NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

In 1 Johannes 5:14 sê hy dat God ons verhoor as ons iets vra volgens God se wil. Calvyn se kommentaar op hierdie vers bring meer duidelikheid wanneer hy sê dat as dit aan elkeen van ons toegestaan wou word om te vra net wat ons begeer, sou daar baie swak na ons omgesien word. Dit sou ook die geval wees as God aan ons wense sou toegee. Want ons weet nie wat vir ons goed is nie. Inteendeel, ons brand van slegte en verderflike begeertes.  Dus is die geheim van verhoorde gebede daarin dat ons niks sal vra wat strydig is met God se wil nie. Daarom moet ons sy wil ken en gehoorsaam.

NOG BLANKES VERMOOR

Deel Drie

Lees reeks by Gebeurtenisse uit die Swart oorloë 1834 -1853

Deur P P J Coetser, Sr.

VYF OFFISIERE VERMOOR OP DIE SOHOTOBERG - 1846

Die militêre kamp was te Komgha, naby die Keirivier opgeslaan.  Op 'n sekere môre gaan ses offisiere, sonder om aan iemand daar iets van te sê, na die Sohotoberg, om van die kruin af die pragtige uitsig oor die Keirivier te bewonder en die mooi landskap verder waar te neem.

Hulle het nog nie ver geloop nie toe een van die ses,  luitenant Littlehales, so sleg begin voel dat hy maar omdraai en weer na die kamp teruggaan.  Die ander vyf het verder aangestap na die berg, wat omtrent vier myl daarvandaan was.

Teen die aand word al vyf die offisiere vermis.  Toe vertel Littlehales waarheen hulle die oggend gegaan het. Almal wat die berg geken het, was dadelik oortuig daarvan dat hulle omgekom het.  Generaal Berkeley gaan toe dadelik met 'n aantal soldate om na hulle te soek.  Majoor Bisset, wat die omgewing goed geken het, gaan saam as gids.  Die opspoor-skote wat hulle afgeskiet het, het onbeantwoord gebly.  Hulle het tevergeefs tot middernag gesoek en toe na die kamp teruggekeer.

Die volgende oggend om vieruur is die generaal en majoor Bisset weer met 'n ander troepe-afdeling daarheen.  Hulle kom met dagbreek op die eerste rant van die berg by 'n paar afsonderlike rantjies, met groot doringbome tussenin en sien op 'n afstand 'n menigte van aasvoëls op die bome sit en wag dat die son moet opkom, want 'n aasvoël vreet nie as die son nie op is nie.  Ons vermoed toe wat gebeur het.

Vorentoe is daar 'n nou nek, wat 'n mens moet deurgaan as jy die berg verder wil uitklim.  Bo-op die kruin kom jy dan op 'n mooi gelyk vlakte uit.  Ons is toe soontoe.  Blykbaar het die vyand gewag totdat die offisiere deur die nek en op die berg was en toe hulle terugtog afgesny en hulle van alle kante bestorm.  Die offisiere was gewapen en het hulle met alle mag verdedig, maar die oormag was te groot en al vyf is vermoor.  Ons kon sien dat vier van hulle baie swaar gewond was.  Hulle koppe was afgesny.  Die vyfde een, 'n dokter, het geen wonde aan sy lyf gehad nie; net sy kop was afgesny.  Hy het uitgestrek op 'n plat klip gelê.  Dit was aaklig om die verminkte lyke in groot bloedplasse te sien lê.  Ons het met hulle gedoen wat ons kon en hulle met 'n sterk wag na die kamp teruggestuur.

Daarna is ons met 'n versterkte troepemag en 'n aantal Fingo's verder en spoor die vyand aan die anderkant van die berg in die bosse langs die Keirivier op.  Die generaal het met 'n lyfwag weer die berg uitgeklim, vanwaar hy die geveg in die bosse mooi kon sien.  Ons het die vyand verhinder om teen die berg uit te ontsnap en van bo af en aan weerskante hulle toegang afgesny, waar hulle in 'n krom draai van die rivier saamgedrom het.  Dit het 'n verbete geveg afgegee, maar ons het 'n menigte van hulle doodgeskiet voordat die res deur die rivier ontsnap het.  Daarna het ons na die kamp teruggekeer.  Ons verlies was 3 gesneuweldes en 10 gewondes.

