NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Daar is wel redes waarom Suid-Afrikaners die afgelope paar jaar met lang gesigte loop, maar daar is rede om ook te glimlag – God is in beheer van alle omstandighede. Daarom kan ons saam met die digter in Psalm 42 sê: Hoop op God, want ek sal Hom nog loof – die verlossing van my aangesig en my God! Dit is moontlik om God se vriendelike aangesig te ontmoet en sy glimlag oor ons te voel skyn, dan sal óns aangesigte ook verhelder!

DIE STRYD OM DIE TROON (3)

Dr JP Botha

Lees reeks by Die Stryd om die Troon

ISRAEL WIL 'N KONING HÊ

Saul gaan donkies soek, maar kry ‘n koningskap

Ek is Samuel die profeet.  Ek was bevoorreg om in opdrag van die Here die heel laaste rigter te wees wat sy volk teen sy talryke vyande gelei het.  Die heidense nasies met hul konings het maar gedurig ‘n geleentheid gesoek om Israel se grondgebied binne te val en skade aan te rig deur roof- en plundertogte.

Toe ek ‘n seuntjie was wat by priester Eli in Silo gebly het, het die Filistyne die land by Afek binnegeval en Israel se leërmag wat teen hulle opgetrek het, verslaan.  Die oudstes het toe gedink dat as hulle die Ark van die Verbond, wat in Silo gehou is, saamneem wanneer hulle teen die Filistyne veg, sal hulle die vyand verslaan.  Maar die Filistyne het die Ark afgeneem en 30 000 Israeliete het gesneuwel, ook Eli se twee seuns, Hofni en Pinehas.  Dit het ook ou vader Eli, wat so mooi vir my gesorg het, se dood gekos.  Toe hy die slegte tyding kry, het hy van sy stoel agteroor geslaan en sy nek gebreek.

Die Here het die Filistyne met plae gesteister, totdat hulle die Ark vir Israel teruggestuur het.  Dit het 20 jaar in Kirjat-Jeárim gebly, totdat Dawid dit na Jerusalem geneem het.

Na Eli se dood het die Here my as profeet en siener gebruik om die volk te rig.  My huis en hoofkwartier het ek by Rama ingerig en rondgegaan om met die volk te werk.  Ek het hulle gewaarsku om die Astartes en vreemde gode onder hulle uit te verwyder en hulle met hul hele hart tot die Here te bekeer.  Dan sal Hy hulle uit die hand van die Filistyne red.

Maar hulle het gedink die heidennasies se sukses in hulle oorloë is te danke aan die konings wat hulle in die stryd aanvoer.  Die oudstes van die volk het na my toe gekom en gevra dat ek tog asseblief vir hulle ‘n koning moet aanstel om hulle teen die nasies te rig.  Toe ek die Here hieroor raadpleeg, sê Hy vir my dat die volk mý nie verwerp omdat ek as rigter te oud geword het om hulle langer teen hulle vyande te lei nie, maar dat hulle Hom as Koning verwerp.  Ek moet egter maar vir hulle ‘n koning aanstel en hulle ernstig waarsku dat hy oor baie mag, reg en voorregte sal beskik en dat hulle aan sy eise en bevele slaafse gehoorsaamheid sou moes betoon.  Ek het dit gedoen, maar die volk was vasberade om ‘n koning te hê.

Nie lank na hierdie gebeurtenis nie, het ‘n jong man na donkies gaan soek wat van hulle plaas af weggeraak het.  Sy naam was Saul.  Hy was die seun van Kis, ‘n ryk man uit die geslag van Benjamin.  Hy het ‘n slaaf saam met Saul gestuur om hom te help soek.  Toe hulle na baie dae se soek naderhand naby my woonplek verbygaan, het die slaaf onthou dat ek die land se profeet en siener was en Saul omgehaal om my te kom raadpleeg oor waar sy pa se donkies hulle moontlik kon bevind.

Die vorige dag het die Here met my gepraat en vir my gesê dat Hy ‘n man na my gaan stuur wat ek tot regeerder oor sy volk Israel moet salf.  Net toe ek vir Saul sien, het ek geweet dat dit hy was.  Ek het hom en sy slaaf saamgeneem na die plek waar ons toe besig was om vir die Here te offer en ‘n feesmaaltyd te geniet.  Saul was verbaas dat ek hom hier die ereplek laat inneem het.  Die volgende dag het ek ‘n kruik olie oor sy kop uitgegiet en vir hom gesê dat die Here hom tot koning oor sy volk gesalf het.  Hy kon maar huis toe gaan, want die donkies wat weg was is gevind.

