NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Sonde, boosheid, onreg, diskriminasie, ontwrigting en verwarring is aan die orde van die dag.   Mense het nie meer inbors nie!   Die staat minag God se Wet en ontspoorde kerke verwater Bybelse riglyne vir die lewe.  Gevolglik worstel baie gelowiges soos ’n Habakkuk van ouds met God se weë en vra:   “Here, waarom doen U niks hieraan nie?”

ONS WÊRELD VAN KOMPROMIEË

Lees reeks by Ons wêreld van kompromieë

Verdedig die waarheid

"Die enigste manier waarop ons die huidige neiging tot dogmatiese kompromieë kan teenstaan, is deur die onaangetaste waarheid met hernude inspanning te beskerm, te verkondig en aan die volgende generasie oor te dra."

Soos in alle lande is leierskap van deurslaggewende belang wanneer daar in Suid-Afrika gekyk word na probleme op feitlik alle terreine.  Swak leiers bring chaos en verval.  En as verkeerde leiers nog doelbewus daarop uit is om te mislei in plaas van 'n volk en 'n nasie tot groot hoogtes te lei, is die materiële en geestesvoorspoed van daardie mense in dae af te tel.

Ons land verval, daar is op geen terrein stabiliteit nie; ons munisipaliteite het feitlik almal ineengestort, op alle regeervlakke is Suid-Afrika gedoem, chaos heers in die parlement as gevolg van wanbestuur en korrupsie. Dissipline ontbreek geheel en al aan owerheidskant, en onvermoë om die land polities te bestuur word al meer oorskadu deur doelbewuste misleiding en leuens wat daagliks aangehoor moet word.

As ons na ons kerke kyk is dit ook nie anders nie. Waar lê die probleem? Ongetwyfeld primêr by die leierskap - die leraars en lekepredikers wie se verantwoordelikheid dit is om God se kinders te leer, rig en beskerm.

Soos Paulus die Efesiese ouderlinge gewaarsku het: "Ek weet dat daar na my vertrek wrede wolwe onder julle sal indring, en hulle sal die kudde nie ontsien nie. Ja, uit julle eie geledere sal daar mense na vore kom wat met leuens die gelowiges agter hulle aan sal probeer verlei" (Hand. 20:29-30). Daar sal altyd vals leraars wees, en dis die leiers se taak om op die uitkyk vir hulle te wees, maar wat 'n kwade dag as 'leiers' self die 'wolwe' word!

Maar in 'n sekere mate het die gewone kerklidmate ook deel aan die skuld oor wat in ons kerke verkeerd is. God se Woord is ook tot hulle beskikking, en hulle kan nie hulle geestelike leiers blindelings volg nie net soos 'n nasie ook nie sy politieke misleiers blindelings durf volg nie. Ongelukkig is dit so dat die meeste nie die onderskeid tussen leuens en die waarheid kan tref nie maar daar is net een resep daarvoor:

Slegs dié wat in God se Woord opgebou en versterk is, kan die waarheid van die leuen onderskei en dit is dus hulle taak om, ter wille van hulle eie geestelike welsyn, seker te maak dat hulle leiers aan die Bybelse standaard voldoen. Al die gelowiges moet as bewaarders van die waarheid dien. Toe Paulus oor Israel se bevoorregte identiteit geskryf het, het hy gesê:  "Het dit dan enige voordeel om 'n Jood te wees, en het die besnydenis enige nut? Ja, baie, in allerlei opsigte. Die belangrikste is dat God sy woorde aan die Jode toevertrou het" (Rom. 3:1-2). God se primêre geskenk aan Israel was sy Woord. Die kerk is in dieselfde posisie, want God het die beskerming en verkondiging van sy waarheid aan ons toevertrou.

Voordat die kerk God se plan vir die wêreld in vervulling kan bring, moet alle gelowiges hulle tot dogmatiese integriteit verbind. Die apostel Paulus verwys hierna wanneer hy skryf dat dit een van die leraar se rolle is "om die gelowiges toe te rus vir die opbou van die liggaam van Christus. So sal ons uiteindelik almal kom tot die werklike eenheid in ons geloof" (Ef. 4:12-13). Met "geloof" verwys Paulus nie na geloof as daad of gehoorsaamheid nie, maar na die inhoud van die Christelike waarheid - na Christelike dogma. Die geloof is die inhoud van die evangelie in sy volledigste vorm.

