NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wanneer iemand sê hy het nie tyd gehad om iets vir jou te doen nie, is dit nie 'n stelling van 'n feit nie maar 'n verklaring van prioriteite.

DIE SIN VAN DIE LEWE (2)

Dr Cas Vos

Lees reeks by DIE SIN VAN DIE LEWE

In die nietighede

’n Ou Griekse volksverhaal oor die gode en godinne handel oor Sisifus. Hy was Korinte se hoogmoedige koning wat deur Zeus na die onderwêreld veroordeel is. Die geslepe Sisifus het sy straf vir ’n rukkie ontduik. Dit het so gebeur: hy het sy vrou Merope oorgehaal om hom nie te begrawe nie. In die onderwêreld aangekom, het die onderduimse Sisifus toestemming verkry om na die aarde terug te keer om sy vrou te straf vir ’n afskuwelike oortreding wat sy begaan het om hom nie te begrawe nie!

Sisifus se ouderdom het hom egter ingehaal en hy moes noodgedwonge opnuut na die onderwêreld terugkeer. ’n Straf is hom opgelê: hy moes ’n rotsblok onafgebroke teen 'n berg oprol. Sodra hy die kruin van die berg bereik, gly die rotsblok egter uit sy moeë hande en rol weer af. Sy straf was juis dat hy die rotsblok telkens opnuut moes oprol. Al sy pogings was ydel, sinloos en tevergeefs — inderdaad ’n verlore spel teen die noodlot.

Ons tref dieselfde Sisifus-wanhoop by Prediker aan. In Prediker 1:2 kry ons ’n Sisifus-uitroep: “Ydelheid van ydelhede, ydelheid van ydelhede”.Die oortreffende trap wil sê: algehele ydelheid, volkome sinloosheid, algehele verganklikheid. Ons het hier met ’n allesoortreffende nietigheidsverklaring te doen. Met die opmerking: “alles is ydel” (1:2), wil Prediker te kenne gee: alle dinge is sinloos; alles is tevergeefs en vrugteloos. In sy voorwoord het Prediker die tema van sy skrywe aangeraak (1:1-11). Vervolgens demonstreer hy in ’n meesterlike gedig die tema, naamlik die sinloosheid van alles. Hoe doen hy dit? Hy maak van eksperimente gebruik om sy doel te bereik. Geslaagde eksperimente sal immers op menslike redelikheid en insig appelleer. Dit sal mense kan oortuig en oorreed om saam te stem: alles is sinloos. Prediker stel homself as ’n koning voor (1:12). Dit gaan egter nie hier om ’n historiese verwysing na ’n werklike koning nie, maar om die literêre funksie van die koningsfiguur. Ons het hier met ’n koningsfiksie te doen. Maar waarom maak Predikervan ’n koningsfiksie gebruik om sy boodskap tuis te bring? Hierop kan ons antwoord: die eksperimente wat hy wil onderneem om mense van sy boodskap dat alles sinloos is, te oortuig, is alleen ’n koning besluit. Daar is sekere voorwaardes waaraan die ondersoek moet voldoen: dit moet “alles wat in hierdie wêreld gebeur, . . .”(1:13) omvat. Daarom is sy program deeglik: “om alles wat in hierdie wêreld gebeur, te ondersoek . . (1:13) en besonne: “om alles . . . behoorlik te deurdink” (1:13).

Prediker se eerste eksperiment handel oor wysheid (1:16-18). In ’n selfgesprek vertel Prediker van sy siening van wysheid. Hy het groter en omvangryker wysheid as sy voorgangers in Jerusalem verwerf. Die wysheid en kennis wat Prediker deur waarnemings opgedoen het, het tot gevolg dat hy toegerus is met ’n uitgebreide ervaring en bekwaamheid om beslissings te maak. Wysheid is egter nie sonder sy tekortkominge nie. In die eerste plek is dit waar dat hoewel wysheid en dwaasheid nie in dieselfde asem genoem kan word nie, daar tog ’n verrassende gemeensaamheid tussen die twee is, want die soektog na wysheid sowel as dwaasheid het ’n misoes opgelewer. Dit was soos om ’n swart kat in ’n donkerkamer te soek! Daarom is die slotsom van die ondersoek: die een sowel as die ander is ’n gejaag na wind (1:17). In die tweede plek het wysheid ook ’n pynlike kant:

“Baie wysheid stel hoë eise, wie kennis versamel, versamel smart” (1:18).

Daar is maar net een gevolgtrekking wat gemaak kan word — dat wysheid geen doel dien nie!

