NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Daar is ‘n doel met pyn.  Daardie doel ontdek net jyself in jou worsteling met God!  Dit mag selfs ‘n wonderlike ontdekking wees.  Die kind van God loop die pad van beproewing nooit  alleen nie.  God is elke oomblik met hom.  Hy hoor die versugtinge van sy kinders!

STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (25)

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL

Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)

Lees reeks by Studie van die Ou Testament

RIGTERS

LES 1

DIE STRYD DUUR VOORT

Rigt 1:1-13; 2:6-23; 3:5-31, 4; 5:1-5

1.   ʼn Nuwe era breek aan

Ná die dood van Josua is die laaste gedeelte van die verdeling van Kanaän suksesvol afgehandel.  Solank as wat die volk Josua onthou het, het hulle God gedien (Jos.24:31).  By geleentheid het hulle Hom selfs geraadpleeg oor wie die oorlogsugtige Kanaäniete die eerste moes aanval, waarna Hy Juda aangewys het.

Die eerste oorwinning was oor Adoni-Besek.  Hy was ʼn wrede koning wat almal om hom onderwerp het.  Hy het selfs 70 onderhorige konings onder sy tafel vir kos laat kruip nadat hy hulle duime en groottone laat afkap het.  Nadat Juda hom gevang het, is sy duime en groottone ook afgekap.  Daarna is hy in Jerusalem aangehou en later tereggestel.

 God het Israel egter beveel om sekere Kanaänitiese stede te verwoes wat hulle nie gedoen het nie.

Ná die dood van Josua het Israel geleidelik begin verval.   Daar was geen leier om wet en orde te handhaaf nie.  Elkeen het maar in eie reg opgetree.  Daarbenewens het die heidendom Israel gepootjie, waarna hulle openlik afgode begin dien het.  Baäl en Astarte word by die naam genoem.  Baäl is aanvanklik Hadad genoem.   Dit beteken heer. Daar was verskeie afgode met hierdie naam; Baäl-Peor was een van hulle.  Astarte was ʼn godin wat vrugbaarheid gesimboliseer het.  In die OT word sy dikwels naas Baäl vermeld en heelwaarskynlik ook as sy vrou gesien.  Asjera was nog ʼn godin.   Haar simbool was ʼn boomstam.   Die OT verwys dikwels na heilige boomstamme.

By geleentheid het God Israel gewaarsku dat Hy hulle gaan straf, waarna hulle berou gehad het (2: 4,5).   Kort daarna het hulle weer in sonde verval, waarna God hulle in die hand van die vyand oorgegee het.  Wanneer hulle egter in groot benoudheid verkeer het, het God vir hulle manne met besondere gawes van moed en geloof voorsien wat die volk gered en na God se weë teruggelei (gerig) het.   Hierdie gang van gebeure is telkens herhaal.   Die bevryders is rigters genoem.

Die tydperk van die rigters was ʼn deel van Israel se geskiedenis met ʼn eie karakter.  Josua het Moses opgevolg, maar self nie ʼn opvolger aangewys nie.  Die volk was in die beloofde land en alles was in plek - ʼn eie land, die wet van Moses, ʼn regering deur oudstes, die heiligdom in Silo ens.  Al wat ontbreek het, was ʼn sigbare vors.  God was die koning van Israel!

Israel was ʼn teokrasie – ʼn regering deur God alleen.  Hy wou die volk op die proef stel of hulle alleen in sy weg sou wandel (2:22).  Hulle het nie.  Israel was telkens ontrou aan God sodat ʼn sigbare vors die volk moes kom lei.  Die tydperk van die rigters het derhalwe om ʼn aardse koningskap geroep.   