Die vyf lyke is die volgende dag begrawe, maar later te King William's Town herbegrawe.  Die generaal het self die lykdiens gehou.  Almal was diep bewoë en daar is baie trane by hierdie geleentheid gestort.  Een van die vermoordes was 'n uiters geliefde majoor Baker, wat dikwels op mars sy perd aan 'n moeë soldaat gegee het, terwyl hy self gestap het.  As die tente opgeslaan moes word, het hy altyd eers gesorg dat al die ander s'n in orde was voordat hy sy eie laat opslaan het.  Daar is baie oor hom getreur, want hy het sy manskappe altyd soos broers behandel.

Op die berg is van die vyf slagoffers se besittings in 'n klipskeur gekry, onder andere 'n dik sakhorlosie van die dokter wat deur 'n assegaai getref is.  Dit het op tweeuur gestaan, wat waarskynlik die tyd aangetoon het toe die moord gepleeg is.

Ongeveer 'n jaar vantevore het daar ook vier offisiere na die berg gegaan en een van hulle het ook siek geword en omgedraai en so sy eie lewe gered, want die ander drie is feitlik op dieselfde plek vermoor.  Toe die lyke ontdek is, is hulle in 'n swarte se hut begrawe en die hut aan die brand gesteek om te verhoed dat die swartes hulle weer vind en verder vermink soos wat hulle gewoonte was.

Soos aan die einde van die vorige hoofstuk vermeld is, was sir Harry op hierdie tydstip in die Kaap, onderwyl  gerugte van oorlog al  hoe meer die rondte gedoen het.  Daar was 'n groot opperhoof, Pato, wat in 1846 dieselfde rol as Hintsa gespeel het en al die gesteelde vee stilletjies weggesteek het.

Nie lank nadat die goewerneur in 1846 Kaap toe gegaan het nie, breek die oorlog toe uit.  Sir Harry kom toe terug na King William's Town en na Fort Cox, waar hy agt dae lank vasgekeer word deur die vyand.  Daarna waag hy dit, op lewe en dood, om met 'n aantal dapper manskappe uit te ry.  Om die vyand om die bos te lei, gaan hy eers in Alice se rigting, slaan toe 'n ander koers in en kom ongedeerd in King William's Town aan.  Hy kommandeer en maak 'n kommando soldate en burgers bymekaar uit KWT en Fort Beaufort om Fort Cox te ontset.

Op daardie tydstip was generaal Somerset met 62 provisiewaens op pad na Fort Cox, toe hy deur 'n oormag swartes aangeval is.  Alhoewel sir Harry hom te hulp gesnel het, was die oormag so groot en die geveg so hewig dat sir Harry moes retireer.  Die 62 waens het almal in die hande van die vyand geval, wat dit geplunder en verbrand het.  Hulle het die kanonwa ook gebuit.  Jabrey het onder 'n hewige vyandelike vuur geretireer en in Fort Hare ontkom.  Hy was 'n dapper man wat in die kritieke oomblikke van die geveg onder sy manskappe rondgegaan het en persoonlik ammunisie uitgedeel het.  Hy het ook al die gesneuweldes en gewondes van sy afdeling saamgevoer na die fort.  Toe die vyand die fort in die oog kry, het hulle opgehou met skiet en weggegaan, sodat die troepe die fort kon verlaat.  Daarna is die fort aan die genade van die swartes oorgelaat.

Die Fingo's wat by Fort Peddie was, het geweet wanneer die swartes die fort sou aanval en het sogenaamd met hulle afgespreek om te help om die fort te verower.  Dit was egter 'n set wat hulle saam met die troepe in die fort afgespreek het om die vyand tegemoet te gaan en wanneer dié dan hul vuur op die fort begin rig, hulle van die sykant af aan te val.  Dit het toe so gebeur.  Die swartes het tot op 70 tree gestorm en 'n vreeeslike vuur op die fort geopen, wat net so warm deur die troepe beantwoord is.  Uit die toring, omtrent 600 tree van die fort af, is 'n gedugte kanonvuur op die vyand geopen, sodat hulle reeds van twee kante af bestook is, voordat hulle tot hul ontnugtering ontdek het dat hul "vriende", die Fingo's, hulle van 'n derde kant af in die rug steek. Dit was 'n groot slagting wat 'n uur lank aangehou het.  Maar hulle het die winkel van John Webb daar naby geplunder. Die kanon uit die toring het hulle daarvandaan verdryf en by menigtes neergeskiet toe hulle oor die kaal bultvlakte saai.  Die manskappe het hulle tot oor die Solana gejaag.

