NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

God beskik oor elke duimbreedte van ons bestaan – ook in al ons lewensverbande naamlik familie, volke en nasies. En in die uitvoering van sy Raadsplan gaan Hy nie misterieus te werk buite om hierdie lewensverbande nie, maar juis in en deur die indelings daarvan waarmee ons bekend is. Hiervan is Abraham se hele nageslag 'n voorbeeld. As trotse Afrikaners en patriotiese volk behoort ons hiervan kennis te dra.

BLANKHEID EN SALIGHEID (2)

'n Reeks akademiese studies oor die tien stamme van Israel

deur Prof H G van der Westhuizen

Lees reeks by Blankheid en saligheid

2. Vermaning teen selfroem

Ironies dat juis Jeremia waarsku: “Vertrou nie op bedrieglike woorde nie, wat sê: “Die Here se tempel (se Israel), die Here se tempel (se Israel) die Here se tempel (se Israel) is dit!” (Jer 7:4). Ons Nederlandse Geloofsbelydenis waarsku ons om op geen literatuur vir ons geestelike onderrig te steun waar dit van die Bybel verskil nie (art 6). Daarby is die Heilige Skrif volledig genoeg vir ons saligheid en geen woorde (of verhale) van mense, kerkvergaderings of engele kan by die Bybel gevoeg word om ons daarmee te red nie (NGB art 7). Ons stel ons as gelowiges daarmee tevrede dat ons as leerlinge van Christus slegs leer wat Hy ons in sy Woord openbaar - sonder om die grense daarvan te oorskry (NGB art 13).

3. Ons geloofsbelydenis

Ons Nederlandse Geloofsbelydenis sê dat ons die 66 boeke van die Bybel van die Reformasie kanoniek noem, omdat die kerk hierdie boeke aanneem as van God, omdat die Heilige Gees in ons harte getuig dat hulle van God is en omdat hulle die bewys daarvan ook in hulleself het vanwee die vervullings waarvan hulle self getuig (NGB 5). As die apokriewe boeke (9:257) dan ook ’n enkele keer in IV Esra, wat ’n halfeeu na Christus geskryf is, onvolledig en vaag oor die verlore tien stamme handel, is dit feitlik van nul en gener waarde (10:27). So ook met ander geskrifte waarna ons later nog sal verwys.

4. Volkekundige spekulasies

Interessantheidshalwe noem ek nog sommige van die taalkundige en volkekundige spekulasies van hierdie beweging (1: Deel 4, p 30—48). Berit = verbond, sou ’n Brit aandui. Beritish = man van verbond, is dan British. Berit ain = land van verbond, is Britain (4:166). Soos die Saksers en Skittiers (1 Deel 4, p 37) Isak se seuns sou wees, word met allerlei name wat met Da, Dan, of Dn begin op die stam van Dan gedui - Denemarke, Danzig, Don, Dnjeper, Danube, Donau (10:29). Die Skotte met McDonald is seuns van Dan! Die Amerikaners as groot nasie is die nageslag van Josef (Gen 49:22); van Manasse in besonder, terwyl Efraim, Engelse, ’n gemenebes van nasies is (4:123-128, 169, 175). Die Franse is van Ruben (4:166); die Duitsers is die moderne Assiriërs (4:166, 199); Oos-Duitsland is Gomer (3:154), en die Italianers is die moderne Babiloniërs (4:199). Ook die Indiane van Amerika en sekere groepe Japanners is al as die verlore tien stamme aangedui (10:28)! Buitendien: as Sem ’n kandidaat as voorvader van die Westerse Blanke nasies is, is Jafet dalk ’n beter kandidaat (Gen 10:2-5).

’n Moslem-groep beweer dat Jesus na ’n skyndood in Afganistan onder die verlore tien stamme gaan werk het (GC Oosthuizen, Die

Godsdienste van die wêreld, 1978, p 340). Vergelyk ook Johannes 7:35.

Behalwe dat veral die Blanke volke geweldig ondertrou het en die bewys van spesifieke afkoms dus in baie gevalle onmoontlik is, is die gevalle waar name of afkoms miskien werklik met Bybelse inhoude verband hou, waardeloos vir ons verlossing, wat alleen in die geloof in Christus geleë is.

