begin, sou by prof, en mev. Joon van Rooy ’n kamer hê, maar by dieselfde plek as die ander kinders eet, naamlik in ’n huis op die hoek van Tom- en Esselenstraat. Daar het mej. Miem Coetzee met die hulp van ’n bediende met die naam Sofie, vir Dirk, Japie en Bettie versorg. Kierie, die seun van mnr. Maartin Schoeman, was ook saam met hulle.

Krugerskraal het Totius se "Wartburg” geword, gedagtig aan die kasteel waar Luther die Bybel in Duits vertaal het - ’n Bybel met onberekenbare betekenis vir die ontwikkeling van die Duitse godsdiens en Duitse taal. En wie sou die betekenis van Krugerskraal vir die Afrikaanse kerk en Afrikaanse taal kon meet? Vir Totius was dit egter nie ’n werk in ballingskap nie, maar in die wye ruimtes van die Wes-Transvaalse veld. Daar kon hy ver oor die gesigseinders tuur en lang wandelinge neem. Daar by sy skape en soetdorings kon hy loop en peins oor Job "wat nie wil Afrikaans praat nie” en kon die vertaalde Psalms reeds digterlike vleuels in Afrikaans kry.

Dag na dag vorder die werk met ’n pynlike roetine - van sesuur in die more tot tienuur in die aand met die lafende onderbrekings van etenstye, ’n middagslapie en dan daardie wonderlike stap in die veld as die son begin water trek. En vergeet nie mev. Du Toit se taak nie. Later vertel sy: "Ek het geweet dat hy volgens ’n bepaalde program werk en hom baie streng aan daardie program hou (een rede waarom hy so ongeloofiik baie werk gedaan gekry het!), en ek het my bes gedoen dat niks daardie plan moet versteur nie. Ek het ook gesorg dat hy genoeg rus kry. Ek het gesorg dat hy stilte het as hy moet werk ...” Met humor kon Totius sy groot waardering vir sy wonderlike vrou aan ander vertel: "My vrou is die regering en terselfdertyd is sy sommer die hele kabinet. Sy is die minister van buitelandse sake, want sy sorg dat dinge buite op die plaas vlot verloop; sy is minister van binnelandse sake, want sy beheer die huishouding; sy is minister van onderwys, want sy sorg dat die kinders leer ...”

En hoe lyk nou daardie studeerkamer waar so baie Bybelboeke, vers na vers in Afrikaans gestalte gekry het? 'Sancta simplicitas! ” (heilige eenvoud) het ’n besoeker uitgeroep. ’n Groot aantal planke is byna op ’n ruwe manier teen die mure vasgespyker en daarop staan al sy studiemateriaal. En die oppervlakte van hierdie biblioteek is "6o voet lank en 40 voet breed”, so vertel dr. H. C. M. Fourie wat ’n ruk op Krugerskraal saam met Totius vertaal het. Die groot skryftafel kreun onder die Bybels en woordeboeke in Hebreeus en Grieks. Verder geen versiersels nie; nie eens ’n prentjie aan die muur nie. Daar is ook ’n ou rusbank en een of twee stoele. Dit is ook hier in die studeerkamer waar die episode met die hoenderhen plaasgevind het. Ja, die hoenderhen wat op ’n oop Statebybel op een van die lae rakke nes geskrop het en ’n eier gelê het! Baie mense het gesê dit is sommer ’n "storie”, maar die dokumentêre bewys staan vas - in ’n brief wat die dogter Bettie op 7 Desember 1928 aan prof. Van Gelderen in Nederland geskryf het. Op ’n oomblik toe die baas uit was en die sifdeur effens oopgestaan het, het mev. Hoenderhen stilletjies ingegaan en tussen ’n pak los papiere en die blaaie van die oop Statebybel haar eier gaan lê. Dit was haar "bydrae” tot die vertaling, het Totius skertsend opgemerk.

Vanaf Nederland het die groot geleerde teoloog en vakman in die Hebreeuse taal, prof. C. van Gelderen, gekom om die Afrikaanse Bybelvertalers met tegniese advies te help. Byna ses maande lank moes hy op Krugerskraal kom inwoon. Wat ’n aanpassing - van die gragte van Amsterdam na die droë werf tussen die soetdorings! ’n Vriend uit Suid-Afrika het dit seifs (sonder dat Totius dit ooit geweet het) nodig geag om die buitelandse geleerde op hierdie "primitiewe” lewe op Krugerskraal voor te berei. Met die verblyf het dit egter wonderlik goed gegaan. Veral die bediendes het hom hoogs interessant gevind en hulle het hom "oubaas Goede-morgen” genoem, na aanleiding van sy groet elke oggend.