'n Paar maande lank daarna het die swartes sporadiese aanvalle op verskillende plekke op die troepe gemaak.  Hulle is oral in toom gehou, onderwyl versterkings uit Engeland, sowel as uit die geledere van die burgers ingewag is.  Maar voordat hulp kon opdaag, het die vyand die Kolonie ingestorm, 'n aantal forte aangeval en die vee geroof, sodat die manskappe van Fort Dubbeldrif byna omgekom het van honger, want die swartes het die kraal wat aan die fort vas was, oopgebreek en al hulle slagbeeste weggevoer.  Die vyand het die fort 'n tyd lank beleër, waartydens 'n paar beeste dood is.  Die troepe het van die vleis hiervan aan die lewe gebly totdat hulp opgedaag het.  Intussen is 'n paar keer slagvee na hulle gestuur, wat deur die vyand afgeneem is en die soldate wat dit vergesel het, vermoor het.

Aan die begin van hierdie oorlog het ons met 'n paar huisgesinne en 15 weerbare manne na Fort Brown gevlug.  Ons laer is dieselfde aand om seweuur by die fort onverwags aangeval en baie van ons vee 'n end weggedryf.  Toe val die vyand ons weer 'n keer aan, maar ons het hulle weer teruggeslaan.  Kaptein Boucher het ons met 15 sappers (loopgraafdelwers) te hulp gekom, maar hy was net te laat om betyds te wees.  Aan ons kant was niemand dood of gewond nie.  Ons het die laer behou, maar die waens was baie stukkend geskiet en een os is gewond.

Ons het nie genoeg manskappe gehad om al die forte te beskerm en van voorrade te voorsien nie, sodat daar nie geleentheid was om kommando's uit te stuur om die vyand te gaan beveg nie.  Die vernaamste forte in daardie tyd was Fort Beaufort, Alice en KWTown.  Die lyn van Grahamstad na KWTown is oopgehou.

My swaer, Conway, was 'n kontrakteurs-agent te Trompettersdrif.  By hom was 'n ou getroue swart bediende, Manel, uit die stam van Pato, wat reeds lank by hom gewoon het.  Op 'n goeie dag kom daar berig dat daar 63 provisiewaens op pad was van Grahamstad na Peddie.  Op die waens was onder andere ook medisyne vir die gebruik van die dokter, asook negosie en drank vir die winkeliers in Peddie.  Manel sê vir sy baas dat Pato met 'n groot kommando die waens by Blourivier inwag met die plan om dit by Trompettershoogte te oorrompel.  Een van Pato se volk het dit in die veld vir hom vertel.  Conway stuur die ou swarte toe in die nag met hierdie berig na Peddie.  Daar kon egter niemand hier gemis word  om die wag by die waens te gaan versterk nie.  Buitendien wou hulle ook nie die berig glo nie.  Manel het toe maar teruggekom en vir sy baas in die nag Pato se kommando gaan wys.

Die waens het intussen by Trompettersdrif aangekom en die kolonel wat daarby was het gedink dat die gewapende begeleiding sterk genoeg was om die vyand te weerstaan.  Conway het die volgende dag 'n endjie saamgegaan.  Drie myl verder was alles nog stil, maar toe kom hulle by die helling van 'n ruwe boskloof, waar die pad baie nou was.  Daar storm die swartes op hulle toe.  In 'n ommesientjie het hulle 'n hele paar osse doodgeskiet.Die wag slaan op die vlug, gevolg deur die touleiers en drywers, Conway se perd kry ook 'n paar koeëls en die kolonel sien geen ander uitweg  as om maar self op die vlug te slaan nie.  Pato staan op 'n hoë kop en skree:  "Vandag sal ons sien wie baas is!"  Na 'n klein rukkie staan al die waens in ligte laaie.  Conway was só tussen die vyand in dat sy baadjie letterlik aan die brand geskiet is.  Hulle is almal toe terug na Trompettersdrif.  Daar het maar min van die vyand geval.  Ons het later verneem dat die swartes so baie van die brandewyn en medisyne gedrink het dat baie daarvan dood is. 'n Groot deel van die kommando was siek.  As ons hulle toe aangeval het sou daar 'n groot slagting gewees het, want hulle was nie in staat om te veg nie.