Die tweede eksperiment wat Prediker onderneem het, handel oor genot, mag en rykdom (2:1-11). Die eksperiment word ook deur ’n selfgesprek geïllustreer. Hiermee word aangedui hoe innig hy by die eksperiment waarvan hy ’n resultaat verwag het, betrokke was. Prediker het vir homself vreugde en genot voorgeskryf. “Ek het by myself gedink: laat ek my oorgee aan plesier, laat ek die lewe geniet!” (2:1). En wat is die uitslag van die eksperiment? Dit het niks opgelewer nie (2:1). Die vreugdelag was sinloos en die plesier het hom niks in die sak gebring nie (2:2). In sy soektog na die sin van die lewe maak Prediker wyn (’n simbool van lewensgenot) en dwaasheid sy bondgenote (2:3). Die vraag is egter of iemand wat hom aan dronkenskap en dwaasheid oorgee, in staat is om ’n betroubare eksperiment te onderneem. Prediker is deeglik bewus van die moontlike beswaar. Daarom voeg hy ’n tussensin tussen die twee uitsprake in: sy hart het wys gebly en hy was in beheer van die situasie (2:3). Dit bly natuurlik ’n vraag of ’n tussensin — ’n goeie voorneme — iemand wat besig is om teen ’n helling af te gly, tot stilstand kan bring. In sy poging om vas te stel wat vir ’n mens goed — sinvol — is, het die welvarende Prediker die lewe geniet en ryk domeine gevestig. In die skildering van sy genotvolle en ryk lewe, put Prediker ryklik uit die Salomo-tradisies. Prediker het nie een oomblik vir sy befaamde voorganger Salomo teruggestaan nie. Hy het die tegniek van sy dag ingespan om sy mag te vestig: hy het huise gebou (2:4) en wingerde geplant, tuine en parke aangelê waarin allerhande vrugtebome geplant is (2:4-5). Damme is gemaak om besproeiingswater op te dam (2:6). Prediker het ook soos Salomo groot rykdom besit: hy het slawe en slavinne aangeskaf en hy het baie beeste en kleinvee gehad (2:7). Soos sy beroemde voorganger het hy ’n behae in die optrede van sangers en sangeresse by die feeste gehad en talle mooi meisies het hom plesier verskaf (2:8).

Wat is Prediker se slotsom? Wat is sy bevinding van genot, mag en rykdom? 'n Ontnugtering: dit kan nie sin aan die lewe gee nie. Maar waarom dan nie? Hierop antwoord Prediker: dit is ydelheid, ’n gejaag na wind en dit bied geen voordeel nie (2:11).

Prediker onderneem ’n derde eksperiment waarin hy wysheid en dwaasheid teen mekaar opweeg (2:12-17).

Wysheid word aangeprys:

“Die wyse het oë in sy kop, maar die dwaas tas rond in duisternis” (2:14).

Hierdie spreekwoord wil aan die lig bring dat die wyse die dwaas oortref sover hy darem kan sien, terwyl die dwaas in die duisternis van blindheid rondtas.

Maar dan breek die oomblik van waarheid aan: dieselfde lot tret albei, die siende en die blinde. Die wyse Prediker gaan dieselfde lot as die onbesonne dwaas tegemoet. Wat is Prediker se reaksie op hierdie ontstellende ontdekking? Daar is maar een sinvolle ding wat hy kan doen: hy trek sy wysheid met retoriese vernuf in twyfel, en hy besluit sy wysheid het geen waarde nie (2:15). Wysheid het wel meriete as dit teen dwaasheid opgeweeg word, maar die geringheid daarvan kom na vore as dit teen die lewenslot te staan kom: dit kom ook maar tot niks! Die wyse word net soos die dwaas vergeet, en die wyse sterf ook maar soos die dwaas (2:16). Wysheid word wel aanvanklik aangeprys, maar verloor saam met dwaasheid aan die einde van die mens se lewe sy waarde.

Die vierde eksperiment wat niks oplewer nie, is die vrugteloosheid van arbeid (2:18-23). Prediker is bewus van die “moeite” wat hy aan sy nakomelinge moet nalaat (2:18). Onder “moeite” reken hy die opbrengs van sy arbeid. lemand anders sal eendag die vrug van sy arbeid geniet. Daarom haat hy die wins wat die werke van sy hande oplewer (2:18). Maar is dit nie ’n selfsugtige houding wanneer iemand sy erfgenaam die genietinge van sy handewerk misgun nie? Prediker se kommer is nie die feit dat hy vroeër of later van sy besittings afstand moet doen nie, maar dat hy nie weet of sy erfgenaam ’n wyse of dwase mens sal wees nie (2:19). Hy kan met die beste wil ter wêreld nie weet watter waardes sy erfgenaam se lewe gaan beheer nie. En in die hande van ’n dwaas is ’n erfenis ook maar sinloos (2:19).

