Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons Skepper het uit niks alles volgens hulle soorte geskep; jy en ek is ook unieke skepsels van God – Hy het nie net een lewende selletjie geskep waaruit alles vanself ontwikkel het soos die evolusie-hipotese wil leer nie. En ons mense se roeping is om as 'bestuurders' van God se skepping op te tree maar die moderne mense het egter vernietigers geword. Kom ons begin hierdie jaar met die ideaal om weer die bewaarders en versorgers te word van God se wonderlike Skepping.
SATANISME – 'N REALITEIT (5)
Kobus Jonker
Lees reeks by Satanisme
Ons kyk in hierdie aflewering na heksery, 'n praktyk wat reg onder ons oë plaasvind maar nie deur die meeste onskuldige en gelowige persone raakgesien word nie. Heksery bly 'n verskynsel met 'n ryk geskiedenis vol misterie, bygelowigheid, misleiding en tragiek. 'n Wêreldbekende heks, Aleister Crowley, het daarin geslaag om heksery as 'n sosiaal aanvaarde praktyke laat herleef. Moderne hekse in die buiteland soos Sybil Leek, Alex Landers, Marian Unsworth, Louise Huebner, Monique Wilson en Raymond Buckland het ook wye sosiale erkenning geniet.
Algemene Gebruike van Hekse
1 Oorgedraagde kennis (van haar moeder of 'n ouer heks na haar as 'n ingewyde leerling).
2 Magiese sirkel (Bestaan uit binne en buite sirkel waarin towerwoorde en name van God ingeskryf word asook 'n vyfpuntige ster in die sirkel. Die vyfpunt ster verteenwoordig die hoofelemente water, lug, vuur, aarde en Akasha - die heksegees. Die sirkel bevat ook 'n ander teken, nl. die gelyksydige driehoek. Die Magiese sirkel word gebruik as beskerming teen en fokus- versamelpunt van magiese kragte.
3 Die Magiese mes / swaard. (Die Magiese sirkel word ook deur dit getrek - Hekse word aanbeveel om dit soveel as moontlik te gebruik tydens rituele - Hoe meer in gebruik hoe meer "Mana" of krag sal dit vereis.)
4 Swart kerse — meestal gebruik wanneer vloeke van dood en vernietiging op iets of iemand geplaas word.
5 Voodoo figure / voorwerpe van diverse aard. Klei, was of loodpoppe word gebruik om beserings aan iemand toe te dien deurdat naalde in so 'n pop gedruk word. Gewoonlik besit so 'n heks ook hare, naels of selfs ekskreta van die benadeelde persoon. Sybil Leek se dat "Evil may be justified if it is for the greater good of the whole".
6 Swart / Rooi kleredrag — Swart vir die krag van duisternis - rooi vir bloed en energie. Soms dra die Wit hekse wit klere om hul beeld te bevorder.
Hoe word heksery beoefen?
Dit word deur selfstandige individuele hekse of groepe hekse beoefen. Heksegroepe is die mees moderne neiging. Die hekse kan in "Covens" van 9, 11 of 13 lede saam wees. Die meeste verkies egter dat daar 13 lede is, insluitend die priesteres.
Elke "Coven" het 'n priester of priesteres wat die belangrikste rol by die seremonies en die organisering speel. Hulle beskik natuurlik ook oor die meeste kennis aangaande heksery. Daar bestaan drie graderings by hekse nl lid, priester of hoë prieser. Hulle word beoordeel op grond van hulle toenemende kennis, ervaring en betrokkenheid.
Wanneer vergader hulle?
Die "Covens" hou maandelikse ontmoetings ("Esbat") op die aand van volmaan en ook op die volgende erkende agt sabbatte:
31 Oktober – Halloween
2 Februarie – Candlemas of Februarienag
1 Augustus – Augustusnag of Lammas
30 April – Meinag of Maypole-dans
1 Desember – St Thomas-dag
23 Junie – Eve of St John
Meidag – Beltane
Elke Goeie Vrydag.
Die begin van elke seisoen speel ook 'n groot rol.
Wat vind plaas tydens hierdie rituele?
Hierdie byeenkomste geskied gewoonlik in woude, landerye, kerkgronde, begraafplase, grotte, kruispaaie en by mere. Dit is belangrik dat die genoemde plekke versteek en verlate moet wees. Tydens die byeenkomste word daar meestal naak in 'n sirkel gesing en gedans om sodoende magiese kragte op te wek. Daar word ook by elke geleentheid uit die "Book of shadows" gelees waarin 'n bepaalde ritus asook towerspreuke en betowerings beskryf word. Slegs die priesteres lees die towerspreuke en betowerings uit aan die "Coven".
Dwelmgebruik en seksuele aktiwiteit speel 'n groot rol by die rituele veral by die inisiasie van lede en seremonies waar bevordering moet geskied. Hekse maak ook verskillende mengsels wat gedrink of gerook kan word.
Die individuele heks bedryf haar praktyk onafhanklik waar die 'kliënt' of 'pasiënt' haar dan kan raadpleeg vir 'n spesifieke doel.
Wat is hulle geloofsieninge?
Sommige groepe hekse glo vas dat werklike heksery 'n antieke religie is wat niks met toordery te doen het nie. Hulle beskou heksery as 'n kultus waarbinne natuurlike en onbegryplike kragte verheerlik word. Hulle simboliseer die kragte se oorsprong met die vroulike 'Groot Moeder-godin' en die manlike 'Gehoringde God'. Die hekse is dit eens dat hulle rituele ingestel is om hierdie opperwesens as brond van krag en vrugbaarheid te vereer. Hierdie kultus staan bekend as 'wicca' en hulle glo aan reïnkarnasie.
Is daar oorgawe aan demoniese magte?
Sommige hekse erken verskillende tipes bemoeienis met demone wanneer daar met hulle gesels word. Hulle is ook dikwels duiwelbesete en openbaar demoniese kragte. Dikwels gee die hekse hulself aan demone of die duiwel oor om materiële voordele te bekom of te bewerkstellig. Hierdie oorgawe kan bereik word deur bloot die duiwel of demone willend en wetens in te laat, en of om 'n ooreenkoms met die duiwel aan te gaan. Deur so 'n ooreenkoms bevestig sy simboliese bereidheid van diens of sielsoorgawe aan die duiwel. Deur die ooreenkoms kan demone ook in diens van die heks geplaas word. Daar is ook al beweer dat gedienstige demone hulself in 'n swart dier beliggaam. Hekse voer ook dikwels aan dat dit die rede is waarom bestialiteit (seksuele verkeer tussen mens en dier) plaasgevind het.
Dit is ook alom bekend dat demone al dikwels onwelkome besit in 'n heks se liggaam geneem het. Hekse is ook al gemanipuleer deur demone sonder om haar liggaam te bewoon.
dikwels word ook verneem van beweringe en erkennings van seksuele intimiteite tussen hekse en demone of die duiwel. Bewerings word deur hekse gemaak dat hulle besoek was deur 'n 'incubus' (op manlike hekse) of 'n 'succubus (op vroulike hekse) vir vrywillige of gedwonge seksuele gemeenskap. Die videoband "The Entity" vertel 'n ware verhaal van so 'n geleentheid. Daar is natuurlik ook gevalle van fantasering as verskonings vir oortredings van seksuele taboes.
Ons kyk volgende keer na heksery onder die swart bevolking , 'n bekende realiteit met hulle etniese getoordery.