NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

God is besorg oor die dinge in jou hart want ʼn beter wêreld, land, gemeenskap en gesin begin op geen ander plek as in jou hart nie.  As ons met rein harte begin bid, sal ons verbaas staan oor wat God met Suid-Afrika gaan doen.

TOTIUS – PROFEET VAN DIE MOOIRIVIER (SLOT)

V. E. d'Assonville

Lees reeks by TOTIUS - Profeet van Mooirivier

SKEMERING

Toe die oorlogsjare in 1945 verby is, is dit kompleet of die skemering duidelik oor Totius begin daal. Die laaste bundel gedigte heet dan ook Skemering. Die afloop na die lewenseinde word ’n werklike belewing en soms word dit seifs ’n intense verlange en heimwee na "die blyer dag”:

Sal die dag dan nimmer daag nie
dat geen wurm in my sal knaag nie?
Maar my leeftyd gaan al om,
en die dag het nie gekom.
Daarom maak ek my gediggies
somaar onder kruis en kwelling ...

’n Bitter swaar "kruis en kwelling” het in hierdie tyd op die kerklike terrein en in die boesem van die Teologiese Skool op Potchefstroom ontwikkel. Dit was oor die beweerde dwalings van prof. dr. C. J. H. de Wet wat uitgeloop het op ’n spesiale sinode op 6 Februarie 1946. Alhoewel dr. Du Toit self nie in die brandpunt van hierdie saak gestaan het nie, het dit hom ’n groot knak gegee. In hoeverre dit ook kort na die sinode ’n gevaarlike hartaandoening verhaas het, is moeilik om te sê. Weke lank moes hy in hulle huis in Tomstraat pal in die bed bly onder die troue versorging van sy medikusseun dr. Japie du Toit. Op 5 April 1946 skryf hy egter al weer ’n "Dankbetuiging” in Die Kerkblad. Hy spreek die hoop uit dat "die goeie wense, soms baie intieme woorde, in vervulling sal gaan en dat die Here, ons Heelmeester, wat dit met ons so goed gemaak het, die volle genesing sal skenk.”

Kerk en volk was weer innig dankbaar: Totius se lewe is gespaar. Maar almal het ook besef dat die vlammetjie nou flouer brand, want ook die 70-jarige baken is al in sig - en dit vir iemand wat sy hele lewe lank nooit ’n sterk gestel gehad het nie. Openbare optredes het nou drasties verminder. Ook die mense op Potchefstroom sien hom nie meer so baie nie en gou is die Du Toit-gesin maar weer terug op Krugerskraal. Meer as ooit tevore wil hy maar net alleen wees - alleen met die hersiening van die Afrikaanse Bybelvertaling en die stilte van die doringveld:

Net soos ’n skaap wat siek is, dwaal en uit die kudde,
stil aan’t wei, verlate alleen wil agterbly –
so dwaal ek weg en wil my gees
in eensaamheid gekoester wees.

Die klasse aan die Teologiese Skool (hoewel nou minder) en die gereelde persartikels gaan egter rustig voort.

Op 21 Febmarie 1947 is daar weer ’n grootse volkshuldiging— hierdie keer is dit vir Totius ’n verrassing op Krugerskraal. Reeds vroeg die more het mense van heinde en verre opgedaag: sy studente, sy kollegas, familie en vriende en dan ook nog baie verteenwoordigers van ’n groot aantal kerklike en kulturele organisasies asook van die Teologiese Skool en die Potchefstroomse Universiteitskollege. Dit was ’n uitsonderlike atmosfeer en stemming waar die menigte onder die rustige doringbome en by die eenvoudige huis van Krugerskraal hulle hulde kom betoon. Professor C. M. van den Heever vertel later hoe ’n groot indruk dit op hom gemaak het: "Klein en beskeie, met ’n minsame glimlag op sy gesig, het hy die hand geskud van elke afgevaardigde wat die hulde en eerbewys van sy kerk of vereniging oorgebring het. Vir die toeskouer was dit ’n opmerklike gesig, want dit gebeur maar selde dat ’n digter op sy oudag soveel opregte verering ontvang van die volk as geheel.”