Kort daarop gaan 'n afdeling troepe, dragonders, onder kolonel Darnell met twee kanonne uit KWTown om die verdediging by Grahamstad te gaan versterk. Toe hulle by 'n bosagtige berg in die omtrek waar die vorige onheil plaasgevind het, kom, val Pato hulle hewig vanuit die bosse aan.  Die troepe het hulle dapper verweer deur bomme en skroot na alle kante te vuur, maar hulle het 'n verlies van 11 gesneuweldes en gewondes te betreur gehad sowel as enige dooie en gewonde perde.  Die troepe het swaar geworstel tussen die ruwe bosklowe deur onder die hewige vuur van die vyand, maar verder darem veilig in die fort by Trompettersdrif aangekom met hulle dooies en gewondes.  Die volgende dag is die reis na Grahamstad voortgesit.

Daarop is berig dat die swartes in die bosse skuil en die pad tussen Grahamstad en KWTown onveilig maak.  Generaal  Somerset gaan toe met 'n kommando van kiepkoor, burgers en Fingo's uit KWT, terwyl kolonel Darnell met die dragonders hulle tegemoet trek.  Die twee kommando's ontmoet mekaar by Trompettersdrif.  Daarvandaan deurkruis hulle die vyandelike oord apart, met die plan om weer by Ghoege by mekaar uit te kom..

Kolonel Darnell was in die namiddag op die afgesproke plek en die dragonders het nog nie afgesaal nie, toe hulle op 'n afstand 'n beweging waarneem wat na 'n groot klomp beeste gelyk het, maar deur sy verkyker het die kolonel vasgestel dat dit 'n groot klomp swartes was wat skynbaar doodluiters die oop vlakte binnegaan.   Dit was die Gonocebes-swartes onder Umhala, wat vir Pato wou kom help.  Hulle het skote gehoor en gemeen dat die geveg tussen ons en Pato reeds aan die gang was en loop toe soos skape in die leeu se bek in.  Toe die geveg begin, het generaal Somerset ook opgedaag.  Die vyand het na alle kante gevlug, onderwyl hulle in menigtes neergeskiet en jammerlik verniel en uitmekaar gejaag is.  Die Fingo's was die laaste wat teruggekeer het.  Hulle het in die rigting van Peddie sowat dertig swartes een na die ander uit 'n spelonk gesleep en met assegaaie doodgesteek.  Ons het geen verliese gely nie.  Ons het ons kamp aan die bo-end van Bokkraal opgeslaan.  Die volgende dag is generaal Somerset weer na KWTown en Darnell na Grahamstad met hul manskappe terug.

Dit het gelyk of die vyand se mag 'n bietjie gebreek was, want dit was vir 'n maand of wat daarna regtig stil.  Van die grensboere wat in die Kolonie ingevlug het, het weer teruggekeer.  Die dragonders is na KWT terug en die burgermag is na Grahamstad en omstreke.  Hulle het die verskillende forte gaan beman, patrollies uitgestuur, maar niks gekry nie.  Ons laer te Fort Brown is ook opgebreek en verdeel tussen Niemandskraal en Bothasberg.

Omdat dit so droog was, het ek en my pa en nog 'n man na Komiteesdrif gegaan waar 'n afdeling troepe onder luitenant Cole was.  Omdat ek elke voetpaadjie goed geken het, is ek sonder beloning, op versoek van Cole, verskeie kere saam op patrollie uit.  Hier en daar kry ons soms 'n bietjie spore, maar dit was ook al.

Die volgende dag vra kaptein Van de Riet en luitenant Cole my om 'n bietjie vooruit te gaan en verkenningswerk te doen.  Dan sal hulle 'n patrollie agterna stuur om ons weer op 'n sekere plek te ontmoet.  Drie van ons is toe vooruit. 'n End verder sien ons vars spore en roep halt om vir die patrollie wat sou kom, te wag.  Maar hulle daag nie op nie en ons gaan 'n endjie verder en kry meer vars spore.  Ek begin toe lont ruik en sê ons moet terug.  Ons was toe reeds klaar omsingel en die vyand begin van alle kante af op ons te skiet.  Ek kry 'n koeël omtrent anderhalf duim onder die skouer deur my linkerarm en voor by my bors uit.  Meteens kom die bloed by my mond uit. Ek kruip onder 'n bos in en hoor hoe die swartes op my twee maters skiet.  Toe merk ek dat ek nie net 'n vleiswond opgedoen het nie, maar dat my arm af is.  Ek versteek my so goed ek kon en lê en wag om die voorste swarte wat my spoor gaan volg, neer te skiet, maar toe word ek bewusteloos van bloedverlies.

