NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons sê dikwels ons het nie tyd gehad nie; jammer, ek kon dit of dat nie ook nog inpas nie. God het ons AL die tyd van ons lewe gegee, ure, dae, jare, alles om tot ons beskikking te vul. Bring jou tyd na Hom toe, en Hy sal sorg dat jy dit reg gebruik.

ONS WÊRELD VAN KOMPROMIEË

Lees reeks by Ons wêreld van kompromieë

'N LEWE SONDER KOMPROMIEË

"Die Babiloniërs het ook Daniël se naam na Beltsasar verander. Dit klink dalk na 'n onbenulligheid vir ons wat so daagliks in ons land hoor hoe die swart regime straatname, plekname en nou ook skole se name verander, maar vir die volke van die antieke Midde-Ooste was 'n individu se identiteit, persoonlikheid en soms sy lewenswyse in sy naam vervat."

As ons sowat 2 600 jaar in die geskiedenis terugkyk, ontdek ons 'n groep mense wie 'n uitstekende voorbeeld vir ons stel oor beginselvastheid, veral na die mening van die grootste wêreldleier in daardie tyd, koning Nebukadnesar van die Babiloniese Ryk. Ná afloop van sy eerste inval van Juda en beleg van Jerusalem in 606 v.C. het Nebukadnesar 'n klompie skrander Joodse jong mans (waarskynlik in hulle tienerjare) weggevoer om te help om sy planne vir wêreldoorheersing te help verseker. Een van daardie jong mans was in die besonder bestem vir grootheid, en sy naam is vandag nog sinoniem met integriteit en 'n kompromislose gees. Ons weet dit kan niemand anders as Daniël wees nie.

Hoe meer ons van Daniël lees, hoe duideliker kom sy persoonlike integriteit in fokus. Sy kompromislose leefstyl vorm 'n skerp kontras  met die manier waarop baie gelowiges hulle oortuigings uitleef. Baie Christene is geneig om te huiwer en gee dubbelsinnige verduidelikings oor die redes waarom hulle nie aan sekere sekulêre aktiwiteite deelneem nie.

Maar Daniël het sy oortuigings onomwonde uitgespel.

Daniël beskryf hoe Nebukadnesar van plan was om die ontvoerdes vir leiersposisies in sy uitgebreide ryk op te lei:

Die koning het vir Aspenas, sy hoofpaleisbeampte, beveel om uit die Israeliete jongmanne na die paleistoe te bring, uit die koninklike geslag en uit die geslag van vername mense. Die jongmanne moes sonder liggaamsgebrek wees, mooi, toegerus met kennis, verstandig, bekwaam en in staat om in die paleis diens te doen. Hulle moes onderrig word in die Galdeërs [Babiloniërs] se skrif en taal.  Daniël 1:3-4

Hierdie verse lys die prioriteite wat wêreldse persone gebruik om sleutelposisies in die regering, sakewêreld of samelewing te vul. Hulle beklemtoon die uiterlike bo die innerlike kwaliteite; fisiese aantreklikheid, intellektuele bekwaamheid en sosiale vaardighede word bo karakter, deug en moraliteit gestel. Dit was beslis wat Nebukadnesar en Aspenas in gedagte gehad het, maar in Daniël en sy drie vriende het hulle baie meer gekry as waarop hulle gereken het.

Alhoewel dit soms oorbeklemtoon word, sou Daniël en die ander jong mans nie gekies geword het as hulle nie die intellektuele be­kwaamheid gehad het om in hulle nuwe land suksesvol te wees nie. In die eerste plek staan daar in Daniël 1:4 (1953-vertaling) dat Daniel en die ander "vernuftig in allerhande wysheid" was. Omdat hulle bogemiddeld intelligent was, het hulle die vermoë gehad om intelligente besluite te neem en om die feite in baie dissiplines te verstaan en toe te pas.

Hulle was ook "verstandig" wat beteken dat hulle nie net baie feite geken het nie, maar dat hulle hierdie feite kon toepas. Die Hebreeuse term wat met "verstandig" vertaal word, impliseer 'n vermoë om feite te korreleer en logiese afleidings te maak.