Ook die pers en tydskrifte bly nie agterweë om buitengewone eer- bewyse te bring nie. Verskeie blaaie soos o.a. Die Huisgenoot en Die Kerkblad laat op 21 Februarie gedenkuitgawes oor Totius verskyn. In hulle huldeblyk verklaar die redaksie van Die Huisgenoot : "Totius is meermale nates, genoem - ons glo die eerste keer deur wyle prof. Kamp. Met hierdie woorde het die ou Romeine ’n profeet, siener of digter aangedui. En die benaming votes met sy drie verskillende betekenisse lyk vir ons vandag nog die geskikste woord om Totius te tipeer, veral met die oog op die hoe roeping wat hy en sy werk in ons nasionale lewe vervul."

Met die aandskemering wat reeds oor sy lewe toegesak het, het sy laaste digbundel, Skemering, teen die einde van 1947 voltooiing genader. Maar intussen het Totius ook in daardie selfde jaar in Duits begin praat, deur die vertaling van ’n aantal van sy gedigte deur dr. Helmut Erbe. "Ek kon my oë amper nie glo nie,” skryf hy in ’n brief van 23 November 1947 aan dr. Raum. "Dit is dan ook die eerste Duitse vertaling van my verse. Ek het dit nie kon dink dat Totius sulke Duits kon praat nie. Dat nie alleen die sin nie, maar ook die atmosfeer van die gedigte so gevoelvol en met teerheid weergegee is, stem my tot dankbaarheid jeens Dr. Erbe.” Met die oorpeinsing van die naderende dood en die besef dat die wêreld nie ons woning is nie, het ’n ou gedig in die nuwe Duitse weergawe besondere betekenis gekry:

Die Welt ist unsre Heimat nicht:
Das zeigt der Sonne Abschieds-Schein.
Ich merk es an dem Reiher,
der Im Binsen-VIei, auf einem Bein
Missmutig nach der Sonne blinzt.
Und sind die letzten Strahlen fort,
Steigt eine Kalte aus dem Ried;
Ein kalter Schauder mich durchzieht.
Ich seh es dann an jedem Ding,
Das mich umgibt im Dammer-Ring:
Die Welt ist unsre Heimat nicht!

’n Jaar ná die huldiging, met Totius se 70ste verjaardag op Krugerskraal, sou die Afrikaners van die Witwatersrand nog ’n keer in 'n massa saamkom om horn te vereer. Dit was op 13 Februarie in die stadsaal van Johannesburg toe die Reddingsdaadbond ’n "Totius- aand” gehou het. Iets van die ou dinamiese krag het weer uitgestraal toe hy in ’n lang besielende toespraak die groot skare se aandag geboei het en onder andere gesê het: "Die goud van die liefde wil blink in die sonskyn van die daad. Nie meer praat nie, alleen die daad; die warme sielvolle en besielende daad kan ons help! ”

Ná hierdie laaste groot openbare volksbyeenkoms (toe was hy 71 jaar), het Totius se aktiwiteite nog verder verminder. Februarie 1949 neem hy vir die laaste keer afskeid van die Sinode van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika en aan die einde van daardie jaar tree hy af as professor van die Teologiese Skool en die Potchefstroomse Universiteitskollege vir Christelike Hoër Onderwys. In 1949 gaan hy egter nog voort om op een dag van die week enkele klasse te gee, maar dan stap hy ook op ’n sekere dag vir die laaste keer uit die klaskamer. Interessant genoeg: Totius se laaste lesing het gehandel oor die Heidelbergse Kategismus.

Die skryfwerk in tydskrifte gaan egter nog voort, maar die grootste taak bly steeds die hersiening van die Afrikaanse Bybel - sy eintlike lewenstaak!