Prediker borduur voort op die tema van die vrugteloosheid van arbeid, maar vanuit ’n ander hoek. Die wysheidsleraars se opvatting dat goeie resultate aan wyse optrede toegeskryf kan word en dat slegte gevolge uit dwase optrede voortvloei, was in daardie tyd aan almal goed bekend. Prediker maak egter ’n einde aan hierdie selfversekerdheid, omdat hy in vertwyfeling raak oor alles waarmee hy hom met soveel sorg besig gehou het (2:20). Die vertwyfeling waarna Prediker verwys, is nie die gevolg van aardse aanslae nie, maar dit is ’n geestelike wroeging waaraan hy blootgestel is. Hy brei sy argument met ’n variasie op dieselfde tema uit (2:21). Prediker verwys as voorbeeld na die verskynsel van die erfreg. ’n Man werk hard om met wysheid, kennis en bekwaamheid iets blywends tot stand te bring, maar hy kan tog nie vir altyd leef nie. Daarkom 'n tyd dat sy besittings in die hande van iemand anders gaan beland. Dit gaan hier nie soos in die voorafgaande argument om die vraag of die erfgenaam wys of dwaas is nie, maar om die feit dat hy ’n vrug geniet waarvoor hy nie gewerk het nie, en dit is nie reg nie, is Prediker se kommentaar (2:21). Uit die voorbeeld blyk dit dat dit nie waar is dat sukses (goeie resultate) slegs aan wysheid toegeskryf kan word nie. Die erfgenaam het sonder wysheid en kennis sukses gesmaak. Daarom ontstaan die vraag: watter sin het die wysheid wat reken dat arbeid altyd sukses en beloning teweegbring? Wysheid en dwaasheid is nie so vervan mekaar verwyderd as wat ’n mens met die eerste oogopslag reken nie. Al wat wysheid oplewer, is sorge en slapelose nagte (2:22-23). Wanneer ons na die vorm van die gedig kyk, is dit opvallend hoe die sinloosheidsverklaring deur die opbou van die gedig versterk word. Na vier versreëls (2:19), dan na drie versreëls (2:21), en dan na twee versreëls (2:23) volg dieselfde slotsom. Oor arbeid is daar dus geen twyfel nie: “Dit kom dus ook tot niks”.

Daar is een vraag wat Prediker nog moet beantwoord. En dit is of God ’n welgevalle in genietinge en wysheid het (2:24-26). Hieroor bestaan daar by Prediker hoegenaamd geen twyfel nie. God is die Gewer van eet en drink (genietinge) (2:24), wysheid, kennis en blydskap (2:26). Maar omdat genietinge en wysheid gawes van God is, beskik Hy en nie die mens daaroor nie. Daarom sluit Prediker met sy beroemde woord: “Ook hier kom dit dus tot niks. Dit is ’n gejaag na wind” (2:26).

In ons dag is die mens net soos Prediker met verbluffende vernuf besig om na die sin van die lewe te soek. In die soeke maak die mens van verskillende eksperimente gebruik. Daar is verskillende eksperimente om uit te voer, want die twintigste en een-en-twinttigste eeue is by uitnemendheid die eeue van eksperimente.

Ten einde eksperimente om die sin van die lewe uit te voer, het die mens wysheid nodig. In die tyd waarin ons leef is daar nie juis ’n gebrek aan wysheid nie. Ons steun in die Westerse wêreld besonder sterk op die opvatting van die sestiende eeuse Francis Bacon, naamlik: scientia est potential : kennis is mag. Deursy kennis is die mens in staat om sy wêreld te verken en te beheer, maar wysheid (kennis) word ook nie sonder pyn verwerf nie. Elke skolier en student sal dit bevestig. Boonop beantwoord kennis as mag die vraag na die sin van die lewe ook maar net ten dele. Wysheid (kennis) kan ’n mens nie van skuld en ontsteltenis bevry nie. Al ons wysheid (kennis) is nie genoeg om die spanninge en botsings in menslike verhoudinge uit die weg te ruim nie. Wysheid en dwaasheid is ook maar in dieselfde bootjie: die wyse word net soos die dwaas vergeet, en hy sterf ook soos die dwaas. Die waarde van wysheid (kennis) as singewer aan die mens se lewe is daarom eintlik maar gering.