"Bekwaam" is die laaste intellektuele kwalifikasie. Die letter­like betekenis is "kenner van kennis". Eenvoudig gestel, Daniël en die ander jong mans het 'n hoër opvoedkundige agtergrond gehad wat hulle voorberei het vir die hantering van al die take en uitdagings van hulle nuwe land. Die eerste uitdaging was die heropvoedingsproses wat deur die Babiloniërs vereis is.

Daniël 1:4 word met dié woorde afgesluit: "Hulle moes onderrig word in die Galdeërs se skrif en taal." Koning Nebukadnesar se bevel aan Aspenas en die ander koninklike beamptes was die formele begin van die nuwe curriculum (van drie jaar) wat Daniël en die ander uitgesoekte Joodse ontvoerdes moes volg.

Die Galdeërs was oorspronklik 'n aparte etniese groep in die noorde van die Midde-Ooste. Namate die Babiloniese Ryk uitgebrei het, het die Galdese wetenskap, filosofie en letterkunde die dominante onderwysstelsel van die Ryk geword. Kort voor lank het Galdees sinoniem met Babilonies geword.

Die groot gros Galdese kennis is deur die belangrikheid van die Galdese taal gedomineer - 'n invloedryke en nuttige handelsdialek wat Daniël verplig was om te leer, tesame met verskeie ander verwante tale en dialekte. Hy sou in werklikheid 'n linguistiese kenner word.

Daniël se heropvoeding het ook die studie van die Galdese se kennis van wiskunde, astronomie, geskiedenis, landbou en argitektuur ingesluit. In daardie tyd was die Galdeërs die toonaangewende denkers en ontwikkelaars in bykans al daardie vakrigtings.

Tot op hierdie punt was Daniël se nuwe opvoeding waarskynlik 'n positiewe ervaring. Daar was niks inherent verkeerd aan sy verdere onderrig in wiskunde, wetenskap en tale nie. Hy het waarskynlik voor die tipiese akademiese uitdagings te staan gekom wat nuwe vakke en die aanpassing in 'n nuwe kultuur vergesel het. Die Babiloniërs sou Daniël egter spoedig met baie moeiliker kwessies konfronteer. Die uiteindelike doel was om sy geestelike, morele en etiese oortuigings te herprogrammeer. Nebukadnesar wou hê dat Daniël en die ander jong mans hulle Joodse erfenis afsterf, die Here verloën en die waarheid van sy Woord ter wille van die Babiloniese Ryk ontken.

Om so 'n radikale heropvoeding te fasiliteer, het die Babiloniërs van Daniël verwag om hom in hulle kennis van die astrologie, mitologie (insluitend legendes oor die skepping en 'n groot vloed), die toorkunste en hulle veelgodedom te verdiep. Die Ba­biloniërs was in werklikheid besig om 'n gesofistikeerde breinspoel-program te volg in die poging om Daniël van 'n nederige Hebreër in 'n verfynde Galdese leier te verander.

Die Babiloniërs het ook Daniël se naam na Beltsasar verander. Dit klink dalk na 'n onbenulligheid vir ons wat so daagliks in ons land hoor hoe die swart regime straatname, plekname en nou ook skole se name verander, maar vir die volke van die antieke Midde-Ooste was 'n individu se identiteit, persoonlikheid en soms sy lewenswyse in sy naam vervat. Trouens, in sommige ouer landelike en nomadiese gemeenskappe is 'n persoon sonder naam nie as mens geag nie.

Die Babiloniërs sowel as die Jode het die belangrikheid van name erken. "Daniël" in Hebreeus beteken "God is die regter". Die naam "Beltsasar" is Galdees vir "Bel voorsien" of "Bel se prins". Uiterlik het Daniël se nuwe naam gesuggereer dat hy 'n dissipel van 'n heidense god (Bel of Baäl) was. Maar innerlik het Daniël die moed gehad om sekere standaarde te stel en 'n dienaar van die ware God te bly.