Toe ek weer tot verhaal kom, was alles stil.  Die af-arm het ek met my halsdoek gestut en probeer om kamp toe te loop.  Ek was so swak dat ek nie my geweer kon dra nie en het dit toe maar weggesteek en my ammunisie oral in die bos rondgestrooi om dit onbruikbaar te maak.  So is ek toe pynlik-sukkelend  die 4 of 5 myl na die kamp terug.  Dit was die middag van 15 September 1846.  Daar aangekom, het ek weer flou geword..  Toe ek weer bykom, sien ek 'n paar kerse brand en kom agter dat ek deur my vrou en my moeder verpleeg word.  Die dokter van die troepe, Allen, wou die arm afsit, maar ek het geweier en toe het hy my opgegee.  Daarop laat ek die dokter van Grahamstad roep, maar hy wou nie kom nie en het laat weet dat ek nie aan die lewe kan bly nie.  My vrou en my moeder het my getrou verpleeg en opgepas, sodat ek na die pynlike en gevaarlike krankheid van drie en 'n halwe maand weer heeltemal gesond was.

Daarna is berig ontvang dat die swartes weer beeste gesteel het, waarop ek met 'n patrollie saam uit was en een swarte op hierdie uitstappie geskiet het.  Die swartes het in hierdie tyd baie boerelaers aangeval, soos dié van meneer Stefanus Nel, wat helder oordag plaasgevind het.  Hulle het pas ingespan en die 25 man was al 'n endjie aan die trek, maar hulle het die swartes so gevonk dat hulle verplig was om die hasepad te kies.  Daar het dié dag egter iets tragies gebeur:  'n Kind van omtrent 7 of 8 jaar oud van meneer Stefanus Naudé wou in die ry op die wa klim.  Hy val van die disselboom af en kom onder die wiel te lande, wat sy skedel verbrysel het.  Hulle het 'n groot swart- kommando gesien wat in dieselfde rigting getrek het, maar dié het hulle later uit die voete gemaak.  Miskien het hulle gedink dat die klein klompie boere 'n klompie towerhekse was wat nie oorwin kan word nie.

Hierna het 'n patrollie van 5 man uit die boerelaer van  kaptein Lombard, te Bothasdrif aan die Visrivier, uitgery op die spore van gesteelde beeste en perde.  Sowat 7 of 8 myl van die kamp af , is 'n krans al langs die rivier, omtrent 30 tree van die water af, waar juis 'n lang seekoeigat was.  Hulle volg die spore in die nou deurtog ongeveer 'n halfmyl, waar 'n punt van die krans amper tot teen die rivier uitsteek. Meteens word uit die krans op hulle geskiet.  Twee manne word dodelik getref, waarvan een in die water val en verder verdrink; twee word in die heupe gewond en die vyfde een was nog ongedeerd.  Die drie wat nog lewe kruip in 'n opening tussen die rotse in wat net een ingang gehad het.  Om hierdie ingang te bereik, moes die swartes oor 'n kaalte beweeg, waar hulle voortdurend deur die drie platgeskiet word.  Toe klim die swartes bo-op die krans en laat een aan sy voete met kop na onder afsak om op die drie te skiet, maar hy word dadelik van onder af doodgeskiet en voordat die een wat hom aan sy voete vasgehou het, kon wegkom, kry hy ook 'n doodskoot.  Die drie manne het omtrent 'n anderhalf uur hard moes veg om die vyand van die opening af weg te skiet, maar nadat die twee swartes op hulle ongewone lugreis na benede gestort het en die vyand weer 'n slag van die voorkant af probeer het en daar weggeskiet is, het dit stil geword.

'n Ruk daarna kom die drie uit die spelonk, gaan eers 'n end in die bosse langs die rivier af en naderhand so diep deur die water dat hul ammunisie nat geword het.  Van die ander kant af hoor hulle 'n rumoer van 'n hele bende swartes onder die krans waar hulle pas vandaan gekom het.  Een swart het deurgekom en verskeie kere op hulle geskiet, maar dit was alles mis.  Toe dit vir hulle op pad kamp toe donker word, gewaar hulle dat die swartes ook dieselfde rigting inslaan.  Hulle kruip weg.  Die swartes gaan verby, val die kamp aan, roof 'n aantal vee en gaan skaars tien tree van die plek af verby waar die drie manne weggekruip het.  Toe hulle by die kamp kom, sê die ander manne hulle het die skote by die krans gehoor en gedink dat al vyf omgekom het.  In die worsteling by die laer is verskeie swartes dood, maar van die burgers het nie een gesneuwel nie.

