NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Telkens as ons sondig, kies ons die dood bo die lewe.  Daarna is ons so lief om die sonde te ontsmet sodat dit darem nie so sleg klink nie.

STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (35)

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL

Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)

Lees reeks by Studie van die Ou Testament

LES 6

SAUL STERF

1 Sam 27-29; 31; 2 Sam 1

1.   Alweer Filistyne!

Toe die Filistyne teen Israel optrek, het Agis geglo dat Dawid hom as gevolg van die vete met Saul sou help.  Agis het vir Dawid en sy 600 manskappe selfs ʼn eie stad (Siklag) gegee vanwaar hulle strooptogte teen die Amalekiete en Gesuriete onderneem het.   Dawid het hom slegs by die Filistyne aangesluit omdat Agis vir hom goed was.  Net toe Dawid teen Israel wou veg, het die Amalekiete ʼn wraakaanval op Siklag geloods en moes hy onmiddellik daarheen vertrek.

Die Filistynse vorste het Dawid egter gewantrou.   Hulle het geglo dat hy in die hitte van die stryd teen hulle sou draai net om Saul te beïndruk.   Die Amalekiete het hom en sy manskappe groot skade aangerig en selfs sy twee vroue, Abigail en Ahinoam, weggevoer.  Die manskappe was so verbitterd oor hulle verliese, dat hulle oorweeg het om Dawid te stenig!  Ná ʼn Godspraak deur die priester Abjatar, het hulle die vyand agterna gesit en alles teruggekry.  Intussen het Saul sy leër opgestel en op die berg Golboa stelling ingeneem.

2.   Saul in die knyp

Toe Saul die ontsaglike groot Filistynse leër sien, was hy baie benoud waarna hy God probeer raadpleeg het.  Omdat daar nie meer ʼn verhouding tussen hulle was nie, het God hom nie geantwoord nie.   Daarbenewens het Saul God nie in vertroue geraadpleeg nie.  In sy diepste nood het Saul geen berou getoon of hom tot God bekeer nie.  Sy soeke na God was in werklikheid ʼn soeke na kennis van die toekoms.   God was ʼn paniekknoppie!

ʼn Mens kan net op twee maniere kennis van die toekoms bekom – òf deur God òf deur die Satan.  Toe God hom nie wou antwoord nie, het hy ʼn Satansagent (heks) gaan raadpleeg wat die gees van gestorwenes kon oproep (1 Kron.10:13).  Ironies genoeg het Saul, wat alle Satansagente volgens die wet laat uitroei het (Lev.19:31), op die ou einde self een benodig.

Saul se dienaars het van ʼn vrou in Endor geweet.   Hy het hom vermom en na haar gegaan.  Sy was egter baie bang dat dit ʼn strik was en met haar lewe kon boet.   Nadat Saul gesweer het om haar geen leed aan te doen nie, het sy Samuel vir hom laat opkom.  Hierdie eedswering het egter niks beteken nie.  Watter nut het ʼn eed uit die mond van een wat God verlaat het?

ʼn Mens kan begryp waarom Saul spesifiek na Samuel gevra het.  Hy was immers van meet af aan een van die belangrikste mense in sy lewe.  Saul het hom dikwels om raad gevra.  Hierdie keer selfs na sy dood!  Toe Samuel opkom, het die vrou gegil en Saul herken.   Hy het egter nie die gees gesien nie, maar uit wat die vrou gesien het, geweet dat dit Samuel was.

3.   Die gesprek

Samuel het Saul verwyt dat hy hom nie met rus gelaat het nie.  Saul het homself probeer regverdig deur te sê dat hy in die knyp was en God hom nie wou antwoord nie.  In die daaropvolgende gesprek het Samuel vir Saul op sy sonde gewys en gesê dat hy en sy seuns saam sou sterf.   Daar was vir Saul geen troos nie, slegs ʼn verpletterende oordeel!

[Oor die vraag of Samuel werklik uit die doderyk opgeroep is, is daar meningsverskil.  Maak God dan van duiwelskuns gebruik?  Verbied Hy dit dan nie juis nie?  Sal God Hom deur ʼn heks laat dwing om ʼn verworpene te antwoord?  Desondanks het die voorspelling van Saul se dood die volgende dag in vervulling gegaan.  God het vir Saul geen boodskap gehad nie.  Die Satan moes dit aan hom bekend maak!]

Toe Saul die boodskap verneem, het hy van spanning en honger omgekap waarna die heks ʼn kalf laat slag en hy by haar geëet het.   Wat ʼn kontras!  Saul se lewe as koning het met ʼn maaltyd by die profeet van God begin en met ʼn maaltyd by ʼn heks geëindig!  Dit was dan ook sy laaste ete.

4.   Saul pleeg selfmoord

Toe Saul by sy leër terugkom, het die dag pas gebreek en die geveg begin.  Dinge het vir Israel van meet af aan skeef geloop.   Drie van Saul se seuns het gesneuwel - Abinadab, Malkisua en Jonatan.  Hulle het egter ʼn heldedood gesterf; ʼn eer wat Saul nie beskore was nie.   In die hitte van die stryd het hy sy wapendraer gevra om hom met sy swaard dood te maak.   Toe die man weier, het Saul sy eie lewe geneem deur in sy swaard te val.  Daarna het die Filistyne groter mag as ooit tevore oor Israel gehad; alles aan Saul se mislukking as koning te wyte.

Toe die Filistyne die volgende dag die lyke plunder, het hulle op die lyke van Saul en sy seuns afgekom.  ʼn Amalekiet was egter voor hulle daar en het Saul se kroon gesteel.  Hierdie kroon was ʼn voorhoofband van goud.  Daarna het ʼn Filistyn Saul se kop afgekap.  Dit was heelwaarskynlik uit weerwraak vir dit wat Dawid aan die reus Goliat gedoen het.  Daarna is Saul se wapenrusting as oorwinningstrofee deur die Filistynse ryksgebied gestuur en die lyke van Saul en sy seuns teen die stadsmuur van Bet San vasgespyker.  Dit was ʼn verskriklike vernedering vir die huis van Saul!

Gedurende die nag het ʼn paar dapper manne van Jabes die lyke van die stadsmuur verwyder en dit verbrand om te verhoed dat die Filistyne ʼn verdere bespotting daarvan kon maak.  Daarna is die beendere onder ʼn tamariskboom in die omgewing begrawe.  Dawid het hierdie oorskotte later laat opgrawe en in die graf van Saul se vader, Kis, geplaas (2 Sam.21:12-14).

5. Dawid ontvang die doodstyding

Die Amalekiete se aanval op Siklag het in dieselfde tyd as die aanval van die Filistyne op Israel plaasgevind.   Nadat Dawid in Siklag aangekom het, het ʼn Amalekiet met geskeurde klere en grond op sy kop (teken van rou) die doodsgerig van Saul en sy seuns aan hom oorgedra.  Hy het voorgegee dat hy Saul doodgemaak het en die kroon as bewys daarvan aan Dawid oorhandig.  Dawid se optrede was baie anders as wat die Amalekiet verwag het.  In plaas van ʼn goeie beloning, het Dawid die man laat teregstel omdat hy die gesalfde van die Here doodgemaak het!

“Hoe het die helde geval!” het Dawid ontsteld uitgeroep.  Daarna het hy ʼn lied geskryf waarin hy net lof vir Saul gehad het.  Hy het niks kwaad van hom gesê nie.  Dawid kon dit so maklik gedoen het sonder dat iemand hom sou verkwalik het.  Maar hy het nie.  Hy het positief gebly soos wat dit ʼn gelowige betaam.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2544 gaste aanlyn