NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Here, op grond van u liefde bid ek vir ons goddelose en liefdelose volk. Ek vra dat dit nie verby moet wees met ons en ons bestaan nie. Dankie dat ek dit mag vra want u trou en liefde is groter as ons geloof en ongeloof.

OPENBARING – BOEK VAN DIE HEDE (7)

Ds Andrè van den Berg

Lees reeks by Openbaring - Boek van die hede

Johannes se moedskep-visioen

Openb.1:9-20

1.   ʼn Mismoedige Johannes

Openbaring het die gelowiges in Klein-Asië wat dikwels mismoedig was laat moed skep.  Wanneer dit gevoel het asof dinge net te veel word, het Openbaring hulle daaraan herinner dat Jesus self deur ʼn donker drif gegaan het waarin Hy selfs sy lewe verloor het!  Wanneer die verheerlikte Heiland sy hand op die mismoedige Johannes se skouer neersit, is dit asof Hy dit met die res van die gelowiges doen.   Dit het die gemeentes weer laat moed skep - hulle was veilig in God se hand.  Ons ontmoet hier vir Johannes soos hy waarlik is; nie net slaaf of dienaar nie, maar ook profeet.  God bemagtig profete met ʼn duidelike roeping soos vir Jesaja, Jeremia en Esegiël.

2.   Die indeling van die visioen

Die visioen van die verheerlikte Christus stel die lesers aan Johannes voor en bemoedig lesers in krisissituasies.   Hierdie visioen bevat drie dele (i)  Johannes se omstandighede en opdrag om te skryf (ii)  Die beskrywing van die verheerlikte Christus   (iii)  Die opdrag om te skryf en verklaring van die boodskap.

  1. Die omstandighede:

Johannes laat geen twyfel oor sy persoon en doel van sy skrywe nie en vereenselwig hom met sy lesers.  Hy noem hom ʼn broeder en deelgenoot.  Hy is geestelike familie van sy lesers.  Die visioen is nie Johannes se roepingsvisioen nie, maar ʼn bemoedigende visioen wat die werklike doel van Openbaring is.   Johannes is die lesers se  deelgenoot in die swaarkry van vervolging en onreg in die krisissituasies soos verbanning, tronkstraf, sosiale onttrekking uit die gemeenskapslewe, armoede, uitbuiting en geweld.  Die enigste antwoord hierop, is volharding en gehoorsaamheid aan God wat martelaarskap ingesluit het (Openb.2:2,3,19).  Gelowiges se leefstyl moes deur getrouheid aan God en geduldige volharding gekenmerk word.  Dis deel van die hooftema van die boek.

Wanneer Johannes van die koninkryk praat, beteken dit die heerskappy van God wat met die menswording van Jesus deurgebreek het en eers met sy wederkoms ten volle erken sal word.   Deur nou alreeds Christus se koningskap te erken, deel gelowiges reeds in sy heerskappy op aarde.  Dit staan teenoor die koninkryk van Satan  en die Antichris wat vernietig gaan word (16:10).

Johannes bevind hom op Patmos waarheen hy verban is omdat hy as ʼn gevaar vir die  staat beskou is. Die eiland is ongeveer 16 km lank en 60 km suidwes van Efese.   Hy was nie lank daar nie (95-96nC).   Toe keiser Domitianus in 96nC sterf, het hy amnestie van keiser Nerva gekry om terug te keer.

Die rede vir sy verbanning was dat hy ʼn getuie was van die woord van God en die getuienis wat Jesus gelewer het.  Lg. uitdrukking kom vyf maal in Openbaring voor.

  1. Die opdrag om te skryf:

Johannes het opdrag gekry om die boek te skryf en is deur die Gees meegevoer tydens ʼn ervaring met die Heilige Gees wat Johannes se sintuiglike waarneming oorgeneem het terwyl hy by sy volle bewussyn was.  Johannes moes God se finale ontvouing van die geskiedenis bekend maak.

Die dag van die Here waarna Johannes verwys, is Sondag; die dag wat die vroeë kerk die opstanding van Christus herdenk het.  Die trompet het iets belangrik aangekondig o.a. om oorlog of die aankoms van ʼn koning by ʼn feesgeleentheid aan te kondig.   Die harde stem was dié van Christus self.

Die skryf-opdrag kom 12 keer in verskillende vorms in Openbaring voor.  Johannes skryf nie sy eie verhaal nie maar slegs dit wat hy gehoor en gesien en van Christus ontvang het.  Dit verleen nie net gesag aan sy getuienis nie, maar is ook ʼn getuienis teen gelowiges wat nie daaraan gehoor gee nie.