Alhoewel die Gees van die Here van daardie oomblik af van Saul besit geneem het, was hy nog nie gereed om die koningskap oor die volk te aanvaar nie.  Ek het die volk by Mispa laat saamtrek.  Toe het die Here daar deur my met hulle gepraat:  “Ek het Israel uit Egipte laat optrek en julle gered uit die mag van Egipte en al die koninkryke wat vir julle verdruk het.  Maar omdat julle ‘n koning oor julle aangestel wil hê, verwerp julle vandag julle God wat julle uit al julle onheile en node verlos het.”

Om die koning te kies, het ek toe die lot laat werp.  Die stam van Benjamin is aangewys, daarna Kis en toe sy seun Saul.  Maar toe ons hom soek, was hy nêrens te vinde nie.  Die Here sê toe vir my dat hy tussen die pakgoed wegkruip.  Daar het ons hom gaan uithaal en voor die volk gestel.  Ek het gesê:  “Dit is die man wat die Here gekies het om koning oor julle te wees.  In die land is daar nie nog iemand soos hy nie.”  Die volk het daarvan gehou om na sy lang en aantreklike figuur te kyk en het in begeestering dit uitgejubel:  “Lank lewe die koning!”

Daarna is ons almal huis toe.  Die volk het groot verwagtings gekoester oor hulle koning, maar Saul het nog nie sy koningskap ernstig opgeneem nie.  Toe hy terug is in Gibea, het hy na sy pa se plaas gegaan en met ‘n paar osse voor ‘n ploeg ‘n stuk land begin omploeg.  Daardie aand hoor hy dat die Ammoniete opgetrek het en besig was om die stad Jabes in Gilead te beleër.

Toe het Saul baie woedend geword.  Die Gees van God het kragtig in hom begin werk.  Hy het twee osse in stukke gekap, dit rondgestuur en gedreig om net so te maak met die beeste van almal wat nie saam met hom en my teen die Ammoniete optrek nie.  Die volk het só geskrik dat hulle soos een man opgetrek het.  Saul het hulle in drie afdelings opgestel en na Jabes vertrek.  Ons het die Ammoniete se kamp die volgende oggend voor dagbreek aangeval en duisende van hulle laat sneuwel.  Net ‘n klein klompie het geslaag om weg te kom.

Na die slag het ek gevra dat ons na Gilgal toe moes gaan om daar die koningskap opnuut te bevesrig.  Ons het daar dankoffers vir die Here gebring en opnuut verklaar dat Saul koning is.  Almal was bly.

Hier by die groot samekoms in Gilgal het ek die volk weer ernstig gewaarsku.  Ek het vir hulle gesê:  “Toe julle sien dat koning Nagas van die Ammoniete teen julle optrek, wou julle skielik hê ‘n koning moet oor julle heers, alhoewel die Here God julle Koning is.  Hier is nou die koning op wie julle aangedring het.  Die Here het hom oor julle aangestel.  As julle en julle koning nou die Here gehoorsaam en dien en nie van Hom af wegdwaal nie, sal die Here gedurig by julle wees, maar as julle nie na sy stem luister nie en aan sy bevel ongehoorsaam is, sal die Here teen julle wees, soos wat Hy teen julle ongehoorsame voorvaders was.”

Ek het hulle toe iets van die almag van God laat sien.  Ek het gebid dat Hy donderslae en ‘n stortreën moet gee, wat toe ook plaasgevind het.  Dit het groot ontsag gewek en hulle het gevra dat ek tot die Here moes bid om hulle nie weens hulle sondes te laat sterf nie, en nou het hulle ook nog die verkeerde ding gedoen deur vir ‘n koning te vra.  Maar ek het hulle verseker dat as hulle gehoorsaam is en die Here opreg met hulle hele hart dien, sal Hy weer groot dinge vir hulle doen.  Maar as hulle opsetlik verkeerd doen, sal hulle sowel as hulle koning uitgewis word.

Hierna het koning Saul spoedig geleentheid gehad om die volk te lei in opstand teen hulle Filistynse vyand, want hierdie heidene het in groot getalle die land  oorstroom en die hele suidelike gebied van Benjamin beset.  Hulle het by Mikmas, ‘n endjie noord van Rama, ‘n geweldige leërmag saamgetrek.  Israel was in hierdie tyd sonder doeltreffende wapens, feitlik weerloos en in ‘n hoek vasgekeer.  Die volk het in grotte, spelonke, hol kranse, gate en droë putte weggekruip.