2.   Die eerste rigter

Israel het, strydig met God se uitdruklike bevel, met die Kanaäniete vermeng en daarna in afgodery verval.  God het hulle gestraf deur hulle agt jaar lank in die hand van die Arameërs oor te lewer.  Toe hulle hul bekeer, het God vir Otniël, ʼn man wat met die Gees van God vervul was, na hulle gestuur om hulle te verlos en te lei.  Hy was die eerste rigter en die seun van ʼn jonger broer van Kaleb.  Hy was met Kaleb se dogter Agsa getroud.  Otniël het Israel van die vyand verlos waarna God hulle  40 jaar lank in vrede laat verkeer het.

3.   Die tweede en derde rigter

Na verloop van tyd het Israel weer verkeerd gedoen  waarna God die Moabiete as tugroede teen Israel gebruik het.  Eglon, die koning van Moab, het Jerigo tevore ingeneem en van daar af oor die land geheers en swaar belasting gehef.  Hy het bv. nie minder as 10,000 belastinggaarders aangestel om te sorg dat Israel haar verpligtinge teenoor Moab nakom.

Ehud was die volgende rigter.  Hy was ʼn uit die stam van Benjamin en het die opdrag gehad om die belasting aan Eglon te besorg.   Toe hy by geleentheid weer die geld na Eglon neem, het hy besluit om hom dood te maak.  Omdat Ehud linkshandig was, het die trek van die swaard het Eglon onkant betrap en is hy gedood.  Daarna het Ehud die ramshoring op die Efraimberge geblaas om die vryheidstryd aan te kondig.  Die Moabitiese soldate was verskrik en is by die Jordaandriwwe afgesny toe hulle wou vlug.   Nie een van hulle het dit oorleef nie.  Daarna het Moab voor Israel geswig en het daar ʼn vrede aangebreek wat 80 jaar geduur het.

Oor die optrede van Ehud word daar in een enkele vers van Samgar melding gemaak.  Alhoewel die Bybel nie sê dat God hom verwek of dat hy Israel gerig het nie, word hy nogtans as ʼn rigter gehuldig.  Die omstandighede van destyds word in Rigt.5:6 geskets.  Filistynse roof- en plunderbendes het die paaie onveilig gemaak en baie reisigers vermoor.  Toe ʼn bende een dag by Samgar op sy plaas aankom, het hy al 600 van hulle man-alleen met ʼn osdrywerstok verdryf.

4.   Die vierde en vyfde rigter

Ná die dood van Ehud het Israel weer in afgodery verval waarna God hulle in die hand van Jabin, ʼn Kanaänitiese koning wat in Hasor regeer het, laat val het.   Hasor was die stad wat Josua tevore met vuur verbrand en sy koning vermoor het.  Die stad is egter weer opgebou.  Jabin het ʼn veldheer Sisera en 900 ysterwaens gehad.  Israel was nie daarteen opgewasse nie en is 20 jaar lank onderwerp.

Toe Israel na God om hulp geroep het, het Hy deur die profetes Debora met hulle gepraat en sy verlossingsplan aan haar bekend gemaak.   Israel moes ʼn driepuntplan volg.  Eerstens moes Barak as bevelvoerder optree.  Tweedens moes 10,000 man uit Sebulon en Naftali gemobiliseer word en derdens moes hulle by die berg Tabor saamtrek.

Toe Barak daaroor ingelig is, wou hy nie sonder Debora na die gevegsfront gaan nie.  Hy was baie afhanklik van die raad en bystand van die profetes.  Sy het hom egter oorreed om alleen te gaan waarna hy die oorwinning behaal het.   Sisera is tydens hierdie geveg deur ʼn vrou in sy slaap vermoor.  Barak word in die NT ʼn geloofsheld genoem (Hebr.11:32).

Ná die oorwinning was daar ʼn groot vreugdefees.  Barak en Debora is as volkshelde besing.  Die lofsang van Debora is in Rigt.5 opgeteken en bevat haar profeties-digterlike beskouing van die uitsonderlike gebeure.  Letterkundiges beskou dit vandag nog as van hoogstaande formaat.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2534 gaste aanlyn