Tussen Totius en prof. Van Gelderen was daar ’n lewenslange, innige vriendskap, vanaf 1902 tot met laasgenoemde se dood na die Tweede Wêreldoorlog. Gedurende die oorlogsjare het die Nederlandse professor nog onder ’n byna ondraaglike spanning geleef omdat hy ’n Joodse rabbi in sy huis weggesteek het.

Ook dr. H. C. M. Fourie, die medevertaler en predikant van die Ned. Hervormde Kerk, het by tye sy intrek op Krugerskraal geneem. Met sy fyn terglus het hy vir baie vrolike oomblikke gesorg. Onder andere vertel hy die volgende staaltjie van Totius se nougesette sorg oor die Bybelvertalings wat hy vir veilige bewaring dikwels selfs saam met hom in ’n handtas gedra het - ’n tas met die bynaam "Moses en die profete” :

"Dit het al ’n tweede natuur by hom geword om so met die ou handsakkie te loop. Dit het al by hom in ’n soort vroulike eienaardigheid ontaard. Eendag het ons op pad na sy huis vir ’n reënbui gaan skuil in ’n ou murasie. Hy het my op Potchefstroomstasie kom afhaal en net was die handsakkie met die vertalings ook by. Toe ons afklim van die motor, neem hy die handsakkie saam na die murasie. Dit is dalk nie veilig daar in die motor nie! Toe die weer verby was, moes ons maar weer verder. En tot my grootste plesier bly die sakkie daar agter in die hoek van die ou murasie, waar hy dit so sorgvuldig neergesit het. Ek bly maar stil tot ons so omtrent ’n paar honderd tree gery het, toe ek skielik kastig erg besorgd vra: Waar is jou handsak? Dit is amper die grootste konsternasie wat ek nog bygewoon het. Sy oë was drie maal so groot as gewoonlik - en hulle is taamlik groot in verhouding met die ander gelaatstrekke. Hy ruk die arme ou Fordjie so skielik om dat dit amper omkantel. Totius is ’n versigtige mens, en daarom ry hy gewoonlik nie onverskillig of vinnig nie. As hy ooit ’n ongelukkie maak, sal dit seker nie sy skuld wees nie. Maar hy het seker nog nooit so vinnig gery as daardie entjie pad terug na die ou murasie toe nie. Die motor het nog nie behoorlik gestaan nie, of hy is daar af en nael na die murasie toe. Ek het nie geweet dat Totius so rats en vinnig is nie. Ek sukkel nog om deur die draad te kruip, toe kom hy al aan met die dierbare handsakkie.

Totius se noukeurigheid met die Bybelvertaling spreek haas uit elke brief aan sy kollegas. Die meer as vyftig briewe aan prof. Van Gelderen handel die meeste oor woorde waarmee hy voortdurend worstel om die presiese betekenis in Afrikaans oor te dra. So lees ons byvoorbeeld in’n brief van 15 April 1930:

"Maar nou moet ek alweer met vrae kom. Ten eerste oor Gen. 3:15. Ons het orals eufemisties 'saad’ met 'geslag’ of 'nageslag’ vertaal. Maar nou lyk dit vir ’n enkele van ons of dit nie sal gaan in Gen. 3:15 nie. So ’n kollektiewe term lyk in stryd met die indiwiduele toepassing van Paulus, Gal. 3:16- trouens die opvatting van die kerk deur al die eeue. Wat is u gedagte hieromtrent?” Totius se seun, prof. S. du Toit, self ’n groot kenner van die Hebreeuse taal, skryf êrens: "Dikwels het ek die voorreg gehad om met hom vertalingsprobleme te bespreek, en dan het dit my opgeval hoe sorgvuldig alles geweeg en oorweeg word. Hy was net met die beste tevrede; elke komma, elke punt en deelteken moes net presies reg wees.”

So groot was Totius se aandeel in die Afrikaanse Bybelvertaling dat die destydse sekretaris van die Bybelvertalingskommissie, prof. L. J. du Plessis, ’n artikel geskryf het om aan te toon dat hy eintlik die siel en die spil van die hele onderneming was: "Ek kan sonder vrees vir teëspraak sê dat die finale teks van die ganse Bybelvertaling tot by die proeflesing en verder, hoofsaaklik deur Totius bepaal is, natuurlik vir ’n baie groot deel deur aanvaarding van suggesties van ander, grotendeels ook deur behoud van die oorspronklike vertaler se werk. Dit geld in mindere mate van die Nuwe Testament as van die Oue, omdat in hierdie geval die finale afwerking by prof. Keet berus het. Maar prof. Keet sal self kan getuig  hoe belangrik Totius se aandeel ook hierin was.” Prof. P. J. Nienaber wat kort na die voltooiing van die Afrikaanse Bybelvertaling die geskiedenis daarvan te boek gestel het, het verklaar: "Die geskiedenis sal nog uitwys tot hoe ’n groot mate dr. Du Toit die siel van die hele Bybelvertaling was.”