Teen die begin van 1951 het Totius met sy gesin vir die laaste keer verhuis - en dit na die Vrystaat! Maar dit was nie ver van Potchefstroom af nie. Op die plaas Elandslaagte het hulle in ’n aparte huis op die wal van die Vaalrivier by hulle seun Dirk du Toit en sy gesin gaan woon. Dirk du Toit skryf: "Hy het sy wandelinge langs die Vaal geweldig geniet en steeds weer mooi plekkies ontdek aan die ± 2 myllange rivierfort. Eienaardig genoeg was die belangstelling vir die hengelsport nie meer aanwesig nie. Hier het hy aan die hersiene vertaling gewerk maar, alhoewel hy na die eerste hartaanval weer liggaamlik baie fiks was, het hy tog baie gekla oor dofheid van sy brein.”

En tog, die enkele kere wat Totius nog weer op ’n preekstoel of by ’n openbare geleentheid ’n toespraak moes hou, was dit met oortuiging en geesdrif.

Vanaf 14 tot 17 Maart 1951 vind die fees van die selfstandigwording van die Potchefstroomse Universiteit plaas. Dr. J. D. du Toit word die eerste kanselier van hierdie Universiteit en die studente versoek hom om spesiaal ’n lied te dig vir die geleentheid. Dit is die "In u lig”-lied wat deur prof. M. C. Roode getoonset is.

Op 30 Januarie 1952 hou hy sy laaste groot toespraak in die stadsaal van Potchefstroom tydens die Van Riebeeckfees oor die onderwerp "Transformasie soos deur vuur”, ’n rede waarin die geestelike skat wat met ons volksplanting gekom het, uiteengesit word. Saam met die Gereformeerde Belydenisskrifte, juig Totius veral oor die Psalms as kerkliedere – en wie het die Psalms beter geken as juis hy wat hulle woord vir woord berym het?

"Hier is die verlossing uit ons spanning: Wie Psalmsing gryp na die hoogste, want God is sy sangersdoel. Psalmsing is die hemelvaart van die siel, dit is die hand wat uitgesteek word na die verborge skat van God's kinders, dit is godsdiens, lewe in hoogste spanning, dit is die brug van die oneindigheid, dit is die durfdaad van die geloof, die arm wat uitgestrek bly bo die stormwaters van die lewe. Maar hierin kulmineer alles: Psalmsing is die aansteek van die wierook waarin ons teegeur die lieflike reuk van die more van die ewigheid.”

Op 2 Februarie 1952 onthul Totius die gedenksteen van die nuwe Teologiese Skoolgebou op Potchefstroom. Die woorde uit Jes. 40:8 het hy self gekies: "Die Woord van ons God hou stand tot in ewigheid”.

Op Saterdag, 16 Augustus 1952, hou hy waarskynlik sy laaste preek. Die teks is Eseg. 48: 35 : "En die naam van die stad sal wees van vandag af: Die Here is daar.” Die geleentheid was die ingebruikneming van die nuwe kerkgebou van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom-Noord. Vir die honderde studente is dit een van die wonderlikste belewenisse om te hoor hoe Totius self Psalm 42 in die kerk voorlees!

Op Saterdag, 25 Augustus 1952, is die groot Yssel-familiefees op die plaas Elandskuil, naby Ventersdorp. Wat ’n wonderlike beskikking dat Totius die rede by die onthulling van ’n monument moet hou - op die plek waar hy 53 jaar tevore as ’n gehawende, moedelose Boerekryger aangekom het en die Yssels horn toe soos ’n kind in hulle huise ingeneem het!

1953 is Totius se sterfjaar. Sy eie mense sou egter nog ’n laaste hulde aan hom bewys: die eerste eredoktersgraad deur die Potchefstroomse Universiteit, doktor in die teologie, Honoris Causa, op Saterdag 21 Maart 1953.

Binne enkele maande sou die einde kom. Die laaste werkstuk vir C. M. van den Heever se boek My jeugland is Aprilmaand voltooi. Die finale hersiening van die Afrikaanse Bybelvertaling is middel Juniemaand afgehandel. En toe het hy haastig geword om dit by ds. H. P. M. Steyn van die Bybelgenootskap in die middestad van Johannesburg te gaan aflewer. Sy kleinseun het hom daarheen gebring. Die gewoel van die stad en die gejaagdheid om op tyd by ds. Steyn te kon wees, was vir sy hoe ouderdom ’n groot spanning. En daar, saam met ds. Steyn, het Die Vaderland die laaste foto van Totius geneem - met die Afrikaanse Bybel in sy hand! En toe kom dit : die tweede hartaanval. Inderhaas het hulle hom na die Lady Dudley-verpleeginrigting gebring en na ’n paar dae het sy seun, dr. Japie du Toit, hom na sy huis in Pretoria gebring waar hy persoonlik met nougesette sorg oor sy vader toesig kon hou.