Met die Here se hulp was Daniël bereid om hom net tot op 'n sekere punt aan die Babiloniese indoktrinasie te onderwerp: "Daniël het hom voorgeneem om hom nie met die koning se kos en wyn te verontreinig nie en hy het die hoofpaleisbeampte vergunning gevra om dit nie te gebruik nie" (Dan. 1:8).

Die Babiloniërs het hulle opvoedkundige program vir Daniël en sy vriende volbring deur die beste en rykste van die koninklike kos en drank daagliks aan hulle voor te sit. Met ander woorde, Nebukadnesar en sy beamptes wou die Joodse jong mans met sommige van die genietinge en voordele verlei wat deur die room van die Babiloniese samelewing geniet is. Hulle het geredeneer dat as Daniël en sy vriende die luukses van hulle nuwe lewe geniet, hulle 'n pligsgevoel teenoor hulle nuwe meesters sou ervaar en van hulle ou gebruike sou afsien. Maar Daniël het nie voor die versoeking geswig nie en het Skriftuurlike integriteit gehandhaaf.

Die voordele van die akademiese onderrig wat hy ontvang het, het beslis tot sy volwassenheid bygedra. Hy kon sy kennis en praktiese kundigheid in verskeie tale en verskeie wetenskappe uitbrei. En hy het die onderskeidingsvermoë gehad om hom nie vir vakke oor die astrologie, mitologie en vals godsdienste te laat  beïnvloed nie. Hy kon ook met 'n heidense naam so half vrede hou omdat hy geweet het dat dit nie 'n weerspieëling van sy hartsgesindheid teenoor God was nie.

Maar die saak rondom kos en drank was onmiddellik 'n geskilpunt. Daniël was bekend met die dieëtkundige wette wat God vir sy volk ingestel het, insluitend reëls vir reinheid in die voorbereiding en gebruik van kos (Lev. 7:23-27; 11:1-47; Deut. 12:15- 29; 14:1-29). Buiten die verbreking van daardie dieetkundige wette was daar nog 'n rede waarom Daniël nie aan Nebukadnesar se maaltye kon deel hê nie. Voordat die kos en wyn voorgesit is, is dit eers aan Babilon se vals gode gewy, nagenoeg soos ons vandag kyk na die halaalvoorbereide kosse van die Moslems hier in ons land. Moses se wet het die Jode verbied om aan enige vorm van afgodery deel te hê:

"Jy mag nie vir jou 'n beeld of enige afbeelding maak van wat in die hemel daarbo of op die aarde hieronder of in die water onder die aarde is nie. Jy mag hulle nie vereer of dien nie, want Ek, die Here jou God, eis onverdeelde trou aan My" (Eks. 20:4-5; sien Lev. 19:4; Deut. 5:7- M) As Daniël enige porsie van die koninklike kos wat aan vreemde gode gewy is, geëet het, sou hy aan 'n heidense fees deelneem en 'n vorm van afgodery beoefen.

Omdat Daniël van al hierdie riglyne bewus was, het hy 'n streep getrek waar dit die koning se kos betref het. Sy optrede vorm 'n basiese deel van egte integriteit en 'n kompromislose lewe: As gelowige moet ek die streep trek waar die Bybel dit trek. As die waarheid van God se Woord oor 'n sekere kwessie nie met die wêreld se  wysheid ooreenkom nie, moet jy jou by die Woord skaar.

Daniël het nie die maklike uitweg gevolg toe hy sy standpunt aan Aspenas verduidelik het nie. In plaas daarvan het hy die saak direk aangepak en "die hoofpaleisbeampte vergunning gevra om dit nie te gebruik nie" (Dan. 1:8) sodat hy homself nie met die ryk Babiloniese kos en wyn sou verontreinig nie. Die jong Daniël het dus 'n onbeskaamde onbeskroomdheid openbaar wat 'n onvermydelike eienskap van 'n kompromislose lewe is.

Daniël het sy onbeskroomdheid beklemtoon deur 'n baie sterk woord, "verontreinig", te gebruik. Die term het deurgaans in die Ou Testament op enigiets gedui wat 'n gruwel voor die Here is. Sinonieme vir verontreinig sluit in besmet, vervals, besoedel en bederf. Daniël het beslis nie doekies omgedraai nie.