Ek was op daardie tydstip in Grahamstad.  Daarop het meneer Meurant, die latere parlementslid, die vrywilligerkamp na Klein-Visrivier verplaas.  Met sy terugkeer daarvandaan, het hy 'n paar waens van die setlaars na Grahamstad vergesel.

Kort daarna is die burgers uit die weste bedank vir hulle diens en hulle het haastig laat vat..Die grensburgers moes toe vergoeding kry vir al hulle verliese en uit die gebuite vee elkeen na eweredigheid sy deel ontvang.  My pa en ek is saam met ander vrywilligers onder majoor Hogge na King William's Town, waar ons kommandant Jan Delport met 15 man aangetref het.  Op bevel van generaal Somerset moes die kleingeskut-afdeling van Fort Cox deur die Amatola patrolleer, en ons weer in 'n ander rigting en mekaar dan weer in Keiskamahoek  ontmoet. Op pad daarheen is ons vaandeldraer deur 'n wa doodgetrap.  'n Dag later het 'n Hottentot van 'n perd af op sy kop geval. Hy is ook dood.  Op die afgespreekte plek kom ons by die Rifle Brigade.  Ons en hulle het nie die vyand raakgeloop nie en ook nie die twee afdelings Kiepkoor, wat deur Tabandodo en Hoho getrek het nie.  Nadat nog twee patrollies perderuiters na Antas Hole en deur Keiskamashoek was en niks raakgeloop het nie, is die kommando na King William's Town terug.

Op pad daarheen word 'n klomp beeste in 'n kloof gewaar.  Op bevel van die generaal gaan ons met 15 man om hulle te haal. Die stuk of wat swartes wat daarby was, het 'n paar skote geskiet en toe gevlug. Met die terugkom gaan ons naby swartes se kraal verby, waar die vlagdraer ten spyte van my waarskuwing, na 'n hut toe ry en daar 'n skoot deur sy heup kry.  Die swarte wat hom geskiet het, probeer wegvlug, maar ek jaag hom voor en skiet hom dood..  Ons het die man gelaaf en die dokter was gou by om die wond te verbind en daarna is hy op 'n soort van kateltjie na die laer gedra.  Ons is verder na KWT, waar die man drie dae na die onheil gesterf het.

Alles was 'n week lank stil, onderwyl dit onophoudelik gereën het.  Toe die weer opklaar, gaan die generaal uit met 'n kommando van 1 500 man, bestaande uit troepe, burgers, kiepkoor en lewwies, met die doel om die omgewing van Langmansbos, Dohne en Gonubieberg skoon te maak.  Ons was nog nie ver nie of ons sien 'n trop beeste op 'n afstand.  My pa, Gert van Rooy en ek jaag daarheen en skiet op die klompie swartes wat daar by was.  Hulle slaan verskrik op die vlug en ons kom met die beeste terug, ongeveer 70 mooi vet osse.  Maar die swartes gewaar toe dat ons maar net drie man was en gaan lê ons voor by 'n bosdrif, waar ons baie hard moes veg.  As die generaal nie op die geskiet af haastig hulp gestuur het nie, sou dit met ons maar sleg afgeloop het. Die generaal was baie ontevrede omdat my bejaarde vader sy lewe so gewaag het.

Kort daarna sien ons weer 'n klomp beeste tussen die bosse, wat ons met 50 man gaan haal het sonder veel teenstand.  Dit was sowat 100 beeste en 30 perde.  Intussen het die kommando self ook 'n klomp beeste buitgemaak, sodat ons tot dusver al 1 500 beeste en perde bymekaar gahad het.

Op pad na Hoho moes ek saam met 100 lewies gaan om die bosse tot by Periebos skoon te maak.  In die bos sê ek vir Currie (Sir Walter wat nou dood is) wat agter my in die voetpad loop:  "Ek hoor iets!"  Hy spot my en sê:  "Jy is maar net bang."  'n Paar tree verder gewaar ons 'n swarte wat van agter 'n geelhoutboom met 'n assegaai na Currie mik, maar ek skiet hom dood voordat hy kon gooi.  Ek kyk om en sien vir Currie op die grond lê.  Hy wou die assegaai ontduik en het van skrik plat geval.  Ons het hom later hieroor goed gespot.  Meteens sien ons nog 'n swarte wat met 'n assegaai dreig en hierdie keer het Currie self hom neergeskiet.  Daarna het ons sonder enige verdere voorvalle weer by die kommando aangesluit en saam met hulle na die hoofkamp te Dohnestasie gegaan.  Tydens hierdie uitstappie het die kommando 'n menigte hutte verbrand en oral net meide en geen mans aangetref nie.