Die weke in Pretoria was tog wonderlike weke en dae. Die naaste familie kon toe nog so baie aan hom hê, en soos altyd was sy dierbare vrou voortdurend die een wat hom versorg.

Belangstelling, selfs in wêreldsake, het steeds toegeneem. Veral oor Rhodesië en oor die ontwikkeling van state in Afrika kon hy rustig vertel van sy vader, ds. S. J. du Toit, se siening. Maar ook die digtersiel het weer ontwaak. Aan Dirk gee hy ’n opdrag om sekere gedigte wat nog in sy lessenaar is aan professor Wikus du Plessis te oorhandig. (Prof. L. J. du Plessis was vir Totius sy lewe lank ’n vertroue raadgewer oor sy gedigte.) Op 29 Junie 1953 skryf hy sy laaste gedig waarin sy lewensleed en persoonlike lyding nou by die naderende dood in herinnering geroep word:

Lei my nie ...

Lei my nie langs stille waters
waar die Vaalrivier in strome
saggies vloei in skemerstond,
waar deur digte en donker borne
nog verlaas hul skynsel blink.
Lei my nie langs daardie walle,
dat ’k nie aan my leed weer dink.

Lei my langs die stille waters
van die ondergrondse Lethe,*
dat ek diep daaruit kan drink,
en my denke en my wete
yd’le poging tot deurgronding
nou die diepe sielsverwonding
in die diepte kan versink.

Maar daar is geen stille waters
van ’n Lethe waar ’k my wete
en my denke kan verdrink.
Dis ’n skone fantasie.
Kwelgedagtes, die kom sluimer
of in stilte en slaap versink,
maar vergeet, dit kan ek nie.

* Die Lethe” waarna Totius hier verwys, is in die Griekse mitologie die benaming vir die stroom van die vergetelheid.

Die volgende dag, 30 Junie, neem hy ’n kort potloodjie en skryf met ’n bewende hand agter in sy Psalmboek: "Daar sal geen doodsvrees wees nie. My Verlosser sal my tegemoetkom en lei na die heerlike geweste van die Drie-enige God, van sy engele en gesaligdes. Laat my dierbares deur God's genade tog die pelgrimspore volg. Ja, ook alle gelowiges. Genade alles genade! ”

Woensdagaand, 1 Julie 1953, het Totius se sandglas leeggeloop. Saterdagmiddag is die begrafnis op Potchefstroom gehou en die diens is gelei deur ds. A. S. E. Yssel, een van die eerste vier predikante wat hulle studies onder Totius voltooi het.

Sober, rustig, eenvoudig . . . So is hy na die graf gedra. Totius se stem is stil. Sy werk is afgehandel. S. J. Pretorius die jonger digter raak die volgende dag daaroor ontroerd:

Aan Totius

Laat nou die oue hande rus
Die nag is daar . . . die lig
’n sluier oor sy aangesig –
gedaan, gedaan hul plig.

Laat nou die oue hande rus
Hul was alreeds te moeg
in Gods- en Skoonheidsdiens geswoeg
oplaas is dit genoeg.

Laat nou die oue hande rus
Soveel het hul geseën —
soveel hul liefdeshulp verleen
nou is hul werktyd heen.

Laat nou die oue hande rus
wat spyts gebrek en pyn
die brood kon breek, die beker wyn,
kon skink vir hul wat kwyn.

Laat nou die oue hande rus
hoe swak was hul gewees —
en tog hog sterk en sonder vrees
as God hul pyn genees.

Laat nou die oue hande rus
hoe ryk, hoe eindeloos hul vreug-
in-smart gelaat as troos vir ons:
sy volk; sy kroos.

EINDE

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2701 gaste aanlyn