Toegerus met die mag van sy kennis, is die mens van ons dag bevoeg om indrukwekkende en opspraakwekkende projekte aan te pak. Sy tegniese vaardigheid en wetenskaplike kundigheid maak hom bekwaam om sy wêreld te verower, te verbeter en op te bou. Ons pluk met dankbaarheid die vrug van die mens se tegniese bedrewenheid en wetenskaplike beheersing van die werklikheid. Om net ’n paar voorbeelde te noem: industriële produksie- prosesse, sosiale en ekonomiese organisasieprosedures en bestuurstegnieke, argitektoniese monumente, mediese middele en metodes en ’n magdom ander kundighede en voorsieningsisteme waardeur die lewenstandaard en die uiterlike lewensomstandighede van die mens op ’n ongekende wyse verbeter is en word. Die mag van die mens strek so ver dat hy hom vandag selfs, in sowel letterlike as figuurlike sin, maan toe kan stuur as hy wil (H. W.R ossouw).

En tog val hierdie tegniese en wetenskaplike heerskap van die werklikheid nie soos ’n spreekwoordelike appel in die mens se skoot nie. Dit eis arbeid, swoeg en sweet. Ons sal almal saamstem dat arbeid vreugde en sin aan ’n mens se bestaan kan gee, maar ons is net so daarvan bewus dat arbeid in die magsdronke mens se hand ’n geestelik en liggaamlik dodende wapen kan wees. In die eerste plek kan dit ’n selfvernietigingswapen wees. Die rede hiervoor is dat ons onder die invloed van magsbedwelming die gevaar loop om arbeidsbesete mense te word, ’n Arbeidsbesete mens kry nooit werklik rus vir sy siel en liggaam nie. ’n Arbeidsbesete mens verbeur egte arbeidsvreugde.

Arbeid kan in die tweede plek ’n wapen wees wat ander mense skade berokken. In die eis vir groter produktiwiteit bestaan die gevaar dat die mens-as-arbeider tot 'n menslike masjien verlaag word. As dit gebeur, word mense bloot: houthakkers en waterputters: tot u diens vermink.

(George Weideman)

In die proses kan dit ook nie anders nie dat die mens se menswaardigheid as skepsel van God ernstig aangetas word.

Kennis as mag stel die mens in staat om rykdom en besittings te bekom. In ons samelewing geniet rykdom en besittings ’n hoe prioriteit omdat die mens op die wyse oor sy werklikheid kan beskik en dit maksimaal kan benut. Pit lei beqryplikerwys daartoe dat die sin van die lewe dikwels in weelde, prag en praal gesoek word. Die pad loop egter na die doodloopstraat van selfsug en hebsug. Op die doodloopstraat geld slegseen benadering: mygoed is my god, want God is nie meer goed nie.

Waar kennis as mag so ’n dwingende invloed op ons denke, gesindhede en optrede uitoefen, moet ons ons steur aan Prediker se bevindings. Arbeid as ’n manier om die mens se tegniese en wetenskaplike mag uit te brei, het ook maar ’n vrugtelose kant. Êrens moet ons die vrug van ons arbeid aan ander nalaat, en ons kan nie bepaal hoe die ander dit gaan benut nie. Ons weet nie of ons opvolgers altyd wyse mense gaan wees nie. Oor die mens se tegniese en wetenskaplike vaardigheid, oor sy arbeid en oor sy welvaart staan daar geskryf:

“...dat alles niks was, ’n gejaag na wind. In hierdie wêreld bevredig niks nie” (2:11).

'n Mens voel om in hierdie stadium byna in wanhoop uit te roep: “Maar waar kan ’n mens die sin van die lewe vind? Is dit nie dalk in lewensgenietinge nie?” Daarom is dit nie vreemd dat die volgende uitsprake oor lewensgenietinge so gewild is nie: “Die sin van die lewe is om die lewe te geniet! Laat die kurke waai! Geniet mekaar! Moenie jou aan reëls en grense steur nie!” Maar ons moet ons nie so maklik deur hierdie raad laat verlei nie. Dink maar net vir’n oomblik aan die wrange vrug van die vrye spel van die liefde. In vele gevalle is dit eensaamheid, beproewing, die lag van lee genot. Die vreugde van die genot verdamp meestal soos alkohol. So ’n leë genot is sinloos. Dit is ydel, ’n gejaag na wind. Dit strek nie tot voordeel nie, dit lei net tot pyn.