Nadat ons 'n paar dae gerus het, gaan ek op bevel van die generaal saam met majoor Hogge en sy lewwies, om die land in die omtrek skoon te maak.  Nie ver van Dohne af nie, oor 'n berg, kry ons spore van swartes met gesteelde vee, wat ons opvolg en kom by 'n kraal uit.  'n End van ons af sit 'n swarte met sy rug na ons toe, besig om 'n vel skoon te krap.  Drie van die lewwies, Arie en nog twee, ry tot omtrent 50 tree van hom af, waar hulle afklim.  Die majoor sê:  "Let us see what Mr. Arie will do with the fellow."  Arie brand los, maar dit was mis en die ander twee skiet ook skoon mis!  Die arme verbouereerde swarte wip oor die kraalheining om weg te kom, maar Arie hardloop om die hoek van die kraal en skiet hom plat.  Hy kom toe met groot selfvoldoening teruggestap, slaan op sy geweer, vee dit af en sê:  "Ja, dis nog 'n roer, ja!"

Intussen het majoor Hogge gevra dat daar 'n patrollie van die kamp af moet kom om ons te kom help, want ons is warm op die spoor.  Majoor Armstrong daag toe op met 'n aantal manskappe.  Ons volg die spore tot tussen die beeste van Tooise, 'n soort van lojale swart kaptein, maar eintlik was hy 'n skelm.  Toe Armstrong by ons kom, was Tooise ook by hom.  Na 'n lang gepraat lewer Tooise die gesteelde 80 beeste uit en gaan met ons saam.  Dit was reeds drieuur namiddag en ons was sedert die oggend nog altyd in die saal sonder eet of drink.

Op pad terug na die kamp klim ek by 'n riviertjie af om water te drink.  Tooise sien dit en jaag vinnig in die water in en laat my moedswillig vol modder spat, maar ek gee hom 'n hou met die kolf van my geweer dat hy bo van die perd aftuimel.  Armstrong vra wat gaan aan en ek sê: "Dit skeel my min of ek skiet hom vir sy brutaliteit op die plek dood, want die vabond is 'n wolf in skaapsklere en niks anders as 'n rebel nie!"  In die kamp het generaal Somerset weer mooi met my gepraat en gesê hy weet dat Tooise 'n rebel en spioen is, maar dis in ons belang om hom by ons te hou.  Dog ek was kwaad en antwoord:  "My opinie is dat die vabond 'n blouboontjie voor die kop moet kry."

Hierna gee generaal S 80 beeste aan kommandant Delport om onder sy manskappe te verdeel.  My vader, Van Rooy en ek kry 30 beeste en 6 perde om onder ons te verdeel.

Met goedkeuring van die generaal gaan ek en Delport die Kolonie in om vrywilligers te werf.  Die verstandhouding was dat elkeen wat vee buit, dit vir homself kon hou.  Na twintig dae kom ons terug met 75 vrywilligers.   Die hele kommando moes toe na Keimond gaan om na Pato te soek wat êrens te Eb-en-vloed-drif wegkruip.  Ons klomp ruiters kry hom in Coha, maar hy vlug met sy kommando oor die Kei en hoewel hy heftig teenstand bied, het ons hom warm ingepeper totdat donker was.

Ons het 'n paar dae lank kamp opgeslaan en moes daarna die land verder skoonmaak.  Ons verdeel die manskappe en stuur die kiepkoor een koers in en die burgers na 'n ander streek.  Die pakperde en ander dinge bly in die kamp.  Ons burgers het 'n hewige geveg met die vyand tussen afskuwelike, lelike spelonke gehad en met 300 beeste en 'n aantal buitgemaakte assegaaie en gewere teruggekom.  Aan ons kant was al onheil wat ons getref het, dat 'n man 'n koeël deur sy baadjie gekry het.

Hogge wou met sy lewwies vir Pato opvolg en ons gaan met die beeste na die kamp van Tonjeni.