Daar is die afgelope paar jaar baie oor kerkeenheid in Suid-Afrika gepraat, en gevolglik het ons die insluiting van allerhande soorte godsdienste en kultusse aanskou. Maar dit is nie die eenheid wat God vir sy kerk wil hê nie. Geloofseenheid is onmoontlik tensy dit op die basis van die waarheid rus. Jesus het gebid: "Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U woord is die waarheid. Soos U My na die wêreId toe gestuur het, het Ek hulle ook na die wêreld toe gestuur;  Maar ter wille van hulle wy Ek My aan U toe, sodat hulle ook deur die waarheid aan U toegewy kan wees. Ek bid egter nie net vir hulle nie, maar ook vir dié wat deur hulle woorde tot geloof in My sal kom. Ek bid dat hulle almal een mag wees” (Joh. 17:17-21). Eenheid is slegs moontlik wanneer gelowiges in die waarheid geheilig word.

’n Gemeenskap waarin die noodsaaklike leerstellings van die geloof verwaarloos of afgekraak word, is nie Christelike eenheid nie, dit is 'n goddelose kompromie. God se waarheid is nie gefragmenteer of onderling verdeeld nie. Maar wanneer daar verdeeldheid onder sy kinders is, lewe hulle sonder sy waarheid en sonder die geloof wat in kennis en insig geanker is. Geloofseenheid is slegs moontlik binne 'n Bybelsgebaseerde, dienende en geestelik volwasse kerk. Enige ander eenheid sal slegs op 'n menslike vlak bestaan. Dit sal losstaande van, en in konstante konflik met, ware geloofseenheid wees. Eenheid kan nie sonder dogmatiese integriteit in die kerk bestaan nie.

Die kerk bestaan vandag in 'n wêreld wat deur die apostel Paulus voorspel is toe hy vir Timoteus gesê het: "Daar sal 'n tyd kom wanneer die mense die gesonde leer nie meer sal verdra nie" (2 Tim. 4:3). Deur die eeue heen het die ware kerk te midde van vervolging van buite en vals leerstellings van binne aan die waarheid getrou gebly. Ons het daardie nalatenskap van ons voorgangers ontvang. Die enigste manier waarop ons die huidige neiging tot dogmatiese kompromieë kan teenstaan, is deur die onaangetaste waarheid met hernude inspanning te beskerm, te verkondig en aan die volgende generasie oor te dra.

Nes vandag het die gelowiges in die eerste-eeuse Efese ook in die versoeking gekom om toegewings rondom God se Woord te maak. Efese was 'n heidense stad, die tuiste van die tempel van die godin Diana (Artemis), een van die sewe wonders van die antieke wêreld. Paulus, wat drie jaar daar gewerk het, was deeglik bewus van die druk en versoekings om die waarheid te vertroebel. Sy briewe aan Timoteus, die leraar van die kerk in Efese, is vol aansporings om die waarheid uit te leef, te verkondig en te beskerm.

In een van hierdie aansporende gedeeltes verduidelik Paulus die kerk se taak aan die hand van die volgende beeld: Die kerk is "die draer en beskermer van die waarheid" (1 Tim. 3:15). In die 1953-vertaling word die woord "pilaar" in die plek van "draer" gebruik. Paulus verwys indirek na die pilare in die tempel van Diana - al 127 van hulle. Nes die pilare waarop die massiewe tempeldak rus, is die kerk die fondament en pilaar waardeur die waarheid gedra word. Nes die fondament en pilare van die Diana- tempel 'n getuienis van die dwaling van heidense en vals godsdiens is, moet die kerk 'n getuienis van God se waarheid wees. Dit is die kerk se taak in die wêreld.

Elke kerk het die ernstige verantwoordelikheid om die waarheid van God se Woord te verdedig. Die kerk het die waarheid nie uitgedink nie, en God se oordeel rus op enigeen wat daaraan wil verander. God het die kerk met die rentmeesterskap van die Woord toevertrou, en dit is ons plig om die Woord as die kosbaarste besitting op aarde te verdedig en beskerm. Kerke wat met die Bybelse waarheid peuter, dit verdraai, gering ag of daarvan afwyk, vernietig die enigste rede vir hulle bestaan. Uiteindelik is hulle kragteloos en kom hulle onder God se oordeel.