Saul het met ‘n aansienlike mag naby Mikmas, by Bet-el stelling ingeneem.  Ons het afgespreek dat hy daar vir my moes wag om die nodige offers te behartig, voordat hy die vyand sou aandurf.  Na ‘n paar dae het van sy bang manskappe begin dros.  Toe ek ‘n week later nog nie opdaag nie, neem hy self die verrigtinge waar en steek die brandoffer aan die brand.  Ek het pas daarna daar aangekom en vir hom gesê dat die Here die koningskap van hom gaan afskeur en vir Hom ‘n man na sy hart gaan soek, omdat hy nie gedoen het wat die Here hom beveel het nie.

Die Filistyne het getalm om aan te val.  Een van hulle patrollies se manskappe het die pas by Mikmas beset.  Saul se seun Jonatan het, met net sy wapendraer by hom, ‘n verrassingsaanval op hierdie klompie Filistyne geloods en twintig van hulle gedood.  Toe het die hele leër van die vyand paniekbevange geraak en in beroering  in die rondte begin maal.  Die Here het ‘n aardbewing laat plaasvind wat die rumoer laat aangroei het.  Toe Saul en sy manskappe naderstorm, was die Filistyne besig om met mekaar te veg.  Daar was ‘n klomp oorloper Israeliete in hulle kamp, wat toe saam teen die vyand begin veg.  Die volk wat in die Efraimsberge weggekruip het, het die verslane en vlugtende Filistyne agternagesit.  Hulle is al vegtende by Bet-Awen (Bet-el) verby.  So het die Here daardie dag vir Israel gered.

Toe het Saul weer ‘n dwase ding gedoen.  Hy het sy manskappe ‘n eed laat aflê dat niemand van hulle iets sou eet voordat hy hom op sy vyande gewreek het nie.  Dit sou dien as ‘n soort vas op die slagveld.  Jonatan was nie daar toe dit plaasgevind het nie.  Hy het in die veld op heuning afgekom en daarvan geëet.  Om alles te kroon gaan Saul toe verder en bou ‘n altaar waarop sy soldate moes offer.  Na die offerande het Saul tevergeefs probeer om die Here te raadpleeg..  Saul het toe vermoed dat iemand sy eed om dié dag niks te eet nie, oortree het.  Die lot is gewerp en Jonatan is aangewys.  Saul wou sy seun laat doodmaak, maar die volk het vir hom ingetree en hom gered.

Ek het met groot jammerte gesien hoe Saul met sy ongehoorsaamheid en eiewaan besig was om die pad van die Here te verlaat.  Maar die Here het in sy lankmoedigheid vir hom nog ‘n verdere geleentheid gebied om die bevele van sy hemelse Koning gehoorsaam uit te voer.  Ek moes aan Saul gaan sê dat hy teen die Amalekiete, wat Israel se aardsvyand was, moes optrek.  Hy moes Amalek gaan verslaan en alles wat hy het, om die lewe bring en mens en dier en al hulle besittings verbrand.  Die Here wou Amalek straf, omdat hy destyds die Israeliete se uittog uit Egipte probeer belemmer het.

Saul het toe met ‘n sterk leërmag opgetrek en die Amalekiete totaal verslaan.  Hy het man en muis uitgeroei, maar hulle koning Agag het hy gespaar en die mooiste kleinvee en beeste nie van kant gemaak nie, maar hulle saam met die koning as oorlogsbuit teruggebring.

Toe sê die Here vir my:  “Ek is bedroef daaroor dat Ek vir Saul koning gemaak het, want hy het van My af weggedraai en nie my opdragte uitgevoer nie.”  Ek was ontsteld en het Hom die hele nag om uitkoms gesmeek.  Ek het die volgende oggend na Saul gaan soek.  Iemand het my vertel dat hy hom in Karmel bevind en dat hy daar vir hom ‘n gedenkteken opgerig het.  Ek het gedink, ag, dít ook nog!

Ek het Saul by Gilgal aangetref.  Hy het baie in sy skik met homself gelyk en vir my gesê dat hy die opdrag van die Here uitgevoer het.  Toe ek hom vra wat se geblêr van kleinvee en gebulk van beeste hoor ek, het hy gesê hy het die mooiste vee saamgebring om dit aan die Here te offer.  Ek het vir hom gesê hy het nie na die bevel van die Here geluister nie.  Die Here stel meer belang in gehoorsaamheid as in offerandes.  Daarom verwerp Hy nou vir Saul as koning.

Uiteindelik het Saul toe sy sonde erken en vir my gevra om vir hom te bid.  Ek het Agag doodgemaak en in stukke gekap.  Daarna het ek na my huis in Rama gegaan en Saul het na Gibea vertrek.  Tot die dag van my dood het ek Saul nooit weer gesien nie.  Ek het oor hom getreur.  Hy kon vir die volk ‘n baie goeie koning gewees het indien hy aan die Here gehoorsaam was.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2473 gaste aanlyn