5. Israelisme apartheid

Om tot al die detail oor Israel se tien stamme-nageslag te kom, word uitgegaan van die skerpe skeiding tussen Israel en Juda (10:28; 3:44; 1:15). Die Engelse en ander is dan in die afkomslyn van Israel en die Jode (hoe vermeng is ook hulle met ander nasies, dat die meeste feitlik net godsdienstig Joods is) is in die afkomslyn van Juda. Merkwaardig dat die sage van Sedekia se dogter wat deur Jeremia se hulp die vorstehuis van Engeland oprig, nie uit die huis van Israel nie, maar uit die huis van Juda stam. Dieselfde geld ook van die Britse wapen as dit met die leeu van Juda (Gen 49:9) in verband gebring word (10:29).

Wanneer die Brits-Israelisme voorgee dat Israel en Juda skerp geskei is ten opsigte van mekaar en in die bestaande volke vandag in die wêreld, word die Britse volke as Israel-volke ook om die volgende redes geïdentifiseer: Aan Israel sou volgens die gewestelike eksegese ’n belofte van ’n seevarende nasie gegee wees (Num 24:7; Deut 33:13; Ps 89:26; Jes 24:14; 42:10; 43:16; 60:5) - soos die Britte! Ook groot rykdom sou Israel toekom (Deut 8:18; 28:4v; 15:6; 28:12) - soos die Britte! Verheffing van Israel bo die ander volke (Deut 28:1) - soos die Britse imperium of ryk! Genesis 22:17 en 24:60 sou dan praat van die Britse besetting van die toegangspoorte ter see, soos Gibraltar, Aden, Singapoer (10:29).

6. Puntsgewys

Die basiese pretensie van die onderskeibaarheid van die tien stamme as volke, kan om die volgende verdere redes nie aanvaar word nie:

  1. Die lede van die huis van Juda word ná die wegvoering na Babilonië dikwels as Israel aangespreek, sodat die skerpe onderskeid van Israel en Juda verval - want die huis van Juda of die suidryk is inderdaad ook Israeliete. Vergelyk Jeremia 2:31; 5:15; 10:1; 14:8; 17:13; 18:6; 7:3; 13:12; 21:4; 25:15; 27:4 ensovoorts en Esegiel 3:4; 11:5; 17:2; 20:27. Petrus spreek in Handelinge 2:22 en 23 sy Joodse gehoor, wat ook Israeliete is en lede van die huis van Israel of van die tien stamme bevat, aan as Israeliete wat Jesus gekruisig het. Die Brits-Israelisme is egter daarop gesteld dat Israel en Juda onderskei moet word - tot in ons tyd toe - en dat dit nie Israel is wat Jesus gekruisig het nie, maar Juda (10:28). Judas, wat Jesus verraai het, word die enigste Jood onder die twaalf dissipels geag (3:90). In hierdie opsig word ook die Jode en die kerk met ’n harde oordeel as blind bestempel (1: Deel 4; p 24) omdat hulle Jesus as ’n Jood sien, terwyl Hy nie ’n Jood wou wees nie (1: Deel 4, p 16), maar ’n Judeër (1: Deel 4, p 22)! In die Nuwe Testament word dieselfde mense wat 174 keer Jode genoem word, 75 keer Israel genoem.
  2. Die Bybel, wat buitendien as geloofsboek nie ’n handboek vir volkekunde of geskiedenis wil wees nie (2:4), spreek in Sagaria 8:13; 10:6 die teruggekeerdes uit die ballingskap toe as die huis van Juda en die huis van Israel (2:4).
  3. Ná die ballingskap is twaalf bokke volgens die getal van die stamme van die hele Israel geoffer (Esra 6:17; 8:35).
  4. Jeremia 3:18 en 50:4 is ’n profesie wat die huis van Juda en die huis van Israel uit die destyds heersende ballingskap sien terugkeer.
  5. Nadat die Babiloniese ryk vernietig is, het die Persiese koning Kores ’n skriftelike oproep deur sy hele wêreldryk, waar ook die verstrooide tien stamme was, laat gaan: "... Enigeen onder julle wat aan sy volk behoort - mag die Here sy God met hom wees, en laat hy optrek” (2 Kron 36:22—23; Esra 1:3; 2:70; 3:1; Eseg 47:13).
  6. Esegiël 37 wat die chiliasme as fondamentsteen gebruik (11:107), spreek in vers 19 duidelik oor die hereniging van die twee ryke wat in daardie stadium nog verskeur, geoksileer en verstrooid - ja dood was! Die twee houtsepters met die name Josef en Juda, word in die profeet se hand van God tot 66n. Ds GWA van der Lingen (1804—1869), vader van die pinksterbidure in Suid-Afrika, wat ook die grondlegger van die chiliasme in Suid-Afrika is, het, na aanleiding van Esegiël 38 ook al in 1833 merkwaardige dinge geprofeteer (12:236-257). Brothers het in Londen in 1822 ’n boek gepubliseer: “A correct account of the Invation and Conquest of this Island by the Saxons, necessary to be known by the English nation, the Descendants of the greater Part of the Ten Tribes” (10:28). Ds Van der Lingen hou sy voorlesings in 1833 en publiseer dit in 1842 by Richert, Pike en kie, Kaapstad, onder die titel: “Aanwijzingen betreffende de Afkomst en Bestemming van sommige Noordsche Volken” (12:236).
  7. Esra 2:64 en Nehemia 7:66 stel die getal teruggekeerdes op 42360, wat byna vier maal meer is as die getal van Juda wat maar omtrent ’n halfeeu vroeër weggevoer is. En dan het alle Jode ook nie eers uit die ballingskap wou terugkeer nie! Dus moes daar ook ander, van die huis van Israel, by gewees het (13:450).
  8. 1 Kronieke 9:3: “En in Jerusalem het gewoon van die seuns van Juda en van die seuns van Benjamin en van die seuns van Efraim en Manasse”. Dus: nie net lede van die huis van Juda (en Benjamin) nie! En dit ná die ballingskap!
  9. Nehemia 7:61, 62 dui daarop dat met die terugkerendes nie soseer gelet is op afstamming uit Juda nie, maar wel uit die hele Israel (13:450). Diegene wat hier genoem word, is stellig tien stamme-lede wat weens hulle langer verblyf van omtrent 200 jaar (722—537), teenoor Juda se ballingskap van omtrent 50 jaar (586—537), nie meer hulle afkoms duidelik kon identifiseer nie.
  10. Lukas 1:5 noem die priester Sagaria, Elizabeth se man en Johannes die Doper se vader, as uit die afdeling van Abia, wat daarop dui dat die priesterindeling in die Nuwe-Testamentiese tyd minstens simbolies nog met Dawid se twee dosyn-indeling vir al twaalf stamme rekening gehou het (1 Kron 24; Luk 1:8). Vergelyk die 24 ouderlinge van Openbaring.
  11. Handelinge 27:6 gebruik die enigste keer in die Nuwe Testament die woord dodekafulon (twaalf stamme), en in die gebruik daarvan dui Paulus hier aan dat hy nie iets van die latere fiksie van die “verlore” tien stamme weet nie (14:442).
  12. Ook die feit dat dit in die Nuwe-Testamentiese tyd ’n rabbi se gebruik was om twaalf dissipels te kies, dui op die verteenwoordiging (minstens simbolies) van die hele Israel.
  13. In Matteus 10:5, 6 en 15:24 word die verlore skape van die huis van Israel, Matteus se beklemtoning van die volk Israel se verwerping van Jesus, gestel teenoor die heidene wat nie in die Joodse land woon nie (15:199—200).
  14. Anna, ’n profetes in Jerusalem in die tyd van Jesus se geboorte, is uit die stam van Aser (Luk 2:36)!
  15. Paulus se voorstellings van homself maak geen onderskeid tussen Israeliet, Jood, Hebreër nie (Hand 22:3; 26:7; Rom 11:1, 2 Kor 11:22; Filip 3:5).
  16. Joodse gelowiges “uit elke nasie wat onder die hemel is” sluit lede van die huis van Israel nie uit nie (Hand 2:5, 10).
  17. Johannes 7:35. Al sou ons wil sê dat daar inderdaad nog Israeliete was wat nie na Palestina teruggekeer het nie, en wat Jesus volgens hierdie vers, na die vraag van die Jode sou wou gaan leer, word so ’n moontlike betekenis afgesny. Die kwalifikasie dat Jesus daar die Grieke, en nie die Israeliete nie, op die oog kan hê, bevestig die vertaling van die diaspora as die gebied van die verstrooides en nie die verstrooides self nie. In hierdie vers vra die Jode hulleself dus ongelowig af of Jesus na die gebied van die diaspora wil gaan, dit wil sê na die gebied buitekant die Joods-Palestynse gebied. Hierdie buitelandse gebied is ’n gebied van die Grieke ofte wel die heidene. Daarom is die Jode so verbaas toe hulle Jesus se hemelvaartberig nie begryp nie! Want hulle dink dat hierdie verwerplike Joodse rabbi van plan is om heidene te gaan leer. Die Jode was in hierdie verkeerde gedagte van daardie argument nie verkeerd wat die totale intensie van Jesus betref nie. Deur die verstrooiing na Stefanus se dood het die kerk van Jesus inderdaad na hierdie gebied van die verstrooiing in ’n tweede diaspora gegaan - vergelyk 1 Petrus 1:1 en Jakobus 1:1.
  18. 1 Petrus 1:1 en Jakobus 1:1. Die diaspora of verstrooiing verwys hier na die verstrooide Christene vanweë die martelaarskap van Stefanus. Dit verwys nie na die ou diaspora van die Israeliete of die tien stamme wat dan nie na Palestina sou teruggekeer het nie. Jakobus skryf aan die twaalf stamme. Indien minstens twee stamme teruggekeer het, sou Jakobus nie meer van twaalf kon praat nie. Hier word dus figuurlik die geheel van die Godsvolk aangedui. Hierdie Godsvolk is die nuwe Israel, omdat die lesers uitdruklik Christene is: “My broeders (... vanweë) julle geloof in onse Here Jesus Christus ...” (Jak 2:1).