Hoe om die waarheid te beskerm

Alhoewel dit die kollektiewe verantwoordelikheid van elke plaaslike kerk is om die Woord te onderskryf en te ondersteun, kan dit nie gebeur tensy elke individuele gelowige hom of haar tot hierdie taak verbind nie. Daar is verskeie maniere waarop ons dit kan doen.

Paulus het die volgende getuienis teenoor Feliks, die Romeinse goewerneur in Judea, gelewer: "Ek dien die God van my voorvaders volgens die leer van Christus wat hulle 'n dwaalrigting noem. Ek glo nog steeds alles wat in die wet en die profete geskrywe staan" (Hand. 24:14). Sy geloof in God se Woord het die Nuwe Testament ingesluit. Hy het aan die Korintiërs geskryf: "Ons glo, daarom praat ons ook" (2 Kor. 4:13). Die baie aansporings om na die Woord te luister, behels ook dat daar met geloof geluister moet word. Jesus het gesê: "Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie... maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan" (Joh. 5:24). Jy kan nie die Woord verdedig as jy dit nie hoor en dit glo nie.

Die psalmis het geskryf: "Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie" (Ps. 119:11, 1953- vertaling). Dit is nie genoeg om die Woord te hoor nie - ons moet dit ook in ons geheue vasmaak. Dan eers sal jy "altyd gereed wees om " ...'n antwoord te gee aan elkeen wat van julle 'n verduideliking vra oor die hoop wat in julle lewe" (1 Pet. 3:15).

In Josua 1:8 (1953-vertaling) staan daar: "Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie; maar bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan; want dan sal jy in jou weë voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel." Dink net waar Suid-Afrika vandag sou staan indien ons 'n Christenowerheid gehad het wat werklik die Wetboek van God dag en nag bepeins het!

In 2 Timoteus 2:15 skryf Paulus vir Timoteus: "Lê jou daarop toe om jou tot beskikking van God te stel as 'n arbeider wat die goedkeuring van God wegdra, 'n arbeider wat hom vir sy werk nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid suiwer verkondig."

Jesus het gesê: "Nog meer bevoorreg is hulle wat die woord van God hoor en dit onderhou" (Luk. 11:28), en "as julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels" (Joh. 8:31). Dit help veel om die Woord te hoor, te memoriseer, daaroor te mediteer en te bestudeer as jy nie daaraan gehoorsaam is nie.

Paulus het vir die Filippense geskryf dat dit sy taak is "om die evangelie te verdedig" (Fil. 1:16). Die waarheid sal altyd aangeval word, en ons moet slaggereed wees om dit met groot ywer te verdedig. Daarom moedig Judas die gelowiges aan "om kragtig te stry vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is" (v. 3,1953-vertaling). Die Griekse woord wat met "kragtig te stry" vertaal is, is epagdnizd. Dit bevat die Griekse woord agon waarvan die Engelse woord agony afgelei is. Agon het oorspronklik na 'n stadion verwys. Wanneer ons die stadion betree om geestelike oorlog te voer, moet ons vir die suiwerheid van die geloof stry.

Paulus wys Titus daarop dat gelowiges "in alles wat hulle doen, die aansien van die leer van God ons Verlosser moet verhoog" (Tit. 2:10). Gedagtes wat aan die Woord van God onderwerp word, sal tot godvresende dade lei (Kol. 3:16).

Jesus het ons die volgende opdrag gegee: "Gaan en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat ek julle beveel het" (Matt. 28:19-20). Paulus skryf aan Timoteus: "Verkondig die woord, hou daarmee vol, tydig en ontydig; weerlê, bestraf, bemoedig, deur met alle geduld onderrig te gee" (2 Tim. 4:2). "Prediking", die Afrikaanse woord vir kerugma, verwys na die boodskap wat iemand namens 'n heerser of owerheid aankondig. In die Nuwe Testament word hierdie term altyd gebruik vir die openbare verkondiging van God se Woord waardeur mense tot 'n verlossende geloof kom, in die waarheid opgebou word en versterk om 'n om 'n godvresende lewe te lei.

Wat 'n voorreg is dit nie om die waarheid wat ons van God ontvang het, te beskerm en verdedig nie. Mag elkeen van ons daagliks getrou wees in die uitvoer daarvan, en mag ons eie integriteit in die proses gevestig word wanneer ons dit in ons kerke en ons land op alle terreine verdedig!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2307 gaste aanlyn