Die generaal stuur ons kort daarna weer uit, die kiepkoor en burgers elk in 'n aparte rigting, om op 'n sekere plek weer by mekaar te kom.  Toe ons deur Coharivier is, verdeel die kommandant ons burgers in twee groepe, wat albei in die rotsgebergtes met die vyand slaags raak.  Ek het 18 man by my gehad en 'n benoude tyd beleef tussen die menigte wat ons bestorm het, maar ons het 'n groot trop beeste afgeneem en uit die lelike bosklowe uitgebring, sonder verlies aan ons kant.  Die kommandant en sy manskappe het dit net so moeilik gehad, maar hulle kom ook terug met 'n groot trop beeste.  Saam met ons s'n was dit 700.  Dit was reeds middag en ons het nog geen kans gehad om 'n stukkie te eet nie.  Toe ons twee groepe weer bymekaar kom, blyk dit dat agt van die kommandant se manne vermis word.

Hy het dadelik 15 man gestuur om die vermistes te gaan soek.  Hulle word nie ver daarvandaan nie opgespoor waar hulle deur 'n aantal swartes omsingel is.  Die 15 man storm tussen die swartes in, veg soos leeus en red hulle maters.  Die 8 man het ook 'n trop beeste afgeneem, maar die vyandelike oormag teen hulle was so groot dat hulle lewens ter nouernood deur die 15 man gered is. Hulle perde was moeg en hulle skietgoed was op en was gelukkig om weer almal saam by die kommando uit te kom.

Ons gaan toe met die vee en al na die laer, maar moes tussen lelike spelonke deurworstel.  By 'n gevaarlike drif in die rivier storm die swartes van al kante op ons af, maar ons slaag daarin om hulle terug te dryf en gaan met sonsondergang die berg uit.  Ons was nog twee uur te perd van die kamp af en daar was nog 'n diep, rotsagtige nek om deur te gaan.  Daar storm die swartes weer van meer as een kant op die kommando af en 'n harde geveg vind plaas, maar ons het hulle so warm opgepeper  dat hulle uiteindelik op die vlug slaan.  Aan ons kant was een perd dood en een man die hoed van die kop afgeskiet.  Ons kom die aand 10 uur veilig in die kamp aan.  Die ander dag sien ons op 'n afstand hoe Macomo vlug.  Ons rus toe nog twee dae lank.

Daarop gaan ons met 'n patrollie van 100 man uit in die rigting vanTsomo.  Ons was 'n paar maal met die vyand slaags, dog na drie dae was ons terug met 'n buit van 300 beeste, rus weer 'n paar dae en gaan toe met 300 man uit op patrollie, bestaande uit burgers en kiepkoor, almal ruiters.  By Tsomodrif maak ons 100 beeste buit en was die ander dag weer terug in die kamp. Kort daarna neem ons nog 400 beeste af, sodat ons toe reeds 1 800 beeste bymekaar het.  Dit reën toe 'n week lank aanmekaar, sodat ons niks kon uitvoer nie, maar daarna gaan ons na Fort Warren met die vee, waar dit op bevel van die goewerment verkoop is.  Die geld moes onder die burgers verdeel word, maar daar het soveel onregverdighede plaasgevind dat die burgers sommer huis toe gery het; net drie man en ek het gebly.

Toe kom die berig dat Sandili hom in die Periebosberg skuilhou.  Die kommando trek toe in vier afdelings uit om die berg vanuit vier rigtings te beklim en op die kruin weer bymekaar te kom.  Alhoewel hulle met die opklim heelwat swartes doodgeskiet het, is Sandili nie opgespoor nie, maar daar is ongeveer 200  beeste en perde buitgemaak, wat ons na die kamp saamgeneem het.

Die volgende môre kom daar 'n boodskap van Sandili dat hy hom wil oorgee as Bisset en Armstrong met 'n paar manne ongewapend sou kom om hom te haal.  Hulle gaan toe en bring hom na die kamp.  Sandili sê toe dat hy nie langer kon wegkruip nie.  Hy het die vorige dag in 'n klipskeur onder 'n tak geskuil, waaroor heen 'n soldaat getrap het en hom nie gewaar het nie.  Meteens was die oorlog verby.  Daar word vrede gesluit.  Generaal Somerset gaan na King William's Town.  Die lewwies word bedank.  Ek was toe al weer twee maande lank in diens en kon sonder betaling maar huis toe gaan.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 4034 gaste aanlyn