7.  Gevolgetrekking oor die tien stamme

Uit alles wat ons tot hier toe nagegaan het, kan onder andere die

volgende gevolgtrekkings gemaak word (16:6):

  1. Omdat die tien stamme omtrent vier keer langer as die twee stamme in die verstrooiing geleef het, het hulle veel meer geassimileer geraak onder die heidene as die twee stamme, ook omdat hulle nie die sterker godsdienstige inslag van die Jerusalem-volk gehad het nie. Dat lede van die tien stamme ook verspreid is onder die nasies van die wêreld en tot vandag toe miskien taalkundige en ander invloede nagelaat het, kan korrek wees. Maar dat hulle volgens die Bybel as volke geïdentifiseer moet of kan word, is onwaar.
  2. Van die tien stamme wat met die wegvoering agtergebly het, het met die ingevoerde Assiriërs verbaster tot die Samaritaanse volk (2 Kon 17:24). Dus kan ook hulle nie as verlore en ontdekbare volkskomponent gesien word nie.
  3. Die res, behalwe dié wat permanent deur verskillende nasies geassimileer is en die Samaritaanse oorblyfsels, is maar ’n klein persentasie van die tien stamme, maar verteenwoordig die tien stamme, en het in hulle terugkeer na Palestina, na die samesmelting in die smeltkroes van die diaspora, saam met die Joodse ballinge wat teruggekeer het, die historiese voortsetting van die volk Israel geword. Statisties het die tien stamme relatief gesproke hulle so te sê geheel in die vreemde land gevestig, soos Josefus (37—100 n.C.), die Joodse geskiedskrywer vertaald (17: VII), sê: “. . .but then the entire body of the people of Israel remained in that country; wherefore there are but two tribes in Asia and Europe subject to the Romans, while the ten tribes are beyond Euphrates till now, and are an immense multitude, and not to be estimated by numbers” (17:XI, V, 2, p 234). Simbolies het die tien stamme in ’n klein getal verteenwoordigers met die twee stamme na die ballingskap verenig.

8. Ander vrae

Teen die agtergrond van wat ons tot nou toe aangestip het, hoef ons nie meer breedvoerig by die ander vrae van die aanvanklik genoemde lidmate stil te staan nie. Dit is egter nodig dat dit wel kortliks behandel word. Sommige is reeds in bogenoemde behandeling direk beantwoord, soos die vraag: “Op wie het Christus se woorde betrekking as hy in Matteus 10:5, (en 15:24 praat van die verlore skape van die volk van Israel?". Ook die vraag: “Waarom is die apokriewe boeke uit die Bybel weggehaal?", is reeds aangeraak. Implisiet is die volgende vraag ook reeds beantwoord: “As ons na die Blanke Christelike Westerse nasies vandag kyk, dink u nie dat hulle afstammelinge van die verlore tien stamme is nie?” Oor die gedagte van “verlore” het ons reeds ’n drieërlei aanduiding gegee van waar die tien stamme is. Hulle is nie “verlore" nie Dat hulle ’n komponent in die bestaande volke van ons dag is, het egter niks te doen met die verlossing van welke volkslid ook al in Christus nie. Matteus 28:19, Jesus se laaste opdrag, sluit alle nasies in (18:25). Al behoort al die koninkryke van die wêreld aan die duiwel volgens sy mening (Matt 4:8) en vanweë die sonde (1 Joh 5:19), sal “die nasies in die stad se lig lewe, en die konings van die aarde (sal hulle skatte daarheen bring” (op. 21:24); “En hulle sal sy volke wees ". (Op. 21:3).
Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2376 gaste aanlyn