Daniël se vreeslose stelling dui op sy begeerte om te verduide­lik waarom die koninklike kos 'n verontreiniging vir hom was. Dit beteken dat hy die basiese Joodse voedselreëls uiteengesit het en met versigtig gekose woorde met Aspenas oor die sonde van afgodery gepraat het. Iemand wat onbeskaamd onbeskroomd is, is baie reguit oor sy standpunt rondom dit wat reg en verkeerd is.

Spreuke 29:25 begin soos volg: "As jy vir mense bang is, kan jy in 'n strik beland." Die meeste mense, gelowiges ingesluit, word deur ander se opinies geïntimideer en kan dus nie aan die Woord se standaard vir onbeskaamde onbeskroomdheid voldoen nie. Maar Daniël en ander groot Bybelkarakters het geglo dat "jy veilig is as jy jou vertroue in die Here stel" (v. 25).

Ons lees herhaaldelik in die Woord dat vertroue in God tot on­beskaamde onbeskroomdheid lei. Dawid het gesê: "Met blydskap het ek aan die gemeente vertel U het my verlos. Ek het nie stilgebly nie, Here, U weet dit! Dat U verlos, het ek nie vir myself gehou nie, ek het gepraat oor u trou en u hulp. Oor u goedheid en u trou het ek in die gemeente nie stilgebly nie" (Ps. 40:10-11).

Die profeet Jesaja het die volgende oor Jesus, die Lydende Dienskneg, geskryf: "Die Here my God help my, ek sal nie teleurgestel staan nie; ek sal my nie ontstel nie, ek weet ek sal nie in verleentheid kom nie" (50:7).

Johannes die Doper het tydens sy relatief kort bediening met groot vrymoedigheid gepraat: "Toe hy merk dat baie van die Fariseërs en die Sadduseërs kom om deur hom gedoop te word, sê hy vir hulle: 'Julle slange, wie het julle wysgemaak dat julle die dreigende toorn kan ontvlug? Dra liewer vrugte wat bewys dat julle bekeer is'" (Matt. 3:7-8).

En elke keer wanneer die appostel Paulus ter wille van die evangelie vervolg is, het hy Jesus Christus sonder skroom verkondig (Hand. 23-26).

Trouens, dit is Paulus wat Christene aanspoor om 'n leefstyl te volg wat deur hierdie soort vreesloosheid gekenmerk word:

"Hoofsaak is dat julle lewenswandel in ooreenstemming met die evangelie van Christus moet wees. As ek dan kom, sal ek self sien, of as ek nie kan kom nie, sal ek deur berigte hoor dat julle in volkome eensgesindheid standvastig saamstry vir die geloof in die evangelie en julle in geen opsig deur die teenstanders laat afskrik nie" (Fil. 1:27-28).

Paulus verduidelik ook aan Timoteus en alle gelowiges hoe om onbeskaamd onbeskroomd te wees: "Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing. Jy moenie skaam wees om die boodskap van die Here te verkondig nie" (2 Tim. 1:7-8).

Gelowiges wat kompromislose lewens lei, sal sonder uitsondering standaarde stel wat bo die norm uitstaan. Hulle neem nie vir lief met die status quo nie. Daniël is weereens ons voorbeeld van hierdie beginsel: "Toe sê Daniel vir die amptenaar wat deur die hoofpaleisbeampte aangestel is om toesig te hou oor Daniêl, Gananja, Misael en Asarja: 'Maak asseblief tien dae lank 'n proefneming met ons en laat hulle vir ons net groente gee om te eet en water om te drink'" (Dan. 1:11-12).

Vegetarisme, of ten minste semi-vegaterisme, word vandag oor die algemeen aanvaar; maar dit is nie hoe die meeste mense eet nie. Ook nie in Daniel se tyd nie. Hy het nietemin gekies om 'n groentedieet bestaande uit bone en saad te eet sodat hy 'n hoër standaard kon stel.

