NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die mens wie se gees in God geanker is, se lewensboot kan enige storm oorleef.  En as jou lewenslaste te swaar word, stuur jy dit per gebedspos na Jesus.  Hy verwelkom dit.

OPENBARING – BOEK VAN DIE HEDE (23)

Lees reeks by Openbaring - Boek van die hede

Ds Andrè van den Berg

Die laaste drie basuine 

Openb.9; 11:14-19 

1.   Profetiese waarskuwings

Die laaste drie basuine word deur ʼn paar profetiese waarskuwings vooraf gegaan wat die wee-uitsprake genoem word.  Die eerste een word deur ʼn engel (8:13) aan die aardbewoners (goddeloses) gerig – hulle gaan teëspoed optel sodra die laaste drie basuine geblaas word!

2.   Die vyfde basuin

Wanneer die vyfde engel op sy basuin blaas, val ʼn ster uit die hemel op die aarde.  Dis ʼn hemelse boodskapper wat God van die hemel af laat kom het om ʼn opdrag uit te voer. Hy het die sleutel van die onderaardse diepte – die plek van dooies en bose geeste (Luk.8:31).  Dis ook ʼn tronk wat die dier huisves (Openb.13:1) en woonplek van Satan (Openb.20:1-3).

Wanneer dit oopgesluit word, borrel rook daarby uit soos van ʼn groot oond.  Dit lui die komende vernietigende oordeel van God in.  Die rook is so dig dat dit die son verduister! 

Uit hierdie rook kom ʼn swerm sprinkane soos met die agtste plaag.  Hulle word die selfde mag gegee as aan die skerpioene op aarde en in staat tot ongekende vernietiging.  Hulle tas egter nie die aarde as sulks aan nie, maar net die goddelose soos die tiende plaag.

 

Skerpioene was ʼn bekende gesig in die Middellandse seegebied en die mense bewus van hulle giftige steek.  Skerpioene word selfs met giftige slange vergelyk (Deut.8:15).  Skerpioene was simbolies van foltering (1 Kon.12:11,14).  Hierdie bose goggas mag die mense egter nie doodmaak nie, maar die goddelose vir vyf maande lank pynig (:5).  Gelowiges wat simbolies op die voorkop gemerk is, spring die teistering vry.  Hier dink ons weer aan die tiende plaag.

Die vyf maande foltering hang saam met die leeftyd van ʼn sprinkaan.  Die afgemete tyd wys dat die pyniging nie vir altyd sal voortduur nie en dat God se oordeel op die bekering van die goddelose ingestel is.   ʼn Skerpioensteek is gewoonlik nie dodelik nie maar uiters pynlik.  Hierdie steke is so erg dat mense wens om eerder te sterf.  Hierdie doodsversugting stem met Openb.6 ooreen waar die goddelose smeek dat die berge en kranse op hulle moet val.

Openb.9:7-10 geen vreeslike beskrywing van hierdie sprinkane om hierdie vyfde basuin vreesaanjaend te teken.  Die sprinkaanplaag word met ʼn invallende ruitery vergelyk.  In die antieke tyd is oorlogsperde gevrees. Waar hulle was, het die dood gevolg!  Hier word die sprinkane soos oorlogsperde vir die slag teen die goddelose gereed gekry.  Die krone wat Johannes op die sprinkane se koppe sien, simboliseer verleende krag – hulle is God se instrumente.  Hulle lyk verskriklik om vrees by die goddelose aan te wakker.  Die borsplate wat hulle aanhet, dui op hul onoorwinlikheid en die gedreun van hul vlerke klink soos die aantog van baie strydwaens – ʼn oorlogstoneel soos min!

om hierdie grusame beskrywing af te rond, vertel Johannes dat die sprinkane sterte met angels het, soos skerpioene.  Die aanhoudende teistering het net een doel – die goddelose moet hul bekeer.  Die leërmag het selfs ʼn koning – Abaddon in Hebreeus en Apollion in Grieks.  Eersgenoemde was ʼn bekende naam vir die leier van die onderaardse diepte wat die Bose huisves.  Sy naam beteken in Hebreeus en Grieks verwoester.

3.   Die sesde trompet

Die vyfde en sesde basuin verskil breed van mekaar.  Met die vyfde een word daar slegs gepynig en met die sesde een doodgemaak.  Dis die tweede wee-uitspraak.  Die vorige basuine het mense nie hul toevlug na God laat neem nie, maar die goddeloosheid verder laat gedy!   Nou volg die oordeelsvoltrekking wanneer goddeloses sterf.  Dis God se antwoord op gelowiges se gebede (Openb.6:10; 8:3-5).  Die vier engele wat die winde van verwoesting by die verseëling van die 144,000 vasgehou het, laat dit nou los.   Die Eufraatrivier is in die Bybelse tyd as simbolies van vyandige invalle gesien.

As gevolg van die engele wat losgemaak is om die vernietigende werk te doen, sterf ʼn derde van die mensdom gewelddadig.   In vandag se terme ongeveer twee miljard!   Die ruitery se vernietigingwapens is hul bekke en sterte.  Die geweldige getal van die ruitery dui daarop dat die vernietigendemagte onstuitbaar is.

Ten spyte van alles, hou die goddelose vol om God te verwerp en gaan aan om afgode en demone te aanbid.   God se uitnodigende hand word willens en wetens weg geklap!   Die goddelose se groot liefde is afgodery.  Laasgenoemde het altyd met seksuele misdrywe gepaard gegaan.  Vrugbaarheidskultusse het sedelike verval gepropageer.  Wie afgodery bedryf het, was tot enigiets boos in staat!    Daarom kry ons die lys van ondeugde in vers 21.

4.   Die sewende basuin

Die blaas van die sewende basuin bring ons by die derde wee-uitspraak.  Dit spreek nie van oordeel nie, maar van die hemelse feesvierings wat na die erkenning van God se koningskap aanbreek.  Ons hoor hemelse koorsang wat ʼn mens laat vermoed dat die wederkoms van Christus, net soos met sy eerste koms, met koorsang ingelei word.   Die oënskynlike heerskappy van die sonde maak nou plek vir die ewige koningskap van God.  Die 24 ouderlinge, verteenwoordigend van die kerk, sluit ook by hierdie lofprysing aan.

Die hele OT en NT pyl op een hoogtepunt af – die aanbreek van die alleenheerskappy van God oor die hele wêreld.  Die nasies van die wêreld is woedend, maar moet onder die regverdige oordeel van God buk.  Die finale oordeel is egter voor die groot wit troon (Openb.20:11-15).

In Openb.11:18 word dit onomwonde gestel dat die einde aangebreek het.  Daar is ʼn bepaalde volgorde: eers die wederkoms, dan die algemene opstanding, daarna die finale oordeel, bekendmaking en laastens die ewige eindbestemming.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2515 gaste aanlyn