Die boekrol moes aan die sewe gemeentes gegee word, stede wat destyds waarskynlik die sentra van kommunikasie was vanwaar die boodskap die res van Klein-Asië bereik het.   Hierdie sewe stede het sedert Paulus se sendingreise deel van ʼn sendingprogram na die res van Klein-Asië uitgemaak.  Gevolglik was hierdie sewe verteenwoordigend van die hele Christelike kerk.   So ook die omstandighede in elke gemeente.

(iii)  Die verheerlikte Christus

Die inhoud van Johannes se visioen is ʼn gesig van die verheerlikte Christus.  Johannes se  omdraai is die figuurlike keerpunt vir die kerk omdat die finale fase van God se  wêreldgeskiedenis nou aanbreek.  Die verheerlikte Christus is nou in die midde van sy kerk (tussen die staanlampe).  Die getal sewe druk die perfekte orde uit.  Christus is baie nou by sy kerk betrokke – eers staan Hy tussen die staanders (1:13),  dan hou Hy die sewe sterre in sy regterhand (1:16; 2:1; 3:1).  Laastens beweeg Hy tussen die sewe staanlampe rond (2:1).  Indien die kerk nie getrou bly nie, kan Hy die lamp verwyder (2:5).

Christus word as die Seun van die Mens geteken (1:13), ʼn sinspeling op Dan.10:5,6.  Dit is die Messiaanse bevryder wat uit die hemel neerdaal.  Jesus het hierdie titel op Homself toegepas met verwysing na sy aardse optrede.

Johannes meld dat Christus se voorkoms indrukwekkend is en beskryf dit in beeldryke taal wat nie letterlik opgeneem moet word nie.  Dis nie ʼn foto van Hom nie, maar beklemtoon sy heerlikheid.

Die lang kleed met die goue band om die bors herinner aan die kleed van die hoëpriester en is nie om sy heupe soos die van ʼn arbeider nie.   Jesus se werk op aarde is voltooi.  Sy hoof en hare is wit soos wol/sneeu. Witheid dui op kennis en heerlikheid.  Die oë soos vlammende vuur simboliseer Christus se alwetendheid.  Die voete van blink koper simboliseer Christus se krag waarin sy volmaaktheid soos ʼn oond gloei.  Sy stem wat soos ʼn watermassa druis dui op sy krag en sterkte.  In sy hand het Hy sewe sterre vasgehou.  Hulle is die sewe leraars/boodskappers van die sewe gemeentes.    Uit sy mond het ʼn tweesnydende swaard gegaan wat op Christus se oordeel oor die aarde dui. Sy hele voorkoms was soos die son wat baie skerp skyn en herinner ʼn mens aan Moses toe hy van Horeb afgekom het.

3.   Die boodskap van die verheerlikte Christus

Dit wat Johannes beleef het, laat hom soos ʼn dooie aan Christus se voete neerval.  Dis tipies van mense wanneer hulle deur God of sy boodskappers met vrees en aanbidding aangegryp word.  Johannes doen dit weer in 19:10 en 22:8 voor engele.  Verbystering laat Johannes soos ʼn dooie lê.  Daarna raak Christus hom aan – ʼn oordrag van gesag aan hom. Hy kom dus met gesaghebbendheid sy skryftaak aanpak.

Die Godsverskyning het met vrees gepaard gegaan waarop Christus hom beveel om nie te vrees nie want dit is Hy.  Die gedagte om sleutels te hou, is ʼn tipies Joodse gedagte wat op algehele mag dui.  Christus het deur sy dood en opstanding die mag van die bose oorwin.  Juis dit wat by die mens die grootste vrees inboesem, die dood, is oorwin. Daarna het Johannes alles gaan opskryf wat in die hede en toekoms sou gebeur.

Die klem val ook op die sewe gemeentes.  Die sewe goue lampe en sterre is die leraars of kerkleiers van destyds.  Dit was lewens persone wat ʼn gesagsposisie in die gemeentes beklee het en die boodskap moes oordra.   Christus beskerm hulle en hul gemeentes. Tydens vervolging en neerdrukkende tye plaas die verheerlikte Christus sy regterhand op elke gelowige wat swaarkry met die bemoediging om getrou te bly tot die einde  toe.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2657 gaste aanlyn