Die man wat veral in die latere jare met die hersiening van die vertaling baie nou met Totius as taalkundige saamgewerk het, naamlik prof. Hertzog Venter, bring in sy geskrifte dinge na vore wat ons ’n wonderlike en verbasende insig gee in die betekenis van die teoloog en volksdigter se werk. O.a. vertel hy dat Totius die Ou Testament 112 keer deurgewerk het met die oog op hersiening! Honderd en twaalf keer - vers vir vers!

Die "Wartburg”-tydperk was sewe jaar lank. Desembermaand 1930 het hy sy werk voltooi. Op Saterdag 29 Mei 1933 het die eerste 10 000 Afrikaanse Bybels in Kaapstad aangekom. "Vandag kan die Afrikanervolk vir die eerste keer die Bybel in sy eie taal opneem en betas en aan sy hart druk,” sê ds. F. X. Roome, voorsitter van die Bybelgenootskap.

Vanaf 1 Mei 1931 woon die Du Toit-gesin weer op Potchefstroom. Hierdie keer nie meer in die bekende professorate woning nie, maar daar naby, skuins oorkant, op die hoek van Molenen Esselenstraat.

En die beryming van die Psalms in Afrikaans ? Dit was die kroon van Totius se werk as kerkman, as volksman, maar veral as digter - so verklaar sy goeie vriend prof. Gerrit Dekker. "Van al die take wat ek moes deurvoer, was dit die Psalms wat my kragte die meeste gesloop het,” het hy aan baie mense, maar heel besonder aan oom Sareltjie Yssel, sy lewenslange vriend, vertel.

Dit is egter nie so dat die Psalmberyming eers ná die voltooiing van die Bybelvertaling begin het nie. Reeds op 22 Mei 1922 skryf die musikus F. W. Jannasch aan Totius ’n brief waarin hy aanbied om die Psalms wat reeds berym is, te toonset - dus, byna twee jaar voordat offisiëel met die Bybelvertaling begin is. En toe kom daar in die Die Burger van 24 April 1923 ’n aankondiging: die verskyning van "36 Psalms in Afrikaans, berym deur Totius. Musiek bewerk deur F. W. Jannasch. Die Nasionale Pers, Bpk., Kaapstad. Prys 6/6”.

In Stellenbosch in die suide en Potchefstroom in die noorde, het daar skielik ’n roering in kerklike kringe gekom — iets ten goede het weer wakker geword.

Van die benaming "Psalmberymer” hou prof. Dekker, die groot kenner, nie baie nie, want dit beskryf nie wesentlik wat eintlik met die ontstaan van hierdie grootse kunswerk in Afrikaans gebeur het nie. Totius se taak was veel groter:

Die oorspronklike Oosterse poësie moes in ’n moderne Westerse digvorm en taal gestalte kry.

Hier moet dus eintlik ’n "herdigting” plaasvind. Die oorspronklike (en dit in die Hebreeuse taal) moet so suiwer beleef word, dat die verskeie nuanses, vormgevoel en uitdrukkingsmiddele, wat by die gewone prosa-oorsetting verlore gaan, hier tog behou moet word.

’n Uitstaande kennis van die Hebreeus, die Heilige Skrif en die Oosterse agtergrond, en daarby ’n hoogstaande kunstenaarskap, is dus hier ’n vereiste.

Daarvoor is Totius nie alleen deur ’n besonder diepgaande skrifstudie oor baie jare gevorm nie, maar was ook die intense lief en leed, vreugde en smartlike slae ’n deeglike voorbereiding. Sy persoonlike en huislike smart vind byvoorbeeld direkte uiting in die Psalm as die digter vir Asaf van die ou tyd naspreek:
Weedom gryp my binnenst’
aan as u waters oor my gaan,
as ek, in my smart bedolwe,
wegsink in u watergolwe. (Ps. 42: 4)

Die digter A. Roland Holst kon dan ook sê: " . . dat ik vooral bij het lezen van zijn Psalmberijmingen het gevoel kreeg, hier in het geheim te worden genomen van zijn binnenst heiligdom, alsof hij het meest verhevene in zichzelf pas uit had kunnen spreken na het te hebben toegedacht - toegeschreven inderdaad - aan wat zoo veel ouder was dan zijn eigen leven? Als er ook maar eenige grond is voor dit gevoel, zou ik hier willen spreken van een offer, zooals slechts de meest zuivere mensch dat brengen kan.”