Hy het ook besluit om geen wyn te drink nie, laat staan nog die koning se wyn. Dis nie asof die Here sy volk verbied het om wyn te drink nie. Wyn wat behoorlik gemeng en verdun is, was immers 'n algemene deel van die Joodse samelewing; dit was dus nie verkeerd om dit te drink nie. In Eksodus 29:40-41 word wyn in verband met die daaglikse offers genoem. Prediker 9:7 assosieer die drink van wyn met 'n vrolike hart. En in Jesaja 55:1 is wyn 'n simbool van redding. Waarom het Daniël, in die lig van die Jode se gebruik van wyn, besluit om nie van die koning se wyn te drink nie?

Daniël het geweet dat leiers wat hulle tot 'n hoe standaard van geestelike uitnemendheid verbind, sekere persoonlike opofferings moet maak. In Levitikus 10:8-11 word hierdie waarheid geïlustreer:

Die Here het vir Aaron gesê: "Jy en jou seuns mag geen wyn of bier drink wanneer julle moet gaan diens doen in die tent van ontmoeting nie, want dan sal julle sterwe. Dit is 'n vaste voorskrif, ook vir julle nageslag. Daar moet duidelik onderskeid gemaak word tussen wat gewyd is en wat nie gewyd is nie, tussen wat onrein is en wat rein is. julle moet al die voorskrifte wat die Here deur Moses aan julle gegee het, vir die Israeliete leer."

God het 'n hoer standaard vir die priesterdom gestel. Die priesters moes hulle van wyn en enige sterk drank onthou sodat hulle nie onder die invloed daarvan sou kom en hulle oordeel belemmer word nie.

Daar is ander soortgelyke gedeeltes waarin leiers teen die ge­bruik van wyn gewaarsku word. In Spreuke 31:4-5 staan: "Dit pas konings nie om te drink nie, Lemuel, dit pas hulle nie, dit pas men­se met gesag nie om hulle aan drank oor te gee nie. As hulle drink, vergeet hulle wat die wet bepaal en laat hulle nie reg geskied aan al die minderbevoorregtes nie."

In Lukas 1:15 sê die engel vir Sagaria dat sy seun, Johannes die Doper, glad nie wyn en bier sal drink nie. In 1 Timoteus 3:3 en Titus 1:7 word daar van die ouderlinge in die gemeente vereis om nie aan wyn verslaaf te wees nie.

Daniël se besluit rakende wyn en kos is dus glad nie ongehoord nie. Hy wou van die dronkaards en vrate in die Babiloniese koninklike hof onderskei word. Sodat daar geen verwarring tussen sy en hulle standaarde sou wees nie, het Daniël besluit om net water te drink. Die keuse om nie wyn te drink nie, maak ons nie op sigself meer geestelik nie; dis eenvoudig een manier waarop ons 'n hoër standaard kan stel en waarop ons uit  ongewenste situasies en van elke vorm van kwaad kan wegbly. Daniël se besluit behoort as motivering te dien vir ons almal op die pad wil volg wat deur kompromislose toewyding en integriteit gekenmerk word.

Ons lees dikwels in die Woord dat God deur geregtigheid behaag word en diegene seën wat Hom gehoorsaam en dien. Psalm 92:13-15 Iees soos volg: "Die regverdiges sal sterk wees soos palmbome, soos hoë seders op die Libanon. Hulle vind hulle krag in die huis van  die Here en groei op in die tempel van ons God. Selfs in hulle ouderdom sal hulle nog toeneem in krag."

Dit was dan ook die patroon wat Daniël se lewe gevolg het, soos blyk uit die aanvaarding wat hy in Nebukadnesar se hof geniet het, "God het die hoofpaleisbeampte gunstig en simpatiek gestem teenoor Daniël" (Dan. 1:9). Daniël het God se boaardse beskerming temidde van baie moeilike omstandighede ervaar.

Dit wat met Daniel gebeur het, wys opnuut op die feit dat God in beheer is, insluitend oor wat heersers en owerhede dink, voel en doen. In Spreuke 21:1 lees ons: "Die wil van die koning staan onder die gesag van die Here; soos 'n stroom water lei Hy dit soos soos Hy dit  verkies." Nie Aspenas of Nebukadnesar kon enigiets doen om God se plan en seën vir Daniel se lewe te verander nie. Die gunstige reaksie wat Daniël ontvang het, is 'n voorbeeld van God se belofte in 'n ander spreuk: "As die Here tevrede is met 'n mens se lewe, laat Hy selfs so 'n mens se vyande in vrede met hom lewe" (Spr 16:7).

