NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons land het baie donker geword.  Daar is bykans geen terrein wat nie aangetas is nie.   Die kerklike terrein is die hartseerste!    Dis asof die hel se magte oor ons eens sonnige land ontketen is.  Wat ’n behoefte het ons volk nie aan die lig van Jesus as die blink Môrester nie!

DIE BELEG VAN MAFEKING (2)

Dr JP Botha

Lees reeks by Die Beleg van Mafeking

Ons het in die eerste artikel nagegaan waarom die Boere vanaf 15 Oktober 1899 Mafeking gaan beleer het, tot groot vreugde van die Engelse, en wil nou ‘n bietjie kyk wat Baden-Powell alles in die dorp en omgewing aangevang het om die Boere van sy lyf af te hou. Vooraf gesê, hy het daarin uitmuntend geslaag om twee redes:  Die Boere het geglo dat Mafeking oninneembaar sterk teen ‘n aanval verskans was, en dat die Britse Bevelhebber oor ‘n ontsaglike groot besettingsmag beskik het.  Hulle het gemeen dat die dorp alleen teen ‘n geweldige lewensverlies aangeval en ingeneem kon word, en daarteen het generaal Piet Cronjé opgesien.

Intussen het kolonel RSS Baden-Powell, deur die Britse owerheid daartoe gelas, twee regimente op die been gebring, die Protectorate Regiment met ongeveer 770 troepe vir Mafeking en die Rhodesian Regiment wat hy noordwaarts gestuur het.

Hy het ‘n sestigtal forte, grondskanse en loopgrawe op kort afstande van mekaar af  met swart hulp laat grawe en ‘n paar vestings wat buite die dorp geleë was, weer laat opknap.  Hulle het almal name gekry, soos  Ellis’Corner, Dall se fort, Dixon’s Redan en Early se fort.

Loopgrawe en slote is orals langs die strate gegrawe, sandsak-barrikades is opgewerp en ondergrondse skuilings is vir nie-vegtendes gebou.  Die forte is met ‘n uitgebreide telefoonstelsel met Baden-Powell se hoofkwartier te Dizon’s Hotel verbind en ‘n stelsel van alarms is aangelê.

Hy het 188 vroue en 315 kinders uit die dorp oorgeplaas na ‘n kamp op die plaas van mnr Rowland, twee kilometer uit die dorp en langs die Molopo ‘n groot bomskuiling van 150 meter lank laat grawe. Hy het langs die noordelike grens van die dorp ‘n digte doringtakheining laat slaan en leë waens is oor al die paaie getrek wat uit die dorp lei.

Van die inwoners van die Barolongstat aan die kant van die dorp het hy 300 bewapen met ou Snider- en Olifantgewere. Sy eie verdedigingsmag was ‘n bonte versameling van ongeveer 1600 manskappe.  Net 576 was toegerus met slotgewere; die res het martini-henry’s gehad.  Daar was ook 4 seweponder veldkanonne en ‘n paar handmaxims. Hy het drie spoortrokke laat bepantser en hulle met die nodige toerusting  soos alarms, medisynekassies, ens voorsien.

By die vernaamste forte is daar ook uitkyktorings opgerig.  Uit die ruim voorraad dinamiet wat by die stasie geberg is, het hy met vleis- en melkblikkies dinamietbommetjies vervaardig.

Hy het ook van die dinamiet ‘n klompie landmyne vervaardig en op verskillende plekke rondom die dorp geplaas. Geeneen van hierdie kissies dinamiet was werklik gevaarlik nie, maar dit was deel van sy pogings om die vyand wys te maak dat die dorpie baie sterker verdedig is as wat werklik die geval was.

Toe die vyandelikhede begin het Baden-Powell honderde kassies sand vanaf ‘n huis in Mafeking met die grootste sorg deur die swartes na verskillende punte rondom die dorp laat aandra. Aan hulle is vertel dat die kassies hoogs ontplofbare stof  bevat en as een van hulle per ongeluk so’n kassie laat val, dit onmiddellik sou ontplof en hom die lug inblaas!

Hierdie kassies is toe sorgvuldig op verskillende plekke rondom die dorp begrawe en drade is aangelê wat hulle dan met die sentrale opservasiepos sou verbind. Kennisgewings is in Engels en Hollands onder die inwoners versprei dat hulle nie hul beeste in die “gevaarlike” mynvelde moet laat loop of toelaat dat kinders in die omgewing speel nie.

Om die saak eg te laat lyk, het hy op ‘n dag kennis gegee dat ‘n proefneming met een van die “myne” uitgevoer sou word om vas te stel of alles in goeie werkende toestand verkeer en dat niemand naby die oostelike sektor tussen 12 en 2 namiddag moes kom nie.  Op die gestelde tyd, toe almal binnenshuis was, het Baden-Powell en majoor Panzera na die oostelike sektor gegaan en ‘n lading dinamiet in ‘n erdvarkgat geplant. Nadat hulle die lont aangesteek het, het hulle ‘n entjie daarvandaan gaan skuiling neem.  Toe die “myn” ‘n rukkie later met oorverdowende lawaai en met ‘n geweldige stofwolk ontplof, kom daar toevallig net iemand op ‘n fiets verby, onderweg na die Boerekamp.  Lamgeskrik vir die skielike ontploffing het hy na generaal Cronjé se laer gejaag vir al wat hy werd was, moontlik om te gaan vertel dat hy self, deur net daarlangs te ry, een van die myne laat ontplof het!

Om te voorkom dat nagtelike aanvalle deur die Boere teen Mafeking onderneem word en om die indruk te skep dat hy ook oor sterk soekligte beskik het om die wêreld snags tydens ‘n nagaanval te verlig, het hy ‘n blink koekblik aan die punt van ‘n paal vasgespyker en ‘n gaslamp daarin geplaas. Snags is die lamp by een van die forte aangesteek, ‘n paar flitse daarmee gemaak en dan na ‘n ander fort geneem waar die proses herhaal is.

Ook het hy die Boere onder die indruk probeer bring dat hy in Mafeking oor ‘n groot aantal troepe beskik het. Nie alleen is verskeie groot poppe gemaak en by die forte opgestel om die aandag van die Boereskerpskutters af te trek nie, maar hy het ook ‘n aantal grondverskansings laat oprig, wat nie bedoel was om deur die troepe self gebruik te word nie, maar wat, met wapperende vlae versier, moes dien om die Boere onder ‘n wanindruk te bring aangaande die werklike sterkte van sy garnisoen. Verder het hy briewe opgestel waarin gewag gemaak word van troepe-afdelings wat nie bestaan het nie en gesorg dat dit in die hande van die Boere val.  Die Boere is daardeur werklik om die bos gelei. Hulle het tot aan die einde van die beleg geglo dat Mafeking sterker beset en verskans was as wat inderdaad die geval was.

Met al hierdie manewales het Baden-Powell gehoop om die groot aantal Boere wat volgens sy verwagting sou opdaag om die dorp te verower, om die tuin te probeer lei en by Mafeking aan die gang te hou totdat die sterk Britse troepemag wat die Republieke vanuit die suide moes verower, gereed sou wees om hule opmars te begin.

Hierin het hy uitmuntend geslaag.  Die Boere het hulle deur die troepemag laat verskalk en in plaas van slegs ‘n klein burgermag op die grens te plaas om hul bewegings te kontroleer, het hulle die oorrompeling van die Britse garnisoen wat in Mafeking saamgetrek was, een van hul hoofoogmerke gemaak.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3301 gaste aanlyn