Dit was nie Totius se werk om die Psalms in Afrikaans te dig wat vir hom die spoorslag tot Bybelstudie was nie, maar presies andersom: die Bybelstudie het eenvoudig spontaan die digter uitgelok om die Psalms te berym. Hyself vertel aan prof. Dekker:

"Om van die moeilikhede van die Ou-Testamentiese vertaalwerk, wat ons gedurende die dag so vasgevat het, vry te kom, het ek saans na die slaapkamer in my geheue enkele verse van die leespsalm meegeneem. Langsamerhand het by die bepeinsing op die rusbed die vers of verse ritmiese gestalte gekry. Hierdie prosedure  het meteens rusaanbrengend gewerk.”

As dr. J. D. Kestell, die mede-Bybelvertaler, oor Totius as Psalmberymer praat, dan raak hy in vervoering: "Nou is dit Totius wat ek hoot. Met arendsvlerke vaar hy op, en sy wiekslag klief die lugruim . . .” Maar dit is die Totius wat leef en werk op die aarde, op sy eie landsbodem waar selfs die natuur so baie ooreenkoms met Palestina toon: die son, die lug, die droogtes, die donderstorms, die berge, die veld. Soos wat die Israeliet dikwels onder die oop hemel moes leef, so beleef die digter en sy mense dit ook. As hy in Wes-Transvaal saans onder ’n wolklose sterrehemel gaan staan en hy kyk op, dan beleef hy dit ook werklik. In die Afrikaanse taal vertolk hy dan wat Abraham gesien het en wat Dawid gesien het:

As ek, o Heer, u nagtelike hemel daarbo aanskou, die tint- en glansgewemel; hoe, deur U toeberei, die skugter maan met stille gang oor sterrevelde gaan - wat is die mens dan dat U hom gedenk het, die mensekind wat u so ryk beskenk het!

Met eer en heerlikheid is hy gekroon, skaars minder as die eng’le om u troon. (Ps. 8:3,4)

Die laaste Psalm wat Totius berym het, was Psalm 119, dus die langste van die 150. Toe aan hom gevra is waarom hy dan die langste vir laaste gebêre het, was sy antwoord: "Ek sou hierdie langste een alleen kon aanpak as ek nog moed oorgehou het nadat  ek al die ander reeds klaar gemaak het.”

Dit was Septembermaand 1933 - dieselfde jaar wat die Bybel in Afrikaans verskyn het. Daardie verskriklike droogtejaar 1933 was egter ook die ryk, geseende jaar! In 1936 sou die gemeentes in Totius se eie kerkverband reeds die Psalms in Afrikaans amptelik begin sing. In al die Afrikaanse kerke is dit egter die een liedere- bundel wat die gemeenskaplike erfenis van al die kerke is. Oor die plek van die Gesange kan daar nog as reformatoriese erfenis verskil van mening bestaan, maar oor die Psalms as erfenis nooit. Dit behoort aan ons almal - dit is die erfenis van ’n volk; nie die monopolie van een kerkgroep alleen nie. Reeds in 1906 haal Totius Calvyn se biograaf Doumergue aan as hy skryf: "Die Gereformeerde Kerk (bedoel hier die kerk van die Hervorming in die 16de eeu - skrywer) is onder Psalmsang gestig. Du Boulay het getuig: Die Protestante het by La Ferriere vergader om by Psalmgesang die grondslag vir hulle godsdiens te lê. De Raemond het geskryf dat toe die Psalms verskyn het, die kerk van Calvyn ontstaan het. Volgens ’n ou teenstander is die Psalms 'Die formulier van die Calvinistiese godsdiens’. Op ’n brandstapel, in die kerker, tydens die kolleges, op die slagveld weerklink die Psalms.”

Tydens die Bybelvertaling, maar veral daarna, het Totius ook ’n vyftigtal "Skrifberyminge” voltooi. Die gebruik daarvan in die kerke is egter nog nie algemeen nie, maar dit voorsien in ’n groot mate in die behoefte vir diegene wat in beginsel gekant is teen die vrye lied in die erediens. Hierdie liedere is gebaseer op die teks van bepaalde Skrifgedeeltes en vandaar die benaming Skrifberyminge./ Luister byvoorbeeld na die eerste gedeelte van die beryming van x Kor. 13 :1-8, "Die Liefde”:
Al sou’k die skoonste taal kon spreek,
in eng’le lofstem uit kon breek,
en ’k had die liefde nie daarby,
dan was nogtans my stem en taal;
net maar ’n klinkende simbaal
wat harteloos sy klank verbrei.

Die hofsaak in die Kaap  - vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2728 gaste aanlyn