Ons sal dieselfde soort boaardse, bonatuurlike beskerming ge­niet as ons voortdurend gehoorsaam en kompromisloos in ons handel met die Here is. Ongelukkig is daar te veel gelowiges wat hulle bekommer oor wat mense gaan sê of doen as hulle vir God se beginsels sou opstaan. In plaas daarvan maak hulle allerhande toegewings en verbeur hulle die Here se beskerming. Wanneer 'n mens die pad van kompromie volg, lei dit onafwendbaar tot die versoeking om nog belangriker beginsels oorboord te gooi. Dit is beter om van die begin af vas te staan, ten spyte van intimiderende omstandighede en tydelike vrese.

'n Afwaartse spiraal van kompromieë maak dikwels dat ons van God se getrouheid teenoor sy kinders vergeet. Psalm 106:45-46 lees: "Ter wille van Israel het Hy aan sy verbond gedink, en in sy groot liefde was Hy genadig. Hy het hulle medelye laat vind by die wie se gevangenes hulle was."

Josef (Gen. 39:1-4) en Moses (Heb. 11:23-29) het geleer om te midde van teenstand 'n kompromislose lewe te lei omdat hulle geweet het dat God hulle sou beskerm en seën. God se getrouheid het nie verander nie. As Hy wil hê dat jy 'n prominente posisie in die samelewing, by die werk, in die kerk of in enige situasie moet beklee, sal Hy daarvoor sorg. Dit is jou verantwoordelikheid om sy Woord te gehoorsaam en met opregte integriteit te lewe.

Alhoewel Daniël, deur middel van God se soewereine ingryping, 'n gunstige indruk op Aspenas en die ander koninklike beamptes gemaak het, het hy nie dadelik toestemming ontvang om sy vegetariese dieët te volg nie. Hy het egter geduldig gebly en nog 'n eienskap van integriteit geopenbaar: onverstoorde volharding.

Aspenas, die hoofpaleisbeampte, verskaf die eerste amptelike antwoord op Daniël se waagmoedige versoek om 'n alternatiewe dieët: "Maar hy het vir Daniël gesê: 'Ek is bang vir die koning. Hy het bepaal wat julle moet eet en drink en as hy sien julle voorkoms is nie so goed soos die van die ander jongmanne van julle ouderdom nie, is ek oor julle in die moeilikheid by hom'" (Dan. 1:10).

Alhoewel Aspenas empatie met Daniël gehad het, was hy nog nie op die punt waar hy bereid was om alles vir hom en sy vriende op die spel te plaas nie. Maar Daniël was nie afgeskrik nie. Deur diplomasie en vasberadenheid het hy eenvoudig 'n alternatiewe koers gevolg om die antwoord te kry waarna hy gesoek het. Hy het hom tot 'n laer amptenaar gewend wat oor hom en sy drie vriende moes toesig hou - iemand wat waarskynlik nie so bang vir Nebukadnesar was nie omdat hy nie direk aan die koning rapporteer het nie. Daniël het dus gevoel dat hierdie man meer geredelik aan sy versoek sou voldoen.

Daniël se volharding vorm 'n teenstelling met wat ons by baie ander mense sien. Hulle swig by die eerste teken van teenstand en rasionaliseer hulle optrede soos volg: Ek het probeer aandring op dit wat reg is, maar toe ek sien dat dit nie gaan werk nie, het ek maar gedoen wat die ander doen. Sommige sal selfs 'n paar halfhartige alternatiewe probeer volg, maar opgee wanneer dit nie wil werk nie. 'n Kompromislose gees van integriteit sal egter nooit opgee nie.

Die apostel Paulus het hierdie gees openbaar toe hy na Jerusalem toe op pad was om gearresteer te word. Hy het volgehou met die uitvoer van dit wat hy geweet het God se wil was, selfs toe welmenende gelowiges soos Agabus hom probeer afraai het (Hand. :10-12).