Ons kan nie anders as om tot die slotsom te kom dat die mens nie deur sy wysheid en genietinge sin in sy nietige hede kan skep nie. Alles is nietighede! Daarom is dit nie vreemd dat ons bestaan ’n raakpunt met die van Sisifus het nie: ons bestaan issoms maar’n sirkelgang, ’n sukkelgang.  

Die laaste vraag is nou: het die nietighede dan geen sin nie? Is die menslike soeke na lewenssin ’n vrugtelose en tevergeefse poging? As ons so in vertwyfeling — die siekte tot die dood, noem Soren Kierkegaard dit — verval, verskyn Prediker op die toneel: “Dien God en gehoorsaam sy gebooie” (12:13). Diens aan God beteken dat Hy die middelpunt van ’n mens se lewe is en dat alles om Hom draai. In sy diens aan God het die mens aanwysings nodig om hom daarvan te bewaar dat hy nie die sin van sy lewe buite God om soek nie. Die aanwysings is God se gebooie wat die mens tot dankbaarheid aan God aanspoor. Prediker wil ons leer dat die sin van die lewe daarin gesetel is dat ons aan God en sy gebod moet vashou. Ons kan dit doen omdat God ons vashou en aan ons die steun van sy gebooie gee.

Met Prediker in die hand kom ons tot die insig dat God self ons diensbaar en dankbaar kom maak. Hoe doen Hy dit? Hy het nie ’n klompie eksperimente kom beproef nie — Hy het sy Seun op ’n ekspedisie gestuur: ’n lewensgevaarlike ekspedisie, ’n kruisekspedisie. Om die waarheid te sê, dit het na 'n dwase onderneming gelyk. Maar die dwaasheid van die kruis is God se wysheid. Jesus Christus het aarde toe gekom om kruisarbeid te verrig, en daarom het Hy die dwaasheid van die mens se sonde op Hom geneem. Wie sy posisie as vrygespreekte voor God deur die geloof aanvaar, kan nou deur die geloof leef — en dit is mos ’n sinvolle lewe.

As ons deur die geloof leef, kan ons egte wysheid beoefen. In die lewe word ons tot die insig gelei dat wysheid (kennis) nie net mag is nie, maar ook deug. Hiermee word bedoel dat ons kennis as mag deur ons kennis as deug gedissiplineer en gekontroleer moet word. Wanneer dit gebeur, beheer God ons lewe deur sy waardes (gebooie) sodat ons ons bestemming as mense kan bereik: diens aan, en vreugde in God.

As ons deur die geloof leef, word ons arbeid sinvol. Ons arbeid en die middele wat arbeid bevorder — die tegniek en wetenskaplike kundigheid — word middele in God se diens. In ons arbeidsruimte kom dit aan die lig dat ons werkers van God is wat ander mense deur ons omgaan met ons werk tot navolging van Christus oproep (1 Kor. 10:31). Ons arbeid word ’n sinvolle middel tot selfverwesenliking, selfveredeling, selfontplooiing en selfvoorsiening. Arbeid word ’n ruimte waarin ander mense menswaardig behandel word. Dit beteken dat die ander nooit verarm, uitgebuit of onderdruk mag word nie.

’n Lewe deur die geloof het tot gevolg dat ons met nuwe oë na ons rykdom en besittings kyk. Wat word in die geloofspraktyk hiermee bedoel? Ons moet op so ’n wyse met ons rykdom omgaan dat almal op ons pad kan sien dat ons nie in diens van aardse rykdom staan nie, maar in diens van God. Wie verstandig met sy besittings omgaan, is nie soos ’n dom bobbejaan nie. ’n Dom bobbejaan weier om in ’n pampoenland ’n handvol pampoenpitte te los ten einde sy hand uit ’n gat in ’n pampoen los te kry. Hierdie sinlose vasklem aan pampoenpitte kan hom sy lewe kos. Net so moet ons nie aan ons besittings, ons “pitte,” vashou asof ons bestaan daarvan afhang nie. Wie verstandig is, sal weet wanneer hy sy besittings moet los ter wille van God en sy naaste.

Ons God plaas nie ’n verbod op genietinge nie. Ons mag die lewe geniet, maar dan moet ons ons in die genieting aan God se reels en orde steur. Ons mag maar die nietige hede geniet, maar dan in die wete dat ons aan God behoort. Die klepel laat die klokkie vrolik klingel. So gee God vreugde en sin aan ons lewe.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2841 gaste aanlyn