Paulus het die volgende in verband met struikelblokke en teenstand vir die Efesiërs gesê: "Maar al is my lewe vir my kosbaar, reken ek dit van geen belang nie as ek maar net my lewenstaak kan voltooi en die dienswerk wat ek van die Here Jesus gekry het, kan klaar maak" (Hand. 20:24).

Daniël het dieselfde gesindheid gehad. Sy oortuigings was vas en onwrikbaar. Hy het nie moed opgegee omdat Aspenas nie  aan sy aanvanklike versoek gehoor gegee het nie. Een van die belangrikste kenmerke van integriteit is volharding in dit wat reg is.

Met sy kenmerkende vrymoedigheid het Daniël die opsigter vir 'n proeftydperk van tien dae vir die vegetariese dieët gevra: "Maak asseblief tien dae lank 'n proefneming met ons en laat hulle vir ons net groente gee om te eet en water om te drink. Vergelyk dan ons voorkoms met dié van die jongmanne wat van die koning se kos eet, en handel dan met ons na bevind van sake" (Dan. 1:12-13).

Daniël het geglo die Here sou sorg dat die resultate sy voorstelle rakende die dieët sou bevestig. Daniël se heilige, kompromislose Ieefstyl het hom volle vertroue in die Here gegee. 'n Onbevlekte geloof is 'n noodsaaklike eienskap vir 'n lewe van integriteit.

Selfs al het Daniël as gevangene baie beproewinge moes verduur het hy nooit sy hoop op God verloor nie. Hy het vas geglo dat die Here terwille van hom en sy vriende sou  ingryp. Die basiese  boodskap wat hy aan Aspenas en sy assistent gestuur het, was: Ek sal my geloof op die proef stel, en God sal my kompromislose gees raaksien en eer.

As ons 'n suiwer, onbevlekte geloof rondom sekere noodsaaklike standaarde het - as ons weerstand bied teen sonde en boosheid, opstaan vir dit wat reg en eerlik is en ons teen verkeerdhede uitspreek - sal God daardie geloof eer. Die bron van hierdie standaard vir geregtigheid is sy Woord en dis Hy wat ons in staat stel om dit te gehoorsaam.

Daniël 1 eindig op 'n positiewe nooit en bevestig die eienskappe van integriteit wat ons so pas bespreek het. Die opsigter het toegestem tot Daniël se toets en ná tien dae die nodige evaluasie gedoen (1:14-16). Deur die Here se genade het Aspenas se assistent die positiewe resultate van die dieët gesien. Daniël en sy vriende het dus toestemming ontvang om met hulle dieët voort te gaan en dit was nie nodig om 'n kompromie rakende die koning se kos te tref nie. In die daaropvolgende maande en jare het Daniël en sy vriende baie seëninge en voorregte in Babilon ontvang. Hulle was uiteindelik die room van al die jong mans wat in die koning se persoonlike diens gestaan het (Dan. 1:17-21).

Daniël se ervaring is 'n treffende illustrasie van die samewerking tussen God se soewereine seën en die mense se volkome toewyding aan die hoogste beginsels. Menslik gesproke het Daniël se sukses van sy eie getrouheid en verbintenis afgehang. Goddelik ge­sproke was God in beheer van alles wat met Daniël gebeur het. Die aanvullende eienskappe van soewereiniteit en getrouheid is onlosmaaklik verbind en word in ons lewe gesien wanneer ons ons inspan om 'n kompromislose lewe vir God te lei. Ons weet dat ons verbintenis tot Daniël se buitengewone standaarde, wat eintlik net God se gewone standaarde is, uitgedaag en op die proef gestel gaan word (Joh. 16:33; Jak. 1:2-3). Maar nes Daniël, is ons ook oortuig van die positiewe resultate van daardie toetse (sien Job 23:10).

Daniël en sy vriende het nie kompromieë aangegaan nie, en ons moet ook nie. Die Woord se beginsels waarvolgens hy geglo het is vandag nog net so prakties en betroubaar ( I Kor. 10 :11).

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2400 gaste aanlyn